| Terug |

Ek het die eerste keer van Michiel Visser geweet toe ek sy album 'Bitter Snare' in die winkels raakgeloop het. Daar het ek agtergekom dat, alhowel hy baskitaar in die Boesmanland orkes speel, hy ook 'n baie goeie kitaarspeler is. Sy talente is redelik oorskadu deur Worsie Visser se roem en publisiteit, en nog steeds word hy as 'n musikant in eie reg, baie onderskat. Ek het Michiel die eerste keer persoonlik ontmoet by 'n Worsie Visser konsert en ek was baie beïndruk met sy vriendelikheid en spontane persoonlikheid. Dit was werklik 'n plesier en voorreg om nou saam met hom kon opneem en kuier. Ek hoop regtig hierdie DVD sal Michiel se talente weer onder die publiek se aandag bring.