STAMVADER
Dirk COETZEE

Dirk COUCHé (COETZEE) kom by die Kaap aan 8 Mei 1679, hy was gebore 1655, en hy sterwe 25 Junie 1725. Hy was van Kampen in Nederland. Sy vader was Gerard Couché, en sy moeder Margarita Claasdogter.

Hy trou met Sara van der SCHULP gebore 1654 en sterwe Feb 1728. Haar vader was Jacob van der Schulp en haar moeder Maria Elison.

Hulle woon eers in Papendorp en in 1682 ontvang hulle die plaas Coetzenburg.

Hulle het 10 kinders gehad.
b1 Jacobus = 16 Jun 1680, X 27 Nov 1724 Elizabeth Glam (Elizabeth van de Kaap) (sy was die buite egtelik kind van Louis van Bengale en Lijsbeth van de Kaap)
b2 Gerrit = 31 Jan 1682
b3 Gerrit = 5 Sep 1683, X 7 Jun 1722 Susanna Loefke, XX 22 Aug 1751 Johanna van Beulen (dogter van Jan Jansz von Böllen en Anna van de Kaap)
b4 Margaretha = 10 Feb 1686, X 18 Nov 1717 Matthys Krugel
b5 Johannes = 1 Feb 1688, X 15 Okt 1713 Anna Elizabeth Pal
b6 Maria = 23 Okt 1689, X 31 Okt 1717 Hendrik Stempel Mulder, XX 25 Jan 1728 Johannes Keyts, XXX 3 Jul 1729 Pieter Bisseux
b7 Cornelis = 13 Feb 1692, X 25 Feb 1740 Geertruy Gerrits, XX 15 Des 1750 Aletta Lubbe
b8 Dirk = 28 Okt 1694
b9 Sara = 28 Okt 1694, X Matthys Greef, XX JJ Roos
b10 Judith = 3 Jan 1700

Hy kry die plaas Sonkwasdrif-Wes op 27 Augustus 1715, hy gebruik die plaas as 'n veeplaas, en verkoop die plaas aan Jan Botma op 26 Julie 1718.

Verwysings:
PJS Coetzee "Die stamlyn Dirk Coetzee (1655), oor Carel Nic. Coetzee (1870) en Nageslagte", Familia XVII 1980 no 2
JG le Roux en WG le Roux Agter-Groenberg Ons Drakensteinse Erfgronde

Saamgestel deur:

 

 

 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1