Familiewapens en Heraldiek


Die volgende familiewapens van my en Hanneke se stamouers word op hierdie webwerf gebruik:
 


Mare / Maree


Scheepers


Bouwer


Griessel


Schoeman


Bosman


Boshoff


Erasmus

van der Westhuizen


Kromhout


Fourie


?Oosthuyzen



Viljoen



Swart


?van Niekerk?


Smits


Bekker
             

'n Familiewapenskild word tradisioneel aan 'n persoon toegeken word, en slegs sy direkte nasate erf die gebruik daarvan (m.a.w. nie alle persone met dieselfde van  het outomaties die gebruiksreg daarvan nie). Variasies van dieselfde wapen word dikwels aangetref vir verskillende takke van dieselfde familie.

Daar het al oor die eeue soveel oorname van wapens tussen families plaasgevind en met die probleme om die ou wapenreg op genealogiese gronde te oordeel is in elk geval besonder moeilik. Die burgerlike heraldiek staan al 'n geruime tyd los van sy Middeleeuse oorsprong, met nuwe wette in verskeie lande vir regulasie. In Suid-Afrika word familiewapens beskerm deur die Staatsheraldikus en die reg slegs wanneer die wapens by die Buro vir Heraldiek geregistreer is en daarvoor moet dit aan 'n lys heraldiese reëls en gebruike voldoen.

Cor Pama sê die volgende:

"In dié lig moet 'n mens ook die wapenoornames sien. Die nuwe families wat ná die vryheidsoorlog teen Spanje aan die mag gekom het, was onseker oor hul werklike afstamming en het in party gevalle wapens van families met dieselfde of soortgelyke vanne klakkeloos oorgeneem. Dit is vererger deurdat onbewese stambome opgestel is om die afstamming van een familie uit 'n ander aan te toon en 'n jong familie by 'n ouer geslag te laat aansluit. Selfs as 'n mens jou tot die ongeveer vierhonderd families beperk wat tot die teenswoordige Nederlandse adel behoort, is daar baie families wat hul wapen, en selfs hul adelerkennings, op sulke wankele gronde verkry het dat jy jou moet afvra hoe groot dan die aantal wapenoornames in eenvoudiger families is. Dit is waarskynlik ontelbaar. Tog moet aanvaar word dat daardie wapens nou al 'n paar eeue in die besit van die huidige families is, en dat dit vir daardie families ou familiewapens is, wat ook al die herkoms."

Net so het dit ook maar in baie ander lande gegaan. In die negentiende en twintigste eeu het verskeie publikasies die sterk belangstelling in heraldiek uitgebuit en boeke vol familiewapens gepubliseer wat nie aldag korrek was nie, en in menige gevalle selfs nuut was (Sien Pama se beskrywing van N.H. Theunissen se artikels in Die Brandwag). Die besondere groot belangstelling het gelei tot 'n magdom nuwe Afrikaanse wapens (meeste van hulle in elk geval nie geregistreer nie!) en hulle word deesdae wyd aangetref.

Ek hou van Cor Pama se pragmatiese benadering tot die egtheid of onegtheid van wapens:

"Dié wapens kan dus op twee maniere beskou word. Die een is suiwer dogmaties: wys op die nie-bestaande of twyfelagtige genealogiese verband tussen die betrokke families en verklaar plegtig dat die wapens dus oneg of dat die egtheid op die meeste onbewysbaar is. Iemand wat hierdie standpunt inneem, sal dan egter moet aantoon dat so 'n strak teoretiese opvatting met die werklike wapengebruik van die laaste eeue in Europa ooreenstem en nie net aan teoretiese, vernaamlik Britse, handboeke ontleen is nie. Met ander woorde, ons sal waarskynlik vind dat hierdie sogenaamde regsinnige standpunt gegrond is op 'n abstrakte teorie wat min steun vind in die werklike praktiese wapengebruik van die laaste eeue. Daar is desondanks 'n groot aantal mense, ook in ons land, wat dié standpunt inneem en 'n mens moet dit verstaan en billik."

"Die ander standpunt is om die "nuwe" wapens te aanvaar soos hulle is. Hoewel dié ontwikkeling nie bevredigend is nie en 'n mens dit graag anders wou gesien het, het jy in die meeste gevalle geen ander keuse as om hulle te aanvaar nie. As iemand wat die oorsprong van sy wapen ken, sê dit is nou sy wapen en hy bly daarby, dan is dit ook sy wapen. Daar is geen mens wat hom dit kan ontneem nie. Laat hom dus vrede daarmee hê."


Bronne:




Laat weet my gerus as iets gebreek of foutief is, of as ons gedeelde belangstellings het!
Hosted by www.Geocities.ws

1