Preek 13



Scriptura 2000

Junie 2000

Preke vir leesdienste in opdrag van die Ring van Pietermaritzburg

http://www.geocities.com/pmb_za




God se huisgesin

Efesiërs 5:21 - 6:4






Skrywer: Ds Petrus Harmzen

Gemeente van herkoms: Pietermaritzburg



Geleentheid: Algemene Prediking



Orde: 6



Lofsang: Psalm 33:1-3

Skuldbelydenis: Gesang 53:1

Geloofsbelydenis: Gesang 10: 1-3

Sang as gebed: Gesang 311:1

Slotsang: Gs 294












Erediens



Votum: Want ek het julle lief, sê God.



Lofsang: Psalm 33:1-3



Na die wet: Gesang 53:1



Na geloofsbelydenis: Gesang 10: 1-3



Skriflesing: Efesiërs 5:21 - 6:4

Tot sover die Skriflesing: Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig.



Sang as gebed: Gesang 311:1



Prediking



Slotgebed



Slotsang: Slotsang: Gs 294



Seën: Mag die genade met elkeen wees wat ons Here Jesus Christus met 'n onverganklike liefde liefhet. Amen.





Preek

Broers en Susters,



De teksvers vir die prediking vanoggend is die hele gelese gedeelte en ek wil graag hê ons moet vandag ons huisgesinne gaan rein maak voor God en onder die vergroot glas plaas.



En Broers en susters en kinders, as ons vandag se woorde ter harte neem, belowe God vir u en my 'n gelukkige getroude- en gesinslewe vorentoe en al wat ek vandag hoop en bid is dat die Here se woorde vandag deur u en my gehoor sal word en dat ons dit sal gaan uitleef sodat ons geloofshuise, ons gesinslewens op 'n vaste rots gebou sal wees en nie op sand nie want dan sal dit nie bly staan nie.

Ek self het hierdie week besef dat ek so ver tekort skiet, want ons het hierdie gedeelte by ons Bybelstudie behandel, maar wat presies word van ons verwag as man en vrou, as ouers en kinders.



Ek wil graag vandag by al die kinders begin! Ons kinders - ja, al julle jong outjies - Wat dink julle van Jesus se wet - die 10 gebooie waar God vir ons sê wat ons mag doen en nie mag doen nie? Dink julle God is 'n kwaai God, dink julle hy wil al julle pret bederf ? Wat sê julle?

In hoofstuk 6 sê God vir julle dat julle as kinders julle Pappa's en julle Mamma's moet eer en gehoorsaam wees. Wat beteken dit?



Dit beteken dat ek na hulle moet luister,

dat ek hulle moet liefhê,

dat ek hulle moet glo,

dat ek hulle moet vertrou,

dat ek hulle moet respekteer en eer.



Is dit soms moeilik om al hierdie dinge te doen? Ons hoërskoolleerlinge en gewese skoliere sal beslis hiermee saamstem, nie waar nie? Want wat weet Pa en Ma - hulle wil net soms my pret bederf, net soos God wil doen.



Maar dis waar ek vandag vir julle outjies wil wys dat julle verkeerd is sien , want God sê ons moet luister na ons ouers sodat ons dae verleng kan word en 'n gelukkige lewe kan hê.

Wil julle graag 'n gelukkige lewe hê? - Ek dink ons almal wil dit hê en dit is wat God vir ons as kinders wil gee. Daarom sê God vir ons dat ons na ons ouers moet luister want as ons dit nie doen nie en hulle vang ons uit en raas met ons - is ons dan gelukkig? - N E E - en dit is wat God wil vermy en ons wil spaar daarom sê God dat ons moet luister want dan sal ons ouers nooit met ons raas nie.

Sien God wil net die beste hê?

Gaan julle probeer om dit te doen?



Ons as ouers: Hoe lank terug het u nie al u doopbelofte vergeet nie of hoe vorder u daarmee? Ef 6 sê dat ons nie ons kinders so moet behandel dat hulle opstandig word nie? Hoeveel ouers se lot is nie as hulle kinders groot word nie? Wat doen ons dan verkeerd?





U sien broers en susters, 'n kind kan nie gelowig optree of soos 'n Christen, as u hom nooit gewys en geleer het hoe nie.

U sien broers en susters, u kan nie van u kinders verwag om Christene te wees as u hulle geleer het dit is net Sondae nodig nie. U sien broers en susters, u kan nie van u kinders verwag om Christus eerste te stel as u hulle geleer het dat die lewe, hulself, u, hulle sport en werk die eerste is nie.



Dit is wat tot opstandigheid lei, broers en susters. Kinders wat nie werklik hulle lewe gewy het aan God nie en niemand wat hulle gewys het hoe om God as 'n voorbeeld te stel in hulle lewens nie, want Christenskap was nooit vir hulle so belangrik nie.'n Doopbelofte was maar net leë woorde. Ef 6 sê wat die doopbelofte behels. "Maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil." Woorde wat ons so baie kere uit verband uitruk: Tug en vermaning, met verskonings. Ek tug of ek vermaan net my kinders dat die hale so sit sodat hulle vir dae hartseer is.

Maar Geliefdes - 'n gelowige durf dit nooit verkeerd verstaan want hier staan "soos die Here dit wil." En 'n klap, hale wat vir weke sit, sielkundige straf vir dae aaneen - hoort ongelukkig nie by God nie. Hy tug wel sy kinders (die volk Israel) die wat Hy liefhet - maar dadelik is hy weer daar in liefde om hulle te vergewe, te help, te troos, te lei. Is u dadelik weer daar en tug en vermaan u soos u dink die Here dit doen?



Ons sondig - Hy wys ons tereg- maar dadelik is Hy weer bereid om te vergewe. Is ons bereid om dit te doen?



Broers en susters, gaan u werk hieraan of nie.

Gaan u van u kinders begin Christene maak of nie.

Gaan u hulle tug en vermaan soos die Here wil of soos u wil?



* * * * * * * * * * * *



Broers en susters, en nou kom ons by ons elkeen se huwelik: Hoeveel uit 10 gee u vir u self in die huwelik waarin u is wat betref u Christelike verantwoordelikheid tot man en vrou.



Die vrouens, die mooie, sagte, sensasionele en brose geslag. Wie van u is aan u mans onderdanig?



Onderdanigheid beteken om die minste te wees, om u man te respekteer, hom eerste te stel, hom lief te hê en om inskiklik te wees.

Hoeveel uit 10 susters?



Waarom skop ons so vas teen hierdie woorde "onderdanig wees aan die man"? Omdat u en ek nooit verder lees nie.

- omdat ons onsself wil laat geld in die lewe

- omdat ons onsself wil laat hoor in die lewe

- omdat ons voor ons Christenskap kom want daar staan mos geskrywe: Ek as vrou is nie onderdanig aan my man nie of omdat ek nie swak is nie of omdat ek nie die minste is nie of omdat ek nie minder as hy werd is nie of omdat ek nie sy vloerlap is nie of omdat ek hom nie wil tevrede stel nie maar omdat ek as vrou my huweliksdoel wil uitleef wat God daar vir my gestel het en God sê ek moet onderdanig wees aan my man omdat ek aan die Here onderdanigheid, liefde, eer, respek en trou wil bewys.



Ek doen dit: omdat ek 'n Christen wil wees of omdat God dit van my vereis en as ons vir 'n slag die Here eerste raaksien sal ons dit alles makliker doen en regkry want dit sal nie meer vir my saak maak of my man dit raaksien nie want ek sal dit doen omdat ek 'n Christenvrou is. 'n Christenvrou is wat aan God gehoorsaam wil wees en ek sal weet dat ek eendag by sy wederkoms wel die loon daarvoor sal ontvang.



Met die gesindheid in ons harte sal ons die minste kan wees, sal ons ons mans kan respekteer, sal ons hulle altyd lief kan hê.



Gaan u probeer?



* * * * * * * * * * * *

Ons dierbare mans - dis darem lekker om te hoor hoe my ou vroutjie aan my onderdanig moet wees of hoe?

Ai, ek sal haar darem nou weer gereeld hieraan herinner of hoe?

Ek het vir ons 'n groot verrassing en teregwysing vanoggend want ons skiet die verste tekort.



Ja, broers daardie geld van ons, daardie nuwe motor of nuwe gordyne of nuwe slaapkamerstel of nuwe kombuis kaste wat ons vir ons vrou gekoop het - tel nie eens nie want liefde teenoor man en vrou kan nie gekoop word nie.

Daardie huis van julle wat na jou styl gebou is

Daardie "show case" van julle wat net jou ornamente in het

Daardie kroeg van jou, daardie stokperdjies van jou - dit alles is verkeerd as jou vrou nie eerste kom nie - as sy net eerste haar sê ook kan sê, haar stokperdjies kan hê, haar ornamente in jou sitkamer kan hê nie want my vrou, sê God , moet ek so liefhê soos Christus sy kerk lief gehad het.



Hoeveel kry u uit 10 uit Broers vir 'n Christelike huweliksmaat wees?



My vrou so liefhê soos Christus sy kerk liefgehad het:



Ons moet

- nog meer onderdanig wees aan haar as sy aan my

- haar belange altyd op die hart dra

- oral en altyd vir haar opkom en getuig

- haar met my hele lewe, my hele hart in alles lief hê

- haar eerste stel in my lewe en nog baie meer

want dit is hoe Christus sy kerk liefgehad het.



* * * * * * * * * * * *

Laastens,



Hoe moet ons as huwelikspaar lewe?

- altyd soos een wees: beteken altyd mekaar ondersteun, gesels , op die hande dra.

- altyd aan mekaar onderdanig wees uit eerbied vir Christus: beteken om altyd Christus eerste te stel in ons lewens sodat onsself altyd derde sal wees en my wederhelf tweede.

Want ek wil aan my Here gehoorsaam wees.



* * * * * * * * * * * *

Om saam te vat, geliefdes:



Kinders,

Die wet van God maak vry. Hy wil hê ons as kinders moet gelukkig wees daarom vra God dat ons moet luister na ons ouers.



Ouers,

U moet u kinders van God leer, nie van die skool of van die lewe nie sodat hulle getuies kan wees en nooit teenoor u in opstand kom nie. U moet hulle vermaan en tug soos Christus dit sou doen.



Vrouens,

Julle moet aan julle mans onderdanig wees omdat u aan Christus gehoorsaam wil wees en nie om hulle tevrede te stel nie.



Mans,

Julle moet julle vrouens liefhê soos Christus sy kerk liefgehad het - en dit sê alles.



Huwelikspare,

Julle moet een wees en uit eerbied vir Christus aanmekaar onderdanig wees.





AMEN.

Hosted by www.Geocities.ws

1