Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Frederick Gordon Brownell

Frederick Gordon Brownell

Frederick Gordon (Fred) Brownell, KCLJ, het vanaf 1983 tot 2002 as Staatsheraldikus van Suid-Afrika gedien en is toe as voorsitter verkies van die HGSA. Hy beklee steeds hierdie amp.

Hy het 19¾ jaar as Staatsheraldikus gedien, en het in sy amp aangebly nà sy amptelike aftreedatum van Julie 2000. Sy loopbaan word, saam met dié van sy voorgangers, in ’n hoofartikel in Arma hier bespreek.

Sy wapen is 16 Januarie 1981 deur die Buro vir Heraldiek geregistreer, terwyl hy steeds Assistent-Staatsheraldikus was. Die blasoen lui:

 

Wapen: Hermelyn, ’n keper van blou tussen twee versmalde kepers van rooi en ’n gewelrige skildhoof van drie stukke in blou.

Wrong en dekkleed: Silwer en blou.

Helmteken: Uit ’n goue helmkroon van vier lelies uitkomend ’n halwe springbok in sy natuurlike kleure met, op sy skouer, ’n silwer mantelskulp.

Leuse: Arma Parata Fero.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na wapenrol

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1