jy loer skuins oor jou skouer na die kamera
en vra of dit okay is
jou skouers bruin gebrand en benerig
jou tieties ferm
klip en klei krale versier jou nek
koper deur jou ore

jy wil graag iets beteken
maar met elke oggendson
weet jy nie wat nie
jy's nie meer kind

soos n blaar in n stroom
dryf jy rustig
die glimlag in jou oë n leuen
daar waar alles seer is
diep loop jou bitter water

elai, in die palm van my hand
sal ek jou vashou,
sodat niemand die hartseer skitter
in jou vrolike waansinnige lewe
verdof nie,
dan hou ek jou styf teen my vas
jy's dierbaar
en is tog so lief vir jou

gedig deur Vyg Fynbos


kliek terug na die Rym & Dig blad
kliek terug na die INGANG blad
1