Home..................................................................Cantus
Voor alle studenten: neem uw Codex en ontdek afrikaanse liedjes.
Voor de niet-studenten, heb ik hier enkele leuke liedjes.

Die stem van Suid-Afrika
Sarie Marais
Die lied van Jong Suid-Afrika
Die Stellenboschse kerls
Mamma, 'k wil 'n man hê!
Ou tante Koba
Ry maar an (ossewa)
Ver op hoë berge
Sag op fonteintjie
En as ek kom te sterwe, lief
Vanaand gaan die volkies koring sny
Gertjie
Ek sal jou kry
Hoe ry die boere


Die stem van Suid-Afrika
Uit die blou van onse hemel,
uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes,
waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vér verlate vlaktes
met die kreun van ossewa -
Ruis die stem van ons geliefde,
van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe -
ons vir jou, Suid-Afrika!

In die merg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel,
van ons wieg tot aan ons graf -
Deel geen ander land ons liefde,
trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel
van jou naam met ere dra:
Waar en trou, as Afrikaners -
kinders van Suid-Afrika.

Terug

Sarie Marais
My Sarie Marais is so ver van my hart,
Maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.

Keerzang:

O bring my trug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon:
Daar onder in die mielies by die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais
Daar onder in die mielies by die groen doringboom
Daar woon my Sarie Marais

Ek was so bang, dat die kakies my sou vang
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
Daar onder langs die Grootrivier.

Die kakies is mos net soos 'n krokodillepes
Hul sleep jou altyd watertoe.
Hulle gooi jou op 'n skip vir 'n lange lange trip
Die josie weet waarna toe.

Verlossing het gekom, en die huistoe gaan was daar,
Trug na die ou Transvaal,
My newelingspersoon sal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon.

Terug

Die lied van Jong Suid-Afrika
En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van 'n volk se ontwaking,
Wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die noorde,
Rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika. (ter)

Die klop van ons ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
Die bome het bewend gefluister:
Dit is die koms van Jong Suid-Afrika. (ter)

Waar glorie van songloed die berge
Oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
Met grassaad kerjakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die land van Jong Suid-Afrika. (ter)

Die golwende veld is ons woning,
En ons dak is die hemelblou;
Die vrijheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: "Handhaaf en bou"
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het,
Dit is die eed van Jong Suid-Afrika. (ter)

Terug

Die Stellenboschse kerls
Bobbejaan klim die berg so haastig en so lustig
Bobbejaan klim die berg so haastig en so lustig
Bobbejaan klim die berg om die Rooinek te vererg
Hoera vir die boer, hoera!

Keerzang

Je moe nie huil nie, je moen nie treur nie
Die Stellenboschse kerls kom weer (bis)

Bobbejaan sluip die dal so haastig en so lustig
Bobbejaan sluip die dal so haastig en so lustig
Bobbejaan sluip die dal om die Rooinek 't overval
Hoera vir die boer, hoera!

Bobbejaan kruip die haag so haastig en so lustig
Bobbejaan kruip die haag so haastig en so lustig
Bobbejaan kruip die haag om die Rooinek te verjaag
Hoera vir die boer, hoera!

Terug

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind,
Wil jy dan 'n Fransman hê?
Nee, mamma, nee, 'n Franseman, die wil ek nie,
Want parlez-vous versta ek nie.
Dit is my plesier
Met die boerjongkerels hier.

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind,
Wil jy dan 'n Duitser hê?
Neen mamma, nee, 'n Duitseman, die wil ek nie,
Want Schweinefleisch dat lus ek nie.
Dit is my plesier
Met die boerjongkerels hier.

Mamma, 'k wil 'n man hê!
Watter man, m'n lieve kind,
Wil jy dan 'n boer soms hê?
Ja, mamma, ja, 'n boereman, die wil ek hê,
In 'n boer syn arme wil ek lê.
Dit is my plesier
Met die boerjongkerels hier.

Terug

Ou tante Koba
Ou tante Koba, die is so dom,
Sy roer haar koffie met haar groottoon om
Ou tante Koba die is so bly,
Sy denk, sy sal een skoonseun kry.

Keerzang:

Dis nie myne nie, dis nie jouwe nie
Dis 'n andermans goed, waar jullie om stry;
Andermanse koffie
Andermanse tee
Andermanse daogter die dans jullie mee.

Lank is die seun, en kort is sy pa
Mooi is die dogter en lelik haar ma
Dis te ver te loop en te na om te ry
Hoe sal ek maak om die blom te kry?

Bo op die berg daar staan 'n blom
Ek weet nie hoe te maak om by te kom;
My perd is dood en my os is lam,
Dis 'n andermanse goed, waar jy om kamp.

Terug

Ry maar an (ossewa)
Ry maar an, ossewe, ry maar an,  )
Weet je nou waarheen hy gaan,    )
Trug naar huis toe gaan die wa,     )
Ry maar an, ossewa, zy maar an.  )   (bis)

Keerzang:

Dorpse noointjie kan lekker vry
La, la, la, la, la, la, la, la;
Wag, jy kleine skelm,
Ek wil na huis toe nou.

Ry maar an, ossewa, ry maar an (bis)
Weet je nou waarheen hy gaan,
Trug naar huis toe gaan die wa,
Ry maar an, ossewa, ry maar an.
Huis toe gaan, ossewa, huis toe gaan, (bis)
Want daaronder by die pad,
Wag so liefies my skat,
Ry maar an, ossewa, ry maar an.

Terug

Ver op hoë berge
Ver op hoë berge, O-o-oo, O-o-oo,
Sit ek eensaam in die nag,
By my vuurtjie, stil op wag,
Ver op hoë berge.

'k Denk nou kom my liefste,
'k Sie van verre kom die wa,
Die my liefste skat daar dra,
Ver op hoë berge.

Droom is weer voorbij nou,
'k Sit weer eensaam in die nag,
By my vuurtjie stil op wag,
Ver op die hoë berge.

Terug

Sag op fonteintjie
Sag op fonteintjie
Straal die maan is Suidertooi
Ver oor die bergtop
Daag reeds môrerooi.
Donker oogies heeflik
Glansend dood lyk sonnespel,
Loer vermoeid maar teder,
Sê so lief vaarwel,
Rita, my Rita,
Vra jou hart of ons sal skei
Rita, my Rita,
Leun weer aan my sy.

Terug

En as ek kom te sterwe, lief
En as ek kom te sterwe,
lief, sing dan g'n klaaglied nie
Plant dan g'n rose op my graf  )
of koel sipresse nie.                ) bis

Laat net die groen gras bo mie wees,
die reën en die môre dou
En as jy wil, vergeet my
en as jy wil onthou.

Want skadu's sal'k nie sien,
of voel hoe dat die water week
nie hoor hoe dat die voëltjies sing
as of hul harte breek.

Maar ek sal altyd drome droom
in die skemer; wie weet
Miskien sal ek daar nog onthou,
miskien sal ek vergeet.

Terug

Vanaand gaan die volkies koring sny
Daar onder groei 'n aandblom in die vlei, in die vlei,
En wie sal hom tog kry vir my, kry vir my?
My geliefde laat my los,
Gaan eers soek daar in die bos,
Waar die aandblom daar groei
In die wag'n-bietjiebos.

In die wag'n-bietjiebos daar in die vlei, in die vlei
In die donker soek 'n seun 'n blom vir my, blom vir my.
My geliefd'hang in die bos;
Nooit as nimmer kom hy los
Wag'n-bietjie, wag'n-birtjie in die wag'n-bietjiebas.

Toe kom 'n ander seun en hy wil vry, hy wil vry,
En ek se... vir hom: Jy kan my kry, kan my kry
Maar dan eers moet jy gaan los my geliefde in die bos,
My geliefde daar in die wag'n-bietjiebas.

Wag'n-bietjie, wag'n-bietjie in die vlei, in die vlei
Daar is twee wat saame wag vir my, wag vir my,
Twee geliefdes hang in die bos: maar 'n derde is nog los
Wat nog wag-om-te-gaan-wag daar in die wag'n-bietjiebos.

Terug

Gertjie
Wanneer kom on troudag, Gertjie, Gertjie
Hoe 's dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al Gertjie, Gertjie
Dit is tyd dat ons gaan trou.

Keerzang:
Glo tog Gertjie, ek sal nooit nie, nooit nie
Nog langer an jou sleeptou bly nie, bly nie
Jy dink miskien: ek kan nie dood nie, dood nie
Maar my jare gaan verby.

'k Hoor jy is verliefd op Sarie,
Maar die pret moet jy laat staan.
Pas maar op vir Pieter en Dania,
Hul is kêrls, wat somaer slaan.

Jy weet, as ons Sondags kuier,
Agter om die kop verby
Dan seg ek: Nonnie, lig jou sluier
Kom en gee een soen vir my.

Jannie, al die soentjes help nie
Kyk vir Pieter en vir Griet;
Vandaag wil hul mekaar nie hê nie,
Al die soentjes is verniet.

Ons moet dan die pret maar staan laat,
Ons moet maar die soen laat bly;
Ek sal myn eie pad dan kry maar,
En jy kan na Sarie vry.

Terug

Ek sal jou kry
Hier's ek weer, hier's ek weer
Met my rooirok voor jou deur
Ek wil jou hê, ek sal jou kry
Hier's ek weer, hier's ek weer
Met my rooirok voor jou deur
Ek wil jou hê, ek sal jou kry
Al slaan my ma my driemaal op my kop,
Dan staan ek op en kom ek weer!

Hier's ek weer, hier's ek weer
Met my kakiebroek geskeur
Ek wil jou hê, ek sal jou kry
Hier's ek weer, hier's ek weer
Met my kakiebroek geskeur
Ek wil jou hê, ek sal jou kry
Al slaan jou ma my driemaal op my kop,
Dan staan ek op en kom ek weer!

Terug

Hoe ry die boere
Hoe ry die boere?
Sit, sit, so! (ter)
Hoe ry die boere?
Sit, sit, so! (bis) Hoera!
Die Kaapse nooi sê:            )
Tingelingeling (bis), Hoera!  ) bis
Hoe ry die boere?
Sit, sit, so! (bis) Hoera!

Hoe fluit die boere?
Fluit, fluit, so, fluit, fluit, fluit, Hoera!
Die Kaapse nooi sê:
(fluit die melodie) Hoera!

Hoe dans die boere?
Polkadraai! Tiekedraai! ou perd!
Die Kaapse nooi sê:
Tingelingeling, ou haan!

Hoe skiet die boere?
Boem, boem, boem! Di's raak!
Die Kaapse nooi sê:
Skiet nog een, di's raak!

Terug


Namibië.....Botswana.....Zimbabwe.....Mozambique.....Zuid-Afrika.....Lesotho.....Swaziland.....
Dieren.....Verhaal.....Taal.....FAQ's.....Cantus





Hosted by www.Geocities.ws

1