Armoria
http://www.geocities.com/armoria

Arserings –

die vloek van Petra Sancta

deur Mike Oettle

SOOS elders genoem, voeg die gebruik van arserings niks tot die heraldiek by nie, en behoort nie aangemoedig te word nie. Maar die wydverspreide gebruik daarvan beteken dat dit nodig is om ’n kode te hê om die geheime daarvan te ontsluit.

Franklyn and Tanner[1] noem dat dit deur kopergraveerders geskep en ontwikkel is. Die vroegste was ’n Waal[2] genaamd Francquart (omstreeks 1623). Fox-Davies[3] noem dat verdere stelsels deur Butkens (1626), die Jesuïet vader S da Pietra Santa (of Petra Sancta), skrywer van Tesseræ Gentilitia (1638); Lobkowitz (1639), Gelenius; en De Rouck (1645) opgetrek is. Hierdie stelsels het almal van mekaar verskil.

Franklyn en Tanner skryf verder (volgens my vertaling):

bykomstige arserings wat Ströhl noem

“Verskeie sisteme het ontwikel en teen middel-XVII eeu het eerw Petra Sancta ’n standaardstel ‘signatures’ ontwikkel wat tot aan die einde van die XIX eeu konstant in gebruik was, en waardeur veel hoëgraad graveerwerk, vir visuele waardering, geheel en al geruïneer is. Te gener tyd het ˜ die amptelike heroute geval nie. Hulle het hul rowwe notas in ‘trick’ (q.v.) gemaak het. In die XX eeu het ˜ in onbruik geraak, maar dit is nie heeltemal laat vaar nie . . .”

die standaard-arserings wat in Brittanje gebruik is

Fox-Davies haal ook aan uit die werk van H G Ströhl, skrywer van Heraldischer Atlas, wat hierdie opmerkings gemaak het (weereens my vertaling):

“Die arseringstelsel wat deur Marcus Vulson de la Colombière, 1639, gebruik is, het mettertyd orals aanvaarding gevind, en is tot op hede onveranderd steeds in gebruik . . . arserings is geskep vir bruin, grys, &c; wat egter ’n oorbodige verryking blyk te wees.”

Die Petra Sancta-arserings vir die sewe hoofkleure van die heraldiek[4] verskyn links (met ’n spelfout langs die laaste een; dit behoort om “purpure” te wees); regs (van a tot i) is Colombière se bykomstige lys van: a) bruin; b) bloedrooi; c) aardkleur; d) ystergrys; e) water-kleur; f) velkleur; g) asvaal; h) oranje; en i) natuurkleur.

Fox-Davies noem dat in plaas van die h)-styl-arsering vir tenné (wat in Engelstalige heraldiek as oranje beskou word), is die Britse praktyk om ’n kombinasie van horisontale (blou) en linker-skuinsstrepe (pers) vir tenné te gebruik, en om skuinsstrepe in altwee rigtings (’n kombinasie van dié vir groen en pers) vir beide (of enigeen van) sanguine en murrey te gebruik.

’n Verdere komplikasie word deur Fox-Davies genoem (my vertaling): “Die arserings van die skild en sy wapenfigure pas hulself altyd by die skuinsste waarteen die skild staan; dié van die helmteken tot die skuinsste van die helm.”[5]

’n Hoogs pertinente punt word weereens deur Fox-Davies geopper:

“Maar alhoewel hierdie sisteem vir die voorstel van kleure deur ‘arsering’ aanvaar is en breedvoerig toegepas is, is dit onwaarskynlik dat dit it ooit amptelike goedkeuring ontvang het, ten minste in Groot-Brittanje. Daar is met sekerheid nooit in enige amptelike rekord of dokument in die College of Arms daarvan gebruik gemaak nie.

“Dit is onwaarskynlik dat daar in die toekoms enige verandering gemaak sal word nie, want die gebruik van kleur-arserings word tans baie vinnig deur alle bekwame heraldiese kunstenaars in hierdie land laat vaar. Met die terugkeer na ouere en betere vorms en metodes, word hierdie arserings ’n anachronisme, en behalwe dat swart met soliede swart voorgestel word, sal hulle blykbaar kort voor lank verval en vergete raak.”



[1] An Encyclopædic Dictionary of Heraldry deur Julian Franklyn en John Tanner (Pergamon Press).

[2] Die boeke deur Franklyn en Tanner aan die een hand en deur Fox-Davies verwys anachronisties na Francquart as ’n Belg. Suidelike Nederland (in Francquart se tyd feitlik ’n provinsie van Spanje) het slegs tydens die opstand van 1830-31 teen die koning van Nederland die naam België (in Frans, Belgique, in Engels, Belgium) aanvaar. Hierdeur het die Huis Sachsen-Coburg die Belgiese troon bestyg.

[3] A C Fox-Davies: A Complete Guide to Heraldry, hersien en met aantekeninge deur J P Brooke-Little, Richmond-herout (Nelson).

[4] Van bo tot onder: goud, silwer, rooi, blou, swart, groen en pers.

[5] Fox-Davies se verdere kommentaar lui (weereens my vertaling): “’n Eienaardige moeilikheid gebeur egter wanneer ’n skild, soos dit so dikwels in hierdie land [Brittanje] die geval is, van die helmteken deel vorm. So ’n skild word selde heeltemal regop op die wrong getoon nie. Behoort die kleurlyne die skuinsste van die kleiner skild in die helmteken te volg, of die skuinsste van die helm? Menings is in hierdie geval geensins ooreengestem nie.”


Counter

Terug na bo

For English, click here

  • Erkennings: Diagramme van arserings uit Fox-Davies.


    Terug na artikel oor heraldiese kleure

    Terug na Heraldiek-ABC-indeks

    Terug na Armoria-indeks


    Opmerkings, navrae: Mike Oettle

  • Hosted by www.Geocities.ws

    1