Die Korrelkoppe se Weskus Kuier

Terug

Ons het ongeveer 03:00 Vrydagoggend weggetrek uit Parys (party van ons moes nog musiek maak tot 01:00 toe) en het die langpad aangedurf George toe. Deurentyd was daar verskillende tonele geskiet vir die DVD en jy kon duidelik sien wie het die minste slaap ingekry. Ons het oornag in George nadat Dawie sy eie teorie gevorm het oor juis waarom die "Doggy Parlour" reg agter die Shinese wegneem etes is (en dit aan almal verkondig het).
Saterdagoggend het ons redelike goeie werk gedoen gekry by 'n strandjie net buite George asook by die Spoorwegmuseum in George en die krokodilplaas in Oudtshoorn.
Vanaf Oudtshoorn het ons deurgery Grabouw toe via die Tradouwspas en die aand saam met die Stoepsitters gespeel by Willem se lapa. Ons het by Estelle en Stewie oorgeslaap en weereens beleef watse geweldige gasvrye mense hulle is.
Sondagoggend is ons Franschhoek toe waar nog tonele geskiet is. Daarna het Willem ons die berg opgeneem om fynbos en die natuur te geniet. Vandaar is ons via Hermanus en Rooi-Els na Somerset-Wes toe waar ons oornag het.
Maandag het ons tonele opgeneem by die Helderberg wynplaas, Houtbaai hawe en die Waterfront waarna ons by Melkbosstrand oornag het.
Dinsdag het ons deurgery Lambertsbaai toe via Paternoster en Elandsbaai. Baie lekker tonele geskiet in Lambertsbaai (wag maar vir die DVD om dit te sien) en by Muisbosskerm.
Woensdag het ons begin huiswaarts keer via Calvinia, Keimoes, Upington tot in Olifantshoek waar ons oornag het. Olifantshoek het die grootste miere wat ek nog gesien het en ons moes net keer of ons word weggedra.
Donderdag het ons reguit huistoe gery en ons was ongeveer 15:00 terug in Alberton.
Nog fotos sal later bygevoeg word.
Uniondale
Dawie en die spook by Uniondale
George
Hannes besig om af te neem by 'n strandjie in George
Stoepsitters
Die Stoepsitters in Willem se lapa
Berg
Philip, Hannes en Danie bo op die berg
Bepeinsing
Dawie en Danie in diepe bepeinsing iewers langs die pad
Ronnie
Ronnie was seker uitverkoop toe ons daar gestop het
Strand
Hannes, Dawie, Ina en Danie op die strand
Muisbos
Danie, Hannes en Dawie by Muisbosskerm
Dawie
Dawie by Muisbosskerm

Hosted by www.Geocities.ws

1