Stamvader en Hugenoot Ignace Maré


Ignace was die stamvader (a1) van die Maré en Maree families. (Sy vrou en kinders word hier onder beskryf, sy groter nageslag lê hier).

In Pama se Familienaamboek verskyn daar die volgende afdruk van 'n handtekening wat vermoedelik dié van Ignacé was:

Die voornaam is feitlik onmoontlik om te ontsyfer terwyl die van ongetwyfeld "Marre" is. Hoe dit vereenselwig word is nie duidelik nie. Daar was verskeie wisselvorme van hierdie familienaam in die vroeë jare, ek het selfs vir Gabriël Stephanus Maré wat as "Den Oude Heer Gawerjal de Marijs" aangeteken staan!

Daar is heelwat meningsverskil rondom die herkoms van die stamvader. Hy word as 'n Hugenoot beskou deur party bronne (Cor Pama verwys na hom as 'n Franse vlugteling).

In Pieter Coertzen se boek Die Hugenote van Suid-Afrika word hy wel aangegee, maar met die opmerking dat sommige navorsers twyfel of hy wel 'n Hugenoot was. Hy was vermoedelik afkomstig uit Calabrië in Italië (Pieter Coertzen noem ook Cambresis in Duitsland as 'n moontlikheid).

Sy eerste opgaafrol in die Kaap dateer uit die jare 1704-1705, wat beteken dat hy in dié jare al aan die Kaap was - hy het dus nie in 1706 gearriveer soos wat verskeie bronne beweer nie.

Met sy aankoms in die Kaap was hy reeds 'n wewenaar met twee dogters, maar die name van sy eerste vrou en een van die dogters ontbreek. Met sy troue op 7 Feb 1706 met Susanna van Vuuren verklaar hy dat hy 'n wewenaar van Calabria in Italië is. Hy het heel moontlik 'n tyd lank in Italië gewoon, omdat hy later sy een dogter Magdalena Fenesië genoem het.

In 1707 kry hy toestemming van die Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig.Volgens die opgaafrol van 1712 het hy toe 2 seuns en 2 dogters gehad.

Hy was volgens onbevestigde bronne 'n tweede seun van ene Paul Maré. Van die Marés van Grootplaas het ek 'n afdruk van 'n portret van die stamvader se pa ontvang (kliek daarop vir 'n groter weergawe):

Hy het die volgende leeningplase gehad:

Hy word die eienaar van Elsjieskraal op 14 Oktober 1714. Hierdie plaas verkoop hy in 1733 aan Theunis van Aardt. Ignace koop toe St. Omar in Daljosafat in 1723 van die boedel van Armand Veron.

Sy kind uit sy eerste huwelik met 'n onbekende vrou, wat saam met hom in die  Kaap aangekom het was:

Catharina word in party bronne as sy suster aangedui, maar op hierdie stadium lyk dit of meeste bronne en navorsers saamstem met SAG 5 se interpretasie.

Hy trou op 7 Februarie 1706 met Susanna van Vuuren. Hulle kinders was:

Oom Manie se Navorsing

Ek het hierdie navorsing onlangs ontvang, en is nog besig om dit te analiseer - maar gee dit solank weer vir die wat dit op eie risiko interesant mag vind:

Herkoms

Oom Manie skryf dat hierdie familie afstammelinge is van die ou Hugenote en volgens die heraldikus C. Pama van Kaapstad was die oorspronklike spelling van die familienaam: De Mare De Salgas. Die familie se voorsate was blykbaar eers in die suide van Frankryk gevestig. Die van is eers later, maar blykbaar voor of met die aankoms aan die Kaap, vereenvoudig na Maré. De Maré beteken eintlik strand- of kusbewoner waaruit afgelei kan word dat die voorsate se woonstreek waarskynlik naby die see was. Ignacé het opgeveer 1700 in Suid-Afrika aangekom vanaf Holland waar hy 'n tydlank moes gewoon het, want hy kon Hollands taamlik goed praat toe hy hier aangekom het. Hy is beskrywe as 'n wewenaar van "Calabria" wat toe 'n deel van Italië was, alhoewel dit destyds onder Franse bewind was. Hy was ongetwyfeld 'n Franse Hugenoot wat blykbaar eers na Calabria gevlug het voordat hy na Holland is.

Inligting bekom by die Hugenote Stigting bevestig die herkoms uit Calabria en voeg by dat dit moontlik ook Cambresis, Duitsland kon wees (Sy Hugenoot herkoms word nie betwis of bevestig nie.) Die Stigting gee Ignace (Let op, die e sonder aksent) se aankoms aan die Kaap aan as 1705.

In Suid Afrika word al Ignacé se kinders en kleinkinders, (behalwe sy oudste kleinseun Johannes (1741) en dié se nageslag), as Maré aangeteken. Hierdie oudste kleinseun se van is egter vir een of ander onbekende rede in die doopregister van Drakenstein as Maree aangeteken en op die wyse het daar twee spelwyses ontstaan. Die volgende is nou van belang:

Oom Manie skryf verder dat daar volgens die "Hugenote Boek" van Kannemeyer vandag nog 'n "Rue de Maré" (Maréstraat) in Parys is. Daar is natuurlik ook Jacob Maré straat in Pretoria en verskeie dorpe met Landros Maré strate wat na een van die twee bekende landros-broers vernoem is.

Plase en Woonplek

Ignacé se woonplaas was "De Jonge Fonteyn" wat op 14 Oktober 1714 aan hom toegeken is. Die plaas is geleë naby Elsieskraal tussen Parrow en Bellville in die distrik Kaapstad. Met betrekking tot die plaas skryf Oom Manie dat Maré volgens Kannemeyer, 'n haastige man was en het, toe die registrasie van sy plaas te lank gesloer het, die betrokke amptenaar met 'n sweep tot sy plig geroep. As mens egter mooi in Kannemeyer lees is dit een van Ignacé se nasate: Johannes (~22/5/1757) wat met sy vroutjie, Elisabeth van Jaarsveld, te Riebeeck Kasteel op 'n leningserf van 2 morge groot, woonagtig was. Dit is hierdie Johannes wat die twee amptenare, Horak en Bergh met "warm woorde" die saak laat afhandel het.

Die Hugenote Stigting verstrek die volgende inligting:

"Hy (Ignacé) het op 7/7/1706 aansoek gedoen vir 'n weilisensie in de Groene Kloof. Op 1/3/1707 het hy 'n weilisensie vir een jaar verkry in die gebied Langefontein. Op 14/10/1714 het hy die plaas Langefontein, Elsjeskraal in die Tygerberg in eiendom ontvang. Hy het die plaas in 1733 aan Theunis van Aardt verkoop. In 1723 het hy die plaas St Omer in Daljosaphat uit die boedel van Armand Veron gekoop. Sy weduwee het St Omer in 1750 aan Jan Oberholster verkoop."

Kannemeyer verwys na die plaas as "...Langefontein(1), geleë tussen die Kuylen en Tygerbergen..." 'n Voetnota lees "(1) Tussen Bellville en Parow". De Villiers/Pama sê net hy kry in 1707 verlof van Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig.

 

Huwelikstatus

Volgens Kannemyer het Ignacé ".... as jonkman in die begin van 1700 na Suid-Afrika uitgewyk....". De Villiers/Pama skryf die volgende omtrent Ignacé:- "Franse vlugteling, wewenaar van Calabria". Die Hugenote Stigting bevestig sy wewenaarskap en sê verder dat uit sy eerste huwelik, blykbaar in Europa, is twee dogters gebore maar net een is bekend. Die bekende dogter, Catharina, is op 22/10/1713 in Kaapstad met Jan Janzoon/Janse van Vuuren getroud. GISA gee die troudatum as 29/10/1713 en noem die bruidegom Gerrit van Vuuren. (kan die Van Vuuren dalk een van haar stiefmoeder se kinders of familie wees?)

Dit is dus redelik om te aanvaar dat hy wel 'n wewenaar was, alhoewel geen besonderhede van die eerste huwelik bekend is nie. In samehang met GISA plaas ek Catharina as b1 synde 'n enigste bekende kind uit Inacé se eerste huwelik te wees. Derhalwe word Johannes, sy eerste kind uit sy tweede huwelik, as b2 geplaas.

Ignace se tweede vrou was Susanna 'n dogter van Gerrit van Vuuren en Susanna Jacobs van Holland wie 'n kleindogter van Pierre Jacobs en Susan de Vos was. Sy was dus die stammoeder van die familie Maree/Maré.

Tydens die inwyding van die Hugenote Monument te Franschhoek op 17 April 1948 is 'n pragtige voorstelling van Inacé en Susanna se huwelik gegee, alles in die klere en bybehorens uit hulle eie tydperk. Hierdie huwelik was blykbaar die eerste een wat in die Kaap tussen Hugenoot en Hollander voltrek is. Dit is nie bekend waar en wanneer hulle oorlede is nie. Dit is egter wel moontlik dat hulle in die Groot Kerk begrawe is aangesien baie mense in daardie tyd in die Kerk begrawe is.

Die Hugenote Stigting bevestig die tweede huwelik soos volg: " xx Kaapstad 7/2/1706 Suzanne JANSEN VAN VUUREN. * Bellingchamp, Drakenstein ca 1691, dv Gerrit Janse van Vuuren en Susanna Jacobs."

Algemeen

 Franken skryf onder ansdere in sy boek oor die hugenote dat toe WA van der Stel uitvind van die klagskrif van die boere teen hom, het hy 'n "getuigskrif" in sy guns laat opstel en mense is versoek (soms met dwang) om die "getuigskrif" te onderteken met die doel om dit in sy guns as teenvoeter vir vir die klagskrif aan die Here 17 voor te lê. Ignacé het blykbaar hierdie "getuigskrif" onderteken. Dit is 'n ope vraag watter rol die ondertekening van die "getuigskrif" gehad het op die toekenning van sy weilisensie en plaas.


Bronne:




Laat weet my gerus as iets gebreek of foutief is, of as ons gedeelde belangstellings het!
Hosted by www.Geocities.ws

1