NEDERDUITSCH HERVORMDE

KERK VAN AFRIKA

 

 

Die

Een-en-vyftigste

Gewone Ringsvergadering

in sitting

 

 

te Laer Suidkus

vanaf 19:00

op 7 Junie 2002

 

 

51


A.  V O O R A F

1. OPROEP

 

 

1 Mei 2002

 

Alle Kerkrade

Ring van Pietermaritzburg

 

Weleerwaarde Heer

 

OPROEP NA DIE 51 ste GEWONE RINGSVERGADERING

 

Hiermee word u in terme van die betrokke Ordinansies van die Kerkorde, in kennis gestel van en opgeroep na die sitting van die 51 ste gewone vergadering van die Ring van Pietermaritzburg.

 

Neem asseblief kennis dat die vergadering hierdie jaar oor twee (2) dae plaasvind.

 

            DATUM:        7 en 8 Junie 2001

TYD :              Vrydagaand vanaf 19:00

PLEK:            Kerkgebou van die gemeente Laer Suidkus

                                    Scottstraat 3

                                    Port Shepstone

 

Die rede vir hierdie verlengde sitting is weereens dat die ringskommissie beplan om hierdie vergadering in die vorm van verskeie WERKSWINKELS te hou.  Die oogmerk met hierdie werkswinkels is dat die ringskommissie hiermee die effektiwiteit van die vergadering wil verhoog.

 

Aangeheg vind u die volledige agenda van die vergadering soos vasgestel deur die Kommissie van die Ringsvergadering.

 

U WORD VRIENDELIK DOG ERNSTIG GEVRA OM VOORAF GOED VOOR TE BEREI VIR DIE VERGADERING.  So kan ons saamwerk om die waarde van die vergadering en van ons besluite te verseker, terwyl die vergadering nogtans spoedig en koste-effektief afgehandel word.

 

Hoogagtend die uwe

 

 

----------------------                                                         ----------------------

Dr W A J van Schoor                                             Ds T F Dreyer

VOORSITTER                                                          SKRIBA



 

 

 

2. PRAKTIESE REËLINGS

 

1.         Let daarop dat die vergadering met 'n volledige erediens open.  Ds J Pieterse lei die erediens en die gemeente se  orrelis begelei die sang.  Maak seker dat u Bybels en Liedboeke saambring.  Drag is ampsdrag soos vir 'n gewone erediens.  Predikante ter vergadering dra almal togas.

 

2.         U gemeente moes alreeds u afgevaardigdes se geloofsbriewe aan die Ringskriba gestuur het.  Nie almal is nog ontvang nie.  Maak asseblief seker dat ons dit betyds (op die laatste ruim 'n halfuur voor die vergadering!) ontvang.  Geen persoon kan wettig sitting neem sonder 'n geloofsbrief van die gemeente van herkoms nie.

 

3.         As u nadat u die Agenda voorberei het, mosies of voorstelle tydens die vergadering wil indien, moet u dit skriftelik doen. Sien asseblief daarvoor die omskrywing van vereistes vir goeie mosies/voorstelle onder die opskrif "Formuleringskommissie" hier onder.  Daar is vir u gerief 5 proformas vir indiening van mosies/voorstelle in die agenda ingebind.

 

DIEN AL U GESKREWE MOSIES/VOORSTELLE ONMIDDELLIK MET DIE AANVANG VAN DIE VERGADERING BY DIE FORMULERINGSKOMMISSIE IN. Moet dus nie wag totdat die vergadering die betrokke agendapunt hanteer nie.

 

Samewerking in die verband sal die vergadering baie vlotter laat verloop en die besluite sal die bedoeling van die vergadering akkurater weergee.

 

4.         Tydens die vergadering moet alle gemeentes hulle volledig ingevulde rekenaardrukstukke met die oog op die 2003-Almanak by die skriba van die vergadering indien.

 

5.         Die volgende persone is op 'n vergadering van die Ringskommissie aangewys as lede van die onderstaande kommissies van die Ringsvergadering. 

 

5.1. Ordekommissie:

die ouderlinge van

                                    Durban Suid (1)

                                    Laer Suidkus (1)

                                    Sekundus van die voorsitter   

 

5.2. Stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie):

                        die ouderlinge van

                                    Durban (1)

                                    Richardsbaai (1)

                                    Empangeni (1)

 

5.3. Formuleringskommissie

die nuutverkose sekundus van die skriba

                         ouderling van

Pietermaritzburg (1)

Pinetown (1)

 

Die betrokke persone moet vir die take wat aan hulle opgedra is deeglik voorberei.  Sien hiervoor:

*die omskrywings in hierdie agenda van die verskillende kommissies se werk,

* die uittreksels, ook in hierdie agenda, uit die Kerkorde,

* die res van die Kerkorde, en

* alle besluite van vorige meerdere vergaderings van die Kerk. 

 

Veral lede van die Ordekommissie word versoek om hulle eie Kerkorde, die Besluitebundel van die 66ste Algemene Kerkvergadering, tersaaklike notules van vorige Ringsvergaderings en die Besluitebundel van die  Ringsvergadering na die vergadering te bring. Hierdie dokumente is van u eie kerkraad / skriba / predikant verkrygbaar.

 


3. DIE RINGSVERGADERING

volgens die

KERKORDE

 

Die volgende Ordereël en Ordinansies van die Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk het betrekking op die werk van die Ringsvergadering:

 

ORDEREËL  3

 

VERGADERINGS VAN AMPTE

 

 

Ampsdraers is dienaars van Jesus Christus, die enigste Hoof van die kerk.  Hulle opdrag behels die verkondiging, die  toerusting, opbouing, versorging, beskerming, regering en leiding van die Kerk.  Om hierdie opdrag uit te voer,  kom hulle in vergaderings van ampte byeen.  Sodoende heers die een gemeente nie oor die ander, die een amp nie oor die ander en die een ampsdraer nie oor die ander nie.

 

3.1               Vergaderings neem besluite op grond van die Skrif

 

(i)     in ooreenstemming met die belydenis van die Kerk en die Kerkorde

 

(ii)    met inagneming van die gebruike van die Kerk.

 

3.2               Elke vergadering behandel die sake wat deur die Kerkorde aan hom opgedra is, en daar bestaan nie ’n hiërargie van vergaderings van die ampte nie.

 

3.3               ’n Ampsdraer wat behulpsaam is in ’n ander amp neem nie volle sitting op ’n vergadering van dié ander amp nie.

 

3.4               Vergaderings in die gemeente is die

 

(i)     ouderlingevergadering

 

(ii)    diakensvergadering

 

(iii)   kerkraadsvergadering.

 

3.5               Bykomende vergaderings wat deur afgevaardigdes van die ampte gevorm word, is die

 

(i)     Ringsvergadering

 

(ii)    Ringsdiakensvergadering

 

(iii)   Algemene Kerkvergadering

 

(iv)   Algemene Diakensvergadering.

 

 

ORDINANSIE 3

 

3.4               RINGSVERGADERING

 

’n Aantal gemeentes vorm ’n ring na goedkeuring deur die Algemene Kerkvergadering.

 

’n Ringsvergadering is ’n bykomende vergadering van die ampte, gevorm deur ampsdraers wat deur kerkraadsvergaderings afgevaardig  is as verteenwoordigers van hulle ampte.

 

3.4.1          SAMESTELLING

 

(i)   Die ringsvergadering word saamgestel uit

                                 (a)   predikante wat aan standplase in die gemeentes van    die ring verbind is

                                 (b)   twee ouderlinge uit elke kerkraadsvergadering

(c)   predikante met besondere opdrag, teologiese dosente, beroepafwagtende predikante en proponente wat binne die ring woon en twee lede van die kommissie van die ringsdiakensvergadering met adviserende stem

(d)   Algemene Kerkvergadering en die Administrateur,  wanneer daartoe uitgenooi, met spreekreg

(e)   emerituspredikante en emeritus teologiese dosente wat binne die ring woon,

(f)     predikante met besondere opdrag en teologiese dosente wat in ’n ander ring woon, lede van die Kommissie van die Algemene Kervergadering.                      

 

(ii)  Dieselfde ouderlinge word nie na meer as drie agtereenvolgende vergaderings afgevaardig nie.

 

3.4.2          WERKOPDRAG

                      Die ringsvergadering

(i)   bevorder kerklike dienswerk in die gemeentes en die ring

(ii)  hou opsig oor en gee leiding aan die dienswerk van die ampsdraers en die vergaderings van die ampte

(iii) oefen opsig en tug uit oor ouderlinge en diakens en vergaderings van die ampte

(iv) oefen opsig uit oor alle predikante in die ring

(v)  handel alles af in verband met die stigting, grense, samesmelting en ontbinding van gemeentes

(vi) sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat

                                 (a)   leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee

                                 (b)   die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin

                                 (c)   herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê

   (d)       die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder

   (e)       die boeke nasien

   (f)        die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak

 

(vii)     sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:

 

                                 (a)   minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek

            (b)   die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk

   (c)       die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel

   (d)       die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie

   (e)       die ringskommissie doen jaarliks aan die ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is

 

(viii)    beoordeel memoranda, studiestukke, voorstelle, versoekskrifte en beskrywingspunte wat kerkrade, ampsdraers en lidmate  na die Algemene Kerkvergadering wil deurstuur

(ix)      beoordeel  studiemateriaal, ander stukke en beskrywingspunte wat ontvang is van ander ringsvergaderings, of van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering wat voorgelê word vir opname in die agenda van die Algemene Kerkvergadering

(x)       roep, indien nodig, rade in die lewe en stel toepaslike reglement(e) van orde op mits dit nie in stryd is met die Kerkorde nie

(xi)      benoem ringsraadvoorsitters en sien toe dat ringsrade funksioneer

(xii)     benoem 'n predikant(e) vir diakonale werksaamhede

(xiii)    behandel die notule van die vorige Algemene Kerkvergadering en sien toe dat ter sake besluite uitgevoer is

(xiv)    gee aandag aan verslae wat in die agenda opgeneem is, naamlik van die

 

                                 (a)   ringskommissie

(b)   ringsdiakensvergadering

                                 (c)   ringsrade

(d)   kommissies wat stukke, genoem in die Ordinansies, nagegaan het

 

(xv)     sien toe dat alle finansiële state van die gemeentes jaarliks geouditeer word

(xvi)    gee, wanneer daartoe versoek, skriftelik verslag aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering oor die stoflike en administratiewe aangeleenthede van die gemeentes in die ring

(xvii)   adviseer die Raad van Finansies oor die stoflike belange binne die ring en in sinodale verband

(xviii)  gee aandag aan die geïdentifiseerde knelpunte en probleme van die kerklike lewe op gemeentelike en ringsvlak en tref maatreëls om dit op te los

(xix)    sorg by die stigting, samesmelting en ontbinding van gemeentes dat

(a)   alle dokumentasie soos, byvoorbeeld, die versoek tot stigting of ontbinding en die beskrywing van die grense met die nodige kaarte, ontvang, bestudeer en bewaar word

(b)die prosedure soos voorgeskryf in die Ordinansies gevolg word     

                                 (c)   die stoflike en administratiewe handelinge in oorleg met die Administrateur geskied

 

(xx)     reël die konsulentskappe vir elke gemeente

(xxi)    sien toe dat ’n ringsfonds bestaan

 

                                 (a)   wat deur die ringskommissie beheer word

                        (b)  waartoe elke gemeente van die ring ’n vasgestelde heffing bydra

                                 (c)   waaruit die reis- en verblyfkoste van lede van die ringskommissie, koste van vergaderings, of enige ander uitgawe soos deur die ringsvergadering besluit, verhaal word

 

(xxii)   kan ook ander fondse stig

(xxiii)      tree op as bykomende vergadering wanneer 'n beroep gedoen word teen die bevinding van 'n ringskommissie.

 

3.4.3          WERKWYSE

                      Die ringsvergadering

(i)        kom minstens een maal per jaar byeen

 

(ii)       bepaal die datum, tyd en plek van die vergadering en gee daarvan kennis aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering

 

(iii)      word deur die skriba van die ringsvergadering opgeroep met skriftelike kennisgewing in Die Hervormer, en aan elke kerkraad minstens een maand voor die vergadering, met beskikbaarstelling van die agenda

 

(iv)      kom in  ’n buitengewone sitting byeen, met veertien dae skriftelike kennisgewing, met vermelding van die doel van die vergadering, en sien toe dat dieselfde afgevaardigdes sitting neem, of plaasvervangers met geloofsbriewe wat in orde is en vergesel is van 'n skrywe van die betrokke kerkraad(e) wat die verandering van die afvaardiging motiveer

 

(v)       word onder leiding van ’n predikant van die ring, aangewys deur die rings-vergadering, met Skriflesing, prediking, gebed en sang geopen

 

(vi)      bespreek die implikasies van die teologiese inhoud van die openingsrede na afloop van die opening

 

(vii)     behandel die verslag oor die geloofsbriewe                                           

 

(viii)    word deur die voorsitter as ’n wettig saamgestelde vergadering verklaar, wat bestaan uit afgevaardigdes teen wie se geloofsbriewe geen geldige besware ingebring is nie

 

(ix)      behandel die besware teen geloofsbriewe

 

(x)       kies uit die aanwesige predikante van die ring ’n voorsitter en skriba, met inagneming van die beginsel dat ’n predikant nie vir meer as drie jaar na mekaar as voorsitter of as skriba gekies sal word nie

 

(xi)      begin met sy werksaamhede soos uiteengesit in die agenda

 

(xii)     kies tydens die sitting drie ouderlinge uit sy lede om saam met die voorsitter en skriba die ringskommissie te vorm, met inagneming van die beginsel dat ’n ouderling nie vir meer as drie jaar na mekaar gekies sal word nie

 

(xiii)    kies tydens die sitting sekundi vir die lede van die ringskommissie, wat sitting neem wanneer ’n verkose lid ’n vergadering nie kan bywoon nie, of wanneer ’n vakature ontstaan

 

(xiv)    vul vakatures, wat onder sekundi ontstaan, deur sy kommissie aan, uit lede

wat die ringsvergadering bygewoon het, of, as dit nie moontlik is nie, uit die ander ouderlinge en predikante van die ring

(xv)     verkies nie lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering as lede van die ringskommissie nie

(xvi)    nooi lede van die ringskommissie, wat nie weer na die ringsvergadering afgevaardig is nie, uit om as adviserende lede sitting te neem totdat die verslag van die ringskommissie behandel is

(xvii)   sien toe dat onreëlmatighede wat uit die verslae aan die ringsvergadering blyk, reggestel word

(xviii)  reël  watter afgevaardigde uit die ring ’n memorandum, studiestuk, voorstel, versoekskrif of beskrywingspunt wat aanvaar is vir deursending aan  die Algemene Kerkvergadering, tydens die Algemene Kerkverga-dering sal toelig en motiveer

(xix)    gee opdrag aan die skriba van die ringsvergadering om

 

                                 (a)   binne drie weke na afloop van die ringsvergadering die notule af te handel en na kerkrade deur te stuur vir behandeling en kommentaar oor die korrektheid daarvan

                                 (b)   jaarliks aan die  Kommissie van   die   Algemene  Kerkvergadering verslag te lewer oor die werksaamhede en besluite van die ringsvergadering op ’n datum soos deur die Kommissie bepaal

 

(xx)     behandel die verslag van die ringsdiakensvergadering.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

4.  I N H O U D S O P G A W E

 

A.        VOORAF

 

1. Oproep na die vergadering                                                       3

          2. Praktiese reëlings                                                                     4

3. Uittreksel uit die Kerkorde                                                         6

                     4. Inhoudsopgawe

                     5. Organe van bystand by die Ringsvergadering                             

                                    5.1. Ordekommissie                                                        13

                                    5.2. Formuleringskommissie                                           14

 

            PROFORMAS VIR VOORSTELLE/MOSIES                                       16

 

B.        VERGADERING

 

            1.         OPENING                                                                                                             21

            2.         VERWELKOMING                                                                                              21

            3.         MOSIES                                                                                                               22

            4.         SAMESTELLING

                        4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG                            22

                        4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM                                                          23

                        4.3. KONSTITUERING                                                                                         23

                        4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE                                                     23

                        4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN -TELLERS                          23

                        4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE                                       24

                        4.7. BENOEMING VAN FORMULERINGSKOMMISSIE                                 25

                        4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING                                                          25

                        4.9. SITTINGSURE                                                                                               25

                        4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA                                                           26

 

 

            1          BELYDENIS                                                                              27

            2          AMPTE                                                                                      27

            3          VERGADERINGS VAN AMPTE                                                46

            4          GEMEENTES EN KERK                                                           48

            5          VERKONDIGING                                                                      48

            6          VERBAND MET ANDER KERKE                                              88

            7       HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING                                          92

8               DISSIPLINE                                                                                 95

9               KERKLIKE GOEDERE                                                                95

10           KERKORDE                                                                                                 

 

C.        AFSLUITING                                                                                        95

 

E.        STEMBRIEWE

 

F.                     BYLAE                                                                                               

Hierdie agenda is vasgestel tydens 'n vergadering van die Ringskommissie gehou te Durban op 16 April 2002.

 

Lede van die uittredende Ringskommissie:

 

                        Dr. W A J van Schoor (Voorsitter) (Pinetown)

  Ds. T F Dreyer (Skriba) (Durban)

  Oudl G van Loggerenberg (Durban Suid)

                        Oudl. T Steyn (Empangeni) 

  Oudl. H Prinsloo (Durban)

 

 

5.         ORGANE VAN BYSTAND TOT DIE RINGSVERGADERING

 

5.1        Ordekommissie

* Die Ringskommissie wys vooraf uit die verwagte lede van die vergadering 'n Ordekommissie aan met die oog op die handhawing van die orde van die vergadering (Ordinansie 3.4.2.X).

*          Die Ordekommissie bestaan uit twee ouderlinge en die sekundus vir die voorsitter.

*          Om die orde van die vergadering te handhaaf maak die Ordekommissie gebruik van die

** Kerkorde

  ** besluite van bykomende vergaderings

              > die Ringsvergadering

                                                -> Die Algemene Kerkvergadering

                                                -> die agenda van die Ringsvergadering

                                                -> die Reglementebundel van die NHKA

*          Die kommissie gaan voor die aanvang van die vergadering alle geloofsbriewe na en lewer uitspraak oor die wettige samestelling van die vergadering (sien Ordinansie 3.4.3 vii).

*          Die kommissie verseker dat die besluite van die Ringsvergadering

**    nie strydig is met ander besluite van bykomende vergaderings  nie

**    in ooreenstemming is met die Kerkorde

**    nie buite die ressort van die Ringsvergadering val nie.

*          Die kommissie hou beheer oor die sittingstye van die vergadering, nadat die vergadering die sittingsure vasgestel het.  Vir die doel herinner die kommissie die vergadering aan verstreke sittings en pouses en verseker dat die vergadering daarby hou.

*          Die kommissie verseker dat daar te alle tye wanneer besluite geneem word 'n kworum teenwoordig is, sodat alle besluite wettig geneem kan word. Vir die doel is alle lede ter vergadering verplig om afwesigheid vooraf by die kommissie aan te meld wanneer die vergadering om watter rede ook al verlaat word.

*          Die kommissie voorsien die vergadering van genoeg stembriewe vir geslote stemming en hou toesig oor die opneem en telling van stembriewe.

*          Die kommissie tel stemme wat by wyse van hand opsteek uitgebring word en gee uitspraak oor die meerderheidsbesluit.

*          Die kommissie verseker dat slegs die lede van die vergadering wat met volle stemreg sitting geneem het, aan die stemming deelneem.

            *           Die kommissie verseker dat slegs die lede van die vergadering wat volle stemreg het, voorstelle indien.

*          Die kommissie voer ander opdragte van die vergadering uit wat na die mening van die vergadering nodig is vir die orde van die vergadering.

 

    5.2      Formuleringskommissie

 

*          Die vergadering laat hom bedien van 'n orgaan van bystand met die oog op die duidelike formulering van

  ** mosies

  ** besluite en

  ** amendemente

van die vergadering terwyl die vergadering in sitting is.

*          Die Formuleringskommissie bestaan uit drie lede van die vergadering waarvan twee ouderlingslede is en staan onder leiding van die nuutverkose sekundus van die skriba.

*          Besluitneming deur die Ringsvergadering  geskied verkieslik by wyse van skriftelike mosies of voorstelle uit die vergadering.

*          Die Formuleringskommissie ontvang die skriftelike mosies en/of voorstelle uit die vergadering met die doel om te verseker dat die mosies/voorstelle die volgende elemente bevat:

a. Inhoud      * Beplanning    =        WAT wil die vergadering gedoen hê?

                       * Organisasie    =      HOE wil die vergadering dit doen?

                       * Koördinering  =       WIE gaan dit doen?

                       * Kontrolering   =       WANNEER moet die saak afgehandel wees, of minstens verslag gedoen word van die vordering wat gemaak word?

 

b. Formulering * Alle mosies/voorstelle moet positief geformuleer word

                        c. Voorsteller * Alle mosies/voorstelle moet onderteken wees deur beide die voorsteller en een ander lid van die vergadering. Die tweede ondertekenaar steun nie noodwendig die voorstel met sy handtekening nie, maar getuig net daarmee dat die voorsteller soos op die geskrewe mosie/voorstel aangedui werklik die oorsprong van die mosie/voorstel is.

d. Amendering       * Ten einde te verseker dat die besluit werklik die bedoeling van die vergadering korrek vervat, is dit verkieslik dat die mosie/voorstel deur die formuleringskommissie op 'n blaaibord geskrywe word om vir die vergadering geleentheid te gee om amendemente voor te stel.

*          Indien die mosie/voorstel nie aan al die vereistes voldoen nie, herformuleer die formuleringskommissie in samewerking met die voorsteller die mosie/voorstel sodat dit aan al die vereistes voldoen.

*          Die formuleringskommissie nommer duidelik elke mosie/voorstel met dieselfde nommer waaronder dit in die agenda tuishoort en behandel moet word.

*          Die mosie/voorstel word aan die skriba van die vergadering deurgegee vir voorlegging deur die voorsitter aan die vergadering.

 


PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE

 

Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik.  Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie.  Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.

 

AGENDAPUNT: ______________________

 

BLADSY IN AGENDA __________________

 

VOORSTEL / EMOSIE

 

                            

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

 

 

_______________                            _______________

VOORSTELLER                        SEKONDANT

 

_______________________           ____________________

Naam (in drukskrif)                          Naam (in drukskrif)

 


PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE

 

Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik.  Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie.  Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.

 

AGENDAPUNT: ______________________

 

BLADSY IN AGENDA __________________

 

VOORSTEL / EMOSIE

 

                            

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

 

 

_______________                            _______________

VOORSTELLER                        SEKONDANT

 

_______________________           ____________________

Naam (in drukskrif)                          Naam (in drukskrif)

 


PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE

 

Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik.  Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie.  Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.

 

AGENDAPUNT: ______________________

 

BLADSY IN AGENDA __________________

 

VOORSTEL / EMOSIE

 

                            

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

 

 

_______________                            _______________

VOORSTELLER                        SEKONDANT

 

_______________________           ____________________

Naam (in drukskrif)                          Naam (in drukskrif)

 


PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE

 

Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik.  Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie.  Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.

 

AGENDAPUNT: ______________________

 

BLADSY IN AGENDA __________________

 

VOORSTEL / EMOSIE

 

                            

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

 

 

_______________                            _______________

VOORSTELLER                        SEKONDANT

 

_______________________           ____________________

Naam (in drukskrif)                          Naam (in drukskrif)

 


PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE

 

Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik.  Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie.  Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.

 

AGENDAPUNT: ______________________

 

BLADSY IN AGENDA __________________

 

VOORSTEL / EMOSIE

 

                            

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

_____________________________________________________

 

 

_______________                            _______________

VOORSTELLER                        SEKONDANT

 

_______________________           ____________________

Naam (in drukskrif)                          Naam (in drukskrif)

 


B.  V E R G A D E R I N G

 

 

A G E N D A

van die

Een-en-vyftigste

R I N G S V E R G A D E R I N G

van die

RING VAN PIETERMARITZBURG

 

 

PLEK: Kerkgebou van Laer Suidkus

TYD : Vrydag 7 vanaf 19: 00 en Saterdag 8 Junie 2001 vanaf 08:00.

 

 

1.     OPENING

 

1.1       Die vergadering word geopen met 'n erediens wat deur Ds J Pieterse  gelei word.

 

1.2       Die vergadering bespreek die pas afgelope erediens in terme van sy toepaslikheid op die werk van die kerk en die ring ( en sy vergadering)  in besonder.

 

 

2.     VERWELKOMING

 

Die uittredende voorsitter Dr W A J  van Schoor verwelkom die afgevaardigdes en gaste wat teenwoordig is.

 

3.    MOSIES

 

AANBEVELING

 

1.                 Gelukwensing:  Dr en Mev van Schoor met hul huwelik op 24 November 2001

2.                 Roubeklag:    Elke gemeente en of afgevaardigdes wat geliefdes deur die dood verloor het

 

 

 

 

 

 

4.             SAMESTELLING

4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE    STEMREG

AANBEVELING

 

1.        Dat die geloofsbriewe van die volgende broeders en susters soos ontvang uit hulle onderskeie gemeentes aanvaar word, en hulle toegelaat word om sitting te neem as wettige lede van hierdie Ringsvergadering met volle stemreg:

GEMEENTE                PRIMI                      SEKUNDI

PIETERMARITZBURG

PREDIKANT :   Ds P Harmzen

OUDERLINGE: (1)      B H Pieterse             E C Grobbelaar

                            (2)     J H  du Plessis           G D de Beer

                                                 

DURBAN

PREDIKANT :   Ds TF Dreyer

OUDERLINGE: (1)      B Klein                   H Willemse

                                                              (2)     J Roets                 L van den Heever

 

DURBAN-SUID

PREDIKANT :    Ds HF la Grange

OUDERLINGE: (1)      G D van Loggerenberg   C J Bongers

     (2)      S A Koekemoer        F J Hamilton

 

EMPANGENI

PREDIKANT :     Ds E Oosthuizen

OUDERLINGE: (1)      N Davel                      W Knoetze

                            (2)     L du Plessis               J J Pieterse

 

LAER SUIDKUS

PREDIKANT :      Ds JJ Pieterse

OUDERLINGE: (1)     

                                                              (2)    

 

RICHARDSBAAI

PREDIKANTE:       Ds JA Minnaar

OUDERLINGE:  (1)     S Cronje                     C O Bousema

                                                               (2)    G S Marè                   J J Gibson

 

PINETOWN

PREDIKANT :  Dr W A J van Schoor

OUDERLINGE: (1)     

             (2)    

 

 

 

 

 

4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM

Die vergadering verwelkom Oderling A Valks as lid van die Algemene Kommissie.

 

AANBEVELING

 

1.        Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie  3.4.1.i.c met adviserende stem teenwoordig is, met adviserende stem sitting neem.

2.        Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.d met spreekreg teenwoordig is, met spreekreg sitting neem.

                        3.       Dat Ds A Janse van Rensburg ter vergadering is. Volgens Ordinansie 3.4.1.i.c het hy ‘n adviserende stem het.

 

 

 

3.3.       KONSTITUERING

 

AANBEVELING

 

1.        Dat die vergadering behoorlik saamgestel is.

2.        Dat behoorlik en betyds van die vergadering kennis gegee is.

3.        Dat 'n kworum teenwoordig is.

4.        Dat die een-en-vyftigste vergadering van die Ring van Pietermaritzburg in sitting is.

 

 

3.4.       BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE

 

AANBEVELING

 

1.        Dat die volgende persone as lede van die ordekommissie aangewys word: Die ouderlinge van

                      Durban Suid            (1)

                                    Laer Suidkus           (1)

                                    Sekundus van die voorsitter   

 

4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN-TELLERS

 

AANBEVELING

 

1.        Dat die volgende persone as stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie) aangewys word:  

die ouderlinge van

                                                Durban (1)

                                                Richardsbaai (1)

                                    Empangeni (1)

 

 

 

 

4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE

 

1.        Dat die volgende lede van die vergadering tot die Ringskommissie verkies word:

1.1. Die vergadering verkies tot voorsitter

 

                                    Ds.                                                                                         

 

1.2. Die vergadering verkies tot skriba

 

              Ds.                                              

 

1.3. Die vergadering verkies tot ouderlingslede van die Ringskommissie

 

                                    (1)                                              

 

                                    (2)                                              

 

                                    (3)                                              

 

2.        Dat die volgende lede van die vergadering tot sekundi vir die Ringskommissie verkies word:

 

2.1. Die vergadering verkies tot sekundus vir die voorsitter

 

                                    Ds.                                              

 

2.2. Die vergadering verkies tot sekundus vir die skriba

 

                                    Ds                                               

 

2.3. Die vergadering verkies tot sekundi vir die ouderlingslede van die Ringskommissie

 

                                    (1)                                              

 

                                    (2)

 

                                    (3)

 

4.7.          BENOEMING VAN DIE FORMULERINGS-KOMMISSIE

           

AANBEVELING

 

1.      Dat die volgende lede van die vergadering aangewys word as lede van die Formuleringskommissie

·        die nuutverkose sekundus van die skriba

·        ouderling van

                                                Pietermaritzburg (1)

                                           Pinetown (1)

 

 

4.8.      NOTULE VAN DIE VERGADERING

 

AANBEVELING

 

1.        Dat die notule van hierdie vergadering, soos gebruiklik, deur die Ringskommissie versorg en voorlopig goedgekeur sal word.

2.        Dat die notule vir kommentaar aan alle kerkrade gestuur sal word.

3.                 Dat die Ringskommissie na ontvangs van kommentaar oor die korrektheid van die notule, die notule finaal sal goedkeur en afhandel.

4.                 Dat die Ringskommissie die finale notule aan al die gemeentes sal voorsien en dat dit op die ring se webbladsy geplaas sal word by www.geocities.com/pmb_za

5.                 Dat elke gemeente, voor 31 Oktober 2002, die ringskommissie sal antwoord op die ontvange notule.  In hierdie antwoord aan die ringskommissie sal elke gemeente die aksies uitstippel wat geneem is na aanleiding van die besluite in die notule.

 

 

 

4.9.       SITTINGSURE

 

AANBEVELING

 

1.         Dat die vergadering die volgende sittingsure aanvaar:

                                    Vrydag 7 Junie 2002

                       19:00 -           20:30  Eerste sitting

                       20:30 -           20:50  Tee

                       20:50 -           22:30  Tweede sitting

 

                                    Saterdag   8 Junie 2002               

                       08:00 -           10:00  Derde sitting

                                      10:00 -           10:20  Tee

                                      10:20 -           12:30  Vierde sitting

12:30 -           13:15  Middagete

13:15  -           14:15  Vyfde sitting

14:15 -           14:30  Tee

14:30 -           16:00  Sesde sitting

                                                         16:00 Beplande einde van die verg.

 

 

          

4.10.  UITBREIDING VAN DIE AGENDA

 

AANBEVELING

 

1.         Dat die agenda soos volg uitgebrei word:

                                 _____________________________________________

                                 _____________________________________________

                                 _____________________________________________

                                 _____________________________________________

                                 _____________________________________________

 

 

                                                                                                                                                                     


1.           BELYDENIS

 

2.           AMPTE   

2.1           PASTORAAT

 

  Die ring wys die volgende  konsulente soos volg aan:

 

                        GEMEENTE             Eerste                                    Tweede

                        Pietermaritzburg       Ds T Dreyer               Dr W van Schoor

                        Durban                       Dr W van Schoor       Ds J Pieterse

                        Durban-Suid              Ds J Pieterse                        Ds T Dreyer  

                        Empangeni                Ds J Minnaar             Ds P Harmzen

                        Laer Suidkus             Ds H la Grange         Ds Erik Oosthuizen

                        Richardsbaai             Ds E Oosthuizen       Ds H la Grange

                        Pinetown                    Ds P Harmzen           Ds J Minnaar

 

 

           

AANBEVELING

 

1.                  Dat die konsulente aangewys word soos voorgestel.

2.                  Dat die vergadering met groot dank en waardering kennis neem van al die predikante in die Ring wat soms onder moeilike omstandighede hulle ampswerk doen.            

 

 

2.1.2        RINGSVISITASIE       

2.1.2.1     FORMAAT VAN VISITASIES BY GEMEENTES

 

Die volgende besluite is deur die Ringsvergadering goedgekeur ten opsigte van visitasies.

 

KERKORDE

 

ORDINANSIE 3.4.2

 

(vi)       sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat

 

                        (a)       leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee

                        (b)       die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin

                        (c)        herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê

       (d)       die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder

  (e)       die boeke nasien

  (f)         die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak

 

(vii)      sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:

 

                        (a)       minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek

  (b)       die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk

       (c)        die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel

  (d)       die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie

       (e)       die ringskommissie doen jaarliks aan die Ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is

 

VISITASIEGELEENTHEID

 

*           Die tyd en plek van die visitasie aan 'n gemeente word minstens 6 weke voor die beplande datum in oorleg met die kerkraad deur die ringskommissie vasgestel

*           Die visitasiegeleentheid is 'n volwaardige kerkraadsvergadering

*           Vir die duur van die visitasiegesprek wat tydens die kerkraadsvergadering plaasvind, neem die voorsitter van die visitasiekommissie die voorsitterstoel in.

*           Tensy anders deur die visitasiekommissie met die betrokke kerkraad ooreengekom, neem die kerkraadsvergadering om 19:00 in die gemeente se kerkgebou in aanvang

*           Voor die begin van die kerkraadsvergadering, is die gemeente verplig om al die boeke of dokumente wat volgens die diskresie van die visitasiekommissie op die visitasie betrekking het, op versoek aan die visitasiekommissie beskikbaar te stel op 'n tyd en plek wat die visitasiekommissie met die voorsitter of skriba van die kerkraad sal afspreek.

*           By die vooraf-geleentheid sal die voorsitters van die volgende kerklike organe in die gemeente verkieslik teenwoordig wees:

** Kerkraad

** Ouderlingevergadering

** Diakensvergadering

** kerklike goedere komitee

*           As die visitasiekommissie te eniger tyd by die vooraf geleentheid besluit om agter geslote deure te vergader, moet alle ander persone wat teenwoordig mag wees, die besluit eerbiedig.

*           Die voorsitter van die visitasiekommissie kan ook vooraf met die predikant van die gemeente 'n afspraak maak vir huisbesoek by die pastorie.

 

HUISBESOEK AAN PREDIKANTSPAAR

 

*           Die voorsitter van die visitasiekommissie doen huisbesoek by die predikant en sy gesin.

*           Die pastorale gesprek verloop soos die voorsitter van die visitasiekommissie besluit.

 

JAARVERSLAE AAN DIE RINGSVERGADERING

 

*           Die voorsitter van die visitasiekommissie ontvang minstens 7 dae voor die visitasie  'n afskrif van die gemeente se jongste jaarverslae, wat deur die kerkraad goedgekeur is, van die skriba van die gemeente.

 

NASIEN VAN DIE GEMEENTELIKE BOEKE

 

(NB: Die nommer langs die items hieronder is 'n aanduiding van die prioriteit wat die item by die visitasie moet geniet en die werkswyse wat die kommissie moet volg.

1. Moet eerste en deeglik behandel word

2. Doen verkieslik al is dit oorsigtelik

3. Neem kennis van die bestaan en toestand)

 

*           Die boeke wat deur die visitasiekommissie nagegaan moet word, sluit die volgende in:

** notules van:

- (1) Kerkraadsvergadering

- (1) Ouderlingevergadering

- (1) Diakensvergadering

- (1) Werkgroep Kerklike Goedere

- (2) werkgroepe

- (2) Diensgroepe

- (2) NHSV

- (2) NHJV

- (2) en ander

** (3) huidige wykslyste (belydende- en dooplidmatelys)

** (3) kategeseregister

** (3) lidmaatregister

** (3) doopregister

** (3) leêrs met ringsradenotules

** (3) leêrs met afskrifte van notules van alle binne gemeentelike                        vergaderings

** (1) alle finansiële boeke (jongste offergawestate ingesluit)

** (3) finansiële state van die afgelope jaar

** (3) transportaktes en ander derglike dokumente      

** (3) versekeringsdokumente

** (3) enige ander dokumente wat na die mening van die visitasie              kommissie ter sake is vir die doeleindes van die visitasie

 

*           WAARSKUWING: Die geleentheid voor die kerkraadsvergadering waartydens die lede van die bogenoemde komitees teenwoordig is, is nie bedoel vir die vrae wat by die kerkraadsvergadering afgehandel moet word nie. Hulle teenwoordigheid is bedoel slegs vir die inwin van inligting en die uit die weg ruim van onduidelikhede wat opgeklaar kan word sonder dat dit die opsiggesprek van die visitasiekommissie met die kerkraadsvergadering nadelig raak. Onder geen omstandighede kan of mag die visitasiekommissie deur hierdie lede te raadpleeg, die kerkraadsvergadering  omseil of vervang nie. Terselfdertyd moet die opsiggesprek nie beperk word tot blote ophaal van tegniese foute wat in notules en ander dokumente opgespoor is, of die herhaling van die inhoud van die oudit- en jaarverslae nie.

 

AGENDA VAN DIE KERKRAADS- / VISITASIEVERGADERING

 

*           Die vergadering volg die rubrieke van die Kerkorde

*           Die vergadering gebruik die jaarverslae as die uitgangspunt vir die gesprek.

*           Die gesprek moet egter nie net tot herbevestiging van antwoorde wat hulle tevore in hierdie verslag verstrek het, beperk wees nie aangesien dit sou lei tot 'n herhaling van die wat die Kerkraad reeds afgehandel het.

*           Al die rubrieke in die Kerkorde moet aan die orde gestel word en nie net die wat na die mening van die kommissie moontlike probleemvelde is nie. As dit op 'n spesifieke terrein goed gaan, moet die kommissie die kerkraad toelaat om dit aan die kommissie te sê.

*           Die ringskommissie sal telkens by visitasies ook die kerkrade se jongste besluite oor die betrokke gemeentes se bedieningsbeplanning en -prioriteite ter insae kry.

*           Die visitasiekommissie kan hiernaas ander sake wat na vore gekom het uit die kontrolering van enige van die gemeente se boeke aan die orde stel.

*           Net so kan enige lid van die kerkraad ook sake op die agenda plaas.

*           Die vergadering vind sover moontlik gesprekmatig plaas om sodoende vrymoedigheid by die kerkraadslede om saam te praat, aan te moedig. Daarom is die werkswyse om vooraf spreekbeurte te vra nie hier die ideaal nie.

*           Die kommissie gee by elke rubriek aandag aan die twee fasette daarvan:

* Binne-gemeentelike arbeid

* Sinodale betrokkenheid van die gemeente op daardie besondere terrein (dit wil sê die uitvoer van al die gemeente se verpligtinge ten opsigte van die meerdere vergaderings, statutêre rade, organe van bystand en komitees van die Kerk)

*           Die visitasiegesprek moet die kerkraad aanmoedig tot beter prestasie en groter gehoorsaamheid aan God en nie aftakel nie.

*           Die visitasiegesprek moet ook hulpverlenend en raadgewend wees.

*           Die visitasiekommissie moet nie sake waarvan hulle bewus raak doelbewus vermy of omseil nie, maar na sy eie diskresie met fyn aanvoeling en liefde hanteer. So nie, moet die saak aan die ringskommissie deurgegee word vir oorleg en aandag.

 

NOTULE VAN DIE KERKRAADSVERGADERING

 

*           Die vergadering word genotuleer deur beide die gemeente se skriba en 'n lid van die visitasiekommissie wat vooraf deur die kommissie uit sy eie geledere aangewys word.

*           Die skriba van die kerkraad stuur binne 7 dae na die visitasie 'n afskrif van die kerkraad se eie notule aan die sekretaris van die visitasiekommissie.

*           Die sekretaris van die visitasiekommissie verseker dat al die sake wat tydens die visitasievergadering met die kerkraad aangeroer is, behoorlik genotuleer is in die kerkraadsnotule. So verseker die kommissie dat die kerkraad aandag daaraan kan gee.

*           Die sekretaris van die visitasiekommissie besorg binne 7 na ontvangs van die kerkraadsnotule (dus 14 dae na die visitasie) sy eie notule en die van die kerkraad aan die voorsitter van die visitasiekommissie.

 

VERSLAG AAN DIE RINGSKOMMISSIE

 

*           Die voorsitter van die visitasiekommissie besorg binne 7 dae na sy ontvangs van die notules van die visitasiekommissie se sekretaris (dus 21 dae na die visitasie) 'n volledige skriftelike verslag aan die skriba van die ring oor die handelinge en bevindinge van die visitasiekommissie.

*           Die verslag bevat:

**     die notule van die visitasiekommissie

**     die notule van die kerkraad

**     die ingevulde vraelys oor die nasien van die gemeente se boeke / dokumente wat vir die doel verskaf is

**     'n verslag geskryf deur die voorsitter oor die visitasiekommissie se indrukke van die vergadering

*           Die verslag van die voorsitter volg die rubrieke en numering van die jaarveslae as riglyn.

 

FREKWENSIE VAN RINGSVISITASIES

 

*           Die Kerkorde vereis dat minstens drie jaarliks tussen AKV en AKV by die elkeen van die gemeentes visitasie gedoen word.

 

 

DEELSORG STANDPLASE

 

Die ringskommissie het opdrag om oor die volgende twee sake opsig te hou:

a. Opdrag van die predikant in deelsorg

*      Dat aan alle kerkrade met deeltydse- en deelsorg-predikante opdrag gegee word om

**    die totale bediening in die gemeentes jaarliks te beplan in terme van die beroepsbrief

**    die beroepsbriewe van daardie predikante, in samewerking met die betrokke predikante en die ringskommissie, te hersien om voorsiening te maak vir die daarstelling van 'n realistiese werkopdrag en 'n billike verwagting by die kerkraad ten opsigte van veral die huisbesoek van die predikant.

 

b. Versorging van die deelsorgpredikant

* Dat aan die ringskommissie opdrag gegee word om jaarliks aandag te skenk aan die versorgingsvoordele van deeltydse- en deelsorg predikante in die ring en indien nodig, aanbevelings aan die betrokke kerkrade te maak.

 

Neem asseblief kennis van die volgende:

 

*          Visitasies sal aan die hand van die formaat in gemeentes gehou word.

*          Die jongste jaarverslae sal steeds as vertrekpunt van die vergadering dien.

*          Deelsorgstandplase moet ook kennis neem dat die Ringsvergadering die ringskommissie se opsig oor die opdrag van die predikant in deelsorg en versorging van die deelsorg predikant herbevestig het

*          Tydens visitasies word die gemeente se totale bedieningsbeplanning en prioriteite ook verlang.

*          Die aksies wat die betrokke kerkraad rondom die jonste ringsvergaderingbesluite geneem het, sal ook die aandag van die visitasiekommissie geniet.

 

Visitasiekommissies moet daarop let dat die vraelyste soos vervat in die Riglyne vir Staande Prosedures rondom vistasies per besluit van die 2001 vergadering voortaan ook deel van die visitasieverslag moet uitmaak.

 

Daar is in die afgelope termyn van die Ringsvergadering visitasie gedoen by

vyf van die Ringsgemeentes.  Die gemeentes Durban Suid, Pietermaritzburg,

Pinetown en Laer Suidkus is deur die aangewese visitasiekommissies

besoek.

 

 

 

2.1.2.2    VISITASIEVERSLAG: PINETOWN

 

Die visitasiekommissie van die gemeente Pietermaritzburg bestaande uit Ds. Harmzen en ouderlinge JH Du Plessis en BH Pieterse het op 6 Maart 2002 besoek afgelê by die gemeente Pinetown.

 

Die boeke en registers is vooraf nagesien en vraelyste is aan Dr. van Schoor en van die Kerkraadslede oorhandig vir voltooiing.

 

Na afhandeling van die nasiening is ‘n vergadering ‘n kommissie van die Kerkraad bygewoon.

 

Die gemeente word geluk gewens met die stand van die boeke en registers. Slegs enkele leemtes is met die vergadering bespreek.

 

Pinetown is steeds ‘n deelsorg standplaas en poog die gemeente steeds om die predikant se vergoedingspakket te verbeter. Die kommissie het groot waardering hiervoor en die Kerkraad is versoek om sover moontlik hierop voort te bou.

 

Die predikant en sy gesin is baie gelukkig in die gemeente en voel dat die gemeente baie positief teenoor die kerk en teenoor hulle is.

In soverre dit die funksionering van die gemeente betref is die predikant en die Kerkraad baie tevrede.

 

Die Kerkraad besoek die pastorie voor elke nagmaal en het ook ‘n kommissie aangestel wat kwartaalliks besoek  by die pastorie aflê en algemene sake bespreek.

 

Die Kerkraad beleef die eredienste as baie leersaam en spreek hul dankbaarheid hieroor  uit.

Die prediking is Belydenisgetrou en besprekings vind gereeld hieroor plaas.

Die Kerkraad is tevrede met die funksionering van die kategese en die predikant se betrokkenheid daarby.

Betrokkenheid vanaf die kant van die jeug bly egter steeds ‘n bekommernis.

Gereelde huisbesoeke deur die predikant en Kerkraad vind plaas en daar word op temas besluit wat met die gemeente tydens die besoeke hanteer word.

 

Die Kerkraad is dit eens dat die gemeente goeie samewerking gee maar versoek ook dat die Kerk kennis neem dat tye verander en dat gemeentes al hoe meer sukkel en dit nie meer so maklik kan bybring nie.

 

Die kommissie spreek sy dank uit vir die gemeente en Kerkraad se positiewe gesindheid en die wyse waarop die visitasie beleef is.

 

AANBEVELING

1.                  Dat die verslag aanvaar word.

2.                  Dat die gemeente versoek word om die vergadering in te lig oor die werkswyse van die kommissie wat besoek by die pastorie aflê.

 

 

2.1.2.3     VISITASIEVERSLAG: DURBAN SUID

 

Die visitasie is gehou op 5 Maart volgens die reëling wat in die Ring bestaan dat daar jaarliks visitasie gedoen word by gemeentes met deeltydse standplase. Die staande werksprosedures van die Kerk is gevolg en elke verslag is afsonderlik ingevul volgens die voorskrifte.

 

Die kommissie het bestaan uit die konsulent van gemeente Durban-Suid, Ds. Jacques Pieterse, en twee ouderlinge van Laer Suidkus, Jan Smith en Harry Roeloffze. Die kommissie is met groot gasvryheid ontvang en die positiewe gesindheid van beide die predikant en die kerkraad te midde van moeilike omstandighede was werklik verblydend om  te ervaar.

 

Die verslag verloop verder volgens die bylae vir visitasies in die Staande Werksprosedures in die Hervormde Kerk.

 

GEMEENTELIKE-  EN OUDERLINGEVISITASIEVERSLAG

(Daar moet in ag geneem word dat hierdie verslae deur individue ingevul is, en daar daarom nie sondermeer aanvaar kan word dat die opinies wat uitgespreek is die opinie van die gemeente en die Ouderlingevergadering as ’n geheel is nie. )

 

Wat die prediking bestref blyk dit dat daar groot tevredenheid is. Ds. La Grange doen moeite met die voorbereiding van die eredienste, en daar word altyd ’n verstaanbare, positiewe boodskap gelewer wat geestelike groei bevorder en geloofsopbouend in die gemeente meewerk. Die ouderlingeverslag meld dat die gemeente geseën is met ’n “buitengewone prediker”. Daar is groot tevredenheid met die prediking van Ds. La Grange. Die eredienste word gehou volgens die voorskrifte van die Kerk en daar word gereeld sangoefening gehou om nuwe liedere aan te leer, en lofprysing te doen voordat die erediens begin. Die sakramente word volgens die voorskrifte van die kerk bedien, en geen probleme is onder die aandag van die kommissie gebring nie.

 

Onder kategese word vermeld dat die kategete goeie werk in die gemeente doen, en dat daar volgens die jaarbeplanner by die lesse vir elke week gehou word. Ds. La Grange is betrokke by die kategese in soverre die wisseling van die eredienste tussen die Bluff en Amanzimtoti dit toelaat, en is ook nou betrokke by die katkisering van die finalejaars. Volgens die ouderlingeverslag is daar ’n behoefte aan meer ouderlinge om betrokke te raak by die katkisering van die kinders van die gemeente.

 

’n Jeugvereniging bestaan wel in die gemeente, maar melding is nie in die verslag gemaak van presies wat die aktiwiteite is wat plaasvind nie. Die jeug blyk wel aktief besig te bly in die gemeente. Ds. La Grange is betrokke by die reëling van en bywoning van ’n jaarlikse jeugkamp, en doen pastorale berading by die Port Natal skool op ’n weeklikse basis tydens skoolkwartale. Dit bly egter ’n probleem om meer kinders betrokke te kry, soos ook maar blyk uit die verslae van ander gemeentes oor dieselfde saak.

 

Die predikant doen huisbesoek in die mate waarin die deeltydse bediening hom toelaat. Wanneer daar huisbesoek gedoen word, word dit positief en opbouend beleef, soos ook wanneer die predikant siekebesoek doen en daar gemeld word dat hy altyd positief, opbouend en empaties met siek lidmate te werk gaan. Die predikant is te alle tye beskikbaar om lidmate te begelei by die afsterwe van geliefdes, en is vir hulle ’n bron van krag in die tyd van droefheid.  Die predikant was telkens beskikbaar om lidmate met probleme by te staan, hetsy by die pastorie, of deur hulle tuis te besoek.

 

Die ouderlingverslag meld dat daar gereeld huisbesoek deur ouderlinge gedoen word. As die tendens onder alle ouderlinge dieselfde is as die een wat by die ouderling wat die verslag ingevul het te bespeur is, is daar geen rede tot kommer nie, en word die opsigtaak na behore uitgevoer.

 

Uit die verslag blyk dat die diakens gereeld by die lidmate aan huis kom om hulle ampswerk te verrig. Daar is ’n goeie verhouding tussen die lidmate en die diakens, wat die offergawes insamel, en ook “die goeie verhoudings met lidmate bly bou”.

 

Daar is geen probleme te vermeld met die verhouding van lidmate met die predikant of sy gesin nie, en dit blyk dt die gees in die gemeente oor die algemeen besonder goed is. Lidmate is positief, en daar word hard gewerk aan die instandhouding van die deeltydse standplaas.

 

KERKRAADSVISITASIEVERSLAG

Notulering van die besluite van vergaderings blyk meestal in orde te wees. Die notules van die kerkraadsvergadering is in orde gevind. Die ouderlingevergaderings se notules is nie almal in orde nie. Vir die hele jaar 2000 is daar geen notules van enige ouderlingevergadering te Durban-Suid te vind nie. Belangrike inligting het op hierdie wyse verlore geraak. Die kerkraadsvergadering het opdrag aan die ouderlingevergadering gegee om beplanning vir die deeltydse standplaas te doen. Die besluit is uitgevoer, maar die notule wat spesifiseer hoeveel tyd Ds. La Grange in die gemeente spandeer in oorleg met sy pos as Kapelaan by die CSO, en die gemeente se deeltydse status, is weg. Daar is geen genotuleerde besluite oor presies wat van die predikant by Durban-Suid verwag word nie, en dit kan onrealistiese verwagtinge van die predikant se ampswerk by lidmate sowel as kerkraadslede skep omdat daar geen dokument ter tafel is waarheen daar op navraag inligting van verhaal kan word nie. Omdat daar ook van geen van die notules enige lêers met afskrifte in die gemeente argief gehou word nie, is die inligting nou totaal verlore en sal die vergadering weer oor die saak moet besin en ’n notule opstel.

 

Nadat ’n notuleboek met etlike jare se notules verlore geraak het in die pos oppad na ’n ouditering van die boeke te Pretoria, het die Ouderlinge besluit om nie meer as een jaar se notules saam te bind in ’n dokument om te keer dat soveel notules weer verlore kan raak nie. Dit blyk egter dat die nuwe stelsel van notule-bewaring nie heeltemal die probleem oorkom het nie, omdat die notules (dalk vanweë hulle grootte?) steeds wegraak.

 

Die notules van die Diakensvergaderings was nie beskikbaar vir nasiening nie.

 

Die gemeentevergadering se notules vir die jaar 2000 kon ook nie ter insae van die kommissie dien nie. Ander notules is in orde gevind.

Die notules van die Finansiële Komitee is in orde gevind, en die kommissie het die kerkraad geluk gewens met die ommekeer van die dreigende opheffing van die standplaas in 2001. Die finansiële stand van die gemeente het merkwaardig verbeter in die afgelope jaar, en dit getuig van baie harde werk, deursettingsvermoë en die geloof om te weet dat die Heer van die Kerk sorg. Alle sterkte word die gemeente toegebid vorentoe.  Die gemeente werk steeds aan die doel om die standplaas volledig te herstel.

 

Geen ander komitees bestaan waarvoor daar notuleboeke aan die kommissie gegee kon word nie. By Durban-Suid bestaan tans nie ’n NHSV nie, maar die dames het hulle beywer vir die stigting van ’n Vroueforum. Die dames is tans besig om onder leiding van Mev. La Grange en die kerkraad struktuur te gee aan die Forum, en notules behoort teen volgende jaar al beskikbaar te wees vir nasiening. Die Forum word geadministreer deur ’n voorsitter en drie ander verantwoordelike persone en doen fondsinsameling met die uitsluitlike doel om die gemeente se standplaas te help in stand hou. Alle fondse word hanteer deur die kasier van die gemeente en ge-ouditeer deur die Finansiële komitee op ’n maandelikse basis.

 

Die konsistorieboek is korrek en volledig ingevul.

Daar is ’n bateregister wat op datum is in besit van die Goederekomitee.

Die lidmaatregister en doopregister is volledig en korrek ingevul.

Van die predikant se verlof word register gehou in die notules van die Ouderlingevergadering en daar word toegesien dat daar gehou word by die verlofreëlings in die Kerk.

Alle vergaderings in die gemeente word gehou volgens die besluite van die kerk.

 

Toerustingsgeleenthede word gereeld aangebied vir die volle kerkraad, en ook vir ouderlinge en diakens afsonderlik. Toerusting word ook gehou d.m.v. herderlike skrywes wat aan die hele gemeente gegee word.

 

Alle aansoeke om lidmaatskap word hanteer volgens die reëlings in die Kerk.

Dankoffers word gereeld by al die lidmate ingesamel.

Die gemeente beskik oor ’n Finansiële Komitee en is oortuig daarvan dat hulle na behore omsien na die finansies van die gemeente. Die finansies lyk tans baie gesonder as ’n jaar terug en die begroting, soos opgestel vir ’n deeltydse standplaas het vir die jaar 2001 ’n oorskot getoon.

Voorsiening word gemaak om die hulpbehoewendes binne en buite die gemeente by te staan.

 

Die predikant word tans as deeltydse predikant versorg teen 50%  van die aanbevole skale van die administrateur van die Kerk. 

Alle finansiële verpligtinge teenoor die Kerk se barmhartighiedsdiensinstansies, apostolaatsinstansies ens. is nagekom. Die gemeente belê alle surplusfondse by die Kerk.

Alle geboue en toerusting is na behore verseker.

 

PREDIKANTSVISITASIEVERSLAG

Die predikant is positief teenoor die ampswerk in die gemeente. Die kerngroep van die gemeente is ’n bron van groot ondersteuning, wat werklik gelowig meeleef en dankbare diens aan die Kerk en die Heer van die Kerk lewer.

 

Wat negatief beleef word is die gevolge van die deeltydse standplaas van die gemeente. Dit ontneem die predikant wat in só ’n posisie werk daarvan om al sy aandag en tyd volledig aan die gemeente en haar lidmate te kan wy. Die verwagtinge van die lidmate in ’n gemeente met ’n deeltydse bediening, is nie altyd in lyn met die hoeveelheid tyd wat ’n deeltydse predikant in ’n gemeente kan spandeer nie.

 

Ten spyte van die deeltydse bediening funksioneer die gemeente tans goed. Die predikant en sy gesin is gelukkig in die gemeente, ten spyte van die druk skedule en gevolglike tydtekorte wat daar in ’n deeltydse bediening bestaan. Interne konflikte onder lidmate en ’n sporadiese gebrek aan eensgesindheid maak dit nie makliker nie.

 

Die predikant en sy gesin word pastoraal versorg deur die wyksouderling wat hulle kwartaalliks besoek.

 

Die predikant beveel aan dat die gemeente se administrasie ’n prioriteit vir aandag is.

 

KONKLUSIE

Die gemeente Durban-Suid het besonder goed presteer in die afgelope jaar ten spyte van groot druk. Oor die algemeen vind die kommissie dat dit met die gemeente goed gaan, en dat daar geen rede tot kommer oor Durban-Suid hoef te bestaan nie. Die werk in die gemeente getuig van manne en vroue wat die Here liefhet, en die Kerk se belange op die hart dra.

 

Daar sal egter gekyk moet word na die verwagtinge wat die gemeente van die ampswerk van die predikant het. Voordat daar nie besluite genotuleer staan waaraan almal in die gemeente hulle kan hou nie, gaan daar onrealistiese verwagtinge wees en is daar rede vir misverstand en konflik. Die saak behoort as prioriteit hanteer te word.

 

Ons bid u sterkte toe.

AANBEVELING

 

  1. Dat die visitasieverslag aanvaar word.
  2. Dat die gemeente Durban-Suid dit oorweeg om weer van behoorlike notuleboeke gebruik te maak ten einde notules heelhuids te bewaar.
  3. Dat daar afskrifte van alle notules in die gemeentelike argief bewaar word.
  4. Dat daar ‘n definitiewe besluit in oorleg met die predikant geneem word oor presies wat die gemeente se verwagting van die predikant in die standplaas is.
  5. Dat daar in aanmerking geneem word dat die standplaas met 50% afgeskaal is wanneer bogenoemde besluit uitgevoer word.
  6. Dat die besluite wat geneem word in verband met die bediening in die deeltydse  standplaas behoorlik genotuleer en bewaar word.
  7. Dat die gemeente behoorlik ingelig word nadat die besluite geneem is.

 

 

 

2.1.2.4     VISITASIEVERSLAG: LAER SUIDKUS

 

Die visitasie aan Laer Suidkus was gewone roetine-visitasie wat een maal elke drie jaar (tussen Algemene Kerkvergaderings) aan elke gemeente in die ring gebring behoort te word. (Hierdie was dus nie `n visitasie wat in die oog gehad het om enige probleme aan te spreek of om opsig te hou oor die gedeeltelike versorging van `n predikant nie.)

 

Die visitasiekommissie het bestaan uit twee ouderlinge van die Gemeente Durban-Suid, die voorsitter van die Ringsdiakensvergadering, en die konsulent van die gemeente.

 

Die visitasie het, per besluit van die Ringsvergadering,  verloop streng volgens die riglyne vir staande prosedures van die Kerk.

 

Die Kommissie het alle boeke en dokumente wat deur die riglyne vereis word ter insae gehad.  Hierdie gemeente verdien die hoogste lof vir die goeie orde in hulle administrasie.  Hulle administrasie is foutloos bevind.

 

Die voorsitters van die betrokke kerklike organe, en persone wat leiding neem en verantwoordelikheid aanvaar vir die verskillende fassette van die gemeente se lewe en werk, het die Kommissie te woord gestaan en het op alle vrae antwoorde kon gee. Die toewyding van hierdie lidmate en ampsdraers is duidelik te bespeur.

 

Die Kerkraadsvergadering is daarna vir `n kort rukkie deur die voorsitter van die visitasiekommissie gelei, waartydens die gemeente van harte gelukgewens is met hulle uitmuntende werk, en hulle is aangespoor om met voort te gaan om die  goeie voorbeeld vir ander gemeentes te wees wat hulle tans is, en oor die afgelope aantal jare reeds is.

 

Net een saak het by die visitasiekommissie kommer gewek: Laer Suidkus steun baie swaar op fondsinsameling om die gemeente in stand te hou.  In die mate dat dit blyk dat geen verdere moontlikhede vir fondsinsameling voorsien is naas die wat reeds aangepak is nie.  Nietemin toon die gemeente se state `n tekort aan inkomste vir die jaar 2001, en `n bykans onoorkomelike voorsiene tekort aan die einde van 2002. Hiervoor het die kerkraad ten tye van die vergadering nie raad gehad nie.  Maar daar is onmiddellik besluit dat daaraan dringende aandag gegee sou word. 

 

AANBEVELING

 

  1. Dat die verslag aanvaar word.

2.   Visitasiekommissie beveel aan dat die Kommissie van die Ring die voorsiene tekort op begroting vir 2002 met die gemeente Laer Suidkus se kerkraad opvolg om te verseker dat die gemeente se finansiële stand nie die bediening aldaar knou nie.

 

 

 

 

2.1.2.5   VISITASIEVERSLAG: PIETERMARITZBURG

 

Besoek is op 5 Maart 2002 van die Visitasiekommissie van die gemeente Durban ontvang.

 

1.         Opening:

Ds. Harmzen open die vergadering met gebed waarna hy die afvaardiging van Durban welkom heet en die stoel aan Ds. Dreyer oorhandig.

 

2.         Besprekings:

Ds. Dreyer bedank die kerkraad vir die geleentheid en meld dat die gemeente se boeke en die afgelope jaarverslag deurgewerk is.

Die volgende word bespreek:

2.1       Apostolaat:

Geen uitbetaling ten opsigte van Apostolaat is gedoen nie.

Die versoek word gerig dat meer spesifieke antwoorde gegee word by die voltooiing van die verslae en dat ander kerke ook gemobiliseer word.

Die voorsitter stel ook voor dat Ds. Harmzen ‘n gemeentebou kursus deurloop.

2.2       Erediens:

Die ouderlingevergadering het in die verslae gemeld dat eredienste meelewend en dinamies is.

Op versoek van die voorsitter word hierdie aspekte meer toegelig – afwisseling vind plaas deur bv. die sing van die Belydenis, stel van vrae tydens preke en afwisseling van nagmaalgeleenthede.

2.3       Ekumene:

Die kommissie stel voor dat meer gesamentlike dienste gehou word – bv. Hervormingsondag en dat sprekers genooi word om na dienste op te tree.

2.4       Gesinsorg:

Voorsitter vra dat die formulier vir die bevestiging van kategete gebruik word.

2.5             Algemene opmerkings:

Die doop – en Lidmaatregisters is netjies en op datum. Die vergadering word bedank

Die vergadering moet kyk na die bestuur oor finansiële sake met spesifieke verwysing na besluite.

Handtekeninge ontbreek op party plekke in die konsistorieboek. Prosedures moet reg gevolg word.

Gemeente word geluk gewens met die basaarinkomste van R 22,000.00

Die voorsitter het nie beswaar dat finale jaars as hulpdiakens gebruik word nie

2.6             NHSV

Notule meld dat ‘n spesifieke persoon genader moet word vir goedkeuring van uitgawes – notule was nie korrek geskryf nie moet lees “dagbestuur”.

Voorsitter versoek dat dit so reggestel word.

2.7             Ouderlingevergadering:

Die voorsitter komplimenteer die vergadering met betrekking tot die regstelling van ‘n vorige fout.

Navraag word gedoen rakende die simboliese bydrae van R 2.00 per kind en die vergadering antwoord dat dit die kinders leer om betrokke te wees.

Die gemeente word gekomplimenteer met die ouderlinge wat mekaar voor nagmaal besoek asook met die instelling van die koffiekroeg.

Daar is waardering vir die ouderlinge se besordheid oor die hou van huisgodsdiens. Die ouderlinge se algemene gevoel is dat huisgodsdiens steeds belangrik is.

Die ouderlinge word gemaan oor hul erediensbywoning en daar moet verseker word dat die register tydens eredienste geteken word.

Dit is opvallend dat nagmaal oor twee Sondae strek – rede is om almal die geleentheid tot nagmaal te gee.

Die voorsitter meld dat die gemeente se besluit om die predikant vry te stel met die dra van ‘n toga foutief is. Die bedoeling was om dit slegs in uiterste weerstoestande toe te staan maar die besluit sal herroep word.

Op ‘n vraag rakende die vordering met gemeente projekte word geantwoord dat dit meestal goed gaan en dat wyke mekaar in die proses ook leer ken.

Drie lidmate was as kerkraad verkies maar is nog nie voorgestel nie. Die vergadering antwoord dat die voorstelling eerskomende Sondag geskied.

 

2.8             Diakens:

Die komitee spreek hul opgewondenheid uit rakende die diakens se betrokkenheid en meelewendheid..

Die versoek word gerig dat die notules meer georden word in soverre dit die struktuur betref. Die kommissie onderneem om ‘n voorbeeld soos tans goedgekeur aan die diakens te voorsien.

Die bywoning van vergaderings is goed en daar word versoek dat die notules getik moet word.

Probleemgevalle word genotuleer. Dit is verkieslik dat name nie genoem word nie. Na ‘n verduideliking van die vergadering versoek die voorsitter dat dit met omsigtigheid hanteer word.

Op navraag word gemeld dat die vergoeding van diakens ingestel was om diakens met brandstof onkostes te help.

Besprekings word gehou wat nie betrekking het op die diakens se taak nie. Die diakens is op baie gebiede betrokke en dit spreek vanself dat besprekings wel tydens vergaderings plaasvind.

Uitbetalings word nie in die diakensvergadering genotuleer nie – dit sal in die toekoms gedoen word.

 

3.                  Afsluiting

Die voorsitter bedank die vergadering en meld dat dit aangenaam was om saam te verkeer waarna hy die vergadering met gebed afsluit.

 

AANBEVELING

 

1.         Dat die verslag aanvaar word

 

 

2.1.2.6            VISITASIEVERSLAG: EMPANGENI

 

1.                  Inleiding

Ds Minnaar maak dit duidelik dat visitasie in die kerk daarop gerig is om tot die opbou van ‘n gemeente en die kerk te dien. Die visitasiekommissie het nie insae in al die boeke van die gemeente gehad nie aangesien sommige by die ouditeure vir oudit is en kan dus net reflekteer op dit wat voorhande is.

 

2.                  Registers

In die doopregister kort daar 2 inskrywings in 2001 wat regestel moet word. Dit blyk ook dat geen katkisante in 2001 belydenis afgelê het nie aangesien daar geen inskrywings in 2001 van sodanige aard in die lidmaatregister is nie. Die kerkraad bevestig dit en stel dat die katkisante eers in Februarie 2002 belydenis afgelê het aangesien daar nie in 2002 ‘n predikant in die gemeente was nie. Daar word wat die gemeenteregister betref oorgeskakel na ‘n nuwe rekenaarprogram wat saam met die offergaweboeke hanteer word, oorgeskakel en sal binnekort in werking wees.

 

3.                  Kerklike Goedere

Wat diakonale fondse betref blyk dit dat die diakens in beheer is van daardie fondse. Indien daar fondse beskikbaar is, word diakonale verpligtinge van die kerk ook nagekom. Ten opsigte van hulpverlening aan hulpbehoewendes in die gemeente het die gemeente nie ‘n aksieplan nie, maar hanteer die saak met behulp van omgeegroepe. Die gemeente het nie die diakonale jaarverslag ingedien nie, aangesien hulle nie een ontvang het nie. Die gemeente het egter ook nie laat weet dat hulle nie een ontvang het nie.

Met die verkoop van die pastorie het daar groot finansiële verligting vir die gemeente gekom wat tot gevolg het dat die gemeente tans geen skuld het nie en dat hul heffings tot op datum betaal is. Al gelde wat uitstaande is, is die kerkgeld vir kerkwerkskema. Die gemeente het nou geld op belegging. Die kerkraad en gemeente beplan steeds funksies om geld in te samel aangesien die gemeente  in die rigting werk om hul predikant ten volle te versorg. Die kerkraad weet ook dat hul moet voorsiening maak vir die kerkgebou wat binnekort instandhouding nodig gaan hê.

 

Rondom offerbereidheid is daar ‘n nuwe gees in die gemeente en die kerkraad het volle vertroue dat hulle hul teiken van R47.00 per lidmaat per maand sal haal. Die kerkraad is ook baie tevrede dat die finansiële komitee die finansies van die gemeente goed bestuur. Die laaste twee maande was daar ook ‘n oplewing in die dankoffers van die gemeentelede wat die kerkraad toeskryf aan nuwe lidmate en die bediening van die twee predikante.

 

4.         Pastoraat

Daar is ‘n algemene gevoel dat die twee nuwe predikante in die gemeente by al die sake uitkom wat van hulle verwag word. Daar word ook baie moeite gedoen met die lidmate op Mandini. Die Jeug se werksaamhede het ook skerp toegeneem. Die pastorale versorging van lidmate in nood word goed hanteer en die kerkraad is tevrede dat die prediking op standaard is. Die erediensbywoning het volgens die kerkraad in 2002 drasties toegeneem. Daar word nie meer buitedienste op Eshowe gehou nie aangesien daar slegs een besoekpunt is en die lidmate die dienste op Empangeni bywoon. Die voorsitter versoek die kerkraad om toe te sien dat die lidmate steeds besoek word. Die kerkraad ondersoek die moontlikheid om dienste by die Tugelamond te hou.

 

Beide die twee predikante is ook afhanklik van ‘n ander inkomste en werk. Die kerkraad is tevrede dat hulle by al hul kerkwerk, insluitende voorbereiding daarvan uitkom. Die predikante deel die werk om die beurt maar nie op ‘n vaste rooster nie. Die voorsitter dra sy dank oor aan ds Oosthuizen wat sy kerkwerk sonder enige vergoeding doen, oor. Die lojaliteit tussen die kerkraad en predikante is wedersyds baie positief. Ds Minnaar vra dat kerkraad die saak met al die lidmate moet deurpraat dat hulle predikante net deelsorg is en daarom nie noodwendig altyd beskikbaar is nie. Die Ringskommissie was nie tevrede met al die dokumente rondom die benoeming van ds van Rensburg nie. Dit blyk dat alle dokumente intussen deurgegee is. Rondom die saak van die benoeming stel die kerkraad dat hulle so besluit het omdat dit net vir een jaar geld en dan na ‘n jaar hersien word. Ds Minnaar vra dat indien dit moontlik is om net vir ‘n jaar ‘n predikant te beroep, die kerkraad weer daaroor moet dink en dit dalk op die basis doen wanneer die jaar verby is. Ds van Rensburg is benoem vir jeugwerk en pastorale hulp en die situasie werk goed op die oomblik. Die kerkraad onderneem om weer na die saak van benoeming en beroep te kyk.

 

5.         Gemeentefunksie

Die voorsitter meld dat met ‘n gemeentefunksie wat gehou is, daar ‘n negatiewe koerantberig gepubliseer is oor gebeure met ‘n motoris. Die kerkraad is tevrede dat die saak reg hanteer is en dat die betrokke motoris sensasie gesoek het met die oordrewe berig wat geplaas is. Hulle gaan nie daarop reageer nie en is tevrede dat niks verder hierrondom sal gebeur nie. Dit bly egter jammer dat dit met die gemeente gebeur het en die negatiewe berig geplaas is.

 

6.                  Versoek van Kerkraad

Die Kerkraad versoek dat ds van Rensburg ook by vergaderings mag voorsit. Omrede hy benoem is, moet die konsulent in sulke gevalle toestemming gee. Ds Minnaar wat die gemeente se konsulent is stel dat indien sulke geleenthede hom voordoen, hulle welkom is om die versoek te rig en daar nie ‘n probleem behoort te wees nie.

 

Ds Minnaar stel dat met die visitasie dit blyk uit die inligting tot die visitasiekommissie se beskikking dit goed gaan met die gemeente Empangeni, en hy baie dankbaar is daaroor. Hy vra die kerkraad om die hand van die Here raak te sien en om God te prys daarvoor. Daar is twee “halwe” predikante wat alles gee in hul gemeentewerk. Die predikante word sterkte toegewens met hul gemeente- en ook ander werk en die kerkraad vir die werk aan hulle opgedra. Die vergadering verskoon die visitatore.

 

AANBEVELING

 

1.                  Dat die Ringsvergadering hom uitspreek oor die benoeming van Ds Van Rensburg wat deur die Kerkraad benoem is. Dit blyk dat Ds Van Rensburg feitlik die hele spektrum van predikantswerk doen en kan dalk eerder in ‘n deelsorgstandplaas beroep word.

2.                  Dat die gemeente terugvoer gee oor die verkoop van die pastorie.

3.                  Dat die verslag aanvaar word.

4.                  Die Ringsvergadering spreek sy kommer uit dat die hersiene werksopdragte van die twee predikante nognie ontvang is nie.

 

 

 

SAMEVATTENDE AANBEVELINGS

 

            1.         Dat kennis geneem word van die verslae.

            2.         Dat die afsonderlike visitasiekommissies bedank word vir hulle werk in die verband.

            3.         Dat elke gemeente wat ‘n deelsorgbediening het, versoek word om steeds te beplan vir die herstel na ‘n volle versorgde standplaas.

4.         Dat die gemeentes met deelsorgstandplase steeds jaarliks visitasie ontvang.

5.         Dat die visitasiekommissies bestaan uit die konsulent en twee ouderlinge van die konsulentsgemeente.

            6.         Dat die formaat (hierbo uiteen gesit - sien 2.1.2.1) van visitasies   gebruik sal word as formaat van ALLE visitasies.

            7.         Dat die visitasieverslae, die formaat sal gebruik soos hierbo (2.1.2.1) uiteengesit.

 

 

 

2.1.3         GEMEENTEBOUVERSLAG

 

Die volgende besluite is in 2001 geneem:

            1.         Dat elke gemeente aangemoedig word om aktief betrokke te raak by die proses van gemeentebou.

            2.         Dat gemeentes hulle predikante stuur om die gemeenteboukursusse by te woon.

3.         Dat die proses van gemeentebou as beginsel gebruik word in

elke gemeente van die ring.

 

AANBEVELING

 

1.         Dat elke gemeente terugvoer gee oor hoe die opdrag uitgevoer is.

 

 

2.2         OUDERLINGE

2.2.1.                     VERSLAG OOR DIE WERK VAN DIE                                                                                                                                            OUDERLINGE

 

GEMEENTES EN KERK

            Oral in die gemeentes is die saak van lidmaatskap ‘n ernstige saak.  Aan hierdie saak word indringend in terme van die betrokke ordinansies by die ouderlingsvergadering hanteer. Nuwe intrekkers word so gou as moontlik besoek.

 

Durban meld die volgende:

Alle nuwe intrekkers, wat vir die eerste keer by die kerk aanmeld, moet by hulle motors verwelkom word, saam die kerk ingelei word, seker gemaak word dat hulle ‘n liedboek het en waar moontlik moet mense van dieselfde ouderdomsgroep by hulle in die kerk sit en dan saam uitnooi vir tee na die kerk, waar die besoekers dan voorgestel sal word aan ander gemeentelede.

 

VERKONDIGING

In al die gemeentes het die herderlike sorg behoorlike aandag geniet.  Huisbesoeke deur predikant en kerkrade is steeds van belang.  Dit blyk egter dat die deelsorgbediening in hierdie ring veroorsaak dat nie by al die gemeentelede gereeld besoek gebring kan word nie.  Hoewel die situasie verstaanbaar is, behoort al die gemeentes wat in deelsorg bediening is, hulle steeds daarvoor te beywer dat die volle standplaas herstel moet word.

           

            Pietermaritzburg het een aand per week opsy gesit vir spreekure.

Empangeni beoog om volgens hulle jaarprogram elke lidmaat twee maal per jaar te besoek.

 

Oor die behoefte aan toerusting, kan met Pinetown saamgestem word as hulle meld:

Daar word dringend toerusting op Ringsvlak voorsien word. Die afgelope twee vergaderings staan die opstel van ‘n pro-forma Ouderlingevergadering agenda oor. Die komitee vir Presbiteraat moet daaroor terugvoer gee.

 

VERBAND MET ANDER KERKE ( Sien Deel iv Ekumene)

 

HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING (Sien Deel v )

 

DISSIPLINE

Ons is bly om te kan berig dat die dissipline in elke gemeente belangrik is. Die predikante word gereeld besoek asook die ouderlinge mekaar onderling.

 

Pietermaritzburg meld net dat hulle voel hulle soms te sag optree. Hulle vra ook toerusting aan oor hierdie saak.

Richardsbaai meld dat tugsake bly moeilik as gevolg van die “verwêredliking” van die kerk en die feit dat die meeste lidmate bedank voordat daar oorgegaan word na hierdie stappe.

 

AANBEVELINGS

 

1.         Gemeentes word opgedra om erns met gemeentebou te

2          Besondere aandag moet aan nuwe lidmate gewy word – lidmate moet werklik voel dat hulle tuis gekom het.

3.         Die komitee belas  met Presbiteraat word opdrag gegee om so gou moontlik ‘n toerustinggeleentheid te hou.

4.         Dat die komitee vir Pastoraat en Presbiteraat binne een maand na afloop van die vergadering ‘n proforma agenda vir die Ouderlingevergadering beskikbaar stel.

 

 

 

2.3           DIAKENS

2.3.1        VERSLAG VAN DIE RDV

 

Aangesien hierdie vergadering na die opstel van die agenda plaasgeving het, sal Ds E Oosthuizen ter vergadering verslag lewer.

 

3.    VERGADERINGS VAN AMPTE

 

3.1. RINGSVERGADERING

 

3.1.1        RINGSKOMITEES

 

AANBEVELING

 

1.        Dat die volgende verantwoordelikhede aan die volgende persone opgedra word

 

Pastoraat                Ds T F Dreyer

Presbiteraat             Oudl G van Loggerenberg en Dr W A J van Schoor

Erediens                   Ds J Pieterse

            Apostolaat                Ds H F La Grange

            Ekumene                  Ds P Harmzen en Ds Riaan van Rensburg

            Gesinsorg                Ds Albert Minnaar

 

                       

3.1.2        BESLUITEBUNDEL RINGSVERGADERING

 

AANBEVELING

 

1.      Dat die Ringskriba opdrag kry om die besluitebundel voortdurend op datum te bring en elke jaar teen 31 Augustus aan die onderskeie gemeentes te besorg.

 

 

3.2           RINGSKOMMISSIE

3.2.1        VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE

 

SAMESTELLING

Die Kommissie van die Ringsvergadering van Pietermaritzburg het in die afgelope jaar bestaan uit:

                   Voorsitter:    Dr WAJ van Schoor (Pinetown)

                   Skriba :         Ds TF Dreyer (Durban)

                   Ouderlinge:   H Prinsloo (Durban)

                                        GD van Loggerenberg (Durban Suid)

                                         TF Steyn (Empangeni)

 

 

 

 

VERGADERINGS

Die kommissie het in die termyn 3 keer vergader aan huis van Ds TF Dreyer.Die kommissie is telkens met besondere hartlikheid en gasvryheid ontvang, wat die werk aansienlik vergemaklik het.

 

JAARVERSLAE

Die jaarverslae bring ’n mens onder die indruk dat die gemeentelike arbeid op gemeentevlak in die ring veel beter daar uitsien as op ringsvlak. Hierdie vergaderings het hul werk goed aangepas by die nuwe kerkorde en in die geheel is daar goeie werk in gemeentes gedoen, waarvoor die kommissie dankbaar is.

 

Die kommissie is intens onder die indruk van die geweldige druk waaronder predikante in die ring werk. In die lig hiervan is dit kommerwekkend dat pastoriegesinne klaarblyklik nie voor nagmaal besoek ontvang nie. Ouderlinge word ook nie deur ander ouderlinge besoek nie.

 

Sommige gemeentes skep nie genoegsame geleenthede vir studie en toerusting van ampsdraers en lidmate met die oog op die vervulling van die priesterskap van die gelowiges nie. Dit blyk asof daar ’n groot behoefte in die ring aan sodanige geleenthede is.

 

Soos ‘n refrein deur al die verslae van die kommissie is die feit dat verslae bitter laat ingedien word. Die vorige vergadering het aan die ouderlingslede van die vergadering gevra dat hulle die opsig daaroor moet hou. Die lede kan gerus terugvoer gee oor die traagheid met die indien van die verslae.

 

VISITASIES

In terme van Ordinansie 3.4.2 (vi) en (vii), en vorige besluite van die Ringsvergadering, het die ringskommissie toegesien dat visitasies gedurende die afgelope termyn plaasvind by al die gemeentes, behalwe Durban en Richardsbaai  wat in die volgende termyn visitasie sal ontvang. Daar is besluit dat visitasiekommissies saamgestel word uit die Konsulent van ’n gemeente en twee ouderlinge van die konsulentsgemeente. Elke kommissie is verantwoordelik vir sy eie agenda en is ook verantwoordelik vir die nasien van die boeke.

 

Verslae is ontvang van visitasies by Pietermaritzburg, Laer Suidkus, Empangeni, Durban Suid en Pinetown en in die agenda opgeneem. Uit hierdie verslae is dit duidelik dat gemeentes baie struikelblokke soos deelsorgstandplase, lang afstande en beperkte finansiële bronne te bowe moet kom om uiteindelik by hul primêre taak naamlik die verkondiging van Evangelie uit te kom. Dat elke gemeente uitstyg bo hierdie beperkings is rede tot groot dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader wat alleen die eer hiervoor moet kry.

 

Die gevaar bestaan egter steeds dat ons die status quo m.b.t. deelsorgbediening begin aanvaar asof dit die normale is. Ouderlingevergaderings  moet voortdurend bewus bly van die feit dat dit ’n noodmaatreël is wat uit verleentheid gebore is.

 

AMPSTERMYN VAN DIE RINGSKOMMISSIE

Die afgelope termyn was glad nie maklik nie. Daar was met die uitsondering van Durban in elke gemeente een of ander saak wat die kommissie moes hanteer. Van die sake was ernstige konflik wat in die gemeente opgelos moes word. Twee sake van egskeidings van predikante moes hanteer word.

 

Die kommissie wil in die lig hiervan bely (soos met elke vorige verslag) dat dit die Here van die Kerk is wat die Kerk self dra. Op verbysterende en genadige wyse het Hy ingegryp om wonde te heel, versoening te bring en die wel en wee van die gemeentes te dra. Daarvoor is die kommissie die Here innig dankbaar.

 

Die hart van kerkwees is om Jesus Christus as gekruisigde en opgestane Here te verkondig. Die Kerk slaag daarin om vandag Kerk te wees, nie as gevolg van mense nie, maar ten spyte van mense. Soms kan ’n mens nie anders as om verwonderd te staan as jy die seëninge van die Kerk waarneem nie. Ons beleef dit ook in ons eie ring en die  ringskommissie is dankbaar teenoor die Heer van die Kerk dat hulle in daardie seëninge kan deel.

 

AANBEVELING

 

1.      Dat die verslag aanvaar word.

2.      Dat die ouderlinglede terugvoer gee oor die laat-indiening van verslae.

 

 

 

4.    GEMEENTES EN KERK

 

5     VERKONDIGING

5.1    KATEGESE

5.1.1 VERSLAG OOR KATEGESE

(Sien verslag onder Gesinsorg)

 

5.2              SCRIPTURA 2002 en 2003

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die vergadering dit betreur dat Scriptura 2002 nog nie verskyn het nie.

2.Dat die 2003 uitgawe van Scriptura per besluit van die 45ste Ringsvergadering deur die gemeente Pietermaritzburg geborg word.

3.Dat Ds P Harmzen  as redakteur van Scriptura 2003 optree.

4.Dat predikante van die Ring versoek word om vir Scriptura 2003 twee preke deur te gee

5. Dat genoemde preke die redakteur voor of op 31 Augustus 2002 bereik.

 

 

           

5.3         APOSTOLAAT

5.3.1       SAMEVATTENDE VERSLAG

 

1.               SENSUS EN STATISTIEK

 

1.1             Getal belydende lidmate binne ringsverband:

Durban:                 239

                   Durban-Suid:               357

                   Empangeni:                 196

                   Laer Suidkus:              359

                   Pietermaritzburg: 196

                   Pinetown:                     256

                   Richardsbaai:              437

 

1.2             Getal dooplidmate binne ringsverband:

Durban:                 46

                   Durban-Suid:               87

                   Empangeni:                 280

                   Laer Suidkus:              68

                   Pietermaritzburg: 57

                   Pinetown:                     80

                   Richardsbaai:              172

 

1.3             Getal belydende lidmate wat weggetrek het uit die gemeentes binne ringsverband:

Durban:                 17

                   Durban-Suid:              28

                   Empangeni:                 8

                   Laer Suidkus:              49

                   Pietermaritzburg: 9

                   Pinetown:                     15

                   Richardsbaai:              7

 

1.4             Getal belydende lidmate wat om ander redes die gemeentes in die ring verlaat het:

Durban:                 0

                   Durban-Suid:               10

                   Empangeni:                 0

                   Laer Suidkus:             12

                   Pietermaritzburg:   -

                   Pinetown:                     2 (oorlede)

                   Richardsbaai:              17

 

1.5             Getal belydende lidmate binne ringsverband wat om ander redes die Kerk verlaat het:

Durban:                 3

                   Durban-Suid:               10

                   Empangeni:                 0

                   Laer Suidkus:              5

                   Pietermaritzburg: 5

                   Pinetown:                     2

                   Richardsbaai:              0

 

1.6             Getal belydende lidmate wat deur evangelisasiewerk weer in die gemeentes binne ringsverband opgeneem is:

Durban:                 0

                   Durban-Suid:               1

                   Empangeni:                 0

                   Laer Suidkus:              3

                   Pietermaritzburg: -

                   Pinetown:                     2

                   Richardsbaai:              0

 

1.7             Aantal persone wat deur sendingwerk in die gemeentes binne ringsverband opgeneem is:

Durban:                 2

                   Durban-Suid:               0

                   Empangeni:                 0

                   Laer Suidkus:              0

                   Pietermaritzburg: -

                   Pinetown:                     0

                   Richardsbaai:              0

 

2.               MISSIONAAT

 

2.1             Op watter wyse is die gemeentes binne die ring

 

2.1.1         In die prediking,

Durban:                 By verskeie kere gehandel oor die roeping van die gelowige in die wêreld

                  Durban-Suid:        Die verantwoordelikheid van die gemeente om getrou te wees aan die wesensaard van die Here se Kerk, nl. om vir die wêreld daar te wees, en sodoende missionêr-gerig te leef, is deurgaans benadruk.

                  Empangeni:          Het gehandel oor ons missionêre roeping

                  Laer Suidkus:       Die Missionaat is in die prediking aangeraak deur toepaslike temas oor byvoorbeeld die Priesterskap van die gelowiges.

                  Pietermaritzburg: Daar word gereeld na ons verantwoordelikheid in die verband verwys

                  Pinetown:              Pinkstersondag word gewy aan die tema van die missionêre dimensie van die Kerk

                  Richardsbaai:      Die gemeente word deurlopend in die prediking gewys op die sendingopdrag aan die kerk, en daarom ook aan elke lidmaat van die kerk.

 

2.1.2         Deur die pastoraat,

Durban:                Persoonlike gesprekke gevoer rondom Romeine 12 en andere

                  Durban-Suid:       Daar is waar moontlik gewys op die opdrag van elke gelowige om op die buite-kerklike en ongelowige wêreld gerig te wees, maar dis nie in die afgelope jaar met groot nadruk bevorder nie.

                  Empangeni:         Huisbesoek

                  Laer Suidkus:      Missionaat het nie gereeld in die Pastoraat aan die orde gekom nie, omdat spesifieke temas tydens husbesoek hanteer word.

                  Pietermaritzburg:Daar word na verwys tydens gesprekvoering

                  Pinetown:             Elke huisbesoekgesprek sluit die bekendmaking van die gemeente se projek: Bybels vir huishulpe en tuinwerkers in.

                  Richardsbaai:      Tydens huisbesoek word lidmate/gesinne uitgenooi om betrokke te raak by sendingopdrag

 

2.1.3         In die kategese en

Durban:                Kategete handel rondom die gedagte van “lig vir die wêreld” wees.

                  Durban-Suid:       Daar is staatgemaak op die inhoude van die kategesehandleidings om die boodskap via kategete oor te dra.  Dis duidelik ontoereikend.  Maar kinders is gereeld herhinner aan die moontlikheid om maats saam te bring, en sommiges het dit ook gedoen.

                  Empangeni:         Soos in kategeseboek/-lesse voorkom

                  Laer Suidkus:      Die Kategesehandleidings is gebruik, m.a.w. die lesinhoude in die handboeke is hanteer.

                  Pietermaritzburg:Word pertinent en prakties verwoord

                  Pinetown:             Die lesse wat formeel oor die saak handel word behandel.  Tydens finalejaar kategese word op informele wyse die kwessie van die missionêre dimensie van geloof bespreek

                  Richardsbaai:      Slegs wanneer dit in die voorgeskrewe sillabusse van die verskillende jaargeroepe voorkom.

 

 

2.1.4         Deur gesprekke ingelig oor en toegerus vir die missionêre taak?

Durban:                Gemeentebou wil juis fokus op kerk wees vir die wêreld

                  Durban-Suid:       Hieraan is min gedoen, behalwe dat die betrokkenheid van die predikant by hawesending as’t ware as ‘n noodwendigheid gebore uit geldnood eerder as ‘n wesensopdrag van die Kerk verduidelik is.  Die predikant se betrokkenheid by die laerskool as berader  vir 11/2 uur op 3 dae van die week het talle kinders buite die gemeente bereik.

                  Empangeni:         Huisbesoek; Predikante het ook by NG-Kerk lesings gegee

                  Laer Suidkus:      Dit het wel gebeur, maar nie volgens ‘n bepaalde plan nie.

                  Pietermaritzburg:Praktiese voorbeelde word voorgehou

                  Pinetown:             Verwys na die verskillende aksies wat geloods word en die gemeentelike betrokkenheid daarby

                  Richardsbaai:      Geen

 

2.2             Gee voorbeelde van inisiatiewe en/of projekte gedurende die verslagjaar waarvan ander predikante, ouderlingevergaderings, gemeentes en ringe kennis behoort te neem, met die verwagting dat hulle daardeur in hulle taakuitvoering gehelp sal kan word?

Durban:                Ons gemeente het uitgereik na verweesde bejaardes , haweloses, besorgdes en siekes.

                  Durban-Suid:       Gee aandag aan die sendingstaak van die CSO.  Die predikant se betrokkenheid by die plaaslike skool as berader bereik die breë gemeenskap.

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:

                  Pinetown:             Betrokkenheid by die CMD wat gemeenskapsprojekte dryf waarby gemeentes in veral die groter Durban gebied betrokke kan word

                  Richardsbaai:      Geen

 

2.3             Noem die bedrag van die Pinkstereredienskollektes wat die gemeentes aan die Ringsendingraad en/of die Raad vir Apostolaat oorbetaal het?

 

2.3.1         Ringsendingkomitee:    

Durban:                R    0-00

                  Durban-Suid:       Geen, benewens Pinstersondag eredienskollekte

                  Empangeni:         R173-03

                  Laer Suidkus:      R    0-00

                  Pietermaritzburg:R    0-00

                  Pinetown:             Nog nie oorbetaal

                  Richardsbaai:      R    0-00

 

2.3.2         Raad vir Apostolaat:      

Durban:                R 0. 00

                  Durban-Suid:       Geen.  Bedrae is wel oorbetaal aan CSO en Evangelisasie Aksie.

                  Empangeni:         R0-00

                  Laer Suidkus:      R0-00

                  Pietermaritzburg:R0-00

                  Pinetown:             Nog nie oorbetaal

                  Richardsbaai:      R0-00

 

2.4             Is die volle Pinkstersondag eredienskollektes oorbetaal?

Durban:                Onseker

                  Durban-Suid:       Niks is gedurende 2001 oorbetaal nie.  Dit word onmiddelik gedoen.  Die volle Pinstersondagkollekte sal betaal word.

                  Empangeni:         Ja

                  Laer Suidkus:      Nee

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:             NVT

                  Richardsbaai:      Nee (Bedrag van R204.69 is nog verskuldig)

 

2.5             Wat was die bedrae wat oorbetaal is ten opsigte van die Pinkstersondag eredienskollekte?

Durban:                R    0.00

                  Durban-Suid:       R433-18

                  Empangeni:         R173-03

                  Laer Suidkus:      R    0-00

                  Pietermaritzburg:R    0-00

                  Pinetown:             Nog nie oorbetaal

                  Richardsbaai:      R204.69 (moet nog oorbetaal word)

 

 

3.         SENDING IN AFRIKA

 

3.1             Gee inligting op watter wyses die gemeentes binne ringsverband die evangelie aan Afrikataliges in die direkte omgewing van die gemeentes uitgedra het?

Durban:                Gemeentelede het sorg gedra dat elke huishulp by ‘n Bybel besit en gebruik

                  Durban-Suid:       Niks is hieraan gedoen nie, behalwe vir die Zoeloe Bybels wat die predikant van CSO-kant aan hawepersoneel uitgedeel het, en gesprekke met Zoeloes wat die predikant deur middel van die CSO met Zoeloe-personeel en bemanning gevoer het.

                  Empangeni:         Geen

                  Laer Suidkus:      Die reëling in die gemeente bestaan dat Bybels in bediendes se huistaal aan hulle gegee word. Die NHSV Laer Suidkus het ‘n R1000.00 finansiële bydrae gemaak aan die HSV Kongres wat te Anerley gehou is. Die predikant, diakens en die Diesngroep vir bejaardes is betrokke met barmhartigheidsdiens en pastorale begeleiding van sorgafhanklike bejaardes van alle rasse en kulture by die Hibberdene Care Centre, te Hibberdene.

                  Pietermaritzburg:Besprekings met huishulpe, Kerk word vir eredienste beskikbaar gestel

                  Pinetown:             Die gemeente het ‘n deurlopende projek waar alle huishulpe en tuinwerkers van lidmate van Bybels voorsien word. Op hierdie manier neem elke lidmaat verantwoordelikheid vir die uitdra van die evangelie in sy eie omgewing

                  Richardsbaai:      Geen

 

3.2             Gee inligting op watter wyse die ouderlingevergaderings van die onderskeie gemeentes en/of die Ringsendingkomitee 'n gemeente of gemeentes en/of 'n sendingprojek van die HKSA gedurende die verslagjaar ondersteun het?

Durban:                Geen

                  Durban-Suid:       ‘n Bedrag van R500-00 is aan HTO oorbetaal vir die studies van HKSA-student Zandile Dlamini.

                  Empangeni:         Geen

                  Laer Suidkus:      Die NHSV Laer Suidkus het die HSV Kongres te Anerley as gaste bygewoon en die kongres met R1000.00 geborg. Gebruikte klere is aan gemeente Zamafuthi geskenk.        Daar is ‘n toga (ontvang van Ds. Barnie van der Walt) geskenk aan ds. JNR Sithole. Laer Suidkus skenk jaarliks ‘n Almanak en Bybelse dagboek aan gemeente Zamafuthi..

                  Pietermaritzburg:Geen

                                                Pinetown:             Daar het bitter min kontak met die HKSA gewees. Daar blyk ‘n redelike apatie te wees van die kant van die HKSA. Dr van Schoor het wel die Ringsvergadering van die HKSA Natal bygewoon. Die gemeente het ook van die kerkbanke van die gemeente Zamakuhle geleen vir ‘n besondere erediens.‘n Ouderlinge kursus is by die gemeente Thandokuhle aangebied waarby van die ouderlinge van die gemeente betrokke was.     

                  Richardsbaai:      Geen

 

3.3             Op watter wyse beplan die ringsvergadering/kommissie om die HKSA volgende jaar by te staan en te ondersteun?

Durban:                Geen beplanning sovêr

                  Durban-Suid:       Die ondersteuning aan Zandile Dlamini word voortgesit afhangende van sy prestasie.

                  Empangeni:         Geen

                  Laer Suidkus:      Sien punt 2 en 4 hierbo.

                  Pietermaritzburg:Steeds die kerk beskikbaar te stel

                  Pinetown:             Die gemeente sal ter enige tyd bereid wees om te help waar dit nodig is.

                  Richardsbaai:      Geen beplanning

 

3.4             Aanbevelings ten opsigte van die sendingtaak van die Kerk in Afrika?

Durban:                Geen

                  Durban-Suid:       Geen

                  Empangeni:         Geen

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Geen

                  Pinetown:             Dat daar dringend met die HKSA geskakel word oor die apatie en gebrek aan kommunikasie tussen die Ring en die HKSA. Daar kan oorweeg word om ‘n ouderling van die NHK wat reeds op pensioen is te betrek by die skakeling met die HKSA

Richardsbaai:      Geen

 

4                INVLOEDE OP DIE GLO EN UITLEWING VAN DIE EVANGELIE

4.1             Watter kulturele invloede beïnvloed, bevorder of bemoeilik die werk van die gemeentes binne ringsverband (byvoorbeeld filosofieë, ideologieë en teologiese strome)

                  Durban:                Islam, sekularisasie en satanisme

                  Durban-Suid:       Die houding dat die geloof in God sonder die Kerk kan bestaan, en ‘n duidelike weersin aan Kerk by jongmense.  ‘n Nuwe moraliteit het ontwikkel in terme waarvan die Kerk as uitgedien beskou word oor sy sieninge nie tredhou met hoe mense hulle gedrag motiveer/regverdig nie.

                  Empangeni:         Geen

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Skole en werksdruk

                  Pinetown:             Die geweldige uitbreiding van Afrika godsdienste en Oosterse gelowe binne Pinetown. Dit hou verband met die migrasie van persone vanaf landelike na die stedelike gebiede toe. Hierdie is nie noodwendig faktore wat die werk van die Kerk negatief beïnvloed nie. Dit moet juis deur die Kerk positief gebruik word

                  Richardsbaai:      Onseker, moontlik sekularisasie?

 

5.               BYBELVERTALING, -PRODUKSIE EN -VERSPREIDING

5.1             Gee inligting oor die verskillende Bybelverspreidings- en fondsinsamelingsprojekte (ten bate van Bybelverspreiding) van die gemeentes in ringsverband:

Durban:                Hervormingsondag se kollektes is aan die Bybelgenootskap oorbetaal

                  Durban-Suid:       Bybelmuntbussies word uitgedeel en gevul. Twee muntleggings is gehou.

                  Empangeni:         Andertalige Bybels, maandelikse bydrae, donasies, borg by die Comrades

                  Laer Suidkus:      n Pretloop ten bate van Bybelverspreiding is aangebied. Dit was ongelukkig ‘n rasende mislukking wat op ‘n verlies uitgeloop het.

                  Pietermaritzburg:           

                  Pinetown:             Die normale bydraes van deurkollektes van Oktobermaand, Insameling van ou gesangeboeke en ou Bybels wat vir papier herwin word, Loop-vir-Bybels projek van die Bybelgenootskap, Bybelbussies in elke huis

            Richardsbaai:            Geen, behalwe deurkollekte van Hervormingsondag

 

5.2             Noem die totale bedrag (Hervormingsondag-deurkollektes ingesluit) wat die gemeentes in die ring aan die Bybelgenootskap oorbetaal het vir die produksie van Bybels.

Durban:                R  344-63

                  Durban-Suid:       R3714-39

                  Empangeni:         R1003-45

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:R      0-00

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      R1065.87

                                                                                               

5.3             Watter Bybelvertalingsprojek(te) het die gemeentes binne ringsverband gedurende die verslagjaar ondersteun?

Durban:                Die handgeskrewe Bybel

                  Durban-Suid:       Geen

                  Empangeni:         Geen

                  Laer Suidkus:      Geen spesifieke een.

                  Pietermaritzburg:Geen

                  Pinetown:             Sien 5.1

                  Richardsbaai:      Geen

 

6.               EMIGRASIE EN IMMIGRASIE

6.1             Verskaf inligting oor lidmate van die gemeentes binne ringsverband wat gedurende die verslagjaar geëmigreer het of tydelik in die buiteland woon.  (Naam, adres, telefoonnommer, E-pos, Kerkverband in die vreemde)

Durban:

      Jan & Judith Overman woon tans in Hilvarenbeek in Holland en woon daar die Protestantse gemeente aldaar by. Hulle e-pos is:   [email protected]

                        Johan en Helena Niemand woon tans in Amerika. Hulle e-pos is : [email protected]

                  Durban-Suid:

Gunther en Martie Frohling na Nieu-Zeeland.  (Ons beskik oor geen verdere besonderhede nie).

                  Empangeni:

Steyn?

                        Visser?

                        Snyman?

                  Laer Suidkus:

Charl Smal: Nederland: adres onbekend.

                        Jurie Jacobs: Verenigde Koninkryk: adres onbekend

                  Pietermaritzburg:

Geen

                  Pinetown:

                        Geen

                  Richardsbaai:

                        Nie beskikbaar

 

7.               GETUIENIS TEENOOR DIE GEMEENSKAP EN DIE OWERHEDE

7.1             Waaroor het die predikant(e), die ouderlinge en die gemeentelede binne ringsverband teenoor die plaaslike gemeenskap en regering getuig?

Durban:                Geen

                  Durban-Suid:       Geen

                  Empangeni:         Geen

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Geen

                  Pinetown:             Die gemeente het ‘n staande reëling dat aan persone in die gemeenskap wat beproewing het, korrespondensie van die gemeente ontvang om hulle in hulle nood te bemoedig, Die gemeente ondersoek op die oomblik ook die moontlikheid om by Highway Radio betrokke te raak om op so ‘n manier ook getuienis teenoor die breë gemeenskap te lewer.

                  Richardsbaai:      Geen sake

 

7.2             Is hierdie getuienisse saam met ander gemeentes en/of kerke gedoen?

                  Durban:

                  Durban-Suid:       Nvt

                  Empangeni:         Nvt

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Geen

                  Pinetown:             Nie op hierdie stadium nie

                  Richardsbaai:      Nie van toepassing

 

7.3             Waaroor meen die ringsvergadering moet die Algemene Kerkvergadering getuig van wat van belang is vir die groter gemeenskap?

Durban:                Die reg op uitlewing van ons geloof. Onderwys

                  Durban-Suid:       Hoë misdaadsyfer, teikening van die boeregemeenskap, owerheid moet ouergemeenskappe toelaat om self te besluit oor godsdiensoefening en godsdiensonderrig op skole, die media moet predikante en herkoms (denominasie) duidelik identifiseer, media-uitsendings op christelike gedenkdae moet die gewydheid van sulke gedenkdae reflekteer.

                  Empangeni:         Eie Godsdiensonderrig (Christelike)

                  Laer Suidkus:      Die feit dat Bybelonderrig in skole verdwyn en / of belet word. Misdaad. Die misdaad het ‘n invloed op erediensbywoning.

                  Pietermaritzburg:Geen

                  Pinetown:             Sedelike verval

                  Richardsbaai:      Geen sake

 

7.4             Oor watter sake rakende die owerhede meen die ringsvergadering/kommissie moet die Algemene Kerkvergadering getuig?

Durban:                Onseker

                  Durban-Suid:       Vryer keuses moet gegee word aan gemeenskappe om te besluit oor godsdiensinhoude op skool.

                  Empangeni:         Christelike Godsdiensonderrig

                  Laer Suidkus:      Sien 7.3

                  Pietermaritzburg:Geen

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Geen sake

 

 

8.               GETUIENIS TEENOOR MENSE IN INRIGTINGS

8.1             Op watter wyse het die ringsvergadering/kommissie die gemeentes begelei om uit te reik na lidmate en ander mense in inrigtings (van hospitale tot tronke)?

Durban:                Gemeentebou wil juis so uitreik na mense. Hierdie proses is sterk aan die gang binne ons gemeente.

                  Durban-Suid:       Hospitaalbesoeke is gedoen. Hulp is verleen aan Malvern Kinderhuis en die Elsburg DPS-huis deur middel van vakansie.

                  Empangeni:         Hospitaalbesoeke deur die predikant

                  Laer Suidkus:      Name van siekes word afgekondig sodat lidmate hulle kan besoek. Verder was daar nie uitreiking nie.

                  Pietermaritzburg:Besoeke deur die Kerkraad en Jeug

                  Pinetown:             Siekebesoek in die hospitaal word altyd gedoen met inagneming van die ander pasiënte in die saal. Die evangelie word dus nie inklusief aan die lidmaat verkondig nie, maar ook vir almal wat in die saal teenwoordig is.

                  Richardsbaai:      Nie formeel gedoen nie

 

8.2             Van watter apostolêre projekte van gemeentes in bepaalde inrigtings behoort ander gemeentes en ringe te hoor, ten einde te dien as 'n bron van motivering en inspirasie?

Durban:                Gemeentebou

                  Durban-Suid:       Die jaarlikse projek (Novemberfees) ter ondersteuning van die Malvern Kinderhuis, eredienste te Mooihawens, Hulpverlening by wyse van voedselvoorsiening aan Bill’s Room (tehuis vir chemiese afhanklikes), en aan gearresteerde skepe se noodlydende bemanning in die Durbanse hawe.

                  Empangeni:                    

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Gemeente versorg vier kinders in Kinderhuis. Een Sondag per maand se deurkollekte word aan ‘n instansie van die diakens se keuse oorbetaal

                  Pinetown:             Geen. Dit sal baie help as daar iets in die Ring is waarvan ons kan kennis neem.

                  Richardsbaai:      Geen

 

 

9.               ANDER GODSDIENSTE

9.1             Is die ringsvergadering van mening dat ampsdraers en lidmate van die verskillende gemeentes nog oortuig dat Christus die enigste Verlosser is en dat die Christelike godsdiens die ware godsdiens is?

Durban:                Ja Ongetwyfeld!

                  Durban-Suid:       Ja

                  Empangeni:         Ja

                  Laer Suidkus:      Ja

                  Pietermaritzburg:Ja

                  Pinetown:             Ja

                  Richardsbaai:      Ja!

 

9.2             Gee inligting oor geleenthede en/of projekte waar Christus aan mense van ander en/of geen godsdienstige oortuiging verkondig is.

Durban:                Christelike Seemansorganisasie Een tot een gesprekke van lidmate met ander gelowe.

                  Durban-Suid:       Sendingwerk by CSO.

                  Empangeni:         CSO Ds Riaan J van Rensburg

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Geen

                  Pinetown:             Tydens siekebesoeke aan veral die hospitaal waar

                                                al die persone in die saal betrek word.     

                  Richardsbaai:      Geen

 

10.             DIE JODE

10.1          Is die ampsdraers en lidmate binne ringsverband nog oortuig dat Christus aan die Jode verkondig moet word?

Durban:                Ja

                  Durban-Suid:       Ja

                  Empangeni:         Nvt

                  Laer Suidkus:      Ja

                  Pietermaritzburg:Ja

                  Pinetown:             Ja, maar doen ons dit? Hoekom hulle uitsonder?

                  Richardsbaai:      Ja

 

 

11.             HERVORMING

11.1          Watter aspekte van ons kerklike leer en lewe sal moet hervorm om te voldoen aan die eise van die Woord van God, om ook effektief na kerkvreemdes uit te reik?

Durban:                Geen

                  Durban-Suid:       Vernuwing in die erediens.

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Alle lidmate moet daarop ingestel wees om ‘n warm, vriendelike atmosfeer by die Kerk te skep.

                  Pietermaritzburg:Ons eie meelewing en erns met ons godsdiens. Dit behoort weer eerste prioriteit te word

                  Pinetown:             Die feit dat die apostolaatsopdrag aan alle lidmate gerig is en nie deur ‘n elite groep gedoen moet word nie, Die inklusiwiteit van die Kerk wat so erg na binne gerig is:

                  Richardsbaai:      Lidmate moet leer om uit te reik na kerkvervreemdes

 

11.2          Op watter wyse, na u mening, kan kerke in u omgewing begelei word op die weg van kerkhervorming?

Durban:                Toon die waarde van die Hervormde kerklike tradisie aan hulle

                  Durban-Suid:       By wyse van gesamentlike eredienste waarin die Kerkhervorming in herinnering geroep word en bande verstewig word.  Deur middel van die predikant se insette by die Bluff Minister’s Fraternal.

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg

                  Pinetown:             Help met idees!

                  Richardsbaai:      Onseker

 

12.             TOERUSTING

12.1          Benodig die predikant(e), en/of ouderlinge en/of gemeentelede toerustings(materiaal) in u ring rondom die volgende aspekte van die apostolaatsopdrag?  Gee aanduidings van die spesifieke behoeftes en toerustingsmateriaal wat tans in gebruik is in die gemeentes van u ring:

 

12.1.1       Missionaat:

Durban:                Nee

                  Durban-Suid:       GETP / Getroue Getuies

                  Empangeni:         EEIII

                  Laer Suidkus:      Ja

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:             Die samevattende antwoord hier is dat daar altyd toerusting benodig word. Dalk kan die Ringsvergadering dit ‘n projek maak om uit te vind presies watter beskikbaar is en dit so aan ons deurgee?

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.2       Sending:

Durban:                Nee

                  Durban-Suid:       Wyses waarop ons sinvoller betrokke kan raak by die HKSA.

                  Empangeni:                    

                  Laer Suidkus:      Ja

                  Pietermaritzburg:Ja

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.3       Bybelverspreiding:

Durban:                Nee

                  Durban-Suid:       By CSO.

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Ja

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.4       Verskillende wêreldbeskouinge, filosofieë en ander godsdienste:

Durban:                Ja

                  Durban-Suid:

                  Empangeni:         Jehvo

                  Laer Suidkus:      Ja - Islam, Jehova Getuies, Judaïsme.

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.5       Emigrasie:

Durban:                Ja

                  Durban-Suid:

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:

                  Pietermaritzburg:Ja

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.6       Getuienislewering teenoor plaaslike gemeenskap en owerheid:

Durban:                Ja

                  Durban-Suid:

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.7       Getuienislewering teenoor mense in inrigtings:

Durban:                Ja

                  Durban-Suid:

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Geen

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.8       Getuienis teenoor die Jode:

Durban:                Ja

                  Durban-Suid:

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Toerusting word benodig

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

12.1.9       Hervorming:

Durban:                Ja

                  Durban-Suid:

                  Empangeni:

                  Laer Suidkus:      Toerusting word benodig

                  Pietermaritzburg:Nee

                  Pinetown:

                  Richardsbaai:      Nee

 

 

Opmerkings oor samevattende verslag

 

SYFERWERK

 

Daar is volgens die gemeentes se telling op 1 Februarie 2002, 2040 belydende lidmate in die Ring.  In vergelyking met die 2031 van 1 Februarie 2001 `n styging in lidmaattal van 9.

 

Die Gemeenteelike Jaarverslae laat geheelenal die groei van gemeentes weens die aanwas van Hervormdes uit ander ringe en gemeentes buite rekening.

 

Dit skep verkeerdelik die indruk (uit hierdie verslag in isolasie beskou) dat hierdie ring se gemeentes `n netto verlies van 191 lidmate gehad het.

 

Dis duidelik dat die koppetellery heeltemal sinloos is indien alle relevante inligting nie in aanmerking gebring word nie.

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die Ring besluit om die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering te versoek om weg te doen met koppetellery in alle Gemeentelike Jaarverslae wat nie op die bepaling van heffing betrekking het nie.

 

Motivering

 

Selfs die akkuraatste van syfers werp geen betroubare lig op die insette wat `n gemeente met die werk van die kerk gemaak het nie,

 

Uit ondervinding is dit meer as duidelik dat syferwerk nie in die kerk akkuraat bygehou word nie.  Daarom lei dit tot wanpersepsies en demotivering van ampsdraers en lidmate.

 

 

 

WIE DOEN IN DIE GEMEENTES DIE WERK?

 

Dit wil uit die verslag voorkom dat waar daar hoegenaamd in gemeentes aandie missionêre aard van die kerk aandag gegee word, dit die predikante is wat dit doen.  Die dominees doen dit, of deur prediking of deur huisbesoek. Bitter min lidmate is betrokke hierby, ten spyte van die belydenis dat die kerk in wese missionêr gerig is.

 

Maar uit die eerlike belydenis van sommige gemeentes het dit duidelik geword dat dit wat juis wesenlik aan die kerk is, min aandag gekry gedurende die verslagjaar,ook van die kant van hulle dienaars van die Woord, omdat die apostolaat in daardie gemeente deur ander prioriteite oorwoeker is.

 

In baie gemeentes is dit ook duidelik dat daar aan die apostolaat aandag gegee word waar `n formele struktuur en verpligting daartoe bestaan, en die inhoude van sulke geleenthede vooraf beskikbaar gemaak is.  In die kategese word aan die missionêre aard van die kerk aandag gegee, want dit staan in die kategese-handleidings, ongeag van met hoe ontoereikend daardie inligting daar opgeteken staan.

 

AANBEVELING

 

1.  Dat elke gemeente in die komende termyn van die Ringsvergadering minstens een projek wat gemik is op die missionêre aard van die kerk van stapel sal stuur en daarvan duidelik terugvoer aan die Ringsvergadering sal gee.

2.  Dat die eerste projek verpligtend sal wees: bekendstelling van en deelname aan die werk van die Christelike Seemansorganisasie.

3.  Dat die ring se komitee vir apostolaat sal help met inhoude vir hierdie projek.

4.  Dat die gemeentes wat reeds met ander projekte begin het, daarmee sal voortgaan, maar dat die CSO-projek bykomend daartoe aangepak word.

 

Motivering

Die beplanning van minstens een projek is ten minste `n begin.  Tans gebeur daar in plekke heeltemal niks.

Die komitee vir apostolaat beskik oor baie inligting oor die CSO, en die werk van die CSO is naby genoeg aan al die gemeentes van die ring dat daaraan gemaklik aandag gegee kan word.

 

 

PINKSTERSONDAG SE EREDIENSKOLLEKTE

 

Dis vreemd dat die missionêre dimensie van die kerk wat wesenlik is van die kerk, so lukraak met fondse gesteun word.

 

Dis vreemd dat talle gemeentes nalaat selfs om hulle Pinkstereredienskollektes aan die ring oor te betaal. Dis immers lank reeds die staande reël in die gemeentes van hierdie ring en in die res van die kerk? 

 

AANBEVELING

 

1.  Dat elke gemeente as deel van hulle jaarlikse beplanning van die gemeentewerk, die insameling en oorbetaling van die Pinkstersondag se eredienskollekte aan die ring vir sendingdoeleindes, sal dagboek.

2.  Dat die ring se komitee vir apostolaat jaarliks met die ringsgemeentes sal kontak maak om hulle aan hierdie oorbetaling te herinner.

3.  Dat gemeentes ook een Sondag se eredienskollekte sal afstaan aan die Christelike Seemansorganisasie.

4.  Dat in elke gemeente `n poging tot finansiële ondersteuning van die CSO aangewend word, as deel van die apostolaatsprojek met die CSO as tema.

 

Motivering

 

Met beter bestuur en kontrole van die proses, beide deur die ringskomitee en die plaaslike gemeentes, kan die saak van gereelde betalings maklik reggeruk word.

 

Dat die beginsel om ook ander fondse en ander vorme van betrokkenheid by die apostolaat van die kerk, deur bydraes tot en aandag aan die CSO bevorder word.

 

 

 

SENDING IN AFRIKA

 

Dis duidelik dat die sending in Afrika vir die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se plaaslike gemeentes nog nie naastenby belangrik genoeg is nie.  Hieraan moet dadelik deur gemeentes aandag gegee word.  Gemeentes moet hulleself afvra of hulle missionêre gerigtheid op Afrika - of die skreiende gebrek daaraan - werklik tot eer van die Here van die Hervormde Kerk strek.

 

Dat daar in sommige gemeentes wel uitgereik is na die HKSA, in een geval met groothartige steun aan die HKSA se HSV met hulle kongres te Anerley, in `n ander geval met bywoning van hulle vergaderings en leiding met toerusting aan hulle ampsdraers, en in die geval van `n ander gemeente weer met finansiële ondersteuning van `n student aan HTO, is bemoedigend.  Hierdie gemeentes moet op hierdie inisiatiewe uitbrei en ander moet hulle voorbeeld volg.

 

Dog, dis teleurstellend dat gemeentes waar daar tot nog toe niks gebeur in die verband nie, ook maar geantwoord word dat hulle geen beplanning het om in die huidige jaar iets daaraan te doen nie, en dit spreek boekdele dat op een uitsondering na, geen gemeente vsn die ring aanbevelings maak oor die sendingtaak van die kerk in Afrika nie.

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die aanbeveling van die gemeente Pinetown heelhartig ondersteun word, nl. Dat daar dringend met die HKSA geskakel word oor die apatie en gebrek aan kommunikasie tussen die Ring en die HKSA.

2.  Dat ‘n ouderling van die NHK wat reeds op pensioen is, betrek word by die skakeling met die HKSA en as sondanig voorsitter van die Ringkomitee vir skakeling met die HKSA word.

 

 

 

INVLOEDE OP DIE GLO EN UITLEWING VAN DIE EVANGELIE

 

Die gemeentes van die ring vermoed dat hulle werk beïnvloed, bevorder of bemoeilik word deur die volgende kulturele invloede:

die  Islam, die geweldige uitbreiding van Afrika godsdienste en Oosterse gelowe (Pinetown glo dit hou verband met die migrasie van persone vanaf landelike na die stedelike gebiede toe, en sê dan: “Hierdie is nie noodwendig faktore wat die werk van die Kerk negatief (hoef te) beïnvloed nie. Dit moet juis deur die Kerk positief gebruik word”,

            die okkulte (satanisme),

            sekularisasie,

die houding dat die geloof in God sonder die Kerk kan bestaan, met gepaardgaande weersin aan Kerk by jongmense,

‘n nuwe moraliteit wat selfs binne die kerk ontwikkel het in terme waarvan die Kerk as uitgedien beskou word oor sy sieninge nie tredhou met hoe mense hulle gedrag motiveer/regverdig nie,

skole (sê die gemeente Pietermaritzburg, maar verduidelik nie wat hulle daarmee bedoel nie?),

en werksdruk.

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die ring se gemeentes voorgelig word oor die sake wat die bediening van die evangelie hier ter plaatse beïnvloed.

2.  Dat die Ringsvergadering besin oor hoe om die sake binne die ring en die gemeentes aan te spreek en juis tot voordeel van die kerk aan te wend.

 

 

BYBELVERSPREIDING

 

Daar is in drie van die sewe gemeentes mooi ingesamel aan fondse vir die verspreiding van die Bybel.  Die gebrek aan fondse by ander gemeentes maak die afname in bydraes tot hierdie lofwaardige saak `n jammerte, maar dis verstaanbaar.

 

AANBEVELING

 

1.  Dat gemeentes van die ring aangemoedig word om te volhard met die goeie werk wat tot dusver gedoen is aan fondsinsameling vir die verspreiding van die Bybel.

 

 

 

 

 

EMIGRASIE EN IMMIGRASIE

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die adresse van diegene wat emigreer bekom word ten einde die lidmate van die kerk weer in verbinding te bring met kerke in die buiteland.

2.  Dat vanuit hierdie ring se gemeentes met sulke lidmate kontak behou word om hulle so goed moontlik steeds geestelik te begelei in hulle troumaties veranderende omstandighede, tot en met hulle tuiskoms in nuwe geloofsgemeenskappe.

 

 

GETUIENIS TEENOOR DIE GEMEENSKAP EN DIE OWERHEDE

 

Net die gemeente Pinetown kan sê dat hulle ‘n staande reëling het dat persone in die gemeenskap wat beproewing het, korrespondensie van die gemeente ontvang om hulle in hulle nood te bemoedig. Die gemeente ondersoek op die oomblik ook die moontlikheid om by Highway Radio betrokke te raak om op so ‘n manier ook getuienis teenoor die breë gemeenskap te lewer.

 

Maar is die bedoeling van hierdie vraag nie eerder wat doen die kerk in sy getuienis teenoor owerhede en teenoor gemeenskappe in hulle geheel om die gedrag van gemeenskappe en die besluite en regering van owerhede te beïnvloed nie?  Hierby kom geen van die gemeentes uit nie.  Dis jammer, aangesien daar in die laaste vergadering van die ring etlike sulke getuienisse wat die kerk in die openbaar gelewer het. 

                                                                       

Die gemeentes vra juis dat oor die volgende sake uitsprake behoort te kom wanneer met owerhede in gesprek getree word.

 

                    Die reg op uitlewing van ons geloof.

Onderwys (maar die gemeente sê nie in watter opsig nie?, dog `n ander gemeente sê weer dat ): die owerheid moet ouergemeenskappe toelaat om self te besluit oor godsdiensoefening en godsdiensonderrig op skole,

                    Hoë misdaadsyfer,

teikening van die boeregemeenskap,

die media moet predikante en herkoms (denominasie) duidelik identifiseer, media-uitsendings op christelike gedenkdae moet die gewydheid van sulke gedenkdae reflekteer.

Sedelike verval

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die plaaslike gemeentes van die ring op die uitkyk sal wees vir sake en gebeure binne die eie gemeenskap waaroor die stem van die gemeente as dienaar van God gehoor behoort te word.

2.  Dat die gemeentes grondige studie doen oor die aangeleenthede en verantwoordelike en altyd helpende uitsprake maak wat sodoende die lewe van die gemeenskap hervorm na die wil van God.

3.  Dat die Ringsvergadering hom,  op versoek van die gemeentes van die ring, oor hierdie bogenoemde aangeleenthede uitspreek.

 

 

GETUIENIS TEENOOR MENSE IN INRIGTINGS

 

Die Durban gemeente berig dat die proses van Gemeentebou wat tans by hulle aan die gang is, wil juis so dat lidmate so uitreik na ander mense.Ander gemeentes het hospitaalbesoeke gedoen, en hulp verleen aan Malvern Kinderhuis en die Elsburg DPS-huis deur middel van vakansie.Die name van siekes word afgekondig sodat lidmate hulle kan besoek. Sulke mense word deur een gemeente se Kerkraad en Jeug ook besoek, en een gemeente sê dat siekebesoek in hospitale gedoen word word altyd met inagneming van die ander pasiënte in die saal. Die evangelie word dus nie inklusief aan die lidmaat verkondig nie, maar ook vir almal wat in die saal teenwoordig is.

 

Spesiale apostolêre projekte wat in die ring aandag gekry het was:

                  Gemeentebou

`n jaarlikse projek (Novemberfees) ter ondersteuning van die Malvern Kinderhuis, eredienste te Mooihawens,

hulpverlening by wyse van voedselvoorsiening aan Bill’s Room (tehuis vir chemiese afhanklikes), en aan

gearresteerde skepe se noodlydende bemanning in die Durbanse hawe.

En een gemeente versorg vier kinders in `n Kinderhuis.

In een gemeente word een Sondag per maand se deurkollekte word aan ‘n instansie van die diakens se keuse oorbetaal

 

Een gemeente antwoord dat hier niks aan gedoen is nie en vra: “Dit sal baie help as daar iets in die Ring is waarvan ons kan kennis neem.”

 

AANBEVELINGS

 

1.Dat alle gemeentes van die ring inrigtings binne die gemeentegrense sal identifiseer waarheen die gemeente moontlik kan uitreik met die evangelie van Jesus Christus.

2.Dat name van lidmate in gevangenis deurgegee word aan Ds Dreyer.

 

 

ANDER GODSDIENSTE

 

Al die gemeentes antwoord dat die lidmate en die ampsdraers van hulle gemeente steeds oortuig is dat Jesus Christus die enigste verlosser is en dat die Christelike godsdiens die enigste ware godsdiens is.

 

Maar wanneer die volgende vraag gestel word, vertel van hoe hierdie geloof aan ander buite die geloofsgemeenskap oorgedra is, is dit net die predikante waarvan getuig kan word dat hulle met hierdie getuienistaak besig is.

Aan die ander kant weer moet verstaan word: daar kom dalk tog spontaan en informeel sulke kontak tussen gelowige lidmate en ander mense voor sonder dat daarvan verslag gedoen kan word.  Dog, die gedagte hier is dat die plaaslike gemeentes juis hulle lede hierin moet lei en hiertoe moet aanspoor. Een gemeente (Durban) getuig inderdaad ook van sulke een-tot-een gesprekke met mense wat anders glo.

 

Drie gemeentes sê reeds dat hulle predikante en lidmate betrokke is by sendingwerk wat deur die Christelike Seemansorganisasie gedoen word. Een gemeente verwys weer na siekebesoeke aan veral die hospitaal waar al die persone in die saal betrek word.               

                                               

DIE JODE

 

Een gemeente vra waarom dit nodig is om die Jode uit te sonder as mense aan wie die evangelie op uitsonderlike wyse verkondig behoort te word.

 

HERVORMING

 

Een gemeente voel die nood aan hervorming binne die erediens.

 

‘n Ander gemeente smag na `n warm gasvrye atmosfeer by die samekomste van die gelowiges.

 

Een gemeente kla dat daar is by lidmate nie meer die gepaste erns met geloof nie. Geloof is daarom nie meer prioriteit nie.

 

Een gemeente stel dit dat die apostolaatsopdrag aan alle lidmate gerig is en nie deur net ‘n elite groepie binne die gemeente  gedoen moet word nie. Dieselfde gemeente verwys daarna dat die Kerk te eng net na binne gerig is, en nie meer op die wêreld gemik is nie.

 

Die Pinetown gemeente vra idees oor hoe die gemeentes op die hervorming van kerke en die gemeenskap rondom ons kan help

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die Ringsvergadering gedagtes na vore bring oor hoe die plaaslike gemeentes kan bydra tot die hervorming van die plaaslike gemeente en van ander kerke.

 

 

TOERUSTING

 

Oor die missionaat word toerusting gesoek: GETP,EEIII en GG word as moontlikhede genoem.

 

Dis `n behoefte om e weet hoe plaaslike gemeentes beter bande met die HKSA kan bewerkstellig en handhaaf.

 

Een gemeente spreek die behoefte uit om meer te wete te kom van Jehvo en Jehova Getuies en die Judaïsme.

 

Dog dis vreemd dat oor etlike sake waaraan sommige gemeentes niks gedoen het tot dusver nie, hulle ook antwoord hulle geen behoefte aan toerusting in die verband het nie.

 

AANBEVELING

 

1.  Dat die Ringsvergadering aan die komitee vir apostolaat leiding gee oor die toerusting waaraan die komitee kan gaan werk.

 

SAMEVATTENDE AANBEVELING

 

1.                  Dat die vergadering ter wille van kennisname en ‘n onderlinge leerervaring die projekte en inligting van hierdie verslag onder leiding van Ds H F La Grange sal bespreek

2.                  Die vergadering dra dit op aan elke gemeente om hierdie verslag as basis te laat dien van die ouderlingevergadering.

3.                  Dat die vergadering die verslag aanvaar.

 

 

 

5.3.2           CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE

5.3.2.1                   VERSLAG VAN DIE VOORSITTER VAN DIE CSO

 

VANAF DIE BRUG

 

            Mens besef skaars die volle waarde van sig, totdat jou sig begin verswak. Dit is dan wat jy weer hoop op beter sien – op elke terrein. Menige skeepskaptein sal dit seker kan beaam.

 

 

Die brug is daardie gedeelte van die skip wat gewoonlik baie hoog geleë is en van waar die geweldige kolosse beheer word.  As jy hier staan,   kan jy pragtig oor die hele skip se dek uitkyk en kan jy alles sien wat op die dek gebeur. Hierdie posissie laat jou ook toe om verder as ver te kyk – tot bykans anderkant die ander horison!!

 

Die mis trek toe.

Die brug is ook die plek van groot kommer – veral as die mis toesak en die sig verswak.  Dan kan die kaptein alleen maar deur ‘n beperkte vensterjie kyk. Daar is dan spanning in die brug,  want met swak sig,  kan jy nie die gevaar sien kom nie – nie teenstaande moderne hulpmiddels!!

 

As die mis dan opklaar, dan is daar blydskap. Ook vir die Christelike Seemansorganisasie

 

Danksy elke donateur en baie gebede is daar blydskap en opwinding by elkeen van ons.  Die gebeure van onder andere 11 September, die swak Rand wat moet Bybels aakoop asook die inflasiekoers het ook sy invloed op ons gehad.  Vir ‘n tyd lank moes ons – en ons doen dit nog steeds in ‘n beperkte mate – snoei selfs aan die hoeveelheid Bybels wat ons aanboord kon neem. U het weereens gehelp dat die mis begin lig. Baie dankie.

 

 

Kom kyk saam met ons

Onsself wil nie net graag sien nie,  maar ons weet dat u daar by die huis,  ook graag sou wou sien hoe die lig vir ons weer skyn.  Ons videoprojek is afgehandel – daaroor is ons baie opgewonde.  Met hierdie video sal u nou self ook kan sien met watter heerlike werk ons besig is. U kan saam aanboord kom. U kan ook hoor hoedat ‘n blye seeman – wat sopas van die ewige Lig, Christus,  gehoor het --  sê “My house my church”

 

Ons is so bly oor hierdie video,  dat ons ook wil hê dat u dit ook vir ander sal wys en so ons ambassadeur word. So kan u help dat ons as Christelike Seemansorganisasie familie kan groei – om tot vêr agter die verste horison,  die Here se Woord uit  te dra. Plaas gerus u bestellings by ons kantoor – ons verskaf dit teen kosprys aan u.

 

Kom praat met ons!

Ons is deeglik daarvan bewus dat u ook soms ‘n behoefte het om met ons te praat.  Miskien het u hier en daar ‘n navraag. Miskien het u net die behoefte om te hoor hoe dit met ons hier by die C S O gaan. Miskien wil u graag net sommer ‘n ietsie met ons deel. Miskien ‘n ietsie wat swaar op die gemoed lê.

 

Ons het dit nou vir u moontlik gemaak. Ons het nou ‘n tolvrye-nommer gekry wat u kan skakel.  Die nommer is 0800-202-522. 

 

As u skakel,  dan praat ons graag met u.

 

Ons sien mooi en blye dinge raak

Na die vertrek  van  Johan van Staden (ons hawesendingwerker in Richardsbaai) moes Riaan maar alleen die mas probeer opkom. Vir Riaan was dit swaar en eensame tye – sonder ‘n kollega om hom moed in te praat – soms vir lange ure aaneen en dit met vreemde mense in vreemde tale.

 

Nou het die mis ook weer in Richardsbaai gelig.  Ons is trots en bly om Jaco en Mariè Dreyer hier by ons te verwelkom. Hulle is jonk en vol ywer.  Jaco is ‘n man wat hom sterk geroepe gevoel om die evangelie aan seelui – en so oor die hele wêreld -- uit te dra. Hy was voorheen in Bloemfontein werksaam. Jaco, Mariè en julle twee kinders,   welkom by ons C S O familie-kring.

 

Ons sal weldra hom ook aan die woord stel,  dat u self van hom kan hoor.

 

Danie Taljaard sien nou!!

Danie Taljaard is ons hawesendingwerker in Port Elizabeth. Hy was ‘n man wat alleen sy pad moes loop – want sien, hy had geen vrou nie!! 

 

Gelukkig vir hom het hy uiteindelik ook kon sien.  Een dag,  toe hy sy oë oopmaak en kyk en kyk en weer sien, toe staan nie ‘n skip nie,  maar sy bruid voor hom en wag. Die mens is mos nie gemaak om alleen te wees nie!!

 

Ons wens die Taljaard egpaar net die mooiste toe vir hulle huweliksvaart.  Mag die Here julle seën en julle lei tot daar agter die verste horisonne van geluk en vrede en blydskap.

 

Kom kyk saam met ons – ‘n suikerklontjie!!

Sondag 10 Maart 2002 was vir ons ‘n besondere dag. Op daardie dag kon ons ons Durban kantoor amptelik inwy as die ANDRè DREYER HUIS”.  Vir ons was dit ‘n besondere oomblik om ons kantoor na ons vorige en geliefde voorsitter, Dr Andrè Dreyer, te vernoem.  Mev Mariaan Dreyer het vir ons die onthulling waar geneem.

 

Sy visie en vermoeëns het daartoe bygedra dat ons in Durban ons eie kantoor het.

 

En nou wil ons u uitnooi om –as u in Durban en omgewing is,  tog by ons te kom inloer – om saam met ons te kyk en te sien dat die Here vir ons goed is.

 

Die kantoor is geleë in Bartleweg 558, Umbilo, Durban.  Ons nommer in Durban is 031 465 1068.  Skakel ons gerus en ons sal u graag ontmoet en rondwys. 

 

Ons kantoor is daagliks oop tussen 8 en 1.  Mev Wilma Smith is ons dame op kantoor.

 

AANBEVELING

1.Die verslag oor die werksaamhede van die Christelike Seemansorganisasie word aanvaar.

 

5.3.2   CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE Richardsbaai

 

5.4         BYBELVERTALING EN BYBELVERSPREIDING

 

JAARVERSLAG VAN DIE STREEKSEKRETARIS VIR

DIE STREEK VRYSTAAT EN NOORD-KAAP  VIR VOORLEGGING

AAN DIE 2002 RINGSVERGADERINGS VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA

 

 

1.   INLEIDING

 

 

"Daarvoor sal ek U loof

voor die nasies, Here,

tot eer van U Naam 'n lofpsalm sing"

                                                                     2 Samuel 22 vers 50

                                          

 

In hierdie gedeelte uit 2 Samuel bring Dawid 'n loflied aan die Here.  Hy prys die Here vir Sy wonderlike werk en vir Sy seën.  Eintlik wil hy sê dat daar geen perke is aan God se liefde en trou vir Sy kinders nie.  God is vir hom 'n skuilplek, 'n rots, 'n skild, 'n veilige vesting.

 

Opnuut kon ons hierdie waarhede wat in bogenoemde gedeelte vervat is, die afgelope jaar ervaar.  God het ons gebede verhoor en ons werk ryklik geseën.

 

Het ons almal nie maar met 'n sekere mate van benoudheid die jaar 2001 tegemoet gegaan nie?  Sou alles weer na normaal terugkeer na Bibliathon 2000?  Sou ons ons nuwe doelwitte kon bereik?

 

Baie vrae wat seker met goeie reg gevra kon word.  En tog - God het ryklik voorsien.  'n Pragtige jaar het ons ten beurt geval - ons doelwitte is bereik.  Maar weet dit, ons was maar net instrumente in God se hand.  God het die bereidheid tot offervaardigheid in die harte van mense gelê.  Ons moes maar net by hulle uitkom.

 

Daarom by al ons dank aan die Here ook 'n groot dankie aan elke kerk en elke donateur.  Saam was ons weer 'n wenspan en kon ons die jaar suksesvol afsluit.  Aan elkeen 'n groot dankie.

 

Saam met al die die ander streekkantore van die Bybelgenootskap landswyd, kon ons  as een groot span saamwerk.  Dankie vir die leiding en ondersteuning van Ds Gerrit Kritzinger en sy span  vanuit ons hoof-kantoor in Kaapstad.  Hulle bereidwilligheid om in baie van ons projekte aktief voor te loop en saam te werk het bygedra tot hierdie suksesse.

 

Ons eie kantoorpersoneel in Bloemfontein - sonder hulle volgehou harde werk en hulle ekstra myle wat in baie gevalle van hulle gevra was, sou die eindresultaat nie dieselfde kon gewees het nie.  Aan elkeen, hoe groot of hoe klein hulle daaglikse aandeel ookal was, onthou dit, ons het as span saam gewerk.  'n Besondere dankie aan my kollega Ds Gerrie van Dyk vir onvermoeide ywer dwarsdeur die jaar.  Dit verg harde werk en deursetting om naweek vir naweek, dwarsdeur die jaar ver van die huis te wees en duisende kilometers te ry.  Maar ook sy harde werk is ryklik beloon.

 

 

2. SPESIALE PROJEKTE

 

2.1    BIBLIATHON 2000

 

Alhoewel Bibliathon 2000 amptelik op 31 Desember 2000 afgesluit is het daar tog nawerking van hierdie groot projek nog in 2001 plaasgevind.  Bybelstappe, prettrappe en derglike projekte wat nie in 2000 ingepas kon word nie, is deur gemeentes vanjaar aangepak en ek is daarvan oortuig dat die blootstelling wat ons met hierdie projek gekry het, van onskatbare waarde ook vir toekomstige projekte gaan wees.

 

2.2  COMRADES

 

Hierdie projek is jaarliks 'n groot treffer en daar word werklik met groot moeite deur Ds Gerrie van Dyk gepoog om elke jaar meer atlete hierby te betrek.  Ons was gelukking dat die atlete wat vir Bybels gehardloop het weer bykans R200 000 ingesamel het.

 

 

 

2.3  BYBELETES

 

Ons jaarlikse Bybeletes is weer aangebied en ons donateurs het weereens dit pragtig ondersteun.  Bykans R50 000 kon weer ingesamel word.  Baie dankie aan elke  gemeente met hulle predikante en bereidwillige dames wat hiermee gehelp het en verseker het dat hierdie etes weer die ideale geleenthede geskep het waar ons donateurs heerlik rondom 'n lekker bord kos kon kuier.

 

3.  VERTEENWOORDIGING

 

Dit bly die Bybegenootskap se doel om soveel moontlik kerke op ons streekraad verteenwoordig te kry.  Daarom word daar dan ook aan elke kerk die geleentheid gebied om op hierdie raad te dien. Geen nuwe verteenwoordiging het in die verslagjaar plaasgevind nie.

 

4.  PERSONEEL

 

Soos in verlede jaar se verslag vermeld het  Mev Carla van As  vanaf 1 November 2000 diens aanvaar as sekretaresse van die streeksekretaris.  Sy het nou 'n jaar se  diens agter die blad en is stewig ingewortel na al haar vuurproewe wat sy moes deurmaak.  Geen verwisseling van personeel het plaasgevind nie.

 

5.  BESOEKE

 

Gelukkig was ek in staat  om die afgelope jaar  weer  by  verskeie kerke te kon  preek, maar  ook om soms informele besoeke aan gemeentes te kon bring.  'n Uitvloeisel  van  Bibliathon 2000 is  dat  gemeentes nou bewus geraak het van verskillende projekte wat hulle kan aanpak vir Bybelverspreiding, en by baie van hierdie geleenthede kon ek teenwoordig wees.

 

Die primêre kontak met gemeentes bly egter die voorreg om Sondae daar te kan gaan preek en dan ook inligting te verskaf aangaande al ons werksaamhede.

 

 

5.1  BESOEKE AAN NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK

 

Hoofsaaklik was my besoeke uit die aard van my aanstelling by die Bybelgenootskap, gerig op gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk.  Vanweë die verspreidheid van die gemeentes het ek in elke provinsie van Suid-Afrika, besoeke gebring. Dit sluit ringsvergaderings, predikante vergaderings en broederkringe in. 

 

Ek kon ook by 'n paar ringsvergaderings wat nie in my streek is nie besoeke aflê, omdat ek my kollega

Ds Wilhelm Steyn  daar verteenwoordig het, wat vir 'n paar vergaderings nie beskikbaar was nie.  In Maart 2001 het ek die buitengewone sitting van die Nederduitsch Hervormde Kerk se Algemene Kerkvergadering bygewoon, asook die gewone sitting wat in Oktober 2001 plaasgeving het.

 

6.  VERTALING

 

Gedurende die verslagjaar het die Departement Teksversorging publikasies in 18 tale hanteer.  Hierdie tale  was Afrikaans, Chewa, Engels, Herero, Kwanyama, Ndonga, Noord-Sotho, Portugees, Shona, Suid-Ndebele, Suid-Sotho, Swati, Tshwa, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu.

 

Projekte wat voluit aan die gang is, is:

 

Afrikaans:  Bybel vir Dowes onder leiding van professor JP Oberholzer.  Twee boekdele, bevattende Genesis en Markus en Daniël tot Maleagi het reeds verskyn met die vier Evangelies wat vir publikasie voorberei word.

 

Engels:  Nuwe Testament en Psalms - Contemporary English Version (Britse Taalgebruik).

 

Suid-Ndebele:  Bybel - eerste vertaling waar professor APB Breytenbach die projekkoördineerder is.

 

Tsonga:  Bybel - ou vertaling met nuwe ortografie (skryfwyse).

 

6.1  Nuwe uitdagings

 

'n Oudiobybelwerkswinkel, onder leiding van 'n mediakonsultant van die Wêreldbond van Bybelgenootskappe, is gehou.  Die doel daarvan was om 'n strategie te beplan vir die produksie en effektiewe verspreiding van Oudiobybels en - bybelgedeeltes in Suid-Afrika.  Hierdie groot uitdaging is veral gemik op die sowat 12 tot 20 miljoen mense in Suid-Afrika wat nie funksioneel geletterd is nie.

 

Die Nasionale Raad van die Bybelgenootskap het in Augustus in beginsel besluit om Bybels in oudioformaat voor te berei vir diegene wat nie toegang tot die Woord in gedrukte formaat het nie en/of mondelinge kommunikasievorme gebruik.  Daar word vir 'n loodsprojek op Zulu gefokus.

 

6.2  Nuwe Bybelvertaling in Afrikaans..?

 

Na aanleiding van 'n versoek wat die Bybelgenootskap van 'n sinode ontvang het dat 'n meer direkte woordelikse (konkordante) vertaling  van die Bybel in Afrikaans gemaak moet word, het die Kerklike Advieskomitee (Die Bybel in Afrikaans) die Bybelgenootskap adviseer om 'n Bybelvertalingsimposuim te reël.  Afrikaanssprekende kerke is genooi.  Sprekers uit verskeie vakdissiplines wat by Bybelvertaling betrokke is, het referate gelewer.  'n Hele aantal van die referate het die aandag op die stand van Bybelvertaling in Afrikaans gevestig en watter implikasies ontwikkelinge in die vertaal - en taalwetenskap vir 'n moontlike nuwe Afrikaanse Bybelvertaling inhou.

 

6.3  Marknavorsing

 

Die sentrum vir Interdissiplinêre studies aan die Universiteit van Stellenbosch, is versoek om die marknavorsing te onderneem ten einde die wenslikheid  van nog  'n  Afrikaanse  Bybelvertaling te  bepaal. 

11 000 gemeentelede en 1 000 leraars in die verskillende kerkverbande is versoek om die vraelyste te voltooi.  Predikante en gemeentes van die Nederduitsch Hervormde Kerk het ook deelgeneem aan die marknavorsing.  Die uitslag van die navorsing word  aan die begin van Maart 2002 aan die Kerklike Advieskomitee voorgelê.

 

Dit is uiters belangrik om te beklemtoon dat die besluit om met 'n moontlike nuwe vertaling te begin, nie by die Bybelgenootskap berus nie, maar dat die deurslaggewende faktor die onderskeie kerke oor so 'n projek sal wees.

 

Die Algemene Kerkvergadering van 2001 het sy steun aan die meningsopname gegee en sal gelegenertyd weer geraadpleeg word voor 'n moontlike vertaling aangepak word.  Enige nuwe vertaling duur in die omgewing van 10 of meer jare voor die eindproduk gepubliseer word.

 

7.  PRODUKSIE

 

Die dalende waarde van die rand teenoor die rand buitelandse valuta het veroorsaak dat die gelande koste van  Bybelpapier dramaties styg.  Die gemiddelde prys per ton het die afgelope jare as volg gestyg:  1997 - R8 461;  1998 - R9 149;  1999 - R10 094;  2000 - R10 369;  2001 - R13 038.  In die afgelope  jaar  is  926 ton  papier  verbruik.   By die skrywe  van  hierdie  verslag  was  die  prys  reeds R17 000 per ton!  Ondersoek word steeds gedoen na die moontlikheid om plaaslik vervaardigde papier te gebruik.

 

'n Totaal van 1 515 161 Bybels en Bybelgedeeltes is in 2001 gedruk.  Dit sluit in 997 792 Bybels en 168 502 Nuwe Testamente.  Hierdie Bybels en Bybelgedeeltes is in 19 tale en 28 weergawes gepubliseer.  Gedurende die afgelope twaalf maande het 17 nuwe publikasies die lig gesien.

 

Produksie:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2001

2000

Verskil

 

 

Bybels

 

997 792

1 153 559

-13.50

 

 

Testamente

 

168 502

92 044

83.07

 

 

Bybelgedeeltes:

A Gewone

110 635

305 317

-63.76

 

 

 

B Nuwe lesers

92 682

385 850

-75.98

 

 

Seleksies

 

145 550

184 750

-21.22

 

 

Totaal

 

1 515 161

2 121 520

-28.58

 

 

Gedurende die verslagjaar is 403 773 Bybels vir nasionale Bybelgenootskappe in ander Afrikalande geproduseer.  Verlede jaar was die totaal 414 792 Bybels.

 

8.  Verspreiding

 

Die volgende hoeveelhede Bybels en Bybelgedeeltes is in 90 tale en 129 vertalings binne die republiek versprei:

 

 

 

2001

2000

Verskil

 

 

Bybels

591 517

641 398

-7.78

 

 

Testamente

142 292

68 622

107.36

 

 

Bybelgedeeltes

96 892

228 358

-57.57

 

 

Nuweleser Bybelgedeeltes

59 427

65 688

-9.53

 

 

Seleksies

207 637

175 673

18.20

 

 

Totaal

1 097 765

1 179 739

-6.95

 

 

Van die volledige Bybels wat versprei is, was 92.7% gesubsideer.

 

Daar is aan 35 lande buite Suid-Afrika 388 998 volledige Bybels (500 012 in die vorige jaar) en ook Bybelgedeeltes, gelewer.  Publikasies is na afgeleë lande so ver as  Etiopië, Liberië, Sierra Leone en Kameroen gestuur.  Hierdie items is teen kommersiële prys gelewer en is dus nie gesubsidieer nie.

 

8.1  Verspreidingskanale

 

Die Bybelgenootskap het items aan die volgende afsetpunte binne die  RSA gelewer (slegs volledige Bybels word genoem):

 

 

 

2001

2001

2000

 

 

Algemene Boekhandel

174 553

30%

33%

 

 

Christelike Boekhandel

302 490

51%

45%

 

 

Totale Handel

447 043

81%

78%

 

 

Kerke

87 799

15%

17%

 

 

Opvoedkundige Afsetpunte

6 503

1%

1%

 

 

Ander Instansies

20 172

3%

4%

 

 

Totaal

591 517

 

 

 

 


9.  Finansies

 

9.1  BYDRAEVERSLAG UIT DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK - BFN STREEK

 

 

2001

2000

KERKRAAD

332 529.37

298 115.42

N.H.S.V

687.00

1 190.00

N.H.J.V

50.00

792.37

KATEGESE

2 237.17

6 417.14

INDIVIDUE

21 030.00

23 879.00

TOTAAL

356 533.54

330 393.93

Gem R/C per lidmaat

R9.66

R8.69

 

9.2  BYDRAEVERSLAG UIT DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK - LANDSWYD

 

 

 

2001

2000

KERKRAAD

997 807.01

990 357.42

N.H.S.V

18 613.10

9 402.37

N.H.J.V

1 406.75

792.37

KATEGESE

10 917.86

16 327.04

INDIVIDUE

111 152.30

166 866.32

TOTAAL

1 119 897.02

1 183 745.52

Gem R/C per lidmaat

R9.40

R9.87

 

 

 

AANBEVELINGS AAN DIE RINGSVERGADERING

 

10.1  'n Mosie van dank word gerig aan elke gemeente, gemeentelike instansies en individu wat Bybelverspreiding die afgelope jaar daadwerklik bevorder het.

10.2   Die  ringsvergadering word versoek om kennis te neem van die mikpunt wat deur die Algemene Kerkvergadering gestel is (tans R19.00 per lidmaat) en om gemeentes en gemeentelike instansies aan te moedig om die mikpunt na te streef.

10.3   Die ringsvergadering word versoek om dit onder die aandag van gemeentes te bring dat die deurkollekte vir Hervormingsondag (die laaste Sondag in Oktober) volgens besluit van die Algemene Kerkvergadering, aan die Bybelgenootskap oorbetaal moet word.

10.4   Gemeentes word opnuut daaraan herinner dat promosiemateriaal om fondsinsameling te bevorder gratis op aanvraag by die Bybelgenootskap beskikbaar is.

10.5   Dit word aan die hand gedoen dat 'n afsonderlike kolom vir Bybelverspreiding in die offergaweboeke ingerig sal word om gemeentelede aan te moedig om bykomende offergawes daarvoor te gee.

10.6   Belangstellendes word genooi om die Bybelgenootskap gereeld op die Internet te besoek by http://www.biblesociety.co.za, en www.bybelgenootskap.co.za

10.7   Dit word by herhaling onder die aandag van gemeentes gebring dat Bybels in die meeste gesproke tale van ons land by die Bybelgenootskap beskikbaar is.  Kolporteurs word gevra om Bybels  beskikbaar te stel sodat die Kerk sy werk kan doen om die Bybel ver en wyd te laat spreek.  Die Ned Hervormde Kerk is wat die kolporteurstelsel betref, 'n voorbeeld vir menige kerk.  As die sisteem ten beste benut word, kan dit net tot voordeel van die Koninkryk wees.

 

 

 

11.  DANK

 

Nog 'n jaar het ten einde geloop en is suksesvol afgesluit.  Dankie dat elkeen van ons nog die geleentheid gegun was om dienswerk te kon lewer.  Dankie dat die Here ons met ons eie hoedanighede en beperkinge, goed genoeg geag het om in Sy Koninkryk diensbaar te kon wees.

 

Dit bly 'n groot spanpoging.  Ons is maar 'n klein deeltjie in die groot ratwerk van die Bybelgenootskap dwarsoor die wêreld.  Maar ons bly noodsaaklik. 

 

Ons gaan die nuwe jaar tegemoet vertrouend daarop, dat God weer ryklik sal voorsien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

KERKRAAD

GEM

 

 

 

 

 

GEMIDDELD PER

EN/OF

PER

 

 

 

 

 

                  LIDMAAT

DIAKONIE

LIDMAAT

N.H.S.V

N.H.J.V.

KATEGESE

INDIWIDUE

TOTAAL

2001

2000

1999

24154.42

8.52

-

-

300.00

970.00

25424.42

8.97

9.25

9.89

17392.88

5.55

500.00

-

1505.50

25779.46

45177.84

14.42

7.66

10.99

19 864.27

13.17

-

-

-

3995

23 859.27

16.47

9.28

-

780.04

1.12

-

100.06

50.00

1650.00

2580.10

3.72

6.86

-

14 055.28

6.93

-

-

-

750.00

14 805.28

7.29

3.00

9.54

11 671.88

7.13

-

-

-

770.00

12 441.88

7.59

11.53

6.97

29 255.44

13.03

50.00

-

331.61

10.00

29 647.05

13.20

12.52

15.83

35090.22

9.30

-

-

-

135.00

35225.22

9.34

8.45

7.13

51695.08

9.49

-

-

-

1330.00

53025.08

9.73

13.87

9.20

30302.15

12.03

-

-

-

1210.00

31512.15

12.52

11.98

9.60

9030.05

3.94

137.00

-

-

265.00

9432.05

4.12

3.31

3.84

39 844.37

7.53

-

-

-

2270.00

39 114.37

7.99

6.09

4.94

16 211.39

10.38

-

-

-

700.00

16 911.39

10.83

9.51

4.97

6295.05

5.61

-

-

-

420.00

6715.05

5.98

6.78

5.01

13 226.05

13.19

-

-

-

-

13 226.05

13.19

14.04

10.77

339 888.03

9.28

687.00

100.06

2 187.11

16 235.00

359 097.20

10.68

9.08

8.29

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

KERKRAAD

GEM

 

 

 

 

 

GEMIDDELD PER

EN/OF

PER

 

 

 

 

 

                  LIDMAAT

DIAKONIE

LIDMAAT

N.H.S.V

N.H.J.V.

KATEGESE

INDIWIDUE

TOTAAL

2001

2000

1999

-

-

-

-

-

-

-

-

2.70

-

979.57

4.13

-

-

-

20.00

999.57

4.22

2.01

0.51

3714.39

10.80

-

-

-

580.00

4294.39

12.48

11.00

11.64

1003.45

5.20

-

-

-

-

1003.45

5.20

-

4.79

1691.29

4.42

-

-

-

50.00

1741.29

4.55

1.82

6.59

2561.16

6.04

-

-

-

100.00

2661.16

6.28

1.63

2.76

4105.42

15.67

-

-

-

-

4105.42

15.67

-

43.03

14 055.28

6.93

-

-

-

750.00

14 805.28

7.29

3.00

9.54

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

AANBEVELING

3.  Dat die verslag van Ds J de Wet aanvaar word

4.  Dat die aanbevelings soos vervat in die verslag van Ds De Wet aanvaar word.

 

 

 

 

 

5.5           KERKBOEK

 

5.6    RINGSKOMITEE VIR EREDIENS

 

1.               Besluite van die ringsvergadering

Enige interessante, innoverende gedagtes uit die verslae waarvan die Raad vir  Erediens behoort kennis te neem

 

                   PIETERMARITZBURG

                   Aanderedienste neem die vorm van Bybelstudie aan

                  

                   DURBAN

1. Ons doelstelling was om die erediens so toeganklik as moontlik vir almal te maak, sodat elke persoon in die erediens die ware belewenis sal hê dat hulle God ook hier ontmoet.  Verder moet die erediens verstaanbaar wees. Die prediking moet duidelik en verstaanbaar wees vir elke persoon (oud en jonk) wat in die erediens is. Die gemeente se sang moet werklik iets kan weergee van die lofbetuiging. Die kerkgebou moet ‘n plek wees waarop almal trots kan wees en in tuis kan wees.

2. Met behulp van die werkgroep erediens, kon ons daarin slaag om mense in die erediens te laat tuis voel.  Ons het begin met ‘n “kinderkerk” vir kleuters.  Ons was gereeld besig met sangoefening voor die erediens.

3. Ons is op die stadium besig om te kyk na die verfraaiing van ons terrein en ons kerkgebou. Dit het nog sy volle aandag gekry nie.  Ons beplan om ‘n hele fasade aan te bou wat gebruik sal word as ‘n gedenkmuur.  Die Oostekant van hierdie fasade sal uiteindelik dien as kuier / onthaalarea asook ‘n buitekombuis. Die ouderlingevergadering sal graag die ring wil uitnooi vir die ingebruikneming van hierdie projek.

                  

                   DURBAN-SUID

1. Eredienste wat saamval met belangrike geleenthede in die lewens van lidmate word met sorg luisterryk aangebied.

                  Kinders word betrek by die doop van ander kinders.

                  Verskuiwing van die erediensplek op Amanzimtoti ter wille van groter toeganklikheid.

Dat die eredienste/bediening te Scottburgh uitgebrei word tot ‘n weeklikse middag-erediens.

Wyksbyeenkomste is vroeg al gereël om die keurbundel met CD-begeleiding deur  te sing.  Die Ringspredikant met opdrag Kerkmusiek het die gemeente toerustend toegespreek.  Die liedere is dadelik in die eredienste gebruik.  Die Liedboek is feestelik in gebruik geneem en deur almal aangekoop.  Die gepaardgaande vernuwing in die erediens is wyd verwelkom.

Gemeente-etes het met gesamentlike eredienste saamgeval en daar is groot vieringsgeleenthede geskep wat feestelik en met groot geesdrif ondersteun is.

 

EMPANGENI

Dit blyk dat geen formele beplanning gedoen is nie.       

 

                        RICHARDSBAAI

Ons beplan om ‘n sanggroep op die been te bring om die gemeente te help om die nuwe liedere aan te leer

Die sanggroep. Dit blyk ‘n probleem te wees om ‘n geskikte tyd te kry om almal te pas vir die oefentye.

 

      LAER SUIDKUS

Dat die lidmate weer deur die ampsdraers en tydens prediking daartoe gelei word om die lofprysende kakrakter van die erdediens te herontdek en te beleef. Toerusting is ook aan kerkraad oor die tema aangebied.

     

      PINETOWN  

      Geen verslag is ontvang nie

 

 

Enige probleme of leemtes in die ringsgemeentes ten opsigte erediens of kerkmusiek?

      PIETERMARITZBURG

Dit blyk dat die gemeente nie ‘n opgeleide orrelis het nie.

 

      DURBAN

1. Dit is jammer dat tydens vakansies die erediens nie so getrou besoek word nie. Dit bring afbreek aan die gehalte van die kerksang.

 

      DURBAN-SUID

Die indringend aandag gegee sal word aan die hardnekkige ontevredenheid oor eredienstye.

Die indringend aandag gegee sal word aan die hardnekkige ontevredenheid oor eredienstye.

‘n Komitee behoort saamgestel te word wat selfwerksaam kan word, maar die komitee bly telkens van die predikant se persoonlike leiding en betrokkenheid afhanklik.

 

           EMPANGENI

     Die gemeente se orrel was stukkend en moes herstel word.

Die gemeente het vir ‘n groot gedeelte van die jaar nie ‘n predikant gehad nie.

 

            RICHARDSBAAI

            Geen

 

            LAER SUIDKUS

            Dat kinders meer geakkomodeer moet word in die erediens.

 

            PINETOWN

            Geen verlag is ontvang nie.

DURBAN

2.1       Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van kerkmusiek?

Omdat die sang ‘n belangrike komponent van die erediens is, was die sangoefening vir ons belangrik. Die orrelis is ook versoek om die voor- en naspele by die tema van die erediens aan te pas.  Koraalverwerkings moes ook gebruik word.

 

2.2       Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?

Elkeen van hierdie doelstellings is behaal.  Dit is net jammer dat tydens vakansies die erediens nie so getrou besoek word nie. Dit bring afbreek aan die gehalte van die kerksang.

 

2.3       Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?

Geen

2.4       Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?

            Ja

2.5       Is daar 'n liedereverslagvorm ingevul?  Indien wel, stuur asseblief 'n afskrif saam.

            Nee, niks is ontvang nie

2.6       Wat is die kwalifikasies en ondervinding van u orrelis?

Graad 8 orrel en Graad 7 klavier. 12 Jaar ondervinding

 

2.7       Watter geleentheid vir verdere toerusting van die orrelis is geskep of benut?

Hy is aangemoedig om ‘n opleidingskursus by te woon.

2.8       Op watter manier het die aanleer van nuwe liedere aandag gekry?

Gereelde sangoefening voor die erediens.

2.9             Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u gemeente?  Indien wel, hoe funksioneer die komitee?    

                  Ja, in samewerking met die gemeenteboukommissie

2.10    Toesrusting gegee / benodig

                        Geen

2.11    Ander sake / beskrywingspunte

            Geen

DURBAN-SUID

2.1       Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van kerkmusiek?

C     Om ‘n gekwalifiseerde orreliste te vind wat die musiek van die nuwe Liedboek kan begelei en die gemeente kan help om melodieë aan te leer.

C     Herstel van die gemeente se pyporrel wat reuse skade opgedoen het.

C     Om elke lidmaat in staat te stel om betyds ‘n Liedboek te bekom en gemeentesang uit die boek aan te moedig.

C     Om ‘n liefde en geesdrif vir die nuwe kerkmusiek en Liedboek te kweek by wyse van wyksbyeenkomste waar die keur van 30 liedere met CD-begeleiding deurgesing word.

C     Om die Liedboek feestelik in gebruik te neem.

 

2.2       Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?

Alles.

2.3       Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?

Geen.

2.4       Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?

Ja.  Daar sal egter voortaan meer aandag hieraan gegee kan word noudat ‘n orreliste in diens geneem is wat die nuwe melodieë vinnig baasraak en met die begeleiding kan eksperimenteer.

2.5       Is daar 'n liedereverslagvorm ingevul?  Indien wel, stuur asseblief 'n afskrif saam.

Nee.  Dis nie ingevul nie hoewel daar reeds baie van die nuwe liedere in die gemeente gesing word.  Ons hoop om alle liedere te kan sing.

2.6       Wat is die kwalifikasies en ondervinding van u orrelis?

B.A. Musiek, ongeveer 10jaar ondervinding.

2.7       Watter geleentheid vir verdere toerusting van die orrelis is geskep of benut?

Die dames wat mekaar afgewissel het op die orrel het nie kans gesien vir toerusting nie.  Die nuwe orreliste sal aangemoedig word om aan SAKOV se toerustingsgeleenthede deel te neem.

 

2.8       Op watter manier het die aanleer van nuwe liedere aandag gekry?

Wyksbyeenkomste is vroeg al gereël om die keurbundel met CD-begeleiding deur  te sing.  Die Ringspredikant met opdrag Kerkmusiek het die gemeente toerustend toegespreek.  Die liedere is dadelik in die eredienste gebruik.  Die Liedboek is feestelik in gebruik geneem en deur almal aangekoop.  Die gepaardgaande vernuwing in die erediens is wyd verwelkom.

2.9       Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u gemeente?  Indien wel, hoe funksioneer die die komitee?

 

Nee.

Nee.

2.10    Toesrusting gegee / benodig

‘n Komitee behoort saamgestel te word wat selfwerksaam kan word, maar die komitee bly telkens van die predikant se persoonlike leiding en betrokkenheid afhanklik.

 

EMPANGENI

2.         KERKMUSIEK

2.1       Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van kerkmusiek?

GEEN

ORREL IS HERSTEL

2.2       Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?

2.3       Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?

2.4       Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?

HET NIE PREDIKANT GEHAD NIE

2.5       Is daar 'n liedereverslagvorm ingevul?  Indien wel, stuur asseblief 'n afskrif saam.

NEE

2.6       Wat is die kwalifikasies en ondervinding van u orrelis?

MEESTERSGRAAD IN MUSIEK (B MUS)

2.7       Watter geleentheid vir verdere toerusting van die orrelis is geskep of benut?

GEEN

2.8       Op watter manier het die aanleer van nuwe liedere aandag gekry?

IN EREDIENS EN SANGOEFENING IN KERK

2.9       Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u gemeente?  Indien wel, hoe funkdioneer die die komitee?

NEE

2.10    Toesrusting gegee / benodig

GEEN

 

            LAER SUIDKUS

2.         KERKMUSIEK

2.1       Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van kerkmusiek?

C                       Dat die gemeente se 2 orreliste gereeld toegerus word.

C                       Dat sangdienste op gereelde basis gehou word.

C                       ‘N Koor het gefunksioneer in die 2e semester van 2001.

2.2       Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?

Al die genoemde sake in 2.1

2.3       Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?

Geen

2.4       Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?

 

Deur wedersyds met mekaar te skakel. Geen formelke beplanning vir

elke erediens word op die wyse gedoen nie, omdat beide orreliste die

beplanning grootliks weens eie keuse aan die predikant oorlaat.         

2.5       Is daar 'n liedereverslagvorm ingevul?  Indien wel, stuur asseblief 'n afskrif saam.

            Nee.

 

2.6       Wat is die kwalifikasies en ondervinding van u orrelis?

1.                     Port Shepstone: Klavier gr. iv

2.                     Port Edward: Klavier Lisensiaat

2.7       Watter geleentheid vir verdere toerusting van die orrelis is geskep of benut?

            Toerustings deur SAKOF word altyd bygewoon.

2.8       Op watter manier het die aanleer van nuwe liedere aandag gekry?

Sangoefening

2.9       Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u gemeente?  Indien wel, hoe funkdioneer die die komitee?

 

            Nee.   

2.10    Toesrusting gegee / benodig

Geen

 

            PIETERMARITZBURG

2.         KERKMUSIEK

2.1       Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van kerkmusiek?

            Noue samewerking met die orrelis

            CD  van die Liedboek word as riglyn gebruik

2.2       Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?

            Al bogenoemde

2.3       Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?

            Orrelis moet meer betrek word

2.4       Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?

            Altyd in oorleg met die ander

2.5       Is daar 'n liedereverslagvorm ingevul?  Indien wel, stuur asseblief 'n afskrif saam.

            -Nee

2.6       Wat is die kwalifikasies en ondervinding van u orrelis?

            Deeltyds - speel op gehoor-

2.7       Watter geleentheid vir verdere toerusting van die orrelis is geskep of benut?

            -Geen-

2.8       Op watter manier het die aanleer van nuwe liedere aandag gekry?

            Word elke Sondag geoefen-

2.9       Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u gemeente?  Indien wel, hoe funksioneer die komitee?

            Nee - slegs die ouderlinge gee hieraan aandag--

2.10    Toesrusting gegee / benodig

            Geen--

           

 

RICHARDSBAAI

 2.        KERKMUSIEK

2.1       Watter beplanning het die gemeente gedoen ten opsigte van kerkmusiek?

Om die liedboek aan elke lidmaat bekend en beskikbaar te stel.

 

            2.2       Wat van hierdie beplanning het gerealiseer?

Alles het gerealiseer.

2.3       Wat van hierdie beplanning moet nog aandag kry of het geblyk nie haalbaar te wees nie?

Geen

2.4       Hoe het die orrelis en predikant saamgewerk ten opsigte van die beplanning van eredienste?

Die predikant het Sondagoggende vor die erediens gemeentesang gelei en ook sodoende die nuwe liedboek bekend gestel.

2.5       Is daar 'n liedereverslagvorm ingevul?  Indien wel, stuur asseblief 'n afskrif saam.

Nee.

2.6       Wat is die kwalifikasies en ondervinding van u orrelis?

Sy beskik oor ‘n B.Mus-graad met kerkorrel as 2de instrument.  Sy is al die afgelope 20 jaar orrelis in hierdie gemeente.

2.7       Watter geleentheid vir verdere toerusting van die orrelis is geskep of benut?

Sy het die bekendstelling van die nuwe liedboek in Pietermaritzburg bygewoon.

2.8       Op watter manier het die aanleer van nuwe liedere aandag gekry?

Deur middel van sangoefening voor die erediens en ook tydens die erediens.

 

2.9       Bestaan daar 'n komitee vir erediens in u gemeente?  Indien wel, hoe funksioneer die die komitee?

Ja, die komitee funksioneer op ‘n baie informele wyse soos nodig.

2.10    Toesrusting gegee / benodig

Geen toerusting word benodig nie.

            PINETOWN

            Geen verslag is ontvang nie.

 

AANBEVELINGS

 

1.Dat gemeentes aangemoedig word om waar behoefte ervaar word, van ‘n komitee vir erediens gebruik te maak om predikante te ondersteun met die beplanning van die eredienste.

2. Dat al die Ringsgemeentes boekhou van die liedere wat gesing word, sodat bepaal kan word of sommige liedere nie te veel ten koste van nuwe/ minder bekende liedere gesing word nie.

3. Dat predikante en / of eredienskomitees toesien dat die sing van die Psalms ‘n regmatige plek in die erediens het.

4. Dat langtermyn beplanning gedoen word om fondse beskikbaar te hê vir herstelwerk en / of uitbreiding van musiekinstrumente wat gebruik word vir begeleiding (veral waar gemeentes gebruik maak van pyporrels wat gereeld en ten duurste gediens moet word.

5. Dat kerkrade toesien dat orreliste so dikwels moontlik verdere toerusting ontvang deur byvoorbeeld die byeenkomste van die SA Kerkorrelistevereniging by te woon.

6. Dat die verslag aanvaar word.

7. Die Vergadering versoek dat gemeentes besluit om die Liedboek-Sleutel aan te koop.

 

 

6.    VERBAND MET ANDER KERKE

 

Ekumeniese eenheid is die eenheid van die kerk wat ons in die Apostoliese Geloofsbelydenis bely met die woorde "Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike Kerk, die gemeenskap van die heiliges..."

 

1.               Het die Ouderlingevergaderings in die ring toegesien dat die wesentlike eenheid van die gemeente gedurende die verslagjaar met gemeentes en kerke wat in die Reformatoriese tradisie staan bevorder is deur die handhawing van broederlike betrekkinge, gesprekke, onderlinge hulpverlening, deelname aan die werk van ekumeniese liggame of rade, of gesamentlike eredienste?  Gee besonderhede:

 

RICHARDSBAAI :

 

Hier is geen aksies geloods nie.

 

PINETOWN :

Maandelikse gesprekke word tussen predikante van die susterskerke gevoer.

Met Hervormingsondag is daar ‘n gesamentlike erediens gehou met die inlywing van die nuwe Liedboek.

Verkennende gesprekke is gehou met die oog op gesamentlike fondsinsamelingsprojekte.

Lede van die NGK en NHK dien saam op die beheerliggaam van die Durban CMD

 

PIETERMARITZBURG :

Het’n GEBEDSDAG gehou waar al die kerke uitgenooi is om deel te neem aan die gebedsdag

Gesamentlike eredienste word te Richmond gehou om die Woord meer gereeld daar te verkondig.

NGK - predikante word gereeld gebruik as Ds. Harmzen met verlof is.

 

DURBAN :

Predikant het gereeld “fraternal “ bygewoon en hieruit is projekte ondersteun.

Gemeente ook betrokke by plaaslike komitee van die CSO.

 

LAER - SUIDKUS :

Ook hier word gesamentlike eredienste gehou.

 

DURBAN - SUID :

Ook hier is ‘n gesamentlike Hervormingsondag erediens gehou.

Ook hier word predikers gebruik as Ds. La Grange met verlof is.

Ook hier word beurt dienste te Scottburgh gehou om meer gereelde Woordverkondiging te bewerk.

Die predikant neem maandeliks deel aan plaaslike broederkringe .

CSO werk ten nouste saam met ander predikante en kapelane.

Finansiële steun is gebied aan ‘n HKSA student ( Sandile Dlamini )

 

OPMERKINGS :

Dit wil blyk asof die Hervormers hul Ekumeniese taak al hoe meer begin ter harte neem in NATAL en ek dank u in CHRISTUS daarvoor.

Egter nog steeds ‘n paar kwelvrae :

 

Wat doen ons as kerk om sigbaar ons Ekumeniese opdrag uit te voer anders as die normale waar  ons saam vergader of saam eredienste hou of saam fondse insamel. Al die drie punte is wonderlik en werklik ‘n roeping wat ons as kerk vervul , maar hoe stel ons op alle ander terreine van die lewe ‘n voorbeeld van gemeenskap van gelowiges ?

 

As voorbeeld: Ons is deur Christus geroep om LIGDRAERS te wees in die wêreld en veral onder medegelowiges. Hoe kry hierdie roeping vergestalt onder die gemeenskap van gelowiges anders as die normale gang van gesamentlike eredienste en vergaderings en bymekaarkom geleenthede?

 

2.               Wat beplan die Ouderlingevergaderings in die ring om in die loop van die jaar aan die sake te doen wat in vraag 1 ter sprake gebring is?

 

RICHARDSBAAI :

Is besig met ‘n interkerklike aanbieding van die passiespele “ HY LEEF “ in

2003         

PINETOWN :

Al die bestaande aksies sal voortgaan.

 

PIETERMARITZBURG :

Al die bestaande aksies sal voortgaan.

 

DURBAN :

Hier word ‘n ekumeniese “Seesondag” beplan as ondersteuning van die CSO.

 

DURBAN - SUID :

Al bogenoemde aksies sal voortgaan.

 

LAER - SUIDKUS :

Al bogenoemde aksies sal voortgaan.

 

OPMERKINGS :

Dit is juis aan die hand van hierdie vraag dat ek weer my opmerking by vraag een wil herhaal.

Wat het geword van enige nuwe idees ?

Waarom maar net aangaan met die bestaandes ?

 

Is daar werklik in CHRISTUS niks meer voedend en opbouends as dit wat ons tans doen nie .

Doen ons werklik alles om die GEMEENSKAP van gelowiges te voed en te versterk ?

Baie sterkte met almal se pogings - veral Richardsbaai wat iets baie spesiaals begin aanpak !!

Wat kan ons egter nog meer as enkeling doen of beteken onder die GEMEENSKAP van gelowiges?

 

3.               Het die ouderlingevergaderings of die gemeentes in die ring gesprek gevoer of ekumeniese kontak gehad met kerke of geloofsgroepe wat ander leertradisies as ons eie kerk het?  Gee besonderhede:

 

RICHARDSBAAI :

Nee

PINETOWN :

Ja, dit word wel van tyd tot tyd gedoen alhoewel met weinig sukses.

PIETERMARITZBURG :

Nee

DURBAN :

Nee

DURBAN - SUID :

Ja wel , alhoewel geen gesprekke oor leerkwessies gevoer is nie.

LAER - SUIDKUS :

Nee

OPMERKINGS :

Hoe glo u , is so ‘n gesprek haalbaar ?

Is so ‘n gesprek sinvol ?

Is so ‘n gesprek in opdrag uit ons Reformatoriese tradisie ?

Is so ‘n gesprek in opdrag van God en tot watter mate ?

 

4.               Beplan die Ouderlingevergaderings in die ring gesprekke of kontak met kerke of geloofsgroepe wat ander leertradisies as ons eie kerk het gedurende die jaar?  Gee besonderhede:

 

RICHARDSBAAI :

Nee

 

PINETOWN :

Die NHSV beplan ‘n inligtingsdag en werksessie onder Pinetown se werkloses en hier word alle groepe verwag.

 

PIETERMARITZBURG :

Nee

 

DURBAN :

Nee

 

DURBAN - SUID :

Nee

 

 

 

OPMERKINGS :

 

Weereens word vraag drie my uitgangspunt by vraag vier en al wat ek wil weet is of u as persoon en as kerk sigbaar genoeg is en enigsins onderskeibaar is van die res wat jou geloof en geloofsoortuigings aan betref .

 

Hoe leef ek / ons as gemeente ons opdrag van God uit om deel te wees van EEN HEILIGE ALGEMENE KERK en hoe trek en OORTUIG dit ander van my GOD ?

 

5.               Is daar gedurende die verslagjaar ekumeniese arbeid in ringsverband verrig?

Nee

6.               Word ekumeniese arbeid in ringsverband vir die huidige jaar beplan?

Nee.

 

AANBEVELINGS

 

1.               Dat die vergadering onder leiding van Ds Petrus Harmzen besin oor en oplossings vind vir die volgende opmerkings:

*      Ons is deur Christus geroep om LIGDRAERS te wees in die wêreld en veral onder medegelowiges. Hoe kry hierdie roeping vergestalt onder die gemeenskap van gelowiges anders as die normale gang van gesamentlike eredienste en vergaderings en bymekaarkom geleenthede?

*      Gesprekke met groepe met ander leertradisies:

Hoe glo u , is so ‘n gesprek haalbaar ?

Is so ‘n gesprek sinvol ?

Is so ‘n gesprek in opdrag uit ons Reformatoriese tradisie ?

Is so ‘n gesprek in opdrag van God en tot watter mate?

2.Dat die gemeente Pinetown meer inligting verskaf oor die maandelikse gesprekke tussen die susterskerke. Watter forum is dit? Wat word bespreek? Wat vloei daaruit voort?

3.             Dat die gemeente Pietermaritzburg meer inligting verskaf oor die gesamentlike gebedsdag. Wat was die doel? Het dit geslaag? Word dit weer aangebied?

4.              Dat die gemeente Pinetown inligting verskaf oor die komende projek rondom werkloosheid binne die gemeenskap waarin die gemeente haar bevind.

5.              Dat die gemeente Durban-Suid terugvoer gee oor die samewerking wat daar tussen die NHKA en die Gereformeerde Kerk Amanzimtoti bestaan.

6.              Dat die verslag aanvaar word.

 

 

 

7.    GESINSORG

STATISTIEK

 

GEMEENTE

DBN

D/S

EMP

L/S

PM

PTN

RB

1.1    Hoeveel kategese-pligtiges van Gr 1 - 11

         is in die gemeente?

22

84

74

71

36

62

142

1.2    Hoeveel hiervan

ontvang nie katege-

tiese onderrig nie?

0

0

42

15

0

6

4

1.3    Hoeveel kategete is

in u gemeente?

5

19

6

12

9

9

14

1.4    Hoeveel huwelike is

in die verslagjaar

gesluit?

0

6

0

5

1

1

3

1.5    Hoeveel huwelike is in

die verslagjaar ontbind?

0

1

0

1

2

1

1

1.6    Hoeveel Bybelse

Dagboeke is in die

verslagjaar versprei?

35

35

10

20

10

10

65

1.6    Hoeveel lidmate

ontvang "Konteks"?

45

15

9

18

20

18

25

 

 

2.      Besluite van die 2001 ringsvergadering

 

Dat elke gemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir Opvoeding en onderwys en dat sodanige doelwitte voortdurend deur die kerkraad gemonitor word.

Dat die Ringskomitee vir Gesinsorg ‘n toerustingsgeleentheid vir die kategete van die gemeentes in die ring sal organiseer. Die bedoeling moet wees om hulle toe te rus vir alle praktiese aanbieding van kategeselesse

Dat die ouderlingevergaderings  sal besin oor die prioriteite van die sentrale bediening in die gemeente en dat daar in die lig van die knellende tyd waarin ons leef (die nood waarin  die huwelik en gesinslewe verkeer) groter prioriteit sal verleen aan gesinsorg en jeugwerk.  Predikante se programme moet dan aangepas word om die geestelike prioriteite te reflekteer.

Dat kerkrade die behoefte aan huweliksverrykings geleenthede in die gemeentes sal bepaal. Indien ‘n behoefte geidentifiseer word, moet sodanige geleenthede gereel word deur van kundiges gebruik te maak

 

3.Enige interessante, innoverende gedagtes uit die verslae waarvan die

 Raad vir Gesinsorg behoort kennis te neem  

 

Dit blyk uit die verslae van die Ouderlingevergadering rondom hierdie tema asof daar herhaaldelik dieselfde tipe van probleme en vra in die gemeentes ontstaan. Die besluite van die 2001 Ringsvergadering spreek feitlik dieselfde sake aan as wat die verslae van 2002 bevat.

 

Hierdie verslag word ingevul sonder enige verwysing na spesifieke gemeentes, behalwe waar insette van ‘n spesifieke gemeente verlang word.die rede is daarvoor eenvoudig. Die sake wat na vore kom is universeel en word ook byna in elke gemeente ‘n versugting.

 

Uit die verslae kom die volgende na vore:

         *        Per besluit van die Algemene Kerkvergadering behoort katkisante verklarings af te lê wanneer hulle deur die Ouderlingevergadering benoem word.

         *        Die neiging word al meer en meer aangetref dat daar gepoog word om die kategese en jeugbediening te inkorporeer.

         *        ‘n Huweliksverrykingskursus is wel gedurende die afgelope verslagjaar aangebied en twee gemeentes het dit bygewoon.

         *        Vergaderings met die ouers van katkisante is gehou.

         *        ‘n Taakomskrywing vir kategete en hulpkategete is opgestel

         *        Twee gemeentes het daarin geslaag om ‘n gesinskamp te hou

 

4.      Enige probleme of leemtes in die ringsgemeentes ten opsigte van kategese, huwelik, gesin en opvoeding

 

C                 Daar moet baie dringend aandag aan die toerusting van kategete óf op ringsvlak óf op gemeentevlak gegee word. Hierdie saak sloer nou baie lank.

C                 Die kwessie van saamwoon as lewenskeuse onder talle lidmate moet aandag kry.

C                 Motivering vir die katkisante en ouers blyk ‘n probleem te wees.

 

5.      Dui aan of daar enige behoeftes ten opsigte van toerusting bestaan?

C                 Ja, sien punt 4

 

AANBEVELINGS

1.      Dat die verslag oor Gesinsorg onder leiding van Ds Albert Minnaar bespreek word en dat die volgende sake aandag geniet:

C        Dat die verklarings van die benoemde kategete aandag sal geniet

C        Dat die gemeente Durban die vergadering sal help met motivering en/of projekte om die Kerklike Tydskrifte te bevorder (Durban versprei 35 Almanakke en 45 Kontekste!)

C        Dat die gemeente Durban-Suid inligting verskaf oor die werkbaarheid, werkswyse en haalbaarheid van die integrasie van kategese en jeug.

C        Dat die gemeente Pinetown terugvoer gee oor die huweliksverrykingskursus wat jaarliks aangebied word.

C        Dat die vergadering besluit oor die moontlikheid om die huweliksverrykingskursus weer in die ring aan te bied - indien nodig kan gemeentes saamwerk om dit aan te bied.

C        Dat die gemeente Laer Suidkus die formaat en agenda van die ouervergadering van die katkisante beskikbaar stel.

C        Dat die gemeente Pinetown die taakomskrywing van die kategete en hulp-kategete sowel as die konsep van die hulp-kategete aan die vergadering beskikbaar stel.

C        Dat die gemeente Pinetown die stelsel van opsig oor die kategese bywoning aan die vergadering beskikbaar stel.

C        Dat die vergadering besin oor saamwoon as lewenskeuse en die gemeentes adviseer oor moontlike optrede en pastorale begeleiding.

C        Dat die vergadering toerusting vir kategete vir die volgende verslagjaar te beplan.

2.      Dat die verslag aanvaar word.

 

 

 

 

 

 

8.    DISSIPLINE

 

9.    KERKLIKE GOEDERE

9.1    FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE

 

 

AANBEVELING

 

1.         Dat die voorgelegde Inkomste- en Uitgawestate van die Ringskommissie aanvaar word.

2.                  Dat die begroting van die Ringskommissie aanvaar word.

 

 

 

9.2           VERVERSINGS BY DIE VERGADERING

 

AANBEVELING

 

1.         Dat die NHSV van die gemeente Laer Suidkus R 1000 ontvang vir die verversings tydens die vergadering.          

 

 

 

10. KERKORDE

 

 

 


C.          AFSLUITING

 

Ds E Oosthuizen sluit die vergadering met gebed.

 

Hosted by www.Geocities.ws

1