Viona Botha                                

 

Dankie

 

Kompleet vasgevang in jou stem,

'n Stem so soet soos "lion's" stroop-

Dit wat onbeskostigbaar was vir ma,

Die duur stroop is nou myne - elke dag;

 

Hy wat my hoof streel met mooi woorde - elke dag

So 'n ontmoeting ......... mmmmmm.....kosmies

Ons kyk selfs na die selfde maan,

So pragtig en kosbaar is my maanhaar leeu,

 

Sy woorde vlei my-

Sy intellegensie is my verstand te bowe

Ek raak bang, bang vir hom-

want so veilig en "loved" is nie vir my beskore nie.

 

Dankie Here, vir hom...

Kyk asb mooi na hom

Streel sy hart en laat hom weet dat ek lief is vir hom - sal hom nie verniel.....

Verlig hom van sy gebroke hart,

'n Engel het in my skoot geval

Sonstraal en reenboë net vir hom, net soos hy my dae vervul - elke dag
 
Hoeveel is jou nommertjie?
 

Nommertjie klein

Nommertjie groot

Hoe toepaslik is die lewe -

Die betekenis tussen vir ewig en die dood....

 

Ons ken nie ons tyd,

Maar neem soveel aan as verlore

Mòre is nog vêr,

Gister is verby,

Wat hou die toekoms in vir my?

 
Hosted by www.Geocities.ws

1 1