NEDERDUITSCH
HERVORMDE
KERK VAN
AFRIKA
Een-en-vyftigste
Gewone
Ringsvergadering
in sitting
te Laer
Suidkus
vanaf
19:00
op 7 Junie
2002
51
A. V O O R A
F
1. OPROEP
1 Mei 2002
Alle Kerkrade
Ring van Pietermaritzburg
Weleerwaarde Heer
OPROEP NA DIE 51 ste GEWONE RINGSVERGADERING
Hiermee word u in terme van die betrokke Ordinansies van die Kerkorde,
in kennis gestel van en opgeroep na die sitting van die 51 ste gewone
vergadering van die Ring van Pietermaritzburg.
Neem asseblief kennis dat die vergadering hierdie jaar oor twee (2)
dae plaasvind.
DATUM: 7 en 8 Junie 2001
TYD : Vrydagaand vanaf
19:00
Scottstraat
3
Port
Shepstone
Die rede vir hierdie verlengde sitting is weereens dat die ringskommissie
beplan om hierdie vergadering in die vorm van verskeie WERKSWINKELS te
hou. Die oogmerk met hierdie
werkswinkels is dat die ringskommissie hiermee die effektiwiteit van die
vergadering wil verhoog.
Aangeheg vind u die volledige agenda van die vergadering soos vasgestel
deur die Kommissie van die Ringsvergadering.
U WORD VRIENDELIK DOG ERNSTIG GEVRA OM VOORAF GOED VOOR TE BEREI VIR DIE
VERGADERING. So kan ons saamwerk om die
waarde van die vergadering en van ons besluite te verseker, terwyl die
vergadering nogtans spoedig en koste-effektief afgehandel word.
Hoogagtend die uwe
---------------------- ----------------------
Dr W A J van Schoor Ds
T F Dreyer
VOORSITTER SKRIBA
2.
PRAKTIESE REËLINGS
1. Let daarop dat die vergadering met 'n
volledige erediens open. Ds J Pieterse
lei die erediens en die gemeente se
orrelis begelei die sang. Maak
seker dat u Bybels en Liedboeke saambring.
Drag is ampsdrag soos vir 'n gewone erediens. Predikante ter vergadering dra almal
togas.
2. U gemeente moes alreeds u
afgevaardigdes se geloofsbriewe aan die Ringskriba gestuur het. Nie almal is nog ontvang nie. Maak asseblief seker dat ons dit betyds (op
die laatste ruim 'n halfuur voor die vergadering!) ontvang. Geen persoon kan wettig sitting neem sonder
'n geloofsbrief van die gemeente van herkoms nie.
3. As u nadat u die Agenda voorberei het,
mosies of voorstelle tydens die vergadering wil indien, moet u dit skriftelik
doen. Sien asseblief daarvoor die omskrywing van vereistes vir goeie
mosies/voorstelle onder die opskrif "Formuleringskommissie" hier
onder. Daar is vir u gerief 5
proformas vir indiening van mosies/voorstelle in die agenda ingebind.
DIEN AL U GESKREWE MOSIES/VOORSTELLE
ONMIDDELLIK MET DIE AANVANG VAN DIE VERGADERING BY DIE FORMULERINGSKOMMISSIE
IN. Moet dus nie wag totdat
die vergadering die betrokke agendapunt hanteer nie.
Samewerking in die verband sal die vergadering baie
vlotter laat verloop en die besluite sal die bedoeling van die vergadering
akkurater weergee.
4. Tydens die vergadering moet alle
gemeentes hulle volledig ingevulde rekenaardrukstukke met die oog op die
2003-Almanak by die skriba van die vergadering indien.
5. Die volgende persone is op 'n
vergadering van die Ringskommissie aangewys as lede van die onderstaande
kommissies van die Ringsvergadering.
5.1. Ordekommissie:
die ouderlinge van
Durban
Suid (1)
Laer
Suidkus (1)
Sekundus
van die voorsitter
5.2. Stemopnemers en -tellers (onder leiding van die
ordekommissie):
die
ouderlinge van
Durban
(1)
Richardsbaai
(1)
Empangeni
(1)
5.3. Formuleringskommissie
die nuutverkose sekundus van die skriba
ouderling van
Pietermaritzburg (1)
Pinetown (1)
Die betrokke persone moet vir die take wat aan hulle
opgedra is deeglik voorberei. Sien
hiervoor:
*die omskrywings in hierdie agenda van die
verskillende kommissies se werk,
* die uittreksels, ook in hierdie agenda, uit die
Kerkorde,
* die res van die Kerkorde, en
* alle besluite van vorige meerdere vergaderings van
die Kerk.
Veral lede van die Ordekommissie word versoek
om hulle eie Kerkorde, die Besluitebundel van die 66ste Algemene
Kerkvergadering, tersaaklike notules van vorige Ringsvergaderings en die
Besluitebundel van die Ringsvergadering
na die vergadering te bring. Hierdie dokumente is van u eie kerkraad / skriba /
predikant verkrygbaar.
3. DIE
RINGSVERGADERING
volgens
die
Die volgende Ordereël en Ordinansies van die Kerkorde van die
Nederduitsch Hervormde Kerk het betrekking op die werk van die
Ringsvergadering:
ORDEREËL 3
VERGADERINGS VAN AMPTE
Ampsdraers
is dienaars van Jesus Christus, die enigste Hoof van die kerk. Hulle opdrag behels die verkondiging,
die toerusting, opbouing, versorging, beskerming,
regering en leiding van die Kerk. Om
hierdie opdrag uit te voer, kom hulle
in vergaderings van ampte
byeen. Sodoende heers die een gemeente
nie oor die ander, die een amp nie oor
die ander en die een ampsdraer
nie oor die ander nie.
3.1 Vergaderings
neem besluite op grond van die Skrif
(i) in
ooreenstemming met die belydenis van die Kerk en die Kerkorde
(ii) met
inagneming van die gebruike van die Kerk.
3.2 Elke
vergadering behandel die sake wat deur die Kerkorde aan hom opgedra is, en daar
bestaan nie ’n hiërargie van vergaderings van die ampte nie.
3.3 ’n
Ampsdraer wat behulpsaam is in ’n ander amp neem nie volle sitting op ’n vergadering van dié
ander amp nie.
3.4
Vergaderings in die gemeente is die
(i) ouderlingevergadering
(ii) diakensvergadering
(iii) kerkraadsvergadering.
3.5 Bykomende
vergaderings wat deur afgevaardigdes van die ampte gevorm word, is die
(i) Ringsvergadering
(ii) Ringsdiakensvergadering
(iii) Algemene Kerkvergadering
(iv) Algemene
Diakensvergadering.
ORDINANSIE 3
3.4 RINGSVERGADERING
’n Aantal
gemeentes vorm ’n ring na goedkeuring deur die Algemene
Kerkvergadering.
’n
Ringsvergadering is ’n bykomende vergadering van die ampte,
gevorm deur ampsdraers
wat deur kerkraadsvergaderings afgevaardig
is as verteenwoordigers van hulle ampte.
3.4.1 SAMESTELLING
(i) Die
ringsvergadering word saamgestel uit
(a) predikante wat aan standplase in die
gemeentes van die ring verbind is
(b) twee ouderlinge uit elke kerkraadsvergadering
(c)
predikante met
besondere opdrag, teologiese dosente, beroepafwagtende predikante en proponente
wat binne die ring woon en twee lede van die kommissie van die
ringsdiakensvergadering met adviserende stem
(d)
Algemene
Kerkvergadering en die Administrateur,
wanneer daartoe uitgenooi, met spreekreg
(e)
emerituspredikante en
emeritus teologiese dosente wat binne die ring woon,
(f)
predikante met
besondere opdrag en teologiese dosente wat in ’n ander ring woon, lede van die
Kommissie van die Algemene Kervergadering.
(ii) Dieselfde
ouderlinge word nie na meer as drie agtereenvolgende vergaderings afgevaardig
nie.
3.4.2 WERKOPDRAG
Die
ringsvergadering
(i) bevorder
kerklike dienswerk in die gemeentes en die ring
(ii) hou opsig
oor en gee leiding aan die dienswerk van die ampsdraers en die vergaderings van die ampte
(iii) oefen
opsig en tug uit oor ouderlinge en diakens en vergaderings van die ampte
(iv) oefen opsig
uit oor alle predikante in die ring
(v) handel
alles af in verband met die stigting, grense, samesmelting en ontbinding van
gemeentes
(vi) sien toe
dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een
predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur
saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie
oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te
besin
(c) herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante
en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by
predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar
predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien
toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes word
elke jaar besoek
(b) die
visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die
ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na die
visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder
handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig,
self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die
ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
(viii) beoordeel
memoranda, studiestukke, voorstelle, versoekskrifte en beskrywingspunte wat
kerkrade, ampsdraers en lidmate na die Algemene Kerkvergadering wil deurstuur
(ix) beoordeel studiemateriaal, ander stukke en
beskrywingspunte wat ontvang is van ander ringsvergaderings, of van die
Kommissie van die Algemene Kerkvergadering wat voorgelê word vir opname in die
agenda van die Algemene Kerkvergadering
(x) roep,
indien nodig, rade in die lewe en stel toepaslike reglement(e) van orde op mits
dit nie in stryd is met die Kerkorde nie
(xi) benoem
ringsraadvoorsitters en sien toe dat ringsrade funksioneer
(xii) benoem
'n predikant(e) vir diakonale werksaamhede
(xiii) behandel
die notule van die vorige Algemene Kerkvergadering en sien toe dat ter sake
besluite uitgevoer is
(xiv) gee
aandag aan verslae wat in die agenda opgeneem is, naamlik van die
(a) ringskommissie
(b) ringsdiakensvergadering
(c) ringsrade
(d) kommissies
wat stukke, genoem in die Ordinansies, nagegaan het
(xv) sien
toe dat alle finansiële state van die gemeentes jaarliks geouditeer word
(xvi) gee,
wanneer daartoe versoek, skriftelik verslag aan die Kommissie van die Algemene
Kerkvergadering oor die stoflike en administratiewe aangeleenthede van die
gemeentes in die ring
(xvii) adviseer
die Raad van Finansies oor die stoflike belange binne die ring en in sinodale
verband
(xviii) gee
aandag aan die geïdentifiseerde knelpunte en probleme van die kerklike lewe op
gemeentelike en ringsvlak en tref maatreëls om dit op te los
(xix) sorg by
die stigting, samesmelting en ontbinding van gemeentes dat
(a)
alle dokumentasie soos,
byvoorbeeld, die versoek tot stigting of ontbinding en die beskrywing van die
grense met die nodige kaarte, ontvang, bestudeer en bewaar word
(b)die prosedure
soos voorgeskryf in die Ordinansies gevolg word
(c) die stoflike en administratiewe handelinge in
oorleg met die Administrateur geskied
(xx) reël
die konsulentskappe vir elke gemeente
(xxi) sien
toe dat ’n ringsfonds bestaan
(a) wat deur die ringskommissie beheer word
(b) waartoe elke gemeente van die ring ’n
vasgestelde heffing bydra
(c) waaruit die reis- en verblyfkoste van lede
van die ringskommissie, koste van vergaderings, of enige ander uitgawe soos
deur die ringsvergadering besluit, verhaal word
(xxii) kan ook
ander fondse stig
(xxiii)
tree op as bykomende
vergadering wanneer 'n beroep gedoen word teen die bevinding van 'n
ringskommissie.
3.4.3 WERKWYSE
Die ringsvergadering
(i) kom
minstens een maal per jaar byeen
(ii) bepaal
die datum, tyd en plek van die vergadering en gee daarvan kennis aan die
Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
(iii) word
deur die skriba van die ringsvergadering opgeroep met skriftelike kennisgewing
in Die Hervormer, en aan elke kerkraad minstens een maand voor die vergadering,
met beskikbaarstelling van die agenda
(iv) kom
in ’n buitengewone sitting byeen, met
veertien dae skriftelike kennisgewing, met vermelding van die doel van die
vergadering, en sien toe dat dieselfde afgevaardigdes sitting neem, of
plaasvervangers met geloofsbriewe wat in orde is en vergesel is van 'n skrywe
van die betrokke kerkraad(e) wat die verandering van die afvaardiging motiveer
(v) word
onder leiding van ’n predikant van die ring, aangewys deur die
rings-vergadering, met Skriflesing, prediking, gebed en sang geopen
(vi) bespreek
die implikasies van die teologiese inhoud van die openingsrede na afloop van
die opening
(vii) behandel die verslag oor
die geloofsbriewe
(viii) word
deur die voorsitter as ’n wettig saamgestelde vergadering verklaar, wat bestaan
uit afgevaardigdes teen wie se geloofsbriewe geen geldige besware ingebring is
nie
(ix) behandel
die besware teen geloofsbriewe
(x) kies
uit die aanwesige predikante van die ring ’n voorsitter en skriba, met
inagneming van die beginsel dat ’n predikant nie vir meer as drie jaar na
mekaar as voorsitter of as skriba gekies sal word nie
(xi) begin
met sy werksaamhede soos uiteengesit in die agenda
(xii) kies
tydens die sitting drie ouderlinge uit sy lede om saam met die voorsitter en
skriba die ringskommissie te vorm, met inagneming van die beginsel dat ’n
ouderling nie vir meer as drie jaar na mekaar gekies sal word nie
(xiii) kies
tydens die sitting sekundi vir die lede van die ringskommissie, wat sitting
neem wanneer ’n verkose lid ’n vergadering nie kan bywoon nie, of wanneer ’n
vakature ontstaan
(xiv) vul
vakatures, wat onder sekundi ontstaan, deur sy kommissie aan, uit lede
wat die ringsvergadering bygewoon het, of, as dit nie
moontlik is nie, uit die ander ouderlinge en predikante van die ring
(xv) verkies
nie lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering as lede van die
ringskommissie nie
(xvi) nooi
lede van die ringskommissie, wat nie weer na die ringsvergadering afgevaardig
is nie, uit om as adviserende lede sitting te neem totdat die verslag van die
ringskommissie behandel is
(xvii) sien
toe dat onreëlmatighede wat uit die verslae aan die ringsvergadering blyk,
reggestel word
(xviii) reël watter afgevaardigde uit die ring ’n
memorandum, studiestuk, voorstel, versoekskrif of beskrywingspunt wat aanvaar
is vir deursending aan die Algemene Kerkvergadering, tydens die Algemene Kerkverga-dering sal toelig en motiveer
(xix) gee
opdrag aan die skriba van die ringsvergadering om
(a) binne drie weke na afloop van die
ringsvergadering die notule af te handel en na kerkrade deur te stuur vir
behandeling en kommentaar oor die korrektheid daarvan
(b) jaarliks aan die Kommissie van die Algemene
Kerkvergadering verslag te lewer oor die werksaamhede en besluite van
die ringsvergadering op ’n datum soos deur die Kommissie bepaal
(xx) behandel
die verslag van die ringsdiakensvergadering.
4. I N H O U
D S O P G A W E
A. VOORAF
1. Oproep na die vergadering 3
2. Praktiese reëlings
4
3. Uittreksel uit die Kerkorde 6
4. Inhoudsopgawe
5. Organe van bystand by die
Ringsvergadering
5.1.
Ordekommissie 13
5.2.
Formuleringskommissie 14
PROFORMAS
VIR VOORSTELLE/MOSIES 16
B. VERGADERING
1.
OPENING
21
2.
VERWELKOMING
21
3.
MOSIES
22
4. SAMESTELLING
4.1.
GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG
22
4.2.
LEDE MET ADVISERENDE STEM 23
4.3.
KONSTITUERING 23
4.4.
BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE 23
4.5.
BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN -TELLERS 23
4.6.
VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE 24
4.7.
BENOEMING VAN FORMULERINGSKOMMISSIE 25
4.8.
NOTULE VAN DIE VERGADERING 25
4.9.
SITTINGSURE 25
4.10.
UITBREIDING VAN DIE AGENDA 26
1 BELYDENIS
27
2 AMPTE
27
3 VERGADERINGS VAN AMPTE 46
4 GEMEENTES
EN KERK 48
5 VERKONDIGING
48
6
VERBAND MET ANDER KERKE
88
7 HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING 92
8
DISSIPLINE
95
9
KERKLIKE
GOEDERE 95
10
KERKORDE
C. AFSLUITING
95
E. STEMBRIEWE
F. BYLAE
Hierdie agenda is vasgestel tydens 'n vergadering van
die Ringskommissie gehou te Durban op 16 April 2002.
Lede van die uittredende Ringskommissie:
Ds. T F Dreyer
(Skriba) (Durban)
Oudl G van
Loggerenberg (Durban Suid)
Oudl. H
Prinsloo (Durban)
5. ORGANE VAN
BYSTAND TOT DIE RINGSVERGADERING
5.1 Ordekommissie
* Die Ringskommissie wys vooraf uit die
verwagte lede van die vergadering 'n Ordekommissie aan met die oog op die
handhawing van die orde van die vergadering (Ordinansie 3.4.2.X).
* Die Ordekommissie bestaan uit twee
ouderlinge en die sekundus vir die voorsitter.
* Om die orde van die vergadering te
handhaaf maak die Ordekommissie gebruik van die
** Kerkorde
**
besluite van bykomende vergaderings
>
die Ringsvergadering
->
Die Algemene Kerkvergadering
->
die agenda van die Ringsvergadering
->
die Reglementebundel van die NHKA
* Die kommissie gaan voor die aanvang
van die vergadering alle geloofsbriewe na en lewer uitspraak oor die wettige
samestelling van die vergadering (sien Ordinansie 3.4.3 vii).
* Die kommissie verseker dat die
besluite van die Ringsvergadering
** nie strydig
is met ander besluite van bykomende vergaderings nie
** in
ooreenstemming is met die Kerkorde
** nie
buite die ressort van die Ringsvergadering val nie.
* Die kommissie hou beheer oor die
sittingstye van die vergadering, nadat die vergadering die sittingsure
vasgestel het. Vir die doel herinner
die kommissie die vergadering aan verstreke sittings en pouses en verseker dat
die vergadering daarby hou.
* Die kommissie verseker dat daar te
alle tye wanneer besluite geneem word 'n kworum teenwoordig is, sodat alle
besluite wettig geneem kan word. Vir die doel is alle lede ter vergadering
verplig om afwesigheid vooraf by die kommissie aan te meld wanneer die
vergadering om watter rede ook al verlaat word.
* Die kommissie voorsien die vergadering
van genoeg stembriewe vir geslote stemming en hou toesig oor die opneem en
telling van stembriewe.
* Die kommissie tel stemme wat by wyse
van hand opsteek uitgebring word en gee uitspraak oor die meerderheidsbesluit.
* Die kommissie verseker dat slegs die
lede van die vergadering wat met volle stemreg sitting geneem het, aan die
stemming deelneem.
* Die kommissie voer ander opdragte van
die vergadering uit wat na die mening van die vergadering nodig is vir die orde
van die vergadering.
5.2 Formuleringskommissie
* Die vergadering laat hom bedien van 'n
orgaan van bystand met die oog op die duidelike formulering van
**
mosies
**
besluite en
**
amendemente
van die vergadering terwyl die vergadering in
sitting is.
* Die Formuleringskommissie bestaan uit
drie lede van die vergadering waarvan twee ouderlingslede is en staan onder
leiding van die nuutverkose sekundus van die skriba.
* Besluitneming deur die
Ringsvergadering geskied verkieslik by
wyse van skriftelike mosies of voorstelle uit die vergadering.
* Die Formuleringskommissie ontvang die
skriftelike mosies en/of voorstelle uit die vergadering met die doel om te
verseker dat die mosies/voorstelle die volgende elemente bevat:
a. Inhoud *
Beplanning = WAT wil die vergadering gedoen hê?
*
Organisasie = HOE wil die vergadering dit doen?
*
Koördinering = WIE gaan dit doen?
*
Kontrolering = WANNEER moet die saak afgehandel wees, of minstens verslag
gedoen word van die vordering wat gemaak word?
b. Formulering *
Alle mosies/voorstelle moet positief geformuleer word
c.
Voorsteller * Alle mosies/voorstelle moet
onderteken wees deur beide die voorsteller en een ander lid van die vergadering.
Die tweede ondertekenaar steun nie noodwendig die voorstel met sy handtekening
nie, maar getuig net daarmee dat die voorsteller soos op die geskrewe
mosie/voorstel aangedui werklik die oorsprong van die mosie/voorstel is.
d. Amendering * Ten einde te verseker dat die besluit werklik die bedoeling van die vergadering korrek vervat, is dit verkieslik dat die mosie/voorstel deur die formuleringskommissie op 'n blaaibord geskrywe word om vir die vergadering geleentheid te gee om amendemente voor te stel.
* Indien die mosie/voorstel nie aan al die vereistes voldoen nie, herformuleer die formuleringskommissie in samewerking met die voorsteller die mosie/voorstel sodat dit aan al die vereistes voldoen.
* Die formuleringskommissie nommer
duidelik elke mosie/voorstel met dieselfde nommer waaronder dit in die agenda
tuishoort en behandel moet word.
* Die mosie/voorstel word aan die skriba
van die vergadering deurgegee vir voorlegging deur die voorsitter aan die
vergadering.
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te
vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm
per voorstel of mosie. Indien u nog
enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor
verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die
korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam
(in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te
vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm
per voorstel of mosie. Indien u nog
enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor
verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die
korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam
(in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te
vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm
per voorstel of mosie. Indien u nog
enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor
verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die
korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam
(in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te
vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm
per voorstel of mosie. Indien u nog
enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor
verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die
korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam
(in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te
vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm
per voorstel of mosie. Indien u nog
enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor
verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die
korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam
(in drukskrif)
B. V E R G A D E R I N G
A G E N D A
van die
Een-en-vyftigste
R I N G S V E R G A D E R I N G
van die
RING VAN PIETERMARITZBURG
PLEK: Kerkgebou van Laer Suidkus
TYD : Vrydag 7 vanaf 19: 00 en Saterdag 8 Junie 2001 vanaf 08:00.
1. OPENING
1.1 Die vergadering word geopen met 'n
erediens wat deur Ds J Pieterse gelei
word.
1.2 Die vergadering bespreek die pas afgelope
erediens in terme van sy toepaslikheid op die werk van die kerk en die ring (
en sy vergadering) in besonder.
2. VERWELKOMING
Die uittredende voorsitter Dr W A J van Schoor verwelkom die afgevaardigdes en
gaste wat teenwoordig is.
3.
MOSIES
|
AANBEVELING 1.
Gelukwensing: Dr en Mev van Schoor met hul huwelik op 24
November 2001 2.
Roubeklag: Elke gemeente en of afgevaardigdes wat
geliefdes deur die dood verloor het |
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE
STEMREG
|
AANBEVELING 1. Dat die geloofsbriewe van die volgende
broeders en susters soos ontvang uit hulle onderskeie gemeentes aanvaar word,
en hulle toegelaat word om sitting te neem as wettige lede van hierdie
Ringsvergadering met volle stemreg: GEMEENTE PRIMI SEKUNDI PIETERMARITZBURG PREDIKANT : Ds P Harmzen OUDERLINGE: (1) B H Pieterse E
C Grobbelaar (2)
J H du Plessis G D de Beer DURBAN PREDIKANT : Ds TF Dreyer OUDERLINGE: (1) B Klein
H Willemse
(2) J Roets L van den Heever DURBAN-SUID PREDIKANT : Ds HF la Grange OUDERLINGE:
(1) G D van Loggerenberg C J Bongers (2) S A Koekemoer F J Hamilton EMPANGENI PREDIKANT : Ds E Oosthuizen OUDERLINGE: (1) N
Davel W Knoetze (2) L
du Plessis J J Pieterse LAER SUIDKUS PREDIKANT : Ds JJ Pieterse OUDERLINGE: (1) (2) RICHARDSBAAI PREDIKANTE: Ds JA Minnaar OUDERLINGE:
(1) S Cronje C O Bousema (2) G
S Marè J J Gibson PINETOWNPREDIKANT : Dr
W A J van Schoor OUDERLINGE: (1) (2) |
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM
Die vergadering verwelkom Oderling A Valks as lid van
die Algemene Kommissie.
|
AANBEVELING 1. Dat lede wat ter vergadering is en wat
volgens Ordinansie 3.4.1.i.c met adviserende
stem teenwoordig is, met adviserende stem sitting neem. 2. Dat lede wat ter vergadering is en wat
volgens Ordinansie 3.4.1.i.d met spreekreg teenwoordig is, met spreekreg
sitting neem. 3. Dat Ds A Janse van Rensburg ter
vergadering is. Volgens Ordinansie 3.4.1.i.c het hy ‘n adviserende stem het. |
3.3.
KONSTITUERING
|
AANBEVELING 1. Dat die vergadering behoorlik
saamgestel is. 2. Dat behoorlik en betyds van die
vergadering kennis gegee is. 3. Dat 'n kworum teenwoordig is. 4. Dat die een-en-vyftigste vergadering
van die Ring van Pietermaritzburg in sitting is. |
3.4.
BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE
|
AANBEVELING 1. Dat die volgende persone as lede van
die ordekommissie aangewys word: Die ouderlinge van Durban Suid (1) Laer Suidkus (1) Sekundus
van die voorsitter |
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS
EN-TELLERS
|
AANBEVELING 1. Dat die volgende persone as
stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie) aangewys word: die ouderlinge van Durban
(1) Richardsbaai
(1) Empangeni
(1) |
4.6. VERKIESING VAN NUWE
RINGSKOMMISSIE
1. Dat die volgende lede van die vergadering
tot die Ringskommissie verkies word:
1.1. Die vergadering verkies tot voorsitter
Ds.
1.2. Die vergadering verkies tot skriba
Ds.
1.3. Die vergadering verkies tot ouderlingslede van
die Ringskommissie
(1)
(2)
(3)
2. Dat die volgende lede van die vergadering
tot sekundi vir die Ringskommissie verkies word:
2.1. Die vergadering verkies tot sekundus vir die
voorsitter
Ds.
2.2. Die vergadering verkies tot sekundus vir die
skriba
Ds
2.3. Die vergadering verkies tot sekundi vir die
ouderlingslede van die Ringskommissie
(1)
(2)
(3)
|
AANBEVELING 1.
Dat
die volgende lede van die vergadering aangewys word as lede van die
Formuleringskommissie ·
die
nuutverkose sekundus van die skriba ·
ouderling
van Pietermaritzburg
(1) Pinetown (1) |
4.8. NOTULE
VAN DIE VERGADERING
|
AANBEVELING 1. Dat die notule van hierdie
vergadering, soos gebruiklik, deur die Ringskommissie versorg en voorlopig goedgekeur
sal word. 2.
Dat die notule vir kommentaar aan
alle kerkrade gestuur sal word. 3.
Dat
die Ringskommissie na ontvangs van kommentaar oor die korrektheid van die
notule, die notule finaal sal goedkeur en afhandel. 4.
Dat
die Ringskommissie die finale notule aan al die gemeentes sal voorsien en dat
dit op die ring se webbladsy geplaas sal word by www.geocities.com/pmb_za 5.
Dat elke gemeente, voor 31 Oktober 2002, die
ringskommissie sal antwoord op die ontvange notule. In hierdie antwoord aan die ringskommissie sal elke gemeente
die aksies uitstippel wat geneem is na aanleiding van die besluite in die
notule. |
4.9.
SITTINGSURE
|
AANBEVELING 1. Dat
die vergadering die volgende sittingsure aanvaar: Vrydag
7 Junie 2002 19:00 - 20:30 Eerste sitting 20:30
- 20:50 Tee 20:50 - 22:30 Tweede sitting Saterdag 8 Junie 2002 08:00 - 10:00 Derde sitting 10:00 - 10:20 Tee 10:20 - 12:30 Vierde sitting 12:30 - 13:15 Middagete 13:15 - 14:15 Vyfde sitting 14:15 - 14:30 Tee 14:30 - 16:00 Sesde sitting 16:00
Beplande einde van die verg. |
4.10.
UITBREIDING VAN DIE AGENDA
|
AANBEVELING 1. Dat
die agenda soos volg uitgebrei word:
_____________________________________________
_____________________________________________
_____________________________________________
_____________________________________________
_____________________________________________ |
1. BELYDENIS
Pietermaritzburg Ds T Dreyer Dr W van Schoor
Durban Dr W van Schoor Ds J Pieterse
Durban-Suid Ds J Pieterse Ds T Dreyer
Empangeni Ds J Minnaar Ds P Harmzen
Laer Suidkus Ds H la Grange Ds Erik Oosthuizen
Richardsbaai Ds E Oosthuizen Ds H la Grange
Pinetown Ds P Harmzen Ds J Minnaar
|
AANBEVELING 1.
Dat die konsulente aangewys word soos voorgestel. 2.
Dat die vergadering met groot dank en waardering kennis
neem van al die predikante in die Ring wat soms onder moeilike omstandighede
hulle ampswerk doen. |
2.1.2 RINGSVISITASIE
2.1.2.1 FORMAAT
VAN VISITASIES BY GEMEENTES
Die volgende besluite is deur die Ringsvergadering
goedgekeur ten opsigte van visitasies.
KERKORDE
ORDINANSIE 3.4.2
(vi) sien toe dat
die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een
predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf
deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die
opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin
(c) herderlike besoeke by die predikante,
emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by
predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar
predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes
word elke jaar besoek
(b) die visitasiekommissie stel die agenda
vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike
jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na
die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en
verder handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig,
self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die
Ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
VISITASIEGELEENTHEID
* Die tyd en
plek van die visitasie aan 'n gemeente word minstens 6 weke voor die beplande
datum in oorleg met die kerkraad deur die ringskommissie vasgestel
* Die
visitasiegeleentheid is 'n volwaardige kerkraadsvergadering
* Vir die
duur van die visitasiegesprek wat tydens die kerkraadsvergadering plaasvind,
neem die voorsitter van die visitasiekommissie die voorsitterstoel in.
* Tensy
anders deur die visitasiekommissie met die betrokke kerkraad ooreengekom, neem
die kerkraadsvergadering om 19:00 in die gemeente se kerkgebou in aanvang
* Voor die
begin van die kerkraadsvergadering, is die gemeente verplig om al die boeke of
dokumente wat volgens die diskresie van die visitasiekommissie op die visitasie
betrekking het, op versoek aan die visitasiekommissie beskikbaar te stel op 'n
tyd en plek wat die visitasiekommissie met die voorsitter of skriba van die
kerkraad sal afspreek.
* By die
vooraf-geleentheid sal die voorsitters van die volgende kerklike organe in die
gemeente verkieslik teenwoordig wees:
** Kerkraad
**
Ouderlingevergadering
**
Diakensvergadering
** kerklike goedere
komitee
* As die
visitasiekommissie te eniger tyd by die vooraf geleentheid besluit om agter
geslote deure te vergader, moet alle ander persone wat teenwoordig mag wees,
die besluit eerbiedig.
* Die
voorsitter van die visitasiekommissie kan ook vooraf met die predikant van die
gemeente 'n afspraak maak vir huisbesoek by die pastorie.
HUISBESOEK AAN
PREDIKANTSPAAR
* Die
voorsitter van die visitasiekommissie doen huisbesoek by die predikant en sy
gesin.
* Die
pastorale gesprek verloop soos die voorsitter van die visitasiekommissie
besluit.
JAARVERSLAE AAN DIE
RINGSVERGADERING
* Die
voorsitter van die visitasiekommissie ontvang minstens 7 dae voor die visitasie 'n afskrif van die gemeente se jongste
jaarverslae, wat deur die kerkraad goedgekeur is, van die skriba van die
gemeente.
NASIEN VAN DIE GEMEENTELIKE
BOEKE
(NB: Die nommer langs die items hieronder is 'n
aanduiding van die prioriteit wat die item by die visitasie moet geniet en die
werkswyse wat die kommissie moet volg.
1. Moet eerste en deeglik
behandel word
2. Doen verkieslik al is
dit oorsigtelik
3. Neem kennis van die
bestaan en toestand)
* Die boeke
wat deur die visitasiekommissie nagegaan moet word, sluit die volgende in:
** notules van:
- (1)
Kerkraadsvergadering
- (1)
Ouderlingevergadering
- (1)
Diakensvergadering
- (1) Werkgroep
Kerklike Goedere
- (2) werkgroepe
- (2) Diensgroepe
- (2) NHSV
- (2) NHJV
- (2) en ander
** (3) huidige
wykslyste (belydende- en dooplidmatelys)
** (3)
kategeseregister
** (3)
lidmaatregister
** (3) doopregister
** (3) leêrs met
ringsradenotules
** (3) leêrs met
afskrifte van notules van alle binne gemeentelike vergaderings
** (1) alle finansiële
boeke (jongste offergawestate ingesluit)
** (3) finansiële
state van die afgelope jaar
** (3)
transportaktes en ander derglike dokumente
** (3)
versekeringsdokumente
** (3) enige ander
dokumente wat na die mening van die visitasie kommissie ter
sake is vir die doeleindes van die visitasie
* WAARSKUWING:
Die geleentheid voor die kerkraadsvergadering waartydens die lede van die
bogenoemde komitees teenwoordig is, is nie bedoel vir die vrae wat by die
kerkraadsvergadering afgehandel moet word nie. Hulle teenwoordigheid is bedoel
slegs vir die inwin van inligting en die uit die weg ruim van onduidelikhede
wat opgeklaar kan word sonder dat dit die opsiggesprek van die
visitasiekommissie met die kerkraadsvergadering nadelig raak. Onder geen
omstandighede kan of mag die visitasiekommissie deur hierdie lede te raadpleeg,
die kerkraadsvergadering omseil of
vervang nie. Terselfdertyd moet die opsiggesprek nie beperk word tot blote
ophaal van tegniese foute wat in notules en ander dokumente opgespoor is, of
die herhaling van die inhoud van die oudit- en jaarverslae nie.
AGENDA VAN DIE KERKRAADS- /
VISITASIEVERGADERING
* Die
vergadering volg die rubrieke van die Kerkorde
* Die
vergadering gebruik die jaarverslae as die uitgangspunt vir die gesprek.
* Die gesprek
moet egter nie net tot herbevestiging van antwoorde wat hulle tevore in hierdie
verslag verstrek het, beperk wees nie aangesien dit sou lei tot 'n herhaling
van die wat die Kerkraad reeds afgehandel het.
* Al die
rubrieke in die Kerkorde moet aan die orde gestel word en nie net die wat na
die mening van die kommissie moontlike probleemvelde is nie. As dit op 'n
spesifieke terrein goed gaan, moet die kommissie die kerkraad toelaat om dit
aan die kommissie te sê.
* Die
ringskommissie sal telkens by visitasies ook die kerkrade se jongste besluite
oor die betrokke gemeentes se bedieningsbeplanning en -prioriteite ter insae
kry.
* Die
visitasiekommissie kan hiernaas ander sake wat na vore gekom het uit die
kontrolering van enige van die gemeente se boeke aan die orde stel.
* Net so kan
enige lid van die kerkraad ook sake op die agenda plaas.
* Die
vergadering vind sover moontlik gesprekmatig plaas om sodoende vrymoedigheid by
die kerkraadslede om saam te praat, aan te moedig. Daarom is die werkswyse om
vooraf spreekbeurte te vra nie hier die ideaal nie.
* Die
kommissie gee by elke rubriek aandag aan die twee fasette daarvan:
* Binne-gemeentelike
arbeid
* Sinodale
betrokkenheid van die gemeente op daardie besondere terrein (dit wil sê die uitvoer
van al die gemeente se verpligtinge ten opsigte van die meerdere vergaderings,
statutêre rade, organe van bystand en komitees van die Kerk)
* Die
visitasiegesprek moet die kerkraad aanmoedig tot beter prestasie en groter
gehoorsaamheid aan God en nie aftakel nie.
* Die
visitasiegesprek moet ook hulpverlenend en raadgewend wees.
* Die
visitasiekommissie moet nie sake waarvan hulle bewus raak doelbewus vermy of
omseil nie, maar na sy eie diskresie met fyn aanvoeling en liefde hanteer. So
nie, moet die saak aan die ringskommissie deurgegee word vir oorleg en aandag.
NOTULE VAN DIE
KERKRAADSVERGADERING
* Die
vergadering word genotuleer deur beide die gemeente se skriba en 'n lid van
die visitasiekommissie wat vooraf deur die kommissie uit sy eie geledere
aangewys word.
* Die skriba
van die kerkraad stuur binne 7 dae na die visitasie 'n afskrif van die kerkraad
se eie notule aan die sekretaris van die visitasiekommissie.
* Die
sekretaris van die visitasiekommissie verseker dat al die sake wat tydens die visitasievergadering
met die kerkraad aangeroer is, behoorlik genotuleer is in die kerkraadsnotule.
So verseker die kommissie dat die kerkraad aandag daaraan kan gee.
* Die
sekretaris van die visitasiekommissie besorg binne 7 na ontvangs van die
kerkraadsnotule (dus 14 dae na die visitasie) sy eie notule en die van die
kerkraad aan die voorsitter van die visitasiekommissie.
VERSLAG AAN DIE
RINGSKOMMISSIE
* Die
voorsitter van die visitasiekommissie besorg binne 7 dae na sy ontvangs van die
notules van die visitasiekommissie se sekretaris (dus 21 dae na die visitasie)
'n volledige skriftelike verslag aan die skriba van die ring oor die handelinge
en bevindinge van die visitasiekommissie.
* Die verslag
bevat:
** die
notule van die visitasiekommissie
** die notule
van die kerkraad
** die
ingevulde vraelys oor die nasien van die gemeente se boeke / dokumente wat vir
die doel verskaf is
** 'n
verslag geskryf deur die voorsitter oor die visitasiekommissie se indrukke van
die vergadering
* Die verslag
van die voorsitter volg die rubrieke en numering van die jaarveslae as riglyn.
FREKWENSIE VAN
RINGSVISITASIES
* Die
Kerkorde vereis dat minstens drie jaarliks tussen AKV en AKV by die elkeen van
die gemeentes visitasie gedoen word.
DEELSORG STANDPLASE
Die ringskommissie het opdrag om oor die volgende
twee sake opsig te hou:
a. Opdrag van die predikant
in deelsorg
* Dat aan
alle kerkrade met deeltydse- en deelsorg-predikante opdrag gegee word om
** die totale bediening in die gemeentes jaarliks te beplan in terme
van die beroepsbrief
** die beroepsbriewe van daardie predikante, in samewerking met die
betrokke predikante en die ringskommissie, te hersien om voorsiening te maak
vir die daarstelling van 'n realistiese werkopdrag en 'n billike verwagting by
die kerkraad ten opsigte van veral die huisbesoek van die predikant.
b. Versorging van die
deelsorgpredikant
* Dat aan die
ringskommissie opdrag gegee word om jaarliks aandag te skenk aan die
versorgingsvoordele van deeltydse- en deelsorg predikante in die ring en indien
nodig, aanbevelings aan die betrokke kerkrade te maak.
Neem asseblief kennis van die volgende:
* Visitasies
sal aan die hand van die formaat in gemeentes gehou word.
* Die jongste
jaarverslae sal steeds as vertrekpunt van die vergadering dien.
* Deelsorgstandplase
moet ook kennis neem dat die Ringsvergadering die ringskommissie se opsig oor
die opdrag van die predikant in deelsorg en versorging van die deelsorg
predikant herbevestig het
* Tydens
visitasies word die gemeente se totale bedieningsbeplanning en prioriteite ook
verlang.
Visitasiekommissies moet daarop let dat die vraelyste soos vervat in die Riglyne vir Staande Prosedures rondom vistasies per besluit van die 2001 vergadering voortaan ook deel van die visitasieverslag moet uitmaak.
Daar is in die afgelope termyn van die Ringsvergadering
visitasie gedoen by
vyf van die Ringsgemeentes.
Die gemeentes Durban Suid, Pietermaritzburg,
Pinetown en Laer Suidkus is deur die aangewese
visitasiekommissies
besoek.
2.1.2.2 VISITASIEVERSLAG:
PINETOWN
Die visitasiekommissie van die gemeente Pietermaritzburg bestaande uit Ds.
Harmzen en ouderlinge JH Du Plessis en BH Pieterse het op 6 Maart 2002 besoek
afgelê by die gemeente Pinetown.
Die boeke en registers is vooraf nagesien en vraelyste is aan Dr. van
Schoor en van die Kerkraadslede oorhandig vir voltooiing.
Na afhandeling van die nasiening is ‘n vergadering ‘n kommissie van die
Kerkraad bygewoon.
Die gemeente word geluk gewens met die stand van die boeke en registers.
Slegs enkele leemtes is met die vergadering bespreek.
Pinetown is steeds ‘n deelsorg standplaas en poog die gemeente steeds om
die predikant se vergoedingspakket te verbeter. Die kommissie het groot
waardering hiervoor en die Kerkraad is versoek om sover moontlik hierop voort
te bou.
Die predikant en sy gesin is baie gelukkig in die gemeente en voel dat
die gemeente baie positief teenoor die kerk en teenoor hulle is.
In soverre dit die funksionering van die gemeente betref is die
predikant en die Kerkraad baie tevrede.
Die Kerkraad besoek die pastorie voor elke nagmaal en het ook ‘n
kommissie aangestel wat kwartaalliks besoek
by die pastorie aflê en algemene sake bespreek.
Die Kerkraad beleef die eredienste as baie leersaam en spreek hul
dankbaarheid hieroor uit.
Die prediking is Belydenisgetrou en besprekings vind gereeld hieroor
plaas.
Die Kerkraad is tevrede met die funksionering van die kategese en die
predikant se betrokkenheid daarby.
Betrokkenheid vanaf die kant van die jeug bly egter steeds ‘n
bekommernis.
Gereelde huisbesoeke deur die predikant en Kerkraad vind plaas en daar
word op temas besluit wat met die gemeente tydens die besoeke hanteer word.
Die Kerkraad is dit eens dat die gemeente goeie samewerking gee maar
versoek ook dat die Kerk kennis neem dat tye verander en dat gemeentes al hoe
meer sukkel en dit nie meer so maklik kan bybring nie.
Die kommissie spreek sy dank uit vir die gemeente en Kerkraad se
positiewe gesindheid en die wyse waarop die visitasie beleef is.
|
AANBEVELING 1.
Dat
die verslag aanvaar word. 2. Dat die gemeente versoek word om die vergadering in te lig oor die werkswyse van die kommissie wat besoek by die pastorie aflê. |
2.1.2.3 VISITASIEVERSLAG: DURBAN SUID
Die visitasie is gehou op 5 Maart volgens die reëling wat in die Ring
bestaan dat daar jaarliks visitasie gedoen word by gemeentes met deeltydse
standplase. Die staande werksprosedures van die Kerk is gevolg en elke verslag
is afsonderlik ingevul volgens die voorskrifte.
Die kommissie het bestaan uit die konsulent van gemeente Durban-Suid,
Ds. Jacques Pieterse, en twee ouderlinge van Laer Suidkus, Jan Smith en Harry
Roeloffze. Die kommissie is met groot gasvryheid ontvang en die positiewe
gesindheid van beide die predikant en die kerkraad te midde van moeilike
omstandighede was werklik verblydend om
te ervaar.
Die verslag verloop verder volgens die bylae vir visitasies in die
Staande Werksprosedures in die Hervormde Kerk.
GEMEENTELIKE- EN OUDERLINGEVISITASIEVERSLAG
(Daar moet in ag geneem word dat hierdie verslae deur
individue ingevul is, en daar daarom nie sondermeer aanvaar kan word dat die
opinies wat uitgespreek is die opinie van die gemeente en die
Ouderlingevergadering as ’n geheel is nie. )
Wat die prediking bestref blyk dit dat daar groot
tevredenheid is. Ds. La Grange doen moeite met die voorbereiding van die
eredienste, en daar word altyd ’n verstaanbare, positiewe boodskap gelewer wat
geestelike groei bevorder en geloofsopbouend in die gemeente meewerk. Die
ouderlingeverslag meld dat die gemeente geseën is met ’n “buitengewone
prediker”. Daar is groot tevredenheid met die prediking van Ds. La Grange.
Die eredienste word gehou volgens die voorskrifte van die Kerk en daar word
gereeld sangoefening gehou om nuwe liedere aan te leer, en lofprysing te doen
voordat die erediens begin. Die sakramente word volgens die voorskrifte van die
kerk bedien, en geen probleme is onder die aandag van die kommissie gebring
nie.
Onder kategese word vermeld dat die kategete goeie
werk in die gemeente doen, en dat daar volgens die jaarbeplanner by die lesse
vir elke week gehou word. Ds. La Grange is betrokke by die kategese in soverre
die wisseling van die eredienste tussen die Bluff en Amanzimtoti dit toelaat,
en is ook nou betrokke by die katkisering van die finalejaars. Volgens die
ouderlingeverslag is daar ’n behoefte aan meer ouderlinge om betrokke te raak
by die katkisering van die kinders van die gemeente.
’n Jeugvereniging bestaan wel in die gemeente, maar
melding is nie in die verslag gemaak van presies wat die aktiwiteite is wat
plaasvind nie. Die jeug blyk wel aktief besig te bly in die gemeente. Ds. La
Grange is betrokke by die reëling van en bywoning van ’n jaarlikse jeugkamp, en
doen pastorale berading by die Port Natal skool op ’n weeklikse basis tydens
skoolkwartale. Dit bly egter ’n probleem om meer kinders betrokke te kry, soos
ook maar blyk uit die verslae van ander gemeentes oor dieselfde saak.
Die predikant doen huisbesoek in die mate waarin die
deeltydse bediening hom toelaat. Wanneer daar huisbesoek gedoen word, word dit
positief en opbouend beleef, soos ook wanneer die predikant siekebesoek doen en
daar gemeld word dat hy altyd positief, opbouend en empaties met siek
lidmate te werk gaan. Die predikant is te alle tye beskikbaar om lidmate te
begelei by die afsterwe van geliefdes, en is vir hulle ’n bron van krag in die
tyd van droefheid. Die predikant was
telkens beskikbaar om lidmate met probleme by te staan, hetsy by die pastorie,
of deur hulle tuis te besoek.
Die ouderlingverslag meld dat daar gereeld huisbesoek
deur ouderlinge gedoen word. As die tendens onder alle ouderlinge dieselfde is
as die een wat by die ouderling wat die verslag ingevul het te bespeur is, is
daar geen rede tot kommer nie, en word die opsigtaak na behore uitgevoer.
Uit die verslag blyk dat die diakens gereeld by die
lidmate aan huis kom om hulle ampswerk te verrig. Daar is ’n goeie verhouding
tussen die lidmate en die diakens, wat die offergawes insamel, en ook “die
goeie verhoudings met lidmate bly bou”.
Daar is geen probleme te vermeld met die verhouding
van lidmate met die predikant of sy gesin nie, en dit blyk dt die gees in die
gemeente oor die algemeen besonder goed is. Lidmate is positief, en daar word
hard gewerk aan die instandhouding van die deeltydse standplaas.
KERKRAADSVISITASIEVERSLAG
Notulering van die besluite van vergaderings blyk
meestal in orde te wees. Die notules van die kerkraadsvergadering is in orde
gevind. Die ouderlingevergaderings se notules is nie almal in orde nie. Vir die
hele jaar 2000 is daar geen notules van enige ouderlingevergadering te
Durban-Suid te vind nie. Belangrike inligting het op hierdie wyse verlore geraak.
Die kerkraadsvergadering het opdrag aan die ouderlingevergadering gegee om
beplanning vir die deeltydse standplaas te doen. Die besluit is uitgevoer, maar
die notule wat spesifiseer hoeveel tyd Ds. La Grange in die gemeente spandeer
in oorleg met sy pos as Kapelaan by die CSO, en die gemeente se deeltydse
status, is weg. Daar is geen genotuleerde besluite oor presies wat van die
predikant by Durban-Suid verwag word nie, en dit kan onrealistiese verwagtinge
van die predikant se ampswerk by lidmate sowel as kerkraadslede skep omdat daar
geen dokument ter tafel is waarheen daar op navraag inligting van verhaal kan
word nie. Omdat daar ook van geen van die notules enige lêers met afskrifte in
die gemeente argief gehou word nie, is die inligting nou totaal verlore en sal
die vergadering weer oor die saak moet besin en ’n notule opstel.
Nadat ’n notuleboek met etlike jare se notules
verlore geraak het in die pos oppad na ’n ouditering van die boeke te Pretoria,
het die Ouderlinge besluit om nie meer as een jaar se notules saam te bind in
’n dokument om te keer dat soveel notules weer verlore kan raak nie. Dit blyk
egter dat die nuwe stelsel van notule-bewaring nie heeltemal die probleem
oorkom het nie, omdat die notules (dalk vanweë hulle grootte?) steeds wegraak.
Die notules van die Diakensvergaderings was nie
beskikbaar vir nasiening nie.
Die gemeentevergadering se notules vir die jaar 2000
kon ook nie ter insae van die kommissie dien nie. Ander notules is in orde
gevind.
Die notules van die Finansiële Komitee is in orde
gevind, en die kommissie het die kerkraad geluk gewens met die ommekeer van die
dreigende opheffing van die standplaas in 2001. Die finansiële stand van die
gemeente het merkwaardig verbeter in die afgelope jaar, en dit getuig van baie
harde werk, deursettingsvermoë en die geloof om te weet dat die Heer van die
Kerk sorg. Alle sterkte word die gemeente toegebid vorentoe. Die gemeente werk steeds aan die doel om die
standplaas volledig te herstel.
Geen ander komitees bestaan waarvoor daar notuleboeke
aan die kommissie gegee kon word nie. By Durban-Suid bestaan tans nie ’n NHSV
nie, maar die dames het hulle beywer vir die stigting van ’n Vroueforum.
Die dames is tans besig om onder leiding van Mev. La Grange en die kerkraad
struktuur te gee aan die Forum, en notules behoort teen volgende jaar al
beskikbaar te wees vir nasiening. Die Forum word geadministreer deur ’n
voorsitter en drie ander verantwoordelike persone en doen fondsinsameling met
die uitsluitlike doel om die gemeente se standplaas te help in stand hou. Alle
fondse word hanteer deur die kasier van die gemeente en ge-ouditeer deur die
Finansiële komitee op ’n maandelikse basis.
Die konsistorieboek is korrek en volledig ingevul.
Daar is ’n bateregister wat op datum is in besit van
die Goederekomitee.
Die lidmaatregister en doopregister is volledig en
korrek ingevul.
Van die predikant se verlof word register gehou in
die notules van die Ouderlingevergadering en daar word toegesien dat daar gehou
word by die verlofreëlings in die Kerk.
Alle vergaderings in die gemeente word gehou volgens
die besluite van die kerk.
Toerustingsgeleenthede word gereeld aangebied vir die
volle kerkraad, en ook vir ouderlinge en diakens afsonderlik. Toerusting word
ook gehou d.m.v. herderlike skrywes wat aan die hele gemeente gegee word.
Alle aansoeke om lidmaatskap word hanteer volgens die
reëlings in die Kerk.
Dankoffers word gereeld by al die lidmate ingesamel.
Die gemeente beskik oor ’n Finansiële Komitee en is
oortuig daarvan dat hulle na behore omsien na die finansies van die gemeente.
Die finansies lyk tans baie gesonder as ’n jaar terug en die begroting, soos
opgestel vir ’n deeltydse standplaas het vir die jaar 2001 ’n oorskot getoon.
Voorsiening word gemaak om die hulpbehoewendes binne
en buite die gemeente by te staan.
Die predikant word tans as deeltydse predikant
versorg teen 50% van die aanbevole
skale van die administrateur van die Kerk.
Alle finansiële verpligtinge teenoor die Kerk se
barmhartighiedsdiensinstansies, apostolaatsinstansies ens. is nagekom. Die
gemeente belê alle surplusfondse by die Kerk.
Alle geboue en toerusting is na behore verseker.
PREDIKANTSVISITASIEVERSLAG
Die predikant is positief teenoor die ampswerk in die
gemeente. Die kerngroep van die gemeente is ’n bron van groot ondersteuning,
wat werklik gelowig meeleef en dankbare diens aan die Kerk en die Heer van die
Kerk lewer.
Wat negatief beleef word is die gevolge van die
deeltydse standplaas van die gemeente. Dit ontneem die predikant wat in só ’n
posisie werk daarvan om al sy aandag en tyd volledig aan die gemeente en haar
lidmate te kan wy. Die verwagtinge van die lidmate in ’n gemeente met ’n
deeltydse bediening, is nie altyd in lyn met die hoeveelheid tyd wat ’n
deeltydse predikant in ’n gemeente kan spandeer nie.
Ten spyte van die deeltydse bediening funksioneer die
gemeente tans goed. Die predikant en sy gesin is gelukkig in die gemeente, ten
spyte van die druk skedule en gevolglike tydtekorte wat daar in ’n deeltydse
bediening bestaan. Interne konflikte onder lidmate en ’n sporadiese gebrek aan
eensgesindheid maak dit nie makliker nie.
Die predikant en sy gesin word pastoraal versorg deur
die wyksouderling wat hulle kwartaalliks besoek.
Die predikant beveel aan dat die gemeente se
administrasie ’n prioriteit vir aandag is.
KONKLUSIE
Die gemeente Durban-Suid het besonder goed presteer
in die afgelope jaar ten spyte van groot druk. Oor die algemeen vind die
kommissie dat dit met die gemeente goed gaan, en dat daar geen rede tot kommer
oor Durban-Suid hoef te bestaan nie. Die werk in die gemeente getuig van manne
en vroue wat die Here liefhet, en die Kerk se belange op die hart dra.
Daar sal egter gekyk moet word na die verwagtinge wat
die gemeente van die ampswerk van die predikant het. Voordat daar nie besluite
genotuleer staan waaraan almal in die gemeente hulle kan hou nie, gaan daar
onrealistiese verwagtinge wees en is daar rede vir misverstand en konflik. Die
saak behoort as prioriteit hanteer te word.
Ons bid u sterkte toe.
|
AANBEVELING
|
2.1.2.4 VISITASIEVERSLAG: LAER SUIDKUS
Die visitasie aan Laer Suidkus was gewone
roetine-visitasie wat een maal elke drie jaar (tussen Algemene
Kerkvergaderings) aan elke gemeente in die ring gebring behoort te word.
(Hierdie was dus nie `n visitasie wat in die oog gehad het om enige probleme
aan te spreek of om opsig te hou oor die gedeeltelike versorging van `n
predikant nie.)
Die visitasiekommissie het bestaan uit
twee ouderlinge van die Gemeente Durban-Suid, die voorsitter van die
Ringsdiakensvergadering, en die konsulent van die gemeente.
Die visitasie het, per besluit van die
Ringsvergadering, verloop streng
volgens die riglyne vir staande prosedures van die Kerk.
Die Kommissie het alle boeke en dokumente
wat deur die riglyne vereis word ter insae gehad. Hierdie gemeente verdien die hoogste lof vir die goeie orde in
hulle administrasie. Hulle
administrasie is foutloos bevind.
Die voorsitters van die betrokke kerklike
organe, en persone wat leiding neem en verantwoordelikheid aanvaar vir die
verskillende fassette van die gemeente se lewe en werk, het die Kommissie te
woord gestaan en het op alle vrae antwoorde kon gee. Die toewyding van hierdie
lidmate en ampsdraers is duidelik te bespeur.
Die Kerkraadsvergadering is daarna vir `n
kort rukkie deur die voorsitter van die visitasiekommissie gelei, waartydens
die gemeente van harte gelukgewens is met hulle uitmuntende werk, en hulle is
aangespoor om met voort te gaan om die
goeie voorbeeld vir ander gemeentes te wees wat hulle tans is, en oor
die afgelope aantal jare reeds is.
Net een saak het by die visitasiekommissie
kommer gewek: Laer Suidkus steun baie swaar op fondsinsameling om die gemeente
in stand te hou. In die mate dat dit
blyk dat geen verdere moontlikhede vir fondsinsameling voorsien is naas die wat
reeds aangepak is nie. Nietemin toon
die gemeente se state `n tekort aan inkomste vir die jaar 2001, en `n bykans
onoorkomelike voorsiene tekort aan die einde van 2002. Hiervoor het die
kerkraad ten tye van die vergadering nie raad gehad nie. Maar daar is onmiddellik besluit dat daaraan
dringende aandag gegee sou word.
|
AANBEVELING
2. Visitasiekommissie
beveel aan dat die Kommissie van die Ring die voorsiene tekort op begroting
vir 2002 met die gemeente Laer Suidkus se kerkraad opvolg om te verseker dat
die gemeente se finansiële stand nie die bediening aldaar knou nie. |
2.1.2.5 VISITASIEVERSLAG:
PIETERMARITZBURG
Besoek is op 5 Maart 2002 van die Visitasiekommissie van die gemeente
Durban ontvang.
1. Opening:
Ds. Harmzen open die vergadering met gebed waarna hy
die afvaardiging van Durban welkom heet en die stoel aan Ds. Dreyer oorhandig.
2. Besprekings:
Ds. Dreyer bedank die kerkraad vir die geleentheid en
meld dat die gemeente se boeke en die afgelope jaarverslag deurgewerk is.
Die volgende word bespreek:
2.1 Apostolaat:
Geen uitbetaling ten opsigte van Apostolaat is gedoen
nie.
Die versoek word gerig dat meer spesifieke antwoorde
gegee word by die voltooiing van die verslae en dat ander kerke ook
gemobiliseer word.
Die voorsitter stel ook voor dat Ds. Harmzen ‘n gemeentebou
kursus deurloop.
2.2 Erediens:
Die ouderlingevergadering het in die verslae gemeld
dat eredienste meelewend en dinamies is.
Op versoek van die voorsitter word hierdie aspekte
meer toegelig – afwisseling vind plaas deur bv. die sing van die Belydenis,
stel van vrae tydens preke en afwisseling van nagmaalgeleenthede.
2.3 Ekumene:
Die kommissie stel voor dat meer gesamentlike dienste
gehou word – bv. Hervormingsondag en dat sprekers genooi word om na dienste op
te tree.
2.4 Gesinsorg:
Voorsitter vra dat die formulier vir die bevestiging
van kategete gebruik word.
2.5
Algemene
opmerkings:
Die doop – en Lidmaatregisters is netjies en op
datum. Die vergadering word bedank
Die vergadering moet kyk na die bestuur oor
finansiële sake met spesifieke verwysing na besluite.
Handtekeninge ontbreek op party plekke in die
konsistorieboek. Prosedures moet reg gevolg word.
Gemeente word geluk gewens met die basaarinkomste van
R 22,000.00
Die voorsitter het nie beswaar dat finale jaars as
hulpdiakens gebruik word nie
2.6
NHSV
Notule meld dat ‘n spesifieke persoon genader moet
word vir goedkeuring van uitgawes – notule was nie korrek geskryf nie moet lees
“dagbestuur”.
Voorsitter versoek dat dit so reggestel word.
2.7
Ouderlingevergadering:
Die voorsitter komplimenteer die vergadering met
betrekking tot die regstelling van ‘n vorige fout.
Navraag word gedoen rakende die simboliese bydrae van
R 2.00 per kind en die vergadering antwoord dat dit die kinders leer om
betrokke te wees.
Die gemeente word gekomplimenteer met die ouderlinge
wat mekaar voor nagmaal besoek asook met die instelling van die koffiekroeg.
Daar is waardering vir die ouderlinge se besordheid
oor die hou van huisgodsdiens. Die ouderlinge se algemene gevoel is dat
huisgodsdiens steeds belangrik is.
Die ouderlinge word gemaan oor hul erediensbywoning
en daar moet verseker word dat die register tydens eredienste geteken word.
Dit is opvallend dat nagmaal oor twee Sondae strek –
rede is om almal die geleentheid tot nagmaal te gee.
Die voorsitter meld dat die gemeente se besluit om
die predikant vry te stel met die dra van ‘n toga foutief is. Die bedoeling was
om dit slegs in uiterste weerstoestande toe te staan maar die besluit sal
herroep word.
Op ‘n vraag rakende die vordering met gemeente
projekte word geantwoord dat dit meestal goed gaan en dat wyke mekaar in die
proses ook leer ken.
Drie lidmate was as kerkraad verkies maar is nog nie
voorgestel nie. Die vergadering antwoord dat die voorstelling eerskomende
Sondag geskied.
2.8
Diakens:
Die komitee spreek hul opgewondenheid uit rakende die
diakens se betrokkenheid en meelewendheid..
Die versoek word gerig dat die notules meer georden
word in soverre dit die struktuur betref. Die kommissie onderneem om ‘n
voorbeeld soos tans goedgekeur aan die diakens te voorsien.
Die bywoning van vergaderings is goed en daar word
versoek dat die notules getik moet word.
Probleemgevalle word genotuleer. Dit is verkieslik
dat name nie genoem word nie. Na ‘n verduideliking van die vergadering versoek
die voorsitter dat dit met omsigtigheid hanteer word.
Op navraag word gemeld dat die vergoeding van diakens
ingestel was om diakens met brandstof onkostes te help.
Besprekings word gehou wat nie betrekking het op die
diakens se taak nie. Die diakens is op baie gebiede betrokke en dit spreek
vanself dat besprekings wel tydens vergaderings plaasvind.
Uitbetalings word nie in die diakensvergadering
genotuleer nie – dit sal in die toekoms gedoen word.
3.
Afsluiting
Die voorsitter bedank die vergadering en meld dat dit
aangenaam was om saam te verkeer waarna hy die vergadering met gebed afsluit.
AANBEVELING 1. Dat
die verslag aanvaar word |
2.1.2.6
VISITASIEVERSLAG: EMPANGENI
1.
Inleiding
Ds Minnaar maak dit duidelik dat visitasie in die
kerk daarop gerig is om tot die opbou van ‘n gemeente en die kerk te dien. Die
visitasiekommissie het nie insae in al die boeke van die gemeente gehad nie
aangesien sommige by die ouditeure vir oudit is en kan dus net reflekteer op
dit wat voorhande is.
2.
Registers
In die doopregister kort daar 2 inskrywings in 2001
wat regestel moet word. Dit blyk ook dat geen katkisante in 2001 belydenis
afgelê het nie aangesien daar geen inskrywings in 2001 van sodanige aard in die
lidmaatregister is nie. Die kerkraad bevestig dit en stel dat die katkisante
eers in Februarie 2002 belydenis afgelê het aangesien daar nie in 2002 ‘n
predikant in die gemeente was nie. Daar word wat die gemeenteregister betref
oorgeskakel na ‘n nuwe rekenaarprogram wat saam met die offergaweboeke hanteer
word, oorgeskakel en sal binnekort in werking wees.
3.
Kerklike Goedere
Wat diakonale fondse betref blyk dit dat die diakens
in beheer is van daardie fondse. Indien daar fondse beskikbaar is, word
diakonale verpligtinge van die kerk ook nagekom. Ten opsigte van hulpverlening
aan hulpbehoewendes in die gemeente het die gemeente nie ‘n aksieplan nie, maar
hanteer die saak met behulp van omgeegroepe. Die gemeente het nie die diakonale
jaarverslag ingedien nie, aangesien hulle nie een ontvang het nie. Die gemeente
het egter ook nie laat weet dat hulle nie een ontvang het nie.
Met die verkoop van die pastorie het daar groot
finansiële verligting vir die gemeente gekom wat tot gevolg het dat die
gemeente tans geen skuld het nie en dat hul heffings tot op datum betaal is. Al
gelde wat uitstaande is, is die kerkgeld vir kerkwerkskema. Die gemeente het
nou geld op belegging. Die kerkraad en gemeente beplan steeds funksies om geld
in te samel aangesien die gemeente in
die rigting werk om hul predikant ten volle te versorg. Die kerkraad weet ook
dat hul moet voorsiening maak vir die kerkgebou wat binnekort instandhouding
nodig gaan hê.
Rondom offerbereidheid is daar ‘n nuwe gees in die
gemeente en die kerkraad het volle vertroue dat hulle hul teiken van R47.00 per
lidmaat per maand sal haal. Die kerkraad is ook baie tevrede dat die finansiële
komitee die finansies van die gemeente goed bestuur. Die laaste twee maande was
daar ook ‘n oplewing in die dankoffers van die gemeentelede wat die kerkraad
toeskryf aan nuwe lidmate en die bediening van die twee predikante.
4. Pastoraat
Daar is ‘n algemene gevoel dat die twee nuwe
predikante in die gemeente by al die sake uitkom wat van hulle verwag word.
Daar word ook baie moeite gedoen met die lidmate op Mandini. Die Jeug se
werksaamhede het ook skerp toegeneem. Die pastorale versorging van lidmate in
nood word goed hanteer en die kerkraad is tevrede dat die prediking op
standaard is. Die erediensbywoning het volgens die kerkraad in 2002 drasties
toegeneem. Daar word nie meer buitedienste op Eshowe gehou nie aangesien daar
slegs een besoekpunt is en die lidmate die dienste op Empangeni bywoon. Die
voorsitter versoek die kerkraad om toe te sien dat die lidmate steeds besoek
word. Die kerkraad ondersoek die moontlikheid om dienste by die Tugelamond te
hou.
Beide die twee predikante is ook afhanklik van ‘n
ander inkomste en werk. Die kerkraad is tevrede dat hulle by al hul kerkwerk,
insluitende voorbereiding daarvan uitkom. Die predikante deel die werk om die
beurt maar nie op ‘n vaste rooster nie. Die voorsitter dra sy dank oor aan ds
Oosthuizen wat sy kerkwerk sonder enige vergoeding doen, oor. Die lojaliteit
tussen die kerkraad en predikante is wedersyds baie positief. Ds Minnaar vra
dat kerkraad die saak met al die lidmate moet deurpraat dat hulle predikante
net deelsorg is en daarom nie noodwendig altyd beskikbaar is nie. Die
Ringskommissie was nie tevrede met al die dokumente rondom die benoeming van ds
van Rensburg nie. Dit blyk dat alle dokumente intussen deurgegee is. Rondom die
saak van die benoeming stel die kerkraad dat hulle so besluit het omdat dit net
vir een jaar geld en dan na ‘n jaar hersien word. Ds Minnaar vra dat indien dit
moontlik is om net vir ‘n jaar ‘n predikant te beroep, die kerkraad weer
daaroor moet dink en dit dalk op die basis doen wanneer die jaar verby is. Ds
van Rensburg is benoem vir jeugwerk en pastorale hulp en die situasie werk goed
op die oomblik. Die kerkraad onderneem om weer na die saak van benoeming en
beroep te kyk.
5. Gemeentefunksie
Die voorsitter meld dat met ‘n gemeentefunksie wat
gehou is, daar ‘n negatiewe koerantberig gepubliseer is oor gebeure met ‘n
motoris. Die kerkraad is tevrede dat die saak reg hanteer is en dat die
betrokke motoris sensasie gesoek het met die oordrewe berig wat geplaas is.
Hulle gaan nie daarop reageer nie en is tevrede dat niks verder hierrondom sal
gebeur nie. Dit bly egter jammer dat dit met die gemeente gebeur het en die
negatiewe berig geplaas is.
6.
Versoek van
Kerkraad
Die Kerkraad versoek dat ds van Rensburg ook by
vergaderings mag voorsit. Omrede hy benoem is, moet die konsulent in sulke
gevalle toestemming gee. Ds Minnaar wat die gemeente se konsulent is stel dat
indien sulke geleenthede hom voordoen, hulle welkom is om die versoek te rig en
daar nie ‘n probleem behoort te wees nie.
Ds Minnaar stel dat met die visitasie dit blyk uit die inligting tot die
visitasiekommissie se beskikking dit goed gaan met die gemeente Empangeni, en
hy baie dankbaar is daaroor. Hy vra die kerkraad om die hand van die Here raak
te sien en om God te prys daarvoor. Daar is twee “halwe” predikante wat alles
gee in hul gemeentewerk. Die predikante word sterkte toegewens met hul
gemeente- en ook ander werk en die kerkraad vir die werk aan hulle opgedra. Die
vergadering verskoon die visitatore.
|
AANBEVELING 1.
Dat
die Ringsvergadering hom uitspreek oor die benoeming van Ds Van Rensburg wat
deur die Kerkraad benoem is. Dit blyk dat Ds Van Rensburg feitlik die hele
spektrum van predikantswerk doen en kan dalk eerder in ‘n deelsorgstandplaas
beroep word. 2.
Dat
die gemeente terugvoer gee oor die verkoop van die pastorie. 3.
Dat
die verslag aanvaar word. 4.
Die
Ringsvergadering spreek sy kommer uit dat die hersiene werksopdragte van die
twee predikante nognie ontvang is nie. |
|
SAMEVATTENDE AANBEVELINGS 1. Dat kennis geneem word van die
verslae. 2.
Dat die afsonderlike
visitasiekommissies bedank word vir hulle werk in die verband. 3.
Dat elke gemeente wat ‘n
deelsorgbediening het, versoek word om steeds te beplan vir die herstel na ‘n
volle versorgde standplaas. 4. Dat
die gemeentes met deelsorgstandplase steeds jaarliks visitasie ontvang. 5. Dat
die visitasiekommissies bestaan uit die konsulent en twee ouderlinge van die
konsulentsgemeente. 6.
Dat die formaat (hierbo uiteen
gesit - sien 2.1.2.1) van visitasies
gebruik sal word as formaat van ALLE visitasies. 7.
Dat die visitasieverslae, die
formaat sal gebruik soos hierbo (2.1.2.1) uiteengesit. |
2.1.3 GEMEENTEBOUVERSLAG
Die volgende besluite is in 2001 geneem:
3. Dat die proses van gemeentebou as
beginsel gebruik word in
elke
gemeente van die ring.
|
AANBEVELING 1. Dat
elke gemeente terugvoer gee oor hoe die opdrag uitgevoer is. |
2.2.1.
VERSLAG
OOR DIE WERK VAN DIE
OUDERLINGE
GEMEENTES EN KERK
Oral in die gemeentes is die saak van
lidmaatskap ‘n ernstige saak. Aan
hierdie saak word indringend in terme van die betrokke ordinansies by die
ouderlingsvergadering hanteer. Nuwe intrekkers word so gou as moontlik besoek.
Durban meld
die volgende:
Alle nuwe intrekkers, wat vir die
eerste keer by die kerk aanmeld, moet by hulle motors verwelkom word, saam die
kerk ingelei word, seker gemaak word dat hulle ‘n liedboek het en waar moontlik
moet mense van dieselfde ouderdomsgroep by hulle in die kerk sit en dan saam
uitnooi vir tee na die kerk, waar die besoekers dan voorgestel sal word aan
ander gemeentelede.
VERKONDIGING
In al die
gemeentes het die herderlike sorg behoorlike aandag geniet. Huisbesoeke deur predikant en kerkrade is
steeds van belang. Dit blyk egter dat
die deelsorgbediening in hierdie ring veroorsaak dat nie by al die gemeentelede
gereeld besoek gebring kan word nie.
Hoewel die situasie verstaanbaar is, behoort al die gemeentes wat in
deelsorg bediening is, hulle steeds daarvoor te beywer dat die volle standplaas
herstel moet word.
Pietermaritzburg
het een aand per week opsy gesit vir spreekure.
Empangeni beoog om volgens hulle
jaarprogram elke lidmaat twee maal per jaar te besoek.
Oor die behoefte aan toerusting, kan met Pinetown saamgestem word as hulle meld:
Daar word dringend toerusting op
Ringsvlak voorsien word. Die afgelope twee vergaderings staan die opstel van ‘n
pro-forma Ouderlingevergadering agenda oor. Die komitee vir Presbiteraat moet
daaroor terugvoer gee.
VERBAND MET ANDER KERKE ( Sien Deel
iv Ekumene)
HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING (Sien
Deel v )
DISSIPLINE
Ons is bly om te kan berig dat die dissipline in elke
gemeente belangrik is. Die predikante word gereeld besoek asook die ouderlinge
mekaar onderling.
Pietermaritzburg meld net dat hulle
voel hulle soms te sag optree. Hulle vra ook toerusting aan oor hierdie saak.
Richardsbaai meld dat tugsake bly
moeilik as gevolg van die “verwêredliking” van die kerk en die feit dat die
meeste lidmate bedank voordat daar oorgegaan word na hierdie stappe.
|
AANBEVELINGS 1. Gemeentes
word opgedra om erns met gemeentebou te 2 Besondere
aandag moet aan nuwe lidmate gewy word – lidmate moet werklik voel dat hulle
tuis gekom het. 3. Die
komitee belas met Presbiteraat word
opdrag gegee om so gou moontlik ‘n toerustinggeleentheid te hou. 4. Dat die komitee vir Pastoraat en Presbiteraat binne een
maand na afloop van die vergadering ‘n proforma agenda vir die
Ouderlingevergadering beskikbaar stel. |
2.3.1 VERSLAG VAN DIE RDV
Aangesien hierdie vergadering na die opstel van die
agenda plaasgeving het, sal Ds E Oosthuizen ter vergadering verslag lewer.
3.1. RINGSVERGADERING
3.1.1 RINGSKOMITEES
|
AANBEVELING 1. Dat die
volgende verantwoordelikhede aan die volgende persone opgedra word Pastoraat Ds T F Dreyer Presbiteraat Oudl G van Loggerenberg en Dr W A
J van Schoor Erediens Ds J Pieterse Apostolaat Ds
H F La Grange Ekumene Ds P Harmzen en Ds Riaan van Rensburg Gesinsorg Ds
Albert Minnaar |
3.1.2 BESLUITEBUNDEL
RINGSVERGADERING
|
AANBEVELING 1. Dat die
Ringskriba opdrag kry om die besluitebundel voortdurend op datum te bring en
elke jaar teen 31 Augustus aan die onderskeie gemeentes te besorg. |
3.2 RINGSKOMMISSIE
3.2.1 VERSLAG
VAN DIE RINGSKOMMISSIE
SAMESTELLING
Die
Kommissie van die Ringsvergadering van Pietermaritzburg het in die afgelope
jaar bestaan uit:
Voorsitter: Dr WAJ van Schoor (Pinetown)
Skriba : Ds TF Dreyer (Durban)
Ouderlinge: H
Prinsloo (Durban)
GD van
Loggerenberg (Durban Suid)
TF
Steyn (Empangeni)
VERGADERINGS
Die kommissie het in die termyn 3 keer vergader aan huis van Ds TF
Dreyer.Die kommissie is telkens met besondere hartlikheid en gasvryheid
ontvang, wat die werk aansienlik vergemaklik het.
JAARVERSLAE
Die jaarverslae bring ’n mens onder die indruk dat die gemeentelike
arbeid op gemeentevlak in die ring veel beter daar uitsien as op ringsvlak.
Hierdie vergaderings het hul werk goed aangepas by die nuwe kerkorde en in die
geheel is daar goeie werk in gemeentes gedoen, waarvoor die kommissie dankbaar
is.
Die kommissie is intens onder die indruk van die geweldige druk
waaronder predikante in die ring werk. In die lig hiervan is dit kommerwekkend
dat pastoriegesinne klaarblyklik nie voor nagmaal besoek ontvang nie.
Ouderlinge word ook nie deur ander ouderlinge besoek nie.
Sommige gemeentes skep nie genoegsame geleenthede vir studie en
toerusting van ampsdraers en lidmate met die oog op die vervulling van die
priesterskap van die gelowiges nie. Dit blyk asof daar ’n groot behoefte in die
ring aan sodanige geleenthede is.
Soos ‘n refrein deur al die verslae van die kommissie is die feit dat
verslae bitter laat ingedien word. Die vorige vergadering het aan die
ouderlingslede van die vergadering gevra dat hulle die opsig daaroor moet hou.
Die lede kan gerus terugvoer gee oor die traagheid met die indien van die verslae.
VISITASIES
In terme van Ordinansie 3.4.2 (vi) en (vii), en vorige besluite van die
Ringsvergadering, het die ringskommissie toegesien dat visitasies gedurende die
afgelope termyn plaasvind by al die gemeentes, behalwe Durban en Richardsbaai wat in die volgende termyn visitasie sal
ontvang. Daar is besluit dat visitasiekommissies saamgestel word uit die
Konsulent van ’n gemeente en twee ouderlinge van die konsulentsgemeente. Elke
kommissie is verantwoordelik vir sy eie agenda en is ook verantwoordelik vir
die nasien van die boeke.
Verslae is ontvang van visitasies by Pietermaritzburg, Laer Suidkus,
Empangeni, Durban Suid en Pinetown en in die agenda opgeneem. Uit hierdie
verslae is dit duidelik dat gemeentes baie struikelblokke soos
deelsorgstandplase, lang afstande en beperkte finansiële bronne te bowe moet
kom om uiteindelik by hul primêre taak naamlik die verkondiging van Evangelie
uit te kom. Dat elke gemeente uitstyg bo hierdie beperkings is rede tot groot
dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader wat alleen die eer hiervoor moet kry.
Die gevaar bestaan egter steeds dat ons die status quo m.b.t.
deelsorgbediening begin aanvaar asof dit die normale is.
Ouderlingevergaderings moet voortdurend
bewus bly van die feit dat dit ’n noodmaatreël is wat uit verleentheid gebore
is.
AMPSTERMYN VAN DIE RINGSKOMMISSIE
Die afgelope termyn was glad nie maklik nie. Daar was met die
uitsondering van Durban in elke gemeente een of ander saak wat die kommissie
moes hanteer. Van die sake was ernstige konflik wat in die gemeente opgelos
moes word. Twee sake van egskeidings van predikante moes hanteer word.
Die kommissie wil in die lig hiervan bely (soos met elke vorige
verslag) dat dit die Here van die Kerk is wat die Kerk self dra. Op
verbysterende en genadige wyse het Hy ingegryp om wonde te heel, versoening te
bring en die wel en wee van die gemeentes te dra. Daarvoor is die kommissie die
Here innig dankbaar.
Die
hart van kerkwees is om Jesus Christus as gekruisigde en opgestane Here te
verkondig. Die Kerk slaag daarin om vandag Kerk te wees, nie as gevolg van
mense nie, maar ten spyte van mense. Soms kan ’n mens nie anders as om
verwonderd te staan as jy die seëninge van die Kerk waarneem nie. Ons beleef
dit ook in ons eie ring en die
ringskommissie is dankbaar teenoor die Heer van die Kerk dat hulle in
daardie seëninge kan deel.
|
AANBEVELING 1.
Dat
die verslag aanvaar word. 2.
Dat
die ouderlinglede terugvoer gee oor die laat-indiening van verslae. |
5 VERKONDIGING
|
AANBEVELING 1. Dat die
vergadering dit betreur dat Scriptura 2002 nog nie verskyn het nie. 2.Dat die 2003 uitgawe van Scriptura per besluit van
die 45ste Ringsvergadering deur die gemeente Pietermaritzburg geborg word. 3.Dat Ds P Harmzen
as redakteur van Scriptura 2003 optree. 4.Dat predikante van die Ring versoek word om vir
Scriptura 2003 twee preke deur te gee 5. Dat
genoemde preke die redakteur voor of op 31 Augustus 2002 bereik. |
5.3.1
SAMEVATTENDE
VERSLAG
1. SENSUS EN
STATISTIEK
1.1 Getal
belydende lidmate binne ringsverband:
Durban: 239
Durban-Suid:
357
Empangeni: 196
Laer
Suidkus: 359
Pietermaritzburg: 196
Pinetown: 256
Richardsbaai: 437
1.2 Getal
dooplidmate binne ringsverband:
Durban: 46
Durban-Suid:
87
Empangeni: 280
Laer
Suidkus: 68
Pietermaritzburg: 57
Pinetown:
80
Richardsbaai: 172
1.3 Getal
belydende lidmate wat weggetrek het uit die gemeentes binne ringsverband:
Durban: 17
Durban-Suid: 28
Empangeni: 8
Laer
Suidkus: 49
Pietermaritzburg: 9
Pinetown: 15
Richardsbaai: 7
1.4 Getal
belydende lidmate wat om ander redes die gemeentes in die ring verlaat het:
Durban: 0
Durban-Suid:
10
Empangeni:
0
Laer
Suidkus: 12
Pietermaritzburg: -
Pinetown:
2 (oorlede)
Richardsbaai: 17
1.5 Getal
belydende lidmate binne ringsverband wat om ander redes die Kerk verlaat het:
Durban: 3
Durban-Suid:
10
Empangeni:
0
Laer
Suidkus: 5
Pietermaritzburg: 5
Pinetown:
2
Richardsbaai: 0
1.6 Getal
belydende lidmate wat deur evangelisasiewerk weer in die gemeentes binne
ringsverband opgeneem is:
Durban: 0
Durban-Suid:
1
Empangeni: 0
Laer
Suidkus: 3
Pietermaritzburg: -
Pinetown: 2
Richardsbaai: 0
1.7 Aantal
persone wat deur sendingwerk in die gemeentes binne ringsverband opgeneem is:
Durban: 2
Durban-Suid:
0
Empangeni: 0
Laer
Suidkus: 0
Pietermaritzburg: -
Pinetown: 0
Richardsbaai: 0
2. MISSIONAAT
2.1 Op
watter wyse is die gemeentes binne die ring
2.1.1 In
die prediking,
Durban: By
verskeie kere gehandel oor die roeping van die gelowige in die wêreld
Durban-Suid: Die verantwoordelikheid van die gemeente
om getrou te wees aan die wesensaard van die Here se Kerk, nl. om vir die
wêreld daar te wees, en sodoende missionêr-gerig te leef, is deurgaans
benadruk.
Empangeni: Het
gehandel oor ons missionêre roeping
Laer
Suidkus: Die Missionaat is in die
prediking aangeraak deur toepaslike temas oor byvoorbeeld die Priesterskap van
die gelowiges.
Pietermaritzburg: Daar word gereeld na ons verantwoordelikheid in
die verband verwys
Pinetown: Pinkstersondag word gewy aan die
tema van die missionêre dimensie van die Kerk
Richardsbaai: Die gemeente word deurlopend in die prediking
gewys op die sendingopdrag aan die kerk, en daarom ook aan elke lidmaat van die
kerk.
2.1.2 Deur
die pastoraat,
Durban: Persoonlike gesprekke gevoer rondom Romeine 12 en
andere
Durban-Suid: Daar is waar moontlik gewys op die opdrag van
elke gelowige om op die buite-kerklike en ongelowige wêreld gerig te wees, maar
dis nie in die afgelope jaar met groot nadruk bevorder nie.
Empangeni: Huisbesoek
Laer
Suidkus: Missionaat het nie gereeld
in die Pastoraat aan die orde gekom nie, omdat spesifieke temas tydens
husbesoek hanteer word.
Pietermaritzburg:Daar
word na verwys tydens gesprekvoering
Pinetown: Elke huisbesoekgesprek sluit die
bekendmaking van die gemeente se projek: Bybels vir huishulpe en tuinwerkers
in.
Richardsbaai: Tydens huisbesoek word lidmate/gesinne uitgenooi om betrokke te
raak by sendingopdrag
2.1.3 In
die kategese en
Durban: Kategete handel rondom die gedagte van “lig vir die
wêreld” wees.
Durban-Suid: Daar is staatgemaak op die inhoude van
die kategesehandleidings om die boodskap via kategete oor te dra. Dis duidelik ontoereikend. Maar kinders is gereeld herhinner aan die
moontlikheid om maats saam te bring, en sommiges het dit ook gedoen.
Empangeni: Soos in kategeseboek/-lesse voorkom
Laer
Suidkus: Die Kategesehandleidings is
gebruik, m.a.w. die lesinhoude in die handboeke is hanteer.
Pietermaritzburg:Word
pertinent en prakties verwoord
Pinetown: Die lesse wat formeel oor die saak
handel word behandel. Tydens finalejaar
kategese word op informele wyse die kwessie van die missionêre dimensie van
geloof bespreek
Richardsbaai: Slegs wanneer dit in die voorgeskrewe
sillabusse van die verskillende jaargeroepe voorkom.
2.1.4 Deur
gesprekke ingelig oor en toegerus vir die missionêre taak?
Durban: Gemeentebou wil juis fokus op kerk wees vir die
wêreld
Durban-Suid: Hieraan is min gedoen, behalwe dat die
betrokkenheid van die predikant by hawesending as’t ware as ‘n noodwendigheid
gebore uit geldnood eerder as ‘n wesensopdrag van die Kerk verduidelik is. Die predikant se betrokkenheid by die
laerskool as berader vir 11/2 uur op 3
dae van die week het talle kinders buite die gemeente bereik.
Empangeni: Huisbesoek; Predikante het ook by
NG-Kerk lesings gegee
Laer
Suidkus: Dit het wel gebeur, maar nie
volgens ‘n bepaalde plan nie.
Pietermaritzburg:Praktiese
voorbeelde word voorgehou
Pinetown: Verwys na die verskillende aksies
wat geloods word en die gemeentelike betrokkenheid daarby
Richardsbaai: Geen
2.2 Gee
voorbeelde van inisiatiewe en/of projekte gedurende die verslagjaar waarvan
ander predikante, ouderlingevergaderings, gemeentes en ringe kennis behoort te
neem, met die verwagting dat hulle daardeur in hulle taakuitvoering gehelp sal
kan word?
Durban: Ons gemeente het uitgereik na verweesde bejaardes ,
haweloses, besorgdes en siekes.
Durban-Suid: Gee aandag aan die sendingstaak van die
CSO. Die predikant se betrokkenheid by
die plaaslike skool as berader bereik die breë gemeenskap.
Empangeni:
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:
Pinetown: Betrokkenheid by die CMD wat
gemeenskapsprojekte dryf waarby gemeentes in veral die groter Durban gebied
betrokke kan word
Richardsbaai: Geen
2.3 Noem
die bedrag van die Pinkstereredienskollektes wat die gemeentes aan die
Ringsendingraad en/of die Raad vir Apostolaat oorbetaal het?
2.3.1 Ringsendingkomitee:
Durban: R 0-00
Durban-Suid: Geen, benewens Pinstersondag
eredienskollekte
Empangeni: R173-03
Laer
Suidkus: R 0-00
Pietermaritzburg:R 0-00
Pinetown: Nog nie oorbetaal
Richardsbaai: R
0-00
2.3.2 Raad
vir Apostolaat:
Durban: R
0. 00
Durban-Suid:
Geen. Bedrae is wel oorbetaal aan CSO en Evangelisasie Aksie.
Empangeni: R0-00
Laer
Suidkus: R0-00
Pietermaritzburg:R0-00
Pinetown: Nog nie oorbetaal
Richardsbaai: R0-00
2.4 Is
die volle Pinkstersondag eredienskollektes oorbetaal?
Durban: Onseker
Durban-Suid: Niks is gedurende 2001 oorbetaal
nie. Dit word onmiddelik gedoen. Die volle Pinstersondagkollekte sal betaal
word.
Empangeni: Ja
Laer
Suidkus: Nee
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown: NVT
Richardsbaai: Nee (Bedrag van R204.69 is nog verskuldig)
2.5 Wat
was die bedrae wat oorbetaal is ten opsigte van die Pinkstersondag
eredienskollekte?
Durban: R 0.00
Durban-Suid:
R433-18
Empangeni: R173-03
Laer
Suidkus: R 0-00
Pietermaritzburg:R 0-00
Pinetown:
Nog nie oorbetaal
Richardsbaai: R204.69 (moet nog oorbetaal word)
3. SENDING
IN AFRIKA
3.1 Gee
inligting op watter wyses die gemeentes binne ringsverband die evangelie aan
Afrikataliges in die direkte omgewing van die gemeentes uitgedra het?
Durban: Gemeentelede het sorg gedra dat elke huishulp by ‘n
Bybel besit en gebruik
Durban-Suid: Niks is hieraan gedoen nie, behalwe vir
die Zoeloe Bybels wat die predikant van CSO-kant aan hawepersoneel uitgedeel
het, en gesprekke met Zoeloes wat die predikant deur middel van die CSO met
Zoeloe-personeel en bemanning gevoer het.
Empangeni: Geen
Laer
Suidkus: Die reëling in die gemeente
bestaan dat Bybels in bediendes se huistaal aan hulle gegee word. Die NHSV Laer
Suidkus het ‘n R1000.00 finansiële bydrae gemaak aan die HSV Kongres wat te
Anerley gehou is. Die predikant, diakens en die Diesngroep vir bejaardes is
betrokke met barmhartigheidsdiens en pastorale begeleiding van sorgafhanklike
bejaardes van alle rasse en kulture by die Hibberdene Care Centre, te
Hibberdene.
Pietermaritzburg:Besprekings
met huishulpe, Kerk word vir eredienste beskikbaar gestel
Pinetown: Die gemeente het ‘n deurlopende
projek waar alle huishulpe en tuinwerkers van lidmate van Bybels voorsien word.
Op hierdie manier neem elke lidmaat verantwoordelikheid vir die uitdra van die
evangelie in sy eie omgewing
Richardsbaai: Geen
3.2 Gee
inligting op watter wyse die ouderlingevergaderings van die onderskeie gemeentes
en/of die Ringsendingkomitee 'n gemeente of gemeentes en/of 'n sendingprojek
van die HKSA gedurende die verslagjaar ondersteun het?
Durban: Geen
Durban-Suid: ‘n Bedrag van R500-00 is aan HTO
oorbetaal vir die studies van HKSA-student Zandile Dlamini.
Empangeni: Geen
Laer
Suidkus: Die NHSV Laer Suidkus het
die HSV Kongres te Anerley as gaste bygewoon en die kongres met R1000.00
geborg. Gebruikte klere is aan gemeente Zamafuthi geskenk. Daar is ‘n toga (ontvang van Ds. Barnie
van der Walt) geskenk aan ds. JNR Sithole. Laer Suidkus skenk jaarliks ‘n
Almanak en Bybelse dagboek aan gemeente Zamafuthi..
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown: Daar het bitter min kontak met die
HKSA gewees. Daar blyk ‘n redelike apatie te wees van die kant van die HKSA. Dr
van Schoor het wel die Ringsvergadering van die HKSA Natal bygewoon. Die
gemeente het ook van die kerkbanke van die gemeente Zamakuhle geleen vir ‘n
besondere erediens.‘n Ouderlinge kursus is by die gemeente Thandokuhle
aangebied waarby van die ouderlinge van die gemeente betrokke was.
Richardsbaai: Geen
3.3 Op
watter wyse beplan die ringsvergadering/kommissie om die HKSA volgende jaar by
te staan en te ondersteun?
Durban: Geen
beplanning sovêr
Durban-Suid: Die ondersteuning aan Zandile Dlamini word
voortgesit afhangende van sy prestasie.
Empangeni: Geen
Laer
Suidkus: Sien punt 2 en 4 hierbo.
Pietermaritzburg:Steeds
die kerk beskikbaar te stel
Pinetown: Die gemeente sal ter enige tyd
bereid wees om te help waar dit nodig is.
Richardsbaai: Geen beplanning
3.4 Aanbevelings
ten opsigte van die sendingtaak van die Kerk in Afrika?
Durban: Geen
Durban-Suid:
Geen
Empangeni: Geen
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown: Dat daar dringend met die HKSA geskakel word oor die apatie en gebrek
aan kommunikasie tussen die Ring en die HKSA. Daar kan oorweeg word om ‘n
ouderling van die NHK wat reeds op pensioen is te betrek by die skakeling met
die HKSA
Richardsbaai: Geen
4 INVLOEDE
OP DIE GLO EN UITLEWING VAN DIE EVANGELIE
4.1 Watter
kulturele invloede beïnvloed, bevorder of bemoeilik die werk van die gemeentes
binne ringsverband (byvoorbeeld filosofieë, ideologieë en teologiese strome)
Durban:
Islam, sekularisasie en satanisme
Durban-Suid: Die houding dat die geloof in God sonder
die Kerk kan bestaan, en ‘n duidelike weersin aan Kerk by jongmense. ‘n Nuwe moraliteit het ontwikkel in terme
waarvan die Kerk as uitgedien beskou word oor sy sieninge nie tredhou met hoe
mense hulle gedrag motiveer/regverdig nie.
Empangeni: Geen
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Skole
en werksdruk
Pinetown: Die geweldige uitbreiding van
Afrika godsdienste en Oosterse gelowe binne Pinetown. Dit hou verband met die
migrasie van persone vanaf landelike na die stedelike gebiede toe. Hierdie is nie
noodwendig faktore wat die werk van die Kerk negatief beïnvloed nie. Dit moet
juis deur die Kerk positief gebruik word
Richardsbaai: Onseker, moontlik sekularisasie?
5. BYBELVERTALING,
-PRODUKSIE EN -VERSPREIDING
5.1 Gee
inligting oor die verskillende Bybelverspreidings- en fondsinsamelingsprojekte
(ten bate van Bybelverspreiding) van die gemeentes in ringsverband:
Durban: Hervormingsondag se kollektes is aan die
Bybelgenootskap oorbetaal
Durban-Suid: Bybelmuntbussies word uitgedeel en gevul.
Twee muntleggings is gehou.
Empangeni: Andertalige Bybels, maandelikse bydrae,
donasies, borg by die Comrades
Laer
Suidkus: n Pretloop ten bate van
Bybelverspreiding is aangebied. Dit was ongelukkig ‘n rasende mislukking wat op
‘n verlies uitgeloop het.
Pietermaritzburg:
Pinetown: Die normale bydraes van
deurkollektes van Oktobermaand, Insameling van ou gesangeboeke en ou Bybels wat
vir papier herwin word, Loop-vir-Bybels projek van die Bybelgenootskap,
Bybelbussies in elke huis
Richardsbaai: Geen, behalwe deurkollekte van
Hervormingsondag
5.2 Noem
die totale bedrag (Hervormingsondag-deurkollektes ingesluit) wat die gemeentes
in die ring aan die Bybelgenootskap oorbetaal het vir die produksie van Bybels.
Durban: R 344-63
Durban-Suid: R3714-39
Empangeni: R1003-45
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:R 0-00
Pinetown:
Richardsbaai: R1065.87
5.3 Watter
Bybelvertalingsprojek(te) het die gemeentes binne ringsverband gedurende die
verslagjaar ondersteun?
Durban: Die
handgeskrewe Bybel
Durban-Suid: Geen
Empangeni: Geen
Laer
Suidkus: Geen spesifieke een.
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown: Sien 5.1
Richardsbaai: Geen
6. EMIGRASIE
EN IMMIGRASIE
6.1 Verskaf
inligting oor lidmate van die gemeentes binne ringsverband wat gedurende die
verslagjaar geëmigreer het of tydelik in die buiteland woon. (Naam, adres, telefoonnommer, E-pos,
Kerkverband in die vreemde)
Durban:
Jan & Judith Overman woon tans in
Hilvarenbeek in Holland en woon daar die Protestantse gemeente aldaar by. Hulle
e-pos is: [email protected]
Johan
en Helena Niemand woon tans in Amerika. Hulle e-pos is : [email protected]
Durban-Suid:
Gunther en Martie Frohling na
Nieu-Zeeland. (Ons beskik oor geen
verdere besonderhede nie).
Empangeni:
Steyn?
Visser?
Snyman?
Laer
Suidkus:
Charl
Smal: Nederland: adres onbekend.
Jurie Jacobs: Verenigde
Koninkryk: adres onbekend
Pietermaritzburg:
Geen
Pinetown:
Geen
Richardsbaai:
Nie
beskikbaar
7. GETUIENIS
TEENOOR DIE GEMEENSKAP EN DIE OWERHEDE
7.1 Waaroor
het die predikant(e), die ouderlinge en die gemeentelede binne ringsverband
teenoor die plaaslike gemeenskap en regering getuig?
Durban: Geen
Durban-Suid:
Geen
Empangeni: Geen
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown: Die gemeente het ‘n staande reëling
dat aan persone in die gemeenskap wat beproewing het, korrespondensie van die
gemeente ontvang om hulle in hulle nood te bemoedig, Die gemeente ondersoek op
die oomblik ook die moontlikheid om by Highway Radio betrokke te raak om op so
‘n manier ook getuienis teenoor die breë gemeenskap te lewer.
Richardsbaai: Geen sake
7.2 Is
hierdie getuienisse saam met ander gemeentes en/of kerke gedoen?
Durban:
Durban-Suid:
Nvt
Empangeni: Nvt
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown: Nie
op hierdie stadium nie
Richardsbaai: Nie van toepassing
7.3 Waaroor
meen die ringsvergadering moet die Algemene Kerkvergadering getuig van wat van
belang is vir die groter gemeenskap?
Durban: Die
reg op uitlewing van ons geloof. Onderwys
Durban-Suid: Hoë misdaadsyfer, teikening van die
boeregemeenskap, owerheid moet ouergemeenskappe toelaat om self te besluit oor
godsdiensoefening en godsdiensonderrig op skole, die media moet predikante en
herkoms (denominasie) duidelik identifiseer, media-uitsendings op christelike
gedenkdae moet die gewydheid van sulke gedenkdae reflekteer.
Empangeni: Eie Godsdiensonderrig (Christelike)
Laer
Suidkus: Die feit dat Bybelonderrig
in skole verdwyn en / of belet word. Misdaad. Die misdaad het ‘n invloed op
erediensbywoning.
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown: Sedelike verval
Richardsbaai: Geen sake
7.4 Oor
watter sake rakende die owerhede meen die ringsvergadering/kommissie moet die
Algemene Kerkvergadering getuig?
Durban: Onseker
Durban-Suid: Vryer keuses moet gegee word aan
gemeenskappe om te besluit oor godsdiensinhoude op skool.
Empangeni: Christelike Godsdiensonderrig
Laer
Suidkus: Sien 7.3
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown:
Richardsbaai: Geen sake
8. GETUIENIS
TEENOOR MENSE IN INRIGTINGS
8.1 Op
watter wyse het die ringsvergadering/kommissie die gemeentes begelei om uit te
reik na lidmate en ander mense in inrigtings (van hospitale tot tronke)?
Durban: Gemeentebou
wil juis so uitreik na mense. Hierdie proses is sterk aan die gang binne ons
gemeente.
Durban-Suid: Hospitaalbesoeke is gedoen. Hulp is
verleen aan Malvern Kinderhuis en die Elsburg DPS-huis deur middel van
vakansie.
Empangeni: Hospitaalbesoeke deur die predikant
Laer
Suidkus: Name van siekes word
afgekondig sodat lidmate hulle kan besoek. Verder was daar nie uitreiking nie.
Pietermaritzburg:Besoeke
deur die Kerkraad en Jeug
Pinetown: Siekebesoek in die hospitaal word
altyd gedoen met inagneming van die ander pasiënte in die saal. Die evangelie
word dus nie inklusief aan die lidmaat verkondig nie, maar ook vir almal wat in
die saal teenwoordig is.
Richardsbaai: Nie formeel gedoen nie
8.2 Van
watter apostolêre projekte van gemeentes in bepaalde inrigtings behoort ander
gemeentes en ringe te hoor, ten einde te dien as 'n bron van motivering en
inspirasie?
Durban: Gemeentebou
Durban-Suid: Die jaarlikse projek (Novemberfees) ter
ondersteuning van die Malvern Kinderhuis, eredienste te Mooihawens,
Hulpverlening by wyse van voedselvoorsiening aan Bill’s Room (tehuis vir
chemiese afhanklikes), en aan gearresteerde skepe se noodlydende bemanning in
die Durbanse hawe.
Empangeni:
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Gemeente
versorg vier kinders in Kinderhuis. Een Sondag per maand se deurkollekte word
aan ‘n instansie van die diakens se keuse oorbetaal
Pinetown: Geen. Dit sal baie help as daar
iets in die Ring is waarvan ons kan kennis neem.
Richardsbaai: Geen
9. ANDER
GODSDIENSTE
9.1 Is
die ringsvergadering van mening dat ampsdraers en lidmate van die verskillende
gemeentes nog oortuig dat Christus die enigste Verlosser is en dat die
Christelike godsdiens die ware godsdiens is?
Durban: Ja
Ongetwyfeld!
Durban-Suid: Ja
Empangeni: Ja
Laer
Suidkus: Ja
Pietermaritzburg:Ja
Pinetown: Ja
Richardsbaai: Ja!
9.2 Gee
inligting oor geleenthede en/of projekte waar Christus aan mense van ander
en/of geen godsdienstige oortuiging verkondig is.
Durban: Christelike
Seemansorganisasie Een tot een gesprekke van lidmate met ander gelowe.
Durban-Suid: Sendingwerk by CSO.
Empangeni: CSO Ds Riaan J van Rensburg
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Geen
Pinetown: Tydens siekebesoeke aan veral die
hospitaal waar
al
die persone in die saal betrek word.
Richardsbaai: Geen
10. DIE
JODE
10.1 Is
die ampsdraers en lidmate binne ringsverband nog oortuig dat Christus aan die
Jode verkondig moet word?
Durban: Ja
Durban-Suid: Ja
Empangeni: Nvt
Laer
Suidkus: Ja
Pietermaritzburg:Ja
Pinetown: Ja, maar doen ons dit? Hoekom hulle uitsonder?
Richardsbaai: Ja
11. HERVORMING
11.1 Watter
aspekte van ons kerklike leer en lewe sal moet hervorm om te voldoen aan die
eise van die Woord van God, om ook effektief na kerkvreemdes uit te reik?
Durban: Geen
Durban-Suid: Vernuwing in die erediens.
Empangeni:
Laer
Suidkus: Alle lidmate moet daarop
ingestel wees om ‘n warm, vriendelike atmosfeer by die Kerk te skep.
Pietermaritzburg:Ons
eie meelewing en erns met ons godsdiens. Dit behoort weer eerste prioriteit te
word
Pinetown: Die feit dat die apostolaatsopdrag
aan alle lidmate gerig is en nie deur ‘n elite groep gedoen moet word nie, Die
inklusiwiteit van die Kerk wat so erg na binne gerig is:
Richardsbaai: Lidmate moet leer om uit te reik na
kerkvervreemdes
11.2 Op
watter wyse, na u mening, kan kerke in u omgewing begelei word op die weg van
kerkhervorming?
Durban: Toon
die waarde van die Hervormde kerklike tradisie aan hulle
Durban-Suid: By wyse van gesamentlike eredienste
waarin die Kerkhervorming in herinnering geroep word en bande verstewig
word. Deur middel van die predikant se
insette by die Bluff Minister’s Fraternal.
Empangeni:
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg
Pinetown:
Help met idees!
Richardsbaai: Onseker
12. TOERUSTING
12.1 Benodig
die predikant(e), en/of ouderlinge en/of gemeentelede toerustings(materiaal) in
u ring rondom die volgende aspekte van die apostolaatsopdrag? Gee aanduidings van die spesifieke behoeftes
en toerustingsmateriaal wat tans in gebruik is in die gemeentes van u ring:
12.1.1 Missionaat:
Durban: Nee
Durban-Suid: GETP / Getroue Getuies
Empangeni: EEIII
Laer
Suidkus: Ja
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown: Die samevattende antwoord hier is dat daar altyd toerusting
benodig word. Dalk kan die Ringsvergadering dit ‘n projek maak om uit te vind
presies watter beskikbaar is en dit so aan ons deurgee?
Richardsbaai: Nee
12.1.2 Sending:
Durban: Nee
Durban-Suid: Wyses waarop ons sinvoller betrokke
kan raak by die HKSA.
Empangeni:
Laer
Suidkus: Ja
Pietermaritzburg:Ja
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
12.1.3 Bybelverspreiding:
Durban: Nee
Durban-Suid: By CSO.
Empangeni:
Laer
Suidkus: Ja
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
12.1.4 Verskillende
wêreldbeskouinge, filosofieë en ander godsdienste:
Durban: Ja
Durban-Suid:
Empangeni: Jehvo
Laer
Suidkus: Ja - Islam, Jehova Getuies,
Judaïsme.
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
12.1.5 Emigrasie:
Durban: Ja
Durban-Suid:
Empangeni:
Laer
Suidkus:
Pietermaritzburg:Ja
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
12.1.6 Getuienislewering
teenoor plaaslike gemeenskap en owerheid:
Durban: Ja
Durban-Suid:
Empangeni:
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
12.1.7 Getuienislewering
teenoor mense in inrigtings:
Durban: Ja
Durban-Suid:
Empangeni:
Laer
Suidkus: Geen
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
12.1.8 Getuienis
teenoor die Jode:
Durban: Ja
Durban-Suid:
Empangeni:
Laer
Suidkus: Toerusting word benodig
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
12.1.9 Hervorming:
Durban: Ja
Durban-Suid:
Empangeni:
Laer
Suidkus: Toerusting word benodig
Pietermaritzburg:Nee
Pinetown:
Richardsbaai: Nee
Opmerkings oor samevattende verslag
SYFERWERK
Daar is volgens die gemeentes se
telling op 1 Februarie 2002, 2040 belydende lidmate in die Ring. In vergelyking met die 2031 van 1 Februarie
2001 `n styging in lidmaattal van 9.
Die Gemeenteelike Jaarverslae
laat geheelenal die groei van gemeentes weens die aanwas van Hervormdes uit
ander ringe en gemeentes buite rekening.
Dit skep verkeerdelik die indruk
(uit hierdie verslag in isolasie beskou) dat hierdie ring se gemeentes `n netto
verlies van 191 lidmate gehad het.
Dis duidelik dat die koppetellery
heeltemal sinloos is indien alle relevante inligting nie in aanmerking gebring
word nie.
|
AANBEVELING 1. Dat die Ring besluit om
die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering te versoek om weg te doen met
koppetellery in alle Gemeentelike Jaarverslae wat nie op die bepaling van
heffing betrekking het nie. Motivering Selfs die akkuraatste van
syfers werp geen betroubare lig op die insette wat `n gemeente met die werk
van die kerk gemaak het nie, Uit ondervinding is dit meer as
duidelik dat syferwerk nie in die kerk akkuraat bygehou word nie. Daarom lei dit tot wanpersepsies en
demotivering van ampsdraers en lidmate. |
WIE DOEN IN DIE GEMEENTES DIE WERK?
Dit wil uit die verslag voorkom
dat waar daar hoegenaamd in gemeentes aandie missionêre aard van die kerk
aandag gegee word, dit die predikante is wat dit doen. Die dominees doen dit, of deur prediking of
deur huisbesoek. Bitter min lidmate is betrokke hierby, ten spyte van die
belydenis dat die kerk in wese missionêr gerig is.
Maar uit die eerlike belydenis
van sommige gemeentes het dit duidelik geword dat dit wat juis wesenlik aan die
kerk is, min aandag gekry gedurende die verslagjaar,ook van die kant van hulle
dienaars van die Woord, omdat die apostolaat in daardie gemeente deur ander
prioriteite oorwoeker is.
In baie gemeentes is dit ook
duidelik dat daar aan die apostolaat aandag gegee word waar `n formele
struktuur en verpligting daartoe bestaan, en die inhoude van sulke geleenthede
vooraf beskikbaar gemaak is. In die
kategese word aan die missionêre aard van die kerk aandag gegee, want dit staan
in die kategese-handleidings, ongeag van met hoe ontoereikend daardie inligting
daar opgeteken staan.
|
AANBEVELING 1. Dat elke gemeente in die komende termyn
van die Ringsvergadering minstens een projek wat gemik is op die missionêre
aard van die kerk van stapel sal stuur en daarvan duidelik terugvoer aan die
Ringsvergadering sal gee. 2. Dat die eerste projek verpligtend sal
wees: bekendstelling van en deelname aan die werk van die Christelike
Seemansorganisasie. 3. Dat die ring se komitee vir apostolaat sal
help met inhoude vir hierdie projek. 4. Dat die gemeentes wat reeds met ander
projekte begin het, daarmee sal voortgaan, maar dat die CSO-projek bykomend
daartoe aangepak word. Motivering Die beplanning van minstens een
projek is ten minste `n begin. Tans
gebeur daar in plekke heeltemal niks. Die komitee vir apostolaat
beskik oor baie inligting oor die CSO, en die werk van die CSO is naby genoeg
aan al die gemeentes van die ring dat daaraan gemaklik aandag gegee kan word. |
PINKSTERSONDAG SE EREDIENSKOLLEKTE
Dis vreemd dat die missionêre
dimensie van die kerk wat wesenlik is van die kerk, so lukraak met fondse
gesteun word.
Dis vreemd dat talle gemeentes
nalaat selfs om hulle Pinkstereredienskollektes aan die ring oor te betaal. Dis
immers lank reeds die staande reël in die gemeentes van hierdie ring en in die
res van die kerk?
|
AANBEVELING 1. Dat elke gemeente as deel
van hulle jaarlikse beplanning van die gemeentewerk, die insameling en
oorbetaling van die Pinkstersondag se eredienskollekte aan die ring vir
sendingdoeleindes, sal dagboek. 2. Dat die ring se komitee vir apostolaat
jaarliks met die ringsgemeentes sal kontak maak om hulle aan hierdie
oorbetaling te herinner. 3. Dat gemeentes ook een Sondag se
eredienskollekte sal afstaan aan die Christelike Seemansorganisasie. 4. Dat in elke gemeente `n poging tot
finansiële ondersteuning van die CSO aangewend word, as deel van die
apostolaatsprojek met die CSO as tema. Motivering Met beter bestuur en kontrole
van die proses, beide deur die ringskomitee en die plaaslike gemeentes, kan
die saak van gereelde betalings maklik reggeruk word. Dat die beginsel om ook ander
fondse en ander vorme van betrokkenheid by die apostolaat van die kerk, deur
bydraes tot en aandag aan die CSO bevorder word. |
SENDING IN AFRIKA
Dis duidelik dat die sending in
Afrika vir die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se plaaslike gemeentes
nog nie naastenby belangrik genoeg is nie.
Hieraan moet dadelik deur gemeentes aandag gegee word. Gemeentes moet hulleself afvra of hulle
missionêre gerigtheid op Afrika - of die skreiende gebrek daaraan - werklik tot
eer van die Here van die Hervormde Kerk strek.
Dat daar in sommige gemeentes wel
uitgereik is na die HKSA, in een geval met groothartige steun aan die HKSA se
HSV met hulle kongres te Anerley, in `n ander geval met bywoning van hulle
vergaderings en leiding met toerusting aan hulle ampsdraers, en in die geval
van `n ander gemeente weer met finansiële ondersteuning van `n student aan HTO,
is bemoedigend. Hierdie gemeentes moet
op hierdie inisiatiewe uitbrei en ander moet hulle voorbeeld volg.
Dog, dis teleurstellend dat
gemeentes waar daar tot nog toe niks gebeur in die verband nie, ook maar
geantwoord word dat hulle geen beplanning het om in die huidige jaar iets
daaraan te doen nie, en dit spreek boekdele dat op een uitsondering na, geen gemeente
vsn die ring aanbevelings maak oor die sendingtaak van die kerk in Afrika nie.
AANBEVELING
1. Dat die aanbeveling van die gemeente
Pinetown heelhartig ondersteun word, nl. Dat daar dringend met die HKSA
geskakel word oor die apatie en gebrek aan kommunikasie tussen die Ring en
die HKSA. 2. Dat ‘n ouderling van die NHK wat reeds op
pensioen is, betrek word by die skakeling met die HKSA en as sondanig
voorsitter van die Ringkomitee vir skakeling met die HKSA word. |
INVLOEDE OP DIE GLO EN UITLEWING VAN DIE EVANGELIE
Die gemeentes van die ring
vermoed dat hulle werk beïnvloed, bevorder of bemoeilik word deur die volgende
kulturele invloede:
die Islam, die geweldige uitbreiding van Afrika
godsdienste en Oosterse gelowe (Pinetown glo dit hou verband met die migrasie
van persone vanaf landelike na die stedelike gebiede toe, en sê dan: “Hierdie
is nie noodwendig faktore wat die werk van die Kerk negatief (hoef te)
beïnvloed nie. Dit moet juis deur die Kerk positief gebruik word”,
die
okkulte (satanisme),
sekularisasie,
die houding dat die geloof in God sonder die
Kerk kan bestaan, met gepaardgaande weersin aan Kerk by jongmense,
‘n nuwe moraliteit wat selfs binne die kerk
ontwikkel het in terme waarvan die Kerk as uitgedien beskou word oor sy sieninge
nie tredhou met hoe mense hulle gedrag motiveer/regverdig nie,
skole (sê die gemeente Pietermaritzburg, maar
verduidelik nie wat hulle daarmee bedoel nie?),
en werksdruk.
|
AANBEVELING 1. Dat die ring se gemeentes voorgelig word
oor die sake wat die bediening van die evangelie hier ter plaatse beïnvloed. 2. Dat die Ringsvergadering besin oor hoe om
die sake binne die ring en die gemeentes aan te spreek en juis tot voordeel
van die kerk aan te wend. |
Daar is in drie van die sewe gemeentes mooi
ingesamel aan fondse vir die verspreiding van die Bybel. Die gebrek aan fondse by ander gemeentes
maak die afname in bydraes tot hierdie lofwaardige saak `n jammerte, maar dis
verstaanbaar.
AANBEVELING 1. Dat gemeentes van die ring aangemoedig
word om te volhard met die goeie werk wat tot dusver gedoen is aan
fondsinsameling vir die verspreiding van die Bybel. |
EMIGRASIE
EN IMMIGRASIE
AANBEVELING
1. Dat die adresse van diegene wat emigreer
bekom word ten einde die lidmate van die kerk weer in verbinding te bring met
kerke in die buiteland. 2. Dat vanuit hierdie ring se gemeentes met
sulke lidmate kontak behou word om hulle so goed moontlik steeds geestelik te
begelei in hulle troumaties veranderende omstandighede, tot en met hulle
tuiskoms in nuwe geloofsgemeenskappe. |
GETUIENIS
TEENOOR DIE GEMEENSKAP EN DIE OWERHEDE
Net die gemeente Pinetown kan sê dat hulle ‘n
staande reëling het dat persone in die gemeenskap wat beproewing het,
korrespondensie van die gemeente ontvang om hulle in hulle nood te bemoedig.
Die gemeente ondersoek op die oomblik ook die moontlikheid om by Highway Radio
betrokke te raak om op so ‘n manier ook getuienis teenoor die breë gemeenskap
te lewer.
Maar is die bedoeling van hierdie vraag nie
eerder wat doen die kerk in sy getuienis teenoor owerhede en teenoor
gemeenskappe in hulle geheel om die gedrag van gemeenskappe en die besluite en
regering van owerhede te beïnvloed nie?
Hierby kom geen van die gemeentes uit nie. Dis jammer, aangesien daar in die laaste vergadering van die ring
etlike sulke getuienisse wat die kerk in die openbaar gelewer het.
Die gemeentes vra juis dat oor die volgende
sake uitsprake behoort te kom wanneer met owerhede in gesprek getree word.
Die reg op uitlewing van ons geloof.
Onderwys (maar die gemeente sê nie in watter
opsig nie?, dog `n ander gemeente sê weer dat ): die owerheid moet
ouergemeenskappe toelaat om self te besluit oor godsdiensoefening en
godsdiensonderrig op skole,
Hoë
misdaadsyfer,
teikening van die boeregemeenskap,
die media moet predikante en herkoms
(denominasie) duidelik identifiseer, media-uitsendings op christelike gedenkdae
moet die gewydheid van sulke gedenkdae reflekteer.
Sedelike verval
|
AANBEVELING 1. Dat die plaaslike gemeentes van die ring
op die uitkyk sal wees vir sake en gebeure binne die eie gemeenskap waaroor
die stem van die gemeente as dienaar van God gehoor behoort te word. 2. Dat die gemeentes grondige studie doen oor
die aangeleenthede en verantwoordelike en altyd helpende uitsprake maak wat
sodoende die lewe van die gemeenskap hervorm na die wil van God. 3. Dat die Ringsvergadering hom, op versoek van die gemeentes van die ring,
oor hierdie bogenoemde aangeleenthede uitspreek. |
GETUIENIS
TEENOOR MENSE IN INRIGTINGS
Die Durban gemeente berig dat die proses van
Gemeentebou wat tans by hulle aan die gang is, wil juis so dat lidmate so
uitreik na ander mense.Ander gemeentes het hospitaalbesoeke gedoen, en hulp
verleen aan Malvern Kinderhuis en die Elsburg DPS-huis deur middel van
vakansie.Die name van siekes word afgekondig sodat lidmate hulle kan besoek.
Sulke mense word deur een gemeente se Kerkraad en Jeug ook besoek, en een
gemeente sê dat siekebesoek in hospitale gedoen word word altyd met inagneming
van die ander pasiënte in die saal. Die evangelie word dus nie inklusief aan
die lidmaat verkondig nie, maar ook vir almal wat in die saal teenwoordig is.
Spesiale apostolêre projekte wat in die ring
aandag gekry het was:
Gemeentebou
`n jaarlikse projek (Novemberfees) ter
ondersteuning van die Malvern Kinderhuis, eredienste te Mooihawens,
hulpverlening by wyse van voedselvoorsiening
aan Bill’s Room (tehuis vir chemiese afhanklikes), en aan
gearresteerde skepe se noodlydende bemanning
in die Durbanse hawe.
En een gemeente versorg vier kinders in `n
Kinderhuis.
In een gemeente word een Sondag per maand se
deurkollekte word aan ‘n instansie van die diakens se keuse oorbetaal
Een gemeente antwoord dat hier niks aan
gedoen is nie en vra: “Dit sal baie help as daar iets in die Ring is waarvan
ons kan kennis neem.”
|
AANBEVELINGS 1.Dat alle
gemeentes van die ring inrigtings binne die gemeentegrense sal identifiseer
waarheen die gemeente moontlik kan uitreik met die evangelie van Jesus
Christus. 2.Dat name van lidmate
in gevangenis deurgegee word aan Ds Dreyer. |
ANDER
GODSDIENSTE
Al die gemeentes antwoord dat die lidmate en
die ampsdraers van hulle gemeente steeds oortuig is dat Jesus Christus die
enigste verlosser is en dat die Christelike godsdiens die enigste ware
godsdiens is.
Maar wanneer die volgende vraag gestel word,
vertel van hoe hierdie geloof aan ander buite die geloofsgemeenskap oorgedra
is, is dit net die predikante waarvan getuig kan word dat hulle met hierdie
getuienistaak besig is.
Aan die ander kant weer moet verstaan word:
daar kom dalk tog spontaan en informeel sulke kontak tussen gelowige lidmate en
ander mense voor sonder dat daarvan verslag gedoen kan word. Dog, die gedagte hier is dat die plaaslike
gemeentes juis hulle lede hierin moet lei en hiertoe moet aanspoor. Een
gemeente (Durban) getuig inderdaad ook van sulke een-tot-een gesprekke met
mense wat anders glo.
Drie gemeentes sê reeds dat hulle predikante
en lidmate betrokke is by sendingwerk wat deur die Christelike
Seemansorganisasie gedoen word. Een gemeente verwys weer na siekebesoeke aan
veral die hospitaal waar al die persone in die saal betrek word.
DIE
JODE
Een gemeente vra waarom dit nodig is om die
Jode uit te sonder as mense aan wie die evangelie op uitsonderlike wyse
verkondig behoort te word.
HERVORMING
Een gemeente voel die nood aan hervorming
binne die erediens.
‘n Ander gemeente smag na `n warm gasvrye
atmosfeer by die samekomste van die gelowiges.
Een gemeente kla dat daar is by lidmate nie
meer die gepaste erns met geloof nie. Geloof is daarom nie meer prioriteit nie.
Een gemeente stel dit dat die
apostolaatsopdrag aan alle lidmate gerig is en nie deur net ‘n elite groepie
binne die gemeente gedoen moet word
nie. Dieselfde gemeente verwys daarna dat die Kerk te eng net na binne gerig
is, en nie meer op die wêreld gemik is nie.
Die Pinetown gemeente vra idees oor hoe die
gemeentes op die hervorming van kerke en die gemeenskap rondom ons kan help
|
AANBEVELING 1. Dat die Ringsvergadering gedagtes na vore
bring oor hoe die plaaslike gemeentes kan bydra tot die hervorming van die
plaaslike gemeente en van ander kerke. |
TOERUSTING
Oor die missionaat word toerusting gesoek:
GETP,EEIII en GG word as moontlikhede genoem.
Dis `n behoefte om e weet hoe plaaslike
gemeentes beter bande met die HKSA kan bewerkstellig en handhaaf.
Een gemeente spreek die behoefte uit om meer
te wete te kom van Jehvo en Jehova Getuies en die Judaïsme.
Dog dis vreemd dat oor etlike sake waaraan
sommige gemeentes niks gedoen het tot dusver nie, hulle ook antwoord hulle geen
behoefte aan toerusting in die verband het nie.
|
AANBEVELING 1. Dat die Ringsvergadering aan die komitee
vir apostolaat leiding gee oor die toerusting waaraan die komitee kan gaan
werk. |
|
SAMEVATTENDE AANBEVELING 1.
Dat die vergadering ter wille
van kennisname en ‘n onderlinge leerervaring die projekte en inligting van
hierdie verslag onder leiding van Ds H F La Grange sal bespreek 2.
Die vergadering dra dit op aan
elke gemeente om hierdie verslag as basis te laat dien van die ouderlingevergadering. 3.
Dat die vergadering die verslag
aanvaar. |
5.3.2.1
VERSLAG VAN DIE VOORSITTER VAN DIE CSO
Mens besef skaars die
volle waarde van sig, totdat jou sig begin verswak. Dit is dan wat jy weer hoop
op beter sien – op elke terrein. Menige skeepskaptein sal dit seker kan beaam.
Die brug is daardie gedeelte van die skip wat gewoonlik baie hoog geleë
is en van waar die geweldige kolosse beheer word. As jy hier staan, kan jy
pragtig oor die hele skip se dek uitkyk en kan jy alles sien wat op die dek
gebeur. Hierdie posissie laat jou ook toe om verder as ver te kyk – tot bykans
anderkant die ander horison!!
Die brug is ook die plek van groot kommer – veral as die mis toesak en die
sig verswak. Dan kan die kaptein alleen
maar deur ‘n beperkte vensterjie kyk. Daar is dan spanning in die brug, want met swak sig, kan jy nie die gevaar sien kom nie – nie teenstaande moderne
hulpmiddels!!
As die mis dan opklaar, dan is daar blydskap. Ook vir die Christelike
Seemansorganisasie
Danksy elke donateur en baie gebede is daar blydskap en opwinding by
elkeen van ons. Die gebeure van onder
andere 11 September, die swak Rand wat moet Bybels aakoop asook die
inflasiekoers het ook sy invloed op ons gehad.
Vir ‘n tyd lank moes ons – en ons doen dit nog steeds in ‘n beperkte
mate – snoei selfs aan die hoeveelheid Bybels wat ons aanboord kon neem. U het
weereens gehelp dat die mis begin lig. Baie dankie.
Onsself wil nie net graag sien nie,
maar ons weet dat u daar by die huis,
ook graag sou wou sien hoe die lig vir ons weer skyn. Ons videoprojek is afgehandel –
daaroor is ons baie opgewonde. Met
hierdie video sal u nou self ook kan sien met watter heerlike werk ons besig
is. U kan saam aanboord kom. U kan ook hoor hoedat ‘n blye seeman – wat sopas
van die ewige Lig, Christus, gehoor het
-- sê “My house my church”
Ons is so bly oor hierdie video,
dat ons ook wil hê dat u dit ook vir ander sal wys en so ons
ambassadeur word. So kan u help dat ons as Christelike Seemansorganisasie
familie kan groei – om tot vêr agter die verste horison, die Here se Woord uit te dra. Plaas gerus u bestellings by ons
kantoor – ons verskaf dit teen kosprys aan u.
Ons is deeglik daarvan bewus dat u ook soms ‘n behoefte het om met ons
te praat. Miskien het u hier en daar ‘n
navraag. Miskien het u net die behoefte om te hoor hoe dit met ons hier by die
C S O gaan. Miskien wil u graag net sommer ‘n ietsie met ons deel. Miskien ‘n
ietsie wat swaar op die gemoed lê.
Ons het dit nou vir u moontlik gemaak. Ons het nou ‘n tolvrye-nommer
gekry wat u kan skakel. Die nommer is 0800-202-522.
As u skakel, dan praat ons graag
met u.
Na die vertrek van Johan van Staden (ons hawesendingwerker in
Richardsbaai) moes Riaan maar alleen die mas probeer opkom. Vir Riaan was dit
swaar en eensame tye – sonder ‘n kollega om hom moed in te praat – soms vir
lange ure aaneen en dit met vreemde mense in vreemde tale.
Nou het die mis ook weer in Richardsbaai gelig. Ons is trots en bly om Jaco en Mariè Dreyer
hier by ons te verwelkom. Hulle is jonk en vol ywer. Jaco is ‘n man wat hom sterk geroepe gevoel om die evangelie aan
seelui – en so oor die hele wêreld -- uit te dra. Hy was voorheen in
Bloemfontein werksaam. Jaco, Mariè en julle twee kinders, welkom by ons C S O familie-kring.
Ons sal weldra hom ook aan die woord stel, dat u self van hom kan hoor.
Danie Taljaard is ons hawesendingwerker in Port Elizabeth. Hy was
‘n man wat alleen sy pad moes loop – want sien, hy had geen vrou nie!!
Gelukkig vir hom het hy uiteindelik ook kon sien. Een dag,
toe hy sy oë oopmaak en kyk en kyk en weer sien, toe staan nie ‘n skip
nie, maar sy bruid voor hom en wag. Die
mens is mos nie gemaak om alleen te wees nie!!
Ons wens die Taljaard egpaar net die mooiste toe vir hulle
huweliksvaart. Mag die Here julle seën
en julle lei tot daar agter die verste horisonne van geluk en vrede en blydskap.
Sondag 10 Maart 2002 was vir ons ‘n besondere dag.
Op daardie dag kon ons ons Durban kantoor amptelik inwy as die ANDRè DREYER
HUIS”. Vir ons was dit ‘n besondere
oomblik om ons kantoor na ons vorige en geliefde voorsitter, Dr Andrè Dreyer,
te vernoem. Mev Mariaan Dreyer het vir
ons die onthulling waar geneem.
Sy visie en vermoeëns het daartoe bygedra dat ons in Durban ons eie
kantoor het.
En nou wil ons u uitnooi om –as u in Durban en omgewing is, tog by ons te kom inloer – om saam met ons
te kyk en te sien dat die Here vir ons goed is.
Die kantoor is geleë in Bartleweg 558, Umbilo, Durban. Ons nommer in Durban is 031 465 1068. Skakel ons gerus en ons sal u graag ontmoet
en rondwys.
Ons kantoor is daagliks oop tussen 8 en 1. Mev Wilma Smith is ons dame op kantoor.
AANBEVELING
1.Die verslag oor die werksaamhede van die Christelike Seemansorganisasie word aanvaar.
5.3.2 CHRISTELIKE
SEEMANSORGANISASIE Richardsbaai
5.4
BYBELVERTALING EN BYBELVERSPREIDING
JAARVERSLAG VAN DIE
STREEKSEKRETARIS VIR
DIE STREEK VRYSTAAT EN
NOORD-KAAP VIR VOORLEGGING
AAN DIE 2002 RINGSVERGADERINGS
VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA
1. INLEIDING
"Daarvoor sal ek U loof
voor die nasies, Here,
tot eer van U Naam 'n lofpsalm
sing"
2 Samuel 22 vers 50
In hierdie gedeelte uit 2 Samuel bring Dawid 'n loflied aan die Here. Hy prys die Here vir Sy wonderlike werk en
vir Sy seën. Eintlik wil hy sê dat daar
geen perke is aan God se liefde en trou vir Sy kinders nie. God is vir hom 'n skuilplek, 'n rots, 'n
skild, 'n veilige vesting.
Opnuut kon ons hierdie waarhede wat in bogenoemde gedeelte vervat is, die
afgelope jaar ervaar. God het ons
gebede verhoor en ons werk ryklik geseën.
Het ons almal nie maar met 'n sekere mate van benoudheid die jaar 2001
tegemoet gegaan nie? Sou alles weer na
normaal terugkeer na Bibliathon 2000?
Sou ons ons nuwe doelwitte kon bereik?
Baie vrae wat seker met goeie reg gevra kon word. En tog - God het ryklik voorsien. 'n Pragtige jaar het ons ten beurt geval - ons doelwitte is
bereik. Maar weet dit, ons was maar net
instrumente in God se hand. God het die
bereidheid tot offervaardigheid in die harte van mense gelê. Ons moes maar net by hulle uitkom.
Daarom by al ons dank aan die Here ook 'n groot dankie aan elke kerk en
elke donateur. Saam was ons weer 'n
wenspan en kon ons die jaar suksesvol afsluit.
Aan elkeen 'n groot dankie.
Saam met al die die ander streekkantore van die Bybelgenootskap landswyd,
kon ons as een groot span
saamwerk. Dankie vir die leiding en
ondersteuning van Ds Gerrit Kritzinger en sy span vanuit ons hoof-kantoor in Kaapstad. Hulle bereidwilligheid om in baie van ons projekte aktief voor te
loop en saam te werk het bygedra tot hierdie suksesse.
Ons eie kantoorpersoneel in Bloemfontein - sonder hulle volgehou harde werk
en hulle ekstra myle wat in baie gevalle van hulle gevra was, sou die eindresultaat
nie dieselfde kon gewees het nie. Aan
elkeen, hoe groot of hoe klein hulle daaglikse aandeel ookal was, onthou dit,
ons het as span saam gewerk. 'n
Besondere dankie aan my kollega Ds Gerrie van Dyk vir onvermoeide ywer
dwarsdeur die jaar. Dit verg harde werk
en deursetting om naweek vir naweek, dwarsdeur die jaar ver van die huis te
wees en duisende kilometers te ry. Maar
ook sy harde werk is ryklik beloon.
2. SPESIALE
PROJEKTE
2.1 BIBLIATHON 2000
Alhoewel Bibliathon 2000 amptelik op 31 Desember 2000 afgesluit is het
daar tog nawerking van hierdie groot projek nog in 2001 plaasgevind. Bybelstappe, prettrappe en derglike projekte
wat nie in 2000 ingepas kon word nie, is deur gemeentes vanjaar aangepak en ek
is daarvan oortuig dat die blootstelling wat ons met hierdie projek gekry het,
van onskatbare waarde ook vir toekomstige projekte gaan wees.
2.2 COMRADES
Hierdie projek is jaarliks 'n groot treffer en daar word werklik met
groot moeite deur Ds Gerrie van Dyk gepoog om elke jaar meer atlete hierby te
betrek. Ons was gelukking dat die
atlete wat vir Bybels gehardloop het weer bykans R200 000 ingesamel het.
2.3 BYBELETES
Ons jaarlikse Bybeletes is weer aangebied en ons donateurs het weereens
dit pragtig ondersteun. Bykans R50 000
kon weer ingesamel word. Baie dankie
aan elke gemeente met hulle predikante
en bereidwillige dames wat hiermee gehelp het en verseker het dat hierdie etes
weer die ideale geleenthede geskep het waar ons donateurs heerlik rondom 'n
lekker bord kos kon kuier.
3. VERTEENWOORDIGING
Dit bly die Bybegenootskap se doel om soveel moontlik kerke op ons
streekraad verteenwoordig te kry.
Daarom word daar dan ook aan elke kerk die geleentheid gebied om op
hierdie raad te dien. Geen nuwe verteenwoordiging het in die verslagjaar
plaasgevind nie.
4. PERSONEEL
Soos in verlede jaar se verslag vermeld het Mev Carla van As vanaf 1
November 2000 diens aanvaar as sekretaresse van die streeksekretaris. Sy het nou 'n jaar se diens agter die blad en is stewig ingewortel
na al haar vuurproewe wat sy moes deurmaak.
Geen verwisseling van personeel het plaasgevind nie.
5. BESOEKE
Gelukkig was ek in staat om die afgelope jaar weer
by verskeie kerke te kon preek, maar
ook om soms informele besoeke aan gemeentes te kon bring. 'n Uitvloeisel van Bibliathon 2000
is dat
gemeentes nou bewus geraak het van verskillende projekte wat hulle kan
aanpak vir Bybelverspreiding, en by baie van hierdie geleenthede kon ek
teenwoordig wees.
Die primêre kontak met gemeentes bly egter die voorreg om Sondae daar te
kan gaan preek en dan ook inligting te verskaf aangaande al ons werksaamhede.
5.1 BESOEKE
AAN NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK
Hoofsaaklik was my besoeke uit die aard van my aanstelling by die
Bybelgenootskap, gerig op gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Vanweë die verspreidheid van die gemeentes
het ek in elke provinsie van Suid-Afrika, besoeke gebring. Dit sluit
ringsvergaderings, predikante vergaderings en broederkringe in.
Ek kon ook by 'n paar ringsvergaderings wat nie in my streek is nie besoeke
aflê, omdat ek my kollega
Ds Wilhelm Steyn daar
verteenwoordig het, wat vir 'n paar vergaderings nie beskikbaar was nie. In Maart 2001 het ek die buitengewone
sitting van die Nederduitsch Hervormde Kerk se Algemene Kerkvergadering
bygewoon, asook die gewone sitting wat in Oktober 2001 plaasgeving het.
6. VERTALING
Gedurende die verslagjaar het die Departement Teksversorging publikasies in
18 tale hanteer. Hierdie tale was Afrikaans, Chewa, Engels, Herero,
Kwanyama, Ndonga, Noord-Sotho, Portugees, Shona, Suid-Ndebele, Suid-Sotho,
Swati, Tshwa, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu.
Projekte wat voluit aan die gang is, is:
Afrikaans: Bybel vir Dowes onder leiding van
professor JP Oberholzer. Twee boekdele,
bevattende Genesis en Markus en Daniël tot Maleagi het
reeds verskyn met die vier Evangelies wat vir publikasie voorberei word.
Engels: Nuwe Testament en Psalms - Contemporary
English Version (Britse Taalgebruik).
Suid-Ndebele: Bybel - eerste vertaling waar professor APB Breytenbach die
projekkoördineerder is.
Tsonga: Bybel - ou vertaling met nuwe ortografie (skryfwyse).
6.1 Nuwe uitdagings
'n Oudiobybelwerkswinkel, onder leiding van 'n mediakonsultant van die
Wêreldbond van Bybelgenootskappe, is gehou.
Die doel daarvan was om 'n strategie te beplan vir die produksie en
effektiewe verspreiding van Oudiobybels en - bybelgedeeltes in
Suid-Afrika. Hierdie groot uitdaging is
veral gemik op die sowat 12 tot 20 miljoen mense in Suid-Afrika wat nie funksioneel
geletterd is nie.
Die Nasionale Raad van die Bybelgenootskap het in Augustus in beginsel
besluit om Bybels in oudioformaat voor te berei vir diegene wat nie toegang tot
die Woord in gedrukte formaat het nie en/of mondelinge kommunikasievorme gebruik. Daar word vir 'n loodsprojek op Zulu
gefokus.
6.2 Nuwe Bybelvertaling in Afrikaans..?
Na aanleiding van 'n versoek wat die Bybelgenootskap van 'n sinode
ontvang het dat 'n meer direkte woordelikse (konkordante) vertaling van die Bybel in Afrikaans gemaak moet word,
het die Kerklike Advieskomitee (Die Bybel
in Afrikaans) die Bybelgenootskap adviseer om 'n Bybelvertalingsimposuim te
reël. Afrikaanssprekende kerke is
genooi. Sprekers uit verskeie
vakdissiplines wat by Bybelvertaling betrokke is, het referate gelewer. 'n Hele aantal van die referate het die
aandag op die stand van Bybelvertaling in Afrikaans gevestig en watter
implikasies ontwikkelinge in die vertaal - en taalwetenskap vir 'n moontlike
nuwe Afrikaanse Bybelvertaling inhou.
6.3 Marknavorsing
Die sentrum vir Interdissiplinêre studies aan die Universiteit van
Stellenbosch, is versoek om die marknavorsing te onderneem ten einde die
wenslikheid van nog 'n
Afrikaanse Bybelvertaling
te bepaal.
11 000 gemeentelede en 1 000 leraars in die verskillende kerkverbande is
versoek om die vraelyste te voltooi.
Predikante en gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk het ook
deelgeneem aan die marknavorsing. Die
uitslag van die navorsing word aan die
begin van Maart 2002 aan die Kerklike Advieskomitee voorgelê.
Dit is uiters belangrik om te beklemtoon dat die besluit om met 'n
moontlike nuwe vertaling te begin, nie by die Bybelgenootskap berus nie, maar
dat die deurslaggewende faktor die onderskeie kerke oor so 'n projek sal wees.
Die Algemene Kerkvergadering van 2001 het sy steun aan die meningsopname
gegee en sal gelegenertyd weer geraadpleeg word voor 'n moontlike vertaling
aangepak word. Enige nuwe vertaling
duur in die omgewing van 10 of meer jare voor die eindproduk gepubliseer word.
7. PRODUKSIE
Die dalende waarde van die rand teenoor die rand buitelandse valuta het
veroorsaak dat die gelande koste van Bybelpapier dramaties styg. Die gemiddelde
prys per ton het die afgelope jare as volg gestyg: 1997 - R8 461; 1998 - R9 149; 1999 - R10 094; 2000 - R10 369; 2001 -
R13 038. In die afgelope jaar
is 926 ton papier
verbruik. By die skrywe van
hierdie verslag was
die prys reeds R17 000 per ton! Ondersoek word steeds gedoen na die
moontlikheid om plaaslik vervaardigde papier te gebruik.
'n Totaal van 1 515 161 Bybels en Bybelgedeeltes is in 2001 gedruk. Dit sluit in 997 792 Bybels en 168 502 Nuwe
Testamente. Hierdie Bybels en
Bybelgedeeltes is in 19 tale en 28 weergawes gepubliseer. Gedurende die afgelope twaalf maande het 17
nuwe publikasies die lig gesien.
|
|
Produksie: |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
2001 |
2000 |
Verskil |
|
|
|
Bybels |
|
997 792 |
1 153 559 |
-13.50 |
|
|
|
Testamente |
|
168 502 |
92 044 |
83.07 |
|
|
|
Bybelgedeeltes: |
A Gewone |
110 635 |
305 317 |
-63.76 |
|
|
|
|
B Nuwe lesers |
92 682 |
385 850 |
-75.98 |
|
|
|
Seleksies |
|
145 550 |
184 750 |
-21.22 |
|
|
|
Totaal |
|
1 515 161 |
2 121 520 |
-28.58 |
|
Gedurende die verslagjaar is 403 773 Bybels vir nasionale Bybelgenootskappe
in ander Afrikalande geproduseer.
Verlede jaar was die totaal 414 792 Bybels.
8. Verspreiding
Die volgende hoeveelhede Bybels en Bybelgedeeltes is in 90 tale en 129
vertalings binne die republiek versprei:
|
|
|
2001 |
2000 |
Verskil |
|
|
|
Bybels |
591 517 |
641 398 |
-7.78 |
|
|
|
Testamente |
142 292 |
68 622 |
107.36 |
|
|
|
Bybelgedeeltes |
96 892 |
228 358 |
-57.57 |
|
|
|
Nuweleser Bybelgedeeltes |
59 427 |
65 688 |
-9.53 |
|
|
|
Seleksies |
207 637 |
175 673 |
18.20 |
|
|
|
Totaal |
1 097 765 |
1 179 739 |
-6.95 |
|
Van die volledige Bybels wat versprei is, was 92.7% gesubsideer.
Daar is aan 35 lande buite
Suid-Afrika 388 998 volledige Bybels (500 012 in die vorige jaar) en ook
Bybelgedeeltes, gelewer. Publikasies is
na afgeleë lande so ver as Etiopië,
Liberië, Sierra Leone en Kameroen gestuur.
Hierdie items is teen kommersiële prys gelewer en is dus nie
gesubsidieer nie.
8.1 Verspreidingskanale
Die Bybelgenootskap het items aan die volgende afsetpunte binne die RSA gelewer (slegs volledige Bybels word
genoem):
|
|
|
2001 |
2001 |
2000 |
|
|
|
Algemene Boekhandel |
174 553 |
30% |
33% |
|
|
|
Christelike Boekhandel |
302 490 |
51% |
45% |
|
|
|
Totale Handel |
447 043 |
81% |
78% |
|
|
|
Kerke |
87 799 |
15% |
17% |
|
|
|
Opvoedkundige Afsetpunte |
6 503 |
1% |
1% |
|
|
|
Ander Instansies |
20 172 |
3% |
4% |
|
|
|
Totaal |
591 517 |
|
|
|
9. Finansies
9.1 BYDRAEVERSLAG
UIT DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK - BFN STREEK
|
|
2001 |
2000 |
|
KERKRAAD |
332 529.37 |
298 115.42 |
|
N.H.S.V |
687.00 |
1 190.00 |
|
N.H.J.V |
50.00 |
792.37 |
|
KATEGESE |
2 237.17 |
6 417.14 |
|
INDIVIDUE |
21 030.00 |
23 879.00 |
TOTAAL
|
356 533.54 |
330 393.93 |
|
Gem R/C per lidmaat |
R9.66 |
R8.69 |
9.2 BYDRAEVERSLAG
UIT DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK - LANDSWYD
|
|
2001 |
2000 |
|
KERKRAAD |
997 807.01 |
990 357.42 |
|
N.H.S.V |
18 613.10 |
9 402.37 |
|
N.H.J.V |
1 406.75 |
792.37 |
|
KATEGESE |
10 917.86 |
16 327.04 |
|
INDIVIDUE |
111 152.30 |
166 866.32 |
TOTAAL
|
1 119 897.02 |
1 183 745.52 |
|
Gem R/C per lidmaat |
R9.40 |
R9.87 |
10.1 'n Mosie
van dank word gerig aan elke gemeente, gemeentelike instansies en individu wat
Bybelverspreiding die afgelope jaar daadwerklik bevorder het.
10.2
Die ringsvergadering word
versoek om kennis te neem van die mikpunt wat deur die Algemene Kerkvergadering
gestel is (tans R19.00 per lidmaat) en om gemeentes en gemeentelike instansies
aan te moedig om die mikpunt na te streef.
10.3 Die
ringsvergadering word versoek om dit onder die aandag van gemeentes te bring
dat die deurkollekte vir Hervormingsondag (die laaste Sondag in Oktober)
volgens besluit van die Algemene Kerkvergadering, aan die Bybelgenootskap
oorbetaal moet word.
10.4
Gemeentes word opnuut daaraan herinner dat promosiemateriaal om
fondsinsameling te bevorder gratis op aanvraag by die Bybelgenootskap
beskikbaar is.
10.5 Dit
word aan die hand gedoen dat 'n afsonderlike kolom vir Bybelverspreiding in die offergaweboeke ingerig sal word om
gemeentelede aan te moedig om bykomende offergawes daarvoor te gee.
10.6
Belangstellendes word genooi om die Bybelgenootskap gereeld op die
Internet te besoek by http://www.biblesociety.co.za,
en www.bybelgenootskap.co.za
10.7 Dit
word by herhaling onder die aandag van gemeentes gebring dat Bybels in die
meeste gesproke tale van ons land by die Bybelgenootskap beskikbaar is. Kolporteurs word gevra om Bybels beskikbaar te stel sodat die Kerk sy werk
kan doen om die Bybel ver en wyd te laat spreek. Die Ned Hervormde Kerk is wat die kolporteurstelsel betref, 'n
voorbeeld vir menige kerk. As die
sisteem ten beste benut word, kan dit net tot voordeel van die Koninkryk wees.
11. DANK
Nog 'n jaar het ten einde geloop en is suksesvol afgesluit. Dankie dat elkeen van ons nog die geleentheid
gegun was om dienswerk te kon lewer.
Dankie dat die Here ons met ons eie hoedanighede en beperkinge, goed
genoeg geag het om in Sy Koninkryk diensbaar te kon wees.
Dit bly 'n groot spanpoging. Ons
is maar 'n klein deeltjie in die groot ratwerk van die Bybelgenootskap dwarsoor
die wêreld. Maar ons bly
noodsaaklik.
Ons gaan die nuwe jaar tegemoet vertrouend daarop, dat God weer ryklik
sal voorsien.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
KERKRAAD |
GEM |
|
|
|
|
|
GEMIDDELD PER |
||
|
EN/OF |
PER |
|
|
|
|
|
LIDMAAT |
||
|
DIAKONIE |
LIDMAAT |
N.H.S.V |
N.H.J.V. |
KATEGESE |
INDIWIDUE |
TOTAAL |
2001 |
2000 |
1999 |
|
24154.42 |
8.52 |
- |
- |
300.00 |
970.00 |
25424.42 |
8.97 |
9.25 |
9.89 |
|
17392.88 |
5.55 |
500.00 |
- |
1505.50 |
25779.46 |
45177.84 |
14.42 |
7.66 |
10.99 |
|
19 864.27 |
13.17 |
- |
- |
- |
3995 |
23 859.27 |
16.47 |
9.28 |
- |
|
780.04 |
1.12 |
- |
100.06 |
50.00 |
1650.00 |
2580.10 |
3.72 |
6.86 |
- |
|
14 055.28 |
6.93 |
- |
- |
- |
750.00 |
14 805.28 |
7.29 |
3.00 |
9.54 |
|
11 671.88 |
7.13 |
- |
- |
- |
770.00 |
12 441.88 |
7.59 |
11.53 |
6.97 |
|
29 255.44 |
13.03 |
50.00 |
- |
331.61 |
10.00 |
29 647.05 |
13.20 |
12.52 |
15.83 |
|
35090.22 |
9.30 |
- |
- |
- |
135.00 |
35225.22 |
9.34 |
8.45 |
7.13 |
|
51695.08 |
9.49 |
- |
- |
- |
1330.00 |
53025.08 |
9.73 |
13.87 |
9.20 |
|
30302.15 |
12.03 |
- |
- |
- |
1210.00 |
31512.15 |
12.52 |
11.98 |
9.60 |
|
9030.05 |
3.94 |
137.00 |
- |
- |
265.00 |
9432.05 |
4.12 |
3.31 |
3.84 |
|
39 844.37 |
7.53 |
- |
- |
- |
2270.00 |
39 114.37 |
7.99 |
6.09 |
4.94 |
|
16 211.39 |
10.38 |
- |
- |
- |
700.00 |
16 911.39 |
10.83 |
9.51 |
4.97 |
|
6295.05 |
5.61 |
- |
- |
- |
420.00 |
6715.05 |
5.98 |
6.78 |
5.01 |
|
13 226.05 |
13.19 |
- |
- |
- |
- |
13 226.05 |
13.19 |
14.04 |
10.77 |
|
339 888.03 |
9.28 |
687.00 |
100.06 |
2 187.11 |
16 235.00 |
359 097.20 |
10.68 |
9.08 |
8.29 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
||
|
KERKRAAD |
GEM |
|
|
|
|
|
GEMIDDELD PER |
||||
|
EN/OF |
PER |
|
|
|
|
|
LIDMAAT |
||||
|
DIAKONIE |
LIDMAAT |
N.H.S.V |
N.H.J.V. |
KATEGESE |
INDIWIDUE |
TOTAAL |
2001 |
2000 |
1999 |
||
|
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
- |
2.70 |
- |
||
|
979.57 |
4.13 |
- |
- |
- |
20.00 |
999.57 |
4.22 |
2.01 |
0.51 |
||
|
3714.39 |
10.80 |
- |
- |
- |
580.00 |
4294.39 |
12.48 |
11.00 |
11.64 |
||
|
1003.45 |
5.20 |
- |
- |
- |
- |
1003.45 |
5.20 |
- |
4.79 |
||
|
1691.29 |
4.42 |
- |
- |
- |
50.00 |
1741.29 |
4.55 |
1.82 |
6.59 |
||
|
2561.16 |
6.04 |
- |
- |
- |
100.00 |
2661.16 |
6.28 |
1.63 |
2.76 |
||
|
4105.42 |
15.67 |
- |
- |
- |
- |
4105.42 |
15.67 |
- |
43.03 |
||
|
14 055.28 |
6.93 |
- |
- |
- |
750.00 |
14 805.28 |
7.29 |
3.00 |
9.54 |
||
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
||
|
AANBEVELING 3. Dat die verslag van Ds J de Wet aanvaar
word 4. Dat die aanbevelings soos vervat in die
verslag van Ds De Wet aanvaar word. |
|
|||||||||
5.5
KERKBOEK
5.6 RINGSKOMITEE VIR EREDIENS
1. Besluite van die ringsvergadering
Enige interessante,
innoverende gedagtes uit die verslae waarvan die Raad vir Erediens behoort kennis te neem
PIETERMARITZBURG
Aanderedienste neem die vorm van Bybelstudie aan
DURBAN
1. Ons doelstelling was om
die erediens so toeganklik as moontlik vir almal te maak, sodat elke persoon in
die erediens die ware belewenis sal hê dat hulle God ook hier ontmoet. Verder moet die erediens verstaanbaar wees.
Die prediking moet duidelik en verstaanbaar wees vir elke persoon (oud en jonk)
wat in die erediens is. Die gemeente se sang moet werklik iets kan weergee van
die lofbetuiging. Die kerkgebou moet ‘n plek wees waarop almal trots kan wees
en in tuis kan wees.
2. Met behulp van die
werkgroep erediens, kon ons daarin slaag om mense in die erediens te laat tuis
voel. Ons het begin met ‘n “kinderkerk”
vir kleuters. Ons was gereeld besig met
sangoefening voor die erediens.
3. Ons is op die stadium
besig om te kyk na die verfraaiing van ons terrein en ons kerkgebou. Dit het
nog sy volle aandag gekry nie. Ons
beplan om ‘n hele fasade aan te bou wat gebruik sal word as ‘n gedenkmuur. Die Oostekant van hierdie fasade sal
uiteindelik dien as kuier / onthaalarea asook ‘n buitekombuis. Die
ouderlingevergadering sal graag die ring wil uitnooi vir die ingebruikneming
van hierdie projek.
DURBAN-SUID
1. Eredienste wat
saamval met belangrike geleenthede in die lewens van lidmate word met sorg
luisterryk aangebied.
Kinders word betrek by die
doop van ander kinders.
Verskuiwing
van die erediensplek op Amanzimtoti ter wille van groter toeganklikheid.
Dat die
eredienste/bediening te Scottburgh uitgebrei word tot ‘n weeklikse
middag-erediens.
Wyksbyeenkomste is
vroeg al gereël om die keurbundel met CD-begeleiding deur te sing.
Die Ringspredikant met opdrag Kerkmusiek het die gemeente toerustend
toegespreek. Die liedere is dadelik in
die eredienste gebruik. Die Liedboek is
feestelik in gebruik geneem en deur almal aangekoop. Die gepaardgaande vernuwing in die erediens is wyd verwelkom.
Gemeente-etes het
met gesamentlike eredienste saamgeval en daar is groot vieringsgeleenthede
geskep wat feestelik en met groot geesdrif ondersteun is.
EMPANGENI
Dit blyk dat geen formele
beplanning gedoen is nie.
RICHARDSBAAI
Ons beplan om ‘n
sanggroep op die been te bring om die gemeente te help om die nuwe liedere aan
te leer
Die sanggroep. Dit
blyk ‘n probleem te wees om ‘n geskikte tyd te kry om almal te pas vir die
oefentye.
LAER SUIDKUS
Dat die lidmate weer deur
die ampsdraers en tydens prediking daartoe gelei word om die lofprysende
kakrakter van die erdediens te herontdek en te beleef. Toerusting is ook aan
kerkraad oor die tema aangebied.
PINETOWN
Geen verslag is ontvang nie
Enige
probleme of leemtes in die ringsgemeentes ten opsigte erediens of kerkmusiek?
PIETERMARITZBURG
Dit blyk dat die gemeente
nie ‘n opgeleide orrelis het nie.
DURBAN
1. Dit is jammer dat tydens
vakansies die erediens nie so getrou besoek word nie. Dit bring afbreek aan die
gehalte van die kerksang.
DURBAN-SUID
Die indringend
aandag gegee sal word aan die hardnekkige ontevredenheid oor eredienstye.
Die indringend
aandag gegee sal word aan die hardnekkige ontevredenheid oor eredienstye.
‘n Komitee behoort
saamgestel te word wat selfwerksaam kan word, maar die komitee bly telkens van
die predikant se persoonlike leiding en betrokkenheid afhanklik.
EMPANGENI
Die gemeente se orrel was stukkend en moes herstel word.
Die gemeente het vir ‘n
groot gedeelte van die jaar nie ‘n predikant gehad nie.
RICHARDSBAAI
Geen
LAER SUIDKUS
Dat kinders meer geakkomodeer moet word in die erediens.
PINETOWN
Geen verlag is ontvang nie.
DURBAN
2.1 Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van
kerkmusiek?
Omdat die sang ‘n
belangrike komponent van die erediens is, was die sangoefening vir ons
belangrik. Die orrelis is ook versoek om die voor- en naspele by die tema van
die erediens aan te pas.
Koraalverwerkings moes ook gebruik word.
2.2 Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?
Elkeen van hierdie doelstellings
is behaal. Dit is net jammer dat tydens
vakansies die erediens nie so getrou besoek word nie. Dit bring afbreek aan die
gehalte van die kerksang.
2.3 Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk
nie haalbaar te wees nie?
Geen
2.4 Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van
die beplanning van eredienste?
Ja
2.5 Is daar 'n liedereverslagvorm ingevul? Indien wel, stuur asseblief 'n afskrif saam.
Nee, niks is ontvang nie
2.6 Wat is die kwalifikasies en ondervinding van u orrelis?
Graad 8 orrel en Graad 7
klavier. 12 Jaar ondervinding
2.7 Watter geleentheid vir verdere toerusting van die orrelis is
geskep of benut?
Hy is aangemoedig om ‘n
opleidingskursus by te woon.
2.8 Op watter manier het die aanleer van nuwe liedere aandag
gekry?
Gereelde sangoefening voor
die erediens.
2.9
Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u gemeente? Indien wel, hoe funksioneer die komitee?
Ja, in samewerking met die gemeenteboukommissie
2.10 Toesrusting gegee / benodig
Geen
2.11 Ander sake / beskrywingspunte
Geen
DURBAN-SUID
2.1 Watter beplanning het die gemeente gedoen
ten opsigte van kerkmusiek?
C Om ‘n gekwalifiseerde orreliste te vind wat
die musiek van die nuwe Liedboek kan begelei en die gemeente kan help om
melodieë aan te leer.
C Herstel van die gemeente se
pyporrel wat reuse skade opgedoen het.
C Om elke lidmaat in staat te
stel om betyds ‘n Liedboek te bekom en gemeentesang uit die boek aan te moedig.
C Om ‘n liefde en geesdrif vir
die nuwe kerkmusiek en Liedboek te kweek by wyse van wyksbyeenkomste waar die
keur van 30 liedere met CD-begeleiding deurgesing word.
C Om die Liedboek feestelik in
gebruik te neem.
2.2 Wat van hierdie beplanning het
gerealiseer?
Alles.
2.3 Wat van hierdie beplanning moet nog
aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?
Geen.
2.4 Hoe het die orrelis en predikant
saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?
Ja. Daar sal egter voortaan meer aandag hieraan
gegee kan word noudat ‘n orreliste in diens geneem is wat die nuwe melodieë
vinnig baasraak en met die begeleiding kan eksperimenteer.
2.5 Is daar 'n liedereverslagvorm
ingevul? Indien wel, stuur asseblief 'n
afskrif saam.
Nee. Dis nie ingevul nie hoewel daar reeds baie
van die nuwe liedere in die gemeente gesing word. Ons hoop om alle liedere te kan sing.
2.6 Wat is die kwalifikasies en ondervinding
van u orrelis?
B.A. Musiek,
ongeveer 10jaar ondervinding.
2.7 Watter geleentheid vir verdere toerusting
van die orrelis is geskep of benut?
Die
dames wat mekaar afgewissel het op die orrel het nie kans gesien vir toerusting
nie. Die nuwe orreliste sal aangemoedig
word om aan SAKOV se toerustingsgeleenthede deel te neem.
2.8 Op watter manier het die aanleer van nuwe
liedere aandag gekry?
Wyksbyeenkomste
is vroeg al gereël om die keurbundel met CD-begeleiding deur te sing.
Die Ringspredikant met opdrag Kerkmusiek het die gemeente toerustend
toegespreek. Die liedere is dadelik in
die eredienste gebruik. Die Liedboek is
feestelik in gebruik geneem en deur almal aangekoop. Die gepaardgaande vernuwing in die erediens is wyd verwelkom.
2.9 Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u
gemeente? Indien wel, hoe funksioneer
die die komitee?
Nee.
Nee.
2.10 Toesrusting gegee / benodig
‘n Komitee behoort
saamgestel te word wat selfwerksaam kan word, maar die komitee bly telkens van
die predikant se persoonlike leiding en betrokkenheid afhanklik.
EMPANGENI
2. KERKMUSIEK
2.1 Watter beplanning het die gemeente gedoen
ten opsigte van kerkmusiek?
GEEN
ORREL IS HERSTEL
2.2 Wat van hierdie beplanning het
gerealiseer?
2.3 Wat van hierdie beplanning moet nog
aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?
2.4 Hoe het die orrelis en predikant
saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?
HET NIE PREDIKANT
GEHAD NIE
2.5 Is daar 'n liedereverslagvorm
ingevul? Indien wel, stuur asseblief 'n
afskrif saam.
NEE
2.6 Wat is die kwalifikasies en ondervinding
van u orrelis?
MEESTERSGRAAD IN
MUSIEK (B MUS)
2.7 Watter geleentheid vir verdere toerusting
van die orrelis is geskep of benut?
GEEN
2.8 Op watter manier het die aanleer van nuwe
liedere aandag gekry?
IN EREDIENS EN
SANGOEFENING IN KERK
2.9 Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u
gemeente? Indien wel, hoe funkdioneer
die die komitee?
NEE
2.10 Toesrusting gegee / benodig
GEEN
LAER SUIDKUS
2. KERKMUSIEK
2.1 Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van
kerkmusiek?
C Dat
die gemeente se 2 orreliste gereeld toegerus word.
C Dat
sangdienste op gereelde basis gehou word.
C ‘N
Koor het gefunksioneer in die 2e semester van 2001.
2.2 Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?
Al die genoemde sake in 2.1
2.3 Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk
nie haalbaar te wees nie?
Geen
2.4 Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van
die beplanning van eredienste?
Deur
wedersyds met mekaar te skakel. Geen formelke beplanning vir
elke
erediens word op die wyse gedoen nie, omdat beide orreliste die
beplanning
grootliks weens eie keuse aan die predikant oorlaat.
2.5 Is daar 'n liedereverslagvorm
ingevul? Indien wel, stuur asseblief 'n
afskrif saam.
Nee.
2.6 Wat is die kwalifikasies en ondervinding
van u orrelis?
1. Port Shepstone: Klavier gr. iv
2. Port Edward: Klavier
Lisensiaat
2.7 Watter geleentheid vir verdere toerusting
van die orrelis is geskep of benut?
Toerustings deur SAKOF word altyd
bygewoon.
2.8 Op watter manier het die aanleer van nuwe
liedere aandag gekry?
Sangoefening
2.9 Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u
gemeente? Indien wel, hoe funkdioneer
die die komitee?
Nee.
2.10 Toesrusting gegee / benodig
Geen
PIETERMARITZBURG
2. KERKMUSIEK
2.1 Watter beplanning het die gemeente gedoen
ten opsigte van kerkmusiek?
Noue samewerking met die orrelis
CD
van die Liedboek word as riglyn gebruik
2.2 Wat van hierdie beplanning het
gerealiseer?
Al bogenoemde
2.3 Wat van hierdie beplanning moet nog
aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?
Orrelis moet meer betrek word
2.4 Hoe het die orrelis en predikant
saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?
Altyd in oorleg met die ander
2.5 Is daar 'n liedereverslagvorm
ingevul? Indien wel, stuur asseblief 'n
afskrif saam.
-Nee
2.6 Wat is die kwalifikasies en ondervinding
van u orrelis?
Deeltyds - speel op gehoor-
2.7 Watter geleentheid vir verdere toerusting
van die orrelis is geskep of benut?
-Geen-
2.8 Op watter manier het die aanleer van nuwe
liedere aandag gekry?
Word elke Sondag geoefen-
2.9 Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u
gemeente? Indien wel, hoe funksioneer
die komitee?
Nee - slegs die ouderlinge gee
hieraan aandag--
2.10 Toesrusting gegee / benodig
Geen--
RICHARDSBAAI
2. KERKMUSIEK
2.1 Watter beplanning het
die gemeente gedoen ten opsigte van kerkmusiek?
Om die liedboek aan elke lidmaat bekend en beskikbaar te stel.
2.2 Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?
Alles het gerealiseer.
2.3 Wat van hierdie
beplanning moet nog aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?
Geen
2.4 Hoe het die orrelis en
predikant saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?
Die predikant het Sondagoggende vor die erediens gemeentesang gelei en
ook sodoende die nuwe liedboek bekend gestel.
2.5 Is daar 'n
liedereverslagvorm ingevul? Indien wel,
stuur asseblief 'n afskrif saam.
Nee.
2.6 Wat is die kwalifikasies
en ondervinding van u orrelis?
Sy beskik oor ‘n B.Mus-graad met kerkorrel as 2de instrument. Sy is al die afgelope 20 jaar orrelis in
hierdie gemeente.
2.7 Watter geleentheid vir
verdere toerusting van die orrelis is geskep of benut?
Sy het die bekendstelling van die nuwe liedboek in Pietermaritzburg
bygewoon.
2.8 Op watter manier het die
aanleer van nuwe liedere aandag gekry?
Deur middel van sangoefening voor die erediens en ook tydens die
erediens.
2.9 Bestaan daar 'n komitee
vir erediens in u gemeente? Indien wel,
hoe funksioneer die die komitee?
Ja, die komitee funksioneer op ‘n baie informele wyse soos nodig.
2.10 Toesrusting gegee /
benodig
Geen toerusting word benodig nie.
PINETOWN
Geen verslag is ontvang nie.
|
AANBEVELINGS 1.Dat
gemeentes aangemoedig word om waar behoefte ervaar word, van ‘n komitee vir
erediens gebruik te maak om predikante te ondersteun met die beplanning van
die eredienste. 2. Dat al
die Ringsgemeentes boekhou van die liedere wat gesing word, sodat bepaal kan
word of sommige liedere nie te veel ten koste van nuwe/ minder bekende
liedere gesing word nie. 3. Dat
predikante en / of eredienskomitees toesien dat die sing van die Psalms ‘n
regmatige plek in die erediens het. 4. Dat
langtermyn beplanning gedoen word om fondse beskikbaar te hê vir herstelwerk
en / of uitbreiding van musiekinstrumente wat gebruik word vir begeleiding
(veral waar gemeentes gebruik maak van pyporrels wat gereeld en ten duurste
gediens moet word. 5. Dat
kerkrade toesien dat orreliste so dikwels moontlik verdere toerusting ontvang
deur byvoorbeeld die byeenkomste van die SA Kerkorrelistevereniging by te
woon. 6. Dat die verslag aanvaar word. 7. Die Vergadering versoek dat gemeentes besluit om
die Liedboek-Sleutel aan te koop. |
6. VERBAND
MET ANDER KERKE
Ekumeniese eenheid is die eenheid van die kerk wat
ons in die Apostoliese Geloofsbelydenis bely met die woorde "Ek glo aan 'n
heilige, algemene, Christelike Kerk, die gemeenskap van die heiliges..."
1. Het
die Ouderlingevergaderings in die ring toegesien dat die wesentlike eenheid van
die gemeente gedurende die verslagjaar met gemeentes en kerke wat in die
Reformatoriese tradisie staan bevorder is deur die handhawing van broederlike
betrekkinge, gesprekke, onderlinge hulpverlening, deelname aan die werk van
ekumeniese liggame of rade, of gesamentlike eredienste? Gee besonderhede:
RICHARDSBAAI :
Hier is geen aksies geloods nie.
PINETOWN :
Maandelikse gesprekke word tussen predikante van die
susterskerke gevoer.
Met Hervormingsondag is daar ‘n gesamentlike erediens
gehou met die inlywing van die nuwe Liedboek.
Verkennende gesprekke is gehou met die oog op
gesamentlike fondsinsamelingsprojekte.
Lede van die NGK en NHK dien saam op die
beheerliggaam van die Durban CMD
PIETERMARITZBURG :
Het’n GEBEDSDAG gehou waar al die kerke uitgenooi is
om deel te neem aan die gebedsdag
Gesamentlike eredienste word te Richmond gehou om die
Woord meer gereeld daar te verkondig.
NGK - predikante word gereeld gebruik as Ds. Harmzen
met verlof is.
DURBAN :
Predikant het gereeld “fraternal “ bygewoon en
hieruit is projekte ondersteun.
Gemeente ook betrokke by plaaslike komitee van die
CSO.
LAER - SUIDKUS :
Ook hier word gesamentlike eredienste gehou.
DURBAN - SUID :
Ook hier is ‘n gesamentlike Hervormingsondag erediens
gehou.
Ook hier word predikers gebruik as Ds. La Grange met
verlof is.
Ook hier word beurt dienste te Scottburgh gehou om
meer gereelde Woordverkondiging te bewerk.
Die predikant neem maandeliks deel aan plaaslike
broederkringe .
CSO werk ten nouste saam met ander predikante en
kapelane.
Finansiële steun is gebied aan ‘n HKSA student (
Sandile Dlamini )
OPMERKINGS :
Dit wil blyk asof die Hervormers hul Ekumeniese taak
al hoe meer begin ter harte neem in NATAL en ek dank u in CHRISTUS daarvoor.
Egter nog steeds ‘n paar kwelvrae :
Wat doen ons as kerk om sigbaar ons Ekumeniese opdrag
uit te voer anders as die normale waar
ons saam vergader of saam eredienste hou of saam fondse insamel. Al die
drie punte is wonderlik en werklik ‘n roeping wat ons as kerk vervul , maar hoe
stel ons op alle ander terreine van die lewe ‘n voorbeeld van gemeenskap van
gelowiges ?
As voorbeeld: Ons is deur Christus geroep om
LIGDRAERS te wees in die wêreld en veral onder medegelowiges. Hoe kry hierdie
roeping vergestalt onder die gemeenskap van gelowiges anders as die normale
gang van gesamentlike eredienste en vergaderings en bymekaarkom geleenthede?
2. Wat
beplan die Ouderlingevergaderings in die ring om in die loop van die jaar aan
die sake te doen wat in vraag 1 ter sprake gebring is?
RICHARDSBAAI :
Is besig met ‘n interkerklike aanbieding van die
passiespele “ HY LEEF “ in
2003
PINETOWN :
Al die bestaande aksies sal voortgaan.
PIETERMARITZBURG :
Al die bestaande aksies sal voortgaan.
DURBAN :
Hier word ‘n ekumeniese “Seesondag” beplan as
ondersteuning van die CSO.
DURBAN - SUID :
Al bogenoemde aksies sal voortgaan.
LAER - SUIDKUS :
Al bogenoemde aksies sal voortgaan.
OPMERKINGS :
Dit is juis aan die hand van hierdie vraag dat ek
weer my opmerking by vraag een wil herhaal.
Wat het geword van enige nuwe idees ?
Waarom maar net aangaan met die bestaandes ?
Is daar werklik in CHRISTUS niks meer voedend en
opbouends as dit wat ons tans doen nie .
Doen ons werklik alles om die GEMEENSKAP van
gelowiges te voed en te versterk ?
Baie sterkte met almal se pogings - veral
Richardsbaai wat iets baie spesiaals begin aanpak !!
Wat kan ons egter nog meer as enkeling doen of
beteken onder die GEMEENSKAP van gelowiges?
3. Het
die ouderlingevergaderings of die gemeentes in die ring gesprek gevoer of
ekumeniese kontak gehad met kerke of geloofsgroepe wat ander leertradisies as
ons eie kerk het? Gee besonderhede:
RICHARDSBAAI :
Nee
PINETOWN :
Ja, dit word wel van tyd tot tyd gedoen alhoewel met
weinig sukses.
PIETERMARITZBURG :
Nee
DURBAN :
Nee
DURBAN - SUID :
Ja wel , alhoewel geen gesprekke oor leerkwessies
gevoer is nie.
LAER - SUIDKUS :
Nee
OPMERKINGS :
Hoe glo u , is so ‘n gesprek haalbaar ?
Is so ‘n gesprek sinvol ?
Is so ‘n gesprek in opdrag uit ons Reformatoriese
tradisie ?
Is so ‘n gesprek in opdrag van God en tot watter mate
?
4. Beplan
die Ouderlingevergaderings in die ring gesprekke of kontak met kerke of
geloofsgroepe wat ander leertradisies as ons eie kerk het gedurende die
jaar? Gee besonderhede:
RICHARDSBAAI :
Nee
PINETOWN :
Die NHSV beplan ‘n
inligtingsdag en werksessie onder Pinetown se werkloses en hier word alle
groepe verwag.
PIETERMARITZBURG :
Nee
DURBAN :
Nee
DURBAN - SUID :
Nee
OPMERKINGS :
Weereens word vraag drie my uitgangspunt by vraag
vier en al wat ek wil weet is of u as persoon en as kerk sigbaar genoeg is en
enigsins onderskeibaar is van die res wat jou geloof en geloofsoortuigings aan
betref .
Hoe leef ek / ons as gemeente ons opdrag van God uit
om deel te wees van EEN HEILIGE ALGEMENE KERK en hoe trek en OORTUIG dit ander
van my GOD ?
5. Is
daar gedurende die verslagjaar ekumeniese arbeid in ringsverband verrig?
Nee
6. Word
ekumeniese arbeid in ringsverband vir die huidige jaar beplan?
Nee.
|
AANBEVELINGS 1. Dat die vergadering onder leiding van Ds Petrus
Harmzen besin oor en oplossings vind vir die volgende opmerkings: * Ons is deur Christus geroep om LIGDRAERS te wees in die
wêreld en veral onder medegelowiges. Hoe kry hierdie roeping vergestalt onder
die gemeenskap van gelowiges anders as die normale gang van gesamentlike
eredienste en vergaderings en bymekaarkom geleenthede? * Gesprekke met groepe met ander leertradisies: Hoe glo u , is so ‘n gesprek haalbaar
? Is so ‘n gesprek sinvol ? Is so ‘n gesprek in opdrag uit ons
Reformatoriese tradisie ? Is so ‘n gesprek in opdrag van God en
tot watter mate? 2.Dat die gemeente Pinetown meer
inligting verskaf oor die maandelikse gesprekke tussen die susterskerke.
Watter forum is dit? Wat word bespreek? Wat vloei daaruit voort? 3. Dat die gemeente Pietermaritzburg meer inligting
verskaf oor die gesamentlike gebedsdag. Wat was die doel? Het dit geslaag?
Word dit weer aangebied? 4. Dat die gemeente Pinetown inligting verskaf oor die
komende projek rondom werkloosheid binne die gemeenskap waarin die gemeente
haar bevind. 5. Dat die gemeente Durban-Suid terugvoer gee oor die
samewerking wat daar tussen die NHKA en die Gereformeerde Kerk Amanzimtoti
bestaan. 6. Dat die verslag aanvaar word. |
7. GESINSORG
STATISTIEK
|
GEMEENTE |
DBN |
D/S |
EMP |
L/S |
PM |
PTN |
RB |
|
1.1 Hoeveel kategese-pligtiges van Gr 1 - 11 is
in die gemeente? |
22 |
84 |
74 |
71 |
36 |
62 |
142 |
|
1.2 Hoeveel hiervan ontvang nie katege- tiese onderrig nie? |
0 |
0 |
42 |
15 |
0 |
6 |
4 |
|
1.3 Hoeveel kategete is in u gemeente? |
5 |
19 |
6 |
12 |
9 |
9 |
14 |
|
1.4 Hoeveel huwelike is in die verslagjaar gesluit? |
0 |
6 |
0 |
5 |
1 |
1 |
3 |
|
1.5 Hoeveel huwelike is in die verslagjaar ontbind? |
0 |
1 |
0 |
1 |
2 |
1 |
1 |
|
1.6 Hoeveel Bybelse Dagboeke is in die verslagjaar versprei? |
35 |
35 |
10 |
20 |
10 |
10 |
65 |
|
1.6 Hoeveel lidmate ontvang
"Konteks"? |
45 |
15 |
9 |
18 |
20 |
18 |
25 |
2. Besluite van die 2001 ringsvergadering
Dat elke gemeente met die
aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir Opvoeding en onderwys en dat
sodanige doelwitte voortdurend deur die kerkraad gemonitor word.
Dat
die Ringskomitee vir Gesinsorg ‘n toerustingsgeleentheid vir die kategete van
die gemeentes in die ring sal organiseer. Die bedoeling moet wees om hulle toe
te rus vir alle praktiese aanbieding van kategeselesse
Dat
die ouderlingevergaderings sal besin
oor die prioriteite van die sentrale bediening in die gemeente en dat daar in
die lig van die knellende tyd waarin ons leef (die nood waarin die huwelik en gesinslewe verkeer) groter
prioriteit sal verleen aan gesinsorg en jeugwerk. Predikante se programme moet dan aangepas word om die geestelike
prioriteite te reflekteer.
Dat
kerkrade die behoefte aan huweliksverrykings geleenthede in die gemeentes sal
bepaal. Indien ‘n behoefte geidentifiseer word, moet sodanige geleenthede
gereel word deur van kundiges gebruik te maak
3.Enige interessante,
innoverende gedagtes uit die verslae waarvan die
Raad vir Gesinsorg behoort kennis te neem
Dit blyk uit die verslae
van die Ouderlingevergadering rondom hierdie tema asof daar herhaaldelik
dieselfde tipe van probleme en vra in die gemeentes ontstaan. Die besluite van
die 2001 Ringsvergadering spreek feitlik dieselfde sake aan as wat die verslae
van 2002 bevat.
Hierdie verslag word
ingevul sonder enige verwysing na spesifieke gemeentes, behalwe waar insette
van ‘n spesifieke gemeente verlang word.die rede is daarvoor eenvoudig. Die
sake wat na vore kom is universeel en word ook byna in elke gemeente ‘n
versugting.
Uit die verslae kom die
volgende na vore:
* Per
besluit van die Algemene Kerkvergadering behoort katkisante verklarings af te
lê wanneer hulle deur die Ouderlingevergadering benoem word.
* Die
neiging word al meer en meer aangetref dat daar gepoog word om die kategese en
jeugbediening te inkorporeer.
* ‘n
Huweliksverrykingskursus is wel gedurende die afgelope verslagjaar aangebied en
twee gemeentes het dit bygewoon.
* Vergaderings
met die ouers van katkisante is gehou.
* ‘n
Taakomskrywing vir kategete en hulpkategete is opgestel
* Twee
gemeentes het daarin geslaag om ‘n gesinskamp te hou
4. Enige probleme of leemtes in die ringsgemeentes ten opsigte van
kategese, huwelik, gesin en opvoeding
C Daar
moet baie dringend aandag aan die toerusting van kategete óf op ringsvlak óf op
gemeentevlak gegee word. Hierdie saak sloer nou baie lank.
C Die
kwessie van saamwoon as lewenskeuse onder talle lidmate moet aandag kry.
C Motivering
vir die katkisante en ouers blyk ‘n probleem te wees.
5. Dui aan of daar enige behoeftes ten opsigte van toerusting
bestaan?
C Ja,
sien punt 4
|
AANBEVELINGS 1. Dat
die verslag oor Gesinsorg onder leiding van Ds Albert Minnaar bespreek word
en dat die volgende sake aandag geniet: C Dat
die verklarings van die benoemde kategete aandag sal geniet C Dat
die gemeente Durban die vergadering sal help met motivering en/of projekte om
die Kerklike Tydskrifte te bevorder (Durban versprei 35 Almanakke en 45
Kontekste!) C Dat
die gemeente Durban-Suid inligting verskaf oor die werkbaarheid, werkswyse en
haalbaarheid van die integrasie van kategese en jeug. C Dat
die gemeente Pinetown terugvoer gee oor die huweliksverrykingskursus wat
jaarliks aangebied word. C Dat
die vergadering besluit oor die moontlikheid om die huweliksverrykingskursus
weer in die ring aan te bied - indien nodig kan gemeentes saamwerk om dit aan
te bied. C Dat
die gemeente Laer Suidkus die formaat en agenda van die ouervergadering van
die katkisante beskikbaar stel. C Dat
die gemeente Pinetown die taakomskrywing van die kategete en hulp-kategete
sowel as die konsep van die hulp-kategete aan die vergadering beskikbaar
stel. C Dat
die gemeente Pinetown die stelsel van opsig oor die kategese bywoning aan die
vergadering beskikbaar stel. C Dat
die vergadering besin oor saamwoon as lewenskeuse en die gemeentes adviseer
oor moontlike optrede en pastorale begeleiding. C Dat
die vergadering toerusting vir kategete vir die volgende verslagjaar te
beplan. 2. Dat
die verslag aanvaar word. |
8. DISSIPLINE
9. KERKLIKE GOEDERE
9.1 FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
|
AANBEVELING 1. Dat die
voorgelegde Inkomste- en Uitgawestate van die Ringskommissie aanvaar word. 2.
Dat die begroting van die
Ringskommissie aanvaar word. |
9.2
VERVERSINGS BY DIE VERGADERING
|
AANBEVELING 1. Dat
die NHSV van die gemeente Laer Suidkus R 1000 ontvang vir die verversings
tydens die vergadering. |
10. KERKORDE
C. AFSLUITING
Ds E Oosthuizen sluit die vergadering met gebed.