Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Majoor Frank Waller

Frank Waller

Majoor Frank Waller, KStJ, wie 17 Oktober 1988 oorlede is, was lid van die Heraldiekraad van Suid-Afrika en het as voorsitter van die HGSA gedien vanaf die stigting van die genootskap in 1953 tot in’57.

Die ex-libris-illustrasie toon sy skild met ’n wit (silwer) kruis daaragter, wat hom aandui as Ridder van Sint Johannes. Die blasoen van die wapen lui:

 

Wapen: In silwer, ’n klimmende griffioen van rooi, gebek, getong en geklou van blou; op ’n gekanteelde skildhoof van swart twee skuinsgekruiste swaarde in natuurlike kleure, geknop en gehef van goud.

Helmteken: ’n Uitkomende halwe griffieon van rooi, gebek, getong en geklou van blou, met ’n kraag wat gekanteeld gesny is van swart en silwer, wat in die regterklou ’n regop swaard vashou, geknop en gehef van goud; die linkerklou rus op ’n lelie gesny van rooi en goud.

Leuse: Fideliter et Fortiter.

 

Die term lelie word gebruik vir die wapenfiguur wat in Frans en Engels ’n fleur de lis heet; dit hou geen verband met die natuurlike lelie nie, wat in eie reg as wapenfiguur voorkom.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na wapenrol

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1