Kontak Grapjas

Limericks/ Limerieke

Grappies

Jokes

Mopjes

Cartoons

Snaaksighede/ /Funstuff

Hoofblad/Main

 

Die eend en die Lion King

       Die ou wil graag hê sy mak eend moet The Lion King sien.
        So stap hy een aand by die flieks in, eend onder die arm.
        Die bestuurder van die teater sê, 'Sorry meneer, ons laat
        ongelukkig nie mak eende toe nie.'
        Die ou is vasbeslote, stap die gents binne en prop die
        eend hier voor by sy broek in.
        Hy sit nog so lekker en fliek kyk toe die eend half
        benoud raak, en hy wikkel sy kop hier deur die ou se gulp
        uit vir so 'n bietjie vars lug. Die dame langsaan ruk omtrent
        haar nek af van skok, pomp haar man in die ribbes en sê,
        'Die ou langs my se dinges steek uit.'
        Haar man is verdiep in die fliek en sê, 'Ag, ignoreer dit.'
        'Ignoreer dit?' sê die vrou. 'Hy's besig om my blerrie
        popcorn op te vreet!'

>>>>> volgende

 


 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1