Vorige Nuus:

08/02/2001:Die Padwedloopklub se jaarvergadering word DV Dinsdag die 27ste Februarie 2001 om 17H45 in die AD Wassenaar gehou! Teken dit asseblief in julle dagboeke aan! en laat weet voor 13H00 op Vrydag die 23ste of u teenwoordig gaan wees of nie. Ons wil graag die koppe tel vir die eet- en drinkgoed.

Ons Voorsitter, Christo McDonald, het onderneem om vir die eerste keer in sy lewe die Twee Oceane (die volle 56km!) aan te pak indien die opkoms beter as 70% is. Ek haal aan "Dit sal maar mooipraat met die lyf kos" maar ons kan hom nie met die een laat loskom nie! So, ons hoop om julle almal daar te sien.

Buiten dat die verskillende wenners vir die afgelope jaar bekend gemaak gaan word, sertifikate uitgedeel gaan word, en jy 7 punte kan verdien, het Christo ook 'n splinternuwe skema wat hy aan die lede wil voorl�!

Die verkiesing van 'n bestuur vir 2001 gaan ook by die geleentheid plaasvind. Daar is besluit om nie die jaar vooraf vir nominasies te vra of bestuurslede te werf nie. Jy word net gevra om voor of op die 26ste met Christo in verbinding te tree indien jy bereid is om op die bestuur te dien.

Ons gaan die volgende op die tafel l�:

VOETE SKEMA

Die Voete-skema wat op 1 Maart 2001afskop, (?) is buiten die bestaandePunte-stelsel, nog 'n skema waar ons ten doel het om deelname te bevorder. Wat egter bykom, is dat die Klub hierdeur sy lede finansie�l gaan bevoordeel.

Die Voete-skema wat op 1 Maart 2001afskop, (?) is buiten die bestaande Punte-stelsel, nog 'n skema waar ons ten doel het om deelname te bevorder. Wat egter bykom, is dat die Klub hierdeur sy lede finansie�l gaan bevoordeel.

In plaas van Punte, kan lede deur die loop van die jaar Voete verdien deur onder andere te hardloop, en aan die einde van die jaar word elke lid se aantal Voete in Rand-sent omgeskakel. Die lid kry egter nie die geld in kontant nie, maar kan dit na goeddunke vir nuwe klubklere of die lidmaatskapfooi vir die volgende jaar aanwend.

NB : Voete word verbeur indien 'n LID die klub verlaat! Een lid se Voete is ook nie oordraagbaar na 'n ander nie!

1 Voet = 10 sent. Alhoewel die betaling onderhewig is aan beskikbare fondse, word voorsien dat die skema die klub in 2001 nie meer as R1 000 gaan kos nie.

HOE KAN JY VOETE VERDIEN?

1 Voet vir elke punt wat 'n atleet in die Uitdaagreeks behaal.

20 Voete aan elke betrokkene indien 3 of meer Sanlam-klublede in een voertuig na 'n wedloop gaan! Ondersteun mekaar, leer mekaar beter ken, en almal spaar geld. Christo moet net binne een week daarvan in kennis gestel word.

100 Voete (R10) aan elke lid op die bestuur - op die voorwaarde dat 25 Voete afgetrek sal word vir elke bestuursvergadering wat nie bygewoon word nie.

50 Voete vir elke kategorie-wenner van die jaar - Snr.Man/vrou, S-vet man/vrou,Vet man/vrou M man/vrou, GM man/vrou, Junior man/vrou

250 Voete indien WP kleure in die betrokke jaar verkry word

500 Voete vir SA kleure (ons is optimisties!)

25 Voete vir elke nuwe lid wat na 1 Maart 2001 deur 'n bestaande lid gewerf word. Hierdie vergunning nie nie op die Voorsitter en Onder Voorsitter van toepassing nie.

500 Bonus-Voete wat in die geval van meriete na goeddunke deur die Voorsitter toegeken kan word.

'n Voorbeeld van hoe Kosie se "verdienste" kan lyk:

120 Voete vir 120 punte in uitdaagreeks (2 funksie,12 gewone wedlope, 4 liga wedloop, 14 tydtoetse)

80 Voete (4X20) Ry 3 maal saam met klublede (Hansie Kar, Bokkie Brou) na wedlope en 1 keer saam met (James Groen en Marie Pers)

100 Voete as bonus - het as addiosionele lid op die bestuur met reelings vir Plaaswedloop gehelp.

50 Voete vir kategorie-wenner - beste manlike veteraan vir die jaar

Kosie se totaal vir die jaar is 350 Voete, wat gelyk is aan R35,00 en wat in mindering van 2002 se lidmaatskapfooi aangewend kan word.

  

28/11/2000:Jammer, vir die min update ,was besig met ons wedloop(29/11/2000)  reelings.           Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang. Nuwe link na excel wat al vorige inligting bevat.(wedlope.xls)

02/11/2000:Jammer, vir die min update ,was besig met ons wedloop(29/11/2000)  reelings.           Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang. Nuwe link na excel wat al vorige inligting bevat.(wedlope.xls)

 

28/09/2000:Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang.

08/09/2000:Update Uitdaagreeks se punte,Powerade se punte & wedlope ontvang.

29/08/2000:Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang.(Die eerste klomp lede is nou baie na aan mekaar (sommer almal) in die Uitdaagreeks. Emil is nou net 2 punte voor Christo op 173 punte, dan Christo met 171 punte, Lorna met 169 punte, Kitty met 163 punte,James met 161 punte en Andries met 155 punte en Hanna met 147 punte, Clifford met 129 punte, Wouter met 123 punte en Roston met 116 punte. Dit dan die eerste 10 atlete.Die stand van sake in die Powerade Liga kompetisie het ook so 'n bietjie verander, maar die eerste 3 plekke is steeds redelik veilig. Wouter (135), Andries (133) en Christo (128) is naby mekaar. Daarna is dit Clifford in die 4de plek (112) , Lorna 5de (100) en Hanna 6de met 96 punte.)Onthou ook om die statistiek te kyk onderaan die Uitdaagreeks se uitslae.

21/08/2000:Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang.

10/08/2000:Update Uitdaagreeks se punte,Powerade se punte & wedlope ontvang.

04/08/2000:Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang.

03/08/2000:Sit ons wedloop van laasjaar se uitslae op webruimte.

21/07/2000:Update Uitdaagreeks,Powerade se punte & wedlope ontvang.  Onthou van more se liga wedloop.       

19/07/2000:Nuwe uitleg.Wat dink u daarvan?        

05/07/2000:Ons het nuwe 'n Posadres: Posbus 205,Sanlamhof,7532.        

29/06/2000::Ons is nou sewe wat 100+ punte het (almal kandidate vir 200+) - en Emil (135  punte) is nou   weer verder voor (21 punte), met 3 lede gelyk in die 2de plek met 114 punte. Om die waarheid te s�, slegs 19 punte skei die volgende 7 posisies van mekaar.

29/06/2000:Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang.

05/06/2000:Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang.
30/05/2000:Update Uitdaagreeks se punte & wedlope ontvang.
26/05/2000:Klub hou suksesvolle klubfunksie by die sanlam Sportklub
26/05/2000:Klub kry sy eie internetbladsy.Hier is dit.

Hosted by www.Geocities.ws

1