'Operation Savannah

 

Disclaimer
Index
History
Army Rotte
Papatroop
1st Trip
2nd Trip 
3rd Trip
Operation Savhanna,
Maps
Returning Home   
Artwork and poems
Today the men.
Reference works
Links
Contact us

Verspeelde Lente

Nog voor ek kon droom

Was ek verpak

In nutria velddrag no 4

 En voor die vrees van onbekend

Tyd gehad het om te verstaan

 Ws ek geleer om te reageer

Op impulse ewe onbekend

Aan die jeug van wie hul my vertel

Is die vyand van my volk

As my eerste skoot hom tref

En hy aanstaar met skok

As sy bloed uit sy keel roggel

Skokkend varsrooi

In ‘n skrille son van geen genade

En my verwyfeling

Plek maak vir herhaling

O so gereeld…

 En ek die malatto vroulikheid

Argeloos gebruik sien word

Om gebroke eenkant gegooi word

In “A Luta Continua”

 En die sagheid van beskawing

In die broosheid van die vrou

In onwerklikheid verskiet

 Tot my siel verdrink het

In ‘n stomp newel van gevoelloosheid

Waaragter ek skuil

 En selfs nie eens

Toe ek sand in die keel moes druk

Sodat die vyand hom nie kon hoor

En ek sy oe sien vermelk

Nog voor hy kon begin droom

 Of toe ek die klonkie se keel

Met die flits van my lem

Moes stil om my te red

Op ‘n missie sonder antwoord

Vir ‘n bevel sonder sin

Laat ek die rukkende lyfie daar le

Ingebrand in my gewete

 En soos so baie ander skimme

My nagrus met angsweet sal versteur

Van hulle wat nie weer sal kan droom

En ek my siel versmoor

In onverbiddelike sinisme

En die sagheid van ‘n vrou

En die geskater van kleuters

Altyd onwerklik ontwyk

As die bloedstollende kreet van anargisme

Sy onheilspellende dreigment rig

Tot die fragiele lagie veneer

 En die satirise gekekkel weerklank vind

In die hol beloftes van die volksleiers

 En die skyn van normaliteit

Altyd tussen my vingers deursypel

Soos ‘n droom waaroor ek nooit kans gehad het nie

En sit ek maar en wag…..

Copyright Stephanus Fourie

 
Hosted by www.Geocities.ws

1