NEDERDUITSCH HERVORMDE
KERK VAN AFRIKA
Die
nege-en-veertigste
Gewone Ringsvergadering
in sitting
te Durban
vanaf 19:00
op 9 Junie 2000
4 9
A. V O O R A F
1. OPROEP
14 April 2000
Alle Kerkrade
Ring van Pietermaritzburg
Weleerwaarde Heer
OPROEP NA DIE 49 ste GEWONE RINGSVERGADERING
Hiermee word u in terme van die betrokke Ordinansies van die Kerkorde, in kennis gestel van en opgeroep na die sitting van die 49 ste gewone vergadering van die Ring van Pietermaritzburg.
Neem asseblief kennis dat die vergadering hierdie jaar oor twee (2) dae plaasvind.
DATUM: 9 en 10 Junie 2000
TYD : Vrydagaand vanaf 19:00
PLEK: Kerkgebou van die gemeente Durban,
Jamesonsingel,
Umbilo,
Durban
Die rede vir hierdie verlengde sitting is dat die ringskommissie beplan om hierdie vergadering in die vorm van verskeie WERKSWINKELS te hou. Die oogmerk met hierdie werkswinkels is dat die ringskommissie hiermee die effektiwiteit van die vergadering wil verhoog.
Aangeheg vind u die volledige agenda van die vergadering soos vasgestel deur die Kommissie van die Ringsvergadering.
U WORD VRIENDELIK DOG ERNSTIG GEVRA OM VOORAF GOED VOOR TE BEREI VIR DIE VERGADERING. So kan ons saamwerk om die waarde van die vergadering en van ons besluite te verseker, terwyl die vergadering nogtans spoedig en koste-effektief afgehandel word.
Hoogagtend die uwe
---------------------- ----------------------
Dr W A J van Schoor Ds T F Dreyer
VOORSITTER SKRIBA
2. PRAKTIESE REËLINGS
1. Let daarop dat die vergadering met 'n volledige erediens open. Ds T F Dreyer lei die erediens en die gemeente se orrelis begelei die sang. Maak seker dat u Bybels en Psalm- en Gesangeboeke saambring. Drag is ampsdrag soos vir 'n gewone erediens. Predikante ter vergadering dra almal togas.
2. U gemeente moes alreeds u afgevaardigdes se geloofsbriewe aan die Ringskriba gestuur het. Nie almal is nog ontvang nie. Maak asseblief seker dat ons dit betyds (op die laatste ruim 'n halfuur voor die vergadering!) ontvang. Geen persoon kan wettig sitting neem sonder 'n geloofsbrief van die gemeente van herkoms nie.
3. As u nadat u die Agenda voorberei het, mosies of voorstelle tydens die vergadering wil indien, moet u dit skriftelik doen. Sien asseblief daarvoor die omskrywing van vereistes vir goeie mosies/voorstelle onder die opskrif "Formuleringskommissie" hier onder. Daar is vir u gerief 5 proformas vir indiening van mosies/voorstelle in die agenda ingebind.
DIEN AL U GESKREWE MOSIES/VOORSTELLE ONMIDDELLIK MET DIE AANVANG VAN DIE VERGADERING BY DIE FORMULERINGSKOMMISSIE IN. Moet dus nie wag totdat die vergadering die betrokke agendapunt hanteer nie.
Samewerking in die verband sal die vergadering baie vlotter laat verloop en die besluite sal die bedoeling van die vergadering akkurater weergee.
4. Tydens die vergadering moet alle gemeentes hulle volledig ingevulde rekenaardrukstukke met die oog op die 2001-Almanak by die skriba van die vergadering indien.
5. Die volgende persone is op 'n vergadering van die Ringskommissie aangewys as lede van die onderstaande kommissies van die Ringsvergadering.
5.1. Ordekommissie:
die ouderlinge van
Empangeni ....................................
Laer Suidkus ...................................
Sekundus van die voorsitter
5.2. Stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie):
die ouderlinge van
Pinetown
Durban Suid
Richardsbaai
5.3. Formuleringskommissie
die nuutverkose sekundus van die skriba
ouderling van
Durban
Pietermaritzburg
Die betrokke persone moet vir die take wat aan hulle opgedra is deeglik voorberei. Sien hiervoor:
* die omskrywings in hierdie agenda van die verskillende kommissies se werk,
* die uittreksels, ook in hierdie agenda, uit die Kerkorde,
* die res van die Kerkorde, en
* alle besluite van vorige meerdere vergaderings van die Kerk.
Veral lede van die Ordekommissie word versoek om hulle eie Kerkorde, die Besluitebundel van die 65ste Algemene Kerkvergadering, tersaaklike notules van vorige Ringsvergaderings en die Besluitebundel van die Ringsvergadering na die vergadering te bring. Hierdie dokumente is van u eie kerkraad / skriba / predikant verkrygbaar.
3. DIE RINGSVERGADERING
volgens die
KERKORDE
Die volgende Ordereël en Ordinansies van die Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk het betrekking op die werk van die Ringsvergadering:
ORDEREËL 3
VERGADERINGS VAN AMPTE
Ampsdraers is dienaars van Jesus Christus, die enigste Hoof van die kerk. Hulle opdrag behels die verkondiging, die toerusting, opbouing, versorging, beskerming, regering en leiding van die Kerk. Om hierdie opdrag uit te voer, kom hulle in vergaderings van ampte byeen. Sodoende heers die een gemeente nie oor die ander, die een amp nie oor die ander en die een ampsdraer nie oor die ander nie.
3.1 Vergaderings neem besluite op grond van die Skrif
(i) in ooreenstemming met die belydenis van die Kerk en die Kerkorde
(ii) met inagneming van die gebruike van die Kerk.
3.2 Elke vergadering behandel die sake wat deur die Kerkorde aan hom opgedra is, en daar bestaan nie 'n hiërargie van vergaderings van die ampte nie.
3.3 'n Ampsdraer wat behulpsaam is in 'n ander amp neem nie volle sitting op 'n vergadering van dié ander amp nie.
3.4 Vergaderings in die gemeente is die
(i) ouderlingevergadering
(ii) diakensvergadering
(iii) kerkraadsvergadering.
3.5 Bykomende vergaderings wat deur afgevaardigdes van die ampte gevorm word, is die
(i) Ringsvergadering
(ii) Ringsdiakensvergadering
(iii) Algemene Kerkvergadering
(iv) Algemene Diakensvergadering.
ORDINANSIE 3.4
Alle lede van die Ringsvergadering word opgeroep om te help dat die Ringsvergadering aan die volgende eise van die Kerk voldoen.
RINGSVERGADERING
'n Aantal gemeentes vorm 'n ring na goedkeuring deur die Algemene Kerkvergadering.
'n Ringsvergadering is 'n bykomende vergadering van die ampte, gevorm deur ampsdraers wat deur kerkraadsvergaderings afgevaardig is as verteenwoordigers van hulle ampte.
3.4.1 SAMESTELLING
(i) Die ringsvergadering word saamgestel uit
(a) predikante wat aan standplase in die gemeentes van die ring verbind is
(b) twee ouderlinge uit elke kerkraadsvergadering
(c) predikante met besondere opdrag, teologiese dosente, beroepafwag-tende predikante en proponente wat binne die ring woon met adviseren-de stem
(d) emerituspredikante en emeritus teologiese dosente wat binne die ring woon, predikante met besondere opdrag, teologiese dosente wat in 'n ander ring woon, en die Administrateur, wanneer daartoe uitgenooi, met spreekreg.
(ii) Dieselfde ouderlinge word nie na meer as drie agtereenvolgende vergade-rings afgevaardig nie.
3.4.2 WERKOPDRAG
Die ringsvergadering
(ii) hou opsig oor en gee leiding aan die dienswerk van die ampsdraers en die vergaderings van die ampte
(iii) oefen opsig en tug uit oor ouderlinge en diakens en vergaderings van die ampte
(iv) oefen opsig uit oor alle predikante in die ring
(v) handel alles af in verband met die stigting, grense en ontbinding van gemeentes
(vi) sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin
(c) herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek
(b) die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
(viii) beoordeel beskrywingspunte wat kerkrade en ampsdraers, en versoekskrifte wat lidmate, na die Algemene Kerkvergadering wil deurstuur
(ix) beoordeel studiemateriaal, ander stukke en beskrywingspunte wat ontvang is van ander ringsvergaderings, of van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering wat voorgelê word vir opname in die agenda van die Algemene Kerkvergadering
(x) roep, indien nodig, rade in die lewe en stel toepaslike reglement(e) van orde op mits dit nie in stryd is met die Kerkorde nie
(xi) benoem Ringskomiteevoorsitters en sien toe dat ringsrade funksioneer
(xii) behandel die notule van die vorige Algemene Kerkvergadering en sien toe dat ter sake besluite uitgevoer is
(xiii) gee aandag aan verslae wat in die agenda opgeneem is, naamlik van die
(a) ringskommissie
(b) ringsrade
(c) kommissies wat stukke, genoem in die Ordinansies, nagegaan het
(xiv) sien toe dat alle finansiële state van die gemeentes jaarliks geouditeer word
(xv) gee, wanneer daartoe versoek, skriftelik verslag aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering oor die stoflike en administratiewe aange-leenthede van die gemeentes in die ring
(xvi) adviseer die Raad van Finansies oor die stoflike belange binne die ring en in sinodale verband
(xvii) gee aandag aan die geïdentifiseerde knelpunte en probleme van die kerklike lewe op gemeentelike en ringsvlak en tref maatreëls om dit op te los
(xviii) sorg by die stigting en ontbinding van gemeentes dat
(a) alle dokumentasie soos, byvoorbeeld, die versoek tot stigting of ontbinding en die beskrywing van die grense met die nodige kaarte, ontvang, bestudeer en bewaar word
(b) die prosedure soos voorgeskryf in die Ordinansies gevolg word
(c) die stoflike en administratiewe handelinge in oorleg met die Admini-strateur geskied
(xix) reël die konsulentskappe vir elke gemeente
(xx) sien toe dat 'n ringsfonds bestaan
(a) wat deur die ringskommissie beheer word
(b) waartoe elke gemeente van die ring 'n vasgestelde heffing bydra
(c) waaruit die reis- en verblyfkoste van lede van die ringskommissie, koste van vergaderings, of enige ander uitgawe soos deur die rings-vergadering besluit, verhaal word
(xxi) kan ook ander fondse stig.
3.4.3 WERKWYSE
Die ringsvergadering
(i) kom minstens een maal per jaar byeen
(ii) bepaal die datum, tyd en plek van die vergadering en gee daarvan kennis aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
(iii) word deur die skriba van die ringsvergadering opgeroep met skriftelike kennisgewing in Die Hervormer, en aan elke kerkraad minstens een maand voor die vergadering, met beskikbaarstelling van die agenda
(iv) kom in 'n buitengewone sitting byeen, met veertien dae skriftelike kennis-gewing, en vermelding van die doel van die vergadering, en sien toe dat die afgevaardigdes van die vorige ringsvergadering sitting neem
(v) word onder leiding van 'n predikant van die ring, aangewys deur die rings-vergadering, met Skriflesing, prediking, gebed en sang geopen
(vi) bespreek die implikasies van die teologiese inhoud van die openingsrede na afloop van die opening
(vii) behandel die verslag oor die geloofsbriewe
(viii) word deur die voorsitter as 'n wettig saamgestelde vergadering verklaar, wat bestaan uit afgevaardigdes teen wie se geloofsbriewe geen geldige besware ingebring is nie
(ix) behandel die besware teen geloofsbriewe
(x) kies uit die aanwesige predikante van die ring 'n voorsitter en skriba, met inagneming van die beginsel dat 'n predikant nie vir meer as drie jaar na mekaar as voorsitter of as skriba gekies sal word nie
(xi) begin met sy werksaamhede soos uiteengesit in die agenda
(xii) kies tydens die sitting drie ouderlinge uit sy lede om saam met die voorsitter en skriba die ringskommissie te vorm, met inagneming van die beginsel dat 'n ouderling nie vir meer as drie jaar na mekaar gekies sal word nie
(xiii) kies tydens die sitting sekundi vir die lede van die ringskommissie, wat sitting neem wanneer 'n verkose lid 'n vergadering nie kan bywoon nie, of wanneer 'n vakature ontstaan
(xiv) vul vakatures, wat onder sekundi ontstaan, deur sy kommissie aan, uit lede wat die ringsvergadering bygewoon het, of, as dit nie moontlik is nie, uit die ander ouderlinge en predikante van die ring
(xv) verkies nie lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering as lede van die ringskommissie nie
(xvi) nooi lede van die ringskommissie, wat nie weer na die ringsvergadering afgevaardig is nie, uit om as adviserende lede sitting te neem totdat die verslag van die ringskommissie behandel is
(xvii) sien toe dat onreëlmatighede wat uit die verslae aan die ringsvergadering blyk, reggestel word
(xviii) reël watter afgevaardigde uit die ring 'n beskrywingspunt of versoekskrif wat aanvaar is vir deursending aan die Algemene Kerkvergadering, op die vergadering van die Algemene Kerkvergadering sal toelig en motiveer
(xix) gee opdrag aan die skriba van die ringsvergadering om
(a) binne drie weke na afloop van die ringsvergadering die notule af te handel en na kerkrade deur te stuur vir behandeling en kommentaar oor die korrektheid daarvan
(b) jaarliks aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering verslag te lewer oor die werksaamhede en besluite van die ringsvergadering op 'n datum soos deur die Kommissie bepaal.
4. I N H O U D S O P G A W E
A. VOORAF
1. Oproep na die vergadering 1
2. Praktiese reëlings 2
3. Uittreksel uit die Kerkorde 3
4. Inhoudsopgawe 7
5. Organe van bystand by die Ringsvergadering
5.1. Ordekommissie 8
5.2. Formuleringskommissie 8
PROFORMAS VIR VOORSTELLE/MOSIES 10
B. VERGADERING
1. OPENING 15
2. VERWELKOMING 15
3. MOSIES 15
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG 15
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM 16
4.3. KONSTITUERING 16
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE 16
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN -TELLERS 17
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE 17
4.7. BENOEMING VAN FORMULERINGSKOMMISSIE 17
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING 18
4.9. SITTINGSURE 18
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA 18
1 BELYDENIS 19
2 AMPTE 19
3 VERGADERINGS VAN AMPTE 36
4 GEMEENTES EN KERK 42
5 VERKONDIGING 43
6 VERBAND MET ANDER KERKE 66
7 HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING 67
8 DISSIPLINE 68
9 KERKLIKE GOEDERE 68
10 KERKORDE 68
C. AFSLUITING 68
E. STEMBRIEWE
F. BYLAE
Hierdie agenda is vasgestel tydens 'n vergadering van die Ringskommissie gehou te Durban op 14 April 2000.
Lede van die uittredende Ringskommissie:
Dr. W A J van Schoor (Voorsitter) (Pinetown)
Ds. T F Dreyer (Skriba) (Durban)
Oudl. H Beuken (Richardsbaai)
Oudl. J Gibson ( Richardsbaai)
Oudl. H Prinsloo (Durban)
5. ORGANE VAN BYSTAND TOT DIE RINGSVERGADERING
5.1 Ordekommissie
* Die Ringskommissie wys vooraf uit die verwagte lede van die vergadering 'n Ordekommissie aan met die oog op die handhawing van die orde van die vergadering (Ordinansie 3.4.2.X).
* Die Ordekommissie bestaan uit twee ouderlinge en die sekundus vir die voorsitter.
* Om die orde van die vergadering te handhaaf maak die Ordekommissie gebruik van die
** Kerkorde
** besluite van bykomende vergaderings
-> die Ringsvergadering
-> Die Algemene Kerkvergadering
-> die agenda van die Ringsvergadering
-> die Reglementebundel van die NHKA
* Die kommissie gaan voor die aanvang van die vergadering alle geloofsbriewe na en lewer uitspraak oor die wettige samestelling van die vergadering (sien Ordinansie 3.4.3 vii).
* Die kommissie verseker dat die besluite van die Ringsvergadering
** nie strydig is met ander besluite van bykomende vergaderings nie
** in ooreenstemming is met die Kerkorde
** nie buite die ressort van die Ringsvergadering val nie.
* Die kommissie hou beheer oor die sittingstye van die vergadering, nadat die vergadering die sittingsure vasgestel het. Vir die doel herinner die kommissie die vergadering aan verstreke sittings en pouses en verseker dat die vergadering daarby hou.
* Die kommissie verseker dat daar te alle tye wanneer besluite geneem word 'n kworum teenwoordig is, sodat alle besluite wettig geneem kan word. Vir die doel is alle lede ter vergadering verplig om afwesigheid vooraf by die kommissie aan te meld wanneer die vergadering om watter rede ook al verlaat word.
* Die kommissie voorsien die vergadering van genoeg stembriewe vir geslote stemming en hou toesig oor die opneem en telling van stembriewe.
* Die kommissie tel stemme wat by wyse van hand opsteek uitgebring word en gee uitspraak oor die meerderheidsbesluit.
* Die kommissie verseker dat slegs die lede van die vergadering wat met volle stemreg sitting geneem het, aan die stemming deelneem.
* Die kommissie verseker dat slegs die lede van die vergadering wat volle stemreg het, voorstelle indien.
* Die kommissie voer ander opdragte van die vergadering uit wat na die mening van die vergadering nodig is vir die orde van die vergadering.
5.2 Formuleringskommissie
* Die vergadering laat hom bedien van 'n orgaan van bystand met die oog op die duidelike formulering van
** mosies
** besluite en
** amendemente
van die vergadering terwyl die vergadering in sitting is.
* Die Formuleringskommissie bestaan uit drie lede van die vergadering waarvan twee ouderlingslede is en staan onder leiding van die nuutverkose sekundus van die skriba.
* Besluitneming deur die Ringsvergadering geskied verkieslik by wyse van skriftelike mosies of voorstelle uit die vergadering.
* Die Formuleringskommissie ontvang die skriftelike mosies en/of voorstelle uit die vergadering met die doel om te verseker dat die mosies/voorstelle die volgende elemente bevat:
a. Inhoud * Beplanning = WAT wil die vergadering gedoen hê?
* Organisasie = HOE wil die vergadering dit doen?
* Koördinering = WIE gaan dit doen?
* Kontrolering = WANNEER moet die saak afgehandel wees, of minstens verslag gedoen word van die vordering wat gemaak word?
b. Formulering * Alle mosies/voorstelle moet positief geformuleer word
c. Voorsteller * Alle mosies/voorstelle moet onderteken wees deur beide die voorsteller en een ander lid van die vergadering. Die tweede ondertekenaar steun nie noodwendig die voorstel met sy handtekening nie, maar getuig net daarmee dat die voorsteller soos op die geskrewe mosie/voorstel aangedui werklik die oorsprong van die mosie/voorstel is.
d. Amendering * Ten einde te verseker dat die besluit werklik die bedoeling van die vergadering korrek vervat, is dit verkieslik dat die mosie/voorstel deur die formuleringskommissie op 'n blaaibord geskrywe word om vir die vergadering geleentheid te gee om amendemente voor te stel.
* Indien die mosie/voorstel nie aan al die vereistes voldoen nie, herformuleer die formuleringskommissie in samewerking met die voorsteller die mosie/voorstel sodat dit aan al die vereistes voldoen.
* Die formuleringskommissie nommer duidelik elke mosie/voorstel met dieselfde nommer waaronder dit in die agenda tuishoort en behandel moet word.
* Die mosie/voorstel word aan die skriba van die vergadering deurgegee vir voorlegging deur die voorsitter aan die vergadering.
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
B. V E R G A D E R I N G
A G E N D A
van die
49 ste
R I N G S V E R G A D E R I N G
van die
RING VAN PIETERMARITZBURG
PLEK: Kerkgebou van Durban
TYD : Vrydag 9 vanaf 19: 00 en Saterdag 10 Junie 2000 vanaf 08:00.
1. OPENING
1.1 Die vergadering word geopen met 'n erediens wat deur Ds T F Dreyer gelei word.
1.2 Die vergadering bespreek die pas afgelope erediens in terme van sy toepaslikheid op die werk van die kerk en die ring ( en sy vergadering) in besonder.
2. VERWELKOMING
Die uittredende voorsitter Dr W A J van Schoor verwelkom die afgevaardigdes en gaste wat teenwoordig is.
3. MOSIES
AANBEVELING:
1. Gelukwensing: Ds Riaan van Rensburg met sy huwelik
2. Roubeklag: Oudl Duppie Du Plessis (Durban Suid)
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG
AANBEVELING
1. Dat die geloofsbriewe van die volgende broeders en susters soos ontvang uit hulle onderskeie gemeentes aanvaar word, en hulle toegelaat word om sitting te neem as wettige lede van hierdie Ringsvergadering met volle stemreg:
GEMEENTE PRIMI SEKUNDI
PIETERMARITZBURG
PREDIKANT : Ds P Harmzen
OUDERLINGE: (1) B H Pieterse E Grobbelaar
DURBAN
PREDIKANT : Ds TF Dreyer
OUDERLINGE: (1) F R Sauer J Kinnear
(2) H Prinsloo W Viljoen
DURBAN-SUID
PREDIKANT : Ds HF la Grange
OUDERLINGE: (1) Hans Olivier Wessel Jansen
(2) Corrie Nel Lettie du Plessis
EMPANGENI
PREDIKANT : Ds JH van Staden
OUDERLINGE: (1) T F Steyn W J Knoetze
(2) N Davel N J Combrink
LAER SUIDKUS
PREDIKANT : Ds JJ Pieterse
OUDERLINGE: (1) HS Roeloffze J H H Kotze
(2) C W B Klein W J O Papenfus
RICHARDSBAAI
PREDIKANTE: Ds JA Minnaar
Ds A Janse van Rensburg
OUDERLINGE: (1) H Beuken W de Beer
(2) J J Gibson P J Lessing
PINETOWN
PREDIKANT : Dr W A J van Schoor
OUDERLINGE: (1) D Steyn F Müller
(2) J Conradie L Martins
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM
Die vergadering verwelkom oudl Johan Geyser as lid van die Algemene Kommissie
AANBEVELING
1. Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.c met adviserende stem teenwoordig is, met adviserende stem sitting neem.
2. Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.d met spreekreg teenwoordig is, met spreekreg sitting neem.
4.3. KONSTITUERING
AANBEVELING
1. Dat die vergadering behoorlik saamgestel is.
2. Dat behoorlik en betyds van die vergadering kennis gegee is.
3. Dat 'n kworum teenwoordig is.
4. Dat die 49 ste vergadering van die Ring van Pietermaritzburg in sitting is.
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE
AANBEVELING
1. Dat die volgende persone as lede van die ordekommissie aangewys word:
die ouderlinge van
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN-TELLERS
AANBEVELING
1. Dat die volgende persone as stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie) aangewys word:
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE
1. Dat die volgende lede van die vergadering tot die Ringskommissie verkies word:
1.1. Die vergadering verkies tot voorsitter
Ds.
1.2. Die vergadering verkies tot skriba
Ds.
1.3. Die vergadering verkies tot ouderlingslede van die Ringskommissie
(1)
(2)
(3)
2. Dat die volgende lede van die vergadering tot sekundi vir die Ringskommissie verkies word:
2.1. Die vergadering verkies tot sekundus vir die voorsitter
Ds.
2.2. Die vergadering verkies tot sekundus vir die skriba
Ds
2.3. Die vergadering verkies tot sekundi vir die ouderlingslede van die Ringskommissie
(1)
(2)
(3)
4.7. BENOEMING VAN DIE FORMULERINGS-KOMMISSIE
AANBEVELING
1. Dat die volgende lede van die vergadering aangewys word as lede van die Formuleringskommissie
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING
AANBEVELING
1. Dat die notule van hierdie vergadering, soos gebruiklik, deur die Ringskommissie versorg en voorlopig goedgekeur sal word.
2. Dat die notule vir kommentaar aan alle kerkrade gestuur sal word.
3. Dat die Ringskommissie na ontvangs van kommentaar oor die korrektheid van die notule, die notule finaal sal goedkeur en afhandel.
4. Dat die Ringskommissie die finale notule aan al die gemeentes sal voorsien
4.9. SITTINGSURE
AANBEVELING
1. Dat die vergadering die volgende sittingsure aanvaar:
Vrydag 9 Junie 2000
19:00 - 20:30 Eerste sitting
20:30 - 20:50 Tee
20:50 - 22:30 Tweede sitting
Saterdag 10 Junie 2000
08:00 - 10:00 Derde sitting
10:00 - 10:20 Tee
10:20 - 12:30 Vierde sitting
12:30 - 13:15 Middagete
13:15 - 14:15 Vyfde sitting
14:15 - 14:30 Tee
14:30 - 16:00 Sesde sitting
16:00 Beplande einde van die vergadering
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA
AANBEVELING:
1. Dat die agenda soos volg uitgebrei word:
1. BELYDENIS
2. AMPTE
2.1 PASTORAAT
1. Die ring wys die volgende konsulente soos volg aan:
GEMEENTE Eerste Tweede
Pitermaritzburg Ds T Dreyer Ds W van Schoor
Durban Ds W van Schoor Ds J Pieterse
Durban-Suid Ds J Pieterse Ds T Dreyer
Empangeni Ds J Minnaar Ds A van Rensburg
Laer Suidkus Ds H la Grange Ds W van Schoor
Richardsbaai Ds J van Staden Ds H la Grange
Pinetown Ds P Harmzen Ds J Minnaar
Aanbeveling
2. Dat die vergadering met groot dank en waardering kennis neem van al die predikante in die Ring wat soms onder moeilike omstandighede hulle ampswerk doen.
2.1.2 RINGSVISITASIE
2.1.2.1 FORMAAT VAN VISITASIES BY GEMEENTES
Die volgende besluite is deur die Ringsvergadering goedgekeur ten opsigte van visitasies.
KERKORDE
ORDINANSIE 3.4.2
(vi) sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin
(c) herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek
(b) die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die Ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
VISITASIEGELEENTHEID
* Die tyd en plek van die visitasie aan 'n gemeente word minstens 6 weke voor die beplande datum in oorleg met die kerkraad deur die ringskommissie vasgestel
* Die visitasiegeleentheid is 'n volwaardige kerkraadsvergadering
* Vir die duur van die visitasiegesprek wat tydens die kerkraadsvergadering plaasvind, neem die voorsitter van die visitasiekommissie die voorsitterstoel in.
* Tensy anders deur die visitasiekommissie met die betrokke kerkraad ooreengekom, neem die kerkraadsvergadering om 19:00 in die gemeente se kerkgebou in aanvang
* Voor die begin van die kerkraadsvergadering, is die gemeente verplig om al die boeke of dokumente wat volgens die diskresie van die visitasiekommissie op die visitasie betrekking het, op versoek aan die visitasiekommissie beskikbaar te stel op 'n tyd en plek wat die visitasiekommissie met die voorsitter of skriba van die kerkraad sal afspreek.
* By die vooraf-geleentheid sal die voorsitters van die volgende kerklike organe in die gemeente verkieslik teenwoordig wees:
** Kerkraad
** Ouderlingevergadering
** Diakensvergadering
** kerklike goedere komitee
* As die visitasiekommissie te eniger tyd by die vooraf geleentheid besluit om agter geslote deure te vergader, moet alle ander persone wat teenwoordig mag wees, die besluit eerbiedig.
* Die voorsitter van die visitasiekommissie kan ook vooraf met die predikant van die gemeente 'n afspraak maak vir huisbesoek by die pastorie.
HUISBESOEK AAN PREDIKANTSPAAR
* Die voorsitter van die visitasiekommissie doen huisbesoek by die predikant en sy gesin.
* Die pastorale gesprek verloop soos die voorsitter van die visitasiekommissie besluit.
JAARVERSLAE AAN DIE RINGSVERGADERING
* Die voorsitter van die visitasiekommissie ontvang minstens 7 dae voor die visitasie 'n afskrif van die gemeente se jongste jaarverslae, wat deur die kerkraad goedgekeur is, van die skriba van die gemeente.
NASIEN VAN DIE GEMEENTELIKE BOEKE
(NB: Die nommer langs die items hieronder is 'n aanduiding van die prioriteit wat die item by die visitasie moet geniet en die werkswyse wat die kommissie moet volg.
1. Moet eerste en deeglik behandel word
2. Doen verkieslik al is dit oorsigtelik
3. Neem kennis van die bestaan en toestand)
* Die boeke wat deur die visitasiekommissie nagegaan moet word, sluit die volgende in:
** notules van:
- (1) Kerkraadsvergadering
- (1) Ouderlingevergadering
- (1) Diakensvergadering
- (1) Werkgroep Kerklike Goedere
- (2) werkgroepe
- (2) Diensgroepe
- (2) NHSV
- (2) NHJV
- (2) en ander
** (3) huidige wykslyste (belydende- en dooplidmatelys)
** (3) kategeseregister
** (3) lidmaatregister
** (3) doopregister
** (3) leêrs met ringsradenotules
** (3) leêrs met afskrifte van notules van alle binne gemeentelike vergaderings
** (1) alle finansiële boeke (jongste offergawestate ingesluit)
** (3) finansiële state van die afgelope jaar
** (3) transportaktes en ander derglike dokumente
** (3) versekeringsdokumente
** (3) enige ander dokumente wat na die mening van die visitasie kommissie ter sake is vir die doeleindes van die visitasie
* WAARSKUWING: Die geleentheid voor die kerkraadsvergadering waartydens die lede van die bogenoemde komitees teenwoordig is, is nie bedoel vir die vrae wat by die kerkraadsvergadering afgehandel moet word nie. Hulle teenwoordigheid is bedoel slegs vir die inwin van inligting en die uit die weg ruim van onduidelikhede wat opgeklaar kan word sonder dat dit die opsiggesprek van die visitasiekommissie met die kerkraadsvergadering nadelig raak. Onder geen omstandighede kan of mag die visitasiekommissie deur hierdie lede te raadpleeg, die kerkraadsvergadering omseil of vervang nie. Terselfdertyd moet die opsiggesprek nie beperk word tot blote ophaal van tegniese foute wat in notules en ander dokumente opgespoor is, of die herhaling van die inhoud van die oudit- en jaarverslae nie.
AGENDA VAN DIE KERKRAADS- / VISITASIEVERGADERING
* Die vergadering volg die rubrieke van die Kerkorde
* Die vergadering gebruik die jaarverslae as die uitgangspunt vir die gesprek.
* Die gesprek moet egter nie net tot herbevestiging van antwoorde wat hulle tevore in hierdie verslag verstrek het, beperk wees nie aangesien dit sou lei tot 'n herhaling van die wat die Kerkraad reeds afgehandel het.
* Al die rubrieke in die Kerkorde moet aan die orde gestel word en nie net die wat na die mening van die kommissie moontlike probleemvelde is nie. As dit op 'n spesifieke terrein goed gaan, moet die kommissie die kerkraad toelaat om dit aan die kommissie te sê.
* Die ringskommissie sal telkens by visitasies ook die kerkrade se jongste besluite oor die betrokke gemeentes se bedieningsbeplanning en -prioriteite ter insae kry.
* Die visitasiekommissie kan hiernaas ander sake wat na vore gekom het uit die kontrolering van enige van die gemeente se boeke aan die orde stel.
* Net so kan enige lid van die kerkraad ook sake op die agenda plaas.
* Die vergadering vind sover moontlik gesprekmatig plaas om sodoende vrymoedigheid by die kerkraadslede om saam te praat, aan te moedig. Daarom is die werkswyse om vooraf spreekbeurte te vra nie hier die ideaal nie.
* Die kommissie gee by elke rubriek aandag aan die twee fasette daarvan:
* Binne-gemeentelike arbeid
* Sinodale betrokkenheid van die gemeente op daardie besondere terrein (dit wil sê die uitvoer van al die gemeente se verpligtinge ten opsigte van die meerdere vergaderings, statutêre rade, organe van bystand en komitees van die Kerk)
* Die visitasiegesprek moet die kerkraad aanmoedig tot beter prestasie en groter gehoorsaamheid aan God en nie aftakel nie.
* Die visitasiegesprek moet ook hulpverlenend en raadgewend wees.
* Die visitasiekommissie moet nie sake waarvan hulle bewus raak doelbewus vermy of omseil nie, maar na sy eie diskresie met fyn aanvoeling en liefde hanteer. So nie, moet die saak aan die ringskommissie deurgegee word vir oorleg en aandag.
NOTULE VAN DIE KERKRAADSVERGADERING
* Die vergadering word genotuleer deur beide die gemeente se skriba en 'n lid van die visitasiekommissie wat vooraf deur die kommissie uit sy eie geledere aangewys word.
* Die skriba van die kerkraad stuur binne 7 dae na die visitasie 'n afskrif van die kerkraad se eie notule aan die sekretaris van die visitasiekommissie.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie verseker dat al die sake wat tydens die visitasievergadering met die kerkraad aangeroer is, behoorlik genotuleer is in die kerkraadsnotule. So verseker die kommissie dat die kerkraad aandag daaraan kan gee.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie besorg binne 7 na ontvangs van die kerkraadsnotule (dus 14 dae na die visitasie) sy eie notule en die van die kerkraad aan die voorsitter van die visitasiekommissie.
VERSLAG AAN DIE RINGSKOMMISSIE
* Die voorsitter van die visitasiekommissie besorg binne 7 dae na sy ontvangs van die notules van die visitasiekommissie se sekretaris (dus 21 dae na die visitasie) 'n volledige skriftelike verslag aan die skriba van die ring oor die handelinge en bevindinge van die visitasiekommissie.
* Die verslag bevat:
** die notule van die visitasiekommissie
** die notule van die kerkraad
** die ingevulde vraelys oor die nasien van die gemeente se boeke / dokumente wat vir die doel verskaf is
** 'n verslag geskryf deur die voorsitter oor die visitasiekommissie se indrukke van die vergadering
* Die verslag van die voorsitter volg die rubrieke en numering van die ABC verslag as riglyn.
FREKWENSIE VAN RINGSVISITASIES
* Die Kerkorde vereis dat minstens drie jaarliks tussen AKV en AKV by die elkeen van die gemeentes visitasie gedoen word.
DEELSORG STANDPLASE
Die ringskommissie het opdrag om oor die volgende twee sake opsig te hou:
a. Opdrag van die predikant in deelsorg
* Dat aan alle kerkrade met deeltydse- en deelsorg-predikante opdrag gegee word om
** die totale bediening in die gemeentes jaarliks te beplan in terme van die beroepsbrief
** die beroepsbriewe van daardie predikante, in samewerking met die betrokke predikante en die ringskommissie, te hersien om voorsiening te maak vir die daarstelling van 'n realistiese werkopdrag en 'n billike verwagting by die kerkraad ten opsigte van veral die huisbesoek van die predikant.
b. Versorging van die deelsorgpredikant
* Dat aan die ringskommissie opdrag gegee word om jaarliks aandag te skenk aan die versorgingsvoordele van deeltydse- en deelsorg predikante in die ring en indien nodig, aanbevelings aan die betrokke kerkrade te maak.
Neem asseblief kennis van die volgende:
* Visitasies sal aan die hand van die formaat in gemeentes gehou word.
* Die jongste jaarverslae sal steeds as vertrekpunt van die vergadering dien.
* Deelsorgstandplase moet ook kennis neem dat die Ringsvergadering die ringskommissie se opsig oor die opdrag van die predikant in deelsorg en versorging van die deelsorg predikant herbevestig het
* Tydens visitasies word die gemeente se totale bedieningsbeplanning en prioriteite ook verlang.
* Die aksies wat die betrokke kerkraad rondom die jonste ringsvergaderingbesluite geneem het, sal ook die aandag van die visitasiekommissie geniet.
2.1.2.2 Daar is in die afgelope termyn van die Ringsvergadering visitasie gedoen by vyf van die Ringsgemeentes. Die gemeentes Durban, Empangeni, Richardsbaai, Pinetown en Laer Suidkus is deur die aangewese visitasiekommissies besoek.
Die visitasie by die gemeente Durban is afgehandel.
2.1.3 VISITASIEVERSLAG: PINETOWN
Graag getuig Pietermaritzburg die volgende ten opsigte van die Gemeente Pinetown.
BOEKE:
Die boeke is alles in orde gevind en die gemeente Pinetown word geluk gewens met die korrektheid en wyse waarmee elke vergadering uit die notules funksioneer.
Dit is ook duidelik dat daar ''n noue verband tussen al die onderskeie vergaderings bestaan wat begrip en samewerking aan betref wat melding verdien.
GEESTELIK:
Die gemeente blyk ook uit die kerkraad se verslag, notules en samespreking op 'n baie gesonde vlak te verkeer.
Ons bid hulle alle sterkte toe vir hulle taak as predikantspaar en kerkraad om vol te hou in die goeie werk tot verspreiding van die evangelie.
FINANSIEEL:
Ook hier is daar geen rede tot werklike kommer nie. Daar word ''n paar aanbevelings aan die kerkraad weergegee met die hoop, vertroue en geloof tot volgehoue sukses ook in die verband vir die jaar.
Beste Groete
VISITASIE KOMMISIE PIETERMARITZBURG
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor die visitasie by Pinetown aanvaar word.
2.1.4 VISITASIEVERSLAG: EMPANGENI
INLEIDING
Die visitasiekomissie, bestaande uit Ds. JA Minnaar, Oudl. Jimmy Terblanché en Oudl. Thea Bruinette, het op Dinsdag 8 Februarie 2000 besoek afgelê by 'n ouderlingevergadering van die gemeente Empangeni. 'n Nasienkommissie het reeds op 1 Februarie 2000 die boeke en ander dokumente van die gemeente nagegaan. Die verslag van hierdie nasienkommissie is deur die visitasiekommissie aan die ouderlingevergadering voorgelê. Ds. Minnaar spreek die kommissie se waardering uit vir die algemeen netjiese toestand waarin die administrasie en rekordhouding van die gemeente Empangeni verkeer. Die kommissie is tevrede dat daar 'n behoorlike en gesonde administratiewe stelsel in die gemeente in plek is. Die volgende sake word vervolgens met die ouderlingevergadering bespreek:
DIE DOEL VAN JAARLIKSE VISITASIE
Die ringsvergadering van die Ring van Pietermaritzburg het enkele jare gelede besluit om jaarlikse visitasie-besoeke te bring aan daardie gemeentes in die ring wat van deelsorg-bediening gebruik maak. Omdat deelsorg-bediening 'n verleentheidsoplossing is om, ten spyte van finansiële tekorte in die gemeente, nogtans deur 'n predikant bedien te kan word, is die ringsvergadering besorgd daaroor dat die situasie in die gemeente só kan ontwikkel dat dit die gemeente en/of die predikant kan benadeel. Jaarlikse visitasie het dan ten doel om, in ooreenstemming met die ringsvergadering se opsig-verantwoordelikheid, toe te sien dat gemeentes en predikante waarby deelsorg-bediening betrokke is, nie in die proses skade lei nie. Met dit alles in gedagte word gesprek gevoer oor die volgende sake:
DIE GEMEENTE SE FINANSIËLE POSISIE
Dit blyk dat die gemeente se geweldige skuldlas in die 7 jaar wat van deelsorg-bediening gebruik gemaak word, aansienlik afgeneem het, maar dit is nog nie naastenby opgelos nie. Wat die afbetaling van hulle skuldlas vererger, is die feit dat die Raad van Finansies begin het om rente te hef op die uitstaande saldo. Dit sal meebring dat dit die gemeente nog langer sal neem om hulle skuld volledig af te los as wat aanvanklik beplan is. Nogtans is die gemeente positief aan die werk om hierdie skuldlas so vinnig as moontlik af te werk, ten spyte van knellende ekonomiese omstandighede. Dit bly steeds die gemeente en die kerkraad se doelwit om die standplaas so vinnig as moontlik na 'n volledig versorgde standplaas om te skakel.
DIE PREDIKANT SE DIENSWERK IN DIE GEMEENTE
Op 'n vraag van Ds. Minnaar antwoord die vergadering dat hulle hoog in hulle skik is met die gehalte van die dienswerk wat Ds. Van Staden as deelsorg-predikant in die gemeente verrig. Hy neem gereeld alle eredienste waar en die ouderlinge is tevrede dat sy prediking getuig van behoorlike voorbereiding. Hy is ten volle betrokke by die katkisasie van die finalejaar-katkisante. Hy besoek minstens een keer per jaar al die lidmate aan huis en verleen genoegsame hulp en ondersteuning aan lidmate wat beproewing en nood ervaar. Hy is ook genoegsaam betrokke by die fondsinsamelingsprojekte van die gemeente. Sake wat wel as gevolg van die deelsorg-bediening nie voldoende aandag kry nie, is die bediening in die buitewyke, sowel as die bediening aan die jeug en evangelisasie. Ds. Minnaar versoek die ouderlinge om die verantwoordelikheid te neem vir die jeugbediening en vir evangelisasie aangesien dit belangrike komponente van die werk van die kerk in die wêreld is. Die gemeente kan dit nie bekostig om te wag totdat die predikant daarvoor tyd het, voordat hulle aan hierdie sake aandag gee nie.
Wat die gesindheid van die lidmate aanbetref, rapporteer die ouderlinge dat daar 'n goeie verhouding bestaan tussen Ds. Van Staden en die lidmate van die gemeente. Die gehalte van die predikant se dienswerk is van sodanige aard dat baie lidmate selfs onbewus is van die feit dat Ds. Van Staden in 'n deelsorg standplaas is. Ds. Minnaar versoek dat hierdie werklikheid egter gedurig onder lidmate se aandag gebring moet word sodat die verwagtinge wat aan Ds. Van Staden gestel word, realisties kan bly. Hy versoek ook dat die kerkraad weer aandag moet gee aan die inhoud van die beroepsbrief waarmee Ds. Van Staden sewe jaar gelede na die gemeente beroep is. Dit is immers noodsaaklik dat die verwagtinge wat aan Ds. Van Staden gestel word, sal tred hou met die versorgingspakket wat deur die gemeente aan hom betaal word.
DIE IMPAK VAN DEELSORGBEDIENING OP DIE PREDIKANT
In ooreenstemming met 'n opdrag van die ringsvergadering, doen die visitasiekommissie navraag oor die impak wat die deelsorgbediening op die predikant self het. Die ouderlingevergadering verseker die kommissie dat daar bepaalde strukture in die gemeente bestaan wat dit moontlik maak om agter te kom indien die predikant finansieel sou swaar kry. Hulle is tevrede dat daar tans nog 'n gesonde balans bestaan tussen wat die predikant se behoeftes is, en wat die gemeente kan bekostig.
Die ouderlinge spreek vervolgens hulle bekommernis uit dat die predikant homself egter afskeep in die sin dat hy bitter min persoonlike tyd het. Die bekommernis bestaan dat hy, vanweë die toegewydheid waarmee hy sy dienswerk verrig, homself skade kan berokken. Daar bestaan egter 'n gesonde verhouding tussen die kerkraad en Ds. Van Staden en albei partye meen dat hulle die vrymoedigheid het om die saak eerlik met mekaar te bespreek indien daar probleme sou opduik.
ANDER SAKE
Die visitasiekommissie verneem voorts na die vordering wat gemaak is met die verkoop van die pastorie waarvan verlede jaar tydens die visitasie-besoek kennis geneem is. Dit blyk dat die koop deur die mat geval het. Die kerkraad het begin om die nodige onderhoud en herstelwerk aan die huis te doen. Daar is nuwe huurders in die huis, maar die huis is steeds in die mark.
Wat die wisseling van lidmate aanbetref word kennis geneem van die feit dat die gemeente se lidmaattal oor die afgelope paar jare redelik konstant gebly het. Die gebrek aan groei maak dit egter moeilik om die predikant ten volle te kan versorg aangesien 230 belydende lidmate waarskynlik te min is vir so 'n groot finansiële verantwoordelikheid. Dit hou ook verband met die feit dat die gemiddelde offergawe-bydrae per lidmaat ook nie tred hou met die inflasie nie, aangesien dit ook maar redelik konstant gebly het oor die afgelope paar jaar.
AFSLUITING
Ds. Minnaar spreek sy dank en waardering uit teenoor Ds. Van Staden wat op onbaatsugtige wyse die gemeente Empangeni só bedien dat hulle soms selfs nie eens besef dat hy eintlik net gedeeltelik versorg word nie. Hy bedank ook die ouderlinge vir die moeite wat hulle doen om Ds. Van Staden na die beste van hulle vermoë te versorg. Hy is veral dankbaar vir die goeie verhouding wat daar tussen Ds. Van Staden en die kerkraad bestaan en spreek die wens uit dat die gemeente die Here se seën sal beleef in die dienswerk wat hulle in die wêreld verrig.
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor die visitasie by Empangeni aanvaar word.
2. Dat die gemeente Empangeni sterkte toegewens word met hulle vyfjaar-doelwit tot volle versorging soos voorgelê tydens die 48 ste Ringsvergadering
3. Dat die gemeente die ring inlig oor hulle vordering op die pad na volle versorging.
2.1.5 VISITASIEVERSLAG: DURBAN
'n Kommissie van die gemeente Pinetown het op 21 Februarie 2000 visitasie by die gemeente Durban gaan aflê. Die kommissie het bestaan uit Dr WAJ van Schoor, oudle CG van Niekerk, CD van der Westhuizen, T Bezuidenhout en DJP Nortjé.
Van die kant van die gemeente Durban was 'n kworum van die Kerkraadsvergadering teenwoordig.
Die kommissie het die boeke van die gemeente nagegaan en was baie beïndruk met die besondere netjiese werk wat gedoen is. Dit toestand waarin die boeke is, is 'n spieëlbeeld van die hoë gehalte van die werk wat in die gemeente gedoen word.
Enkele sake wat wel aandag moet geniet, is aan die gemeente deurgegee.
Die kommissie was saam met die kerkraadsvergadering opgewonde oor die resultate van die gemeentebou aksie wat in die gemeente aan die gang is. Ds Dreyer het uitvoerig terugvoer gegee oor die projekte wat in die gemeente geloods is en die effek wat dit op die gemeenskap van die gelowiges gehad het.
Die vistasiekommissie het versoek dat die vergadering 'n verslag oor die gemeentebou aan die Ringsvergadering voorlê - sodat die ander gemeentes in die ring daarvan kan kennis neem en die voorbeeld kan volg.
Die register word bygehou en jaarliks vir oudit gestuur.
4. REKENARISERING VAN GEMEENTELIKE FINANSIES
Die vergadering word gewys op die voordele van die stelsel en hulle onderneem om daaraan aandag te gee. Die programme Quickbooks en Pastel kan daarvoor gebruik word.
Dit blyk dat die vorige notuleboek verlore geraak het. Gemeentes moet onthou van die besluit van die ring dat rugsteun afskrifte van alle boeke gehou word indien enige van die boeke verlore raak.
Die vergadering bevestig dat besluite van die bykomende vergaderings wel uitgevoer is.
Die kommissie neem met groot waardering kennis dat daar aanderedienste in die gemeente gehou word.
Nadat Ds Dreyer die vergadering verlaat het, het die kommissie indringend met die vergadering gesprek gevoer oor Ds Dreyer. Die vergadering was vol lof en waardering vir die harde werk van Ds Dreyer. Daar is wel besorgdheid by die vergadering en die kommissie dat Ds Dreyer te hard werk. Hy het baie opgehoopte verlof wat spreek van sy toegewydheid in die gemeente. Die kommissie het die vergadering versoek om daarop te let dat hulle predikant se versorging ook genoegsame rus insluit.
AANBEVELING
2.1.6 VISITASIEVERSLAG: RICHARDSBAAI
NOTULE VAN RINGSVISITASIE TE RICHARDSBAAI GEHOU OP 14 FEBRUARIE 2000
Opening
Die vergadering word geopen deur Ds A Minnaar met skriflesing uit Psalm 122, gebed en die sing van Gesang 12.
Verwelkoming
Die voorsitter, oudl H Beuken, heet almal welkom met spesiale verwysing na die visitasiekommissie.
Konstituering
Die visitasiekommissie bestaan uit die volgende lede: Ds JH van Staden (konsulent), Oudle WJ Knoetze en TF Steyn. 'n Kworum van die Ouderlingevergadering is teenwoordig.
Nasien van boeke
Die volgende boeke is aan die kommissie voorgelê vir kontrole en is reeds op 1 Februarie 2000 deur 'n nasienkommissie nagegaan:
| Notules van:
Kerkraadsvergadering |
In orde |
| Ouderlingevergadering | Bladsye 73+74 blanko; bl 84 (notule 11 Mei 1999) Voorsitter nie geteken nie; Alle bladsye nie altyd geparafeer nie |
| Diakensvergadering | In orde |
| Gemeentevergadering | 30 Mei 1999: Voorsitter se handtekening ontbreek |
| Kerklike goedere | 6 Januarie 1999: Sekretaresse se handtekening ontbreek; Elke bladsy moet apart in die notuleboek ingevoeg word; Sommige bladsye nie geparafeer nie |
| Ringsvergadering | In orde |
| NHSV | 18 Mei 1999: Voorsitter se handtekening ontbreek; 17 Aug 1999: Sekretaresse se handtekening ontbreek; 18 Junie 1999: Notule ontbreek |
| Lidmaat/doop registers | In orde |
| Kategeseregisters | In orde |
| Finansiële state | In orde |
| Jaarprogram | In orde |
| Wykslyste | Nie beskikbaar a.g.v. rekenarisering van stelsel |
| Konsistorieboeke | In orde |
| Afskrifte van Notules | In orde |
Die kommissie wens die gemeente geluk met baie goeie administrasie. Dit is duidelik dat die gemeente erns maak met die bestuur van inligting in die gemeente.
Begroting
Die visitasiekommissie neem met kommer kennis dat die gemeente vir 'n voorsiene tekort vir die jaar begroot. Dit word met die vergadering bespreek en sekere duidelikhede word verkry oor die werkswyse waarop die tekort verhaal sal word. Die gemeente het na verneem word by 'n gemeentevergadering onderneem om volle verantwoordelikheid vir die tekort te aanvaar.
Deelsorg standplaas
Die visitasiekommissie wens die gemeente se deelsorgpredikant, Ds R Janse van Rensburg, geluk met sy huwelik in Oktober 1999. Ds van Rensburg se beroepsbrief en die ooreenkoms wat die gemeente met die CSO het, word bespreek. Die vergadering word gevra om toe te sien dat die ooreenkoms wedersyds gehandhaaf word. Die vergadering word ook daaraan herinner dat die CSO Ds van Rensburg se primêre werkgewer is en dat dit ook weerspieël moet word in die werkslas van die predikant. Die kommissie word verseker dat Ds van Rensburg se werksopdrag vir 2000 aansienlik afgeskaal is.
Die vergadering word versoek om toe te sien dat Ds van Rensburg genoegsaam verlof neem, ook gesien in die lig van die nuutste arbeidswetgewing en die Kerkorde.
Die vervoertoelaag word bespreek en die vergadering verseker die kommissie dat dit voldoende is vir die werkopdrag en dat daar alternatiewe reëlings bestaan indien dit sou blyk dat dit tekort skiet.
Gesien in die lig van Ds van Rensburg se nuwe huwelikstaat is dit noodsaaklik dat hy en Mev van Rensburg aan 'n mediese skema behoort en dit is verblydend dat hy met behulp van die CSO wel onlangs by 'n mediese skema aangesluit het. Daar bestaan tans egter steeds geen pensioenvoordele in Ds van Rensburg se versorging nie.
Uit vrae aan die vergadering blyk dit dat die verwagte groei in die gemeente steeds nie realiseer het nie. Verwikkelinge in 2000 sal 'n aanduiding gee waarheen die gemeente op pad is met die tweede standplaas. Die kommissie neem met kommer kennis van die feit dat die verwagtinge rondom die tweede standplaas nie realiseer nie en moedig die vergadering aan om volhardend te werk aan die behoud en moontlike uitbreiding van hierdie standplaas. Die vergadering stel dit dat die volle standplaas hulle eerste prioriteit is en bly, maar verseker die kommissie dat hulle alles in hulle vermoë sal doen om die tweede standplaas te handhaaf.
Volsorg standplaas
Die gemeente is in die bevoorregte posisie om benewens die deelsorg standplaas ook oor 'n volledig versorgde predikant te beskik, wat 'n unieke situasie binne die ring is. Die vergadering word deur die kommissie daarop gewys dat die volsorg standplaas 'n voorreg is wat hulle ten alle koste moet beskerm. Ds Minnaar vermeld dat hy gelukkig is met sy versorging en sy verhouding met ampsdarers en gemeentelede. Die vergadering spreek eweneens hul tevredenheid oor die standplaas en die bediening uit.
Slotopmerkings
Die visitasiekommissie het hom daarvan vergewis dat die bediening in die Richardsbaai Gemeente kerngesond is en dat goeie verhoudinge tussen die gemeente en hulle leraars bestaan. Soos in talle ander gemeentes is finansies die een groot struikelblok in hul strewe na kommervrye bediening. Die kommissie bid die gemeente Gods rykste seën toe.
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor die visitasie by Richardsbaai aanvaar word.
2. Dat die gemeente Richardsbaai sterkte toegewens word met die handhawing van hul tweede standplaas.
2.1.7 VISITASIEVERSLAG: LAER SUIDKUS
Datum: 25 Januarie 2000
Die Kommissie is saamgestel uit die konsulent, ds. Hennie la Grange, en ouderling Leon de Lange, voorsitter van die Ringskomitee vir Kerklike Goedere.
Die Ringskommissie was ook voltallig teenwoordig.
Die Kerkraad het die konsulentsgemeente, Durban-Suid, vroeg in 2000 laat weet dat
Lede van die gemeente Laer Suidkus het eers besoeke gebring aan die konsulentsgemeente om advies in te win, aangesien die konsulentsgemeente onlangs 'n soortgelyke oefening moes doen.
Tydens hierdie besoeke is
aan die konsulentsgemeente voorgelê en deeglik in oënskou geneem.
Eindelik was die bevinding van die konsulentsgemeente dat die gemeente Laer Suidkus se kommer gegrond was.
Die aanbeveling is aan die gemeente gemaak om onverwyld die Kommissie van die Ring daaroor volledig in te lig en uit te nooi na `n spesiale vergadering van die Kerkraad van Laer Suidkus waarin aan die saak aandag gegee kan word.
Die vergadering het plaasgevind op 25 Januarie 2000 te Laer Suidkus.
Tydens die vergadering onder voorsitterskap van die konsulent, is besluit dat die volle sorg van die predikant nie na 1 Maart 2000 in stand gehou sou kon word nie., hoewel volledige versorging van die predikant as prioriteit gehandhaaf word.
Versorgingsvlakke soos voor 1 Maart 2000 word onaangepas gehandhaaf, met die opsie van latere verdere afskaling of opwaartse aanpassing.
Die Kerkraad het sy Kerklike Goederekomitee gelas om die Kerkraadsvergadering op hoogte te hou van die finansiële stand van die gemeente, en het self onderneem om gereeld volledige verslag te doen aan die Ringskommissie.
Die predikant se versorging sal ses-maandeliks hersien word, en die predikant word toegelaat om die tekort aan inkomste buite die gemeente aan te vul.
Die werksopdrag van die predikant is dienooreenkomstig die versorgingsaanpassing ook aangepas.
Die vergadering het besluit dat `n spesiale Gemeentevergadering gehou sal word waar die stand van sake en die besluite van die Kerkraad aan die gemeente oorgedra sou word. Ouderling Leon de Lange is uitgenooi om hiermee behulpsaam te wees. Die vergadering het plaasgevind op Sondag 30 Januarie 2000.
Na afloop van die vergadering het lede van die Ringskommissie en die visitasiekommissie van Durban-Suid onder leiding van ds. Wimpie van Schoor by die Pieterse gesin besoek afgelê.
Hennie la Grange (ds.)
Konsulent
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor die visitasie by Laer Suidkus aanvaar word.
2. Dat die Kerkraad van Laer Suidkus aangemoedig word om aandag te gee aan die sake wat deur die verslag uitgewys word.
SAMEVATTENDE AANBEVELINGS:
1. Dat kennis geneem word van die verslae.
2. Dat die afsonderlike visitasiekommissies bedank word vir hulle werk in die verband.
3. Dat elke gemeente wat 'n deelsorgbediening het, versoek word om steeds te beplan vir die herstel na 'n volle versorgde standplaas.
4. Dat die gemeentes met deelsorgstandplase steeds jaarliks visitasie ontvang.
5. Dat die visitasiekommissies bestaan uit die konsulent en twee ouderlinge van die konsulentsgemeente.
6. Dat die formaat (hierbo uiteen gesit - sien 2.1.2.1) van visitasies gebruik sal word as formaat van ALLE visitasies.
7. Dat die visitasieverslae, die formaat sal gebruik soos hierbo (2.1.2.1) uiteengesit.
2.1.8 Gemeentebouverslag: Durban
In antwoord op die versoek van die visitasiekommissie aan die Durban gemeente, voldoen ons met graagte as volg.
Daar mag sommiges onder ons wees, wat miskien vandag sal wonder: Wat gaan nou hier aan? En Wat se gepraat is dit oor gemeentebou ? Is dit nie miskien iets wat vreemd en nuut is vir die kerk nie?
Gemeentebou is niks anders as om te word wat ons moet wees nie. Ons moet word soos God wil hê dat ons moet wees. Ons is Sy liggaam, Sy beeld. Gemeentebou is daarom nie iets vreemd aan die Skrif nie, maar lê eerder in die hart van die Evangelie. Gemeentebou is daarom niks anders as 'n stuk gehoorsaamheid aan God.
God roep gelowiges op tot diens in die wêreld (Efesiërs 4). Ons moet ligdraers en sout vir die aarde gaan word. Gewapen met die Evangelie wil ons daarom hoop bring vir die mens in ons gemeenskap wat nie meer hoop het nie, liefde vir die wat nie meer liefde ken nie en troos vir eensames, siekes, treurendes, ens..
Gemeentebou is 'n tree saam met God. Kom ons betree die pad en ervaar Sy seën.
Ds Thomas Dreyer
Die volgende is 'n uittreksel uit ons gemeente nuusbrief:
Gemeentebou is `n proses waarbinne `n gemeente gelei word om :
� Te verstaan waarom die gemeente daar is en wat die gemeente in Christus is. Dit gebeur die maklikste as 'n gemeente noukeurig na homself kyk en doelwitte vir homself begin stel en die doelwitte behaal word.
� Self voortdurend strukture daar te stel soos God dit wil hê. Die strukture moet daartoe lei dat die gemeenskap waarbinne die gemeente leef, die liefde van die Here weer opnuut sal ontdek en Hom sal aanhang.
Wat is gemeentebou ?
� Allereers wil ons weer nuut gaan dink oor wat God regtig van ons verlang. Nog beter gesê: Dit gaan oor die vraag: Wat wil God van ons hê?
� In hierdie proses wil ons, in gehoorsaamheid, alle dinge waarmee ons besig is, integreer en koördineer.
� Dit is 'n proses wat steeds voortgaan. Ons word al hoe meer die liggaam van Christus. Ons kan nooit daarmee ophou nie.
� Ons kan dit alleen doen in afhanklikheid van God. God bepaal ons werk en Hy lei ons
� Dit is 'n proses waarbinne ons onsself vind en
� God aanhou soek vir Sy genade.
Ons, as gemeente, moet vooruit kyk en 'n plan van aksie uitwerk. Die beste manier om na onsself te kyk en ook vooruit te kyk, is om dit te doen aan die hand van vier stappe (ook fases genoem)
Die eerste groot stap is: Doen `n realistiese beraming van die gemeente se huidige posisie en grootte.
Die tweede stap is : Kies die hoof rigting waarheen 'n gemeente moet beweeg. Dit word tot `n groot mate bepaal deur die gemeente se maksimum aantal mense wat bereik kan word asook die aantal persone wat die gemeente beplan om oor die volgende aantal jare te bedien. Hier moet ons juis wyer as die gemeente (= aantal lidmate op ons boeke) dink. Dink aan die gemeenskap. Dit is na hulle wat ons moet uitreik Ons moet die volle nood en behoeftes (seer) van daardie mense gaan aanspreek -- soos Christus ook uitgereik het na swakkes, blindes, kreupeles, ens.
Stap drie is : Kyk watter positiewe dinge daar binne die gemeente gebeur. Daardie dinge is dinge wat in ons gemeente gebeur wat ook in effektiewe, lewende, groeiende gemeentes wêreldwyd gebeur.
Die laaste stap : Besluit watter positiewe dinge uitgebou moet word en besluit dan: Wat moet gedoen word, wie dit gaan doen en wanneer dit moet klaar wees
Wêreldwyd is daar 12 positiewe dinge wat in 'n gemeente gedoen kan en moet word om hom effektief te maak.
Gedurende die gemeentenaweek het ons na hierdie 12 positiewe dinge gaan kyk en gaan kyk hoe vêr dit binne ons gemeente toegepas word. Ons het dit toe op `n skaal van 1 tot 10 geplaas.
Kenmerke wat te doen het met die verhouding binne die kerk en die gemeenskap:
1) Spesifieke, konkrete doelwitte wat die seer van die wêreld aanspreek(1)
2) Besoeke deur dominee en lidmate in die gemeenskap (3)
3) Gemeenskaplike, dinamiese eredienste (7,5)
4) Betekenisvolle groepe om mense te dien(6,5)
5) Sterk leiers (5,1)
6) Deeglike en deelnemende besluitneming (4,5)
Kenmerke wat te doen het met die funksionering van dinge:
7) Verskeie toereikende programme en aktiwiteite (1)
8) Oop en toeganklik (1)
9) Opvallend sigbaarheid (4)
10) Voldoende parkering, grond en mooi tuine (5,5)
11) Voldoende ruimte en fasiliteite (5)
12) Gesonde finansiële hulpbronne (4,5).
Ons het gedurende die naweek gesê dat ons op die volgende kenmerke moet konsentreer en dit moet uitbou: 1, 3, 5, 6, 9 en 10
Kom ons bid dat die Here werklik ons hierin sal lei en dat ons niks anders sal doen as net wat Hy wil.
--ooOoo--
Gemeenteaand 11 September
Wie sal ooit vergeet: "Gemeente, ons nooi julle en julle vriende uit vir 'n gratis ete by die kerk" Oë het gerek en mense het gewonder -- waar die kos? Wie sal betaal?
God het voorsien en ons ryklik geseën.
Die saal was pragtig versier ( dankie dames)
Die kos was heerlik (dank aan ons kok, Oudl H Prinsloo)
Die samesang -- tot eer van God.
Die dankoffer uit dankbaarheid vir God se goedheid het 'n pragtige R 575-00 geïn.
So werk God as ons begin gehoorsaam word. Hierdie geldjie gee ons juis weer vir die wat dit nie meer het nie, om iets van die seer en die pyn van hierdie gebroke wêreld te verlig.
Aanbeveling
1. Dat elke gemeente aangemoedig word om aktief betrokke te raak by die proses van gemeentebou.
2. Dat gemeentes hulle predikante stuur om die gemeenteboukursusse by te woon.
3. Dat die proses van gemeentebou as beginsel gebruik word in elke gemeente van die ring.
2.1.9 STUDIE OOR DIE EFFEK VAN DIE DEELSORG-BEDIENING OP DIE PREDIKANTE IN GEMEENTES.
Di van Staden en Minnaar het versoek dat die visitasiekommissies versoek word om tydens visitasies aan gemeentes aandag aan hierdie saak te gee. Hierdie verslag is geïnkorporeer in die verskillende visitasieverslae.
Ds van Staden het die volgende verslag aangestuur:
Die skriba: Ring van Pietermaritzburg
I.v.m. die opdrag aan my en Ds Minnaar oor deelsorgbediening in die Ring:
As deel van die uitvoering van hierdie opdrag het ek die volgende brief op 1
Februarie aan al die predikante in die ring gestuur:
Aandag: Predikante van die Ring van Pietermaritzburg
Kollegas
Die ringsvergadering het vir my en Albert opdrag gegee om 'n ondersoek te
doen oor deelsorgbediening in ons ring. Vir hierdie doel wil ons vra dat al
die voorsitters van visitasieskommissies by gemeentes met deelsorgstandplase
die volgende punte op hul agenda plaas (dis in elk geval altyd op die
agenda):
* Die effek van deelsorgbediening op die gemeente
* Die effek van deelsorgbediening op die predikant
Stuur dan vir my 'n volledige verslag oor hierdie sake so gou as moontlik na
die visitasie.
Dankie vir julle samewerking.
Groete.
Johan
Ek het tot vandag, 13 April 2000 nog nie 'n enkele(!) verslag van die
konsulente ontvang nie. Ek het wel twee persoonlike verslae oor
deelsorgbediening van twee deelsorgpredikante ontvang maar jy sal saamstem
dat dit geheel en al onvoldoende is om 'n volledige studieverslag oor op te
stel. In die lig hiervan wil ek dus vra dat die opdrag steeds vanjaar op die
agenda van die Ringsvergadering sal bly en dat die vergadering gemeentes sal
aanmoedig om saam te werk om hierdie studie (deeglik) af te handel.
Dankie
Groete
Johan
AANBEVELING
1. Visitasiekommissies word opdrag gegee om behulpsaam te wees met die voltooiing van die studieprojek.
2.2 OUDERLINGE
2.2.1. VERSLAG OOR DIE WERK VAN DIE OUDERLINGE
Die nuwe formaat van die verslagvorms aan beide die Ouderlingevergadering en die Ringsvergadering, is oop vir kritiek. Baie kan gesê word oor die fyn detail van statistieke wat aangevra word. Daar kan ook gesê word dat hierdie verslagvorms eerder 'n terugwaartse stap is van die vorige jaarverslae.
Op die keper beskou, is dit ook waar dat daar dalk vir die eerste keer in die Kerk se geskiedenis werklik detail gevra word oor die werk van die Kerk met spesifieke verwysing na die verkondiging van die Kerk. As dit die manier is hoe die Kerk hand in eie boesem kan steek, dan moet dit so wees.
By die invul van die samevattende verslag, was daar slegs enkele gemeentes se verslae volledig ingevul. Dit kan wees dat van die data verlore geraak het; dat wyksouderlinge se verslagvorms nie ingedien is nie; of dit kan doodeenvoudig 'n refleksie wees op die werk van die Kerk.
Indien die verslae korrek ingevul is (daar is geen rede om anders te vermoed nie), val 'n paar sake dadelik op die oog. Hier moet egter in gedagte gehou word dat die interpretasie rondom die invul van die verslag kan verskil. Sake wat opval is die volgende:
1. Vir die doel van die interpretasie van die data word die aantal belydende lidmate deur 2 gedeel om die aantal gesinne te verkry. Die syfer 2 word gekies omdat sommige gesinne uit slegs een belydende lidmaat bestaan, terwyl ander weer uit meer as 2 belydende lidmate bestaan.
2. Uit 'n moontlike 379 huisgesinne is daar in die verslagtydperk 676 huisbesoeke voor Nagmaal gedoen. Indien daar 4 keer Nagmaal bedien is, behoort die syfer 1516 te wees. Dit beteken dat daar in die deursnee 840 te min Nagmaal besoeke gedoen is. Wat word van die opsig oor die sakramente?
Weereens: indien die data korrek is, kan ons nog wonder waarom die Kerk in die laaste aantal jare krimp en waarom lidmate kerklos raak?
In 'n gesprek met oudl Vera Koekemoer van die Komitee Presbiteraat is duidelikheid verkry oor die invul van die verslagvorms. Die vrae wat gevra word, word eenvoudig vermenigvuldig met die besoekpunt. So beteken die vraag Aantal kere huisbesoek voor Nagmaal dat die aantal kere wat 'n besoek gedoen is, met die besoekpunt vermenigvuldig moet word (as daar 4 besoeke gedoen is, is die totaal dus 4).
AANBEVELING:
2.3 DIAKENS
3. VERGADERINGS VAN AMPTE
3.1 STRUKTUUR VAN RADE, RINGSKOMITEES EN GEMEENTEKOMITEES
AGTERGROND
Die nuwe struktuur (Sien organogram) van die rade in die Kerk, is 'n poging om weg te beweeg van oor-reglementering om sodoende die inisiatief na die gemeentes te verplaas.
Hierdie struktuur is heelwat vereenvoudig. Besluite word op plaaslike vlak (Ringsvergadering en Ouderlingevergadering geneem) oor hoe die werk gedoen moet word. Ringe en gemeentes kan komitees vorm om die werk te doen sodat die lidmate betrek word en die vergaderings nie die werk moet doen nie. (Die gemeente moet self die verantwoordelikheid aanvaar om die evangelie onder opsig van die Ringsvergadering en die Ouderlingevergadering, uit te dra - so staan dit in die Kerkorde)
Riglyne en reglemente gaan nie deur die rade verskaf word nie - dit moet deur die Ringsvergadering en Ouderlingevergadering self opgestel word met inagneming van die Kerkorde.
Die Ouderlingevergaderings moet aanvanklik besin hoe die werk gedoen moet word en dit dan deurgee na die Ringsvergadering.
Verslae word deur die Ringsvergadering en die Ouderlingevergadering self ingevul en nie deur die verskillende komitees nie.
Bestaan uit:
Komitee vir Pastoraat
Komitee vir Presbiteriaat
Komitee vir Kerk en Teologie
Voorstel:
Op ringsvlak sal ad hoc komitees gekies word met bepaalde werksopdragte vanaf die Ringsvergadering. Wanneer die opdrag uitgevoer is, word die komitee ontbind.
Op gemeentevlak word die werk deur die Ouderlingevergadering gedoen en is komitees nie nodig nie.
Bestaan uit:
Komitee vir Belydenis en Liturgiese geskrifte
Komitee vir Kerkmusiek en -sang
Komitee vir Toerusting
Komitee vir Navorsing
Voorstel:
Op ringsvlak sal ad hoc komitees gekies word met bepaalde werksopdragte vanaf die Ringsvergadering. Wanneer die opdrag uitgevoer is, word die komitee ontbind.
Op gemeentevlak word die werk deur die Ouderlingevergadering gedoen.
Bestaan uit:
Komitee vir Sending
Komitee vir skakeling met die HKSA
Komitee vir Bybelverspreiding
Komitee vir Immigrasie en Emigrasie
Komitee vir getuienisse
Komitee vir Sensus en Statistiek
Voorstel:
Op ringsvlak sal ad hoc komitees gekies word met bepaalde werksopdragte vanaf die Ringsvergadering. Wanneer die opdrag uitgevoer is, word die komitee ontbind.
Op gemeentevlak is daar ook nie komitees nie omdat die werk reeds op die vlak van die Ouderlingevergadering lê. Daar kan wel binne die gemeente komitees geskep word.
Bestaan uit:
Komitee vir Jeug
Komitee vir Huwelik en Gesin
Komitee vir Christelike Onderwys
Komitee vir Toerusting
Voorstel:
Op ringsvlak sal ad hoc komitees gekies word met bepaalde werksopdragte vanaf die Ringsvergadering. Wanneer die opdrag uitgevoer is, word die komitee ontbind. Op Ringsvlak word slegs Jeugbediening hanteer wat twee afdelings naamlik Jeugverenigings en Kategese het.
Op gemeentevlak is daar ook nie komitees nie omdat die werk reeds op die vlak van die Ouderlingevergadering lê. Daar kan wel binne die gemeente komitees geskep word.
Bestaan slegs uit die raad en op rings- en gemeentevlak is dit die taak van die Ringsvergadering en Ouderlingevergadering.
Aanbeveling:
In hierdie ring sal daar wel 'n Ringskomitee vir Ekumene gestig word wat onder andere die skakeling met die HKSA sal koördineer.
3.2. RINGSVERGADERING
3.2.1 RINGSKOMITEES
| STRUKTUUR VAN RADE EN KOMITEES | ||||||||
| OUDERLINGE VERGADERING | ||||||||
| Arbeidsveld | ||||||||
| Pastoraat | Erediens | Apostolaat | Ekumene | Gesinsorg | ||||
| Presbiteriaat | ||||||||
| Belydenis & | Sending | Jeug & Kategese | ||||||
| Liturgiese geskrifte | Skakeling HKSA | Huwelik & Gesin | ||||||
| Kerkmusiek & sang | Bybelverspreiding | Onderwys | ||||||
| Toerusting | Immigrasie/Emigrasie | |||||||
| Getuienis(Teenoor Owerheid) | ||||||||
| Sensus & Statistiek | ||||||||
| RINGSVERGADERING | ||||||||
| Arbeidsveld | ||||||||
| Soos vir Ouderlingevergadering | ||||||||
| Komitees: | ||||||||
| Ekumene | ||||||||
| RADE | ||||||||
| Raad vir | Raad vir | Raad vir | Raad vir | Raad vir | ||||
| Pastoraat | Erediens | Apostolaat | Ekumene | Gesinsorg | ||||
| Presbiteriaat | ||||||||
| Komitees: | Komitees: | Komitees: | Komitees: | Komitees: | ||||
| Pastoraat | Belydenis & | Sending | Jeug & Kategese | |||||
| Presbiteriaat | Liturgiese geskrifte | Skakeling HKSA | Huwelik & Gesin | |||||
| Kerk & Teologie | Kerkmusiek & sang | Bybelverspreiding | Onderwys | |||||
| Toerusting | Immigrasie/Emigrasie | |||||||
| Getuienis(Teen Owerheid) | ||||||||
| Sensus & Statistiek | ||||||||
| ALGEMENE KERKVERGADERING | ||||||||
| Kommissie van die Algemene Kerkvergadering | ||||||||
3.2.2. RINGSKOMITEES
AANBEVELING
1. Dat die volgende verantwoordelikhede aan die volgende persone opgedra word
Pastoraat & Gemeentebou Ds T F Dreyer
Presbiteraat Oudl. Hubert Beuken en Dr W A J van Schoor
Erediens Ds J Pieterse
Apostolaat Ds H F La Grange en Ds Johan van Staden
Ekumene Ds P Harmzen en Ds Riaan J van Rensburg
Gesinsorg Ds Albert Minnaar
3.2.3 BESLUITEBUNDEL RINGSVERGADERING
Aangesien die 48 ste ringsvergadering die eerste vergadering was, wat geskoei was op die nuwe kerkorde , het die kommissie besluit dat die notule van die 48 ste ringsvergadering, sal dien as die begin van 'n nuwe besluitebundel
AANBEVELING
1. Dat die Ringskriba opdrag kry om die besluitebundel voortdurend op datum te bring en elke jaar teen 31 Augustus aan die onderskeie gemeentes te besorg.
3.3. RINGSKOMMISSIE
3.3.1 VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE AAN DIE RINGSVERGADERING VAN 2000
SAMESTELLING
Die Kommissie van die Ringsvergadering van Pietermaritzburg het in die afgelope jaar bestaan uit:
Voorsitter: Dr W A J van Schoor (Pinetown)
Skriba : Ds T F Dreyer (Durban)
Ouderlinge: J J Gibson (Richardsbaai)
H J G Beuken (Richardsbaai)
H F Prinsloo (Durban)
VERGADERINGS
Die kommissie het in die termyn 3 keer aan huis van Ds Dreyer vergader en een keer besoek by die gemeente Laer Suidkus afgelê. Die kommissie is telkens met besondere hartlikheid en gasvryheid ontvang, wat die werk aansienlik vergemaklik het.
VERSLAG
Die jaar wat verby is, was in 'n sekere opsig 'n baie frustrerende jaar vir die Kommissie van die Ring. 'n Groot deel van die frustrasie het ontstaan na aanleiding van die gesloer in die Kerk oor die struktuur van die Rade en die komitees wat gestig is. Dit was eers by die Inligtings- en Besprekingsvergadering in November 1999 waar die sake behoorlik bespreek is (selfs op díe stadium was die Raad vir Gesinsorg se sake nog nie behoorlik in orde nie).
Teen die tyd wat die ringskommissie oor die sake kon handel, soos die opdrag van die laaste Ringsvergadering was, was die jaar reeds verby. Daar kon toe eers vroeg in die nuwe jaar 'n byeenkoms gereël word waar die struktuur van die Rade en Komitees aan die gemeentes deurgegee kon word (sien daarvoor die verslag en aanbevelings van die byeenkoms).
'n Verdere frustrasie was die laat en onvolledige ontvangs van die jaarverslagvorms van die kerkkantoor. Daar is egter begrip daarvoor aangesien die sake eers teen die einde van die jaar afgehandel is. Die verslae sal in die toekoms wel betyds uitgestuur word.
Sedert ekself 11 jaar gelede in die Ring van Pietermaritzburg aangeland het, is daar sonder uitsondering by elke Ringsvergadering die frustrasie uitgespreek dat gemeentes nie op hulle beurt verslae betyds aan die ringskriba besorg nie. Daar word besluite geneem en gemeentes word versoek om sorg te dra dat die vorms betyds ingedien word. Tog gaan die sage op eentonige reëlmaat voort. Die Ringskommissie kón nie al sy werk vir die agenda op die voorgeskrewe wyse voltooi nie. Hoewel daar begrip is vir die feit dat die oorgrote meerderheid van standplase in die Ring deelsorg is, beteken dit nie dat die Organe van Bystand en vergaderings van die ampte in die gemeentes ook op deelsorg is nie. DIE VERGADERING MOET ASSEBLIEF DIE OPSIGTAAK OOR DIE GEMEENTES WAT NIE VERSLAE INDIEN NIE, NAKOM.
Tydens die besoek aan die gemeente Laer Suidkus het die kommissie weer onder die indruk van die finansiële nood in die Kerk gekom. Die effek daarvan op die predikante is uit die aard van die saak negatief en traumaties. Hoewel die dinge ook in die sekulêre werksomgewing gebeur, gaan dit in die Kerk soms mank aan die ondersteuning van diegene betrokke.
Die studie wat gedoen moes word oor die effek van die deelsorgbediening op die predikante moes weereens uitgestel word. Dit omdat visitasiekommissies doodeenvoudig nie die werk gedoen het wat Ds van Staden gevra het nie. Die saak bly sloer en ondertussen is daar nie 'n aanduiding wat die effek is nie.
In gesprekke met lede van die ringskommissie het daar tog iets van die trauma van deelsorg na vore gekom. Die blote feit van deelsorg impliseer dat die predikant iewers iets moet doen om sy lewenstog aan te vul. Ongelukkig is dit so dat die predikante nie opgelei is vir enige ander werk nie. Daarbenewens het hulle die verkeerde geslag en velkleur om werklik iewers geholpe te raak. Werkgewers is ook nie genoeë om persone op 'n deeltydse basis aan te stel sonder om te weet hoe lank so 'n persoon kan werk nie.
Dit lei tot krisis in die huisgesinne van die predikante. Daar is kommer oor die finansies van die gesinne. Finansiële kommer skep weer intra-persoonlike probleme rondom die predikant omdat hy as broodwinner doodeenvoudig nie vir sy gesin kan sorg nie.
In die lig hiervan is dit krities noodsaaklik dat die ondersoek so gou as moontlik voltooi moet word.
Hierdie vergadering vind plaas op 'n tyd wanneer die wêreld waarin die Kerk die ligdraer is, wankel tussen voorspoed en ramp; blydskap en droefheid; reg en onreg en selfs tussen hoop en wanhoop. Dit is 'n situasie wat groot onsekerheid en verwarring kan veroorsaak - juis kenmerke van die tyd waarin ons leef.
Die pad wat voor ons almal kom lê, smeek om die seën van die Here. By al die geleenthede vir roepingsvervulling en dienslewering was daar selde 'n tyd waar daar so aan die gelowige se ankertoue geskud is.
In ons gesprekke, besluite en die blote feit van ons vergadering, moet gelowiges kan hoor dat die Here nie swyg nie. Die wêreld moet dit ook hoor. God antwoord. In die donkerste uur van die wêreldgeskiedenis, toe die Seun van God sy waarom in Godverlatenheid uitgeroep het, toe hét God geantwoord. Hy het geantwoord in die opstanding van die Seun. Daarom kan ons die antwoord van die verlossing aan die wêreld gee.
Ons moet almal saam aan die wêreld wys dat die kerk veel meer het om te gee as wat die wêreld het.
Dan word die woorde van Miga 6:6-8 meer dringend. God se dade binne die verbond wys wat goed is. Om goed te doen beteken dan om binne die raamwerk van die gebod te lewe en te strewe na die uitvoering van God se wil.
God vra ook dat reg sal geskied. Hierdie is nie bloot 'n regsbegrip nie, maar dui ook op 'n lewensorde op horisontale verhoudingsvlak. Hiermee word 'n streep getrek deur die willekeur, eiesinnigheid en gemaksugtigheid van die mens wat sy eie reg wil handhaaf. Daarteenoor moet die kerk reg laat geskied soos God se geregtigheid teenoor die volk gekonkretiseer het in sy dade van bevryding en heil vir die volk.
Liefde en trou soek na 'n liefdevolle houding gebore uit die dankbare erkenning van die heil wat God gegee het. Opregte geloof lei spontaan tot liefdevolle reaksie teenoor God en ander mense. God se liefde is die paradigma aan die hand waarvan die kerk ander moet benader en hanteer. Dit is die soort liefde wat normale pligte oorskry en liefde bewys waar mense nie meer liefde verwag of op juridiese gronde nie meer liefde verdien nie.
Om bedagsaam voor God te lewe is 'n nederige lewenshouding waar die mens hom nie hoër as die ander beskou nie. Dit is 'n lewe wat nie aan verwaandheid gekenmerk word nie, maar aan 'n soeke na die wil van God.
Die kerk moet 'n balans vestig tussen die gelowige se vertikale en horisontale betrokkenheid. In die eerste plek sentreer dit om die toewyding aan God wat manifesteer in 'n bedagsame lewe voor God; in die tweede plek 'n bemoeienis met die medemens deur liefde en trou met almal met wie hy in aanraking kom. Wanneer een van die twee terreine verontagsaam word, is daar fout met die geloofslewe van die mens.
Godsdiens wat slegs op uitwendige handelinge en simbole berus, is vir God 'n las. Wanneer die kerk voor God in aanbidding verskyn, moet onthou word dat wat vir die Here belangrik is, nie dit is wat in ons hande is nie. Dit wat belangrik is, is dit wat in die hart van die mense van die kerk is. Die grondliggende vraag by die wandel met God is dat die mens seker moet maak of die opoffering gebring word om verandering deur die hulp en krag van God te bewerk en of dit die getuienis is van die verandering wat in hulle eie lewens plaasgevind het.
Soos in die geval van Miga is kultus en moraal steeds onskeibare aspekte van godsdiens. Wie sy verhouding met God wil verstewig met 'n vertoon van ernstige, diepsinnige vroomheid terwyl liefdeloosheid verontagsaam word, moet verneem dat hulle godsdiens nutteloos voor God is. Wie godsdiens beoefen deur oorvloedige diens op horisontale vlak en 'n ootmoedige lewe voor God verontagsaam sal ontdek dat hulle filantropie hulle nie met God versoen nie.
Kom ons draai ons gesig na die hemel. Dan sal ons die regte woorde op die regte tyd spreek. Mag die Here se seën op ons almal rus en ook op alles waarmee ons onsself gaan besig hou.
AANBEVELING
1. Dat die verslag van die Ringskommissie indringend bespreek word
2. Dat die vergadering oplossings bedink om die genoemde knelpunte reg te stel
3. Dat die vergadering besin oor maniere hoe onbevredigende verslaggewing verbeter kan word
4. Dat die vergadering besin oor maniere hoe verslaggewing kan realiseer op sperdatums.
5. Dat die verslag aanvaar word.
3.4 RINGSDIAKENSVERGADERING
3.4.1 VERSLAG VAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING
AANBEVELING
1. Dat die verslag van die Ringsdiakensvergadering aanvaar word.
4. GEMEENTES EN KERK
4.1 LIDMAATSKAP
4.1.1 ONDERSOEK NA REDES VIR WAAROM LIDMATE DIE KERK VERLAAT?
In die Ring van Pietermaritzburg was daar noukeurig boek gehou van die redes vir waarom lidmate die gemeentes en die kerk verlaat. Al die gemeentes in die Ring het verslae ingehandig behalwe Pietermaritzburg.
Daar is nogtans besluit om hierdie verslae nou af te handel.
Oorgegaan na ander gemeentes van ons kerk: 141
Lidmate verhuis om elders te gaan studeer.
Lidmate verhuis as gevolg van werksverandering
Lidmate het vertrek om elders te gaan aftree.
Aantal oorgegaan na susterskerke: 34
As gevolg van 'n huweliksband wat gesluit word met 'n lidmaat uit een van die susterskerke
Een gesin hou nie van die wyse waarop Kategese hanteer word nie.
Gesinne sluit aan by die NG kerk omdat dit nader aan hulle huise is.
Een gesin het oorgegaan na die NG kerk nadat hulle 'n argument met die predikant gehad het oor die aanvaarding van die Pinkster-sektes as 'n valse kerk beoordeel.
Aantal oorgegaan na ander kerke: 20
Twee huisgesinne het geëmigreer.
Aantal oorgegaan na sektes: 7
'n Jong belydende lidmaat het na die Volle Evangelie Kerk van God oorgegaan omdat sy die trom in die kerk se orkes speel.
Een gesin maak beswaar oor die manier wat die predikant sy dienswerk in die gemeente verrig. Selfs na 'n indringende gesprek met 'n kommissie van die ouderlingsvergadering het hierdie gesin volhard met hulle besluit om die kerk te verlaat.
Aantal wat lidmaatskap opgesê (bedank) het: 27
Beweer dat ons hulle nie begeester nie en dat daar nie vir hulle genoegsame groeigeleentheid in die NHKA is nie.
Aantal afgesny met die ban: 0
Aantal oorlede: 22
Totaal van lidmaat vermindering vir 1999-2000 : 251
Daar was ook gevind dat huisgesinne doodluiters verdwyn, sonder aankondiging. Wanneer die kerkraad die volgende keer by die adres aankom is die mense skoonveld en is geen nuwe adres beskikbaar nie.
Verder word daar ook gevind dat wanneer daar onder die opsig met iemand gewerk word hulle bedank uit ons kerk en aansluit by 'n ander kerk.
Die gemeente Durban het hulle lidmate op rekenaar gerasionaliseer. Oor die loop van jare het hulle steeds lidmate op rekenaar gehad wat nie meer in die gemeente woonagtig was nie. Hierdie lidmate was probleemgevalle. Die kerkraad het die bepaalde adresse nagegaan en gevind dat die mense nie meer daar woonagtig is nie. Die kerkraad het daarna besluit om hulle van die boeke af te haal.
Hierdie was dan die redes wat aan my en aan die ampsdraers verskaf was. Daar mag wel ander redes ook wees, maar die is nie aan ons meegedeel nie.
Saam met hierdie verslag kan die verslae vanuit die gemeentes gelees word.
Ons vertrou dat hierdie inligting aan u versoek voldoen en wens u die Heer van die kerk se rykste seën toe.
Groete in Christus
Oud. J.J Gibson
AANBEVELING
1. Dat die verslag van Oudl Gibson aanvaar word.
2. Dat die voorsitter van die Ringskomitee bedank word vir die keurige verslag
4.2 GEMEENTEGRENSE
5 VERKONDIGING
5.1 KATEGESE
5.1.1 VERSLAG OOR KATEGESE
KATEGESE
Daar is van ses van die sewe gemeentes in die Ring jaarverslae ontvang (gemeente Pietermaritzburg ontbreek). Uit die jaarverslae blyk dit dat daar in elke gemeente behoorlik kategese plaasvind en dit is verblydend dat kategese steeds 'n prioriteit by ringsgemeentes is. As gevolg van die verkorte jaarverslae is dit nie moontlik om die aantal kategesepligtiges in die Ring van Pietermaritzburg te bepaal nie.
Die probleme wat in die ring ondervind word is niks nuut nie en sake wat elke jaar by die ringsvergadering bespreek word, o.a. ouerbetrokkenheid, kerkraadbetrokkenheid en toerusting. Dit blyk dat die ouderlinge in elke gemeente hul opsigtaak ten opsigte van kategese as 'n prioriteit beskou en dis rede tot groot dankbaarheid. In die jaarverslae word die volgende probleme genoem:
Laer Suidkus hou kategese voor die erediens en vermeld dat katkisante as gevolg daarvan gereeld laat kom. Verder noem hulle dat tyd vir kategese baie beperk is voor die erediens; Richardsbaai en Pinetown het steeds 'n probleem met die vind van geskikte lokale vir kategese; Durban Suid het 'n tekort aan onderwysers en kla oor die veroudering van boeke.
Nie al die doelwitte wat gemeentes aan die begin van die verslagjaar gestel het, het gerealiseer nie. Daar word egter wel sekere suksesse gerapporteer:
Durban se bywoning en voorbereiding het verbeter; Durban Suid het vordering gemaak met toerusting en inskakeling van katkisante by die jeugaktiwiteite; Empangeni het die voogdestelsel in stand gehou; Richardsbaai se ouerbetrokkenheid het verbeter; Pinetown het die opsig van die wyksouderling ten opsigte van Kategese opgeskerp.
Die volgende take en doelwitte geniet voortgesette aandag van komitees: Durban Suid poog om katkisante steeds meer te laat inskakel by jeugaktiwiteite; Empangeni wil steeds hulle kategesebywonig verbeter; Laer Suidkus wil al die wyksouderlinge waar swak bywoning is, skriftelik in kennis stel en verwag dan 'n skriftelike verslag van hierdie lede; Richardsbaai wil steeds aandag gee aan kategeselokale en ouerbetrokkenheid.
Die kategesepligtiges in die ring se gesindheid en vordering is baie goed en die ringsgemeentes se gesindheid jeens kategese is bevredigend. Ons is dankbaar dat die Here hierdie deel van die kerk se werk steeds seën.
AANBEVELING
1. Dat die verslag van die Ringskomitee vir Kategese aanvaar word.
2. Dat elke gemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir die kategese in die gemeente en dat sodanige doelwitte voortdurend deur die kerkraad gemonitor word.
5.2 SCRIPTURA 2001
Die 2000 uitgawe van Scriptura is reeds aan gemeentes besorg.
AANBEVELING
1. Dat die vergadering met dank kennis neem van die verskyning van Scriptura 2000.
2. Dat die gemeente Durban Suid bedank word vir die borg van Scriptura 2000.
3. Dat die 2001 uitgawe van Scriptura per besluit van die 45ste Ringsvergadering deur die gemeente Laer Suidkus geborg word.
4. Dat Ds J Pieterse as redakteur van Scriptura 2001optree.
5. Dat predikante van die Ring versoek word om vir Scriptura 2001 twee preke deur te gee waarvan een tydens Advents- en Lydingstyd gebruik kan word.
MOTIVERING: dit gebeur dikwels dat gemeentepredikante juis tydens hierdie kerklike feestye met vakansie is.
6. Dat genoemde preke die redakteur voor of op 31 Augustus 2000 bereik.
5.3 APOSTOLAAT
5.3.1 Die volgende studiestuk is deur die Raad vir Apostolaat deurgegee vir bespreking tydens die Ringsvergadering. 'n Afgevaardigde van die Raad (Dr WAJ van Schoor) sal die vergadering breedvoerig toelig oor die nuwe struktuur en Apostolaat in die Kerk.
APOSTOLAAT EN DIE NHKA
1. DIE APOSTOLAATSOPDRAG
Die Raad vir Apostolaat is van oortuiging dat die NHKA die apostolaatsopdrag vanuit die gedagte van die Missio Dei moet benader. Sending word op grond van hierdie gedagte gesien as die inisiatief en die werk van die Drie-enige God waaraan die NHKA moet deelneem.
Die Raad vir Apostolaat sal dit goed vind indien ons in ons Kerk van nou af aan, van die Apostolaat, as deel van die wese van die kerk sal praat. Dit is ons vaste oortuiging dat ons nie langer van die apostolaat as n funksie of selfs n wesenlike funksie van die kerk moet praat nie. Hierdie taalgebruik sal altyd die moontlikheid oop laat dat die Kerk kerk kan wees sonder om aan die apostolaatsopdrag gehoorsaam te wees.
Die Raad wil dit onder die Kerk se aandag bring dat hy op grond van die Niceense geloofsbelydenis bely dat die apostolisiteit een van sy wesenskenmerke en of wesenseienskappe is. Hierdie belydenis beteken minstens dat die kerk die opdrag aanvaar om die boodskap van die apostels oor Jesus Christus (wat ons uit die Woord verneem) die wêreld in te dra.
2. DIE APOSTOLÊRE VISIE VAN DIE NHKA SOOS VERWOORD IN SY KERKORDE
Die belydenis van die Kerk aangaande sy apostolisiteit word in terme van n konkrete visie in die Kerkorde (op grond van sy besondere hoor van die Skrif) uitgespel. Die Kerkorde se uitsprake oor die apostolaatsopdrag spel vir lidmate, ampsdraers en vergaderings uit hoe ons kerk wil wees, en wat minstens gedoen moet word, indien ons aan ons belydenis getrou wil bly. Die volgende verwysings is van belang.
2.1 Die onderliggende sendingbewussyn
n Mens sal met reg kan sê dat die apostolaatsteologie een van die fondamente van die nuwe Kerkorde is. Daar kan na die volgende voorbeelde verwys word:
- Op die titelblad staan: 'Die roeping van die kerk is om die blye boodskap van Jesus Christus ... in die wêreld te verkondig'.
- In Ordereël 1.3.1 word gestel: 'Die geloof wat ons bely ... word deur die verkondiging na alle mense uitgedra'.
- In Ordereël 1.4.5 sê ons: 'Ons bly aan ons belydenis getrou deur ... die evangelie met woord en daad na alle mense te bring'.
OPMERKING
- Die NHKA wil volgens die Kerkorde n kerk wees wat na buite gerig is. n Kerk met ander woorde wat bestaan ter wille van die wêreld. Ons wil onder geen omstandighede net na binne gerig wees nie. Ons wil nie net op sekere mense en groepe gerig wees nie, maar op die wêreld; die wêreld wat besig is om verlore te gaan.
2.2 Die ampte en die apostolaat
Die uitvoering van die apostolaatsopdrag word aan die verskillende ampte opgedra.
- Ten opsigte van die predikante word in Ordereël 2.1.5 (e) gesê: ' Die predikant verrig gemeentelike dienswerk deur ... die evangelie uit te dra na alle mense'. Verder word in Ordinansie 2.1.5(xi) gesê: 'Predikante in gemeentes rus ampsdraers en lidmate toe vir hulle sending- en evangelisasietaak en doen dit ook self.
- Ten opsigte van die ouderlinge word in Ordinansie 2.3.11 gesê: 'Ouderlinge evangeliseer kerkvervreemdes en kerkloses'.
-Ten opsigte van die diakens word in Ordinansie 2.4.4 gesê: 'Diakens bewys barmhartigheid aan lidmate in die gemeente en aan die gemeenskap.
OPMERKINGS
Die Hervormde predikante is volgens die Kerkorde ook sendelinge. Hulle is veronderstel om saam met die gemeente sending- en evangelisasiewerk te doen. Hulle kan die gemeente slegs dán met sukses toerus vir hierdie taak wanneer hulle self aktief betrokke is by die werk.
Die ouderlinge het ook n apostolêre taak. Hulle taak is nie beperk tot die opsig oor die wykslidmate nie. Hulle is volgens die Kerkorde ook evangeliste.
Die diakens se taak is ook nie beperk tot binne-gemeentelike take nie. Hulle moet, in lyn met die gelykenis van die barmhartige Samaritaan, barmhartigheid aan alle mense bewys. Terwyl dít gedoen word, moet dit in gedagte gehou word dat die bewys van barmhartigheid, ook n gestalte van evangelieverkondiging is.
Die Kerkorde verwag dus van die ampsdraers van die gemeente om die evangelie die wêreld in te dra. Ampsdraers wat hulle sendingroeping nie wil nakom nie, sal ongehoorsaam wees aan hulle eie Kerkorde.
2.3 Die vergaderings van die ampte en die apostolaat
Die ouderlingevergadering het volgens Ordinansie 3.1.2(xvi) die verantwoordelikheid om opsig te hou oor die uitvoering van die apostolaatsopdrag.
Volgens Ordinansie 4.4.2(iii)(a) voer die Gemeentevergadering gesprek oor die vervulling van die priesterskap van die gelowiges.
OPMERKINGS
Die ouderlingevergadering is nou verantwoordelik vir die uitvoering van die apostolaatsopdrag.
Hierdie verantwoordelikheid kan nie langer aan n kommissie of groep belangstellendes oorgelaat word nie.
Die gemeente as geheel word met hierdie opdrag belas. Die veronderstelling is dat die gemeentelede, tydens n gemeentevergadering, met mekaar sal praat oor hulle getuienistaak in die wêreld (n ander woord vir priesterskap van die gelowige). Al die gemeentelede moet by hierdie gesprek betrek word. Van die kategesekinders tot die senior lidmate het n apostolêre roeping.
2.4 Apostolaat, gemeente en gemeentevorming
In Ordereël 4 word gesê: 'Die Kerk is n volkskerk ... wat geroepe is tot die verkondiging van die evangelie ... aan alle mense'.
Ordinansie 2.1.17.2 sê: ' Die Alg Kerkverg, ringsverg of kerkraadsverg kan n predikant of proponent vir n bepaalde of onbepaalde tyd vir n besondere opdrag benoem.
Ordinansie 4.1.16 bepaal dat andersoortige gemeentes deur n ringsvergadering of die Alg Kerkverg gevorm/gestig kan word.
OPMERKINGS
Volgens die Kerkorde behoort n Hervormde gemeente n gemeente met n sendingbewussyn te wees. Dit behoort n gemeente te wees wat nie net op homself gerig is nie, maar op die wêreld.
Een van die implikasies van bogenoemde Ordinansies is, dat n predikant of n proponent vir n tyd as sendeling êrens kan gaan werk, in opdrag van n bepaalde vergadering. n Gemeente kan uit hierdie sendingwerk tot stand gebring word. Hierdie gemeente kan bestaan uit mense van verskillende kulture en tale. n Ander implikasie is dat daar bv in n middestadsgebied saam met n predikant of proponent van die HKSA gewerk kan word. Uit hierdie arbeid kan ook n totaal eiesoortige gemeente ontstaan.
2.5 Die verskillende aspekte van die apostolaatsopdrag
Die Kerkorde (Ordinansies 5.7 - 5.9) spel vir ons die omvang van die apostolaatsopdrag in genoegsame detail uit. Verskillende aspekte word uitgelig waaraan die Kerk aandag moet gee.
2.5.1 Evangelieverkondiging in die Kerk
Alhoewel dit nie pertinent in die Kerkorde staan nie, behoort almal te besef dat sending in die Kerk self begin. Die verkondiging en prediking is op alle lidmate se ongeloof en kleingeloof gerig. Die eerste plek waar bekering moet plaasvind, is in die Kerk self.
2.5.2 Kerkvervreemdes en kerkloses
Die Kerk (lidmate, ampsdraers en vergaderings) het die verantwoordelikheid om die kerkvervreemdes en kerkloses te evangeliseer, met die bedoeling dat hulle weer in die K(k)erk opgeneem sal word.
2.5.3 Ongelowiges buite die kerk
Die Kerk (lidmate, ampsdraers en vergaderings) het die opdrag om die evangelie in woord en daad na die ongelowiges te bring. Ongelowiges is diegene wat geen godsdiens aanhang nie, aan ideologieë, filosofieë, wêreldbeskouings en dwaalleringe vashou wat met die Woord van God in stryd is. Die Kerk bestry die oortuigings van hierdie mense, en beoefen die apologie, met die bedoeling om hulle vir die koninkryk van God te wen.
2.5.4 Aanhangers van ander godsdienste
Die Kerk het die verantwoordelikheid om mense wat aanhangers van ander godsdienste is, van die waarheid van die evangelie te oortuig. Selfs die Jode is nie uitgesluit van die sendingtaak van die Kerk nie. Jesus moet as die Christus ook aan hulle verkondig word.
2.5.5 Die noodsaak van Hervorming
Die apostolêre taak van die K(k)erk is om die evangelie na alle mense uit te dra. Die K(k)erk self is dikwels n belemmering in hierdie verantwoordelikheid. Om hierdie rede moet die Kerk sy Reformatoriese taak / hervormingstaak ten opsigte van homself en ander kerke voortsit.
2.5.6 Die Bybel
Aangesien apostolisiteit van die kerk ten diepste beteken: 'die kerk dra die Woord uit', het die Kerk die verantwoordelikheid om mee te werk aan die vertaling, produsering en verspreiding van die Woord van God.
2.5.7 Getuienisse
Om getuienisse teenoor die gemeenskap en die owerhede te lewer, is n onmisbare element van die apostolêre taak van die Kerk. Alle lidmate, ampsdraers en vergaderings van die ampte het die verantwoordelikheid om hierdie getuienisse te lewer.
OPMERKING
Die Kerkorde wil die Kerk aanspoor om sy apostolaatsopdrag uit te voer. Almal word gevra om daarop te let hoe Ordinansie 5.7 geskryf is. Daar word gesê: 'Die Kerk dra die evangelie uit na alle mense.... Die Kerk doen evangelisasie ... Die Kerk, Die Kerk, Die Kerk ... Die Kerk kan sy verantwoordelikhede nie langer oorlaat aan n instelling, organisasie of komitee nie. Hy moet bv self Bybels versprei. Hy kan en mag dit nie oorlaat aan `n organisasie en of genootskap nie. Die Kerk as geheel sal nou besig moet raak met maatskaplike/etiese probleme. Hierdie verantwoordelikheid kan nie op n paar belangstellendes, of n komitee of n raad afgeskuif word nie. Die lidmate, die ampsdraers en die vergaderings het die verantwoordelikheid om self aan hierdie taak uitvoering te gee. Komitees en rade moet slegs dán in die lewe geroep word wanneer die omvang van die werk dit noodsaak.
3. APOSTOLÊRE BELEID
3.1 Die werklikhede van SA
Die werklikhede van hierdie land is dat daar mense is wat verskillende tale praat en verskillende gedrags- en kultuurpatrone openbaar. Dit maak dit vir die Kerk baie moeilik om self die evangelie na almal te probeer uitdra. In die lig van hierdie werklikhede is dit wys om in vennootskap met die HKSA die evangelie na ander Afrikatalige groeperinge (buiten die Afrikaanstalige groeperinge) uit te dra.
3.2 Die HKSA
Die HKSA (wat vrug van die sendingwerk van die Kerk is) is die NHKA se sendingvennoot. Die Kerk wil die evangelie na Afrikataliges uitdra met hulp van en in samewerking met die HKSA. Die NHKA kan byvoorbeeld Bybels met behulp van die HKSA versprei, barmhartigheidswerk met behulp van die HKSA doen etc etc. Die Kerk wil met behulp van en in samewerking met die HKSA Afrikatalige mense wat aan die tradisionele Afrika godsdienste gebonde is, ongelowig is, aan anti-Christelike wêreldbeskouings, filosofieë, utopieë en ideologieë vasklou, bekeer en in die kerk laat opneem.
Die implikasie van bogenoemde is dat die NHKA en die HKSA primêr in n apostolêre en eers sekondêr in n ekumeniese verhouding tot mekaar staan. Die NHKA het daarom `n onlosmaaklike verbintenis met die HKSA. Die onlosmaaklikheid van die verbintenis is nie alleenlik vanweë die historiese bande nie, maar ook vanweë die gesamentlike verpligting om die evangelie in Afrika in te dra. Onder geen omstandighede mag die verbintenis tussen die NHKA en die HKSA ligtelik opgesê word nie.
In die verlede is daar sterk gekonsentreer op die onafhanklikheidswording en selfstandigwording van die HKSA. Vandag moet die verworwe onafhanklikheid en selfstandigheid wel gerespekteer word, maar daar moet ook gekonsentreer word op die eenheid, interafhanklikheid en gemeenskaplikheid van die twee kerke. In die lig hiervan ondersteun die NHKA die HKSA sover moontlik, en werk hartlik en broederlik met hom saam. Samewerking met en ondersteuning van die HKSA geskied op alle vlakke van die kerklike lewe. Begeleiding en motivering van, leiding, ondersteuning en hulp aan die HKSA is die hele NHKA (van die Alg Kerkverg tot die individuele lidmaat) se verantwoordelikheid. Hulp aan, en samewerking met die HKSA moet omvattend verstaan word. Almal kan op alle terreine van die kerklike lewe met die HKSA saamwerk. Die besef moet groei dat die HKSA die hele NHKA se verantwoordelikheid is. In die lig van bogenoemde moet besef word dat samewerking en ondersteuning van die HKSA nie by finansiële ondersteuning begin en eindig nie. Finansiële ondersteuning is maar een faset van ondersteuning. Die broederlike en geestelike ondersteuning en samewerking is die eintlike sake wat aandag moet kry.
3.2.1 Die subsidie aan die HKSA
Daar is in die laaste dekades groot bedrae geld aan sendingwerk bestee. Daar is egter ook op n skouspelagtige wyse ingekort en bespaar. Die volgende gegewens behoort vir u n idee te gee waarvan gepraat word: In 1989 is daar R1,648,860 begroot vir die sending. R923,882 vir sendingkantoor/HKS en R724,978 vir die HTO. In 1995 is daar R2,519,598 begroot vir die sending. R1,290,204 vir sendingkantoor/HKSA en R1,229,394 vir die HTO. In 1999 is daar R2,059,990 begroot vir die sending. R1,206,758 vir sendingkantoor/HKSA en R853,232 vir die HTO.
Die Raad vir Apostolaat is van oortuiging dat die subsidie aan die HKSA op n meer verantwoordelike wyse bestuur moet word. Die HKSA is in die verlede met n bepaalde bedrag gesubsidieer (in 1999 met R864,000-00). Hierdie subsidie word deur die HKSA self onder sy predikante verdeel. Ons is van mening dat daar op die subsidie ingekort moet word, en dat hierdie wyse van subsidiëring tot n einde moet kom. Die Raad sal toesien dat die subsidiebedrag met 10% per jaar verminder sal word (hierdie is trouens n reëling wat al in die vorige termyn begin is). Ten opsigte van 1999 ontvang die HKSA dus slegs R773,600-00 en nie R864,000 nie. In 2000 ontvang hulle slegs R699,840 en in 2001 slegs R629,856. Die rede is eenvoudig: die Kerk kan hierdie reuse subsidie nie bekostig nie. Die Raad wil die wyse van subsidiëring op die volgende wyse hanteer: Vanaf 2000 wil ons begin om saam met die HKSA oor die toedelings van subsidie te besluit. Die 'Komitee vir skakeling met die HKSA' sal saam met die Moderamen van die HKSA besluit oor toedelings. In 2000 sal dit grootliks gaan om n werkswyse uit te klaar. Dit kan dus verwag word dat elke standplaas nog steeds gesubsidieer sal word. In die loop van 2000 moet hierdie gesamentlike komitee aan die hele HKSA die toekomstige werkswyse verduidelik. Vanaf 2001 gaan die NHKA nie meer outomaties elke standplaas subsidieer nie. Daar sal vir bepaalde projekte aansoek gedoen moet word. Die gesamentlike komitee sal oor die aansoeke besluit. Voorkeur sal verleen word aan predikante / sendelinge wat so pas afstudeer het. Hulle sal oor n tydperk van ongeveer 5 jaar gehelp word om finansieel te oorlewe. Die bedoeling sal wees dat hulle na hierdie ongeveer 5 jaar finansieel in hulle eie behoeftes sal kan voorsien. Die konsekwensies gaan wees, dat predikante en gemeentes wat nie werk nie, nie meer subsidie sal ontvang nie. Daar sal behoorlike kontrole oor predikante en hulle werk kom. Predikante en gemeentes gaan gedwing word om finansieel onafhanklik te word. Ons sal verantwoording kan doen van ons eie geld. Die bedoeling is dus nie om alle finansiële bystand aan die HKSA te staak nie. Die HKSA moet slegs op n ander wyse finansieel gehelp word. Die Algemene Kerkvergadering van 2001 sal gevra word om n bedrag te begroot vir die apostolaatsopdrag, wat bystand aan die HKSA sal insluit.
Die Raad vir Apostolaat sal hom daarvoor beywer dat finansiële bystand in die toekoms nie tot die sinodale heffing beperk sal word nie. Ringe, gemeentes en lidmate sal aangemoedig word om self en selfstandig die HKSA by te staan. Hierdie bystand hoef ook nie beperk te word tot n finansiële bydrae aan die predikant nie. Bepaalde projekte of inisiatiewe kan gesubsidieer of ondersteun word, en wel op verskillende wyses.
3.3 Die HTO
Soos reeds gesê, doen die NHKA sending in Afrika met behulp van en in samewerking met die HKSA. Die NHKA moet daarom voortgaan om in terme van die Bybels-Reformatoriese teologie, studente aan die HTO, in samewerking met UP, op te lei vir dienswerk in die HKSA (of n ander kerk). Hierdie dienswerk kan neerkom op die werk van predikante, sendelinge, ouderlinge en ander funksionarisse van die kerk. Die opleiding word gekenmerk deur sy sendinggerigtheid en sy gerigtheid op die Afrika-problematiek. Die onderrig aan die HTO geld ook as oorbruggingsonderrig na UP. Een van die verantwoordelikhede van die HTO is om in samewerking met UP voortgesette teologiese opleiding aan die ampsdraers van die HKSA te bied.
In-diens-opleiding van ampsdraers, funksionarisse en lidmate van die HKSA is ook n verantwoordelikheid van die HTO. Diakonaat in terme van gemeenskapsdiens word deur die HTO beoefen. Die HTO speel ook n belangrike rol in die opbou van die HKSA. Kongresse en konferensies van byvoorbeeld die sustersvereniging en die jeug word by die HTO aangebied. Die HTO voorsien ook in die godsdienstige behoeftes van die gemeenskap deur byvoorbeeld Bybelskole aan te bied.
3.3.1 Befondsing
Finansiële voordele vir studente
Studente studeer feitlik gratis aan die HTO (R600 per jaar). Studente kry gratis losies en 1 maaltyd per dag; ontvang n maandelikse toelae van R170-00 vir 10 maande; ontvang reisgeld om vakansies huis toe te gaan; ontvang n toga ter waarde van R300 van die HTO wanneer hulle afstudeer. Studente wat voltyds besig is met Honneurs of M-studies kan indien daar plek is, ook by die HTO inwoon, sonder die byvoordele van die ander studente. Studente wat beurse van UP en of die RGN ontvang sal nie op al hierdie voorregte kan aanspraak maak nie. Hulle sal volgens n bepaalde formule moet bydra. Dieselfde geld vir studente wat finansieel vermoënd is.
Finansiële teenprestasies van die studente.
Studente betaal tans klasgelde ten bedrae van R600 per jaar (hierdie bedrag sal reëlmatig verhoog word); betaal hulle boekeskuld oor n tydperk van 5 jaar aan die HTO terug; moet vir minstens 5 jaar in diens van die HKSA (en of die NHKA) wees voordat hulle sonder enige finansiële implikasies die bediening vaarwel kan toeroep. Persone wat voortydig die amp vaarwel toeroep, betaal die NHKA die helfte terug van die bedrag wat dit gekos het om hom vir een jaar op te lei, en wel vir elke jaar wat hulle minder as 5 jaar vir die kerk werk.
Beroepsverwagtinge
Studente word nie opgelei met die verwagting om n beroep na n gevestigde gemeente te ontvang nie. Dit beteken vanselfsprekend nie dat hulle nie beroepe mag en kan ontvang nie. Studente word voorberei om as n gestuurde sendeling te gaan werk. Om hierdie rede sal daar met die HKSA ooreengekom word om proponente in sekere gemeentes te orden met die opdrag sending in n bepaalde gebied.
Geldelike verwagtinge
Die NHKA subsidieer, vanaf 2001 (maar verkieslik vanaf 2000, indien daar met die HKSA oor hierdie saak ooreengekom kan word), afgestudeerdes oor n tydperk van ongeveer 5 jaar. Die NHKA besluit hieroor in konsultasie met die HKSA. Die subsidie-bedrag word jaarliks deur die Raad vir Apostolaat en die Moderamen en die Raad van Finansies van die HKSA bepaal. Hierdie subsidie sal veral gaan aan jong predikante wat gemeentestigtend en of gemeente-uitbreidend wil gaan werk. Die subsidie-bedrag word jaarliks verminder. Op hierdie wyse word predikante (en gemeentes) gedwing om finansieel onafhanklik te word. Indien daar nie bevredigend gewerk word nie, word die subsidie gestaak. Studente word dus met die wete opgelei dat hulle nie vir ewig deur die NHKA finansieel gedra kan word nie.
Die NHKA as geheel (vanaf die Raad van Finansies tot by individuele lidmate), maar veral die HTO, gee opleiding oor hoe finansiële selfstandigheid bereik kan word.
Besparing
Dit is bekend dat die HTO onlangs dramaties gerasionaliseer het wat die Kerk duisende rande bespaar. Die HTO gaan poog om in die toekoms nog verder te bespaar. Elke pos sal herevalueer word, en indien n bepaalde pos oorbodig bevind word, sal dit so gou as moontlik uitfaseer.
Borgskappe sal gesoek word. Beurse en subsidies vir studente sal onderhandel word (indien daarin geslaag kan word om die HTO by UP te akkrediteer).
3.4 Andersoortige gemeentes
Op grond van die Kerk se sendingwerk, wat hy alleen en selfstandig, en of in samewerking met die HKSA doen, kan daar gemeentes ontstaan wat nie eiesoortig aan ander gemeentes van die NHKA of die HKSA is nie. Die Kerk laat in sy Kerkorde (Ordinansie 4.2) daarom ook ruimte vir die vorming van andersoortige gemeentes wat n tuiste kan bied aan mense wat nie tuis sal wees in n tipiese NHKA en of HKSA gemeente nie.
Gemeentes, kerkrade en predikante wat van oortuiging is dat hulle self onder die Afrika-taliges moet werk, kan dit gaan doen. Niks verhoed hulle om hulle eie gemeentes in 'andersoortige gemeentes' te omskep nie. Hulle sou ook kon besluit om enige student (Wit, Swart Kleurling, Indiër) te subsidieer om volledig aan UP (of n ander universiteit) te gaan studeer. Mense wat dus nie met die Kerk se tradisionele sendingbeleid saamstem nie, het nou die vryheid om te gaan doen wat hulle meen wat reg is. Hulle bly egter gebind aan die besluite van die Alg Kerkverg.
3.5 Besinning, leiding en toerusting
Die Kerk sal net dan na behore uitvoering kan gee aan die apostolaatsopdrag, -visie, en -beleid, wanneer daar behoorlike besinning leiding en toerusting bestaan. Om aan bogenoemde uitvoering te gee, wys die Algemene Kommissie n Raad vir Apostolaat aan wat hom op sy beurt weer laat bystaan deur n aantal komitees, te wete die komitees vir: missionaat, sending (skakeling met die HKSA), kultuurkritiek, Bybelvertaling, -produksie en -verspreiding, emigrasie en immigrasie, getuienisse teenoor die gemeenskap en die owerhede, getuienisse teenoor mense in inrigtings, godsdienste, hervormng, Jode-sending, sensus en statistiek en toerusting.
Die Raad vir Apostolaat besin saam met sy komitees oor: die wese en aard van die apostolaatsopdrag; die probleme en vraagstellings rakende die apostolaatsopdrag; die metodes wat aangewend moet en kan word om uitvoering te gee aan die apostolaatsopdrag; visie en -beleid; struikelblokke in die wêreld wat aanleiding gee tot ongeloof en buitekerklikheid.
Die Raad vir Apostolaat gee met behulp van sy komitees leiding aan die Kerk oor: die uitvoering van die apostolaatsopdrag, -vise, en -beleid; spesifieke probleme en vraagstukke; die aanwendbare metodes.
Die Raad vir Apostolaat voorsien met behulp van sy komitees genoegsame toerustingsmateriaal aan die Kerk ten opsigte van hierdie aangeleentheid.
Die Raad vir Apostolaat sien toe dat die HKSA in berekening gehou word ten opsigte van die besinning, leidinggewing en toerusting.
Verteenwoordigers van die Raad vir Apostolaat besoek jaarliks die ringsvergaderings.
4. GEMEENTELIKE EN RINGSTRUKTURE
Die lidmate, ampsdraers en vergaderings van die ampte is verantwoordelik vir die uitlewing van die apostolaatsopdrag. Apostolaat, het ons gesê, hoort tot die wese van die kerk. Om hierdie rede moet die volle omvang van Ordinansie 5.7 deur die ouderlingevergadering en die ringsvergadering gehanteer word. Op gemeentevlak is die ouderlingevergadering en op ringsvlak is die ringsvergadering die liggame wat verantwoordelikheid aanvaar vir die uitvoering van die apostolaatsopdrag. Die werk moet nie weer op n komitee of raad afgeskuif word nie.
Die ouderlingevergadering en die ringsvergadering neem verantwoordelikheid vir die volle spektrum van die apostolaat (van valse leerstellings tot Bybelverspreiding). Die voorsitter van die ouderlingevergadering neem die leiding in sake rakende die apostolaatsopdrag op gemeentevlak. Die voorsitter van die ringsvergadering neem die leiding in sake rakende die apostolaatsopdrag op ringsvlak.
Die tradisionele sendingwerk/ die werk in samewerking met die HKSA kan egter in sekere gemeentes en sekere ringe spesiale rade en komitees benodig. Hierdie werk kan só omvattend en gespesialiseerd wees, dat n gemeentelike sendingkomitee en n ringsraad vir sending wel benodig mag word. Die ouderlingevergadering kan n gemeentelike sendingkomitee aanwys. Die ringsvergadering kan n ringsendingraad met n ringsuperintendent aanwys. Dit is geen verpligting nie. Hierdie komitee en raad bly egter verantwoordelik aan die ouderlingevergadering en die ringsvergadering. Wat onthou moet word, is dat waar daar geen HKSA gemeente in die omgewing is nie, dit nie beteken dat n gemeente en of ring nie aan sending onder Afrikataliges aandag moet gee nie. Ook beteken dit nie dat hulle nie n sendingtaak het nie.
Die Raad vir Apostolaat skakel met die ringskriba en die sekretaris van die ouderlingevergadering.
5. DIE SENDINGSUPERINTENDENT
Werkopdrag
Hy is verantwoordelik vir die bestuur van die subsidie aan die HKSA; is raadgewer aan die HKSA; is verantwoordelik vir in-diens-opleiding van funksionarisse, kerkrade, ringe en kommissies; is verantwoordelik vir die bevordering van die dienswerk van en in die HKSA; is verantwoordelik vir geldelike en stoflike belange van die NHKA wat benut word deur die HKSA; bedien die NHKA met die nodige inligting en advies oor die HKSA; bevorder die samewerking tussen die NHKA en die HKSA; is op n ondersteunende wyse verantwoordelik vir die nie-akademiese sake van die HTO; is n deeltydse dosent aan die HTO.
6. VERSLAGGEWING
Die ouderlingevergaderings doen jaarliks verslag aan die ringsvergaderings. Die ringsvergaderings doen jaarliks verslag aan die Raad vir Apostolaat. Die Raad vir Apostolaat doen jaarliks verslag aan die Algemene Kommissie en aan die einde van die termyn aan die Alg Kerkverg.
AANBEVELING:
5.3.2 Die Ekumeniese arbeid van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
Ekumeniese eenheid neem verskillende gestaltes aan. Ouderlinge- en ringsvergaderings behoort toe te sien dat die volgende sake in gemeentes aandag geniet:
Dr G van Wyk
AANBEVELING
1. Die vergadering neem die verslag ter tafel en lewer kommentaar.
2. Die vergadering dra dit op aan elke gemeente om hierdie verslag as basis te laat dien van sy ekumeniese arbeid.
3. Die vergadering aanvaar hierdie verslag.
5.3.3 CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE
5.3.3.1 VERSLAG VAN DIE VOORSITTER VAN DIE DURBAN KOMITEE
JAARVERSLAG VAN DIE DURBAN KOMITEE
vir die tydperk Augustus 1998 tot Augustus 1999
2. Samestelling van die komtee
Die Durban komitee het bestaan uit:
Di. T Dreyer (v/s), H La Grange (o v/s) W van Schoor -- en vanaf Februarie, Mev W Smith (sekr), Mev R Dirker, Mnr F Maritz, Mnr C van der Westhuizen en Mnr en Mev du Plessis. Ds v Schoor het bedank.
3. Werkers
Die Christelike Seemansorganisasie - Durban het hierdie jaar twee hawesendingwerkers gehad asook een dame om die kantoor te beman.
Prop. N van Rensburg is reeds vir 'n geruime by ons werksaam. Hy is 'n jongman en werk baie hard. Hy is entoesiasties oor sy werk en geniet sy werk. Dit is ook 'n plesier om hom by ons te hê, want behalwe dat hy altyd vriendelik en bedagsaam is, kan mens hom regtig vertrou. Die plaaslike komitee het ook reeds met sy kerkraad in gesprek getree om hulle te versoek om hom ook te orden. Hierdie gesprek is tans nog aan die gang. Sy kerkraad stuur ook gereeld afgevaardigdes na ons komitee vergaderings.
Die komitee is egter net bekommerd dat ons hom dalk sal verloor. Daar is reeds met die voorsitter van die Christelike Seemansorganisasie oor die saak in gesprek getree en sal wel, as nie op die jaarvergadering nie, dan wel op 'n ander plek van die Christelike Seemansorganisasie dringende aandag moet geniet.
Dit bekommer ons dat die twee ander vakante poste nie gevul word nie. .
Nadat die saak nie meer verder uitgestel kon word nie, is Ds E Mthembu, per besluit van die '98 jaarvergadering, aangestel. Die komitee het reeds by die vorige jaarvergadering berig dat ons nie heeltemal tevrede met sy werk is nie. Ons vertrou dat dit net aanpassingsprobleme was. Die komitee moes egter, na drie mondelingse waarskuwings, hom reeds ook 'n skriftelike waarskuwing van ontslag gee nadat hy na drie weke nie in die hawe opgespoor kon word nie. Dit blyk ook dat hy fiktiewe verslae en syfers aan die kantoor deurgee. Die komitee monitor sy werk baie fyn.
Dit bly steeds 'n groot behoefte van die komitee om die twee vakante poste gevul te kry.
Ons is egter dankbaar om te kan meedeel dat ons, na die vertrek van Dr Wimpie van Schoor weer iemand in ons sekretariële pos kon aanstel. Mev Wilma Smith is aangestel en het gou ingeskakel. Sy is 'n ware aanwins vir ons kantoor. Dinge gebeur nou en alles loop vlot.
4. KANTOOR
Nadat ons byna 'n jaar ons kantoor beset het, was dit weer trek tyd. Die maandelikse onkoste m.b.t. die bedryf van die kantoor het net te duur geword (R2,300 p.m.). Verder was daar ook 'n probleem met parkering. Daar is ook by drie afsonderlike geleenthede by die Christelike Seemansorganisasie se motor ingebreek.
Die groot en belangrike nuus is natuurlik die nuwe kantoor!! Baie dankie aan die jaarvergadering wat dit goedgekeur dat ons 'n huis mag aankoop en omskep as kantoor vanwaar ons sal kan opereer. Ons is baie trots op die plekkie en nooi graag almal uit om by ons te kom kuier. Ons kan hier vir die eerste keer weer groepe en seelui ontvang. Donateurs is veral welkom.
5. VERGADERINGS
Vergaderings is gereeld op 'n ses-weeklikse basis gehou. Gereelde sake op die agendas was: Werkersverslae, Personeel, Motors en Finansies.
6. MOTOR
Die Corsa is pragtig en lyk goed op die oog af. Hy beantwoord aan ons behoeftes. Ds v Rensburg pas hom goed op. Die vraag op ons gemoed is wat ons te doen staan as die vakante poste gevul word. Dan sal daar nog 'n motor voorsien moet word. Ons moet ook beplan vir vervoer vir Ds E Mthembu.
7. BIBLIA -Durban
'n Enkele vrou, Mev Marietje Beukes is aangestel as werker by Biblia en deel ook tans ons kantoor. Sy en Ds v Rensburg werk goed saam en hulle vul mekaar goed aan. Aanvanklik het Marietjie sonder vergoeding gewerk, maar sedertdien het sy 'n salaris begin ontvang vanaf Biblia.
Baie dankie
Ds T F Dreyer
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor CSO aanvaar word.
5.3.3.2 CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE Richardsbaai
5.4 BYBELVERTALING EN BYBELVERSPREIDING
5.4.1 JAARVERSLAG VAN DIE SEKRETARIS IN KERK-VERBAND BY DIE BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA (BUITE TRANSVAALSTREEK) VIR VOORLEGGING AAN DIE 1999 RINGSVERGADE-RINGS VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA VIR DIE TYDPERK 1 NOVEMBER 1998 TOT 31 OKTOBER 1999.
1. INLEIDING
"Die land het sy oes gelewer
God, ons God, het ons geseën.
God het ons geseën
Die mense op die hele aarde
moet Hom eer"
Psalm 67 vers 7 & 8
Saam met die Psalmdigter wil ons inderdaad opnuut bevestig dat die Here ons geseën het. God het deur die werking van Sy Gees in die harte van al ons kerke en donateurs, hulle hande oopgemaak sodat Sy werk, en die uitbreiding van Sy Koninkryk kon groei en voortgaan.
Elkeen van ons by die Bybelgenootskap was maar net instrumente in Sy hand om hierdie Koninkrykswerk te kon doen. Foute en tekortkominge het maar daagliks na vore gekom, maar tog kan ons terugkyk op 'n jaar met wonderlike resultate.
Mag ek dit weer beklemtoon - spanwerk en nogmaals spanwerk. Geen sukses kan behaal word as daar nie ook skouer aan die wiel gesit word nie. Geen spanpoging kan slaag, as daar nie ook harmonie en samewerking te midde van ons tekortkominge is nie.
Daarom 'n groot dankie aan elkeen wat deel was van hierdie poging.
Hierdie jaar is Bibliathon-jaar en groter eise gaan aan ons gestel word. Mag die Here aan elkeen van ons genoeg lewenskragte en oorvloedige genade skenk om waardige arbeiders in Sy akker te kan wees.
2. BYBELVERTALING
Gedurende die verslagjaar het die Bybelgenootskap Bybelpublikasies in 17 tale hanteer: Afrikaans, Chewa, Engels, Kalanga, Ndonga, Noord-Sotho, Portugees, Shona, Swati, Suid-Ndebele, Suid-Sotho, Tshwa, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu.
'n Aantal voortgesette projekte was gedurende 1999 in verskillende stadiums van vordering -
AFRIKAANSE BYBELS VIR DOWES
Die Vertalingskomitee gaan voort met die vertaling van die Bybel vir Dowes. Die komitee is tans besig om Daniël en die 12 Klein Profete (Hosea tot Maleagi) vir publikasie in September 2000 te finaliseer.
SUID-NDEBELE BYBEL
In Januarie 1999 is 'n vertalingspan by die Universiteit van Pretoria gevestig om die Ou Testament in Suid-Ndebele te vertaal. Suid-Ndebele is die enigste amptelike taal in Suid-Afrika wat nog nie oor 'n volledige Bybel beskik nie.
NOORD-SOTHO BYBEL
Die vertalers is besig om die teks te finaliseer vir publikasie in die tweede helfte van 2000.
3. PRODUKSIE
1 913 732 Bybels en -gedeeltes (insluitende 867 280 Bybels) is gedruk - 'n toename van 93,30% in vergelyking met die vorige jaar. Hierdie totaal verteenwoordig 13 tale en 19 weergawes van die Bybel.
Daar is 959 ton Bybelpapier teen 'n gemiddelde koste van R9 000 per ton gebruik. 1 Ton Bybelpapier druk � 1000 Bybels.
Vyf nuwe publikasies is vir Afrikalande gepubliseer: twee nuwe Chewa Bybels vir Malawi en Zambië; 'n Engelse Bybel (TEV) vir Nigerië; die Kalanga Nuwe Testament vir Botswana en die Seselwa Nuwe Testament vir die Seychelle Eilande. R400 000 is vir Bybels aan Bybelgenootskappe in buurlande bygedra plus 'n verdere R200 000 in die vorm van addisionele korting. Produksie vir Afrikalande het in 1999 'n nuwe rekord daargestel met die 338 161 Bybels wat voorsien is. Die vorige jaar was die totaal 182 429 - 'n toename van 85,36% . Die aantal Chewa Bybels wat vir Malawi alleen geproduseer is, was 111 181.
Die Bybel - volledig of gedeeltes daarvan - is nou in 2 233 tale beskikbaar.
Ongeveer 2,6 miljoen mense wêreldwyd het verlede jaar vir die eerste keer toegang tot tdie volledige Bybel in hulle moedertaal gekry. Hiervan is ongeveer 1,3miljoen in Afrika woonagtig.
Vier van die vyf tale wat vir die eertste keer Bybels ontvang het is Afrikatale - Azuemina in Tsjad, Kiryol in Guinea-Bissau, Nuer in Soedan en Nzema in Ghana. Die Pakpak Dairisprekendes van Indonesië het ook vir die eerste keer 'n Bybel ontvang.
Hierdie Bybels bring die getal volledige Bybels nou op 371 tale te staan (wêreldwyd). Nege honderd en sestig tale beskik oor 'n Testament en 'n verdere 902 tale oor ten miste een volledige Bybelboek.
Volgens 'n verslag oor die beskikbaarheid van Bybelvertalings wat jaarliks deur die Wêreldbond van Bybelgenootskappe vrygestel word, het altesaam 34 tale verlede jaar vir die eerste keer 'n Nuwe Testament ontvang. Sprekers van die Indiese taal Naga:Maring, die Salomonseilande se Ontong Java en Papoea-Nieu-Guinee se Andelala het ver al rede tot blydskap gehad. Tot en met die verskyning van hulle Nuwe Testamente was daar geen Bybelvertaling in hierdie tale beskikbaar nie.
Vier Afrika-tale het eerste Nuwe Testamente ontvang. In die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van Kongo het Kilfulirisprekendes 'n Nuwe Testament ontvang, terwyl twee tale in Liberië, Klao en Krahn, ook nou 'n Nuwe Testament het. In Uganda het 'n eerste Nuwe Testament in Lusogo verskyn.
Bybelgenootskappe wêreldwyd is tans by 708 Bybelvertalingsprojekte betrokke.
Ten spyte van die 561 miljoen Bybels en Bybelgedeeltes wat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en ander Bybelgenootskappe verlede jaar wêreldwyd versprei het was daar 67 miljoen versoeke om Bybels, waaraan nie voldoen kon word nie.
4. VERSPREIDING
'n Totaal van 1 738 230 Bybels en Bybelgedeeltes is in Suid-Afrika versprei - 'n toename van 41,96% in vergelyking met 1998. Dit sluit 606 421 Bybels en 76 520 Nuwe Testamente in. Hierdie Bybels en Bybelgedeeltes is in 106 tale en 129 weergawes versprei.
Van die volledige Bybels wat versprei is, is 93,9% teen minder as die publikasiekoste beskikbaar gestel. Die gemiddelde verlies op hierdie Bybels en wat die Bybelgenootskap uit bydraes moet betaal, beloop tans R15 per Bybel. Die produksiekoste van 'n Bybel is tans R44.50, maar hy word teen R29.50 beskikbaar gestel, maw 'n verlies van R15 per Bybel.
Die meeste volledige Bybels is versprei in Engels (161 282), Afrikaans (116 751), Zulu (100 097), Suid-Sotho (53 844), Xhosa (46 833), Tswana (37 120), Noord-Sotho (30 994), Tsonga (18 690), Venda (11 863), Portugees (5 831) en Swati (6 649).
Verspreiding in Suid-Afrika volgens kanale: Die volgende ontleding toon die verspreiding van volledige Bybels volgens die onderskeie kanale:
1999 1998
| Algemene Boekhandel | 189 614 | 31% | 225 720 | 33% |
| Christelike Boekhandel | 285 359 | 47% | 283 676 | 42% |
| Totale handel | 474 973 | 78% | 509 396 | 75% |
| Kerke | 106 772 | 18% | 123 396 | 18% |
| Opvoedkundige afsetpunte | 6 936 | 1% | 17 510 | 4% |
| Ander Instansies | 17 740 | 100% | 20 597 | 3% |
| TOTAAL | 606 421 | 100% | 671 283 | 100% |
Die kleinhandel is steeds die grootste verspreiders van Bybels met 78% Bybels wat deur die handel versprei is.
Totale aantal 1993/53 Bybels versprei sedert 1934 = � 6 801 362
Totale aantal 1983 Bybels versprei sedert 1983 = � 2 613 917
In die lig van Bibliathon 2000 is 'n spesiale bedrag van R200 000 bewillig vir Bybels en -gedeeltes
onder gevangenes ('99 - R110 000)
5. BYDRAES:
5.1. BYDRAES UIT DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK:
Ons is bewus daarvan dat ons gemeentes noustrop trek, en dat die ekonomie maar van alle kante af druk. Nogtans het ons 'n pragtige styging in bydraes van die gemeentes en individue in ons streek gehad. My dank aan elkeen vir elke sent wat ons ontvang het.
Bydraes Ontvang: Buite Transvaal
| 1999 | 1998 | |
| KERKRAAD | 287 332.89 | 279 311.30 |
| NHSV | 6 551.00 | 7 376.50 |
| NHJS | 1 191.67 | 1 128.81 |
| KATEGESE | 8 547.19 | 6 051.61 |
| INDIVIDUE | 24 485.00 | 18 806.29 |
| TOTAAL | 328 107.75 | 312 674.51 |
| GEM R/c
PER LIDMAAT |
R8.46 |
R8.09 |
Bydrae: Ned Hervormde Kerk Landswyd
| 1999 | 1998 | |
| KERKRAAD | 874 537.93 | 926 685.24 |
| NHSV | 21 743.21 | 25 926.50 |
| NHJV | 1 191.67 | 1 128.81 |
| KATEGESE | 20 162.55 | 15 755.94 |
| INDIVIDUE | 127 626.56 | 138 281.96 |
| TOTAAL | 1 046 261.92 | 1 107 778.45 |
| Gemiddeld R/c
per lidmaar |
R8.06 |
R8.99 |
6. BESOEKE AAN NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK:
Meeste van my besoeke was aan gemeentes van my kerk waartydens ek dan ook die erediens gelei het. Ek wil weer dankie sê aan elke predikant en gemeente van my streek vir die besondere wyse waarop ek elke keer ontvang is - dit is 'n voorreg om so diensbaar te kan wees.
Ek het ook die ringsvergaderings besoek waartydens ek elke keer die geleentheid gekry het om die vergadering toe te spreek asook my jaarverslag te lewer. Vanjaar het ek ook begin om die predikante vergaderings van die onderskeie ringe by te woon, met die oog daarop om dan spesifiek oor Bibliathon 2000 en die 'Jaar van die Bybel' met hulle te praat. Ek is van mening dat hierdie 'n nuwe kanaal is wat ontgin moet word omdat 'n mens juis by so 'n byeenkoms spontaan en kollegiaal met ander predikante kan verkeer.
7. BEPLANNING
In groot hoofletters - BIBLIATHON 2000!
Saam met al die ander streke van die Bybelgenootskap en onder leiding van ons Hoofsekretaris, ds Gerrit Kritzinger is hierdie projek vir volgende jaar omvattend beplan en het daar al baie ure se harde werk ingegaan om hiervan 'n sukses te maak. Ons streek het reeds 'n hele aantal voorstelle en gedagtes om op te volg en met groot moeite is gepoog om elke gemeente en elke kerkgenootskap in ons streek nie net alleenlik bewus te maak van hierdie projek nie, maar ook om hulle betrokke te kry.
Pakkette met handleidings vir die aanbied van verskeie projekte is aan leraars, pastore en ons Engelse kollegas gestuur. Al hierdie verrigtinge bereik 'n hoogtepunt op 2 September wanneer daar vanuit al die streke 'n 4 ure program op televisie uitgesaai gaan word en elke Christen in Suid-Afrika weer die geleentheid gaan kry om by ons werk betrokke te kan raak. Baie aanvoorwerk is reeds gedoen en ons hoop en vertrou dat dit vir elke streek 'n besondere geleentheid sal wees.
Tog kan ek nie nalaat om te beklemtoon dat ons normale werk ook moet voortgaan nie en dit is net so belangrik. Met Bibliathon 2000 sal ons graag ons donateursbasis wil uitbrei maar ons kan nooit ons bestaande donateurs verwaarloos nie. Daarom word daar van elkeen van ons 'n ekstra poging verwag. Ons vra elkeen se voorbidding hiervoor want ons besef dat dit baie van elkeen gaan verg.
8. DANK
Ek weet dat mensewoorde nie werklik dank aan die Here kan bring soos wat dit moet nie, maar in nederigheid en afhanklikheid aan God sluit ek hierdie verslag af. Sonder al die seëninge wat ons die afgelope jaar ontvang het, kon hierdie verslag so anders daaruit gesien het.
Dankie vir 'n bekwame en lojale span personeellede waarop altyd staatgemaak kan word. Vir my kollega, ds Gerrie van Dyk, en al die personeel - elkeen bereid om ten volle sy gewig in te gooi.
Dankie vir simpatieke en luisterende ore wanneer ons by ds Gerrit Kritzinger en sy span aangeklop het.
Dankie vir elke predikant, kollega en gemeente wat altyd bereid was om die Bybelgenootskap se saak 'n belangrike saak te maak - ook my kollega, ds Wilhelm Steyn in Kempton Park.
Volgende jaar stap ons weer saam die pad, vas vertrouend op Hom, aan wie ons maar alleenlik diensbaar is.
DS JAN DE WET
STREEKSEKRETARIS BLOEMFONTEIN
Herv jaarverslag 1998-199 vir J 2000
NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA
OPSOMMING VAN BYDRAE VIR 1-11-98 TOT 31-10-1999
RING VAN: Pietermaritzburg
|
GEMEENTE |
BELY- DENDE LIDMAAT |
KERKRAAD EN/OF DIAKONIE |
GEM PER LIDMAAT |
N.H.S.V. |
N.H.J.V. |
KATEGESE |
| Pietermaritzburg | 184 | - | - | - | - | - |
| Durban | 275 | 40.00 | 0.15 | - | - | - |
| Durban-Suid | 360 | 4109.42 | 11.42 | - | - | - |
| Empangeni | 230 | 1101.53 | 4.79 | - | - | - |
| Laer Suidkus | 392 | 2542.14 | 6.49 | - | - | - |
| Richardsbaai | 440 | 1114.57 | 2.53 | - | - | - |
| Pinetown | 260 | 10688.33 | 41.11 | 500.00 | - | - |
| TOTAAL VAN RING | 2141 | 19595.99 | 9.15 | 500.00 | - | - |
NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA
OPSOMMING VAN BYDRAE VIR 1-11-98 TOT 31-10-1999
BUITE TRANSVAAL STREEK
|
RING VAN: |
BELY- DENDE LIDMAAT |
KERKRAAD EN/OF DIAKONIE |
GEM PER LIDMAAT |
N.H.S.V. |
N.H.J.V. |
KATEGESE |
| *Potchefstroom | 2895 | 22683.57 | 7.84 | - | - | - |
| Heidelberg | 3363 | 30238.17 | 8.99 | - | 1191.67 | 4237.05 |
| **Bloemfontein | 2269 | 16107.18 | 7.10 | 260.00 | - | 252.17 |
| Pietermaritzburg | 2141 | 19595.99 | 9.15 | 500.00 | - | - |
| Wes-Kaapland | 1642 | 9503.91 | 5.79 | - | - | - |
| Maquassi | 2308 | 35665.08 | 15.45 | 100.00 | - | 755.50 |
| Losberg | 4223 | 29661.62 | 7.02 | - | - | 301.79 |
| Vereeniging | 5831 | 50355.76 | 8.64 | 100.00 | - | - |
| Heilbron | 2509 | 21033.02 | 8.38 | 476.00 | - | 2547.91 |
| Bothaville | 2408 | 8591.17 | 3.57 | 115.00 | - | 452.77 |
| Klerksdorp | 5073 | 23620.07 | 4.66 | - | - | - |
| Noord-Kaapland | 1633 | 7470.83 | 4.57 | - | - | - |
| ***Noordelike-Natal | 1177 | 2892.34 | 2.46 | - | - | - |
| Swellendam | 913 | 9734.18 | 10.66 | - | - | - |
| TOTAAL | 38385 | 287152.89 | 7.49 | 1551.00 | 1191.67 | 8547.19 |
| * | - | 180.00 | - | 5000.00 | - | - |
| ** | - | - | - | - | - | - |
| *** | - | - | - | - | - | - |
| TOTAAL | 38385 | 287332.89 | 7.49 | 6551.00 | 1191.67 | 8547.19 |
AANBEVELING
1. Dat die verslag van Ds J de Wet aanvaar word.
5.5 KERKBOEK
5.5.1 RINGSKOMITEE VIR EREDIENS
INLEIDING
Die erediens is altyd 'n lewende ontmoeting tussen God en sy gemeente, waartydens die gemeente gerig is op die spreke en handelinge van God. God spreek, en sy gemeente antwoord met lofsange, skuldbelydenisse, gebede, en deur sy eie dankbare lewe in diens van God.
Wanneer die erediens verskraal word tot 'n ge-ykte, monotone ritueel, sonder dat die gemeente meer onder die gewaarwording leef dat ons dankbaar, dienend in die teenwoordigheid van die almagtige God verkeer, raak die erediens 'n koue geleentheid waar die lidmate nie meer in ontmoeting met God tree nie.
Die ontmoeting tussen die Here en die lidmate van sy kerk, gebeur altyd op Sy inisiatief. Ons kan alleen maar stamelend dankbaar daaroor wees. Daarom behoort die gemeente aldeur besig te wees om kreatief sy diensbaarheid uit te leef op elke moontlike terrein, en aldeur besig te wees met die verkondiging van Sy Woord deur woord, lied en daad.
Verskeie doelwitte is deur die gemeentes in die Ring gestel om die erediens beter en gladder te laat verloop. Dis verblydend om te sien dat die meerderheid van die doelwitte in 1999 haalbaar was, en dat vele van hulle wel in die betrokke gemeentes uitgevoer is.
GEMEENTE PIETERMARITZBURG
Geen verslag rakende die Woordverkondiging in die erediens is van die gemeente ontvang nie.
GEMEENTE DURBAN
Doelwitte rakende die jaarbeplanning vir gewone en besondere eredienste
Die gemeente het ten doel gehad om 'n gesamentlike Hervormingsdiens te hou, en het dit moontlik gevind om die geleentheid deur te voer. Daar word nie melding gemaak van doelwitte wat nog aandag moet kry, of nie haalbaar is nie.
Doelwitte ten opsigte van Kerkmusiek
Daar is in die besonder gekyk na die gemeentesang en kerksang tydens die kategese. 'N Verbetering in die Gemeentesang word na die jaar se werk vermeld, terwyl dit bly dat die kerksang tydens kategese nog aandag geniet. Daar is voorlopig nie méér doelwitte gestel nie.
Die Gemeente beskik oor 'n goed opgeleide orrelis met 'n Graad 8 orrelkwalifikasie en 'n Klavier lisensiaat. Die orrelis word aangemoedig om verdere opleiding te deurloop, hoewel die kerkraad nie bereid is om daarvoor te betaal nie.
Die orrelis en die predikant is gesamentlik betrokke by die beplanning van die eredienste en die liedverslagvorm is op gereelde basis ingevul. Vraelyste maak voorsiening dat die eredienste deurlopend ge-evalueer kan word. Daar bestaan nie tans 'n komitee vir erediens in die gemeente nie.
GEMEENTE DURBAN-SUID
Doelwitte rakende die jaarbeplanning vir gewone en besondere eredienste
Die gemeente het op vier punte gekonsentreer nl.
A) Die musiek en sang tydens die erediens
B) Die verbetering van die lidmate se kennis rakende die kerklike liturgie
C) Die verbetering van die gemeente se bywoning en betrokkenheid by eredienste.
D) Die verdere toerusting en opleiding van die Gemeente orrelis.
Ten opsigte van die verbetering in die Gemeentesang en die kennis van die liturgie meld die verslag dat die gemeente sukses behaal het. Ook die betrokkenheid by die erediens en die bywoning het gedurende die jaar verbeter.
Sake wat voortgesette aandag geniet is die bywoning van die eredienste en spesifiek die tydens bediening van die sakramente. Verdere toerusting van die orrelis is ook 'n saak wat steeds aandag geniet.
Doelwitte ten opsigte van Kerkmusiek
Gemeentesang en die toerusting van die orrelis is twee doelwitte wat in hierdie verband gestel is. Die Proefsangbundel se liedere is tydens sangoefening aangeleer, maar word ongelukkig nog nie op gereelde basis in die erediens aangewend nie. Die toerusitng van die orrelis was ook nie haalbaar nie.
Die orrelis en predikant was wel saam betrokke by die beplanning van die liedere vir die erediens, maar die liedverslagvorms is nie ingevul nie. Die orrelis blyk ook oor geen formele orrelkwalifikasies te beskik nie, wat dit waarskynlik bemoeilik om nuwe liedere in die erediens te gebruik. Die orrelis is egter aangemoedig om verdere toerusting te deurloop, en die kerkraad was bereid om daarvoor te betaal.
Eredienste word ge-evalueer deurdat ouderlinge aangemoedig word om die saak tydens huisbesoek met lidmate op te neem. Daar bestaan tans nie 'n komitee vir erediens in die gemeente nie.
GEMEENTE EMPANGENI
Doelwitte rakende die jaarbeplanning vir gewone en besondere eredienste
Geen doelwitte in die gemeente is volgens die verslag in bogenoemde verband gestel nie.
Doelwitte ten opsigte van Kerkmusiek
Gereelde sangoefening is ten doel gestel, asook 'n orreldiens. Die sangoefening het gerealiseer, maar die orreldiens nie. Die predikant en orrelis was gesamentlik betrokke by die beplanning van die liedere in die erediens, maar die liedverslagvorms is nie ingevul nie. Die orrelis is goed toegerus en beskik oor 'n M - Graad in musiek. Daar is ook met sukses aandag gegee aan die aanleer van onbekende liedere. Die orrelis was wel bereid om verdere opleiding te ondergaan, hoewel die kerkraad nie bereid was om daarvoor te betaal nie.
Daar word tydens ouderlingevergaderings geleentheid geskep om die erediens te evalueer, aangesien die gemeente nie tans 'n werkgroep vir erediens het nie.
GEMEENTE RICHARDSBAAI
Doelwitte rakende die jaarbeplanning vir gewone en besondere eredienste
Die gemeente het ten doel gehad om op meer gereelde basis van die Psalms tydens die erediens gebruik te maak, en om lidmate - en in besonder kerkraadslede - meer betrokke by aanderedienste te maak. Daar word tans ten minste een Psalm tydens elke erediens gesing, maar die betrokkenheid by aanderedienste blyk nog voortgesette aandag te geniet.
Doelwitte ten opsigte van Kerkmusiek
Daar is gepoog om 'n gemeente-koor op die been te bring wat die gemeente kan voorgaan met die aanleer van nuwe liedere. Die doelwit is nog nie bereik nie, maar daar word steeds aandag aan die saak gegee.
Die predikant en die orrelis is nie gesamentlik betrokke by die beplanning van liedere tydens die erediens nie, en die liedverslagvorms word nie voltooi nie. Die orrelis beskik oor 'n B.Mus Graad met kerkorrel as tweede instrument. Die orrelis is egter nie aangemoedig om verdere opleiding te deurloop nie.
Die aanleer van onbekende liedere het wel aandag geniet, en eredienste word ge-evalueer deur tydens huisbesoek daaroor gesprek te voer. Daar bestaan nie 'n komitee vir erediens in die gemeente nie.
GEMEENTE LAER SUIDKUS
Doelwitte rakende die jaarbeplanning vir gewone en besondere eredienste
Die gemeentesang, die variasie van die eredienste volgens die diensordes in die Diensboek, sang tydens kategese, en die verbetering van die betrokkenheid van sowel kerkraad as lidmate het aandag geniet in die verslagjaar. Daar het 'n merkbare vebetering in gemeentesang plaasgevind, en die betrokkenheid van die lidmate en kerkraad was oor die algemeen positief. Die sang tydens kategese moet voortgesette aandag geniet. Daar word ook gepoog om in die toekoms meer aandag aan die kennis van die lidmate rakende die kerk se liturgie te gee. Betrokkenheid by die erediens en erediensbywoning kry voortdurend aandag.
Doelwitte ten opsigte van Kerkmusiek
Toerusting van die orreliste, die beplanning van die liedere tydens die eredienste, en die instandhouding van die gemeente se koor het besondere aandag geniet. Die 2 orreliste het deurlopend op hoogte gebly van die toerustingsgeleenthede wat die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging aanbied, en die kerkraad was bereid om vir albei se verdere toerusting te betaal. Die koor word wel instand gehou, maar daar word gepoog om die koor op 'n meer deurlopende basis in die erediens te gebruik. Die sang tydens kategese is nog nie op standaard nie.
Die predikant en die orreliste was voortdurend saam betrokke by die beplanning van die eredienste - in die besondere sangdienste soos die Paassangdiens en die Kerssangdiens. Die liedverslagvorms is deurgaans ingevul. Die orrelis te Port Shepstone beskik oor 'n Graad 4 Musiekkwalifikasie en die orrelis te Port Edwrard oor 'n Klavier lisensiaat.
Die aanleer van nuwe en onbekende liedere, veral die liedere in die Proefsangbundel, het besondere aandag geniet en eredienste word tydens huisbesoek ge-evalueer omdat die gemeente nie oor 'n komitee vir erediens beskik nie. Die Proefsangbundel word met groot sukses op 'n weeklikse basis in die erediens gebruik.
GEMEENTE PINETOWN
Doelwitte rakende die jaarbeplanning vir gewone en besondere eredienste
Die gemeente het ten doel gehad om die verskillende diensordes op 'n meer gereelde basis te wissel, en om op gereelde basis van die Proefsangbundel gebruik te begin maak. Dankseggingsdienste is verskuif van die aand, na die eerste Sondagmôre na die nagmaal ter wille van die bywoningsyfer. Al drie die doelwitte het gerealiseer. Verdere aandag word egter gegee aan die gebruik van die Proefsangbundel.
Doelwitte ten opsigte van Kerkmusiek
Die Proefsangbundel se gebruik geniet steeds aandag. Die predikant en die orrelis was ook deurlopend saam betrokke by die beplanning van die erediens. Die liedverslagvorms is op gereelde basis ingevul. Begeleiding blyk nie 'n probleem te wees nie, aangesien die orrelis oor 'n Graad 7 Klavier musiek kwalifikasie beskik. Die orrelis is egter nie aangemoedig om verdere toerusting te deurloop nie.
Eredienste word ge-evalueer deur gebruik te maak van 'n Kommissie vir erediens, besprekingsgeleentheid na aanddienste en tydens huisbesoek met die predikant. Daar bestaan wel 'n Komitee vir erediens in die gemeente wat op 'n jaarlikse basis vergader in samewerking met die predikant.
SAMEVATTENDE OPMERKINGS
Dit blyk dat daar in die genoemde gemeentes wel die nodige aandag an die beplanning van die Woordverkondiging en die inrigting van die erediens gegee word. Daar word egter selde melding gemaak van die uitvoering van vorige besluite in verband met die kerkmusiek.
Die Proefsangbundel word volgens die verslae, óf nog nie algemeen gebruik nie, óf die verslae vermeld dit bloot nie. Orreliste skakel klaarblyklik ook nie in by die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging nie, en daar word weinig gedoen om die orreliste van die Ring verder toe te rus vir hulle taak.
Die Psalms in die erediens word ook skynbaar steeds heelwat minder gebruik as wat die gesange gebruik word. Slegs Richardsbaai meld dat daar 'n daar 'n werklike poging aangewend word om meer Psalms te sing.
Die tyd sal leer of die nuwe Liederebundel van die Kerk, wat volgens beplanning gedurende 2001sal verskyn, 'n groot verskil in gemeentesang gaan maak. Die gevoel oor die bundel blyk positief te wees, veral wanneer in ag geneem word dat die Proefsangbundel met groot entoesiasme in die kerk ontvang is.
Slegs een Gemeente beskik oor 'n Komitee vir erediens. Daar is 'n leemte wat moontlik deur kundiges in die gemeente gevul kan word tot voordeel van die hele gemeente.
Mag die erediens steeds die entoesiastiese ontmoeting tussen 'n gemeente wat diensbaar wil wees, en ons God wees.
AANBEVELINGS AAN DIE RINGSVERGADERING
1. Dat kerkrade oorweging skenk aan die stigting van 'n Komitee vir erediens in elke gemeente.
DS. J.J. PIETERSE
VOORSITTER: RINGSRAAD VIR EREDIENS
6. VERBAND MET ANDER KERKE
7. GESINSORG
7.1 VERSLAG OOR OPVOEDING EN ONDERWYS
Geen verslae is ontvang van Pietermaritzburg, Laer Suidkus of Pinetown. Dit is dus bykans onmoontlik om sinvol verslag te lewer.
Uit die verslae wat ontvang is blyk die volgende: Daar is tans 27 praktiserende onderwysers, 17 nie-praktiserende onderwysers en 5 onderwysers wat op kerkrade dien in die vier gemeentes wat verslag gedoen het.
Predikante is op die volgende wyses betrokke by Opvoeding en onderwys: Skole word gereeld geopen en afgesluit; spesiale eredienste word by skole gehou bv op Hemelvaartdag; vergaderings word geopen en bygewoon; funksies word geopen en bygewoon; godsdiensonderrig word waargeneem; redenaars- en skryfkompetisies word beoordeel.
Slegs Durban het vir hulself take en doelwitte vir die jaar gestel nl. om lidmate betrokke te kry.
AANBEVELING
1. Dat die verslag van die Ringskomitee vir Opvoeding en Onderwys aanvaar word.
2. Dat elke gemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir Opvoeding en onderwys en dat sodanige doelwitte voortdurend deur die kerkraad gemonitor word.
7.2 VERSLAG VAN JEUGWERK
Met groot vreugde kan die Ringskomitee vir Jeugwerk (as onderafdeling van die Raad vir Gesinsorg) die vergadering meedeel dat die ring van Pietermaritzburg groot erns maak met die jeugwerk in die gemeentes. In al die gemeentes is daar aktiewe jeuggroepe - al is dit soms 'n groot gesukkel om die jeug betrokke te kry en te hou.
Vanuit die gemeentelike verslae kan 'n mens ook sien hoe 'n erns die gemeentes met hulle jeugwerk doen en watter moeite hulle doen om nog meer jeug by hulle aksies te betrek. Die probleme, wat gemeentes ondervind met hulle jeugwerk, naamlik afstande, getalle, finansies, skoolaktiwiteite en oueronbetrokkenheid, is hoofsaaklik deur die volgende pogings probeer hokslaan: persoonlike uitnodiging, saamrygeleenthede is geskep, ander organe van die kerk is by jeugwerk betrek, ouderlinge en predikante het jeugwerk tydens huisbesoek hanteer en afkondigings is in die kerk gemaak om die onbetrokkenes te betrek.
Dit wil voorkom of die druk skoolprogramme en -aktiwiteite nog steeds baie van ons jeug van die jeugaksies af weghou.
Ons beplan ook om hierdie jaar weer die Kursus is Effektiewe Jeugbediening (Ds. Theo Möller) in die Ring aan te bied. Hierdie kursus sal D.V. in Junie aangebied word. Gemeentes word versoek om tog groot moeite te doen om hierdie kursus by te woon. As die opkoms na hierdie kursus goed is, sal daar weer hierdie jaar 'n Ringsjeugkamp gehou word (As ons 'n wortel voor julle neuse mag hou.)
Die vergadering moet ook kennis neem van die volgende inligtingsbrosjures wat Ds. Theo Möller beskikbaar stel:
Beginsels van Jeugbediening.
Jaarprogrambeplanning.
Organisering van Jeugbediening.
Verpraktisering van Met Hart en Hand.
Mediagebruik.
Organisering van jeugkampe.
Hierdie brosjures kan, teen geringe koste, by Ds. Theo Mööller bestel word by tel. 014 533-2102.
Ons dink dat elke moontlike hulpbron wat ons kan kry, gebruik moet word, daarom beveel ons hierdie goeie inligting aan en hoop dat elke gemeente dit sal aanskaf en gebruik.
Maar aangesien ons weet dat ons nie uit ons eie toe in staat om hierdie goeie werk te verrig nie, bid ons dat die Here ons die leiding en die krag sal gee om dit te kan doen en dat Hy ons werk in hierdie ring en gemeente en ook die werk van ander gemeentes buite ons sal seëën en beskerm.
AANBEVELING
1. Dat die verslag aanvaar word.
2. Dat die swak opkoms by die Kursus vir effektiewe Jeugbediening deur die Ringskommissie betreur word.
3. Dat die Ringsvergadering versoek die voorsitter van die Ringskomitee om 'n tweede Kursus vir effektiewe Jeugbediening te reël.
8. DISSIPLINE
9. KERKLIKE GOEDERE
9.1 FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE RINGSKOM-MISSIE
Hierdie verslag word as Bylaag 2 ingebind.
AANBEVELING
1. Dat die voorgelegde Inkomste- en Uitgawestate van die Ringskommissie aanvaar word.
9.2 OUDITVERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
Ten tye van die opstel van hierdie agenda was die oudtiverslag nog nie beskikbaar nie en die verslag sal ook by die vergadering ter tafel wees.
AANBEVELING
1. Dat die ouditeure se verslag oor die finansiële state van die Ringskommissie goedgekeur word.
9.3 VERVERSINGS BY DIE VERGADERING
AANBEVELING
1. Dat die NHSV van die gemeente Durban R 1000 ontvang vir die verversings tydens die vergadering.
9.4 SUBSIDIE AAN DEELSORGPREDIKANTE
AANBEVELING
1. Dat die vergadering besluit oor die toekenning van 'n subsidie aan die deelsorgpredikante.
10. KERKORDE
Dr W A J van Schoor sluit die vergadering met gebed.