Heraldiese Genootskap van Suidelike Afrika
http://uk.geocities.com/arma_za

Colin Graham Botha

Colin Graham Botha

Colin Graham Botha (1883-1973), VD, KStJ, KLJ, was die Unie van Suid-Afrika se eerste Hoof-Argivaris. Hy het reeds van hierdie posisie afgetree toe die HGSA 27 Augustus 1953 gevorm is – ten tye van hierdie stigtingsvergadering was hy een van vyf mans (saam met een vrou) wat teenwoordig was.

Botha is tot president van die genootskap verkies, en het in hierdie amp gedien tot sy dood in die ouderdom van 90 in 1973. Dit is onduidelik wat nà sy dood van die presidentskap geword het nie, en dit blyk of Cor Pama, wat reeds voorsitter was, daardie amp in sy voorsitterskap opgeneem het. Wat wel duidelik is, is dat sedert Pama se dood in 1994, geen verdere presidente verkies is nie.

Botha se wapen is 6 Februarie 1947 deur die College of Arms verleen. Die blasoen kan vertaal word as:

 

Wapen: In rooi, op ’n dwarsbalk van silwer tussen, in die skildhoof, twee oop boeke met silwer blaaie, die rante van goud, en in die skildbasis twee swaarde skuins gekruis in hulle natuurlike kleure, geknop en gehef van goud, ’n disteltakkie met blom en blare van natuurlike kleure.

Helmteken: Tussen twee vlerke van silwer ’n voorarm blou geklee met goue mansjet, die hand hou ’n rol perkament vas.

Leuse: Alteri Si Tibi.

 

Die ex-libris hierbo waarop hierdie wapen verskyn, is die werk van W H Armstrong.


Counter

For English, click here

Terug na bo


Terug na wapenrol

Terug na hoofindeks

Hosted by www.Geocities.ws

1