NEDERDUITSCH HERVORMDE
KERK VAN AFRIKA
Notule van die
nege-en-veertigste
Gewone Ringsvergadering
in sitting
te Durban
vanaf 19:00
op 9 Junie 2000
4 9
4. I N H O U D S O P G A W E
B. VERGADERING
1. OPENING
2. VERWELKOMING
3. MOSIES
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM
4.3. KONSTITUERING
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN -TELLERS
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE
4.7. BENOEMING VAN FORMULERINGSKOMMISSIE
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING
4.9. SITTINGSURE
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA
1 BELYDENIS
2 AMPTE
3 VERGADERINGS VAN AMPTE
4 GEMEENTES EN KERK
5 VERKONDIGING
6 VERBAND MET ANDER KERKE
7 HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING
8 DISSIPLINE
9 KERKLIKE GOEDERE
10 KERKORDE
C. AFSLUITING
E. STEMBRIEWE
F. BYLAE
B. V E R G A D E R I N G
Notule van die
49 ste
R I N G S V E R G A D E R I N G
van die
RING VAN PIETERMARITZBURG
PLEK: Kerkgebou van Durban
TYD : Vrydag 9 vanaf 19: 00 en Saterdag 10 Junie 2000 vanaf 08:00.
1. OPENING
1.1 Die vergadering is geopen met die volgende erediens wat deur Ds T F Dreyer gelei is.
RINGSVERGADERING OPENING
Tema: Ons verantwoordelikheid
Eksodus 20: 10
Die verantwoordelikheid wat God op die skouers van mense plaas, kan soms geweldig wees. So erg word dat mense soms daaronder wil knak. Voorbeelde hiervan is legio. In ons eie ring sien ons waar predikante, huisgesinne, lidmate en kerkrade wat ernstig is oor hulle taak, juis swaar daar onder gebuk gaan. By sommiges lei dit selfs tot moedeloosheid. Ons sien dit ook by kerkrade en lidmate.
Dit is natuurlik nie 'n nuwe saak nie. God wou en het mense van vroeg af al in sy koninkryk gebruik. Dit sien ons reeds in die paradys. So kom God alreeds in die skepping na Adam en Eva en Hy gee aan hulle die opdrag om oor die skepping te heers.
Ons moet nou geen illusie daaroor hê om te dink dat die opdrag wat God aan mense gee altyd maklik is nie. Soms is die opdrag bitter swaar. Dink maar aan Moses. As God hom roep en hy besef dat hy - mensie wat hy is - na die Farao moet gaan en van die Farao gaan eis dat die Farao sy volk moet laat trek, dan stotter hy " ek kan nie". Hy hakkel
Kom ons dink verder. Kom ons dink aan Samuel, die jong seun. Sy ouers is nie daar om hom te ondersteun nie. Dan kry hy die opdrag om na Eli te gaan en om vir Eli 'n geweldige boodskap te bring. Hy moet gaan vertel dat God Eli en sy twee seuns Hofni en Pineas gaan straf Hulle sou almal sterf. Ons huiwer om onsself in so 'n situasie in te dink. Wat nog meer is: hy moet as jong seun die leisels by Eli oorneem. Hy moet die geestelike leier van sy volk word. Wat 'n geweldige opdrag!!
Blaai ons na die Nuwe Testament, kry ons Jesus en sy dissipels. Hulle, gewone mense, vissers, moet nou uitgaan na 'n vyandige wêreld en die evangelie van Jesus Christus uitdra.
Nou kan ons vra: Waarom gebruik God dan mense in sy koninkryk? Het God werklik die mens nodig? Kan God nie sonder die mens nie?
Geliefde, ja, God kan, maar Hy wil nie. As God die mens aan sy eie oorlaat, sou u en my lewens doelloos en sinloos wees. Aan elkeen het Hy gawes gegee om te gebruik in Sy diens. Aan die een het Hy een gegee en die ander tien. Hy gee aan elkeen na sy / haar vermoë sodat ons saam mag deel aan die heerlike bouwerk. Daaroor kan ons net juig en jubel.
Die heerlike taak wat Hy aan ons opdra is om in Sy wingerd te dien. Ons moet dit vir mekaar sê: Die wingerd is die wêreld waarin ons leef. Dit is hierdie wingerd wat ons moet en mag beheer. Dit is ook hierdie wingerd wat ons met jaloesie moet bewaak en beskerm.
Bo dit alles, staan dit soos 'n paal bo water, dat ons vir hierdie wingerd die lig vir die wêreld en die sout vir die aarde moet wees. Ons moet, gewapen met die evangelie van Jesus Christus, hoop en redding bring vir 'n wêreld wat alle hoop verloor het.
Dit kan ons alleen doen deur biddend en in alle eenvoud die suiwer en blye evangelie van Jesus Christus ongestoord uit te dra, om aan die wêreld die boodskap te bring van die genade en ontferming van God. Die hoogtepunt van hierdie evangelie is die kruis van Golgota, wat aan ons die boodskap bring: " So lief het God die wêreld gehad..."
Die skrikwekkende is net dat hierdie heerlike voorreg ook 'n groot verantwoordelikheid op ons plaas. Ons sal eendag moet staan en antwoord op die vraag wat ons met God se wingerd gedoen het. Wat het ons in die wêreld laat uitstraal? Het ons regtig sy koninkryk bewaar?
Nou hoort dit dat ons as gelowiges en as ring moet hoor hoe groot en vêr hierdie roeping regtig strek. U sien, as God ons roep tot sy diens, dan roep Hy ons nie net om oor een of twee mense reg rondom ons die waak te hou nie.
Ons gelese gedeelte uit Eksodus wil vir ons iets deurgee van die geweldige omvang van diegene waaroor ons moet waak. Dit is opvallend dat die Here hier baie spesifiek is in wie almal onder ons sorg staan. Dit gaan nie net, ja dit ook, oor jou eie huis nie, maar ook oor die huis van jou kinders en van diè se kinders. Hier eindig ook nie. Jy is selfs verantwoordelik vir die vreemdeling in jou midde. Jy moet sorg dat hy ook die wingerd van God nie verniel nie, maar eerder daarin wortel skiet en groei. Die opvallende is dat die Here ook so vêr gaan as om jou vee hierby in te sluit. Jy mens, is verantwoordelik dat al hierdie ander om jou en saam met jou, God se dag heilig hou.
Ons is verantwoordelik selfs vir die vreemdeling in ons midde. Ons moet sorg dra dat nie net jyself nie, maar ook elke mens om jou God se gebod nie oortree nie. As jy nie daaraan aandag gee nie, dan staan jy saam met hulle skuldig voor God. Dan kom die vraag ook na jou: Wat het jy gedoen toe jy sien dat jou kinders of selfs die vreemdeling in jou midde God se wingerd verniel?
Dit is ook die verantwoordelikheid van hierdie ringsvergadering.
As ons hierdie opdrag ernstig neem, word dit 'n duiselig wekkende gedagte en verantwoordelikheid.
Kyk ons na die Nuwe Testament, staan hierdie verantwoordelikheid nog duideliker uit: "Wat julle ook al op aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly en wat julle op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly."
Dit is hierdie verantwoordelikheid wat op ons skouers rus.
Nou kan ons natuurlik soos Kaïn van Abel sê: "Is ek my broer se hoeder?" en daarmee die verantwoordelikheid van ons afskud. Ons kan dit doen. Daar is baie mense - en selfs kerke, gemeentes en lidmate wat dit doen. Ons sien dit oral. Vir sommiges lyk dit beter om maar jou skouers op te trek en vir 'n ander lyk die verantwoordelikheid te groot. Ons durf nie wankel voor hierdie heerlike verantwoordelikheid nie. Uiteindelik sal ons ook hier oor verantwoording moet doen.
Daar rus 'n groot taak op ons skouers. Die gemeentes en gemeenskap wag op ons. Ons moet ook spreek ook van die hoop en die lig wat in ons leef. 'n Mens wil knak as jy daaraan dink.
Met die koms van die nuwe rade en kommissies nou taak elke vergadering en elke lidmaat. Die tyd het verby gegaan dat ons moet wag dat Pretoria alles doen. Vraag: wat wil ons maak met die verantwoordelikheid God ons skouers gelê het?
Uiteindelik is daar net een metode en dit is alleen as ons biddend na Bo kyk.
Hy het ons beloof: "Ek sal julle nie as wees agter laat nie, .... Ek sal my Gees stuur om julle te lei in alle waarheid" en nog op 'n ander plek: "Ek is met julle tot aan die voleinding van hierdie wêreld".
Amen
Liturgie:
Na Wet: Ges 53: 1
Na Belydenis Ges 40: 1, 4, 6
Mat 18: 15 - 20
die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees;
die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Amen.
1.2 Die vergadering bespreek die pas afgelope erediens in terme van sy toepaslikheid op die werk van die kerk en die ring ( en sy vergadering) in besonder. Die volgende punte is bespreek:
Hoe sien ons die ringsvergadering se verantwoordelikheid
Wat maak ons met ons roeping om te getuig teenoor staat en owerheid?
Watter effek het ons vergadering nog op die samelewing?
2. VERWELKOMING
Die uittredende voorsitter Dr W A J van Schoor het die afgevaardigdes en gaste wat teenwoordig is verwelkom.
3. MOSIES
BESLUIT:
1. Gelukwensing: Ds Riaan van Rensburg met sy huwelik
Joba Gibson wat vandeesweek ouma geword het.
2. Roubeklag: Oudl Duppie Du Plessis (Durban Suid)
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG
Die vergadering besluit
1. Dat die geloofsbriewe van die volgende broeders en susters soos ontvang uit hulle onderskeie gemeentes aanvaar word, en hulle toegelaat word om sitting te neem as wettige lede van hierdie Ringsvergadering met volle stemreg:
Die persone in vet gedrukte letters was teenwoordig.
Ds H F La Grange was met verskoning afwesig
GEMEENTE PRIMI SEKUNDI
PIETERMARITZBURG
PREDIKANT : Ds P Harmzen
OUDERLINGE: (1) B H Pieterse E Grobbelaar
DURBAN
PREDIKANT : Ds TF Dreyer
OUDERLINGE: (1) F R Sauer J Kinnear
(2) H Prinsloo W Viljoen
DURBAN-SUID
PREDIKANT : Ds HF la Grange
OUDERLINGE: (1) Hans Olivier Wessel Jansen
(2) Corrie Nel Lettie du Plessis
EMPANGENI
PREDIKANT : Ds JH van Staden
OUDERLINGE: (1) T F Steyn W J Knoetze
(2) N Dafel N J Combrink
LAER SUIDKUS
PREDIKANT : Ds JJ Pieterse
OUDERLINGE: (1) HS Roeloffze J H H Kotze
(2) C W B Klein W J O Papenfus
RICHARDSBAAI
PREDIKANTE: Ds JA Minnaar
Ds A Janse van Rensburg
OUDERLINGE: (1) H Beuken W de Beer
(2) J J Gibson P J Lessing
PINETOWN
PREDIKANT : Dr W A J van Schoor
OUDERLINGE: (1) D Steyn F Müller
(2) J Conradie L Martins
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM
Die vergadering verwelkom oudl Johan Geyser as lid van die Algemene Kommissie
Die vergadering besluit
1. Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.c met adviserende stem teenwoordig is, met adviserende stem sitting neem.
2. Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.d met spreekreg teenwoordig is, met spreekreg sitting neem.
4.3. KONSTITUERING
Die vergadering besluit::
1. Dat die vergadering behoorlik saamgestel is.
2. Dat behoorlik en betyds van die vergadering kennis gegee is.
3. Dat 'n kworum teenwoordig is.
4. Dat die 49 ste vergadering van die Ring van Pietermaritzburg in sitting is.
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE
Die vergadering besluit
1. Dat die volgende persone as lede van die ordekommissie aangewys word:
die ouderlinge van
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN-TELLERS
AANBEVELING
1. Dat die volgende persone as stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie) aangewys word:
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE
Die vergadering besluit:
1. Dat die volgende lede van die vergadering tot die Ringskommissie verkies word:
1.1. Die vergadering verkies tot voorsitter
Dr W A J van Schoor.
1.2. Die vergadering verkies tot skriba
Ds. T F Dreyer
1.3. Die vergadering verkies tot ouderlingslede van die Ringskommissie
(1) Oudl HPrinsloo
(2) Oudl T F Steyn
(3) Oudl H Beuken
2. Dat die volgende lede van die vergadering tot sekundi vir die Ringskommissie verkies word:
2.1. Die vergadering verkies tot sekundus vir die voorsitter
Ds. J Pieterse
2.2. Die vergadering verkies tot sekundus vir die skriba
Ds J van Staden
2.3. Die vergadering verkies tot sekundi vir die ouderlingslede van die Ringskommissie
(1) oudl J Gibson
(2) Oudl H Olivier
(3) Oudl J Conradie
4.7. BENOEMING VAN DIE FORMULERINGS-KOMMISSIE
Die vergadering besluit
1. Dat die volgende lede van die vergadering aangewys word as lede van die Formuleringskommissie
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING
Die vergadering besluit:
1. Dat die notule van hierdie vergadering, soos gebruiklik, deur die Ringskommissie versorg en voorlopig goedgekeur sal word.
2. Dat die notule vir kommentaar aan alle kerkrade gestuur sal word.
3. Dat die Ringskommissie na ontvangs van kommentaar oor die korrektheid van die notule, die notule finaal sal goedkeur en afhandel.
4. Dat die Ringskommissie die finale notule aan al die gemeentes sal voorsien
4.9. SITTINGSURE
AANBEVELING
1. Dat die vergadering die volgende sittingsure aanvaar:
Vrydag 9 Junie 2000
19:00 - 20:30 Eerste sitting
20:30 - 20:50 Tee
20:50 - 22:30 Tweede sitting
Saterdag 10 Junie 2000
08:00 - 10:00 Derde sitting
10:00 - 10:20 Tee
10:20 - 12:30 Vierde sitting
12:30 - 13:15 Middagete
13:15 - 14:15 Vyfde sitting
14:15 - 14:30 Tee
14:30 - 16:00 Sesde sitting
16:00 Beplande einde van die vergadering
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA
Die vergadering besluit:
1. Dat die agenda soos volg uitgebrei word:
3.5 Herderlike Skrywe
5.5 Almanak en Bybelse Dagboek
1. BELYDENIS
2. AMPTE
2.1 PASTORAAT
1. Die ring wys die volgende konsulente soos volg aan:
GEMEENTE Eerste Tweede
Pietermaritzburg Ds T Dreyer Ds W van Schoor
Durban Ds W van Schoor Ds J Pieterse
Durban-Suid Ds J Pieterse Ds T Dreyer
Empangeni Ds J Minnaar Ds A van Rensburg
Laer Suidkus Ds H la Grange Ds W van Schoor
Richardsbaai Ds J van Staden Ds H la Grange
Pinetown Ds P Harmzen Ds J Minnaar
Die vergadering besluit:
2. Dat die vergadering met groot dank en waardering kennis neem van al die predikante in die Ring wat soms onder moeilike omstandighede hulle ampswerk doen.
2.1.2 RINGSVISITASIE
2.1.2.1 FORMAAT VAN VISITASIES BY GEMEENTES
Die volgende besluite is deur die Ringsvergadering goedgekeur en word met die gekursifeerde uitbreidings ten opsigte van visitasies goedgekeur.
KERKORDE
ORDINANSIE 3.4.2
(vi) sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin
(c) herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek
(b) die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die Ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
VISITASIEGELEENTHEID
* Die tyd en plek van die visitasie aan 'n gemeente word minstens 6 weke voor die beplande datum in oorleg met die kerkraad deur die ringskommissie vasgestel
* Die visitasiegeleentheid is 'n volwaardige kerkraads- of ouderlingevergadering
* Vir die duur van die visitasiegesprek wat tydens die kerkraadsvergadering plaasvind, neem die voorsitter van die visitasiekommissie die voorsitterstoel in.
* Tensy anders deur die visitasiekommissie met die betrokke kerkraad ooreengekom, neem die vergadering om 19:00 in die gemeente se kerkgebou in aanvang
* Voor die begin van die vergadering, is die gemeente verplig om al die boeke of dokumente wat volgens die diskresie van die visitasiekommissie op die visitasie betrekking het, op versoek aan die visitasiekommissie beskikbaar te stel op 'n tyd en plek wat die visitasiekommissie met die voorsitter of skriba van die kerkraad sal afspreek.
* By die vooraf-geleentheid sal die voorsitters van die volgende kerklike organe in die gemeente verkieslik teenwoordig wees:
** Kerkraad
** Ouderlingevergadering
** Diakensvergadering
** kerklike goedere komitee
* As die visitasiekommissie te eniger tyd by die vooraf geleentheid besluit om agter geslote deure te vergader, moet alle ander persone wat teenwoordig mag wees, die besluit eerbiedig.
* Die voorsitter van die visitasiekommissie kan ook vooraf met die predikant van die gemeente 'n afspraak maak vir huisbesoek by die pastorie.
* Die visitasiekommissie stel vas of die gemeente die spesifieke opdragte van die ringsvergadering uitgevoer het - verwysende na sperdatums ens. waarop verslae / opdragte uitgevoer / ingehandig moes word.
HUISBESOEK AAN PREDIKANTSPAAR
* Die voorsitter van die visitasiekommissie doen huisbesoek by die predikant en sy gesin.
* Die pastorale gesprek verloop soos die voorsitter van die visitasiekommissie besluit.
JAARVERSLAE AAN DIE RINGSVERGADERING
* Die voorsitter van die visitasiekommissie ontvang minstens 7 dae voor die visitasie 'n afskrif van die gemeente se jongste jaarverslae, wat deur die kerkraad goedgekeur is, van die skriba van die gemeente.
NASIEN VAN DIE GEMEENTELIKE BOEKE
(NB: Die nommer langs die items hieronder is 'n aanduiding van die prioriteit wat die item by die visitasie moet geniet en die werkswyse wat die kommissie moet volg.
1. Moet eerste en deeglik behandel word
2. Doen verkieslik al is dit oorsigtelik
3. Neem kennis van die bestaan en toestand)
* Die boeke wat deur die visitasiekommissie nagegaan moet word, sluit die volgende in:
** notules van:
- (1) Kerkraadsvergadering
- (1) Ouderlingevergadering
- (1) Diakensvergadering
- (1) Werkgroep Kerklike Goedere
- (2) werkgroepe
- (2) Diensgroepe
- (2) NHSV
- (2) NHJV
- (2) en ander
** (3) huidige wykslyste (belydende- en dooplidmatelys)
** (3) kategeseregister
** (3) lidmaatregister
** (3) doopregister
** (3) leêrs met ringsradenotules
** (3) leêrs met afskrifte van notules van alle binne gemeentelike vergaderings
** (1) alle finansiële boeke (jongste offergawestate ingesluit)
** (3) finansiële state van die afgelope jaar
** (3) transportaktes en ander derglike dokumente
** (3) versekeringsdokumente
** (3) enige ander dokumente wat na die mening van die visitasie kommissie ter sake is vir die doeleindes van die visitasie
* WAARSKUWING: Die geleentheid voor die kerkraadsvergadering waartydens die lede van die bogenoemde komitees teenwoordig is, is nie bedoel vir die vrae wat by die kerkraadsvergadering afgehandel moet word nie. Hulle teenwoordigheid is bedoel slegs vir die inwin van inligting en die uit die weg ruim van onduidelikhede wat opgeklaar kan word sonder dat dit die opsiggesprek van die visitasiekommissie met die kerkraadsvergadering nadelig raak. Onder geen omstandighede kan of mag die visitasiekommissie deur hierdie lede te raadpleeg, die kerkraadsvergadering omseil of vervang nie. Terselfdertyd moet die opsiggesprek nie beperk word tot blote ophaal van tegniese foute wat in notules en ander dokumente opgespoor is, of die herhaling van die inhoud van die oudit- en jaarverslae nie.
AGENDA VAN DIE KERKRAADS- / VISITASIEVERGADERING
* Die vergadering volg die rubrieke van die Kerkorde
* Die vergadering gebruik die jaarverslae as die uitgangspunt vir die gesprek.
* Die gesprek moet egter nie net tot herbevestiging van antwoorde wat hulle tevore in hierdie verslag verstrek het, beperk wees nie aangesien dit sou lei tot 'n herhaling van die wat die Kerkraad reeds afgehandel het.
* Al die rubrieke in die Kerkorde moet aan die orde gestel word en nie net die wat na die mening van die kommissie moontlike probleemvelde is nie. As dit op 'n spesifieke terrein goed gaan, moet die kommissie die kerkraad toelaat om dit aan die kommissie te sê.
* Die ringskommissie sal telkens by visitasies ook die kerkrade se jongste besluite oor die betrokke gemeentes se bedieningsbeplanning en -prioriteite ter insae kry.
* Die visitasiekommissie kan hiernaas ander sake wat na vore gekom het uit die kontrolering van enige van die gemeente se boeke aan die orde stel.
* Net so kan enige lid van die kerkraad ook sake op die agenda plaas.
* Die vergadering vind sover moontlik gesprekmatig plaas om sodoende vrymoedigheid by die kerkraadslede om saam te praat, aan te moedig. Daarom is die werkswyse om vooraf spreekbeurte te vra nie hier die ideaal nie.
* Die kommissie gee by elke rubriek aandag aan die twee fasette daarvan:
* Binne-gemeentelike arbeid
* Sinodale betrokkenheid van die gemeente op daardie besondere terrein (dit wil sê die uitvoer van al die gemeente se verpligtinge ten opsigte van die meerdere vergaderings, statutêre rade, organe van bystand en komitees van die Kerk)
* Die visitasiegesprek moet die kerkraad aanmoedig tot beter prestasie en groter gehoorsaamheid aan God en nie aftakel nie.
* Die visitasiegesprek moet ook hulpverlenend en raadgewend wees.
* Die visitasiekommissie moet nie sake waarvan hulle bewus raak doelbewus vermy of omseil nie, maar na sy eie diskresie met fyn aanvoeling en liefde hanteer. So nie, moet die saak aan die ringskommissie deurgegee word vir oorleg en aandag.
NOTULE VAN DIE KERKRAADSVERGADERING
* Die vergadering word genotuleer deur beide die gemeente se skriba en 'n lid van die visitasiekommissie wat vooraf deur die kommissie uit sy eie geledere aangewys word.
* Die skriba van die kerkraad stuur binne 7 dae na die visitasie 'n afskrif van die kerkraad se eie notule aan die sekretaris van die visitasiekommissie.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie verseker dat al die sake wat tydens die visitasievergadering met die kerkraad aangeroer is, behoorlik genotuleer is in die kerkraadsnotule. So verseker die kommissie dat die kerkraad aandag daaraan kan gee.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie besorg binne 7 na ontvangs van die kerkraadsnotule (dus 14 dae na die visitasie) sy eie notule en die van die kerkraad aan die voorsitter van die visitasiekommissie.
VERSLAG AAN DIE RINGSKOMMISSIE
* Die voorsitter van die visitasiekommissie besorg binne 7 dae na sy ontvangs van die notules van die visitasiekommissie se sekretaris (dus 21 dae na die visitasie) 'n volledige skriftelike verslag aan die skriba van die ring oor die handelinge en bevindinge van die visitasiekommissie.
* Die verslag bevat:
** die notule van die visitasiekommissie
** die notule van die kerkraad
** die ingevulde vraelys oor die nasien van die gemeente se boeke / dokumente wat vir die doel verskaf is
** 'n verslag geskryf deur die voorsitter oor die visitasiekommissie se indrukke van die vergadering
* Die verslag van die voorsitter volg die rubrieke en numering van die ABC verslag as riglyn.
FREKWENSIE VAN RINGSVISITASIES
* Die Kerkorde vereis dat minstens drie jaarliks tussen AKV en AKV by die elkeen van die gemeentes visitasie gedoen word.
DEELSORG STANDPLASE
Die ringskommissie het opdrag om oor die volgende twee sake opsig te hou:
a. Opdrag van die predikant in deelsorg
* Dat aan alle kerkrade met deeltydse- en deelsorg-predikante opdrag gegee word om
** die totale bediening in die gemeentes jaarliks te beplan in terme van die beroepsbrief
** die beroepsbriewe van daardie predikante, in samewerking met die betrokke predikante en die ringskommissie, te hersien om voorsiening te maak vir die daarstelling van 'n realistiese werkopdrag en 'n billike verwagting by die kerkraad ten opsigte van veral die huisbesoek van die predikant.
b. Versorging van die deelsorgpredikant
* Dat aan die ringskommissie opdrag gegee word om jaarliks aandag te skenk aan die versorgingsvoordele van deeltydse- en deelsorg predikante in die ring en indien nodig, aanbevelings aan die betrokke kerkrade te maak.
Neem asseblief kennis van die volgende:
* Visitasies sal aan die hand van die formaat in gemeentes gehou word.
* Die jongste jaarverslae sal steeds as vertrekpunt van die vergadering dien.
* Deelsorgstandplase moet ook kennis neem dat die Ringsvergadering die ringskommissie se opsig oor die opdrag van die predikant in deelsorg en versorging van die deelsorg predikant herbevestig het
* Tydens visitasies word die gemeente se totale bedieningsbeplanning en prioriteite ook verlang.
* Die aksies wat die betrokke kerkraad rondom die jonste ringsvergaderingbesluite geneem het, sal ook die aandag van die visitasiekommissie geniet.
2.1.2.2 Daar is in die afgelope termyn van die Ringsvergadering visitasie gedoen by vyf van die Ringsgemeentes. Die gemeentes Durban, Empangeni, Richardsbaai, Pinetown en Laer Suidkus is deur die aangewese visitasiekommissies besoek.
2.1.3 VISITASIEVERSLAG: PINETOWN
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag oor die visitasie by Pinetown aanvaar word.
2.1.4 VISITASIEVERSLAG: EMPANGENI
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag oor die visitasie by Empangeni aanvaar word.
2. Dat die gemeente Empangeni sterkte toegewens word met hulle vyfjaar-doelwit tot volle versorging soos voorgelê tydens die 48 ste Ringsvergadering
2.1.5 VISITASIEVERSLAG: DURBAN
Die vergadering besluit
2.1.6 VISITASIEVERSLAG: RICHARDSBAAI
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag oor die visitasie by Richardsbaai aanvaar word.
2. Dat die gemeente Richardsbaai sterkte toegewens word met die handhawing van hul tweede standplaas.
2.1.7 VISITASIEVERSLAG: LAER SUIDKUS
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag oor die visitasie by Laer Suidkus aanvaar word.
2. Dat die Kerkraad van Laer Suidkus aangemoedig word om aandag te gee aan die sake wat deur die verslag uitgewys word.
Die vergadering besluit voorts oor visitasies:
1. Dat kennis geneem word van die verslae.
2. Dat die afsonderlike visitasiekommissies bedank word vir hulle werk in die verband.
3. Dat elke gemeente wat 'n deelsorgbediening het, versoek word om steeds te beplan vir die herstel na 'n volle versorgde standplaas.
4. Dat die gemeentes met deelsorgstandplase steeds jaarliks visitasie ontvang.
5. Dat die visitasiekommissies bestaan uit die konsulent en twee ouderlinge van die konsulentsgemeente.
6. Dat die formaat (hierbo uiteen gesit - sien 2.1.2.1) van visitasies gebruik sal word as formaat van ALLE visitasies.
7. Dat die visitasieverslae, die formaat sal gebruik soos hierbo (2.1.2.1) uiteengesit.
2.1.8 Gemeentebouverslag: Durban
Die vergadering besluit
1. Dat elke gemeente aangemoedig word om aktief betrokke te raak by die proses van gemeentebou.
2. Dat gemeentes hulle predikante stuur om die gemeenteboukursusse waar moontlik by te woon.
2.1.9 STUDIE OOR DIE EFFEK VAN DIE DEELSORG-BEDIENING OP DIE PREDIKANTE IN GEMEENTES.
Die vergadering besluit dat die visitasiekommissies opdrag gegee word om behulpsaam te wees met die voltooiing van die studieprojek.
2.2 OUDERLINGE
2.2.1. VERSLAG OOR DIE WERK VAN DIE OUDERLINGE
Die vergadering besluit
Motivering:
Daar bestaan kommer by talle lidmate oor die gemeentelike inskakeling van kinders wat aan tersiêre inrigtings studeer. In baie gevalle vind min of geen bearbeiding bv. Huisbesoek plaas. Vervoer en dergelike probleme vererger sake. In die lig hiervan wek die ontbinding van sekere studentegemeentes ook ernstige kommer.
5. Elke ouderlingvergadering kry opdrag om saam met elke individuele wyksouderling 'n behoorlike ontleding te maak van sy/haar wyk.
Die bedoeling is om beide knelpunte sowel as groeipunte in die wyk te identifiseer. Vanuit hierdie ontleding moet elke wyksouderling in samewerking met sy/ haar diaken en wykslidmate spesifieke doelwitte vir die wyk formuleer. Sodanige doelwitte word dan voortdurend saam met die ouderlingvergadering geëvalueer. Die ouderlingevergadering lewer verslag aan die jaarlikse ringsvergadering oor die spesifike doelwitte wat in elke gemeente en wyk geïdentifiseer is.
6. Dat daar voor die volgende ringsvergadering 'n toerustingsgeleentheid gehou word vir die ouderlinge van die ring oor die praktiese vertolking en aanwending van die werkswyse van die ouderling soos in die Kerkorde beskryf.
Hierdie geleentheid moet deur 'n ad-hoc komitee:Presbiteraat van die ringsvergadering gehou word, indien nodig in samewerking met die algemene raad vir Presbiteraat. Die komitee sal bestaan uit Oudl H Beuken, Oudl Pieterse en Oudl Conradie.
Dat Ds Harmzen opdrag gegee word om die toerustings geleentheid aan te bied.
2.3 DIAKENS
3. VERGADERINGS VAN AMPTE
3.1 STRUKTUUR VAN RADE, RINGSKOMITEES EN GEMEENTEKOMITEES
3.2. RINGSVERGADERING
3.2.1 RINGSKOMITEES
3.2.2. RINGSKOMITEES
Die vergadering besluit
1. Dat die volgende verantwoordelikhede aan die volgende persone opgedra word
Pastoraat & Gemeentebou Ds T F Dreyer
Presbiteraat Oudl. Hubert Beuken en Ds Johan van Staden
Erediens Ds J Pieterse
Apostolaat Dr WAJ van Schoor en Ds H F La Grange
Ekumene Ds P Harmzen
Gesinsorg Ds Albert Minnaar
Ringsdiakensvergadering Ds Riaan van Rensburg
Ringskomitee vir skakeling met die HKSA Dr W A J van Schoor
3.2.3 BESLUITEBUNDEL RINGSVERGADERING
Die vergadering besluit dat
3.3. RINGSKOMMISSIE
3.3.1 VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
Die vergadering besluit dat die verslag aanvaar word.
3.4 RINGSDIAKENSVERGADERING
3.4.1 VERSLAG VAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING
Die vergadering besluit dat die verslag van die Ringsdiakensvergadering aanvaar word.
3.5 Herderlike skrywe
Die vergadering neem kennis dat Sondag (11/ 6/ 2000) 'n dag van verootmoediging sal wees.
4. GEMEENTES EN KERK
4.1 LIDMAATSKAP
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van Oudl Gibson aanvaar word.
2. Dat die voorsitter van die Ringskomitee bedank word vir die keurige verslag
4.2 GEMEENTEGRENSE
5 VERKONDIGING
5.1 KATEGESE
5.1.1 VERSLAG OOR KATEGESE
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringskomitee vir Kategese aanvaar word.
2. Dat elke gemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir die kategese (totale jeugbediening) in die gemeente en dat sodanige doelwitte voortdurend deur die ouderlingevergadering gemonitor word.
5.2 SCRIPTURA 2001
Die 2000 uitgawe van Scriptura is reeds aan gemeentes besorg.
Besluit
1. Dat die vergadering met dank kennis neem van die verskyning van Scriptura 2000.
2. Dat die gemeente Durban Suid bedank word vir die versorging van Scriptura 2000.
3. Dat die Scriptura voortaan nie meer in gedrukte vorm aan gemeentes gestuur sal word nie, maar dat dit om die internet geplaas word vanwaar gemeentes dit kan aflaai. Die redakteur sal hierbenewens al die preke saamstel en per e-pos aanstuur aan al die gemeentes van die ring.
4. Dat die 2001 uitgawe van Scriptura per besluit van die 45ste Ringsvergadering deur die gemeente Laer Suidkus geborg word.
5. Dat Ds J Pieterse as redakteur van Scriptura 2001optree.
6. Dat predikante van die Ring versoek word om vir Scriptura 2001 twee preke deur te gee waarvan een tydens Advents- en en een tydens Lydingstyd gebruik kan word.
MOTIVERING: dit gebeur dikwels dat gemeentepredikante juis tydens hierdie kerklike feestye met vakansie is.
7. Dat genoemde preke die redakteur voor of op 31 Augustus 2000 bereik.
5.3 APOSTOLAAT
Die vergadering besluit
5.3.2 Die Ekumeniese arbeid van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
AANBEVELING
1. Die vergadering dra dit op aan elke gemeente om hierdie verslag as basis te laat dien van sy ekumeniese arbeid.
3. Die vergadering besluit dat elke gemeente op plaaslike vlak sal begin om die lidmate in te lig en te motiveer sodat die kerk op plaaslike vlak na ekumeniese samewerking kan soek. Dit impliseer dat elke gemeente 'n gemeentelike komitee vir ekumene daar sal stel. Hierdie gemeentelike komitee moet dan doelwitte stel vir die plaaslike gemeente en die realisering van daardie doelwitte voortdurend evalueer. Sodanige doelwitte en evaluering moet dan dien as basis vir die verslaggewing aan die jaarlikse ringsvergadering.
5.3.3 CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE
5.3.3.1 VERSLAG VAN DIE VOORSITTER VAN DIE DURBAN KOMITEE
Besluit
1. Dat die verslag oor CSO aanvaar word.
5.3.3.2 CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE Richardsbaai
5.4 BYBELVERTALING EN BYBELVERSPREIDING
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van Ds J de Wet aanvaar word.
5.5 KERKBOEK
Die vergadering besluit
Motivering: Lidmate kla voortdurend dat die dagstukkies nie hulle behoefte aan daaglikse pitkos bevredig nie omdat hulle dikwels nie die verhewe akademiese styl waarin dit geskryf is, verstaan nie. Veral die jeug vind dit moeilik om te verstaan, en omdat hulle nogtans die behoefte aan sodanige dagstukkies het, gebruik hulle dan ander Bybelse dagboeke wat vryelik op die mark beskikbaar is.
5.5.1 RINGSKOMITEE VIR EREDIENS
Die vergadering besluit
1. Dat kerkrade oorweging skenk aan die stigting van 'n Komitee vir erediens in elke gemeente.
6. VERBAND MET ANDER KERKE
7. GESINSORG
7.1 VERSLAG OOR OPVOEDING EN ONDERWYS
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringskomitee vir Opvoeding en Onderwys aanvaar word.
2. Dat elke gemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir Opvoeding en onderwys en dat sodanige doelwitte voortdurend deur die kerkraad gemonitor word.
7.2 VERSLAG VAN JEUGWERK
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag aanvaar word. 2. Dat die Ringsvergadering die voorsitter van die Ringskomitee versoek om 'n tweede Kursus vir effektiewe Jeugbediening te reël.
8. DISSIPLINE
9. KERKLIKE GOEDERE
Die vergadering spreek sy dank en gelukwensing uit teenoor die Pensioenraad vir hul sukses wat behaal is m.b.t. die Pensioensfonds aan predikante en emeriti. Dit word opreg waardeer en dit is vir die ring aangenaam om na die beloofde tien jaar projek te hoor van sukses wat behaal is.
9.1 FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE RINGSKOM-MISSIE
Die vergadering besluit:
10. KERKORDE
Dr W A J van Schoor sluit die vergadering met gebed.