
Deon Viljoen
Tanka XXII
Wintergraf
ysigkoue hoop
nuwe grond met krans versier
met hartseertraan het
hul hier met verlangepyn
moeilik hùl heengaan verduur
Deon Viljoen
Junie 2002
Hoe anders
hoe verwerk 'n mens
die verlies van 'n geliefde?
hoe verwerk 'n mens
die ewige verwydering?
hoe gaan mens die toekoms
sonder die samesyn,
nou skielik soos niks,
verdwyn?
hoe verhoed mens
dat jy selfs daarna, wegkwyn?
hoe anders, dan, as met Sy
alomteenwoordigheid, wat nooit. sal verdwyn!
Deon Viljoen
Junie 2002
Cinquain III
ewig,
onse liefde
vir altyd beskikbaar
leef vir, behoort aan mekaar, selfs,
hierna
Junie 2002
Deon Viljoen
Verjaarsdag
bont straatkatjies klouter so ewe kordaat
teen my verouderde gholfsak uit
die wildetroeteldierma kyk gedwee,
maar tog bekommerd, na die twee
ek wonder hoe hul verwydering regtig,
indien enigsins, haar barbaarse gemoed sal raak
al moes ek daarvoor betaal, het sy tog nog-
steeds halfhartig hul grootgemaak
ewe rats en onverwags spring
die kleinste sommer op die tafel, haastig
oppad na sy nuutste vonds, vroulief se kos!
my helse oorveeg het hom, of was dit haar, amper sy lewe gekos!
met glinster in die oog
en droërooiwynsgemoed
staar ek in my eggenoot se oog
na agtienjarige vriendskap is sy vandag --
èèn skamele jaar kort van veertig!
nogsteeds is ons in warme liefdesband vasgeklem,
al was ek lankal reeds, òòk veertig!
28 Mei 2002
Deon Viljoen
Tanka XXXVII
Hoop
soos 'n vioolsnaar
sy klaaglied vir die mensdom
laat bewe skreeu
my hartseer wese gevul
met smart sy noodkreet na Bo
Junie 2002
Deon Viljoen
My meisie van smarag
My meisie van smarag.
Weet jy hoe hoog,
ek jou ag ?
My meisie van smarag.
Groot groen oë,
al die prag.
Wat meer,
kan 'n man verwag ?
My meisie van smarag.
Aansteeklike,
spontane glimlag.
So mooi, dit maak 'n man,
sommer sag.
Net soos 'n blom,
'n diamant,
'n edelgesteente,
se prag..
kan ek jou skoonheid,
sommer heeldag,
betrag.
Enige harde hart,
Selfs smart ..
kan jy sommer dadelik,
versag.
Jammer, dat ek jou soms so behandel,
dat jy my verag,
selfs minag ….
Al lyk my optrede maar soms,
verdag.
Onthou net dat ek jou vir ewig,
die hoogste sal ag.
Vir jou sal ek verewig,
probeer beskerm,
met al my mag.
Lief vir jou, vandag…
Vir altyd,
my meisie van smarag.
Deon Viljoen
Tanka II
Slegs èèn
kan jy tog net een-
slegs èèn dag in jou lewe
aan my, net aan my
sonder vereistes behoort?
is my wens dan ongehoord?
Mei 2002
Deon Viljoen
Klein en weerloos
Gepubliseer in Swewende Siele 'n digbundel saamgestel deur "The Poetry Institute of Africa" in Lente 2002
Klein en weerloos
Aan jou verantwoordelikheid oorgelaat
Gee jy geluk of hartseer
Kom hul maar heeltyd weer
Klein en weerlose kindertjies
Aan jou oorgelaat, die engeltjies
Glimlag meesal van oor tot oor
Al voel hul maar soms maar goor
Klein en weerlose wesens
Al is hul klein, geestelik, 'n vormende mens
Word hul toekoms daagliks gevorm
Ongeag wat jy sien as die norm
Jonk en steeds weerloos
Nou in die laerskool, net soos
Tevore, word hul kennis nou vermeerder
Al voel hul maar soms, kom ons speel eerder
Jonk maar nou groot
Soms rebels en dink jy's 'n idioot
Word hul nou aan die lewe blootgestel
Soms lyk dit heel anders as wat hul kon voorstel
Nog steeds jonk maar word binnekort dertig
Die lewe vlieg verby oppad na veertig
Nou's hul nie meer jou verantwoordelikheid
Maar jy help hul maar, wanneer in die moeilikheid
Van klein en weerloos, nou met meer ervaring
Word hulle ook nou moedeloos, met hul eie kinders
Want hul verstaan nou uit eie herinnering
Grootmaak van kinders, is vir almal, maar eenders
Deon Viljoen
Haikoe IV
Wonder
so bibberend koud
sonder vroulief hier alleen
wat lê vir ons voor?
Mei 2002
Deon Viljoen
Soos 'n ou kar
Soos 'n ou kar
Is ons lewe maar soms
Deurmekaar en in die war
Soos 'n ou kar
Die lewe met rukke en stote
Sukkel ons maar uit die diepste slote
Soos 'n ou kar
Soms maar lelik en gebroke
Is ons teenoor mekaar, ontstoke
Maar net soos ons maar
Soms mekaar
Wil opdons, is ons nog steeds, lief vir mekaar
Lief vir mekaar
Keer op keer, weer daar
En ondersteun ons telkens mekaar
Soos 'n ou kar
Altyd, hoe dit ookal sy, daar
Gereed en, nog steeds, beskikbaar
Deon Viljoen
Senryu V
onvergewende
spieël wys selfs die dieper seer
deur masker verbloem
Junie 2002
Deon Viljoen
Maklik
Ysigkoud sny winter regdeur,
verouderde been
Selfs verwarmer,
bied geen verweer
Selfs met dikke trui en baadjie opgetof,
dring die verwoede kou ongenadelik deur
Bibberende rillngs wat teen ruggraat opbeur,
tot by kromgetrekte skof
Sonder stry en ewige verwyt,
is dit egter maklik om die groue tyd,
te trotseer en die kou te laat verdwyn,
tot ons eendag, gelukkig vir altyd saam wegkwyn
Junie 2002
Deon Viljoen
Tanka XIV
Gemanipuleer!
ek's weereens verwoes
weereens gemanipuleer
miskien, eendag word
ek ook as mens as hanteer
en miskien selfs ook verëer!
June 2002
Deon Viljoen
Koherent
Afhanklik koherent….
Stap al saam,
'n hele ent
Vir mekaar,
alles, behalwe 'n las
Lewe saam, heel gangbaar
Malkop, vir mekaar
Prys die Heer,
As ons verhouding, verjaar
Skeiding se nasmaak,
moet ons verhoed,
al is dit ons, enigste taak
Werklike gevoel vir mekaar ontbloot
Altyd bymekaar
Dis mos hoe dit hoort ?
Afhanklik koherent….
Smag jy ook na 'n toekoms,
Saam met die onmoontlike vent ?
Deon Viljoen
Tanka XXXVIII
Ewe skielik
die laaste gryntjie hoop
eensklaps verloor
ewe skielik nou soos mis
verdwyn tot hopelose
geringe wese gekwyn
Junie 2002
Deon Viljoen
Twee vlammetjies wat brand
Is ons verhouding
In 'n onherroeplike toestand
Is ons maar net eenvoudig
Twee vlammetjies wat brand
Wat benodig ons houding
Ons denke en ons verstand
Net aanvaarding is nodig
Om die vlammetjies, beter te laat brand
Liefde, vreugde, is ons beloning
Rusie, wrywing hou alles verband
Gebrek aan kommunikasie, so aaklig
Laat die vlammetjies, met moeite brand
Kom ons werk nou aan ons verhouding
Gebruik ons gesonde verstand
Rustigheid, vrede vir ewig
Twee vlammetjies, wat gelukkig brand
Deon Viljoen
Sijoe IV
Onnodig
slegs in vlees sit ek hier die wasige verte en intuur
vir ewig en ewig van menswees en lewensvuur beroof
tevergeefs en onnodig tot verimpelde, afgesloof
Junie 2002
Deon Viljoen
Niemand om jou te steun
Weer alleen
Jy, alleen, ….een
Niemand om jou steun
Geen liefde, van geeneen
Net jy met jouself, …..een
Weer eensaam
Voel maar onbekwaam
Niemand om jou te steun
Niemand, slegs jouself…..
Om alleen, jou brein, in te delf
Deon Viljoen
Tanka XXXIX
Minderwaardig II
terwyl ons nou maar,
diè onsekere toekoms
instaar, hoop ons maar,
miskien is daar, nog vir ons,
nogsteeds, eendag uitkoms dààr!
Junie 2002
Deon Viljoen
Verdwaal
Heeltemal verdwaal
In jou gemoed,
heeltemal in 'n dwaal
'n Toekoms maar vaal
'n Lewe,
tog so vaal
Hoop vir verbetering, maar skraal
Leuens, verwyt, verwoes,
Maar nog steeds ons kwaal ?
Heeltemal verdwaal
In jou gemoed, heeltemal in 'n dwaal
Gaan ons weereens faal ?
Deon Viljoen
Tanka XLVIII
Waar was jy?
waar was jy toe ek
'n duisend myl vir jou moes stap
geboë, moeg en gekrenk
verwoes in barre landskap
ewig van alle moed getap
Julie 2002
Deon Viljoen
Vergeefs
Is alles dan nutteloos ?
Na alles, dan heeltemal, harteloos ?
Hoe's ons dan soms so ydel, wil liewer alles bederf ?
So maklik, eindig alles, in die ewige verderf
Is ons dan vir mekaar so nietig ?
Ons was dan, vir sukses, altyd so gretig
Is ons lewe dan werklik so sinloos ?
Hoort ons miskien, goddeloos ?
Is ons soeke vir liefde, dan heeltemal vrugteloos ?
Hoort ons kroos, dan ouerloos ?
Is ons probeerslae, dan altyd sonder resultaat ?
Sonder die eens, ewige maat …
Deon Viljoen
Vir jou en my
Volg my,
op die pad, uitgelê,
vir jou en my
Al is dit nie altyd,
hoe jy dit wou hê….
Hoeveel keer het ons dit nie al gesê ?
Kom ons geniet nou ons lewe,
Met hartseer, spyt, verwyt,
om't ewe !
Ek weet geluk, is al waarna jy strewe,
Maar ons sal maar soms moet hard werk,
om al die moeilikheid te verwerk.
Met 'n bietjie liefde en geduld,
Kan ons omtrent enigiets duld.
So…
Volg my,
op die wonderlike pad, uitgelê,
vir jou en my.
Deon Viljoen
Warm of koud ?
Eendag hoog …
Hoe was ons dan eendag laag ?
Eendag naby …
Hoe was dit dan eendag verwyder, miskien verby ?
Eendag prys on die Hom …
Hoe verwyt ons dan soms Hom ?
Eendag weet ons ….
Hoekom moes ons dan wonder, soms ?
Eendag omhels ons mekaar …
Hoe was ons dan, sover van mekaar ?
Eendag vriendelik …
Hoe was ons dan so haatlik ?
Eendag merkwaardig …
Hoe was ons dan so afskuwelik ?
Eendag warm …
Hoe was ons dan so koud ?
Deon Viljoen
Verstrengel
Hoeveel keer het ons,
totsiens, gesê ?
Hoeveel keer was ons, deur mekaar se liefde,
soms selfs haat, oorweldig ?
Wat wou ons regtig, hê ?
Die hemel,
was ons doelwit.
Ons het gedans in die maanlig,
Ons het mekaar, verafgod.
Elke oomblik, was pure genot.
Na mekaar het ons,
vingers gewys,
as dinge nie wou vlot, vir my was jy 'n dame,
en soms was ek jou heer, asem soms weggeslaan.
Soms was ons, sommer verslaan.
Elke dag, 'n wonderlike dag !
Die volgende dag,
het ons mekaar, verag.
Die èèndag was was ons op mekaar verlief,
dan blameer ons weer mekaar, as 'n dief.
Het ons ooit mekaar,
se hart, verstaan ?
Hoeveel keer kon ons dit nie, beaam ?
Alles wat ons van mekaar wou hê,
het ons gekry, as ons dit net wou sê.
Soms was ons maar skelm,
maar ons het ons nog oor mekaar, ontferm.
Vir mekaar was ons alles,
Al het dit soms gelyk,
of ons mal is.
Soms het ons te veel gehad,
dan het ons weer mekaar gehaat.
Net soos nou, al voel dit soms of ons gaan vou.
Het ons altyd van mekaar gehou, al het ons verbrou.
Gelukkig, was ons verstrengel, in ons liefde, se klou
Deon Viljoen
Kan ek nogsteeds ?
Kan ek nogsteeds jou vriend wees
Blindelings op jou verlief wees
Kan ek nogsteeds verwag
Om jou liefde en glimlag, daagliks te verwag
Kan ek nog steeds, daagliks wakker word
En weet, ons is met 'n liefdesband, saam, gegord
Kan ek nogsteeds daagliks kan pluk
Van ons boom van ewige liefdes-geluk
Kan ek nogsteeds ?
Deon Viljoen
Diskoers
Liefde kom so maklik
Samesyn so heerlik,
Trouens,
Amper hemels
Liefde so merkwaardig
Samesyn vir ewig
Eensaamheid vermeester
Oë wat heeltyd glinster
Geheg,
Trouens, eerder, verknog
Verhouding op die regte koers
Stem jy saam met my diskoers ?
Deon Viljoen
De Aar
Alle paaie lei mos na De Aar
Is dit regtig waar ?
Wat verwag 'n mens dan,
Met jou aankoms daar ?
Waaraan dink jy,
As jy so die niet instaar ?
Onthou jou lewe is verby
Met jou aankoms daar
As alle paaie wel soontoe lei
Almal eendag saam op De Aar
Gaan jy daar jou siel verbly ?
Of, gaan jy daar ly, in omstandighede, maar naar ?
Lei alle paaie regtig na De Aar ?
Is dit regtig waar ?
Watse beheer het ons regtig dan,
Oor ons omstandighede, met ons aankoms daar ?
Deon Viljoen
Die Kers
Sonder hitte is hy so koud
Staan hy maar daar eenkant
Word miskien onaageraak, oud
So bereik hy miskien nooit sy doel
Vergader miskien net stof
Sonder hitte, waarvoor is hy dan bedoel ?
Eensklaps, met 'n bietjie hitte verander
hy dan, brand met 'n helder vlam
brand dan gretig, sonder om stof te vergader
Selfs deur al die gewoel
Brand hy helder, word korter, korter
Maar ten minste, nou, bereik hy sy doel
Deon Viljoen
Gaan jy onthou ?
Gaan jy onthou,
die lewe wat ek,
wou bou ?
Eendag,
sonder jou
Onthou, ek wou
Armoedig,
Mismoedig,
Roep die dood ? Dit kom so spoedig
Suig alles op,
soos 'n spons
Wat lê vir ons voor ?
Sielkundig,
Ewige stryery,
Geniepsig
Wat gaan jy onthou ?
Armoedigheid, mismoedigheid,
Of net my, vir jou ?
Deon Viljoen
Afgemat
Is ek nou moeg
om met al die voorwaardes
al ewig te swoeg ?
Was dit nou genoeg
sonder net liefde
aan ons skip se boeg ?
Is dit dan onmoontlik
Om soos eers voort te gaan
Aanvaar tekortkominge, oombliklik
'n Lewe met gebod op gebod
was dan altyd
alles behalwe 'n genot
Is ek dan nou siek en sat
Vir die lewe met soveel eise
Nou heeltemal afgemat ?
Deon Viljoen
Asseblief !
Galhumor, gebrek, gebruik,
gangbaar, gawe, gedetermineerd ?
Waarmee,
vul ons dan ons huwelik, se kruik ?
Haat, handadig, hard,
half-om-half, handhaaf, harmonieus,
Haai !
Geen wonder, ons is so verward !
Impulsief, indiskreet, inferieur,
identiteit, imago, inleef,
Deurmekaar,
Dis seker waarom ons dan, heeltyd treur ?
Positief, negatief, gelukkig, gegrief,
Warm, dan weer koud,
Onthou, ons kan, daagliks….
Harder probeer, asseblief, asseblief !
Deon Viljoen
Boem, boem, boem
Doef, doef, doef
Die ritme beaam
Ek's 'n boef
Boem, boem, boem
Wat probeer ons,
verbloem ?
Padoem, padoem, padoem
Is dit die ritme ?
Is ons verdoem ?
Doef, doef, doef
Verward, benard,
Hoelank, gaan jy my, laat vertoef ?
Deon Viljoen
Eerder
Eerder
Wat kan ons dan vermeerder
Word ons harte, daagliks, dan net seerder
Verwaarloos
Net altyd, moedeloos
Ons liefde was dan amper, 'n koors
Bedees
Was dan altyd, so lekker gewees
Elke dag, weereens, 'n fees
Warm
Liefde, soms maar arm
Gelukkig, soms ook warm
Genees
Nooit, maar nooit, die lewe 'n fees
Soos jy, wil jy altyd wees
Lewendig
Vandag, verewig
Liefde, oneindig
Kwaad
Was dit dan liefde in 'n ander gewaad
Wie's dan in beheer, wie saai die saad
Hartseer
Soos altyd, weer en weer
Kan U, dit dan nie keer
Eerder
Laat liefde vermeerder
Sonder hartseer, eerder
Deon Viljoen
Geen sin nie
Dit maak geen sin nie
Dat ons nie heeltyd
Mekaar, bemin nie
Net liefde
Vir ons altwee
Van toe, tot in die hede
Ons was dan heeltyd saam
Prys dan altyd die Here se naam
Wat moet ons dan nog beaam
Dit maak geen sin nie
Die huwelik, daar is dan niks meer nie
Vir mekaar se foute, het ons nooit, omgegee nie
Hoekom nie
'n lewe, waar ons mekaar nie
heeltyd, wil opvreet nie
Dit maak nie sin nie
Wil jy nie meer saam met my wees nie
Vir altyd, net myne nie
Deon Viljoen
Hartseer se boeie
Alewige rusie
Verminder vertroue
Veroorsaak onsekerheid
En kwes jou selfvertroue
Vertroue bevestig jou posisie
In die huwelik, bewys sy's joune
Verseker selfs met hartseer en neid
Is jul vir altyd vir mekaar behoue
Vertroue laat vir die toekoms 'n visie
Verseker vir elkeen vrymoedigheid
Hou jou van die onsekere illusie
Verander selfs groot onenigheid, in 'n kleinigheid
Vertroue verhoed die al ewige
Verwysing na ou koeie
Verander die onsekere, in die ewige
Verwyder automaties, die hartseer se boeie
Deon Viljoen
Hoekom?
Klink mooi..
Praat,
maar net,
strooi
Almal,
so fraai,
wie wil ons,
paai ?
Soms maar,
vuisvoos,
selfs,
die kroos
Hoekom,
's almal dan so,
boos ?
…amper, Goddeloos ?
Met al die,
gelag,
waarvoor het ons,
dan altyd,
gewag ?
Deon Viljoen
In alle geval
Vir alles sien ek net een uitweg
Ek moet weg
Maak nie saak hoeveel ek probeer nie
Dit word nie gerespekteer nie
Maak nie saak hoeveel liefde ek wys nie
Ek kry daarop in alle geval geen reaksie nie
Maak nie saak wat ek doen nie
Dit is in alle geval nie reg nie
Maak nie saak wat ek vir ons begeer nie
Ek het in alle geval daaroor geen beheer nie
Dit gaan nie oor of ons mekaar respekteer nie
Is dit nie die liefde van ouds wat ons wil terughê nie?
Deon Viljoen
Liefde
Liefde is onvoorwaardelik
Liefde is wonderlik
Liefde is nooit alleen nie
Liefde maak nie seer nie
Liefde vra nie geld nie
Liefde skuld nie
Liefde bestaan verewig, nie nou en dan nie
Liefde haat of verkleineer nie
Liefde is om darem, al is net soms, te kan te kompeteer
Liefde is om nooit te sê dis klaar nie
Liefde is ekstase
Liefde skei nie
Deon Viljoen
>
var PUpage="76001070"; var PUprop="geocities";