| 2. Dienste...Werk as 'n "TEFL" onderwyser in Taiwan | ||||||||||
| 1. Wat is "TEFL/TESL"? TEFL staan vir "teaching English as a foreign language". TESL staan vir "teaching English as a second language". 2. Waar kan ek 'n "TEFL/TESL" bekom? TEFL/TESL sertifikaat of diploma kan bekom word deur die universiteit van Cambridge (uk) of sateliet kampusse van die universiteit. 3. Het ek 'n "TEFL/TESL" nodig om skool te gee? Die Weste en Amerikas vereis die kwalifikasie met 'n minimum van 48uur opleiding. Die meeste Oosterse lande vereis net 'n graad. 4. Waar in die ooste kan ek gaan werk met net 'n graad? Lande soos Korea, China, Japan en Taiwan verwag dat jy net in die besit moet wees van 'n graad (enige rigting), verwerf by 'n gekrediteerde univessiteit. 5. Wat is die belasting wat ek sal moet betaal? In die Weste en die Amerikas is die belasting bietjie hoer as in die Ooste. 6. Wat sal my vergoeding wees? Die aanvraag op TEFL/TESL onderwysers is hoog in die Ooste en daarom is die vergoeding die hoogste in vergelyking met die Weste en die Amerikas. |
||||||||||
| Wat moet ek doen om te gaan werk in Taiwan? 1. Maak seker dat u 'n goeie studie maak van Taiwan en met 'n paar mense gesels oor werk en verblyf in Taiwan. 2. Kry 'n paspoort (10 jaar). 2.1 Departement van binnelandse sake http://home-affairs.pwv.gov.za 3. Doen 'n genoegsame studie oor werksgeleetheid in Taiwan en hou u opsies oop. Die internet is die beste plek om te begin soek. 3.1 Teaching English and living in Taiwan www.tealit.com 3.2 Dave's ESL cafe www.davescafe.com 4. Die beste is om aansoek te doen by die vele ketting-skole in Taiwan vir die sekerheid dat die nodige papier werk (werkspermit, verblyfpermit en medies) sonder enige probleme gedoen sal word. Maar voel ook vry om by private skole aansoek te doen. 4.1 HESS language school www.hess.com.tw 4.2 Kid Castle http://personnel.kidcastle.com 4.3 Joy English school www.geocities.com/joyroger2002/our_joy_school.html 4.4 Gram Language school www.geocities.com/graylist_database/taiwan.html |
||||||||||
| As u in besit is van 'n graad en 'n paspoort en wil graag in Taiwan kom werk kan u my gerus kontak by: [email protected] |
||||||||||
| < TERUG NA TUISBLAD | ||||||||||