Brandhout vir my oudag

Deur Anton Botes

Twee goed gebeur toe so agtermekaar wat my die CR Swart kletsgroep op die internet in 'n heel ander lig laat sien. Eers gesels ek met Pipet (dink julle mense nie ons behoort hom van nou af die Godfather te noem nie?) wat my oortuig dat ek nie die logika van die gesprekke hoef te volg om deel te neem nie. En toe lees ek 'n bydrae van Danie Swart wat praat oor die ding van vriende.

Toe dink ek weer. En ek dink anders oor hierdie ding. Eers het ek gedink ons moet oor CR Swart en daai tyd praat. Ek het nie baie daaroor te s� nie. Maar toe besef ek, ek het eintlik 'n klomp vriende met wie ek baie goeie oomblikke (en sommige donker oomblikke ook) gedeel het as gevolg van ons CR Swart tyd. Dit wat ek op ons webblad sien laat my daardie lekker gevoel kry dat daar 'n klomp mense is wat dieselfde kleintyd deel. Ons het dieselfde lug ingeasem en dieselfde stof op ons swart skoolskoene gekry.

Ek onthou hoe ek in 1977 op Ondangwa vir John Whelpton raakgeloop het. Ons twee "halwe luitenante" het daardie aand ons hele kroeg leeggedrink. Ek onthou hoe ek dieselfde jaar by my groot vriend tweede luitenat Ferdi Gazendam op Oshivelo aangekom en ons twee saam afgery het Grootfontein toe met 'n stukkende Landrover en 'n uitgebrande stuk toerusting agteraan en net moeilikheid gekry het.

Ek onthou hoe Fanie Schoeman, Melchior en ek een aand by die Bel Hotel gekuier het en Naaf in 'n argument met twee ouens betrokke geraak het oor die bosoorlog. Hulle het vir Fanie buite op die sypaadjie heen en weer oor so 'n klein relingtjie geskuur om sy hardegat sag te maak. Ek en Mel moes maar baklei hoewel ons nie wou nie want hulle het gelyk soos 'n kruis tussen Corne Krige en Geo Cronje.
Ek onthou die eerste aand op Tukkies toe �n paar oud-Swartjies mekaar daar raakloop. Mel, Fanie, Johnny W, Ferdi, Michael Laubscher en ekself. Toe gaan ons maar "Dirty Dicks" toe om oor die �ou tyd� te praat. Michael het 'n Alfa gehad en ek so 'n rooi Datsun. En hoe ons resies gejaag het daar om Psalm 23 terug Moot toe. As my twee seuns dit eendag doen wetter ek hulle.

Ek onthou 'n naweek met Kobie Venter, Petie Venter John W en ekself op Warmbad met geld wat Johnny by Sun City gewen het. En toe Melchior, Kobie en ek gaan begin valskermspring het by Wonderboom - nogal as 'n formele sport by Tukkies.

Ek onthou ook hoe Hendrik Venter 'n paar jaar later in Huis Boepens gebly het. Hendrik-hulle het hulle eie bier gebrou en het 'n sjebeen bedryf en is toe een dag daar deur die SAP se drank, dwelms en dagga squad vasgetrap.

En die keer toe Fanie 'n meisie na ons plaas toe gevat het en haar horlosie en die karsleutels weggegooi het. Die polisie moes hulle gaan haal.

En die keer Danie Swart, toe ek jou met jou Filosofie taak gehelp het. Wanneer ons mekaar weer sien sal ons weer praat oor die onderwerp van daardie taak.

Dit neem so min of meer 7 sekondes, dan weet ons altyd dat die basiese onderliggende waardes, norms en ander "basics" in plek is. Met apologie aan (ek dink) PJ Schoeman - alles brandhout vir my oudag se vuur.

So, daar het julle dit nou van 'n skoolsluiper wat eers na skool die waarde van voluit lewe leer ken het
.
Groot planne vir 30-jaar reunie

Daar word reeds druk onder 1975 se matrieks gegis oor volgende jaar se 30-jarige reunie.
   Te oordeel aan die terugvoering wat reeds ontvang is, is almal dit eens dat ons 30-jarige reunie volgende jaar �n buitengewone makietie moet wees.
   Meeste stem saam dit moenie net �n eendag aff�re wees nie maar �n behoorlike naweekbyeenkoms.
   �Ek stuur so lank my besonderhede. Ek sal eers moet dink oor die formaat van die reunie dan sal ek julle kontak. Miskien moet dit 'n naweek wees en nie net 'n aand nie,� laat weet Fanie Schoeman uit Pretoria.
   En dit lyk of die meeste van ons oud skoolmaats Fanie se sentiment deel.
Anton Botes (Bouts) laat weet: �Ek  dink dit moet �n formaat aanneem waar �n mens kan rondloop en kuier (dit is hoekom ons mos so baie van vleisbraai hou! En een waar die aanhangsels en kinders tot �n mate ge-akkomodeer kan word.
   Bennie du Plessis is so opgewonde oor ons 30-jaar reunie dat hy �n bosberaad voorstel om dit te bespreek.
   �Dit is belangrik is dat ons nog vanjaar �n properse bosberaad naweek hou waar alles in diepte bespreek kan word. Die koffiedrink sessies is goed maar as ons regtig wil gesels moet ons iewers saamkom sonder selfone, net drie kitare twee vyfliters Hanepoot, een groot pot pap en �n yslike vuur.�
   Bennie s� dit sal �n proeflopie wees want as ons d�t nie kan organiseer nie, gaan ons sukkel om �n reunie te re�l met vroulief, kinders en ouma en oupa in tou.
   Leon Botha wat nooit nee s� vir �n party nie, het glo ook baie kontakte om so iets te re�l, s� Bennie.
   Dawie Kemp wat �n plaas naby Naboomspuit het, het ook aangebied dat die �bosberaad� daar gehou kan word.
   Om �n suksesvolle 30 jaar reunie te hou is dit noodsaaklik dat ons soveel as moontlik besonderhede van ons oud matriekmaats bekom.  Van die 204 matrieks wat saam met ons was, het ons nog slegs sowat tagtig se besonderhede.
Stuur asseblief die name en kontakbesonderhede van al ons klasmaats waaroor julle beskik so gou as moontlik aan ons. Voorstelle en kommentaar oor die beoogde reunie is ook baie welkom. Ons sal al die voorstelle aan die komitee oorhandig wat die reunie gaan organiseer.
   Laat weet gerus per
epos hoe dink JY ons volgende jaar moet feevsier!!
Teken in op ons gespreksforum en lees al ons nuusbriewe van die afgelope jaar daar!!!! Daar is ook meer as 200 foto's van ons matrieks van ons skooldae tot vandag.
[Terug na Tuisblad]
[Boontoe]
[Boontoe]
Hosted by www.Geocities.ws

1