Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Michael Eric Oettle

Michael Eric Oettle

Die wapen is tydens 2005 uitgedink en is in 2006 geteken en in gebruik geneem. Dit is ’n aanpassing van die wapen wat reeds die afgelope twee eeue en meer deur die familie gebruik is. Die wapen wat die familie wel gevoer het behoort in werklikheid aan ’n familie wat die van as Oettel voer, en wat uit Franken (noord-Beiere) afkomstig is, terwyl die van Oettle Swabies is, en kom voor in beide Württemberg en Baden. Die eienaar se doel is om die wapen te laat registreer wanneer fondse daarvoor voor hande lê. Die blasoen lees:

 

Wapen: In rooi, blou gekap; oor alles heen ’n klimmende eenhoring van silwer, gewapen, gemaan en gepoot van goud, rooi getong, tussen drie goue golwende sterre van ses punte.

Wrong: Goud, blou, silwer en rooi.

Dekkleed: Regs goud en blou, links silwer en rooi.

Helmteken: ’n Uitkomende halwe koedoe, met horings en hoewe van goud, rooi getong, met silwer strepe langs die rug.

Leuse: The fear of the Lord is a fountain of life.

 

Die wapen, die familie waarmee dit geassosieer word, en die gebeure wat tot die aanvaarding van die wapen gelei het, word hier bespreek.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na wapenrol

Terug na hoofindeks


Titelgrafieke met behulp van MS Picture It!® voorberei

Genootskapswapen en die wapen hierbo albei deur Barrie Burr geteken

Hosted by www.Geocities.ws

1