Annemaré Scott

Bosveld-Lente

Vanmôre in die vroe goggenddou, fallera
stap ons na die berge so blou, fallera
|: Dit tintel in ons harte, weg is alle smarte
want lente is hier, en die somer gou :|

Kom laatslapers, op, laat ons sing, fallera
van skoonheid wat lente ons bring, fallera
|: Die kleure van die bome, louter lentedrome
Dis Bosveld se fleur wat ons hier omring :|

Die lied uit 'n hart vol geluk, fallera
is mooier as rykdom en gesmuk, fallera
|: Vergeet maar ander deugde, gee my net die vreugde
van Bosveld se prag wat my hart verruk :|

Hansis Schlagerseiten