Contains work in her mother tongue - Afrikaans
Blou is die kleur van vryheid
Blou is die kleur van lug
Blou is die kleur van óns
Liefdesvrug…
Want
Blou is
Skoon…
‘n vrye liefdeshuis om in te
woon.
Blou is
Mooi…
Die hemel mee getooi
Blou
is
Rein…
‘n
soete refrein
blou is
ook ‘n dag
waaroor ons soms nie wil lag.
Na alles
Is blou die kleur van vlieg
Vlieg…
So hoog
Na vryheid
Na lewe
Na liefde
Om my
van myself te bevry…
En ek
Eintlik
Kan wees wat God bedoel het
Ek moet wees.
‘n
Blou vliëende, bevryde, blou-oog,
krulkopkind...
wat
wou waag
en
net wou leef..
27
Augustus 2003.