Armoria
http://www.geocities.com/armoria

Oor Armoria

wapen van Port Elizabeth - die eerste bydrae tot International Civic Arms

SEDERT Armoria[1] in Juliemaand 2000 die eerste maal op die Internet verskyn het, het dit met lang hale gegroei, en presenteer dit tans ’n kleurvolle beeld van heraldiek in Suid-Afrika.
wapen van die Unie van Suid-Afrika (1932-weergawe)

Die begin daarvan was klein: ’n handjievol bladsye wat hierdie webmeester reeds vir International Civic Arms voorberei het, wat die kern gevorm het van Armoria civica, enkele skoolwapens het die fondament gelę van Armoria academica, en ’n paar artikels oor familiewapens wat in die Algoa Sun gepubliseer is – dit het die basis gevorm van Armoria familia.

Nie veel stukke het in die Sun verskyn nie, en ek het gekonsentreer op die opbou van die afdelings oor plaaslike owerheidswapens, akademiese wapens en Armoria patrić, wat die wapens dek van Suid-Afrika (dit wat in 1910 verleen is, en dit wat in 2000 in gebruik geneem is), sy provinsies (die vier wat vanaf 1910 tot ’94 bestaan het, en die nege sedertdien), die vier “onafhanklike” Bantustan-state en die kolonies en Boererepublieke wat die Unie voorafgegaan het. Armoria ecclesiastica het ook sy beskeie verskyning gemaak.

Vroeg in 2002 het ’n afdeling oor heraldiese temas – wat veral die Suid-Afrikaanse heraldiek weerspieël – sy verskyning gemaak.
wapen van sir Rufane Donkin wapen van Christo Welgemoed wapen van ’n weduwee, op ’n ruitskild gevoer wapen van ’n lid van klan Hay wapen van eerw Roy Snyman

Maar in die middel van 2002 het die installering van bladsytellers (wat die aantal besoekers reflekteer) dit aan die lig gebring dat die meeste besoekers in familiewapens belang gestel het. Dus is Armoria familia van voor af opgebou met ’n reeks oor hoe familiewapens werk (teenoor die blote bespreking van die wapens van spesifieke families, wat steeds aandag sal geniet).

Wat ook uit navrae wat ontvang is, duidelik geword het, was dat mense die basiese begrippe van die heraldiek wou verstaan – nie net hoe familiewapens werk nie, maar hoe om ’n wapen op te stel, ofskoon dit nou vir jou eie familie is of vir ’n organisasie.

Dit geniet nou aandag in ’n ABC van die Heraldiek. Die ABC het sy aanvang gekry met ’n stel artikels oor die kleure van die heraldiek, en bevat nou ook ’n bespreking van heraldiese skildtipes. Verdere artikels sal binnekort bygevoeg word.

Daar lę nog heelwat voor. In die middel van 2004 het ’n nuwe afdeling, Armoria corporativa, die lig gesien, en nog een, Armoria militaria behoort om binnekort gereed te wees – maar selfs voor dit is daar tans ’n maklik vindbare stel vrae wat dikwels gevra word, of VDG. Verdere nuwe afdelings wat beplan word sal aan heraldiese vlae en heraldiese blapse aandag skenk. Maar alles moet tree vir tree gedoen word . . .



[1] Die naam Armoria is ’n terug-formasie in Nuwe Latyns van die Engelse byvoeglike naamwoord “armorial” (wat “heraldies” of “wapenkundig” beteken), wat daaraan herinner dat hierdie woord sy oorsprong het in die Latynse arma – wat die Klassieke tyd aanvalswapens beteken het, maar in in die Middeleeue gebruik is om ook heraldiese deviese te beskryf.


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Erkennings: Wapen van Port Elizabeth met vergunning van Port Elizabeth se Sentrale Biblioteek; wapen van Suid-Afrika uit National and Provincial Symbols deur F G Brownell (Chris van Rensburg Publikasies).


    Terug na Heraldry-ABC-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • Hosted by www.Geocities.ws

    1