Die Derde Afrikaanse Retrogadewoordelys. Rig navrae aan [email protected].

Die Derde Afrikaanse Retrogade Woordelys

[ tuisblad ]

Fasiliteerder: Samuel Murray-Smit
Skripskrywers: Riaan van Niekerk en Pieter Enslin
Korpus: Bernard Nieuwoudt se lys, afr_dbf.zip

tuisblad


LET WEL: Woorde wat eindig op diakritiese letters word apart gelys. Diakritiese letters is n� "z" by elke lys gesorteer. Diakritiese letters mag dalk sleg vertoon.

| diakrities | A | B C | D | E (dae-ange) | E (enge-stoke) | E (arke-akse) | E (ekse-wye) | F |

| G (ag-ding) | G H (fing-zoh) | I J | K | L | M | N | O P | Q R (aar-aker) | R (eker-uur) |

| S (bas-ahs) | S (is-wys) | T | U V W | X Y Z | voegsels |


'n Grondiger verwerkte en baie beter versorgde retrogadelys (nie met ons geaffilieer nie) is beskikbaar by http://www.cs.sun.ac.za/~rdodds/.

WAT IS 'N REGROGADE WOORDELYS?
'n Retrogade woordelys is 'n woordelys wat alfabeties gerangskik is volgens die laaste letters van die woorde, in plaas van die eerste letters. Die woord "appel" staan dus onder die letter "L", en die woord "boegoe" staan onder die letter "E".

WATTER NUT HET SO'N LYS?
Ons weet self nie. Dit kan as 'n rymwoordeboek gebruik word, hoewel die voorwoord van die eerste Afrikaanse Retrogade Woordeboek (deur Johan Combrink en Red Dodds) s� dat dit "nie bloot 'n rymwoordeboek is nie". Dit kan ook gebruik word om woorde met soorgelyke agtervoegsels te vind (die gewone woordeboek bevat die woorde met soortgelyke v��rvoegsels). As enige iemand vir ons kan s� watter ander nut 'n retrogade lys mag h�, skryf gerus vir ons 'n e-pos.

IS HIERDIE WOORDELYS VEILIG?
Nee. Ons is amper 100% seker dat die retrogade volgorde perfek is, maar oor die woorde s�lf het ons plek-plek ons bedenkinge. As bronkorpus het ons Bernard Nieuwoudt se selfgemaakte woordelys gebruik, en hier en daar is daar spelfoute en tikfoute in. Bernard se lys is egter gratis en "public domain"... en 'n lys met enkele foute in is immers beter as geen lys nie. As jy dus twyfel oor 'n woord, slaan dit in 'n woordeboek na.

KAN EK DIE WOORDELYS AFLAAI of VERSPREI of VERKOOP?
Jy het toestemming om die lys af te laai vir persoonlike gebruik. Jy mag nie die lys verkoop nie (hetsy direk of indirek). Jy word afgemoedig om veranderinge aan die lys te maak en dit te versprei, maar as jy dit doen, moet jy 'n nota van die veranderinge bo-aan die woordelys plaas (of in die "readme.txt"-l�er).

Jy kan hierdie hele retrogade woordelys as 'n geheel aflaai as retrowerf.zip (500 kb). Laai gerus ook Bernard Nieuwoudt se lys hier af, ongeskonde (nieuwoudt.zip (415 kb)).

KAN EK DIE LYS PIMP?
Asseblief. Vertel vir soveel mense as wat jy wil. Gee vir hulle ons webadres. Skryf in die koerant oor ons. Plaas 'n skakel op jou webwerf na ons toe (gebruik gerus die skakelknopie en HTML-kode soos hieronder). En skryf vir ons e-pos. :-)

tuisblad

HTML-kode (kopieer knopie na jou eie webspasie):

 <p align="center">
<a href="http://www.geocities.com/retrogade_af/index.html">
<img src="retrowa.gif" width="88" height="31" alt="afrikaanse retrogade woordelys" border="1" />
</a></p>   


(c) Samuel Murray-Smit, 2001. http://www.geocities.com/retrogade_af/index.html. [email protected].

Hosted by www.Geocities.ws

1