![]() |
||||||||||||||||||||
| mij mezelf en ik | ||||||||||||||||||||
| gedichten | ||||||||||||||||||||
| A. D. Keet / Amsterdam | ||||||||||||||||||||
| Ou Amsterdam is tog so mooi Met al sy liggies uitgetooi In donker, donker nagte. Dis liggies hier en liggies daar In lange rye aanmekaar, Wat flikker in die gragte. En honderd duisend ogies loer Op spieelgladde watervloer Daar bowe uit die hemel. Dis liggies hier en liggies daar En bootjies, wat so saggies vaar, Dat ligte golfies wemel. Die liggies soek mekaar weer op In water, wat teen walle klop Op stormagtig nagte. So toweragtig, lief en skoon is liggies, wat op walle woon En flonker in die gragte. |
||||||||||||||||||||
| top | ||||||||||||||||||||