Home......Terug..................................Kielie daai lagspiere
Afrikaanse mopjes

Sy geheim

Op en wakker oom Karel vier sy 99ste verjaardag.
Almal komplimenteer hom oor sy fiksheid.
"Wat's jou geheim?" wil hulle weet.
"Gereelde oefening en baie buitelug." sê hy.
"Sien, ek en my vrou is 64 jaar gelede getroud. En die dag toe ons trou, het ons 'n belofte aan mekaar gemaak dat wanneer ons oor iets verskil, die een wat verkeerd bewys word, 'n halfuur lank buite moet gaan stap."
Omhoog

Uitverkoop

'n Man stap 'n winkel binne en kyk na die verskillende tuimeldroërs.
"Hoeveel kos dié een?" vra hy die winkelassistent.
"5 Rand."
"Rêrig?"
"Ja, als is vanoggend op spesiale aanbod."
"Daardie hoëtroustel en die groot TV ook?"
"Ja, alles R5."
"Dan vat ek hulle ook. En sommer daardie stoof en die videomasjien.
Maar sê my eens, is dié goed nie dalk gesteelde goedere wat jy so goedkoop weggee nie?"
"Nee, definitief nie."
"Nou hoekom is hulle dan so goedkoop?"
"My baas, die eienaar van hierdie winkel, kuier skelmpies by my vrou
en dis maar my manier om hom terug te betaal."
Omhoog

Jy weet jy beleef die 1990's indien:

Jy al die afgelope ses jaar by dieselfde lessenaar sit en al vir vier verskillende maatskappye gewerkt het.

Jy jou curriculum vitae op 'n rekenaardiket in jou boonste sak dra.

Jy opgewonde raak oor 'n verhoging van 4 persent.

Jy oor die nuus van jou maatskappy se bankrotskap hoor.

Jy oor die nuus van jou afdeling se personeelvermindering hoor.

Salarisse van die hoof- en onder-bestuurder die maatskappy hoër is as dié van die armste Afrika-land se totale begroting.

Jou stapelvoedsel oorskietkos is van direksievergaderings.

"Siek" beteken dat jy óf nie kan loop nie óf in die hospitaal is.

Jy 200 uur oortyd werk vir 'n R100-bonustjek en dankbaar is daarvoor.

'n Vakansie weg van huis iets is wat jy maar laat oorstaan tot volgend jaar.

Jy bostaande lees en dit verstaan.

Omhoog

Hoekom dit lekker is om 'n man te wees:

Jy hoef nie te onhou waar jy iets gelos het nie.

Jy weet presies watter gordyne jy vir die nuwe huis nodig het. Die dié wat in die naaste winkel verkrygbaar is.

Jou ma sal jou altyd liefhê, maak nie saak wat jy doen nie.

Jy't baie minder haarstyle om van te kies as 'n vrou.

Hoe ouer jy word, hoe minder hare het jy om jou oor te bekommer.

Jy kan ure lank nonsies praat sonder dat iemand die detail van jou gesprek oplet.

Selfs jou heel beste onderklere is besonder ongekompliseerd.

Solank jou ma lewe, sal jou wasgoed gratis gedoen word.

Tensy jy 'n beroepsfietsryder is, hoef jy nooit jou beenhare te skeer nie.

Jy bars nie in trane uit wanneer jou vrou vir jou sê jy lyk "goed genoeg" nie.

Jy kan sommer maklik nuwe bottels tamatiesous oopmaak.

As niemand van jou hou nie, is dit hul probleem.

Omhoog

Daai blondines

'n Polisieman beur sy weg oop deur 'n klompie mense wat op die sypadjie saamdrom en kom af op 'n snikkende blondine wat met 'n man op die grond worstel.
"Wat gaan hier aan?" vra hy.
"Dis dié man," snik die blondine, "hy het sommer skielik ineengestort. Ek probeer mond-tot-mond-asemhaling op hom toepas, maar hy wil net aanmekaar opstaan en wegloop!"
Omhoog

Ystervrou

Daar was een vakature by die FBI vir 'n spesiale agent van wie besondere eienskappe verlang is. Op die ou end sit hulle met drie mense wie se aansoeke aan al die benodigdhede voldoen - twee mans en een vrou - en hulle moet net één kies. Hulle besluit om die drie te toets.
Hulle roep die eerste man, gee vir hom 'n handwapen en sê: "Jou skoonma is in die kamer langsaan. Raak van haar ontslae." "Kyk," sê die man, "ek's nou wel nie baie lief vir my skoonma nie, maar ontslae raak? Nee, dis te veel gevra."
Hulle roep die tweede man in, gee vir hom die handwapen en sê: "Jou skoonma is in die kamer langsaan. Raak van haar ontslae."
"Ek haat my skoonma," sê die man, "maar ontslae raak? Nee, dit kan ek nie doen nie."
Hulle roep die vrou in, gee vir haar die handwapen en sê: "Jou skoonma is in die kamer langsaan. Raak van haar ontslae." Die vrou is skaars by die deur in of hulle hoor skote klap en ná 'n rukkie is dit stil. Toe is daar 'n verskriklike geworstel. Ná 'n rukkie kom die vrou in 'n gehawende toestand by die kamer uit.
"Hoekom het jullie my nie gewaarsku daar's loskruitpatrone in die wapen nie?" sê sy vies. "Ek moes haar met die stoel takel en selfs dáármee kon ek nie van die taai ou ratel ontslae raak nie!"
Omhoog

Belediging

"Moenie toelaat dat jou gedagtes te ver dwaal nie...
dis te klein om alleen rond te drentel.
Het jy gehoor...
... Playboy gaan binnekort 'n nuwe tydskrif uitgee spesiaal vir getroude mans?
Die plakplaat wat elke maand verskyn, is van dieselfde vrou.
Omhoog

Sakewêreld: hy - sy

Daar's 'n gesinsfoto op sy lessenaar: aa, 'n verantwoordelike gesinsman.
Daar's 'n gesinsfoto op haar lessenaar: mm, sy sal haar gesin vóór haar werk stel.

Sy lessenaar is onnet en bertooi met lêers: hy's duidelik 'n harde werker en besige man.
Haar lessenaar is onnet en bestrooi met lêers: sy's duidelik nie goed georganiseerd nie.

Hy gesels met sy kollegas: hy bespreek seker die nuwe projek.
Sy gesels met haar kollegas: sy's óf besig om te flirt óf sy luister na die nuutste skinderstorie, dus het sy te min werk om haar besig te hou.

Hy is nie by sy lessenaar nie: hy's seker in 'n vergadering.
Sy is nie by haar lessenaar nie: sy't seker al wéér toilet toe.

Hy is nie op kantoor nie: hy besoek seker kliënte.
Sy is nie op kantoor nie: sy't seker weer een of ander persoonlike krisis.

Hy eet die middag saam met die baas: hy's op sy pad boontoe.
Sy eet die middag saam met die baas: wel, wil nou nie skinder nie, maar...

Hy's getroud: hy sal 'n bestendige werknemer wees.
Sy's getroud: sy sal een van die dae wil kinders hê en swanger word.

Sy vrou verwag 'n baba: hy sal 'n verhoging moet kry.
Sy verwag 'n baba: sy sal die maatskappy geld kos in terme van kraamverlof.

Hy gaan op 'n sakebesoek: dis goed vir sy loopbaan.
Sy gaan op 'n sakebesoek: wat dink haar man daarvan?

Omhoog

Vir die jongspan

Wat kan loop, maar het nie voete nie?
'n kraan.

Wat het tande, maar kan nie byt nie?
'n kam.

Terloops gehoor
"Om obsessief-kompulsief te wees is glad nie so 'n slegte ding nie. Ek weet.
Ek het dit ses keer getoets om seker te maak."

"Niemand is my gelyke nie. Selfs ék ondervind probleme daarmee."

Omhoog

Reëls vir mans ... en vroue

   As jy 'n man is:
1. Bel!
2. As 'n aandjie uit plesierig moet wees, nooi die meisies.
3. Die korrekte antwoord op "Dink jy ek het gewig aangesit?" is altyd "Nee."
4. Om aandag aan haar te skenk is goed. Om haar gedurig te agtervolg is sleg.
5. "Mmm" is selde 'n goeie antwoord.
6. Sy kook wonderlik.
7. Jy's gewoonlik verkeerd.
8. Onthou altyd Valentyns- en Moedersdag.
9. Haar hare lyk altijd goed ... tensy sy anders dink.
10. Die vrou stel die rëels op.
11. Dit word van jou verwag om haar gedagtes te kan lees.
As jy 'n vrou is:
1. Moenie huil omdat die nuwe haarstyl jou nie pas nie.
2. Dikwels vergeet die man heeltemal van jou - aanvaar dit.
3. Sport is soos die getye van die see: onvermydelik. Leer daarmee saam te leef.
4. Enigiets wat jy dra is "Goed, regtig!"
5. Jy't te veel skoene.
6. Om te huis is afpersing.
7. Subtiele wanke werk nie. Sê prontuit wat jy wil hê.
8. 'n Hoofpyn wat langer as twee weke duur, is 'n probleem. Spreek 'n dokter.
9. Kunsfilms is liefs vir jou vriende.
10. Vraelyste in tydskrifte oor jou verhouding in 'n mors van tyd.
11. Jou eks is 'n idioot.
12. Honde is beter as katte.
Omhoog.......Terug..
Namibië.....Botswana.....Zimbabwe.....Mozambique.....Zuid-Afrika.....Lesotho.....Swaziland.....
Dieren.....Verhaal.....Taal.....FAQ's.....Cantus


Hosted by www.Geocities.ws

1