
Marny Cloete
Die weg
Is dit vrede liefde en samehorigheid,
Wat jou houding jou oë by my pleit?
Is dit net verbeelding of is dit eg?
Is daar `n saamwees pad, is dit die weg.
Die oomblik as swakheid aan jou roer,
Is dit gister wat jy jou siel mee voer?
Deur jouself wil jy in wysheid bepaal,
Hoe jy die toekoms wil gaan haal.
Deur te stry, gevoelens voortyding te skik
Maak jy dit werklik ligter, die juk
Dink jy om my uit jou lewe te weer
Jy die liefde van jou af weg kan keer
Marny Cloete
Eenkant, omdraai
Weet jy hoe ek voel,
So leeg, so sonder doel.
Ek weet jy het gesê,
Geen deel van jou liefde kan ek hê.
Jy sê dat jy verstaan,
Vergewe dan die traan.
Ek wil jou, vashou, troos, jou dra
Miskien is dit net te veel gevra.
Moet ek omdraai, eenkant staan
Wil jy hê dat ek van jou weg moet gaan?
Sal daar dan in jou hart weer vrede wees
Sal jy staande bly, ook in jou gees?
Is dit dalk tyd wat jy van my vra.
Is dit hoekom jy my soms nog kan verdra?
Net jy sal ooit kan weet,
Sal jy regtig die mooi van die liefde kan vergeet.
Marny Cloete
Eensaam
Aand na aan die bly verwagting
Luisterend, wagtend so alleen
Met slegs die oorbekende naggeluide
Daal die skemer on my heen
Wie is in jou arms vanaand
Dat ek nog steeds alleen bly staan
Voel jy nie ook die seer
Van alleen wees keer op keer
Sê my dat ek kan verstaan
As jy `n ander weg wil gaan
Marny Cloete
Gister se trane
Soveel drome is om jou geweef
Kon jy nie maar jou eie lewe leef?
In skadu's van gister het ons ingegly
`n Murasie is al wat staande bly
So hard het ek probeer,
Die offer van jou gevra te keer.
Met tyd sou ek moes leer,
Selfs jy kyk op my liefde neer.
Daar waar jy is sal jy kan sê,
Ek is getrou aan die liefde wat in my lê.
Dit wat was, dit wat is.
Was dit, is dit, dan net sommer niks?
Is jy ook stukkend, het jy ook seer?
Net jy kan dit heel, kan dit keer
In verlange is ek alleen
`n onthou van gister, trane as ek ween
Marny Cloete
Half mens half niks
Die voorsnymes het diep gekerf,
Jy kon dit sien die been se nerf.
Pyntoue wat versmoor, bly klou soos klits
Het dit gelos, half mens, half niks.
Gebreekte pot het jy `n oor?
Is dit van klei of kan jy hoor?
Jy sal die skerwe moet vasplak,
Die barste en die krake net weer lap.
Jy sal jouself maar net moet heel,
Om met môre te kan deel.
Marny Cloete
Het ek
Het ek? Net gister nog gesê
Nooit weer wil ek liefde hê
So suiwer soos roosmaryn
So skielik was jy my Klaredyn
Het ek? Alleen na jou bly soek
Of het jy in jou hart ook na my geroep
Uit jou lewe wou jy my stuur
Jy het vergeet hoe sterk die liefdesvuur
Het ek? Eise aan jou gestel
Of was ek bereid om die maande af te tel
Net naby jou wou ek wees
Kon ek maar jou hartsgeheime lees
Het ek? Nie ook beloof
Jou nooit van jou beloftes te beroof
Solank jy met die gisters alleen wil deel
Hoe kan jy verwag om ooit te heel
Het ek? Jou te na gekom, is dit
Hoekom jou liefde nie tot uiting kom
Jy sal aan jouself moet vra
Wil jy hierdie kruis alleen bly dra
Het ek? Dalk nie respek vir jou
Is dit hoekom jy skanse om jou bou
Solank jou hart en gees teenmekaar baklei
Hoe kan jy dan verwag dat ek van jou af weg moet bly
Marny Cloete
Hoekom
Ryp van ontrou het my hart verskroei
Nagte om het my gees gebloei
Tweestryd het ook ek gesmaak
Hoekom dan deur God verlaat?
Ysig die smeltkroes van vertrouensskok
Soos `n leeu was ek, net op hok
Ek was verskeur, ek was blind.
Hoekom God? Ek is dan U kind
Ek kon nie meer lag, wou net huil
Kon ek maar wegraak in die diepste kuil
Nagte om het ek baklei, gesmeek, gekla
Hoekom God? Moet ek alleen
Die skuld dan dra?
Die antwoord het gekom,
Dit was sodat jy nader aan My kan kom
Moenie vir die gisters wag,
Hou moed jy sal die laaste lag.
Marny Cloete
Laglied van die liefde
Saans as die nagskemer daal,
En jy in jou vreugde soeke
In die donker kamers van jou hart verdwaal
As jy opkyk na die hemel bo.
`n Ster verskiet, wens en bly glo
Kom aangesweef gemeng met paddakoor
Die Laglied van die Liefde.
Verdwaas was jy, wou nog keer,
Bitterbek vetroetel nog die seer.
Saggies om jou daal die dou,
Ongekend verlange laat jou uit jou kors uitvou.
Dan vanuit die hemelruim,
Glinstermooi soos sterreskyn.
Die Laglied van die Liefde.
Jy kan aanhou skanse bou,
Aan die pyn van gister klou.
Of jy kan vreugde vind,
Jou siel weer aan die liefde bind?
Het jy dit ooit besef,
Kupido se pyl mik om weer te tref?
Kom onbekende jy,
Geniet nou saam met my:
Die Laglied van die Liefde
Marny Cloete
Lewensles
Jou hart `n sandkorrel
Verdroog, verhard ovaal geslyp
Smart die kern
`n lewensles te leer
Jy wat huiwer
Hoekom vra
Gee kans
Môre word deur God bepaal
Marny Cloete
Liefde
Sag soos dou die veld omvou,
Soos maanskyn die nagdonkerte knou.
So het die liefde in my hart kom lê,
Geluk en vreugde my kom hallo sê.
Storms het in my gewoed,
Soos `n rivier wat die oseaan moet voed.
Kan ek die liefde weer vertrou
Is dit ewig, of is dit net vir nou?
As ek net kon dieper kyk,
Kon sien hoe jou vrese lyk.
Is dit wat in jou oë skyn,
`n belofte vir môre, is dit rein?
Vlug wil ek nie meer,
Dit hier binne wil ek nie keer.
Soos `n roos wat na wasdom soek,
So sal my hart na jou bly roep.
Marny Cloete
Troefkaart
In die stilte van die nag
Het sy vir my gestaan en lag
Haar oë ysig koud en hard
My siel en gees van vrees verward
Sy koggel my met leuens so fel
Wat uitreik tot die aardse hel
Ek sal jou my lesse leer
Wie is jy om my te keer
Ek is `n kind van God glo my
Ek moet nog net die feite kry
Vir ander is my glimlag teer
My stem sussend, vleiend so beheers
Nee;…… Jy is verkeerd
Jou siel is ongedeerd
Maar vir my wat smag
Na opregtheid elke dag
Staan sy nog steeds en lag
Marny Cloete
Tussen oomblik
Jy wat dartel oor die sand
Met jou klokhelder laggie wat dwarsdeur my geheue brand
Sou jy vanaand as die maan oor die branders hang
Kon sê dat ook jy na ons saamwees tyd verlang
Sien jy ook ons spore soos ons loop - hand aan hand
Ons passieoomblik agter die blarerand
Vir jou miskien `n tussen oomblik, `n gedagte in verfliet
Vir my `n teer herinnering, ondraaglike verdriet
Ewig sal ek troetel ons wonder samesyn
Vergewe en vergeet, die pyn, deur ander se venyn
Jy neem ewig met jou saam
Die wete, ware liefde sal nooit vergaan.
Marny Cloete
Verdwaalde Hart
Liefde is `n pyn wat verskeur, vermink, vertrap
Jou siel vergruis, versplinter en oopkrap
As dit onbeantwoord teen jou kom lê
Die wreedste ding te se, jy wil my nie hê
Liefling ek is moeg gestry
My gees is pap baklei
Ek voel so blootgestel
Hierdie is `n liefdeshel
Jy het gesê dat jy my nie lief kan hê
Hoekom dan optrede wat die teendeel sê
Ek wil jou nie seermaak, dit sê jy
Is dit moontlik as my liefde
Onbeantwoord bly?
Ek skreeu teen die wind
My optrede, soms soos die van `n kind.
Intens het ek jou liefgekry, dit selfs bely
Hoekom moes ek weereens die bitter beker kry?
Alleen die pad deur myself uitgetrap
Net dissels en dorings om uit te krap.
Ek was gewaarsku, hoekom dan ly
Ek het dit alles vir myself verkry
Marny Cloete
Vergifnis
Ek het gewonder en soms gevra,
hoekom is ons lewens so deurmekaar?
Saam het ons gelag, soms gestry,
Tog het ons liefde nie gely.
`n Leuen het ons geluk beproef,
Ek was verstane hoogs bedroef.
Tog kry ons in die Heer se krag:
Genade en vergifnis, elke dag.
Kom laat ons al die smart,
Wegruk uit ons brose hart.
Laat ons bou op al die mooi,
En in ons bruidsgewaad ons liefde tooi.
Marny Cloete
Verspeelde liefde
Waarom moes jy
Die prag waarin ons liefde verkry
So sonder respek
Die dieptes van `n moddermoeras intrek
Het jy nie geweet
Dat in liefde mens alles vergeet
Maar selfs dit verflou
As jou liggaam rondlê sonder berou
O! Hoekom het jy
My hart siel en liggaam gekry?
Daardeur my gees te knak
Om nog `n gister in jou album te plak
Sag is my stem,
Deur verlange en hartseer getem.
Kan die pyn miskien weer heel
Sal ek die liefde ooit weer kan deel?
Marny Cloete
Vrees
In my woed die gevoel
Van vrees
Van alleen wees
Ondraaglike pyn vervul my hart
My siel in repe gesny van smart
Ek het u gesmeek o heer
Stuur iemand na my
Neem weg die seer
Sy het in my lewe ingestap
Maar soos in 'n grap
My siel en liefde vertrap
Liggaamlike wonde genees
Maar my Jesus
So moeilik die gees
Marny Cloete
Wanneer dan
Sag en skoon soos môredou,
Het die liefde my hart omvou.
So seker soos suurstof in die lug,
My liefde is nie `n klug.
So hard het ek probeer,
My liefde van jou weg te keer.
Telkemaal het ek gefaal,
En die seker wete het oor my gedaal.
Hierdie gaan wees `n lang, lang stryd
Ek kan dit koppel aan geen tyd.
Vir hoelank sal ek stukkend bly?
Voor vreugde weer n deel van my kan kry.
Marny Cloete