Armoria
http://www.geocities.com/armoria
Heraldiek in Suid-Afrika

Heraldiek-skakels (Deel 2)
Heraldiese gesagte

Buro vir Heraldiek, Pretoria

Buro vir Heraldiek
Heraldiese gesag vir Suid-Afrika, wat ook vir nie-Suid-Afrikaners wapens sal registreer.
LET WEL: Hierdie bladsy (slegs in Engels) is ’n subseksie van die webwerf van die Nasionale Argief; dit voorsien kontak-besonderhede, maar het geen heraldiese inhoud nie.
KYK OOK die Heraldiekwet (1962) (slegs in Engels).

College of Arms, Londen

The College of Arms
Heraldiese gesag vir Engeland, Wallis, Noord-Ierland, Jersey, Guernsey, die eiland Man en die meeste van die Gemenebes van Nasies; dit verleen ook wapens aan mense rondom die wêreld van Engelse, Walliese, Ierse, Kanaal-Eilandse en Man-herkoms (in Engels).

Wapenkoning Lyon

Lyon Court
Heraldiese gesag vir Skotland; dit verleen ook wapens aan mense rondom die wêreld van Skotse herkoms (in Engels).

Phriomh Aralt na hÉirann / Chief Herald of Éire (wapen van die National Library of Ireland)

Office of the Chief Herald
Heraldiese gesag vir die Ierse Republiek (of Poblacht na hÉirann); dit verleen ook wapens aan mense rondom die wêreld van Ierse herkoms (in Engels). Die kantoor is ’n divisie van die National Library of Ireland.

Canadian Heraldic Authority

Canadian Heraldic Authority
Heraldiese gesag vir die Dominium van Kanada (in Engels en Frans).

Hoge Raad van Adel
Heraldiese gesag vir die Koninkrijk der Nederlanden (in Nederlands)

Riksarkivets heraldiska enhet
Heraldiese gesag vir Swede (’n divisie van die ryksargief; bladsy slegs in Sweeds).

In Duitsland word die registrasie van wapens deur amptelik gelisensieerde heraldische Gemeinschaften onderneem. Kyk onder op hierdie bladsy vir nadere inligting.

In Spanje mag die Cronistas Reyes de Armas wapens registreer vir onderdane van die koning van Spanje en bewoners van gebiede wat in die verlede onder die Spaanse Ryk geval het. Gaan na hierdie bladsy en gaan af na “Regulation of Heraldry in Spain” vir nadere inligting.

LET WEL: Die vertoon van die wapens van hierdie kantore impliseer nie enige verhouding daarmee of gesag deur hulle verleen nie.


Terug na Deel 1 van skakellys

Na Deel 3 (heraldiese verenigings) van skakellys

Na Deel 4 (vlae) van skakellys


Counter

Terug na bo

For English, click here


Terug na Heraldiek-ABC-indeks

Terug na Armoria-indeks


Opmerkings, navrae: Mike Oettle

Hosted by www.Geocities.ws

1