Artikels

 

Home
Up
Brosjure
Artikels

U eduTainment Streekbestuurder

Alett du Toit

alett.jpg (55579 bytes)

Nadat Alett onderwys aan die Onderwys kollege te Pretoria studeer het, het sy vir ongeveer 20 jaar as joernalis  by die Rekord-koerantgroep in Pretoria gewerk. Die geleentheid by eduTainment was 'n nuwe uitdaging. Sy het as konsultant in die Centurion streek begin konsulteer en het daarna oorbeweeg na Pretoria-Oos.waar sy sedert Desember 2001 as Streeksbestuurder en eduTainer aangestel is. Sy het veskeie gevorderde kursusse bygewoon en onselfsugtig haar tyd afgestaan om die beste professionele diens aan leerders, ouers en onderwysers te verskaf. By skole soos Zwartkop, Waterkloof, Die Wilgers, Pro  Arte en Garsfontein is sy 'n gereelde, welkome teenwoordigheid.  

Alett se dogter studeer tans LLB aan Unisa en haar seun 'n Hoërskool leerder aan Waterkloof. "Vak- en beroepskeuses het aanvanklik vir ons grys hare besorg, maar die eduTainment Profiele het duidelike leiding gegee."

"Vir die toekoms hoop ek en my span om die voordele wat ons persoonlik uit eduTainment geput het in veranderende tye, aan honderde leerders en ouers oordra... Ond hoor graag ook van u!"

U eduTainment Beroepsvoorligter

me.gif (109227 bytes)

Gareth Broeksma

Hy studeer Sielkunde en Joernalistiek aan die UOVS en werk ongeveer 20 jaar as joernalis terwyl hy verder studeer in die sielkunde. "Dit is verbasend hoeveel mensekennis jy opdoen in die joernalistiek en hoe waardevol die sielkunde in dié beroep is. Die mens, sy gewoontes en redes, motivering, vir sy optrede - baie keer onverklaarbare optrede - bly my voorliefde. Veral gedurende die tienerjare waar die finale vorming plaasvind, glo ek ons kan 'n positiewe verskil maak en ons kinders 'n beter kans op geluk en sukses te gee."

"Ons help jou om die ware JY te ontdek."

Gareth het verskeie jare as beroepsvoorligter by 'n internatsionale kollege gewerk, is sedert 2000 betrokke by eduTainment en studeer tans LLB aan Unisa. "Net om die brein wakker te hou."

Radio en tydskrif artikels sal binnekort bygevoeg word.

Kontak ons per E-pos of vul die kort Terugvoervraelys in

TEL 012 345 4388   TEKEN Gasteboek  SEL 082 4161596

This site is designed and maintained by Pyramid Voices ©2001[Gareth H Broeksma]  Electronic Mail

Hosted by www.Geocities.ws

1