Brosjure

 

Home
Up
Brosjure
Artikels

eduTainment algemene oorsig

 eduTainment is ‘n landswye opvoedkundige organisasie met meer as 50 kantore in Suid Afrika. Hierbenewens is daar ook reeds ‘n kantoor in Namibië en navrae is al uit Europa en Australia ontvang om ons dienste daarheen uit te brei.

AANVULLENDE DIENS

eduTainment lewer ‘n aanvullende diens tot die werk wat in skole en ander opvoedkundige instellings gedoen word. Die fokus van ons diens is die identifisering van kognitiewe en temperamentprofiele en die optimalisering van die sterk en die beperkende invloede van hierdie profiele op prestasie, vak- en beroepskeuses en die algemene funksionering van die kleuter tot maatskappy direkteur aan die ander kant.

STRESHANTERING

Die proses van optimalisering van algemene funksionering sluit byvoorbeeld streshantering in die leersituasie, werk en verhoudings in, terwyl kognitiewe profiele weer met prestasie (en probleme) gekorreleer word. Die temperamentprofiele hou uiteraard met verhoudings verband. Die uitkomste van ons intervensies sluit verhoogde prestasie, meer paslike vak- en beroepskeuses, beter begrip van die self binne en buite verhoudinge, en ‘n gesonder lewenstyl in. Ons het reeds skitterende resultate behaal wat waarskynlik ook daaraan toegeskryf kan word dat ons nie slegs die individu help nie, maar byvoorbeeld, dat ouers en kinders saam ingelig en opgelei word.

BAANBREKERSPRESTASIE

eduTainment se baanbrekers prestasies is die kulminering van Sanet van Deventer se visie asook etlike jare se onderwyservaring (sy is ‘n voormalige Wiskunde onderwyseres), en 12 jaar se navorsing en ontwikkelingswerk in die opvoedkundige privaatsektor. Haar kundigheid word onder meer ondersteun deur ‘n verskeidenheid spesialiskursusse (benewens haar formele tersięre kwalifikasies), en jare van samewerking met van die bekendste opvoedkundige konsultante in Suid-Afrika – onder meer Drr. Kobus Neethling en Dawie Fourie

PIONIERSWERK

Sanet se pionierswerk word oraloor met groot waardering ontvang, en haar kundigheid word met entoesiasme deur van die land se voorste opvoedkundige instellings (onder meer die Technolab van die Ingenieursfakulteit by die Randse Afrikaanse Universiteit) geďmplementeer – met uitstaande resultate.

DIENSLEWERENDE KARAKTER

Die dienslewerende karakter van eduTainment is ‘n weerspieëling van Sanet se lewensfilosofie – in haar persoonlike hoedanigheid was sy onder meer Vrywillige Werker en Toktokkie van die Kankervereniging van Suid-Afrika, Stigterslid en Voorsitter van die Hartbeespoort Dames Aktueel-tak, Beskermvrou van Jong Dames Dinamiek Dammelyn, Lid van die Bestuurs-liggaam van Hoërskool Hartbeespoort en Burgemeestersvrou van Hartbeespoort (1990-1992). Sy tree ook dikwels as spreker op, het verskeie kere oor o.a. RSG gepraat, en is ‘n Lid van die Pretoria Sakekamer.

ETIESE BENADERING

eduTainment volg ‘n etiese benadering – beide in die kwaliteit van diens wat gelewer word, en in terme van die samewerkingsproses met, o. a., Skoolhoofde, konsultante en ander belangstellendes in die Opvoedkundige Sektor.

Kontak ons per E-pos of vul die kort Terugvoervraelys in

TEL 012 345 4388   TEKEN Gasteboek SEL 082 4161596

This site is designed and maintained by Pyramid Voices ©2003[Gareth H Broeksma]  Electronic Mail

Hosted by www.Geocities.ws

1