Armoria patrić
http://www.geocities.com/landswapen

Suid-Afrika / Mzantsi Afrika / Afrika Borwa /

South Africa / Ningizumu Afrika /Afrika Dzonga /Afrika Sewula / Afrika Tshipembe

Suid-Afrika (2000)

Wapen 27 April 2000 in gebruik geneem en gepubliseer (Kennisgewing 425) in Staatskoerant No 21131 van 28 April 2000. Hierdie devies is die produk is van ’n ontwerpsateljee en nie ’n werk van die heraldiek nie. Daar is egter ’n blasoen wat (volgens my vertaling) so lui:

Wapen: In goud, voorstellings van twee San mensefigure van rooi oker, teenoormekaar staande, die hande van die binnenste arms druk mekaar, met bande van silwer om die bo-arm, binne-gewrig, middellyf en knieë, en ’n dun skildsoom van rooi oker; bo die skild ’n spies en knopkierie skuins gekruis, van swart. Daarbo ’n halwe sekretarisvoël met vlerke omhoog van goud, met op sy bors ’n gestileerde voorstelling van ’n protea-bloeiwyse met buiteblare van groen, binneblare van goud en gesaad van nege aangeslote driehoeke in drie rye, die boonste driehoek van rooi, die tweede ry groen, goud omgekeer en groen, en die derde ry groen, goud omgekeer, swart, goud omgekeer en groen. Bo die sekretarisvoël se kop ’n boog van sewe strale gefasetteer van goud en oranje, die twee buitenste strale by die vlerke aangesluit.

Op ’n groen band, die leuse !KE E:/XARRA //KE in letters van silwer. Spruitend uit die ente van die band, twee paar olifanttande wat inwaarts geboog is, die punte aansluitend aan die vlerke van die sekretarisvoël, van goud, daarbinne en langs die skild, twee koringare van bruin.

Soos hieronder verduidelik, word die woord San foutief gebruik aangesien dit geglo word dat dit nie aanstoot gee nie. Dit gee egter wel aanstoot, en die woord Boesman/Boesmans (Bushman/Bushmen) word in werklikheid verkies. Die devies bestaan uit twee kringe, beskryf as die grondleggingskring en die opgangskring.

Grondleggingskring - onderhelfte van die wapen van Suid-Afrika (2000)

Grondleggingskring:
In ’n heraldiese wapen word die meeste van die inhoud binne die skild gevind. In hierdie ontwerp is die skild ’n klein deel van die geheel.

Die twee figure in die skild kom van ’n Boesman[1]-rotsskildery wat bekend staan as die Linton-steen, wat tans in die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad gehuisves word.

Die amptelike beskrywing vir hulle lees (my vertaling): “Die Khoisan, die oudste bekende inwoners van ons land, spreek van ons gemeenskaplike mensheid en erfenis as Suid-Afrikaners. Die figure word in ’n groetende houding aangetoon, wat eenheid simboliseer. Dit versinnebeeld ook die begin van die indiwidu se omskep na ’n groter sin van tuishoort in die nasie en, by uitbreiding, ons gemeenskaplike mensheid.”

Die kleuring van die twee mans is volgens die blasoen oker-rooi. Baie illustrasies, egter, toon dit heelwat donkerder aan, wat suggererend is van ’n sterker verbintenis as wat werklik bestaan tussen die Boesman-etniese groep en die Nguni[2] en Sotho,[3] wat van Bantu-sprekende[4] gemeenskappe van Neger[5]-herkoms is.

 

Die spies word nie volgens tipe gespesifiseer nie, en kan enige soort tussen die lang werpspies van die vroeë Nguni en die kort steek-assegai van die Zulu[6]-koninkryk. Die knopkierie en spies saam simboliseer verdediging en gesag, en aangesien hulle vlak lę, simboliseer hulle ook vrede. Hulle word ook in die amptelike beskrywing genoem as verteenwoordigend van “die kragtige bene van die sekretarisvoël”, wat effens vergesog lyk, om die minste daarvan te sę.

 

Weerskante van die skild is ’n koringaar, heeltemal buite proporsie wat die ander elemente betref. Die amptelike beskrywing lui: “’n Embleem van vrugbaarheid, dit simboliseer ook die idee van ontkiem, groei en die redelike ontwikkeling van enige potensieel. Dit hou verband met die voeding van die volk en dui op die landbou-aspekte van die aarde.”

Die koringaar se kleur is volgens die blasoen bruin, ’n seldsame kleur in die heraldiek.

Die gebruik van koring in hierdie posisie is direk ontleen van die sosialistiese staatsimbole van Sjina, die voormalige Sowjetunie en die sosialistiese state van Oos-Europa, waar koring, rys of ander graangewasse sonder oorspronklikheid gebruik is met dieselfde simboliek was wat hier genoem word. Wanneer dit vergelyk word met ander simbole van hierdie tipe, word dit duidelik dat dit ’n ondenkende toevoeging tot die geheel is, asook ’n kompliment aan ’n politieke sisteem wat in ander węrelddele homself as onwerkbaar bewys het.

 

Aan die buitekant van die koringare is ’n paar olifanttande weerskante (’n totaal van vier), waarvan die amptelike beskrywing lui: “Olifante simboliseer wysheid, sterkte, moderasie en ewigheid.”

Die tande verteenwoordig natuurlik die węreld se grootste land-soogdier, Loxodonta africana, wat tans in die natuur gevind word in die wildreservate van die noordelike en oostelike dele van die land, sowel as ’n oorblywende groepie in die Knysna-woud en ’n florerende trop te Addo, naby Port Elizabeth, maar wat vroeër so ver wes gevind is as die Kaapse Skiereiland. Verskeie Suid-Afrikaanse riviere dra die naam Olifants, waaronder twee in die Provinsie Wes-Kaap. Die Afrika-olifant word tans geklassifiseer as behorende aan ’n ander genus as die enigste ander oorlewende olifantspesie, die Indiese olifant (Elephas maxiumus), maar onlangse navorsing dui daarop dat hulle herklassifiseer behoort te word in dieselfde genus. ’n Derde spesie, die Siriese olifant, is in die klassieke tyd bekend, en is deur die Romeinse Ryk en sy vyande in oorlog aangewend. Olifante is tradisioneel simbole van krag en gesag, veral in Afrika-kulture. Hulle kan ook in die wapens van KwaZulu, Venda en Swaziland gevind word.

Die tande is nie in ivoorkleur nie, maar verskyn in twee verskillende skakerings van goud, anders as die goud van die skild en kontrasterend met die bruin van die koring (wat in ander embleme, ofskoon heraldies of sosialisties, gewoonlik as goud aangetoon word). Alhoewel die goud-skakeringe wat hier gebruik word, vergelyk kan word met die stowwerige patina wat dikwels op ongepoleerde ivoor gesien kan word, is hulle in werklikheid donkerder en meer eenvormig as hierdie patina.

Die gebruk van verskillende skakeringe van goud rym nie met heraldiese gebruik nie, aangesien dit net een kleur goud erken, alhoewel dit miskien in verskillende wapens (of verskillende tekenings van dieselfde wapen) heel anders mag voorkom van die een skild na die ander. Gewoonlik sal geel ink of verf, of stofgoud of blaargoud, gebruik word.

 



[1] Dit is tans die mode om na Boesmans as San te verwys, aangesien “Boesmans” (in Nederlands “Bosjesmannen”) oorspronklik ’n skelterm was wat die rowwe skuilings wat deur hierdie Steentydperkse jagters gebruik is, beskryf het. “San” is egter ook ’n skelwoord, wat deur Khoikhoi gebruik is om na die jagter-vergaarders te verwys as “amper diere”. ’n Konferensie van oorblywende Boesman/San-troppe in Namibia in 1995 het ooreengekom om die term Bushman vir hul etniese groep te gebruik.

[2] Die abaNguni, wat bestaan uit die taal-gemeenskappe wat Xhosa, Zulu, Swazi, en Ndebele genoem word, is die mees suidelike uitbreiding van die Bantu-taalgroep. Ander Nguni-groepe word benoorde Suid-Afrika aangetref, waaronder die bekendste die Ndebele van wes-Zimbabwe is, maar ook die Ngoni van Zambia, Malawi en Tanzania, agterblyfsels van die Mfecane, wat grotendeels hulle Nguni-dialekte verloor het, maar steeds ’n trots in ’n militęre verlede behou. Die Tsonga van Mpumalanga en suid-Mosambiek praat ’n taal wat deur isiNguni beďnvloed is.

[3] Die Sotho-taalgroep, wat die geskrewe tale Suid-Sotho (Sesotho sa Borwa), Tswana (Setswana) en Noord-Sotho of Pedi (Sesotho sa Lebowa, of Sepedi) insluit, dek ’n groot deel van sentrale en noordelike Suid-Afrika en sluit ook Lesotho en Botswana in, asook die Lotse-volk van die Barotseland-provinsie van Zambia en Oos-Caprivi in Namibia.

[4] Die woord Bantu, wat algemeen gebruik is om die “mindere” status van die inheemse volkere onder apartheid aan te dui, val tans onder ’n stigma (veral met die spelling “Bantoe”). Dit is egter ook die wetenskaplike naam van die taalgroep wat Sentraal- en Suider Afrika dek vanaf Oos-Kaap noordwaarts tot beide Kameroen en Kenya, en strek tot in Nigeria se suid-oostelike dele, waar die Republiek Biafra kortstondig in die 1960s bestaan het. Die woord Bantu is afgelei van die Xhosa abantu, wat “mense” beteken, en dui op die feit dat die woord vir mense in die meeste Bantu-tale van dieselfde stamwoord kom. Dit is ’n eerlike kompliment vir die Xhosa-volk.

[5] Die woord Neger, of Negro (wat “swart” beteken), val ook onder ’n stigma, veral weens rassistiese gebruik in die Verenigde State, maar soos Bantu is dit ook ’n wetenskaplike naam, wat in hierdie geval ’n afsonderlike menslike tipe aandui. Dit is eers deur die Portugese gebruik om die swart-vel mense wat hulle in Guinea teengekom het. Antropoloë het vasgestel dat die Negers een van die groot divisies is onder die spesie Homo sapiens, wat in die Wes-Afrikaanse reënwoud geëvolueer het in aanpassing by die intensiewe warm, bedompige en plaag-gevulde klimaat. Uit Wes-Afrika (die streek tussen Senegal en Nigeria) het die Bantu-sprekende tak van die Neger-ras teen die 16de eeu deur middel van oorlandse migrasie uitgebrei langs die Atlantiese kus tot by die Kunene-rivier en tot by die Indiese Oseaan-kuste tussen Transkei en Kenya, en deur middel van die onmenslike transatlantiese slawehandel (wat in die middel-19de eeu beëindig is), is enorme getalle indiwidue gedra tot by die meeste dele van die Amerikas. Die Negerras is heeltemal afsonderlik van die swartvellige volkere van Australië en van die Suid-Stille-Oseaan eilandstreek van Melanesië, waarvan Papua New Guinea die grootste staat is. Die Melanesiërs wat die donkerste velle het, staan ook bekend as Negrito.

[6] Die AmaZulu was oorspronklik ’n klein Nguni-klan wat onder etlike ander gewoon het in die streek tussen die Thukela- (Tugela-) en Phongolo- (Pongola-)rivier (tans in KwaZulu-Natal). Hulle het na vore gekom deur Shaka ka Senzangakhona se magsoorname binne die Mthethwa-konfederasie in 1818. Dit het ’n tydperk van oorwinning begin wat ’n koninkryk in die Thukela-Phongolo-streek geskep het, asook ’n groter bufferstrook van vernietiging daarom. Dit het ’n tydperk van onderlinge oorlogvoering, vernietiging op groot skaal, migrasie en verdere koninkryk-formasie (as die Mfecane of Difaqane bekend) ontketen wat gebiede sover noord as die Victoria-meer gestrek het, en slegs beëindig is met die dood van Shaka in 1828.


Counter

Terug na bo

For English, click here

Na deel 2 van hierdie artikel (die opgangskring)

  • Bronne: A new Coat of Arms for South Africa, pamflet uitgegee deur die Regerings-Kommunikasie- en Inligtingsisteem, sowel as ander bronne.

  • Skandering met vergunning van die Eastern Province Herald; illustrasies van die onderliggende dele voorberei met behulp van MS Picture It!


    Terug na SA 2000-indeks

    Terug na Armoria patrić-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • Hosted by www.Geocities.ws

    1