Maronè Matthee

Eg-skeiding

Lyf het mos van kop geskei,
weerskant van draad staan hul en wei.
Kop hier, lyf dóér,
met af-en-toe 'n koekeloer.
Kop kan lyf nie meer gebied,
'n lasbrief het kontak verbied.
Maar kop sal lyf verlei, ek weet,
en sal hul weer één graspol vreet.

Maronè Matthee

Jy


in elke woordval,
tussen elke komma,
sien ek jou
gekamoefleer deur metafore
omarm deur rym
jou oë gekleur met balpunt ink
jou gelaat vermom op kladpapier
'n verkleurmannetjie
tussen reënboogwoorde
tog onmiskenbaar
jy

Maronè Matthee

 

 

 

Hosted by www.Geocities.ws

1