|
|
|
Phoenix na Las Vegas
Vrydag 31 Desember : Oujaarsdag!
Val in die pad oppad Las Vegas toe. Oppad daarheen ry ons deur 'n
"dorp" met die naam Nothing!!! Sy naam is nie verniet so nie, hy het
'n baie groot populasie van 4 persone! Stop by die Hoover dam, duskant Boulder
City - baie mooi!
Uiteindelik in Las Vegas, Nevada! Dis nie verniet die dobbel stad nie! Dis
die een dobbel saal en hotel op die volgende en baie van daai klein
"blits troue" kerkies. En die plek bars uit sy nate uit!!! Lyk of
almal gedink het dis 'n goeie plek om die vorige eeu af te sluit. En die
hotelle se pryse is almal verdubbel of sommer 3 keer die normale prys. Ons
vaar die hoosftraat in wat hulle die "The strip" noem. Dit was baie
indrukwekkend gewees. Ons is by baie plekke in en het selfs gedobbel. Die plek
wemel van die mense!
|