Sanlam Padwedloopkklub Merieteskema
Die idee van ons merieteskema is om vir ons gewone atlete iets te gee om voor te mik. Sertifikate sal uitgedeel word om erkenning te gee aan elkeen wat 'n sekere standaard oor 'n sekere afstand behaal. Aangesien die inligting uit amptelike wedloop uitslae verkry word, berus die onus op die individu om te verseker dat sy uitslae nie oorgesien is nie. Waar twyfel bestaan, sal die amptelike tye ongelukkig aanvaar moet word. Die atleet sal ook die statistikus moet inlig van uitslae van wedlope buite die WP wat 'n verskil aan die stelsel sal maak.
REELS
Om so veel as moontlik klublede te betrek, is daar op vyf verskillende standaarde ( platinum, goud, silwer, brons, meriete ) besluit.
Om te verhoed dat die getalle te groot raak as elke lid wat net een of twee wedlope 'n jaar hardloop ook 'n sertifikaat ontvang, moet 'n minimum van 6 padwedlope per jaar gehardloop word. Jy kry nog steeds 'n goue sertifikaat al het jy net in een afstand of wedloop die goue standaard oortref.
Slegs amptelike wedlope gehardloop in Sanlam kleure kwalifiseer.
Slegs tye volgens amptelike uitslae deur die klub ontvang ( of aan die klub besorg ), kom in aanmerking. Die statistikus aanvaar geen verantwoordelikheid vir uitslae wat nie ontvang word nie.
Die tydperk waarbinne die standaarde behaal moet word, is jaarliks vanaf 1 Januarie tot 31 Desember elke jaar.
Sanlam Padwedloopkklub Powerade kompetisie
Daar is weer 'n kompetisie vir ons atlete met 'n wissel trofee op die spel.. Die doel is om ons deelname aan padwedlope en meer spesifiek aan die Powerade (die ou Safari) liga padwedlope te bevorder.
Vir die wat nie weet nie (detail inligting verskyn in die WP jaarboek), die Powerade liga het ten doel om padhardloop in die WP te bevorder. 'n Klompie wedlope wat dien as die Powerade padwedlope word elke jaar aangewys. Die wedlope word aangedui in die amptelike program van die WP en is verteenwoordigend van alle afstande. Standaarde vir vrouens, mans en veterane mans is opgestel waarvolgens 'n punt uit 10 toegeken word.
REELS
Die kompetisie sal strek per kalenderjaar.
Die puntestelsel werk soos volg: Om erkenning aan goeie vertonings te gee, word die Safari punt uit 10 toegeken. (sien die WP jaarboek) Om deelname te bevorder, word 'n konstante punt van 15 bygetel. Die persoon met die hoogste aantal punte aan die einde van die jaar ontvang dan die trofee. Voorbeeld:
Road Runner hardloop in 5 Safari wedlope elke keer 'n wereldrekord. Hy ontvang 10 + 15 punte per wedloop = 25 * 5 = 125 punte in totaal. Skillie Skilpad maak in twaalf wedlope binne die spertyd klaar. Hy ontvang 1 + 15 punte per wedloop = 12 * 16 = 192 punte in totaal. Sussie Average hardloop 8 wedlope waarvoor sy 5 + 15 punte , dus 20 * 8 = 160 punte in totaal ontvang. Skillie wen dus die kompetisie.
SANLAM MERIETE STANDAARDE
| MANS | STAND | 10KM | 15KM | 21.1KM | 30KM | 42.2KM | 2 OCEANS |
| Senior | Platinum | 31.50. |
49.00. |
1.11.00 |
1.43.00 |
2.28.00 | 3.30.00 |
| Goud | 34.36 |
53.00. |
1.17.00 |
1.52.00 |
2.41.00 | 3.50.00 | |
| Silwer | 37.22 |
58.00. |
1.23.00 |
2.01.00 |
2.54.00 | 4.05.00 | |
| Brons | 40.08 |
1.02.00 |
1.29.00 |
2.10.00 |
3.07.00 | 4.30.00 | |
| Meriete | 44.17 |
1.08.00. |
1.38.00 |
2.23.00 |
3.26.00 | 6.00.00 | |
| Veterane | Platinum | 34.36 |
53.00. |
1.17.00 |
1.52.00 |
2.41.00 | 3.50.00 |
| Goud | 37.22 |
58.00. |
1.23.00 |
2.01.00 |
2.54.00 | 4.05.00 | |
| Silwer | 40.08 |
1.02.00 |
1.29.00 |
2.10.00 |
3.07.00 | 4.30.00 | |
| Brons | 42.54 |
1.06.00 |
1.35.00 |
2.19.00 |
3.20.00 | 4.50.00 | |
| Meriete | 47.03 |
1.13.00 |
1.44.00 |
2.32.00 |
3.39.00 | 6.00.00 | |
| Meesters | Platinum | 37.22 |
58.00. |
1.23.00 |
2.01.00 |
2.54.00 | 4.05.00 |
| Goud | 40.08 |
1.02.00 |
1.29.00 |
2.10.00 |
3.07.00 | 4.30.00 | |
| Silwer | 42.54 |
1.06.00 |
1.35.00 |
2.19.00 |
3.20.00 | 4.50.00 | |
| Brons | 45.40. |
1.10.00 |
1.41.00 |
2.28.00 |
3.33.00 | 5.10.00 | |
| Meriete | 49.49 |
1.17.00 |
1.51.00 |
2.41.00 |
3.52.00 | 6.00.00 | |
| Groot | Platinum | 40.08 |
1.02.00 |
1.29.00 |
2.10.00 |
3.07.00 | 4.30.00 |
| Meesters | Goud | 42.54 |
1.06.00 |
1.35.00 |
2.19.00 |
3.20.00 | 4.50.00 |
| Silwer | 45.40. |
1.10.00 |
1.41.00 |
2.28.00 |
3.33.00 | 5.10.00 | |
| Brons | 48.26 |
1.15.00 |
1.48.00 |
2.37.00 |
3.46.00 | 5.30.00 | |
| Meriete | 52.35 |
1.21.00 |
1.57.00 |
2.51.00 |
4.05.00 | 6.00.00 |
| VROUE | STAND | 10KM | 15KM | 21.1KM | 30KM | 42.2KM | 2 OCEANS |
| Senior | Platinum | 37.22 |
58.00. |
1.23.00 |
2.01.00 |
2.54.00 | 4.05.00 |
| Goud | 40.08 |
1.02.00 |
1.29.00 |
2.10.00 |
3.07.00 | 4.30.00 | |
| Silwer | 42.54 |
1.06.00 |
1.35.00 |
2.19.00 |
3.20.00 | 4.50.00 | |
| Brons | 45.40. |
1.10.00 |
1.41.00 |
2.28.00 |
3.33.00 | 5.10.00 | |
| Meriete | 49.49 |
1.17.00 |
1.51.00 |
2.41.00 |
3.52.00 | 6.00.00 | |
| Veterane | Platinum | 40.08 |
1.02.00 |
1.29.00 |
2.10.00 |
3.07.00 | 4.30.00 |
| Goud | 42.54 |
1.06.00 |
1.35.00 |
2.19.00 |
3.20.00 | 4.50.00 | |
| Silwer | 45.40. |
1.10.00 |
1.41.00 |
2.28.00 |
3.33.00 | 5.10.00 | |
| Brons | 48.26 |
1.15.00 |
1.48.00 |
2.37.00 |
3.46.00 | 5.30.00 | |
| Meriete | 52.35 |
1.21.00 |
1.57.00 |
2.51.00 |
4.05.00 | 6.00.00 | |
| Meesters | Platinum | 42.54 |
1.06.00 |
1.35.00 |
2.19.00 |
3.20.00 | 4.50.00 |
| Goud | 45.40. |
1.10.00 |
1.41.00 |
2.28.00 |
3.33.00 | 5.10.00 | |
| Silwer | 48.26 |
1.15.00 |
1.48.00 |
2.37.00 |
3.46.00 | 5.30.00 | |
| Brons | 51.12 |
1.19.00 |
1.54.00 |
2.46.00 |
3.58.00 | 5.50.00 | |
| Meriete | 55.21 |
1.25.00 |
2.03.00 |
2.55.00 |
4.18.00 | 6.00.00 |