Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Cornelis (Cor) Pama

Cor Pama

Cornelis Pama, KLJ, gebore 1916, oorlede 1994, was lid van die Heraldiekraad van Suid-Afrika en het vanaf 1957 tot in ’94 as voorsitter van die HGSA gedien – ’n buitengewone 37 jaar in daardie amp.

wapen van Cor Pama as Heraldiekraadslid

Vir die meeste van daardie tyd was hy ook redakteur van Arma asook president van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika en redakteur van daardie vereniging se joernaal.

Dit is totaal onduidelik wat met die amp van president van die HGSA geword het nà die dood in 1973 van stigterpresident Colin Graham Botha. Pama was op daardie stadium reeds 16 jaar lank voorsitter, en het vir nog 21 jaar daardie amp behou. Dit wil voorkom asof die presidentskap van die genootskap eenvoudig verdwyn het, en in Pama se voorsitterskap gesubsumeer is.

Pama het deurgaans na homself as dr Pama verwys. Dit was egter ’n eregraad; hy het geen tersiêre kwalifikasie gehou wat deur studie verdien is nie.

Hy het ook nooit sy wapen laat registreer nie, nòg in sy geboorteland, Nederland, nòg in Suid-Afrika, wat vanaf 1955 sy tuiste was. Hy het volhou dat dit deur sy gebruik daarvan bekend genoeg was, en dat sy reg daarop deur verjaring bevestig is. As ’n mens dit egter in ag neem dat dit basies ’n adelaar was van die Heilige Romeinse Ryk was, kan jy jou net verwonder aan die pretensieusheid daarvan.

Die eerste illustrasie is Pama se ex-libris, wat die wapen in ’n Middeleeuse Nederlandse styl aantoon. Die tweede illustrasie toon Pama as lid van die Heraldiekraad (met gekruiste heroutestawe agter die skild), en ook as Ridder van Sint Lasarus – die kruis agter die skild is in werklikheid groen.

 

Wapen: In goud, ’n adelaar van swart, in rooi gebek en geklou, met op die bors ’n binneskild geruit van silwer en rooi, waarop ’n klimmende leeu van goud, met tong en kloue van blou.

Wrong en dekkleed: Swart en goud.

Helmteken: ’n Afgerukte adelaarskop van swart, rooi gebek.

Leuse: More Frisorum verskyn saam met Atavis et Armis.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na wapenrol

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1