
jy voel warm en ek seksie, asof jy my lover is
wat soek ons by die hoi-poloi ?
kyk, die mense drom saam, om glase wyn en bier
ons staan stil, soos een, donker in die hoek
ek wil nader aan jou wees, maar ek kannie,
want jy wil nie
my hande vroetel rusteloos aan jou punte
sagte dryfkrag stoot my teen jou vas,
ek wil in jou inklim
waansin bringende sintetiese energie vloei,
ek drink maar my coke, en bly kalm,
nie soos jy, wat rush om te 'weetniewatnie'
ritmiese steurings, ek word warmer
in plaas van kalmte, beur die opgewondenheid,
dit beweeg stellig op en op en op
binne-in hoor ek my hart klop en haal diep asem,
beweeg weg van jou af, ek vibreer
heerlike ontwaking tot lustig en onkeerbare beweging
hoe kru die realiteit waarvan ons so spoedig ontsnap ?
ek wil, weer en weer, dit wat ons gedoen het, doen
en dan wil ek dit weer doen
gedig deur Vyg Fynbos
kliek terug na die Rym & Dig blad
kliek terug na die INGANG blad