NEDERDUITSCH HERVORMDE
KERK VAN AFRIKA
Die
vyftigste
Gewone Ringsvergadering
in sitting
te Pietermaritzburg
vanaf 19:00
op 8 Junie 2001
50
A. V O O R A F
1. OPROEP
1 Mei 2001
Alle Kerkrade
Ring van Pietermaritzburg
Weleerwaarde Heer
OPROEP NA DIE 50 ste GEWONE RINGSVERGADERING
Hiermee word u in terme van die betrokke Ordinansies van die Kerkorde, in kennis gestel van en opgeroep na die sitting van die 50 ste gewone vergadering van die Ring van Pietermaritzburg.
Neem asseblief kennis dat die vergadering hierdie jaar oor twee (2) dae plaasvind.
DATUM: 8 en 9 Junie 2001
TYD : Vrydagaand vanaf 19:00
PLEK: Kerkgebou van die gemeente Pietermaritzburg
Pinestraat 71
Pietermaritzburg.
Die rede vir hierdie verlengde sitting is dat die ringskommissie beplan om hierdie vergadering in die vorm van verskeie WERKSWINKELS te hou. Die oogmerk met hierdie werkswinkels is dat die ringskommissie hiermee die effektiwiteit van die vergadering wil verhoog.
Aangeheg vind u die volledige agenda van die vergadering soos vasgestel deur die Kommissie van die Ringsvergadering.
U WORD VRIENDELIK DOG ERNSTIG GEVRA OM VOORAF GOED VOOR TE BEREI VIR DIE VERGADERING. So kan ons saamwerk om die waarde van die vergadering en van ons besluite te verseker, terwyl die vergadering nogtans spoedig en koste-effektief afgehandel word.
Hoogagtend die uwe
---------------------- ----------------------
Dr W A J van Schoor Ds T F Dreyer
VOORSITTER SKRIBA
2. PRAKTIESE REËLINGS
1. Let daarop dat die vergadering met 'n volledige erediens open. Ds P Harmzen lei die erediens en die gemeente se orrelis begelei die sang. Maak seker dat u Bybels en Psalm- en Gesangeboeke saambring. Drag is ampsdrag soos vir 'n gewone erediens. Predikante ter vergadering dra almal togas.
2. U gemeente moes alreeds u afgevaardigdes se geloofsbriewe aan die Ringskriba gestuur het. Nie almal is nog ontvang nie. Maak asseblief seker dat ons dit betyds (op die laatste ruim 'n halfuur voor die vergadering!) ontvang. Geen persoon kan wettig sitting neem sonder 'n geloofsbrief van die gemeente van herkoms nie.
3. As u nadat u die Agenda voorberei het, mosies of voorstelle tydens die vergadering wil indien, moet u dit skriftelik doen. Sien asseblief daarvoor die omskrywing van vereistes vir goeie mosies/voorstelle onder die opskrif "Formuleringskommissie" hier onder. Daar is vir u gerief 5 proformas vir indiening van mosies/voorstelle in die agenda ingebind.
DIEN AL U GESKREWE MOSIES/VOORSTELLE ONMIDDELLIK MET DIE AANVANG VAN DIE VERGADERING BY DIE FORMULERINGSKOMMISSIE IN. Moet dus nie wag totdat die vergadering die betrokke agendapunt hanteer nie.
Samewerking in die verband sal die vergadering baie vlotter laat verloop en die besluite sal die bedoeling van die vergadering akkurater weergee.
4. Tydens die vergadering moet alle gemeentes hulle volledig ingevulde rekenaardrukstukke met die oog op die 2002-Almanak by die skriba van die vergadering indien.
5. Die volgende persone is op 'n vergadering van die Ringskommissie aangewys as lede van die onderstaande kommissies van die Ringsvergadering.
5.1. Ordekommissie:
die ouderlinge van
Richardsbaai ....................................
Empangeni ...................................
Sekundus van die voorsitter
5.2. Stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie):
die ouderlinge van
Durban Suid
Laer Suidkus
Pietermaritzburg
5.3. Formuleringskommissie
die nuutverkose sekundus van die skriba
ouderling van
Durban
Pinetown
Die betrokke persone moet vir die take wat aan hulle opgedra is deeglik voorberei. Sien hiervoor:
* die omskrywings in hierdie agenda van die verskillende kommissies se werk,
* die uittreksels, ook in hierdie agenda, uit die Kerkorde,
* die res van die Kerkorde, en
* alle besluite van vorige meerdere vergaderings van die Kerk.
Veral lede van die Ordekommissie word versoek om hulle eie Kerkorde, die Besluitebundel van die 65ste Algemene Kerkvergadering, tersaaklike notules van vorige Ringsvergaderings en die Besluitebundel van die Ringsvergadering na die vergadering te bring. Hierdie dokumente is van u eie kerkraad / skriba / predikant verkrygbaar.
3. DIE RINGSVERGADERING
volgens die
KERKORDE
Die volgende Ordereël en Ordinansies van die Kerkorde van die Nederduitsch Hervormde Kerk het betrekking op die werk van die Ringsvergadering:
ORDEREËL 3
VERGADERINGS VAN AMPTE
Ampsdraers is dienaars van Jesus Christus, die enigste Hoof van die kerk. Hulle opdrag behels die verkondiging, die toerusting, opbouing, versorging, beskerming, regering en leiding van die Kerk. Om hierdie opdrag uit te voer, kom hulle in vergaderings van ampte byeen. Sodoende heers die een gemeente nie oor die ander, die een amp nie oor die ander en die een ampsdraer nie oor die ander nie.
3.1 Vergaderings neem besluite op grond van die Skrif
(i) in ooreenstemming met die belydenis van die Kerk en die Kerkorde
(ii) met inagneming van die gebruike van die Kerk.
3.2 Elke vergadering behandel die sake wat deur die Kerkorde aan hom opgedra is, en daar bestaan nie 'n hiërargie van vergaderings van die ampte nie.
3.3 'n Ampsdraer wat behulpsaam is in 'n ander amp neem nie volle sitting op 'n vergadering van dié ander amp nie.
3.4 Vergaderings in die gemeente is die
(i) ouderlingevergadering
(ii) diakensvergadering
(iii) kerkraadsvergadering.
3.5 Bykomende vergaderings wat deur afgevaardigdes van die ampte gevorm word, is die
(i) Ringsvergadering
(ii) Ringsdiakensvergadering
(iii) Algemene Kerkvergadering
(iv) Algemene Diakensvergadering.
ORDINANSIE 3.4
Alle lede van die Ringsvergadering word opgeroep om te help dat die Ringsvergadering aan die volgende eise van die Kerk voldoen.
RINGSVERGADERING
'n Aantal gemeentes vorm 'n ring na goedkeuring deur die Algemene Kerkvergadering.
'n Ringsvergadering is 'n bykomende vergadering van die ampte, gevorm deur ampsdraers wat deur kerkraadsvergaderings afgevaardig is as verteenwoordigers van hulle ampte.
3.4.1 SAMESTELLING
(i) Die ringsvergadering word saamgestel uit
(a) predikante wat aan standplase in die gemeentes van die ring verbind is
(b) twee ouderlinge uit elke kerkraadsvergadering
(c) predikante met besondere opdrag, teologiese dosente, beroepafwag-tende predikante en proponente wat binne die ring woon met adviseren-de stem
(d) emerituspredikante en emeritus teologiese dosente wat binne die ring woon, predikante met besondere opdrag, teologiese dosente wat in 'n ander ring woon, en die Administrateur, wanneer daartoe uitgenooi, met spreekreg.
(ii) Dieselfde ouderlinge word nie na meer as drie agtereenvolgende vergade-rings afgevaardig nie.
3.4.2 WERKOPDRAG
Die ringsvergadering
(ii) hou opsig oor en gee leiding aan die dienswerk van die ampsdraers en die vergaderings van die ampte
(iii) oefen opsig en tug uit oor ouderlinge en diakens en vergaderings van die ampte
(iv) oefen opsig uit oor alle predikante in die ring
(v) handel alles af in verband met die stigting, grense en ontbinding van gemeentes
(vi) sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin
(c) herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek
(b) die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
(viii) beoordeel beskrywingspunte wat kerkrade en ampsdraers, en versoekskrifte wat lidmate, na die Algemene Kerkvergadering wil deurstuur
(ix) beoordeel studiemateriaal, ander stukke en beskrywingspunte wat ontvang is van ander ringsvergaderings, of van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering wat voorgelê word vir opname in die agenda van die Algemene Kerkvergadering
(x) roep, indien nodig, rade in die lewe en stel toepaslike reglement(e) van orde op mits dit nie in stryd is met die Kerkorde nie
(xi) benoem Ringskomiteevoorsitters en sien toe dat ringsrade funksioneer
(xii) behandel die notule van die vorige Algemene Kerkvergadering en sien toe dat ter sake besluite uitgevoer is
(xiii) gee aandag aan verslae wat in die agenda opgeneem is, naamlik van die
(a) ringskommissie
(b) ringsrade
(c) kommissies wat stukke, genoem in die Ordinansies, nagegaan het
(xiv) sien toe dat alle finansiële state van die gemeentes jaarliks geouditeer word
(xv) gee, wanneer daartoe versoek, skriftelik verslag aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering oor die stoflike en administratiewe aange-leenthede van die gemeentes in die ring
(xvi) adviseer die Raad van Finansies oor die stoflike belange binne die ring en in sinodale verband
(xvii) gee aandag aan die geïdentifiseerde knelpunte en probleme van die kerklike lewe op gemeentelike en ringsvlak en tref maatreëls om dit op te los
(xviii) sorg by die stigting en ontbinding van gemeentes dat
(a) alle dokumentasie soos, byvoorbeeld, die versoek tot stigting of ontbinding en die beskrywing van die grense met die nodige kaarte, ontvang, bestudeer en bewaar word
(b) die prosedure soos voorgeskryf in die Ordinansies gevolg word
(c) die stoflike en administratiewe handelinge in oorleg met die Admini-strateur geskied
(xix) reël die konsulentskappe vir elke gemeente
(xx) sien toe dat 'n ringsfonds bestaan
(a) wat deur die ringskommissie beheer word
(b) waartoe elke gemeente van die ring 'n vasgestelde heffing bydra
(c) waaruit die reis- en verblyfkoste van lede van die ringskommissie, koste van vergaderings, of enige ander uitgawe soos deur die rings-vergadering besluit, verhaal word
(xxi) kan ook ander fondse stig.
3.4.3 WERKWYSE
Die ringsvergadering
(i) kom minstens een maal per jaar byeen
(ii) bepaal die datum, tyd en plek van die vergadering en gee daarvan kennis aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
(iii) word deur die skriba van die ringsvergadering opgeroep met skriftelike kennisgewing in Die Hervormer, en aan elke kerkraad minstens een maand voor die vergadering, met beskikbaarstelling van die agenda
(iv) kom in 'n buitengewone sitting byeen, met veertien dae skriftelike kennis-gewing, en vermelding van die doel van die vergadering, en sien toe dat die afgevaardigdes van die vorige ringsvergadering sitting neem
(v) word onder leiding van 'n predikant van die ring, aangewys deur die rings-vergadering, met Skriflesing, prediking, gebed en sang geopen
(vi) bespreek die implikasies van die teologiese inhoud van die openingsrede na afloop van die opening
(vii) behandel die verslag oor die geloofsbriewe
(viii) word deur die voorsitter as 'n wettig saamgestelde vergadering verklaar, wat bestaan uit afgevaardigdes teen wie se geloofsbriewe geen geldige besware ingebring is nie
(ix) behandel die besware teen geloofsbriewe
(x) kies uit die aanwesige predikante van die ring 'n voorsitter en skriba, met inagneming van die beginsel dat 'n predikant nie vir meer as drie jaar na mekaar as voorsitter of as skriba gekies sal word nie
(xi) begin met sy werksaamhede soos uiteengesit in die agenda
(xii) kies tydens die sitting drie ouderlinge uit sy lede om saam met die voorsitter en skriba die ringskommissie te vorm, met inagneming van die beginsel dat 'n ouderling nie vir meer as drie jaar na mekaar gekies sal word nie
(xiii) kies tydens die sitting sekundi vir die lede van die ringskommissie, wat sitting neem wanneer 'n verkose lid 'n vergadering nie kan bywoon nie, of wanneer 'n vakature ontstaan
(xiv) vul vakatures, wat onder sekundi ontstaan, deur sy kommissie aan, uit lede wat die ringsvergadering bygewoon het, of, as dit nie moontlik is nie, uit die ander ouderlinge en predikante van die ring
(xv) verkies nie lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering as lede van die ringskommissie nie
(xvi) nooi lede van die ringskommissie, wat nie weer na die ringsvergadering afgevaardig is nie, uit om as adviserende lede sitting te neem totdat die verslag van die ringskommissie behandel is
(xvii) sien toe dat onreëlmatighede wat uit die verslae aan die ringsvergadering blyk, reggestel word
(xviii) reël watter afgevaardigde uit die ring 'n beskrywingspunt of versoekskrif wat aanvaar is vir deursending aan die Algemene Kerkvergadering, op die vergadering van die Algemene Kerkvergadering sal toelig en motiveer
(xix) gee opdrag aan die skriba van die ringsvergadering om
(a) binne drie weke na afloop van die ringsvergadering die notule af te handel en na kerkrade deur te stuur vir behandeling en kommentaar oor die korrektheid daarvan
(b) jaarliks aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering verslag te lewer oor die werksaamhede en besluite van die ringsvergadering op 'n datum soos deur die Kommissie bepaal.
4. I N H O U D S O P G A W E
A. VOORAF
1. Oproep na die vergadering 1
2. Praktiese reëlings 2
3. Uittreksel uit die Kerkorde 3
4. Inhoudsopgawe 7
5. Organe van bystand by die Ringsvergadering
5.1. Ordekommissie 8
5.2. Formuleringskommissie 8
PROFORMAS VIR VOORSTELLE/MOSIES 10
B. VERGADERING
1. OPENING 15
2. VERWELKOMING 15
3. MOSIES 15
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG 15
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM 16
4.3. KONSTITUERING 16
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE 16
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN -TELLERS 17
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE 17
4.7. BENOEMING VAN FORMULERINGSKOMMISSIE 17
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING 18
4.9. SITTINGSURE 18
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA 18
1 BELYDENIS 19
2 AMPTE 19
3 VERGADERINGS VAN AMPTE 36
4 GEMEENTES EN KERK 42
5 VERKONDIGING 43
6 VERBAND MET ANDER KERKE 66
7 HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING 67
8 DISSIPLINE 68
9 KERKLIKE GOEDERE 68
10 KERKORDE 68
C. AFSLUITING 68
E. STEMBRIEWE
F. BYLAE
Hierdie agenda is vasgestel tydens 'n vergadering van die Ringskommissie gehou te Durban op 4 Mei 2001.
Lede van die uittredende Ringskommissie:
Dr. W A J van Schoor (Voorsitter) (Pinetown)
Ds. T F Dreyer (Skriba) (Durban)
Oudl. H Beuken (Richardsbaai)
Oudl. T Steyn (Empangeni)
Oudl. H Prinsloo (Durban)
5. ORGANE VAN BYSTAND TOT DIE RINGSVERGADERING
5.1 Ordekommissie
* Die Ringskommissie wys vooraf uit die verwagte lede van die vergadering 'n Ordekommissie aan met die oog op die handhawing van die orde van die vergadering (Ordinansie 3.4.2.X).
* Die Ordekommissie bestaan uit twee ouderlinge en die sekundus vir die voorsitter.
* Om die orde van die vergadering te handhaaf maak die Ordekommissie gebruik van die
** Kerkorde
** besluite van bykomende vergaderings
-> die Ringsvergadering
-> Die Algemene Kerkvergadering
-> die agenda van die Ringsvergadering
-> die Reglementebundel van die NHKA
* Die kommissie gaan voor die aanvang van die vergadering alle geloofsbriewe na en lewer uitspraak oor die wettige samestelling van die vergadering (sien Ordinansie 3.4.3 vii).
* Die kommissie verseker dat die besluite van die Ringsvergadering
** nie strydig is met ander besluite van bykomende vergaderings nie
** in ooreenstemming is met die Kerkorde
** nie buite die ressort van die Ringsvergadering val nie.
* Die kommissie hou beheer oor die sittingstye van die vergadering, nadat die vergadering die sittingsure vasgestel het. Vir die doel herinner die kommissie die vergadering aan verstreke sittings en pouses en verseker dat die vergadering daarby hou.
* Die kommissie verseker dat daar te alle tye wanneer besluite geneem word 'n kworum teenwoordig is, sodat alle besluite wettig geneem kan word. Vir die doel is alle lede ter vergadering verplig om afwesigheid vooraf by die kommissie aan te meld wanneer die vergadering om watter rede ook al verlaat word.
* Die kommissie voorsien die vergadering van genoeg stembriewe vir geslote stemming en hou toesig oor die opneem en telling van stembriewe.
* Die kommissie tel stemme wat by wyse van hand opsteek uitgebring word en gee uitspraak oor die meerderheidsbesluit.
* Die kommissie verseker dat slegs die lede van die vergadering wat met volle stemreg sitting geneem het, aan die stemming deelneem.
* Die kommissie verseker dat slegs die lede van die vergadering wat volle stemreg het, voorstelle indien.
* Die kommissie voer ander opdragte van die vergadering uit wat na die mening van die vergadering nodig is vir die orde van die vergadering.
5.2 Formuleringskommissie
* Die vergadering laat hom bedien van 'n orgaan van bystand met die oog op die duidelike formulering van
** mosies
** besluite en
** amendemente
van die vergadering terwyl die vergadering in sitting is.
* Die Formuleringskommissie bestaan uit drie lede van die vergadering waarvan twee ouderlingslede is en staan onder leiding van die nuutverkose sekundus van die skriba.
* Besluitneming deur die Ringsvergadering geskied verkieslik by wyse van skriftelike mosies of voorstelle uit die vergadering.
* Die Formuleringskommissie ontvang die skriftelike mosies en/of voorstelle uit die vergadering met die doel om te verseker dat die mosies/voorstelle die volgende elemente bevat:
a. Inhoud * Beplanning = WAT wil die vergadering gedoen hê?
* Organisasie = HOE wil die vergadering dit doen?
* Koördinering = WIE gaan dit doen?
* Kontrolering = WANNEER moet die saak afgehandel wees, of minstens verslag gedoen word van die vordering wat gemaak word?
b. Formulering * Alle mosies/voorstelle moet positief geformuleer word
c. Voorsteller * Alle mosies/voorstelle moet onderteken wees deur beide die voorsteller en een ander lid van die vergadering. Die tweede ondertekenaar steun nie noodwendig die voorstel met sy handtekening nie, maar getuig net daarmee dat die voorsteller soos op die geskrewe mosie/voorstel aangedui werklik die oorsprong van die mosie/voorstel is.
d. Amendering * Ten einde te verseker dat die besluit werklik die bedoeling van die vergadering korrek vervat, is dit verkieslik dat die mosie/voorstel deur die formuleringskommissie op 'n blaaibord geskrywe word om vir die vergadering geleentheid te gee om amendemente voor te stel.
* Indien die mosie/voorstel nie aan al die vereistes voldoen nie, herformuleer die formuleringskommissie in samewerking met die voorsteller die mosie/voorstel sodat dit aan al die vereistes voldoen.
* Die formuleringskommissie nommer duidelik elke mosie/voorstel met dieselfde nommer waaronder dit in die agenda tuishoort en behandel moet word.
* Die mosie/voorstel word aan die skriba van die vergadering deurgegee vir voorlegging deur die voorsitter aan die vergadering.
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
PROFORMA VIR INDIENING VAN MOSIES OF VOORSTELLE
Hierdie proforma is bedoel om u voorbereiding te vergemaklik. Gebruik asseblief een vorm per voorstel of mosie. Indien u nog enige kopieë benodig, word u vriendelik versoek om self daarvoor verantwoordelikheid te aanvaar. Sal u asseblief so gaaf wees om noukeurig die korrekte agendapunt en bladsyverwysing aan te teken.
AGENDAPUNT: ______________________
BLADSY IN AGENDA __________________
VOORSTEL / EMOSIE
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_____________________________________________________
_______________ _______________
VOORSTELLER SEKONDANT
_______________________ ____________________
Naam (in drukskrif) Naam (in drukskrif)
B. V E R G A D E R I N G
A G E N D A
van die
Vyftigste
R I N G S V E R G A D E R I N G
van die
RING VAN PIETERMARITZBURG
PLEK: Kerkgebou van Pietermaritzburg
TYD : Vrydag 8 vanaf 19: 00 en Saterdag 9 Junie 2001 vanaf 08:00.
1. OPENING
1.1 Die vergadering word geopen met 'n erediens wat deur Ds P Harmzen gelei word.
1.2 Die vergadering bespreek die pas afgelope erediens in terme van sy toepaslikheid op die werk van die kerk en die ring ( en sy vergadering) in besonder.
2. VERWELKOMING
Die uittredende voorsitter Dr W A J van Schoor verwelkom die afgevaardigdes en gaste wat teenwoordig is.
3. MOSIES
AANBEVELING:
1. Gelukwensing: Ds en Mev Hennie La Grange met hulle huwelik
2. Ds en Mev Eric Oosthuizen as nuwe predikantspaar van Empangeni
3. Roubeklag:
4. Dank: Ds La Grange en Dr van Schoor
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG
AANBEVELING
1. Dat die geloofsbriewe van die volgende broeders en susters soos ontvang uit hulle onderskeie gemeentes aanvaar word, en hulle toegelaat word om sitting te neem as wettige lede van hierdie Ringsvergadering met volle stemreg:
GEMEENTE PRIMI SEKUNDI
PIETERMARITZBURG
PREDIKANT : Ds P Harmzen
OUDERLINGE: (1) JH Du Plessis JM Vermaak
(2) BH Pieterse E Grobbelaar
DURBAN
PREDIKANT : Ds TF Dreyer
OUDERLINGE: (1) D Paulsen F R Sauer
(2) H Prinsloo L van den Heever
DURBAN-SUID
PREDIKANT : Ds HF la Grange
OUDERLINGE: (1)
(2)
EMPANGENI
PREDIKANT : Vakant
OUDERLINGE: (1)
(2)
LAER SUIDKUS
PREDIKANT : Ds JJ Pieterse
OUDERLINGE: (1)
(2)
RICHARDSBAAI
PREDIKANTE: Ds JA Minnaar
OUDERLINGE: (1)
(2)
PINETOWN
PREDIKANT : Dr W A J van Schoor
OUDERLINGE: (1) F Müller C van der Westhuisen
(2) B van Breda M Jooste
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM
Die vergadering verwelkom Prof P A Geyser as lid van die Algemene Kommissie.
AANBEVELING
1. Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.c met adviserende stem teenwoordig is, met adviserende stem sitting neem.
2. Dat lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.d met spreekreg teenwoordig is, met spreekreg sitting neem.
3. Dat Ds A Janse van Rensburg ter vergadering is. Volgens Ordinansie 3.4.1.i.c het hy 'n adviserende stem het.
4.3. KONSTITUERING
AANBEVELING
1. Dat die vergadering behoorlik saamgestel is.
2. Dat behoorlik en betyds van die vergadering kennis gegee is.
3. Dat 'n kworum teenwoordig is.
4. Dat die vyftigste vergadering van die Ring van Pietermaritzburg in sitting is.
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE
AANBEVELING
1. Dat die volgende persone as lede van die ordekommissie aangewys word:
die ouderlinge van
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN-TELLERS
AANBEVELING
1. Dat die volgende persone as stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie) aangewys word:
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE
1. Dat die volgende lede van die vergadering tot die Ringskommissie verkies word:
1.1. Die vergadering verkies tot voorsitter
Ds.
1.2. Die vergadering verkies tot skriba
Ds.
1.3. Die vergadering verkies tot ouderlingslede van die Ringskommissie
(1)
(2)
(3)
2. Dat die volgende lede van die vergadering tot sekundi vir die Ringskommissie verkies word:
2.1. Die vergadering verkies tot sekundus vir die voorsitter
Ds.
2.2. Die vergadering verkies tot sekundus vir die skriba
Ds
2.3. Die vergadering verkies tot sekundi vir die ouderlingslede van die Ringskommissie
(1)
(2)
(3)
4.7. BENOEMING VAN DIE FORMULERINGS-KOMMISSIE
AANBEVELING
1. Dat die volgende lede van die vergadering aangewys word as lede van die Formuleringskommissie
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING
AANBEVELING
1. Dat die notule van hierdie vergadering, soos gebruiklik, deur die Ringskommissie versorg en voorlopig goedgekeur sal word.
2. Dat die notule vir kommentaar aan alle kerkrade gestuur sal word.
3. Dat die Ringskommissie na ontvangs van kommentaar oor die korrektheid van die notule, die notule finaal sal goedkeur en afhandel.
4. Dat die Ringskommissie die finale notule aan al die gemeentes sal voorsien en dat dit op die ring se webbladsy geplaas sal word by www.geocities.com/pmb_za
4.9. SITTINGSURE
AANBEVELING
1. Dat die vergadering die volgende sittingsure aanvaar:
Vrydag 8 Junie 2001
19:00 - 20:30 Eerste sitting
20:30 - 20:50 Tee
20:50 - 22:30 Tweede sitting
Saterdag 9 Junie 2000
08:00 - 10:00 Derde sitting
10:00 - 10:20 Tee
10:20 - 12:30 Vierde sitting
12:30 - 13:15 Middagete
13:15 - 14:15 Vyfde sitting
14:15 - 14:30 Tee
14:30 - 16:00 Sesde sitting
16:00 Beplande einde van die vergadering
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA
AANBEVELING:
1. Dat die agenda soos volg uitgebrei word:
1. BELYDENIS
2. AMPTE
2.1 PASTORAAT
1. Die ring wys die volgende konsulente soos volg aan:
GEMEENTE Eerste Tweede
Pitermaritzburg Ds T Dreyer Ds W van Schoor
Durban Ds W van Schoor Ds J Pieterse
Durban-Suid Ds J Pieterse Ds T Dreyer
Empangeni Ds J Minnaar Ds E Oosthuizen
Laer Suidkus Ds H la Grange Ds W van Schoor
Richardsbaai Ds E Oosthuizen Ds H la Grange
Pinetown Ds P Harmzen Ds J Minnaar
Aanbeveling
2. Dat die vergadering met groot dank en waardering kennis neem van al die predikante in die Ring wat soms onder moeilike omstandighede hulle ampswerk doen.
2.1.2 RINGSVISITASIE
2.1.2.1 FORMAAT VAN VISITASIES BY GEMEENTES
Die volgende besluite is deur die Ringsvergadering goedgekeur ten opsigte van visitasies.
KERKORDE
ORDINANSIE 3.4.2
(vi) sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin
(c) herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek
(b) die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die Ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
VISITASIEGELEENTHEID
* Die tyd en plek van die visitasie aan 'n gemeente word minstens 6 weke voor die beplande datum in oorleg met die kerkraad deur die ringskommissie vasgestel
* Die visitasiegeleentheid is 'n volwaardige kerkraadsvergadering
* Vir die duur van die visitasiegesprek wat tydens die kerkraadsvergadering plaasvind, neem die voorsitter van die visitasiekommissie die voorsitterstoel in.
* Tensy anders deur die visitasiekommissie met die betrokke kerkraad ooreengekom, neem die kerkraadsvergadering om 19:00 in die gemeente se kerkgebou in aanvang
* Voor die begin van die kerkraadsvergadering, is die gemeente verplig om al die boeke of dokumente wat volgens die diskresie van die visitasiekommissie op die visitasie betrekking het, op versoek aan die visitasiekommissie beskikbaar te stel op 'n tyd en plek wat die visitasiekommissie met die voorsitter of skriba van die kerkraad sal afspreek.
* By die vooraf-geleentheid sal die voorsitters van die volgende kerklike organe in die gemeente verkieslik teenwoordig wees:
** Kerkraad
** Ouderlingevergadering
** Diakensvergadering
** kerklike goedere komitee
* As die visitasiekommissie te eniger tyd by die vooraf geleentheid besluit om agter geslote deure te vergader, moet alle ander persone wat teenwoordig mag wees, die besluit eerbiedig.
* Die voorsitter van die visitasiekommissie kan ook vooraf met die predikant van die gemeente 'n afspraak maak vir huisbesoek by die pastorie.
HUISBESOEK AAN PREDIKANTSPAAR
* Die voorsitter van die visitasiekommissie doen huisbesoek by die predikant en sy gesin.
* Die pastorale gesprek verloop soos die voorsitter van die visitasiekommissie besluit.
JAARVERSLAE AAN DIE RINGSVERGADERING
* Die voorsitter van die visitasiekommissie ontvang minstens 7 dae voor die visitasie 'n afskrif van die gemeente se jongste jaarverslae, wat deur die kerkraad goedgekeur is, van die skriba van die gemeente.
NASIEN VAN DIE GEMEENTELIKE BOEKE
(NB: Die nommer langs die items hieronder is 'n aanduiding van die prioriteit wat die item by die visitasie moet geniet en die werkswyse wat die kommissie moet volg.
1. Moet eerste en deeglik behandel word
2. Doen verkieslik al is dit oorsigtelik
3. Neem kennis van die bestaan en toestand)
* Die boeke wat deur die visitasiekommissie nagegaan moet word, sluit die volgende in:
** notules van:
- (1) Kerkraadsvergadering
- (1) Ouderlingevergadering
- (1) Diakensvergadering
- (1) Werkgroep Kerklike Goedere
- (2) werkgroepe
- (2) Diensgroepe
- (2) NHSV
- (2) NHJV
- (2) en ander
** (3) huidige wykslyste (belydende- en dooplidmatelys)
** (3) kategeseregister
** (3) lidmaatregister
** (3) doopregister
** (3) leêrs met ringsradenotules
** (3) leêrs met afskrifte van notules van alle binne gemeentelike vergaderings
** (1) alle finansiële boeke (jongste offergawestate ingesluit)
** (3) finansiële state van die afgelope jaar
** (3) transportaktes en ander derglike dokumente
** (3) versekeringsdokumente
** (3) enige ander dokumente wat na die mening van die visitasie kommissie ter sake is vir die doeleindes van die visitasie
* WAARSKUWING: Die geleentheid voor die kerkraadsvergadering waartydens die lede van die bogenoemde komitees teenwoordig is, is nie bedoel vir die vrae wat by die kerkraadsvergadering afgehandel moet word nie. Hulle teenwoordigheid is bedoel slegs vir die inwin van inligting en die uit die weg ruim van onduidelikhede wat opgeklaar kan word sonder dat dit die opsiggesprek van die visitasiekommissie met die kerkraadsvergadering nadelig raak. Onder geen omstandighede kan of mag die visitasiekommissie deur hierdie lede te raadpleeg, die kerkraadsvergadering omseil of vervang nie. Terselfdertyd moet die opsiggesprek nie beperk word tot blote ophaal van tegniese foute wat in notules en ander dokumente opgespoor is, of die herhaling van die inhoud van die oudit- en jaarverslae nie.
AGENDA VAN DIE KERKRAADS- / VISITASIEVERGADERING
* Die vergadering volg die rubrieke van die Kerkorde
* Die vergadering gebruik die jaarverslae as die uitgangspunt vir die gesprek.
* Die gesprek moet egter nie net tot herbevestiging van antwoorde wat hulle tevore in hierdie verslag verstrek het, beperk wees nie aangesien dit sou lei tot 'n herhaling van die wat die Kerkraad reeds afgehandel het.
* Al die rubrieke in die Kerkorde moet aan die orde gestel word en nie net die wat na die mening van die kommissie moontlike probleemvelde is nie. As dit op 'n spesifieke terrein goed gaan, moet die kommissie die kerkraad toelaat om dit aan die kommissie te sê.
* Die ringskommissie sal telkens by visitasies ook die kerkrade se jongste besluite oor die betrokke gemeentes se bedieningsbeplanning en -prioriteite ter insae kry.
* Die visitasiekommissie kan hiernaas ander sake wat na vore gekom het uit die kontrolering van enige van die gemeente se boeke aan die orde stel.
* Net so kan enige lid van die kerkraad ook sake op die agenda plaas.
* Die vergadering vind sover moontlik gesprekmatig plaas om sodoende vrymoedigheid by die kerkraadslede om saam te praat, aan te moedig. Daarom is die werkswyse om vooraf spreekbeurte te vra nie hier die ideaal nie.
* Die kommissie gee by elke rubriek aandag aan die twee fasette daarvan:
* Binne-gemeentelike arbeid
* Sinodale betrokkenheid van die gemeente op daardie besondere terrein (dit wil sê die uitvoer van al die gemeente se verpligtinge ten opsigte van die meerdere vergaderings, statutêre rade, organe van bystand en komitees van die Kerk)
* Die visitasiegesprek moet die kerkraad aanmoedig tot beter prestasie en groter gehoorsaamheid aan God en nie aftakel nie.
* Die visitasiegesprek moet ook hulpverlenend en raadgewend wees.
* Die visitasiekommissie moet nie sake waarvan hulle bewus raak doelbewus vermy of omseil nie, maar na sy eie diskresie met fyn aanvoeling en liefde hanteer. So nie, moet die saak aan die ringskommissie deurgegee word vir oorleg en aandag.
NOTULE VAN DIE KERKRAADSVERGADERING
* Die vergadering word genotuleer deur beide die gemeente se skriba en 'n lid van die visitasiekommissie wat vooraf deur die kommissie uit sy eie geledere aangewys word.
* Die skriba van die kerkraad stuur binne 7 dae na die visitasie 'n afskrif van die kerkraad se eie notule aan die sekretaris van die visitasiekommissie.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie verseker dat al die sake wat tydens die visitasievergadering met die kerkraad aangeroer is, behoorlik genotuleer is in die kerkraadsnotule. So verseker die kommissie dat die kerkraad aandag daaraan kan gee.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie besorg binne 7 na ontvangs van die kerkraadsnotule (dus 14 dae na die visitasie) sy eie notule en die van die kerkraad aan die voorsitter van die visitasiekommissie.
VERSLAG AAN DIE RINGSKOMMISSIE
* Die voorsitter van die visitasiekommissie besorg binne 7 dae na sy ontvangs van die notules van die visitasiekommissie se sekretaris (dus 21 dae na die visitasie) 'n volledige skriftelike verslag aan die skriba van die ring oor die handelinge en bevindinge van die visitasiekommissie.
* Die verslag bevat:
** die notule van die visitasiekommissie
** die notule van die kerkraad
** die ingevulde vraelys oor die nasien van die gemeente se boeke / dokumente wat vir die doel verskaf is
** 'n verslag geskryf deur die voorsitter oor die visitasiekommissie se indrukke van die vergadering
* Die verslag van die voorsitter volg die rubrieke en numering van die ABC verslag as riglyn.
FREKWENSIE VAN RINGSVISITASIES
* Die Kerkorde vereis dat minstens drie jaarliks tussen AKV en AKV by die elkeen van die gemeentes visitasie gedoen word.
DEELSORG STANDPLASE
Die ringskommissie het opdrag om oor die volgende twee sake opsig te hou:
a. Opdrag van die predikant in deelsorg
* Dat aan alle kerkrade met deeltydse- en deelsorg-predikante opdrag gegee word om
** die totale bediening in die gemeentes jaarliks te beplan in terme van die beroepsbrief
** die beroepsbriewe van daardie predikante, in samewerking met die betrokke predikante en die ringskommissie, te hersien om voorsiening te maak vir die daarstelling van 'n realistiese werkopdrag en 'n billike verwagting by die kerkraad ten opsigte van veral die huisbesoek van die predikant.
b. Versorging van die deelsorgpredikant
* Dat aan die ringskommissie opdrag gegee word om jaarliks aandag te skenk aan die versorgingsvoordele van deeltydse- en deelsorg predikante in die ring en indien nodig, aanbevelings aan die betrokke kerkrade te maak.
Neem asseblief kennis van die volgende:
* Visitasies sal aan die hand van die formaat in gemeentes gehou word.
* Die jongste jaarverslae sal steeds as vertrekpunt van die vergadering dien.
* Deelsorgstandplase moet ook kennis neem dat die Ringsvergadering die ringskommissie se opsig oor die opdrag van die predikant in deelsorg en versorging van die deelsorg predikant herbevestig het
* Tydens visitasies word die gemeente se totale bedieningsbeplanning en prioriteite ook verlang.
* Die aksies wat die betrokke kerkraad rondom die jonste ringsvergaderingbesluite geneem het, sal ook die aandag van die visitasiekommissie geniet.
2.1.2.2 Daar is in die afgelope termyn van die Ringsvergadering visitasie gedoen by vier van die Ringsgemeentes. Die gemeentes Durban Suid, Pietermaritzburg, Pinetown en Laer Suidkus is deur die aangewese visitasiekommissies besoek.
2.1.3 VISITASIEVERSLAG: PINETOWN
VISITASIEVERSLAG: PINETOWN
Inleiding
Die visitasiekommissie, bestaande uit Ds. Harmzen, oudl. Du Plessis en oudl. Pieterse het op Woensdag 14 Maart 2001 besoek afgelê by die gemeente Pinetown.
Die boeke en registers van die gemeente is nagesien en die kommissie is tevrede dat die administrasie van die gemeente gesond is. Die boeke en registers word baie netjies bygehou wat die gehalte van die werk in die gemeente weerspieël.
Enkele leemtes word verder in die verslag bespreek.
Na afloop van die nasien van die boeke, is die kommissie die geleentheid gegun om die Kerkraadsvergadering toe te spreek.
Ds. Harmzen het eerstens sy dankbaarheid uitgespreek dat Dr. van Schoor terug in die tuig is. Hy bedank ook die vergadering en gemeente vir die vastheid in die geloof die afgelope tyd en vir die besondere wyse waarop hulle Dr. van Schoor ondersteun het.
Finansiële posisie van die gemeente -
Kommer is uitgespreek omrede Dr. van Schoor se traktement nie vir die huidige jaar aangepas is nie. Die gemeente het 'n agterstallige skuldlas afgelos en die vergadering het bevestig dat die traktement gedurende die jaar aandag sal geniet.
Alle verdere verpligtinge gedurende die verslagjaar is nagekom.
Verlofregister -
Dr. van Schoor het tans nog 60 dae verlof tot sy krediet en die versoek is gerig dat hy toegelaat word om minstens die helfte daarvan gedurende die jaar te neem.
Vergaderings van die ampte -
Alhoewel daar gereeld Ouderlinge - en Diakensvergaderings gehou is, was geen Kerkraadsvergadering sedert 23 Februarie 2000 gehou nie. Die notule boek van die Diakensvergadering was nie voorgelê vir nasiening nie.
NHSV -
Die NHSV vaar baie goed en was geluk gewens met hul pogings tot dusver.
Nieteenstaande die huidige omstandighede het hulle steeds voortgegaan met hul taak in die diens van die Here.
Huisbesoeke -
Alle wyke in die gemeente was gereeld besoek en is geen probleme rakende die lidmate se geestelike lewe geopper nie.
Erediensbywoning -
Erediensbywoning is baie goed en die gemeente word ook op hierdie gebied sterkte toegebid.
Ander sake -
Geen verdere sake is deur die vergadering ter tafel gebring nie en Ds. Harmzen spreek sy dank teenoor die Kerkraad uit en bid hulle sterkte toe in hul groot taak.
P Harmzen 01/03/20
Voorsitter Visitasiekommissie
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor die visitasie by Pinetown aanvaar word.
2.1.4 VISITASIEVERSLAG: EMPANGENI
Geen verslag is ontvang nie
AANBEVELING
1. Dat die konsulentsgemeente van Empangeni opdrag ontvang om voor Augustus 2001 visitasie te doen en volledig verslag te doen aan die ringskommissie.
2.1.5 VISITASIEVERSLAG: DURBAN SUID
VISITASIE TE DURBAN-SUID
Geen formele visitasie is deur Laer Suidkus by Durban-Suid gehou nie, aangesien daar reeds visitasie gedoen is deur die Ringskommissie in November 2000 en in Februarie 2001. Die kerkraad van Laer Suidkus is onder die indruk dat it die normale verloop van konsulentsvisitasie vervang het.
AANBEVELING
1. Die ring spreek hom uit oor die visitasie aan Durban Suid
2.1.6 VISITASIEVERSLAG: PIETERMARITZBURG
Verslag van 'n visitasie aan Pietrmaritzburg gehou op 7 Mei 2001 in die kerkgebou van Pietermaritzburg.
Die vergadering is deur Ds. Dreyer van Durban gemeente geopen met skriflesing uit 1Johannes 3 en gebed.
Die volgende lede was teenwoordig namens die vistasiekommissie: Ds. Dreyer, ouderlinge R Sauer, H Prinsloo, H Willemse en D Paulsen
Die volgende kerkraad was teenwoordig: Ds. P Harmzen, ouderlinge B Pieterse, E Grobbelaar, J Du Plessis, D Fourie, P Herbst en G De Beer. Diakens M van Coller, S Grobbelaar, E Vette, S Botha, M Botha, I Vorster, J Vorster, E Roth, A Herbst, R Venter, L Venter, M Vette, K van Staden en C van Staden.
Verskonings: S Grobbelaar, A Grobbelaar (met verlof), G Koekemoer en J Scott (siekte) R Le Roux en F Scriven (werksomstandighede)
Ds Dreyer verklaar dat 'n kworum teenwoordig is.
Nadat die kommissie die boeke kon nagaan het die kommissie met die kerkraad in gesprek getree.
Die gemeente is geluk gewens met hulle netjiese boeke en ook die koffiekroeg en die grafieke in die kerksaal. Dit toon sorgvuldige werk.
Die kommissie het verder met die kerkraad oor die volgende sake in gesprek getree:
Vergadering van die Ampte:
Die missionaat van die kerk kom nie duidelik in die notules van die ouderlingevergadering na vore nie. Die kerk moet ook na buite gerig word. Dit gaan nie net oor balanstate en interne reëlings nie. Dit gaan oor hoe ons lig en sout vir die wêreld word en ons moet in besluite tydens die vergaderings missioenêr gerig wees.
Ds Dreyer het verder gemeld dat die gemeente nie baie aktief in Ringsaktiwiteite is nie waarop Ds. Harmzen as volg verduidelik:
Die Ringsdiakensvergadering was nie deur die gemeente bygewoon nie. Die rede hiervoor is dat kennis van die vergadering te laat ontvang is en Ds. J van Rensburg telefonies so in kennis gestel is. Geen verskoning was egter tydens die vergadering aangeteken nie.
Ds Dreyer het daarop gewys dat besluite van die Ringsvergadering op die agendas van die onderskeie vergaderings aangebring en bespreek moet word.
Diakensvergadering:
Die kommissie was beïndruk met die aantal diakens in die gemeente.
Besprekingspunte soos Basaar, Eredienste en Motorwagte hoort nie tuis op die diakens se agenda nie.
Probleemgevalle moet as geslote tydens vergaderings hanteer word en ook so op die notules aangebring word. Die vergadering neem kennis.
Begroting:
Die kommissie was beïndruk met die begroting van R 147 per lidmaat . Op 'n vraag rakende die begrotingstekort meld die vergadering dat die gemiddelde inkomste ongeveer R 100 per lidmaat per maand beloop. Die voorsitter wens die gemeente sterkte in hierdie verband toe.
Die voorsitter versoek Ds. Harmzen om die vergadering te verlaat en op 'n vraag antwoord die vergadering dat hulle baie tevrede met Ds. Harmzen is en dat die gemeente bevoorreg is om so 'n predikant te hê. Hy is opreg, entoesiasties en baie gelowig. Hierdie aspekte kom ook in sy preke na vore.
Sy huisbesoeke is baie gereeld en nuwe intrekkers word onmiddellik besoek.
Hy word tans teen een kerf onder die voorgestelde salarisskaal besoldig. Sodra die gemeente dit kan bekostig sal hy op skaal besoldig word.
Die gemeente lyk gelukkig en dit blyk dat die verhouding tussen Ds. Harmzen en die kerkraad gesond is.
Afsluiting:
Die voorsitter bedank die vergadering vir hul teenwoordigheid en insette waarna ouderling Du Plessis die Kommissie vir hul besoek bedank.
1. Dat die verslag oor die visitasie by Pietermaritzburg aanvaar word.
2.1.7 VISITASIEVERSLAG: LAER SUIDKUS
Die jaarlikse roetine-visitasiebesoek aan gemeentes met deelsorgstandplase, soos gebruiklik in die Ring van Pietermaritzburg, is vanjaar in Februarie aan Laer Suidkus gebring.
Die visitasiekommissie het bestaan uit die predikant van Durban-Suid (Laer Suidkus se konsulent) en twee ouderlinge van Durban-Suid.
Al die dokumentasie wat normaalweg van `n gemeente verwag word om voor te lê, was beskikbaar. Daarmeesaam was al die betrokke verantwoordelike persone byderhand om te antwoord op vrae wat moontlik kon opduik. In nie een van daardie dokumente was daar enige agterstalligheid of nalatigheid te bespeur nie. Inteendeel: die dokumente getuig van goeie versorging en is tiperend van die toewyding waarmee die gemeente hulle sake behartig. Geen raad is hieroor gegee nie: dit was nooit nodig nie. Die gretige erns van die verantwoordelike persone om van hulle werk verslag te doen, was `n riem onder die hart. Die aangename gees onder die Kerkraads- en ander gemeentelede wat teenwoordig was, het die kommissie vervul met bewondering vir Laer Suidkus.
Die gemeente se kerk- en pastorieterrein is besonder goed versorg en in stand gehou. Die keurigheid waarmee die gemeente al hulle werk doen, is ook hier te bespeur.
Geen afsonderlike gesprek is egter met die gemeente se predikant en sy vrou gehou nie. Die tyd hiervoor het ontbreek.
Die uitwerking van die deelsorgstandplaas op die bediening van die evangelie deur die predikantspaar is nie onmiddellik sigbaar nie, aangesien hulle voortgaan met hulle werk in die gemeente asof hulle ten volle versorg word. Hiervoor is die kommissie dankbaar, en die sentiment is aan hulle oorgedra.
Slegs een saak het die aandag van die Kerkraadsvergadering gevra: dat daar lidmate in die amp staan sonder enige gespesifiseerde opdrag. Die ampsbeskouing van die Hervormde Kerk kom nog altyd daarop neer dat die amp `n besondere werksterrein insluit. Die vergadering is hieroor ingelig en gevra om mettergaande die regstelling te maak sonder om aan die betrokke hoog gewaardeerde lidmate aanstoot te gee.
Die visitasiekommissie getuig met lof van die werk wat in Laer Suidkus gedoen word.
Hennie la Grange
Sameroeper: Visitasiekommissie 2001
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor die visitasie by Laer Suidkus aanvaar word.
2. Dat die Kerkraad van Laer Suidkus aangemoedig word om aandag te gee aan die sake wat deur die verslag uitgewys word.
SAMEVATTENDE AANBEVELINGS:
1. Dat kennis geneem word van die verslae.
2. Dat die afsonderlike visitasiekommissies bedank word vir hulle werk in die verband.
3. Dat elke gemeente wat 'n deelsorgbediening het, versoek word om steeds te beplan vir die herstel na 'n volle versorgde standplaas.
4. Dat die gemeentes met deelsorgstandplase steeds jaarliks visitasie ontvang.
5. Dat die visitasiekommissies bestaan uit die konsulent en twee ouderlinge van die konsulentsgemeente.
6. Dat die formaat (hierbo uiteen gesit - sien 2.1.2.1) van visitasies gebruik sal word as formaat van ALLE visitasies.
7. Dat die visitasieverslae, die formaat sal gebruik soos hierbo (2.1.2.1) uiteengesit.
2.1.8 Gemeentebouverslag: Durban
Durban gemeente is 'n tipiese middestad gemeente, maar bedien tog 'n groter area as wat die tradisionele middestad gemeentes bedien. Behalwe van die middestad, strek ons gemeente ook noordwaarts uit tot by Salt Rock (� 60 km) aan die Noordkus.
As gevolg van die ontvolking van die middestad, het ons gemeente se getalle in die afgelope jaar drasties begin afneem.
Hierdie tendens het ons uiteindelik laat vra na wat ons doel en roeping in die stad is. Ons het tog ons eie unieke eienskappe en samestelling. Waarom is ons hier en wat doen ons daaraan? Die geweldige vraag wat ons vir onsself moes beantwoord, was die vraag: As die gemeente vandag sy deure moet toemaak, wat sal die gemeenskap dan mis? Nie dat die gemeente op die punt gestaan het om te sluit nie, maar bloot as vraag om te vra of ons nog as Christelike gemeente ons roeping uitleef. Was ons nie dalk net besig om ons eie nessie warm te hou nie?
Nadat ons noukeurig na die Woord gaan luister het, het ons tot die besef gekom dat ons hier in Durban 'n geweldige missionêre taak in die wêreld het. Ons moet vir die wêreld van die Lig vertel deur woord en daad. Ons moet ook die sout van die aarde wees. (Mat 5: 13, 14)
Augustus 1999 sal sekerlik vir ons as 'n baken bly uitstaan. Dit was hier wat ons as gemeente besluit het om voluit die pad van gemeentebou te volg. Nadat ons ons gemeente geanaliseer het, het ons besef dat daar vele terreine is wat ons behoort aan te spreek.
Ons wou bo-al streef om uiteindelik dit te word wat Christus van sy kerk op aarde verwag. Om hierdie doelwit te bereik, het ons vir onsself die volgende doel gestel wat ons minstens oor die volgende vyf jaar wil bereik:
Ons het ook vir onsself die volgende visie gestel:
Om, geanker in God, die krag te ontvang om elke dag sinvol te leef en te laat leef
Tydens daardie Augustus naweek, is daar ook 'n kommissie (vrywillig) aangewys om hierdie sake in die gemeente te bestuur.
Hierdie kommissie het soos 'n ware steunpilaar in die gemeente geword. Dit is onder hierdie kommissie wat die volgende projekte van stapel gestuur is:
4. Uitreiking na seelui in die Durban hawe wat op bote onder arres woon
5. Projekte wat strewe na 100% erediensbywoning
6. Eredienste wat die hoop van Christus in mense se harte weer laat herleef. As deel van hierdie doel is die Universiteitskoor van Potchefstroom per geleenteheid reeds uitgenooi wat luister aan ons erediens verleen het. Ons rig ook ope uitnodiging - ook per advertensie in dagblaaie - van spesiale eredienste wat die spesifieke seer binne die gemeenskap aanspreek.
In ons gemeente het hierdie en vele ander projekte 'n liefde en warmte vir God en medemens laat ontstaan.
Dit gryp mens aan dat hierdie kommissie met sy pas afgelope vergadering besluit het om ons gemeente voortaan te bemark as 'n SENTRUM VAN HOOP // CENTRE OF HOPE - want dit is wat ons wil wees.
Bid saam met ons dat ons werklik 'n sentrum van Hoop sal wees - tot eer van Sy Naam.!!
Aanbeveling
1. Dat elke gemeente aangemoedig word om aktief betrokke te raak by die proses van gemeentebou.
2. Dat gemeentes hulle predikante stuur om die gemeenteboukursusse by te woon.
3. Dat die proses van gemeentebou as beginsel gebruik word in elke gemeente van die ring.
2.1.9 STUDIE OOR DIE EFFEK VAN DIE DEELSORG-BEDIENING OP DIE PREDIKANTE IN GEMEENTES.
Met die uitsondering van 'n verslag van Ds P Harmzen, het geeneen van die visitasiekommissies op die beslut gereageer nie. die vergadering moet hom daaroor uitspreek.
INLIGTINGSTUK: DIE EFFEK VAN DEELSORGSTANDPLASE. (P Harmzen)
INLEIDING
Die siening van deelsorgstandplase is sekerlik net so breed as wat daar teoloë en skrywers oor hierdie onderwerp is.
In van ons susterskerke word deelsorgpredikante tentmakers genoem terwyl ander doodgewoon as deelsorgpredikante aangespreek word.
Amptelik word die term deelsorgstandplase in die Nederduitsch Hervormde kerk gebruik en kan dit gedefinieer word as 'n gemeente wat nie in staat is om 'n predikant ten volle finansieel te onderhou nie.
Alhoewel deelsorg in die kerk aanvaar en ook ( toeneembaaar) toegepas word, is dit nodig om na die effek van hierdie tipe bediening te kyk en ook om waar nodig dalk aanpassings in die huidige stelsel te weeg te bring. Voorstelle in hierdie verband strook nie noodwendig met amptelike beleid nie maar het dit juis ten doel om moontlike bespreking uit te lok.
Die effek van deelsorgbediening raak basies drie elemente naamlik:
Die predikant in persoon
Die betrokke gemeente en
Die Kerk in die algemeen
Die Predikant:
Ons glo dat die amp van predikant nie van mense afkomstig is nie en dat die Heilige Gees in en deur 'n mens werk om dit werklik as roeping te aanvaar.
Om as predikant te bekwaam, verg lang en duur studie in ons kerk. Ons kerk se teologiese opleiding is sekerlik van die beste in die wêreld wat meebring dat sekerlik net die beste in die weivelde van die Liewe Heer ingestuur word.
Net soos elke mens, het predikante ook drome. Drome van 'n eie gemeente wat aan hulle toevertrou word, drome van 'n eie gesin, drome van finansieël onafhanklik te wees en so kan mens aanhou.
Hierteenoor staan die praktiese sy van predikant wees - om ten alle tye beskikbaar te wees, deel in die lief en leed van 'n hele gemeente, bemoedig almal en sekerlik die heel belangrikste: verkondig die woord van die Here.
Hierdie is maar 'n klein gedeeltetjie van 'n predikant se dagtaak en enige teoloog sal saamstem dat 'n dag net te kort is om alles in te pas.
Weens finansiële implikasies word baie predikante en meestal jong predikante na gemeentes beroep as deelsorgpredikante.
Alhoewel hulle die geleentheid het om waarlik predikant te wees, is daar tog onmiddellik stremming op hul werk omrede hulle verplig word om 'n tweede beroep te beoefen en word hulle deel van die kwellinge wat elke mens met hom saamdra. Waar gaan woorde van bemoediging nou heen? Teenoor wie moet die predikant nou kla?
Maar intussen moet die werk in die gemeente voortgaan en tipies mens, verwag die lidmate ook hulle pond vleis want hulle betaal mos die predikant.
Die predikant daarenteen lei onmiddellik aan groter spanning want die taak aan hom opgedra moet in hierdie proses beslis skade lei.
Daarteenoor is die versoeker ook druk besig en word die wêreld steeds elke dag aanlokliker geskets met die gevolg dat baie predikante die gewone probleme van drankmisbruik, gesinsverbrokkeling, lewensmoegheid, stres en depressie hul eie maak.
Die nagevolge hiervan is legio en gebeur dit steeds ook in toenemende mate dat hierdie predikante wat ten duurste opgelei is en 'n pragtige toekoms gehad het die bediening vaarwel roep want geen mens kan werklik twee beroepe beoefen nie - veral nie twee sulke uiteenlopende beroepe nie en is die vraag: Wie gaan jy dien?
Die Gemeente
Die tweede groep wat deur deelsorg geraak word is sekerlik elke gemeente wat in so 'n posisie gestel word.
Tradisioneel is die Hervormde kerk miskien in die gelukkige posisie omrede meeste van sy lidmate " stoere Hervormers" is en nie sondermeer tussen kerke beweeg nie.
Waar daar dus 'n groep Hervormers is, sal hulle alles in hul vermoë doen om 'n eie gemeente te vorm. Hierdie stap is deel van ons geskiedenis en sal seker nog lank by ons bly.
Enige gemeente daarenteen wil graag sy eie predikant hê omdat dit die gevoel van onafhanklikheid verhoog en die lidmate weet dat hulle 'n predikant het - iemand met wie hulle hulself kan vereenselwig, iemand wat hulle ken, wat hulle omstandighede ken en iemand op wie hulle kan vertrou.
Meestal veral deur finansiële oorweging, word gemeentes op die platteland getref deur veral jonger lidmate wat na stede verhuis en beland sulke gemeentes in 'n posisie waar daar weinig groei is en 'n stryd om oorlewing gevoer word.
Die huidige politieke bestel in ons land toon geen simpatie met Christelike oorweging nie en word gemeentes ook vanuit hierdie oord gebombardeer.
Die gevolge van al hierdie kom ons noem dit wêreldse dinge word in verskeie gemeentes binne ons ring ander ringe in ons Provinsie en selfs landswyd gevoel.
Alles wat die gemeentes probeer het nie die gewenste uitwerking nie en beland die gemeente in 'n doodloopstraat waar elke gemeente bou poging, elke basaar, elke konsert en ja, selfs uitstappies gekoppel moet word aan fondsinsameling en die beskikbaarheid van finansies.
Hierteenoor verhoog die stroom briewe om finansiële hulp van welsynsorganisasies ook.
Die gemeente begin voel dat dit nutteloos is om nog te probeer want sy belangrikste strooi halm - sy predikant beoefen al reeds 'n tweede beroep en is nie eers altyd beskikbaar as die gemeente hom benodig nie.
Dit is heffings, partymaal selfs vir organisasies waaraan die gemeente geen deel het nie, adminisratiewe laste ens. en as die gemeente nie kan betaal nie, word rentes ook nog gehef.
Die uiteinde hiervan is dat gemeentes nog meer lidmate verloor en uiteindelik verplig is om hul deure te sluit met heel moontlik nog 'n verlore predikant ook.
Gemeentes voel die las van 'n kwynende ekonomie net soos die kerk in die algemeen maar is vasgevang in 'n draaikolk waaruit daar geen ontsnapping meer is nie.
Tyd vir werklike huisbesoek, besoeke tydens siekte en dood is daar ook meer nie want die predikant is net sekere dae beskikbaar om al die kerklike take te probeer inpas. Die gemeente en predikant verloor tred met mekaar en die ware gevoel van kerk wees gaan in die proses verlore en hierdeur verloor ons 'n identiteit, 'n amper alles in ons bestaan.
Die Kerk in die algemeen
Net soos 'n eie predikant, 'n eie gemeente en 'n eie Ring is die Kerk landswyd ook iets waarmee Hervormers hulself mee vereenselwig. Ons is deel van 'n organisasie wat ons glo die Here na Sy wil geskep het. Mense soos die meeste kudde diere soek 'n leier - iemand wat die pad aandui en waarvan ons kan weet ons 'n deel het.
Die besluit om deelsorg in die kerk toe te pas is sekerlik deur die kerk geneem as 'n uitweg om kwynende gemeentes te help.
Jaarliks hoor en lees ons van lidmate wat wegraak, gemeentes wat kleiner word, predikante wat bedank en gemeentes wat in finansiële verknorsings is maar patykeer voel dit of almal maar net in die verbygaan kennis neem.
Die gevoel is ook dat solank daar geld inkom die kerk kan voortgaan ongeag die probleme wat ons in die gesig staar.
Solank die gemeentes heffings betaal is alles mos reg en geen bedrag kan verminder word of afgeskryf word nie want elke gemeente is deel van die kerk en moet sy kant bring of rente betaal.
Baie lidmate kan behou word indien hulle deel gemaak kan word van die kerk maar hoe gedoen as ons predikante nie meer die tyd daarvoor het nie, as gemeentes en predikante net Sondag beskikbaar is?
Nuwe lidmate of kerklosses kan nie meer aandag kry nie want jammer ons predikant werk net sekere dae. Jammer julle is mos al lank deel van die kerk, los julle eie probleempies op maar kom asseblief Sondag Kerk toe. Is dit die uiteinde?
Of het dit dalk tyd geword dat elke gemeente eers na homself kyk en dan uitreik?
Het dit dalk tyd geword dat die Kerk na al hierdie gemeentes kyk en 'n slag werklik hulp aanbied ten einde die gemeentes en predikante te behou of moet alles ten ten koste hiervan geskied?
Wat gaan ons antwoord eendag wees?
Ons roeping as Kerk was om na Tarsus te gaan en ons antwoord: "Nee Here ek wil nie" of " nee Here, daardie gemeente kon nie finansieël die mas opkom nie"
AANBEVELING
1. Visitasiekommissies word opdrag gegee om behulpsaam te wees met die voltooiing van die studieprojek. Sien verslae
2.2 OUDERLINGE
2.2.1. VERSLAG OOR DIE WERK VAN DIE OUDERLINGE
�Besluite van die Ringsvergadering
| Ringsvergadering het gedurende 2000-sitting besluit dat elke gemeente individueel sy eie doelwitte opstel en dat dit op die 2001-sitting gemonitor sal word. |
| Hierdie doelwitte moet opgestel word deur elke kerkraad met sy of haar betrokke wyk in gesprek sou gaan, so 'n doelwit vir die gewyk opstel en dan aan die kerkraad voorlê vir die formulering van 'n gemeentelike doelwitstelling. |
| Daar is opdrag gegee gedurende die 2000-ringsvergadering dat daar 'n toerustingsgeleentheid vir ouderlinge op ringsvlak aangebied sou word met spesifieke aandag aan die nuwe kerkorde en/of die hantering van dissipline onder die nuwe kerkorde.. |
�Enige interessante, innoverende gedagtes uit die verslae waarvan die Raad vir Pastoraat en Presbiteraat behoort kennis te neem
| Geen |
�Enige probleme of leemtes in die ringsgemeentes ten opsigte van pastoraat en presbiteraat?
| Toerusting sou op ringsvlak plaasvind maar het nie. Daar blyk onsekerheid te wees oor die rol van die ouderling asook die predikant onder die nuwe kerkorde en is 'n toerustingsgeleentheid dus noodsaaklik. |
�Dui aan of daar enige behoeftes ten opsigte van toerusting bestaan?
| Ja, daar is defnitief 'n behoefte. Ampsdraers in gemeentes het nog nie verantwoordelikheid vir die nuwe kerkorde aanvaar nie en tree nog dikwels volgens die ou kerkwet op. Dit sluit predikante, ouderlinge en diakens in. |
AANBEVELING:
2.3 DIAKENS
3. VERGADERINGS VAN AMPTE
3.1. RINGSVERGADERING
3.1.1 RINGSKOMITEES
AANBEVELING
1. Dat die volgende verantwoordelikhede aan die volgende persone opgedra word
Pastoraat & Gemeentebou Ds T F Dreyer
Presbiteraat Oudl. Hubert Beuken en Dr W A J van Schoor
Erediens Ds J Pieterse
Apostolaat Ds H F La Grange en Ds Johan van Staden
Ekumene Ds P Harmzen en Ds Riaan J van Rensburg
Gesinsorg Ds Albert Minnaar
3.1.2 BESLUITEBUNDEL RINGSVERGADERING
AANBEVELING
1. Dat die Ringskriba opdrag kry om die besluitebundel voortdurend op datum te bring en elke jaar teen 31 Augustus aan die onderskeie gemeentes te besorg.
3.2 RINGSKOMMISSIE
3.2.1 VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
SAMESTELLING
Die Kommissie van die Ringsvergadering van Pietermaritzburg het in die afgelope jaar bestaan uit:
Voorsitter: Dr W A J van Schoor (Pinetown)
Skriba : Ds T F Dreyer (Durban)
Ouderlinge: TF Steyn (Empangeni)
H J G Beuken (Richardsbaai)
H F Prinsloo (Durban) VERGADERINGS
Die kommissie het in die termyn 3 keer aan huis van Ds Dreyer vergader en besoeke onderskeidelik aan die gemeentes Durban-Suid en Richardsbaai afgelê. Die kommissie is telkens met besondere hartlikheid en gasvryheid ontvang, wat die werk aansienlik vergemaklik het.
VERSLAG
Hierdie verslag is in 'n baie groot mate 'n bloudruk van die verslag wat die huidige Ringskommissie tydens die 49ste Ringsvergadering ingedien het. Die rede daarvoor is eenvoudig: baie min het nog verander. Trouens, dieselfde frustrasies herhaal hulself jaar na jaar. Elke verslag van die komissie die afgelope dekade handel oor dieselfde sake. Dog steur ons onself weinig daaraan.
Daar is natuurlik die laat en onvolledige ontvangs van die jaarverslagvorms van en samevattende verslae van die gemeentes. Daar is twee maande na die sperdatum steeds verslae uitstaande gewees. Dit het grootliks daartoe bygedrae dat hierdie agenda afgevaardigdes laat sal bereik. Die vergadering kan hom gerus daaroor uitspreek.
DIE VERGADERING MOET ASSEBLIEF DIE OPSIGTAAK OOR DIE GEMEENTES WAT NIE VERSLAE INDIEN NIE, NAKOM.
Tydens die besoeke aan die gemeente Durban Suid het diekommssie weer onder die indruk gekom dat die Here self die Kerk in stand hou. Daarvan is die verbysterende ommeswaai in die gemeente die stille getuie. Dit gaan natuurlik nie net oor finansies nie. Die gees van samehorigheid en samewerking wat nuut ontbrand het, kan net positiewe gevolge hê.
Die besoek aan die gemeente Richardsbaai oor die moontlike afskaling van die voltydse standplaas na die van deelsorg, het ewe eens positief verloop. Ook hier het die vergaderings van die ampte hulleself opnuut verbind tot die uitbou van die gemeente. Die kommissie het teësinnig ingestem tot die opheffing van die tweede standplaas, juis omdat die kommissie die ommeswaai by Durban Suid beleef het. Die kommissie is steeds van mening dat die opheffing van die tweede standplaas nie de facto onafwendbaar is nie.
Die studie wat gedoen moes word oor die effek van die deelsorgbediening op die predikante moes weereens uitgestel word. Dit omdat visitasiekommissies doodeenvoudig nie die werk gedoen het wat die sameroepers gevra het nie. Met die uitsondering van die verslag van Ds Harmzen is alle visitasiekommissies se verslae nog uitstaande. Ondertussen is daar nie 'n aanduiding wat die effek is nie.
In gesprekke met lede van die ringskommissie het daar tog iets van die trauma van deelsorg na vore gekom. Die blote feit van deelsorg impliseer dat die predikant iewers iets moet doen om sy lewenstog aan te vul. Ongelukkig is dit so dat die predikante nie opgelei is vir enige ander werk nie. Daarbenewens het hulle die verkeerde geslag en velkleur om werklik iewers geholpe te raak. Werkgewers is ook nie genoeë om persone op 'n deeltydse basis aan te stel sonder om te weet hoe lank so 'n persoon kan werk nie.
Dit lei tot krisis in die huisgesinne van die predikante. Daar is kommer oor die finansies van die gesinne. Finansiële kommer skep weer intra-persoonlike probleme rondom die predikant omdat hy as broodwinner doodeenvoudig nie vir sy gesin kan sorg nie.
In die lig hiervan is dit krities noodsaaklik dat die ondersoek so gou as moontlik voltooi moet word.
Die afgelope jaar het twee ander gemeentes ook intense trauma beleef. Die egskeidings van beide Ds La Grange en Dr Van Schoor het sy merk gelaat. Daar kan egter weer getuig word dat die Here self die Kerk in stand hou. Ten spyte van die trauma blyk dit dat sake binne die gemeente rustig voortgaan. Die gemeentes, ampsdraers en predikante van die gemeentes kan net met hoë waardering getuig van die ondersteuning wat van die kant van die gemeentes, Ringskommissie en in besonder die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gekom het. Dit verskraal beslis nie die rol wat die lede van die Ringskommissie en kollegas in ons lewe tydens hierdie tyd gespeel het nie.
Die pastorale gedeelte van die verslag van 2000 word weereens herhaal - juis omdat ons enersyds daarmee ons dank teenoor die Here van die Kerk betuig, maar andersins ook iets van die nood van die Kerk wil verwoord.
Hierdie vergadering vind plaas op 'n tyd wanneer die wêreld waarin die Kerk die ligdraer is, wankel tussen voorspoed en ramp; blydskap en droefheid; reg en onreg en selfs tussen hoop en wanhoop. Dit is 'n situasie wat groot onsekerheid en verwarring kan veroorsaak - juis kenmerke van die tyd waarin ons leef.
Die pad wat voor ons almal kom lê, smeek om die seën van die Here. By al die geleenthede vir roepingsvervulling en dienslewering was daar selde 'n tyd waar daar so aan die gelowige se ankertoue geskud is.
In ons gesprekke, besluite en die blote feit van ons vergadering, moet gelowiges kan hoor dat die Here nie swyg nie. Die wêreld moet dit ook hoor. God antwoord. In die donkerste uur van die wêreldgeskiedenis, toe die Seun van God sy waarom in Godverlatenheid uitgeroep het, toe hét God geantwoord. Hy het geantwoord in die opstanding van die Seun. Daarom kan ons die antwoord van die verlossing aan die wêreld gee.
Ons moet almal saam aan die wêreld wys dat die kerk veel meer het om te gee as wat die wêreld het.
Dan word die woorde van Miga 6:6-8 meer dringend. God se dade binne die verbond wys wat goed is. Om goed te doen beteken dan om binne die raamwerk van die gebod te lewe en te strewe na die uitvoering van God se wil.
God vra ook dat reg sal geskied. Hierdie is nie bloot 'n regsbegrip nie, maar dui ook op 'n lewensorde op horisontale verhoudingsvlak. Hiermee word 'n streep getrek deur die willekeur, eiesinnigheid en gemaksugtigheid van die mens wat sy eie reg wil handhaaf. Daarteenoor moet die kerk reg laat geskied soos God se geregtigheid teenoor die volk gekonkretiseer het in sy dade van bevryding en heil vir die volk.
Liefde en trou soek na 'n liefdevolle houding gebore uit die dankbare erkenning van die heil wat God gegee het. Opregte geloof lei spontaan tot liefdevolle reaksie teenoor God en ander mense. God se liefde is die paradigma aan die hand waarvan die kerk ander moet benader en hanteer. Dit is die soort liefde wat normale pligte oorskry en liefde bewys waar mense nie meer liefde verwag of op juridiese gronde nie meer liefde verdien nie.
Om bedagsaam voor God te lewe is 'n nederige lewenshouding waar die mens hom nie hoër as die ander beskou nie. Dit is 'n lewe wat nie aan verwaandheid gekenmerk word nie, maar aan 'n soeke na die wil van God.
Die kerk moet 'n balans vestig tussen die gelowige se vertikale en horisontale betrokkenheid. In die eerste plek sentreer dit om die toewyding aan God wat manifesteer in 'n bedagsame lewe voor God; in die tweede plek 'n bemoeienis met die medemens deur liefde en trou met almal met wie hy in aanraking kom. Wanneer een van die twee terreine verontagsaam word, is daar fout met die geloofslewe van die mens.
Godsdiens wat slegs op uitwendige handelinge en simbole berus, is vir God 'n las. Wanneer die kerk voor God in aanbidding verskyn, moet onthou word dat wat vir die Here belangrik is, nie dit is wat in ons hande is nie. Dit wat belangrik is, is dit wat in die hart van die mense van die kerk is. Die grondliggende vraag by die wandel met God is dat die mens seker moet maak of die opoffering gebring word om verandering deur die hulp en krag van God te bewerk en of dit die getuienis is van die verandering wat in hulle eie lewens plaasgevind het.
Soos in die geval van Miga is kultus en moraal steeds onskeibare aspekte van godsdiens. Wie sy verhouding met God wil verstewig met 'n vertoon van ernstige, diepsinnige vroomheid terwyl liefdeloosheid verontagsaam word, moet verneem dat hulle godsdiens nutteloos voor God is. Wie godsdiens beoefen deur oorvloedige diens op horisontale vlak en 'n ootmoedige lewe voor God verontagsaam sal ontdek dat hulle filantropie hulle nie met God versoen nie.
Kom ons draai ons gesig na die hemel. Dan sal ons die regte woorde op die regte tyd spreek. Mag die Here se seën op ons almal rus en ook op alles waarmee ons onsself gaan besig hou.
AANBEVELING
1. Dat die verslag van die Ringskommissie indringend bespreek word
2. Dat die vergadering oplossings bedink om die genoemde knelpunte reg te stel
3. Dat die vergadering besin oor maniere hoe onbevredigende verslaggewing verbeter kan word
4. Dat die vergadering besin oor maniere hoe verslaggewing kan realiseer op sperdatums.
5. Dat die verslag aanvaar word.
3.4 RINGSDIAKENSVERGADERING
3.4.1 VERSLAG VAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING
RINGSDIAKENSVERGADERING
RING VAN PIETERMARITZBURG
_____________________________________________________________
NOTULE VAN DIE VIERDE GEWONE VERGADERING GEHOU OP SATERDAG, 24 FEBRUARIE 2001 OM 9:00 TE GEMEENTE DURBAN.
OPENING
Die vergadering word geopen met 'n erediens gelei deur ds. TF Dreyer, predikant
van die gemeente Durban. Die Skrifgedeelte wat in die prediking hanteer is,
kom uit Joh. 5:1-17. (teksvers - Joh. 5:2)
VERWELKOMING
Die voorsitter, diaken Gideon Ferreira, heet alle afgevaardigdes sowel as besoekers
welkom by hierdie vierde vergadering, en in die besonder vir mnr. Johan van
Loggerenberg, verteenwoordiger van die Algemene Diakensvergadering.
�BESPREKING VAN DIE PREDIKING
Ds. TF Dreyer lei die bespreking van die prediking, soos bepaal in ordinansie 3.6.3.(v)
van die Kerkorde. Ons stap ook dikwels verby 'n "bad van Betesda", maar wat maak
ons daarmee? Die boodskap is, elke gelowige het 'n missionêre taak om uit te reik na
alle mense in nood.
�PERSONALIA
Geen.
�SAMESTELLING EN KONSTITUERING
�LEDE MET STEMREG
Die volgende afgevaardigdes, wie se geloofsbriewe in orde bevind is, neem
sitting met volle stemreg:
GEMEENTE
Durban (1) J Joubert
B de Scally
Durban-suid (1) D v.d. Heyde(2) K van Aarde
Empangeni (1) I Steyn
Richardsbaai (1) GJ Ferreira
WW Britz
Pinetown (1) CG Coetzee
EM Janse van Rensburg
Laer-suidkus (1) F Bezuidenhout
A Potgieter

DAAR IS DUS 12 STEMGEREGTIGDE LEDE TER VERGADERING.
�LEDE MET ADVISERENDE STEM
Die volgende lede van NHSV-takke uit die gemeentes van die Ring van Pietermaritzburg neem sitting met adviserende stem. (Sien Ordinansie
3.6.1(I)c):
NHSV-TAK
Durban (1) M Smit
(2) G Parsons
Empangeni (1) F Kok
(2) K Nourse
Richardsbaai (1) J Gibson
Pinetown (1) A van Niekerk
(2) K Roloff
�LEDE MET SPREEKREG
�STEMOPNEMERS EN TELLERS:
Die volgende afgevaardigdes word benoem:
Diaken EM Janse van Rensburg
Diaken CG Coetzee
Diaken WW Britz
�VERKIESING VAN DIE KOMMISSIE VAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING:
Die volgende afgevaardigdes word verkies, met die verstandhouding dat daar
slegs twee predikante op die kommissie verkies mag word en slegs as
bykomende lede:
PRIMUS SEKUNDUS
VOORSITTER Diak.K van Aarde Diak. D vd Heyde
SKRIBA Diak. J Joubert Diak. WW Britz
BYKOMENDE LEDE (1) Ds. R van Rensburg (1) Diak. B de Scally
(2) Diak. I Steyn (2) Diak. EM Janse van
Rensburg
(3) Diak. G Ferreira (3) Diak. F Bezuidenhout

5.6 SITTINGSURE:
Die volgende sittingsure word goedgekeur:
Eerste sitting: 9h00 - 11h00
Teepouse : 11h00 - 11h20
Tweede sitting: 11h20 - 13h00
�UITBREIDING VAN DIE AGENDA:
Die volgende sake wat nie reeds voor die vergadering by die skriba ingedien
was vir opname in die agenda nie, word onder die vermelde punte van die
agenda bygevoeg:
PUNT SAAK
9.3 Sake voortspruitend uit Jaarverslae 2000
�DIAKONALE WERKSAAMHEDE OP RINGSVLAK:
�PLAN VAN AKSIE
1.Die meerderheid gemeentes het reeds 'n paar los gedagtes
maar het dit nog nie op skrif gestel nie.
6.1.2

�KOMMUNIKASIE

�DPS HUISE
6.3.1

BETROKKENHEID VAN DIE GEMEENTES
Sommige gemeentes het reeds kontantbydraes gelewer, terwyl ander beplan om gedurende die jaar 2001 fondsinsamelings te loods.Mnr van Loggerenberg verduidelik die werking van die DPS huise oor die algemeen en versoek dat gemeentes die kinders van die Elsburg Huis vir die wintervakansies sal inneem. Daar is alreeds voorsiening gemaak vir die somervakansies.
5.3 TOERUSTINGSGELEENTHEID

�FINANSIES VAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING
6.1 BEGROTING VIR DIE WERKSAAMHEDE VAN DIE RDV
Die konsepbegroting voorgelê aan die Ringsdiakensvergadering is bespreek en
goedgekeur.
Die Ringsvergadering van 2001 word versoek om vir die volgende kostes te begroot en
dit in berekening te bring wanneer die ringsheffing vasgestel word:
| VERVOERKOSTE: KOMMISSIE VAN DIE R D V | R1 00 R 1000 |
| VERVOERKOSTE: KOMMISSIE VAN DIE RDV NA ADV | R2 00 R 2000 |
| VERBLYFKOSTE: KOMMISSIE VAN DIE RDV NA ADV | R3 0 R 3000 |
| REGISTRASIEFOOI - ADV | 20 200 |
| VERVERSINGS: R D V | R 35 350 |
| SeëLS EN SKRYFBEHOEFTES | R 35 350 |
| TOTAAL | R6 90 R 6 900 |
�VISITASIE BESOEKE AAN DIAKENSVERGADERING
�Slegs die volgende gemeentes het op versoek van die RDV
hul diakensvergaderingsdatums deurgegee:
Richardsbaai
Pinetown
Durban.
�Die ander gemeentes het elkeen 'n geleentheid gekry om te verduidelik
hoekom daar geen reaksie van hulle kant was nie. Vanuit die bespreking
is daar vasgestel dat daar probleme in sommige gemeentes is, terwyl
ander weens swak kommunikasie nie behoorlik ingelig was nie.

8.3

9. JAARVERSLAG
8.1 Alle jaarverslae is nie betyds ontvang vir behandeling nie.
8.2 Die samevattende verslag kon a.g.v. bogenoemde punt nie afgehandel word
nie. Die skriba word versoek om die voltooide samevattende verslag voor
15 Maart 2001 aan die skriba van die ADV te stuur.
8.3 SAKE VOORSPRUITEND UIT JAARVERSLAE
8.3.1 Enkele punte word uitgelig:
Pinetown-gemeente: Reik uit na pensioenarisse deur kospakkies te verskaf terwyl hul in 'n lang tou wag
Laer Suidkus-gemeente: Stel voor samewerking met buitekerklike organisasies;
Durban-gemeente: Samewerking tussen ouderlinge en diakens nie na wense nie.
8.3.2 Die meerderheid gemeentes het nie die NHSV uitbetalings aan
barmhartigheidsdiens by punt 9.8 in die verslagvorms aangeteken nie.
Hulle word versoek om dit in die toekoms te doen. Daar is ook gevind dat sommige gemeentes 'n saldo van die vorige jaar se diakonale fondse wys (punt 9.5 in verslagvorms). Uitbetalings van oorskotfondse moet aan die einde van die jaar gedoen word.
8.3.2 Die moontlikheid dat oorskotfondse in 'n spesiale rekening van die
RDV, ring van Pietermaritzburg oorbetaal- en self bestuur word, is bespreek. Die gedagte is dat dit aangewend sal word vir jaarlikse uitgawes, normaalweg deur die Ringskommissie bestuur.

8.4 SAMEWERKING TUSSEN OUDERLINGE EN DIAKENS
Samewerking is nie na wense nie.

10. ALGEMENE DIAKENSVERGADERING
9.1 Die volgende afgevaardigdes is gekies vir die ADV, gehou op 13, 14, en
15 Mei 2001, (geopen met aanderediens om 17h00):
PRIMUSLEDE: Ds Riaan van Rensburg en G Ferreira
SEKUNDUSLEDE: D van der Heyde en K van Aarde
10.2 VERTEENWOORDIGER VAN ADV:
Mnr. van Loggerenberg, verteenwoordiger van die ADV, kry
geleentheid om namens die Algemene Diakensvergadering die vergadering toe te spreek.
10.3 BYDRAES VIR DIAKONALE DIENSORGANE VIR DIE JAAR 2001:
Gemeentes word versoek om sover moontlik by te dra tot die volgende
diensorgane en wel in hierdie prioriteitsorde:
1) DPS Huis R 7-00
2) Ondersteuningsraad R11-00
3) Bejaardesorg R 4-20
4) Transoranje Instituut R -60 per lidmaat per jaar
10.4 ONDERSTEUNINGSRAAD:
Daar word versoek dat gemeentes van die ring nog steeds hul ondersteuning aan hierdie instansie sal gee, aangesien die Staat minder subsidies gee en meer vereistes stel. Dit is primêr 'n diensverskaffer aan die Hervormde Kerk in die breë. Swart Hervormde Kerke baat ook by hierdie maatskaplike dienste.
10.5 BEJAARDESORG
Gemeentes word versoek om hul ondersteuning te verleen. Staatsubsidies is ook hier verminder en moet daar na ander maniere gekyk word om sake te bestuur.
10.6 RAMPFONDS
Mnr. van Loggerenberg spreek sy dank uit teenoor die gemeentes wat bydraes gemaak het tot hierdie fonds. Daar is reeds 'n paar gemeentes gehelp en die oorskot fondse word gehou vir enige rampe wat mag voorkom. Gemeentes word aangemoedig om bydraes tot hierdie fonds te maak.
10.7 CASTLE CAREY
Dit is 'n instansie van ons kerk waar chemies-afhanklikes behandel word.
Bydraes sal baie waardeer word.
Die ADV dra hul dank en waardering oor aan alle diakens vir hul diens in die
gemeentes. Alle NHSV lede word bedank vir hul teenwoordigheid en waardering
word uitgespreek vir die wyse waarop bygedra word tot barmhartigheidsdiens in die gemeentes van die ring.
� VOLGENDE RINGSDIAKENSVERGADERING

� SLOTOPMERKING
Die voorsitter spreek sy dank uit teenoor al die afgevaardigdes vir hul deelname
aan die vergadering en die wyse waarop sake afgehandel is. Hy rig 'n besondere
woord van dank aan die gemeente Durban vir die gebruik van hul kerkgebou en vir die verversings wat hulle aan die afgevaardigdes voorgesit het.
Die voorsitter word bedank vir die onbaatsugtige werk en die besondere wyse
waarop hy die afgelope drie jaar as voorsitter gedien het.
Die nuutverkose voorsitter, mnr. Kobus van Aarde, word seën en sterkte toegewens vir sy werksaamhede vorentoe.
� AFSLUITING
Die vergadering sluit af met 'n lofsang uit Psalm 100 en gebed deur ds van Rensburg.
AANBEVELING
4. GEMEENTES EN KERK
4.1 Verslag oor gebeure in die Gemeente Durban-Suid
Predikantstandplaas
Die Ouderlingevergadering het in sy vergadering van Augustus 2000, op advies van die Kerklike Goedere Werkgroep van die gemeente, `n dringende versoek aan die Kerkraadsvergadering gerig om krisisbestuur toe te pas met betrekking tot die instandhouding al dan nie van die predikantstandplaas, gesien in die lig van die geskatte tekorte wat die gemeente in die gesig gestaar het.
Die Kerkraadsvergadering van Augustus 2000 het met groot kommer kennis geneem van die finansiële stand en die verwagte tekort. Die vergadering is ook herinner aan die betrokke ordinansie wat die opheffing van predikantstandplase reël. Die Kerkorde bepaal dat drie maande vooruit aan die predikant in die standplaas kennis gegee word van die gemeente se voorneme om die standplaas op te hef. Na die opheffing van die standplaas bly die betrokke predikant steeds die verantwoordelikheid van die gemeente vir `n verdere drie maande. Ses maande in totaal dus, bly die predikantstandplaas steeds vir die gemeente `n las, en moet daar vooruit reeds voorsiening voor gemaak word, selfs al is ses maande tevore reeds tekorte ondervind. `n Indringende studie is hieroor geloods, en die Kommissie van die Ringsvergadering en die gemeente se konsulent is volledig hieroor ingelig.
As deel van daardie ondersoek, is die Kerkraad besoek deur Petrus Fourie van die Kerkkantoor, wat die gemeente se profiel getrek het en probleme geïdentifiseer het as hoofsaaklik administratief, of te make met `n gebrek aan die behoorlike vloei van inligting en goeie kommunikasie tussen die verskillende dele van die gemeente, of `n gebrek aan onderlinge samehorigheid en eienaarskap van die gemeente.
Die resultate van hierdie ondersoek is ter tafel gelê by die Kerkraadsvergadering van November 2000. Die konsulent het die vergadering gelei. Na aanleiding van die bevindinge van daardie ondersoek, kon die gemeente se Kerkraadsvergadering nie anders nie as om aan die Gemeentevergadering aan te beveel dat die standplaas opgehef moes word, met die opsie om die proses om te keer sodra dit moontlik is.
Die Spesiale Gemeentevergadering van 10 Desember 2000 het besluit dat die standplaas opgehef moet word. Die opheffing sou op 10 Maart effektief wees. Die gemeente het kennis geneem van die verdere verpligting jeens die standplaas selfs na opheffing daarvan, vir `n verdere drie maande, sou die predikant nie voor die drie maande verstryk het, elders `n beroep aanvaar nie. Die gemeente het die besluit geneem met die uitdruklike voorwaarde dat die besluit te enigertyd omgekeer sou word, sou omstandighede dit toelaat.
Intussen het die gemeente self planne begin beraam om met nog groter ywer fondse in te samel van buite die gemeente. Die gemeente het ook in `n werkswinkel byeengekom om die werk wat in die gemeente gedoen moet word om die standplaas te probeer red, bedieningsgewys sowel as finansieel, en die probleme wat eers uit die weg geruim sou moes word, geïdentifiseer. Daar is dadelik begin met stappe om die sake aan te spreek.
Teen die begin van Maart 2001 was die Kerkraad tot die mate tevrede met die tendensie in die gemeente, dat in afwagting op `n verbetering van die finansiële stand van Durban-Suid (`n waarskynlikheid in die lig van die vordering wat tot op daardie datum gemaak is met die gesindheid van die lidmate en die kontantvloei van die gemeente), die standplaas se opheffing met `n verdere ses maande vertraag is, nl. tot op 10 September 2001. Hierdie besluit is eweneens deur die Gemeentevergadering geneem.
Intussen gaan die gemeente voort met die deelsorgpakket wat volledig met die gemeente se predikant onderhandel is, en by beide die parte byval vind.
Aanbeveling
1. Vir kennisname
2. Die gemeente word geluk gewens met die positiewe stap
4.2 LIDMAATSKAP
Sien bylaag
AANBEVELING
5 VERKONDIGING
5.1 KATEGESE
5.1.1 VERSLAG OOR KATEGESE
(Sien verslag onder Gesinsorg)
5.2 SCRIPTURA 2001
Die 2001 uitgawe van Scriptura word aan gemeentes besorg.
AANBEVELING
1. Dat die vergadering met dank kennis neem van die verskyning van Scriptura 2001.
2. Dat die gemeente Laer Suidkus bedank word vir die borg van Scriptura 2001.
3. Dat die 2002 uitgawe van Scriptura per besluit van die 45ste Ringsvergadering deur die gemeente Richardsbaai geborg word.
4. Dat Ds A Minnaar as redakteur van Scriptura 2002 optree.
5. Dat predikante van die Ring versoek word om vir Scriptura 2002 twee preke deur te gee
6. Dat genoemde preke die redakteur voor of op 31 Augustus 2001 bereik.
5.3 APOSTOLAAT
5.3.1 SAMEVATTENDE VERSLAG
1 SENSUS EN STATISTIEK
2031
1.2 Getal dooplidmate binne Ringsverband:
662
1.3 Getal belydende lidmate wat weggetrek het uit die gemeentes binne Ringsverband:
117 na ander gemeentes van die Kerk
1.4 Getal belydende lidmate wat om ander redes die gemeentes in die Ring verlaat het:
Onbekend
1.5 Getal belydende lidmate binne Ringsverband wat om ander redes die Kerk verlaat het:
95
1.6 Getal belydende lidmate wat deur evangelisasiewerk weer in die gemeentes binne Ringsverband opgeneem is:
4
1.7 Aantal persone wat deur sendingwerk in die gemeentes binne Ringsverband opgeneem is:
Onbekend
2 MISSIONAAT
2.1 Op watter wyse is die gemeentes binne die Ring
2.1.1 In die prediking,
Gemeente bewus te maak om lig vir die wereld te wees en bewus gemaak van die missionêre wese van die Kerk.
Prediking met Evangelisasie as tema
2.1.2 Deur die pastoraat,
Tydens huisbesoekgesprekke
Deur uit te reik na mense in nood
2.1.3 In die kategese en
Uitreiking na mionder bevoorregte kinders
Kategeseklasse word per geleentheid aan die tema gewy
Jeugwerk het gemeenskapsdiens ingesluit
2.1.4 Deur gesprekke ingelig oor en toegerus vir die missionêre taak?
Tydens Bybelstudie
Gemeenteboutoerusting
2.2 Gee voorbeelde van inisiatiewe en of projekte gedurende die verslagjaar waarvan ander predikante, ouderlingevergaderings, gemeentes en ringe kennis behoort te neem, met die verwagting dat hulle daardeur in hulle taakuitvoering gehelp sal kan word?
Gemeentebou en getroue Getuies Kursus
Bejaardesorg aan plaaslike ouetehuise
Uitstappie met Malvernkinderhuis
2.3 Noem die bedrag van die Pinkstereredienskollektes wat die gemeentes aan die Ringsendingraad en of die Raad vir Apostolaat oorbetaal het?
2.3.1 Ringsendingkomitee: R__________
2.3.2 Raad vir Apostolaat: R __________
2.4 Is die volle Pinkstersondag eredienskollektes oorbetaal?
2.5 Wat was die bedrae wat oorbetaal is ten opsigte van die Pinkstersondag eredienskollekte?
3 SENDING IN AFRIKA
3.1 Gee inligting op watter wyses die gemeentes binne Ringsverband die evangelie aan Afrikataliges in die direkte omgewing van die gemeentes uitgedra het?
Zoeloe bybels word uitgegee op klein skaal
Ondersteuning van die CSO
Betrokkenheid by Telefriend waar berading aan alle volke gedoen word.
Insameling van ou klere en brille
Lidmate word versoek om aan huishulpe en tuinwerkers Bybels in 'n eie taal te skenk en waar nodig geloofsgesprekke met die werkers te voer
3.2 Gee inligting op watter wyse die ouderlingvergaderings van die onderskeie gemeentes en of die Ringsendingkomitee 'n gemeente of gemeentes en of 'n sendingprojek van die HKSA gedurende die verslagjaar ondersteun het?
Samewerking met die Ringe van die HKSA wanneer toerusting vir die HKSA aangebied word.
3.3 Op watter wyse beplan die Ringsvergadering/kommissie om die HKSA volgende jaar by te staan en te ondersteun?
Die voorsitter is ten nouste betrokke by die twee van die HKSA (Oos Kaap en Natal)
Logistieke en ander hulp word verleen by die HSV kongres wat in KZN aangebied word.
4 INVLOEDE OP DIE GLO EN UITLEWING VAN DIE EVANGELIE
4.1 Watter kulturele invloede beïnvloed, bevorder of bemoeilik die werk van die gemeentes binne Ringsverband? (bv filosofieë, ideologieë en teologiese strome)
Sondagsport
Morele verval deur TV
Geloof in sangomas en die voorvadergeeste
Onverskilligheid by lidmate
Saamwoning onder lidmate
Sekularisasie
Oosterse gelowe
Werksverpligtinge
5 BYBELVERTALING, -PRODUKSIE EN -VERSPREIDING
5.1 Gee inligting oor die verskillende Bybelverspreidings- en fondsinsamelingsprojekte (ten bate van Bybelverspreiding) van die gemeentes in Ringsverband:
Borg van Comrades atlete
Muntleggings
Bibliathon
Bybelbussies
Oktober deurkollektes
Pretdag ten bate van Bybelverspreiding
Bybeloorskryfprojek
5.2 Noem die totale bedrag (Hervormingsondag-deurkollektes ingesluit) wat die gemeentes in die Ring aan die Bybelgenootskap oorbetaal het vir die produksie van Bybels.
Gemeentes het nie bedrae ingevul nie!!!
5.3 Watter Bybelvertalingsprojek(te) het die gemeentes binne Ringsverband gedurende die verslagjaar ondersteun?
Geen
6 EMIGRASIE EN IMMIGRASIE
6.1 Verskaf inligting oor lidmate van die gemeentes binne Ringsverband wat gedurende die verslagjaar geëmigreer het of tydelik in die buiteland woon. (Naam, Adres, tel no, e-pos, Kerkverband in die vreemde)
Neil Stokes. Flat 9 Londen Plane House10, Teaselway Westham, Londen E153BY (0944-7776187248)
Johan & Helena Niemand. [email protected]
Melissa Smith. [email protected]
Ben & Mimi van der Merwe . NZ
Willem & Sharon Prinsloo. [email protected]
Gunther & Martie Fröhling. NZ
Jaco en Heidi Dreyer. [email protected]
7 GETUIENIS TEENOOR DIE GEMEENSKAP EN DIE OWERHEDE
7.1 Waaroor het die predikant(e), die ouderlinge en die gemeentelede binne Ringsverband teenoor die plaaslike gemeenskap en regering getuig?
Protes oor beplande menseverskuiwings in die Suid Durban industriële kom
Protes oor besoedeling
Plaasmoorde
Getuienis oor die liefde van xtus teenoor mense wat in die gemeenskap smart beleef
7.2 Is hierdie getuienisse saam met ander gemeentes en of kerke gedoen?
Ja
7.3 Waaroor meen die Ringsvergadering moet die Algemene Kerkvergadering getuig van wat van belang is vir die groter gemeenskap?
Miskenning van blanke identiteit
Veralgemening van godsdienste
Erkenning van Christelike vakansiedae
Moorde, misdaad en doodstraf
Besoedeling
Grondbelasting op kerk eiendomme
7.4 Oor watter sake rakende die owerhede meen die Ringsvergadering/kommissie moet die Algemene Kerkvergadering getuig?
Soos 7.4
8 GETUIENIS TEENOOR MENSE IN INRIGTINGS
8.1 Op watter wyse het die Ringsvergadering/kommissie die gemeentes begelei om uit te reik na lidmate en ander mense in inrigtings (van hospitale tot tronke)?
Via Gemeentebou is veral uitgereik na verweesde bejaardes
Malvern Kinderhuis - fondsinsameling
Malvern Kinderhuis - opbrengs van Dankdag van die Oes is geskenk
Gereelde siekebesoeke
Besoeke aan gevangenis
Pastorale versorging van pasiënte in dieselfde saal as lidmate
8.2 Van watter apostolêre projekte van gemeentes in bepaalde inrigtings behoort ander gemeentes en Ringe te hoor, ten einde te dien as 'n bron van motivering en inspirasie?
Sien 8.1
9 ANDER GODSDIENSTE
9.1 Is die Ringsvergadering van mening dat ampsdraers en lidmate van die verskillende gemeentes nog oortuig dat Christus die enigste Verlosser is en dat die Christelike godsdiens die ware godsdiens is?
Ja!
9.2 Gee inligting oor geleenthede en of projekte waar Christus aan mense van ander en of geen godsdienstige oortuiging verkondig is.
Christelike Seemansorganisasie
Uitreiking dmv barmhartigheid
Skoling van ongeskoolde mense
10 DIE JODE
10.1 Is die ampsdraers en lidmate binne Ringsverband nog oortuig dat Christus aan die Jode verkondig moet word?
Ja
11 HERVORMING
11.1 Watter aspekte van ons kerklike leer en lewe sal moet hervorm om te voldoen aan die eise van die Woord van God, om ook effektief na kerkvreemdes uit te reik?
Om tydens ontmoetings met ander mense of groepe nie verleë oor die evangelie te wees nie, maar te getuig oor die geloof in jx
Die na binne gerigtheid van die Kerk
Onderlinge verskeurdheid weens die onvermoë om konflik te hanteer
11.2 Op watter wyse, na u mening, kan kerke in u omgewing begelei word op die weg van kerkhervorming?
Deur gesprek met ander Kerke
12 TOERUSTING
12.1 Benodig die predikant(e), en of ouderlinge en of gemeentelede toerusting(smateriaal) in u Ring rondom die volgende aspekte van die apostolaatsopdrag? Gee aanduidings van die spesifieke behoeftes en toerustingsmateriaal wat tans in gebruik is in die gemeentes van u Ring:
12.1.1 Missionaat:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.2 Sending:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.3 Bybelverspreiding:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.4 Verskillende wêreldbeskouinge, filosfieë en ander godsdienste:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.5 Emigrasie:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.6 Getuienislewering teenoor plaaslike gemeenskap en owerheid:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.7 Getuienislewering teenoor mense in inrigtings:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.8 Getuienis teenoor die Jode:
Benodig toerusting en materiaal
12.1.9 Hervorming:
Benodig toerusting en materiaal
AANBEVELING:
5.3.2 CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE
5.3.2.1 VERSLAG VAN DIE VOORSITTER VAN DIE DURBAN KOMITEE
JAARVERSLAG VAN DIE DURBAN KOMITEE
vir die tydperk Augustus 1999 tot Augustus 2000
2. Samestelling van die komtee
Die Durban komitee het bestaan uit:
Di. T Dreyer (v/s), H La Grange (o v/s) , Mev W Smith (sekr), Mev R Dirker, Mnr F Maritz, Mnr C van der Westhuizen en Mnr en Mev du Plessis.
3. Werkers
Die Christelike Seemansorganisasie - Durban het hierdie jaar twee hawesendingwerkers gehad asook een dame om die kantoor te "bevrou"(!).
Prop. N van Rensburg is reeds vir 'n geruime by ons werksaam. Hy is 'n jongman en werk baie hard. Hy is entoesiasties oor sy werk en geniet steeds sy werk. Dit is ook 'n plesier om hom by ons te hê, want behalwe dat hy altyd vriendelik en bedagsaam is, kan mens hom regtig vertrou. Die plaaslike komitee het ook reeds met sy kerkraad in gesprek getree om hulle te versoek om hom ook te orden. Hierdie gesprek het feitlik tot stilstand gekom. Sy kerkraad het ook afgevaardigdes na ons komiteevergaderings gestuur.
Die komitee is baie dankbaar vir die verbetering in sy versorgingsvoordeel.
Ds E Mthembu moes die diens verlaat.
Ds H La Grange is intussen aangestel as tweede hawesendingwerker. Die gesamentlike hawesendingwerkersvergadering, het aanbeveel dat ons nie nog 'n pos in die hawe vul nie, aangesien dit kan lei tot oorvleueling.
Dr W A J van Schoor was vanaf Januarie 2001 tot Maart 2001 ook by ons werksaam.
Mev Wilma Smith is ons sekretaresse. Sy is 'n ware aanwins vir ons kantoor. Dinge gebeur nou en alles loop vlot.
4. KANTOOR
Christelike Seemansorganisasie Durban beskik oor sy eie kantoor in Bartleweg 558. Ons ontvang hier graag besoekers.
5. KOMITEEVERGADERINGS
Vergaderings is gereeld op 'n ses-weeklikse basis gehou. Gereelde sake op die agendas was: Werkersverslae, Personeel, Motors en Finansies.
6. MOTOR
Ons beskik tans oor twee voertuie, wat deur ons hawesendingwerkers gebruik word.
7. BIBLIA -Durban
'n Enkele vrou, Mev Marietje Beukes is aangestel as werker by Biblia en deel ook tans ons kantoor. Sy en Ds v Rensburg werk goed saam en hulle vul mekaar goed aan. Aanvanklik het Marietjie sonder vergoeding gewerk, maar sedertdien het sy 'n salaris begin ontvang vanaf Biblia. Daar bestaan ook 'n hartlike en spontane verhouding tussen ons en Biblia.
Baie dankie
Ds T F Dreyer
AANBEVELING
1. Dat die verslag oor CSO aanvaar word.
5.3.2 CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE Richardsbaai
Geen verslag ontvang nie
5.4 BYBELVERTALING EN BYBELVERSPREIDING
5.4.1 JAARVERSLAG VAN DIE STREEKSEKRETARIS VIR
DIE STREEK VRYSTAAT EN NOORD-KAAP
VIR DIE TYDPERK 1 NOVEMBER 1999 TOT 31 OKTOBER 2000
1. INLEIDING
"Uit Hom en deur Hom en tot Hom
is alle dinge.
Aan hom behoort die heerlikheid
tot in ewigheid! Amen"
Romeine 11 vers 36
Wanneer Paulus hierdie gedeelte skryf doen hy dit juis om alle eer aan die Here te gee vir weldade aan die mensdom wat onbegryplik is. Daarom ook 'n gepaste manier om aan die einde van 'n gebeurtenisvolle jaar in ons streek, ons dank en eer aan die Here te bring.
Verlede jaar se verslag is afgesluit met 'n oproep aan ons donateurs om ons weereens te ondersteun maar om dan in 'n besondere mate betrokke te raak by Bibliathon 2000. Ons oproep het nie op dowe ore geval nie, soos wat duidelik uit al die bydraes blyk.
Ons normale begroting van R2,5 miljoen is amper bereik en ek is seker dat ons teen die einde van Desember 2000 wanneer Bibliathon 2000 afsluit nie ver van die R1 miljoen kerf gaan wees nie. Inderdaad 'n wonderwerk van God se kant af.
God het weer mense gebruik om in hierdie projek aan Hom diensbaar te wees. Daarom my groot dank aan elke donateur, elke predikant, elke gemeente en kerkraad, elke gemeenskap, skole en organisasie en almal wat betrokke was by die afgelope jaar se pogings.
Maar hierdie pogings sou ook nie moontlik gewees het as daar nie mense was wat voor geloop het nie. Baie dankie aan Ds. Gerrit Kritzinger en sy span van Kaapstad, al ons ander streke, die SABC en al die betrokke media in ons streek.
En moontlik die belangrikste. Vir gewillige personeel in die Bloemfontein kantoor. Van Ds Gerrie van Dyk af wat duisende kilometers moes ry en soms vir dae aaneen van die huis af weg was, dwarsdeur ons ander personeel het almal hulle kant gebring. Daar is soms regtig nagte deur gewerk maar die Here se seën op hierdie arbeid was oorvloedig. Wees verseker van my diepste dank teenoor elkeen van julle.
2. SPESIALE PROJEKTE
2.1 BIBLIATHON 2000
Op voetspoor van Bibliathon '91 en '94 is Bibliathon 2000 aangepak met een groot doel voor oë om fonse in te samel om die behoeftes aan spesiale Bybels vir spesiale mense aan te spreek. Hierdie projek se beplanning het reeds in 1999 begin en vanaf Januarie 2000 is daar volstoom hiermee begin.
Gemeentes, skole, organisasies en gemeenskappe het betrokke geraak, en dwarsdeur ons streek is daar op gereelde basis die een of ander projek aangepak. Bybelstappe, pretstappe, Bybellees-marathons, munt-leggings, konserte en nog meer het gesorg daarvoor dat Bibliathon 2000 naderhand 'n huishoudelike naam dwarsdeur ons streek geword het.
In samewerking met die SABC het hierdie projek op 2 September 2000 sy hoogtepunt bereik met 'n program wat vier ure geduur het op SATV 2. Nie alleenlik kon mense inskakel en beloftes van donasies maak nie, maar is daar ook geleentheid aan skares mense gebied om die Bybelhuis op die dag te kon besoek, en aan die programme te kon deelneem wat aangebied is. Hier by die Bybelhuis was dit letterlik 'n miernes van bedrywighede en is die verrigtinge eers laat die middag afgesluit.
Nuwe donateurs is gewerf maar tog dink ek dat die nawerking van hierdie projek nie nou al bepaal kan word nie. Daar is weliswaar nie die resultate behaal waarop gehoop is nie, maar hoeveel positiewe blootstelling het ons nie ontvang nie. God in Sy groot genade sal op Sy tyd hierdie pogings tot volle was-dom laat groei.
Met nog baie projekte wat tot en met 31 Desember aangebied word is ek daarvan oortuig dat ons nie ver van die R1 miljoen gaan draai nie. Harde werk maar die resultate is 'n wonderwerk.
2.2 COMRADES
Hierdie projek wat 'n aantal jare gelede geloods is gaan elke jaar van krag tot krag en dit lyk werklik asof vir baie van ons marathonatlete die verspreiding van God se Woord vir hulle hoë prioriteit is. Ds Gerrie van Dyk hanteer elke jaar hierdie projek met groot entoesiasme maar ook met baie harde werk. Daarom is daar hierdie jaar weer die pratige bedrag van byna R200.000 ingesamel. Hierdie bly 'n kosbare projek wat ons moet vertroetel.
2.3 BYBELETES
Soos gebruiklik het ons vanjaar weer die koue wintermaande met heerlike Bybeletes aangedurf. Twee aandetes en twee middagetes is aangebied en elke keer was al die kaartjies vroeg uitverkoop.
Almal het lekker gekuier en lekker geëet en terselfdertyd is inligting rondom Bibliathon 2000 aan die gaste oorgedra. Baie gemeentes en lidmate van verskillende kerke was weer betrokke by die voorbereiding van geregte en ek glo dat dit juis die betrokkenheid van soveel mense is, wat hierdie geleentheid so 'n groot sukses maak. Dankie aan alkeen maar dan ook in die besonder ons personeel wat weereens wonderlik gehelp het.
3. VERTEENWOORDIGING
Ons is baie gelukkig dat die verteenwoordiging van die verskillende kerke op die streekraad die afgelope jaar redelik konstant gebly het.
Met leedwese moes ons verneem van die afsterwe van Mnr J Marumo, verteenwoordiger van die NGKA op die streekraad. Vir etlike jare was hy die nie-geordende lid van sy kerk, en hierdie posisie het hy met onderskeiding gevolstaan.Ons het ook verneem van die afsterwe van Ds OI Leboea, verteenwoordiger van NGKA op die streekraad, vir etlike jare was hy die geordende lid van sy kerk. Ons meegevoel is met albei families betuig.
Ons moes ook afskeid neem van Pastoor Julius Writes wat vir jare die geordende verteenwoordiger van dieVEK. was. Hy het 'n beroep na Upington aanvaar en het reeds op 1 Augustus 2000 daar begin werk. Ons dank aan Pastoor Writes vir die insette wat hy tydens sy dienstyd gelewer het. Hy en sy gemeente was groot staatmakers. Die VEK sal mettertyd 'n opvolger vir hom aanwys
4. PERSONEEL
Ons personeelkorps het die afgelope jaar met al die ekstras wat van hulle gevra is hulle kant pragtig gebring. Tog het die gewone alledaagse voor en teenspoed ook nie uitgebly nie.
Ons is saam bly met Mev M Ndaba vir 'n seun wat sy ryker geword het en ons simpatie met Mev. Ilse Viljoen en Mev Ria Pfister wat operasies moes ondergaan. Mev Ria Pfister word gelukgewens met die keuse van ons Hoofsekretaris om haar vanaf 1 Desember 2000 sy sekretaresse te maak en ons beste wense vergesel haar. Haar vier jaar in die Bloemfontein kantoor was baie vrugbaar.
Welkom aan Mev Carla van As wat in haar plek aangestel is, maar eers op 1 November 2000 diens aanvaar.
5. BESOEKE
Soos in die verlede is voortgegaan om gemeentes te besoek, die eredienste waar te neem en dan ook inligting aangaande die Bybelgenootskap aan die lidmate oor te dra. Baie gemeentes het egter van my besoeke gekombineer met Bybelstappe om sodoende ook betrokke te kon raak by Bibliathon 2000.
Ds Gerrie van Dyk en ekself het soms saam gemeentes besoek waartydens ons dan juis saam met die gemeentes aan Bibliathon projekte deelgeneem het. Aftreeoorde het ook flink deelgeneem aan projekte en van hierdie inrigtings is besoek en het ons ook deelgeneem aan projekte wat hul beplan het.
Heelparty skole het pragtige Bybelstappe of Bybeltrappe gereël en soos wat dit vir my moontlik was het ek of Ds Gerrie hierdie geleenthede bygewoon. Daarbenewens het talle gemeentes en organisasies ons dwarsdeur die jaar by die Bybelhuis kom besoek en was dit die ideale geleentheid om op die manier ook inligting oor 'n wye spekrum bekend te stel.
5.1 BESOEKE AAN NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK
Uit hoofte van my kerkverbintenis is die meeste besoeke van gemeentes binne my kerkverband gedoen. 'n Woord van dank aan elke predikant in die gemeentes vir die manier waarop ek ontvang is, en vir die geleentheid wat my gebied is om die saak van die Bybelgenootskap te kon stel.
Ek kon byna al dertien ringsvergarderings bywoon en ek het ook die geleentheid gekry om vanjaar van die ringbyeenkomste vir predikante by te woon waartydens ons dan juis oor Bibliathon gepraat het.
6. BYDRAES
Graag wil ek hier die bydraes van die Nederduitsch Hervormde Kerk uitlig terwyl ek later in my verslag oor die globale bydraes sal berig.
| 2000 | 1999 |
| KERKRAAD | 298 115.42 | 287 332.89 |
| NHSV | 1 190.00 | 6 551.00 |
| NHJV | 792.37 | 1 191.67 |
| KATEGESE | 6 417.14 | 8 547.19 |
| INDIVIDUE | 23 879.00 | 24 485.00 |
| TOTAAL | 330 393.93 | 328 107.75 |
| GEM R/c
PER LIDMAAT |
R8.69 |
R8.46 |
7.DANK
Hoe sê 'n mens werklik dankie vir so 'n geseënde jaar. Ek weet woorde kan soms so onpersoonlik lyk wanneer dit op papier vasgevang word - maar wees verseker daarvan dat my dank aan elkeen van u uit die hart kom.
Kom ons beskou dit as 'n geleentheid aan elkeen van ons, om Sy naam op hierdie wyse groot te kan maak. Laat elkeen van ons dit as 'n voorreg beskou dat die Here vir u en vir my lewenskragte en gesondheid gegee het om so vir Hom diensbaar te kon wees - aan God kom die eer toe.
DS JAN DE WET
STREEKSEKRETARIS
BELYDENDE
KERKRAAD
GEM
GEMIDDELD PER RING VAN
LIDMAAT
EN/OF
PER
LIDMAAT
DIAKONIE
LIDMAAT
N.H.S.V
N.H.J.V.
KATEGESE
INDIWIDUE
TOTAAL
2000
1999
1998 Potchefstroom
2838
22 750.06
8.02
-
-
854.50
2660.00
26
264.56
9.25
9.89
9.18 Heidelberg
3267
19 436.79
5.95
700.00
358.49
3554.88
970.00
25
020.16
7.66
10.99
9.95 Oos Londen
1506
10 914.36
7.25
-
-
-
3055.00
13
969.36
9.28
-
- Port Elizabeth
627
2757.50
4.10
15.00
83.88
0.00
1754.68
4611.03
6.86
-
- Pietermaritzburg
2071
5230.09
2.53
-
-
-
989.00
6217.09
3.00
9.54
3.72 Wes-Kaapland
1678
17 534.99
10.45
-
-
-
1820.00
19
354.99
11.53
6.97
12.38 Maquassi
2241
27 023.47
12.06
50.00
-
984.03
-
28
057.50
12.52
15.83
9.75 Losberg
3715
31 149.84
8.38
-
-
114.54
120.00
31
384.38
8.45
7.13
9.44 Vereeniging
5617
74 059.06
13.18
-
-
-
3830.00
77
889.06
13.87
9.20
8.75 Heilbron
2444
24 378.57
9.97
100.00
-
790.44
4015.00
29
284.01
11.98
9.60
7.72 Bothaville
2349
7532.56
3.21
95.00
-
-
150.00
7 777.56
3.31
3.84
3.74 Klerksdorp
5012
29 025.20
5.79
200.00
350.00
-
940.00
30
515.20
6.09
4.94
4.04 Noord-Kaapland
1589
14 538.25
9.15
30.00
-
-
550.00
15
118.25
9.51
4.97
7.90 Noordelike-Natal
1153
4369.26
3.79
-
-
-
3450.00
7819.26
6.78
5.01
5.84 Swellendam
949
11 726.14
12.36
-
-
-
1595.69
13
321.83
14.04
10.77
13.45 TOTAAL
37 056
302
426.14
8.16
1190.00
792.37
6298.39
25
899.37
336
606.24
9.08
8.29
8.13
carla/hervring/syfers
| NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK VAN AFRIKA | |||||||||||
| OPSOMMING VAN BYDRAE VIR 1-11-1999 TOT 31-10-2000 | |||||||||||
| RING VAN: | Pietermaritzburg | ||||||||||
| BEL | KRAAD | GEM | GEMIDDELD PER | ||||||||
| GEMEENTE | LIDMAAT | EN/OF | PER | LIDMAAT | |||||||
| DIAKONIE | LIDMAAT | N.H.S.V | N.H.J.V. | KATEGESE | INDIWIDUE | TOTAAL | 2000 | 1999 | 1998 | ||
| Pietermaritzburg | 185 | 500.00 | 2.70 | - | - | - | - | 500.00 | 2.70 | - | 1.75 |
| Durban | 245 | 393.61 | 1.61 | - | - | - | 100.00 | 493.61 | 2.01 | 0.51 | 0.97 |
| Durban-Suid | 350 | 3 274.51 | 9.36 | - | - | - | 574.00 | 3 848.51 | 11.00 | 11.64 | 0.89 |
| Empangeni | 226 | 0.00 | - | - | - | - | - | - | - | 4.79 | 6.00 |
| Laer Suidkus | 380 | 256.23 | 1.38 | - | - | - | 165.00 | 691.23 | 1.82 | 6.59 | 2.97 |
| Richardsbaai | 420 | 535.74 | 1.28 | - | - | - | 150.00 | 685.74 | 1.63 | 2.76 | 1.67 |
| Pinetown | 265 | - | - | - | - | - | - | - | - | 43.03 | 9.29 |
| TOTAAL VAN RING | 2 071 | 5 230.09 | 2.53 | - | - | - | 989.00 | 6 219.09 | 3.00 | 9.54 | 3.72 |
| carla/hervring/syfers | |||||||||||
AANBEVELING
1. Dat die verslag van Ds J de Wet aanvaar word.
5.5 KERKBOEK
5.5.1 RINGSKOMITEE VIR EREDIENS
SAMEVATTENDE VERSLAG
Ring van : PIETERMARITZBURG
�Besluite van die Ringsvergadering
| Dat kerkrade oorweging skenk aan die stigting van 'n Komitee vir erediens in elke gemeente. |
| 2. Dat die toerusting van orreliste in elke gemeente 'n gereelde besprekingspunt op Ouderlingevergaderings Agendas wees. |
| 3. Dat kerkrade die besluit uitvoer wat bepaal dat hulle lidmaatskap vir hulle orreliste by SAKOF verkry. |
| 4. Dat doelwitte wat vir die jaar m.b.t. die erediens opgestel word, gereeld tydens ouderlingevergaderings gekontroleer word om die uitvoering daarvan te monitor. |
| 5. Dat kerksang tydens kategese steeds aandag geniet. |
| 6. Dat gemeente ingelig word rakende die nuwe liederebundel van die Kerk, sodra die inligting beskikbaar word. |
| 7. Dat Dr. Elsabé Kloppers versoek word om die Ringsgemeentes tydens die kerksangseminaar ook in te lig rondom die verskyning en die prys van die nuwe liederebundel, asook die moontlikhede van die elektroniese media as alternatief of aanvulling by die gebruik van liedboeke in die kerk. |
| 8. Dat die liedverslagvorms ingevul word, sodat gekontroleer kan word of sommige liedere nie té gereeld en dan ten koste van ander gebruik word nie. |
| PMB: 1. Gereelde Kinderdienste en sangdienste. |
| 2. Eredienste kan bespreek word tydens spreekure op Donderdagaande. |
| DBN: 1. Die gebruik van elektroniese bord en videoprojektor tydens sang. |
| 2. Die gebruikmaak van besoekende kore tydens eredienste. |
| DBn-S: 1 Nabetragtingsgesprekke oor erediensinhoud word gevoer. |
| 2. Gereelde erediensbeplanning word gedoen om elke spesiale geleentheid tot sy reg te laat kom bv. Belydenis van geloof. |
| 3. Kinders word toegelaat om tydens doopdienste voor by die doopfont te kom sit. |
| LR.SDKUS: Liturgiese wisseling is met die gebruik van kore, en kleiner sanggroepe gedoen. |
| 2. Die gebruik van die nuwe responsliedere het die erediens ingeklee en aangevul |
| 3. Orreliste word na elke moontlke toerustingsgeleentheid gestuur op koste van die kerkraad, ten einde begeleiding en sodoende sang te verbeter. |
| EMP: Gereelde buitedienste word gehou. |
| PTN: Gereelde sangdienste en loslitsondae word gehou. |
| 2. Gereelde temaprediking en liturgiese wisseling vind plaas. |
| 3. bespreking rakende die prediking word elke So aand gedoen. |
| 4. Responsliedere word gereeld by nagmaal gebruik. |
| RBAAI: 1. Aanddienste neem die formaat van besprekingsdienste aan. |
| 2. Komitee vir erediens bespreek gereeld die inrig van spesiale dienste. |
| 3. Nagmaal word soggens en saans bedien om skofwerkers te akkommodeer. |
| 1. Die vordering van sang tydens kategese blyk nog aandag te geniet. |
| 2. Die komitee vir erediens in nie ewe geslaag in al die gemeentes nie. |
| 3. Affiliasie by SAKOF blyk nog 'n probleem by sommige gemeentes te wees. |
| 4. Orreliste woon oor die algemeen min toerustingsgeleenthede by. |
| 5. Die gebruik van kore is nog nie oral haalbaar nie. |
| 6. Die bywoning van nagmaal word deurgaans as probleem gemeld. |
| 7. Opgeleide orreliste is nie in al die gemeentes beskikbaar nie. |
| 8. Akomodering van die kind in die erediens behoort aanag te geniet. |
| 9. Die prys van die nuwe gesangboek blyk hier en daar 'vir lidmate 'n probleem te wees. |
� 'n kopie van elke gemeente se antwoorde op die gedeelte van die verslag oor kerkmusiek
� die liedereverslagvorm van al die gemeentes
LIEDVERSLAGVORMS
Geen liedverslagvorms in ingesluit nie. Gemeentes wat die verslagvorms ingevul het, kan kopieë saambring na die Ringsvergadering om as bylaag by die verslag aan te heg.
AANBEVELINGS AAN DIE RINGSVERGADERING
1. Dat kerkrade oorweging skenk aan die stigting van 'n Komitee vir erediens in elke gemeente.
DS. J.J. PIETERSE
VOORSITTER: KOMITEE VIR EREDIENS
6. VERBAND MET ANDER KERKE
Die Ekumeniese arbeid van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
Ekumeniese eenheid is die eenheid van die kerk wat ons in die ApostolieseGeloofsbelydenis bely met die woorde "Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges..."
1. Het die ouderlingevergaderings in die ring toegesien dat die wesentlike eenheid van die gemeente gedurende die verslagjaar met gemeentes en kerke wat in die Reformatoriese tradisie staan bevorder is deur die handhawing van broederlike betrekkinge, gesprekke, onderlinge hulpverlening, deelname aan die werk van ekumeniese liggame of rade, of gesamentlike eredienste? Gee besonderhede: Daar is by al die gemeentes uitsluitend Gemeente - Richardsbaai ten minste 'n gesamentlike Versoeningsdag erediens gereël . Gemeente Richardsbaai wil egter poog om dit volgende jaar ook te hou en ons wens hulle alle sterkte toe met al die reëlings in die verband . Gemeente Pietermaritzburg skakel ook met die Ng - kerke deur van hulle leraars gebruik te maak wanneer hul leraar op verlof is .Gemeente Pinetown verdien ook vermelding te kry deur hulle skakeling met susterskerke se predikante wat maandeliks plaasvind . Die gemeente Pinetown is ook op die skakelkommitteevan die CMD wat alle demonansies verteenwoordig . Geluk ook aan Durban en Durban - suid met hulle gesamentlike beradings-projek en bertokkenheid by die CSO , ISS en MTS .
2. Wat beplan die ouderlingevergaderings in die ring om in die loop van die jaar aan die sake te doen wat in vraag 1 ter sprake gebring is?
Dit blyk of die status - quo gehandhaaf word met staande skakelinge wat tans aan die orde van die dag is. Die hoofskakelings is egter Kanselruil wat beplan word en Gesamentlike Versoeningserediens .
Nuwe beplanninge is egter skakelinge met die CSO , ISS en MTS . Daar is ook sprake van 'n gesamentlike Gebedsdag en 'n gesamentlike Hervormingsondag - erediens .
3. Het die ouderlingevergaderings of die gemeentes in die ring gesprek gevoer of ekumeniese kontak gehad met kerke of geloofsgroepe wat ander leertradisies as ons eie kerk het? Gee besonderhede:
Slegs gemeente Pinetown deur met die CMD te skakel en gemeente Durban - suid deur te deel in die plaaslike ekumeniese berading - kring . Al die ander gemeentes het die opdrag nie werklik ter harte geneem nie .4. Beplan die ouderlingevergaderings in die ring gesprekke of kontak met kerke of geloofsgroepe wat ander leertradisies as ons eie kerk het gedurende die jaar? Gee besonderhede:
Alhoewel daar blyk geen onwillgheid te wees nie , het slegs Durban - suid daadwerklike beplanning gemaak vir nuwe gesprekke en toekomstige skakelings soos hawesending en die voortgesette broederkring - betrokkenheid . By al die ander gemeentes word die status quo gehandhaaf . Is dit vir die Hervormde kerk genoeg ?
5. Is daar gedurende die verslagjaar ekumeniese arbeid in ringsverband verrig?
Nee
6. Word ekumeniese arbeid in ringsverband vir die huidige jaar beplan?
Nee
AANBEVELING
1. Dat die vergadering ter wille van kennisname en 'n onderlinge leerervaring die projekte en inligting van hierdie verslag onder leiding van Ds Petrus Harmzen sal bespreek
7. GESINSORG
7.1 VERSLAG OOR OPVOEDING EN ONDERWYS
STATISTIEK
|
GEMEENTE |
D | D/S | EM | LS | PM | PT | RB | |||
| 1.1 Hoeveel kategesepligtiges van Gr. 1 - 11 is in die gemeente? | 36 | 70 | 45 | 45 | 61 | 119 | ||||
| 1.2 Hoeveel hiervan ontvang nie kategetiese onderrig nie? | 6 | 15 | 12 | 0 | 3 | 0 | ||||
| 1.3 Hoeveel kategete is in u gemeente? | 10 | 11 | 12 | 10 | 9 | 15 | ||||
| 1.4 Hoeveel huwelike is in die verslagjaar gesluit? | 4 | 3 | 3 | 4 | 3 | 5 | ||||
| 1.5 Hoeveel huwelike is in die verslagjaar ontbind? | 0 | 1 | 0 | 0 | 0 | 4 | 1 | |||
| 1.6 Hoeveel Bybelse Dagboeke is in die verslagjaar versprei? | 18 | 25 | 10 | 26 | 26 | 15 | 30 | |||
| 1.7 Hoeveel lidmate ontvang "konteks"? | 40 | 20 | 10 | 18 | 15 | 12 | 25 |
Besluite van die Ringsvergadering
Dat gemeentes sake soos besluit en bespreek tydens die werkswinkel onder die punt Gesinsorg sal deurgee na die Ouderlingevergadering vir bespreking en besluit.
Enige interessante, innoverende gedagtes uit die verslae waarvan die Raad vir Gesinsorg behoort kennis te neem
Integrering van kategese met Jeugwerk
Kamp vir finalejaar katkisante
Die gebruik van ouderlinge as kategete voogde
Die gebruik van hulpkategete
Verslag aan Ouderlingevergadering oor bywoning van katkisante
Jaarlikse huweliksverrykingskursus
Enige probleme of leemtes in die ringsgemeentes ten opsigte van kategese, huwelik, gesin en opvoeding
Saamwoon as realiteit onder lidmate
Jeugwerk in die stedelike gemeentes
Die integrasie van kategese en jeugwerk
Dui aan of daar enige behoeftes ten opsigte van toerusting bestaan:
Beslis ten opsigte van kategete
Ten opsigte van die frustrasies en gebrekkige belangstelling rondom jeugwerk
AANBEVELING
8. DISSIPLINE
9. KERKLIKE GOEDERE
9.1 FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE RINGSKOM-MISSIE
Hierdie verslag word as Bylaag 2 ingebind.
AANBEVELING
1. Dat die voorgelegde Inkomste- en Uitgawestate van die Ringskommissie aanvaar word.
9.2 OUDITVERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
Ten tye van die opstel van hierdie agenda was die oudtiverslag nog nie beskikbaar nie en die verslag sal ook by die vergadering ter tafel wees.
AANBEVELING
1. Dat die ouditeure se verslag oor die finansiële state van die Ringskommissie goedgekeur word.
9.3 VERVERSINGS BY DIE VERGADERING
AANBEVELING
1. Dat die NHSV van die gemeente Pietermaritzburg R 1000 ontvang vir die verversings tydens die vergadering.
9.4 SUBSIDIE AAN DEELSORGPREDIKANTE
AANBEVELING
1. Dat die vergadering besluit oor die toekenning van 'n subsidie aan die deelsorgpredikante.
10. KERKORDE
Dr W A J van Schoor sluit die vergadering met gebed.