 Stories en kort verhale
"Stories om te vertel ..stories om te
vertel ! " basuin die laagvlieênde Sony digibird, terwyl dit inzoom op
Roelof en Leuce wat in die bak van die satelliet skottel sit. Die twee
torring aan die ou ontvanger en kan hul seker glad nie verbeel hoe dit
moes wees in die ou dae voor die implants nie. My jinne, maar waar
loop my gedagtes dan nou, ek wou net sê dat jy hier lekker stories kan
lees en dit nogal op die ou manier.
|