STAMVADER
Johannes Christoffel BREDENKAMP

Johann Christoffel BREIJDENKAMP is in 1739 gebore in Herford Zolč, Prussia in die provinsie van Sakse (Sascony) in die omgewing van Leipzig en Dresden en op die grens van Tsjeggo-Slowakye dit wil sę Oos-Duitsland. Die mense wat hier gebly het was grootliks van eg-Duitse afkoms (Teutonic Stock) dog daar was 'n klein gedeelte van Duits.Russiese afkoms. Hulle was Protestante en Johannes Christoffel Bredenkamp is in die Lutherse kerk gedoop. Hy verlaat Duitsland aan die einde van Prussia se 7 jaarlange oorlog vanaf 1756-1763 en werk as soldaat van die Hollandse Oos-Indiese Kompanje en hy verskyn op die skeepsrolle as 329.

Johannes Christoffel Bredenkamp vertrek op 3 Junie 1763 met die skip "Lekkerland" ( Chamber Amsterdam) saam met die VOC na die Kaap van Goeie Hoop en sit voet aan wal op die 23 Desember 1763, as gevolg van ongesteldheid, ongeneentheid of afkerigheid vir see en het hy besluit om op land agter te bly. Dit het hom ontrent 7 maande gevat om te reis tot in die Kaap van Goeie Hoop af te lč en dit is moontlik toe dat hy uitgevind dat hy, water en 'n boot werk nie so goed met mekaar nie. Hy verdien 'n lone van 9 guilders(gulde) 'n maand en kry 'n " transport" ('n lening om sy toerusting te betaal) van 250 guilders(gulde). Hy moes dit terug betaal met geld uit sy verdienste wat hy ontvang het van die VOC.

Hy bly agter as soldaat en in die jare 1764 tot 1778 verdien hy 108 guilders(gulde) per jaar. Op 8 Desember 1778 ontvang hy burgerskap en word as vryburger verklaar en tree hy uit as soldaat en diens van die Voc en vestig hom in Roode Zandt nou Tulbagh.

Intussen is hy op 8 Desember 1771 troud met Anna COETSEE (Couche) * 21 April 1753 dogter van Cornelis Coetsee en Aletta Lubbe en kleindogter van Dirk Coetsee, van Kampen, Holland en Sara Jacobz van der Schulp en agterkleindogter van Gerard Coetsee, van Kampen, Holland en Magaretha Claasdocther.

Johannes Christoffel Bredenkamp is op 24 Desember 1810 oorlede en vermoedelik in die Tulbagh omgewing begrawe. (a b1- a b12) 5 seuns en 7 dogters.

Johannes Christoffel Bredenkamp se nageslag se getalle het 'n hupstoot gekry met 12 kinders en vele kleinkinders in die eerste twee geslagte na hom, maar is vandag steeds 'n betreklike klein familie as gevolg van baie dogters en gesinne daarna met min of geen kinders het nie.

Grondbesit in die Westelike Overberg:
Jan Christoffel - 1787 - Rhoodebloemskraal(Dayton)
C.C. - 20.4.1833 - T A v Rhoode Bloemskraal

Ons is nog besig om sy inligting in Duitsland nategaan. Dit is die inlig tot hede oor hom in Duitsland.

Johann Christoffel Breijdenkamp is in die Lutherse kerk gedoop. In die jare 1700 tot 1800 in Duitsland is feitlik al die Bredenkamp, Breitenkamp, Breitenkampf, Breedenkamp, Breedekamp, Bredenkamps, Bredekamp en Breitonkamp kinders in die Lutherse Evangelie Kerk in die omgewing van die volgende dorpies gebore:

Bergholz, Bunde, Blasheim, Badbergen, Bielefeld, Erfurt-Bezick, Gehlenbeck, Grothe, Herford, Huellposst, Klosterbauerschaft, Minden, Peiszen-Noord van Itzehoe, Rödinghausen, Vlotho

Daar is selfs 'n dorp in Duitsland met die naam Breitenkamp en ons kon nog nie vas stel of daar 'n verbinding is met die bogenoemde familie nie. Oorsprong van die van Breitenkamp: is Duits, 'n pleknaam en beteken breë veld(kamp of kampus)

Daar is ook 'n plaas met die naam " Bredenkamp felt" in 'n plattelandse dorpie Klosterbauerschaft, gemeente Stift Quernheim deel van Kirchlengern naby Herford. Die plaas behoort aan die "Stift Quernheim" ('n soort klooster)

Die seuns van die plaas wat aan die "Stift Quernheim" behoort, het in die jare 1700's aangesluit by die Oos Indiese Kompanje. Ons is besig om vastestel of daar 'n verbinding is met die Bredenkamp's in Suid Afrika.

Die vane Bredenkamp, Bredekamp en Breedenkamp en so ook ander verdraaings is defnitief afstammelinge van Johannes Christoffel Bredenkamp soos hy later jare bekend gestaan het in Suid Afrika.

KINDERS
b1 Aletta Henrietta BREDENKAMP * Kaapstad 7.8.1773 ~ Swellendam 28.2.1774 x Kaapstad 22.11.1789 Michiel Joseph ADENDORFF van Adendorff Keulen Germany ~ 18.5.1752 † Kaapstad 19.6.1832 (c1-c12) s.v.Jacobus Michael Adendorff x Maria Elisabeth Wind In 1784 word hy die 3 de chirurgyn aan die Kaap Betekenis van Adendorff is 'n dorp in Duitsland, naby Keulen. x Sy eerste vrou 5.8.1787 Susanna Memelingh van Nieuwland op die eiland Walcheren. Seeland Dv Hendrik Memelingh en Maria Blankenberg Kaapstad Aletta Henrieta Bredenkamp is die stammoeder van al die Adendorffs in Suid - Afrika)

b2 Jan Christoffel gedoop Tulbagh 27 Nov 1774 (As kind oorlede)

b3 Jan Frederik BREDENKAMP * Stellenbosch 13.10.1776 ~ Stellenbosch 17.10.1776 † Swellendam Kaapstad Suid Africa 8.10.1871 Buite eglike verhouding met Maria Elizabeth HYSENBERG (Heysenbergh) v.d.K * 1776 Doopboek van Swellendam dv Anton Heysenberg en Helena v.d.K Waarvan 'n tweeling seuns gebore is en die grooste geslagte afkomstig is. (c1-c2) x Swartland 28.3.1803 Beatrix Hendrina Helena SLABBERT ~ Kaapstad 1.2.1784 (c3-c6) xx Swartland 18.2.1821 Johanna Catharina DE KOCK ~ 1.11.1780 weduwee van Pieter Lambrecht (c7-c12)

b4 Johanna Magdalena Catharina BREDENKAMP ~ 6.12.1778 x Kaapstad 1.6.1794 Johan Valentijn WEEBER ~ Swellendam 1774(c1-c6) xx Kaapstad 13.1.1805 Robert BURNET ~ Swellendam 1774 van Zeeland Robert Burnet was een van twee seuns van Willem of William Burnet, waarskynlik van Skotse afkoms en Isabel Strachan. Hy het in Terveere of Terveeren in Seeland ( Netherland) gewoon. Beide het na Suid Afrika verhuis en beide is stamvaders van die Burnet families in Suid Afrika. Robert se broer was Anthony Burnet. Robert het later hertrou met Johanna Bonthuys en het 3 kinders gehad. Op die oomblik kon daar nog nie uitgevind word of van die kinders aan hom en Johanna Magdalena Catharina Bredenkamp behoort het nie.

b5 Maria Elisabeth BREDENKAMP ~ 3.12.1780 x Nicolaas Willem LOUBSER ~ 3.4.1785 sy tweede huwelik is op 3.9.1809 met Maria Elisabeth Feyt Hy en Maria Elisabeth BREDENKAMP was kinderloos

b6 Martha Cornelia BREDENKAMP ~18 Nov 1782

b7 Cornelis Christoffel Lodewyk gedoop 24 Jun 1784, X Kaapstad 3 Okt 1808 Margaretha Jacoba Otto Cornelis Christoffel Lodewijk BREDENKAMP ~ Roodebloemskraal distrik Caledon 24.6.1784 † Swellendam Oktober 1836 (52j 3m 24d) Landboukundige x Wes Kaapstad 3.10.1808 Margaretha Jacoba OTTO ~ Swellendam Wes Kaap, Jan 1791 ~ 9.2.1791 † 29.6.1839. Kindersloos Volgens haar doods sertifikaat is sy gebore in 1792 MOOC/6/9/16/3547 De Villiers/Pama is sy gedoop 1791

b8 Barend Godfried BREDENKAMP ~ 19.11.1786 x Kaapstad 9.10.1815 Maria Magdalena FLECK (28 jaar) xx Kaapstad 9.4.1820 Maria Magdalena VERWEY (Verweij) (33 jaar)

b9 Maria Elizabeth BREDENKAMP ~ Swelledam 11.1.1789 † Weltevreden Stellenbosch 7.4.1843 x 20.11.1803 Jacobus SLABBERT ~ 19.12.1779 xx Nicolaas Willem JONKERS xxx Albertus Johannes TREDOUX

b10 Jan Christoffel BREDENKAMP ~ 1790

b11 Anna Magdalena BREDENKAMP ~ 23.2.1794

b12 Johanna Wilhelmina BREDENKAMP ~ 23.10.1797 x Swartland 18.5.1817 David Cornelis DE VILLIERS * Swartland 22.8.1797 ~ Swartland 17.9.1797

Bronne:
F.J. Bredenkamp DIE BREDENKAMP STAMBOEK, Saamgestel April 1968
Lombard en Heese
Navorser in Netherland in Den Haag agriewe het vir ons na sy besonderhede gaan ondersoek en verskyn in die skeepsrolle van die 1700 eeu.
My eie navorsings tot hede in al die agriewe en doodsberigte.

Navorsing te danke aan:
Marthie Bredenkamp [email protected]

Bydrae te danke aan:

Webblad:

 

 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1