To be or not to be

Ek hou daarvan om myself as gekultifeerd te beskou. Juis om daardie rede maak ek 'n punt daarvan om gereeld teaters en sulke plekke te besoek. Dis nogal baie cool, want as mens gekultifeerd is kan jy Shakespeare quote en kan jy opmerkings soos, "die akostiek van die Art Scape is net soveel superieer bo die van die Chang Kai Shek Memorial Theatre", in geselskap laat val. En mens mag bevoorbeeld woorde soos 'superieer' gebruik wat andersins net eenvoudig, soos in taboe sou gewees het.

Ek is mal daaroor om goed soos musicals te gaan kyk. Dis net so 'n amazing feel-good ding om te doen. En dit lyk altyd vir my of die akreurs soveel fun het. Elke keer nadat ek 'n musical gaan kyk het, neem ek my voor om vir audisies te begin gaan en 'n crazy drama-chick te word, maar ek kom darrem altyd betyds tot besinning.

Ek het byvoorbeel al in Taiwan by die bogenoemde memorial theatre Sound of Music gaan kyk. Dit het my omtrent 'n arm en 'n been gekos (kultuur in Taiwan is baie duur, want almal hier hou daarvan om gekultifeerde opmerking in geselskap te kan ingooi) Dit was egter die moeite werd al moes ek dit al hinkend pinkend gaan kyk. My ultimate favourite optrede is die Barrage. Ek het dit al twee keer gaan kyk en as hulle weer Taiwan toe kom, sal ek eerste in die ry wees om 'n kaartjie te koop. Dit gaan oor 'n klomp vagebond musikante (of dis in elkgeval hoe hulle dit op die pamflet stel). Dis so verfrissend. Dis soos in 'n klomp musikante wat net die heeltyd musiek maak. Hulle hop op balle rond terwyl hulle viool speel en speel xilofoon met soos in twintig stokkies of iets en allerhande ander cool goed. Elke keer as ek klaar Barrage gaan kyk het, verg dit al my selfkontrole om nie dadelik 'n viool te koop, my werk te quit en voltyds viool te speel nie.

Uit die aard van my werk word ek ook soms na my studente se opvoerings (of soos in die naweek se geval na ander mense se studente se konserte) genooi. Klassiek is 'n woord wat ek soms so losweg in konteks (en soms buite konteks) gebruik, maar in werklikheid is dit vir my nogal 'n swaar begrip. Veral as dit by klassieke orkes optredes kom waar ek sukkel om my swaar ooglede bo te hou (en dis tien keer erger as dit Chinese klasieke musiek optredes is). Die naweek se optrede was egter anders gewees. Dit was 'n Moedersdag konsert wat deur 'n plaaslike Elementary School en Junior High aangebied was (wat beteken dat daar natuurlik hope studente was wat mens herken en stuff). Dit was rerig uitstekend - veral die nommers wat deur een van die onderwysers gelewer was. Ek het nog nooit iemand so sien viool speel nie (met moontlike uitsondering van my violis vriendin, Rea, maar ek mag dalk bias wees, ek sal nie weet nie). Ek gaan nie eens probeer om dit te beskryf nie, mens kon sien hoe elke weefsel van sy liggaam een word met die musiek - amazing. Almal was eintlik great gewees. Van die twee dogtertjies met intrumente dubbeld so groot soos hulself, wat dit self, al agteroor styerend, op die verhoog moes opdra, tot die stoutgesig seuntjie wat die oboe gespeel het, en toe hy klaar is 'n kreet van genoegdoening geuiter het.

Maar dit was nie alles net fun en games nie, dit was ook 'n baie serious educational uitstappie vir my gewees. Ek het soos in baie cool, praktiese stuff geleer. Bevoorbeeld dat daai baie groot viool-effek-ding, wat die dogtertjies so gesukkel het om te dra, eintlik 'n double bass genoem word. Dis baie groter as die tuba (of wag, nee, die tuba is die blaasinstrument)..dis baie groter as die ... wag ek gaan nou die word kry...die tjello. En dan het ek boonop 'n nuwe woord geleer: harpsichord. Impressive, ne? vir die ongekultuveerdes onder julle - dis die voorloper van die klavier. Dit lyk baie soos 'n vleuel klavier, maar dit klink baie anders (en lyk ook baie anders, come to think of it - hierdie spesifieke een was grasgroen en rooi geverf gewees... baie weird). Persoonlik verkies ek die klavier, maar party mense mag van my verskil. En het jy geweet dat "viola" nie net 'n woord is wat jy se as jy 'n koek, wat jy self gebak het, aan mense voorsit nie (dis nou as jy 'n koek kan bak bygese). Dit is om die waarheid te se actually 'n musiek instrument. Dit lyk bietjie soos 'n oorgewig viool en maak 'n effe dieper klank.

Verder het al die deelnemers die mooiste klere aangehad (behalwe vir die onderwyser wat viool gespeel het - sy klere was maar bra boring, maar sy talent het opgemaak daarvoor). Die wat aan meer as een nommer deelgeneem het, het elke keer 'n ander, absuluut asemrowende uitrusting aangehad. Niemand het ooit vir my vertel dat as mens in musiek konserte speel jy soos in baie nice klere kan kry nie - anders sou ek definitief my klavier klasse baie ernstiger opgeneem het. Of dalk sou ek die oboe of viola op baie jong ouderdom begin speel het en sou almal my as Die-Musiek-Wonder geken het (hulle sou dalk gewonder het waar's die talent... maar in elkgeval).

Toe ek by die trappies van die teater afgestap het, het ek begin wonder watse instrument ek kan begin bespeel, maar toe onthou ek van my keyboard by die huis (die keyboard waarop ek twee jaar laas gespeel het) en die gesprek met my musikale vriend toe ek hom vertel dat ek 'n guitar wil koop en begin guitar speel. "Remember your keybord", het hy gese, "why don't you just borrow my guitar and when you're bored you can give it back. Then you don't have to waste your money..." die vermetelheid - ek kan, vir al wat hy weet, 'n tweede Jack Johnson in wording wees...

Maar op die ou end sal ek seker maar moet berus daarby - ek sal nooit glitzy rokke dra en 'n stuk van Mozart foutloos voor 'n gehoor van duisende kan uitvoer nie (of die hoofrol in 'n Shakespearean play losslaan nie), maar ten minste kan ek nou my gekultiveerde opmerkings oor die teater se akostiek met my kennis van die harpsichord afwissel.

Assume a virtue if you have it not - William Shakespeare

Leana Mostert

16 May 2006

Comment on this article in my Guestbook

Back to Dion's Home Page

Hosted by www.Geocities.ws

1