Las Vegas - San Francisco 

Home Up SA - Phoenix Phoenix - Las Vegas Las Vegas - San Francisco

Las Vegas na San Francisco

Saterdag 1 Januarie 2000 :
Ry weer na die Hoover dam. Ry vandaar met die "Scenic Route 66" na die Grand Canyon. Voor die Grand Canyon sneeu dit te lekker. Dis ongelooflik mooi en baie groot! Temperature wissel tussen -7 C en -2 C.
 
Dis BAIE koud! Tot die kar se deure is gevries! Temperature is -13 C en 2 C! Ons wag vir die son om op te kom vir fotos! Baie mooi gewees, maar dit was ysig koud! Verlaat die Grand Canyon en vat die pad San Francisco toe. Ry weer met Route 66. Ry ook verby die Flintstones - baie oulik! Ry deur Kingman en kom uiteindelik in die staat Kalifornië aan. Ry na Ghost Town of Calico, lyk na 'n ou myndorp. Sien anderkant Barstow weer baie van die wind waaiers. Net voor Barstow is ons deur die Mojave Woestyn. Ry deur Bakersfield tot by Tulare. Slaap daar.
 
Ry die laaste 200 myl tot by Fremont! Na (3800 myl =) 6100km,is ons veilig in San Francisco! En is ons van SA tot in San Fran byna halfpad om die wêreld! Ons het vreeslik baie gesien langs die pad en 'n groot verskeidenheid van natuurskoon! Ons is baie bevoorreg en dankbaar dat ons dit kon doen.

 

Heel eerste keer wat ons kar sneeu sien

Mc Donalds is toe onder die sneeu

Dis nie Florida nie, waar is jou winters klere?

Route 66

Ons by die Grand Canyon se ingang

Dis groot en baie mooi!

Wens julle kon dit sien

Mooi, nê

Lekker koud, maar pragtig

Voor die Hotel

Rona haal bietjie sneeu af sodat ons kan sien....

Sjoe.....

Nog steeds mooi

Son skyn bietjie

En nog steeds

-13C en die son kom op

Dit was YSKOUD

Mojave woestyn

Calico Ghost Town

 

 

 
Hosted by www.Geocities.ws

1