Besluitebundel
Ring van Pietermaritzburg
1999 & 2000
1. BELYDENIS
2. AMPTE
2.1 PASTORAAT
1. Die ring wys die volgende konsulente soos volg aan:
GEMEENTE Eerste Tweede
Pietermaritzburg Ds T Dreyer Ds W van Schoor
Durban Ds W van Schoor Ds J Pieterse
Durban-Suid Ds J Pieterse Ds T Dreyer
Empangeni Ds J Minnaar Ds A van Rensburg
Laer Suidkus Ds H la Grange Ds W van Schoor
Richardsbaai Ds J van Staden Ds H la Grange
Pinetown Ds P Harmzen Ds J Minnaar
2.1.2 RINGSVISITASIE
2.1.2.1 FORMAAT VAN VISITASIES BY GEMEENTES
Die volgende besluite is deur die Ringsvergadering goedgekeur en word met die gekursifeerde uitbreidings ten opsigte van visitasies goedgekeur.
KERKORDE
ORDINANSIE 3.4.2
(vi) sien toe dat die ringskommissie visitasiekommissies benoem bestaande uit minstens een predikant en twee ouderlinge wat
(a) leiding, toerusting en motivering aan ampsdraers vir hulle dienswerk gee
(b) die eenheid tussen gemeentes handhaaf deur saam met die ampsdraers vanuit die Bybels-Reformatoriese teologie oor die opbou van die gemeente en hervorming van die gemeentelike praktyk te besin
(c) herderlike besoeke by die predikante, emerituspredikante en emeritus teologiese dosente en hulle gesinne aflê
(d) die Bybels-Reformatoriese teologie by predikante bevorder
(e) die boeke nasien
(f) die situasie in gemeentes waar predikante slegs gedeeltelik versorg word evalueer en aanbevelings maak
(vii) sien toe dat visitasie soos volg plaasvind:
(a) minstens die helfte van die gemeentes word elke jaar besoek
(b) die visitasiekommissie stel die agenda vir visitasie saam, in oorleg met die ringskommissie, met die gesamentlike jaarverslag as raamwerk
(c) die visitasiekommissie doen, direk na die visitasie, verslag aan die ringskommissie, wat die verslag beoordeel en verder handel
(d) die ringskommissie doen, wanneer nodig, self visitasie
(e) die ringskommissie doen jaarliks aan die Ringsvergadering verslag oor visitasies wat gedoen is
VISITASIEGELEENTHEID
* Die tyd en plek van die visitasie aan 'n gemeente word minstens 6 weke voor die beplande datum in oorleg met die kerkraad deur die ringskommissie vasgestel
* Die visitasiegeleentheid is 'n volwaardige kerkraads- of ouderlingevergadering
* Vir die duur van die visitasiegesprek wat tydens die kerkraadsvergadering plaasvind, neem die voorsitter van die visitasiekommissie die voorsitterstoel in.
* Tensy anders deur die visitasiekommissie met die betrokke kerkraad ooreengekom, neem die vergadering om 19:00 in die gemeente se kerkgebou in aanvang
* Voor die begin van die vergadering, is die gemeente verplig om al die boeke of dokumente wat volgens die diskresie van die visitasiekommissie op die visitasie betrekking het, op versoek aan die visitasiekommissie beskikbaar te stel op 'n tyd en plek wat die visitasiekommissie met die voorsitter of skriba van die kerkraad sal afspreek.
* By die vooraf-geleentheid sal die voorsitters van die volgende kerklike organe in die gemeente verkieslik teenwoordig wees:
** Kerkraad
** Ouderlingevergadering
** Diakensvergadering
** kerklike goedere komitee
* As die visitasiekommissie te eniger tyd by die vooraf geleentheid besluit om agter geslote deure te vergader, moet alle ander persone wat teenwoordig mag wees, die besluit eerbiedig.
* Die voorsitter van die visitasiekommissie kan ook vooraf met die predikant van die gemeente 'n afspraak maak vir huisbesoek by die pastorie.
* Die visitasiekommissie stel vas of die gemeente die spesifieke opdragte van die ringsvergadering uitgevoer het - verwysende na sperdatums ens. waarop verslae / opdragte uitgevoer / ingehandig moes word.
* Dat visitasiekommissies opdrag kry om pertinent aandag te gee aan die opdrag aan die ouderlingevergadering om voor nagmaal huisbesoek te doen by pastoriegesinne sowel as by die ouderlinge in gemeentes
HUISBESOEK AAN PREDIKANTSPAAR
* Die voorsitter van die visitasiekommissie doen huisbesoek by die predikant en sy gesin.
* Die pastorale gesprek verloop soos die voorsitter van die visitasiekommissie besluit.
JAARVERSLAE AAN DIE RINGSVERGADERING
* Die voorsitter van die visitasiekommissie ontvang minstens 7 dae voor die visitasie 'n afskrif van die gemeente se jongste jaarverslae, wat deur die kerkraad goedgekeur is, van die skriba van die gemeente.
NASIEN VAN DIE GEMEENTELIKE BOEKE
(NB: Die nommer langs die items hieronder is 'n aanduiding van die prioriteit wat die item by die visitasie moet geniet en die werkswyse wat die kommissie moet volg.
1. Moet eerste en deeglik behandel word
2. Doen verkieslik al is dit oorsigtelik
3. Neem kennis van die bestaan en toestand)
* Die boeke wat deur die visitasiekommissie nagegaan moet word, sluit die volgende in:
** notules van:
- (1) Kerkraadsvergadering
- (1) Ouderlingevergadering
- (1) Diakensvergadering
- (1) Werkgroep Kerklike Goedere
- (2) werkgroepe
- (2) Diensgroepe
- (2) NHSV
- (2) NHJV
- (2) en ander
** (3) huidige wykslyste (belydende- en dooplidmatelys)
** (3) kategeseregister
** (3) lidmaatregister
** (3) doopregister
** (3) leêrs met ringsradenotules
** (3) leêrs met afskrifte van notules van alle binne gemeentelike vergaderings
** (1) alle finansiële boeke (jongste offergawestate ingesluit)
** (3) finansiële state van die afgelope jaar
** (3) transportaktes en ander derglike dokumente
** (3) versekeringsdokumente
** (3) enige ander dokumente wat na die mening van die visitasie kommissie ter sake is vir die doeleindes van die visitasie
* WAARSKUWING: Die geleentheid voor die kerkraadsvergadering waartydens die lede van die bogenoemde komitees teenwoordig is, is nie bedoel vir die vrae wat by die kerkraadsvergadering afgehandel moet word nie. Hulle teenwoordigheid is bedoel slegs vir die inwin van inligting en die uit die weg ruim van onduidelikhede wat opgeklaar kan word sonder dat dit die opsiggesprek van die visitasiekommissie met die kerkraadsvergadering nadelig raak. Onder geen omstandighede kan of mag die visitasiekommissie deur hierdie lede te raadpleeg, die kerkraadsvergadering omseil of vervang nie. Terselfdertyd moet die opsiggesprek nie beperk word tot blote ophaal van tegniese foute wat in notules en ander dokumente opgespoor is, of die herhaling van die inhoud van die oudit- en jaarverslae nie.
AGENDA VAN DIE KERKRAADS- / VISITASIEVERGADERING
* Die vergadering volg die rubrieke van die Kerkorde
* Die vergadering gebruik die jaarverslae as die uitgangspunt vir die gesprek.
* Die gesprek moet egter nie net tot herbevestiging van antwoorde wat hulle tevore in hierdie verslag verstrek het, beperk wees nie aangesien dit sou lei tot 'n herhaling van die wat die Kerkraad reeds afgehandel het.
* Al die rubrieke in die Kerkorde moet aan die orde gestel word en nie net die wat na die mening van die kommissie moontlike probleemvelde is nie. As dit op 'n spesifieke terrein goed gaan, moet die kommissie die kerkraad toelaat om dit aan die kommissie te sê.
* Die ringskommissie sal telkens by visitasies ook die kerkrade se jongste besluite oor die betrokke gemeentes se bedieningsbeplanning en -prioriteite ter insae kry.
* Die visitasiekommissie kan hiernaas ander sake wat na vore gekom het uit die kontrolering van enige van die gemeente se boeke aan die orde stel.
* Net so kan enige lid van die kerkraad ook sake op die agenda plaas.
* Die vergadering vind sover moontlik gesprekmatig plaas om sodoende vrymoedigheid by die kerkraadslede om saam te praat, aan te moedig. Daarom is die werkswyse om vooraf spreekbeurte te vra nie hier die ideaal nie.
* Die kommissie gee by elke rubriek aandag aan die twee fasette daarvan:
* Binne-gemeentelike arbeid
* Sinodale betrokkenheid van die gemeente op daardie besondere terrein (dit wil sê die uitvoer van al die gemeente se verpligtinge ten opsigte van die meerdere vergaderings, statutêre rade, organe van bystand en komitees van die Kerk)
* Die visitasiegesprek moet die kerkraad aanmoedig tot beter prestasie en groter gehoorsaamheid aan God en nie aftakel nie.
* Die visitasiegesprek moet ook hulpverlenend en raadgewend wees.
* Die visitasiekommissie moet nie sake waarvan hulle bewus raak doelbewus vermy of omseil nie, maar na sy eie diskresie met fyn aanvoeling en liefde hanteer. So nie, moet die saak aan die ringskommissie deurgegee word vir oorleg en aandag.
NOTULE VAN DIE KERKRAADSVERGADERING
* Die vergadering word genotuleer deur beide die gemeente se skriba en 'n lid van die visitasiekommissie wat vooraf deur die kommissie uit sy eie geledere aangewys word.
* Die skriba van die kerkraad stuur binne 7 dae na die visitasie 'n afskrif van die kerkraad se eie notule aan die sekretaris van die visitasiekommissie.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie verseker dat al die sake wat tydens die visitasievergadering met die kerkraad aangeroer is, behoorlik genotuleer is in die kerkraadsnotule. So verseker die kommissie dat die kerkraad aandag daaraan kan gee.
* Die sekretaris van die visitasiekommissie besorg binne 7 na ontvangs van die kerkraadsnotule (dus 14 dae na die visitasie) sy eie notule en die van die kerkraad aan die voorsitter van die visitasiekommissie.
VERSLAG AAN DIE RINGSKOMMISSIE
* Die voorsitter van die visitasiekommissie besorg binne 7 dae na sy ontvangs van die notules van die visitasiekommissie se sekretaris (dus 21 dae na die visitasie) 'n volledige skriftelike verslag aan die skriba van die ring oor die handelinge en bevindinge van die visitasiekommissie.
* Die verslag bevat:
** die notule van die visitasiekommissie
** die notule van die kerkraad
** die ingevulde vraelys oor die nasien van die gemeente se boeke / dokumente wat vir die doel verskaf is
** 'n verslag geskryf deur die voorsitter oor die visitasiekommissie se indrukke van die vergadering
* Die verslag van die voorsitter volg die rubrieke en numering van die ABC verslag as riglyn.
FREKWENSIE VAN RINGSVISITASIES
* Die Kerkorde vereis dat minstens drie jaarliks tussen AKV en AKV by die elkeen van die gemeentes visitasie gedoen word.
DEELSORG STANDPLASE
Die ringskommissie het opdrag om oor die volgende twee sake opsig te hou:
a. Opdrag van die predikant in deelsorg
* Dat aan alle kerkrade met deeltydse- en deelsorg-predikante opdrag gegee word om
** die totale bediening in die gemeentes jaarliks te beplan in terme van die beroepsbrief
** die beroepsbriewe van daardie predikante, in samewerking met die betrokke predikante en die ringskommissie, te hersien om voorsiening te maak vir die daarstelling van 'n realistiese werkopdrag en 'n billike verwagting by die kerkraad ten opsigte van veral die huisbesoek van die predikant.
b. Versorging van die deelsorgpredikant
* Dat aan die ringskommissie opdrag gegee word om jaarliks aandag te skenk aan die versorgingsvoordele van deeltydse- en deelsorg predikante in die ring en indien nodig, aanbevelings aan die betrokke kerkrade te maak.
Neem asseblief kennis van die volgende:
* Visitasies sal aan die hand van die formaat in gemeentes gehou word.
* Die jongste jaarverslae sal steeds as vertrekpunt van die vergadering dien.
* Deelsorgstandplase moet ook kennis neem dat die Ringsvergadering die ringskommissie se opsig oor die opdrag van die predikant in deelsorg en versorging van die deelsorg predikant herbevestig het
* Tydens visitasies word die gemeente se totale bedieningsbeplanning en prioriteite ook verlang.
* Die aksies wat die betrokke kerkraad rondom die jonste ringsvergaderingbesluite geneem het, sal ook die aandag van die visitasiekommissie geniet.
2.1.2 VISITASIES
3. Dat elke gemeente wat 'n deelsorgbediening het, versoek word om steeds te beplan vir die herstel na 'n volle versorgde standplaas.
4. Dat die visitasiekommissies bestaan uit die konsulent en twee ouderlinge van die konsulentsgemeente.
5. Dat die formaat (hierbo uiteen gesit - sien 2.1.2.1) van visitasies gebruik sal word as formaat van ALLE visitasies.
6. Dat die visitasieverslae, die formaat sal gebruik soos hierbo (2.1.2.1) uiteengesit.
2.1.3 Gemeentebou
Die vergadering besluit
1. Dat elke gemeente aangemoedig word om aktief betrokke te raak by die proses van gemeentebou.
2. Dat gemeentes hulle predikante stuur om die gemeenteboukursusse waar moontlik by te woon.
3. Dat indien daar 'n kerkraad/ gemeente sou belangstel in die Gemeentebou kursus of selfs net 'n paar idees sou wou bekom, hulle wel gebruik kon maak van Ds TF Dreyer om hulle hiermee behulpsaam te wees.
2.1.4 STUDIE OOR DIE EFFEK VAN DIE DEELSORG-BEDIENING OP DIE PREDIKANTE IN GEMEENTES.
Ds J H van Staden word as projekleier aangewys. Die vergadering besluit dat die visitasiekommissies opdrag gegee word om behulpsaam te wees met die voltooiing van die studieprojek.
2.2 OUDERLINGE
2.2.1. VERSLAG OOR DIE WERK VAN DIE OUDERLINGE
Die vergadering besluit
Dat die verslag oor die Presbiteraat aanvaar word.
Motivering:
Daar bestaan kommer by talle lidmate oor die gemeentelike inskakeling van kinders wat aan tersiêre inrigtings studeer. In baie gevalle vind min of geen bearbeiding bv. Huisbesoek plaas. Vervoer en dergelike probleme vererger sake. In die lig hiervan wek die ontbinding van sekere studentegemeentes ook ernstige kommer.
5. Elke ouderlingvergadering kry opdrag om saam met elke individuele wyksouderling 'n behoorlike ontleding te maak van sy/haar wyk.
Die bedoeling is om beide knelpunte sowel as groeipunte in die wyk te identifiseer. Vanuit hierdie ontleding moet elke wyksouderling in samewerking met sy/ haar diaken en wykslidmate spesifieke doelwitte vir die wyk formuleer. Sodanige doelwitte word dan voortdurend saam met die ouderlingvergadering geëvalueer. Die ouderlingevergadering lewer verslag aan die jaarlikse ringsvergadering oor die spesifike doelwitte wat in elke gemeente en wyk geïdentifiseer is.
6. Dat daar voor die volgende ringsvergadering 'n toerustingsgeleentheid gehou word vir die ouderlinge van die ring oor die praktiese vertolking en aanwending van die werkswyse van die ouderling soos in die Kerkorde beskryf.
Hierdie geleentheid moet deur 'n ad-hoc komitee:Presbiteraat van die ringsvergadering gehou word, indien nodig in samewerking met die algemene raad vir Presbiteraat. Die komitee sal bestaan uit Oudl H Beuken, Oudl Pieterse en Oudl Conradie.
Dat Ds Harmzen opdrag gegee word om die toerustings geleentheid aan te bied.
2.3 DIAKENS
3. VERGADERINGS VAN AMPTE
3.1 STRUKTUUR VAN RADE, RINGSKOMITEES EN GEMEENTEKOMITEES
3.2. RINGSVERGADERING
3.2.1 RINGSKOMITEES
Die vergadering besluit
Pastoraat & Gemeentebou Ds T F Dreyer
Presbiteraat Oudl. Hubert Beuken en Ds Johan van Staden
Erediens Ds J Pieterse
Apostolaat Dr WAJ van Schoor en Ds H F La Grange
Ekumene Ds P Harmzen
Gesinsorg Ds Albert Minnaar
Ringsdiakensvergadering Ds Riaan van Rensburg
Ringskomitee vir skakeling met die HKSA Dr W A J van Schoor
3.2.3 BESLUITEBUNDEL RINGSVERGADERING
Die vergadering besluit dat
3.3. RINGSKOMMISSIE
3.3.1 VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
In die lig van die frustrasie m.b.t.
gee die ringsvergadering die raad Pastoraat opdrag om die hele saak indringend te ondersoek en aan die ringsvergadering verslag te doen. Die ou ringsraad van predikante moet hierby ingesluit wees. Ouderlinge kan ook gekoopteer word om met hierdie ondersoek behulpsaam te wees.
3.4 RINGSDIAKENSVERGADERING
3.4.1 VERSLAG VAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING
Die vergadering besluit dat
Die verslag van die Ringsdiakensvergadering aanvaar word.
Dat ouderlinge, wat die opsig-verantwoordelikheid oor die diakonaat in gemeentes het, sal toesien dat die opdragte van die Rings Riakonale Vergadering (RDV) aan die diakensvergaderings so uitgevoer sal word. Die volgende besluite is ter sake:
a. Dat die vergadering sy misnoeë uitspreek oor die skynbaar argelose houding waarmee sommige afgevaardigdes die RDV bejeën deur nie vir die vergadering op te daag nie. Die ringsvergadering van die ring van Pietermaritzburg word versoek om die erns van hierdie amptelike vergadering onder kerkrade se aandag te bring.
3.5 Herderlike skrywe
Die vergadering neem kennis dat Sondag (11/ 6/ 2000) 'n dag van verootmoediging sal wees.
4. GEMEENTES EN KERK
4.1 LIDMAATSKAP
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van Oudl Gibson aanvaar word.
2. Dat die voorsitter van die Ringskomitee bedank word vir die keurige verslag
3. Dat gemeentes onverwyld aandag sal gee aan die opdrag van die Ringsvergadering om aandag te gee aan die redes wat lidmate aanvoer waarom hulle die kerk verlaat.
4.2 GEMEENTEGRENSE
5 VERKONDIGING
5.1 KATEGESE
5.1.1 VERSLAG OOR KATEGESE
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringskomitee vir Kategese aanvaar word.
2. Dat elke gemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir die kategese (totale jeugbediening) in die gemeente en dat sodanige doelwitte voortdurend deur die ouderlingevergadering gemonitor word.
3. Dat Ouderlingevergaderings oorweging daaraan skenk om 'n skrywe aan ouers te rig waarin hulle aangespoor word om hulle doopbelofte na te kom.
5.2 SCRIPTURA
Die 2000 uitgawe van Scriptura is reeds aan gemeentes besorg.
Besluit
1. Dat die vergadering met dank kennis neem van die verskyning van Scriptura 2000.
2. Dat die gemeente Durban Suid bedank word vir die versorging van Scriptura 2000.
3. Dat die Scriptura voortaan nie meer in gedrukte vorm aan gemeentes gestuur sal word nie, maar dat dit om die internet geplaas word vanwaar gemeentes dit kan aflaai. Die redakteur sal hierbenewens al die preke saamstel en per e-pos aanstuur aan al die gemeentes van die ring.
4. Dat die 2001 uitgawe van Scriptura per besluit van die 45ste Ringsvergadering deur die gemeente Laer Suidkus geborg word.
5. Dat Ds J Pieterse as redakteur van Scriptura 2001optree.
6. Dat predikante van die Ring versoek word om vir Scriptura 2001 twee preke deur te gee waarvan een tydens Advents- en en een tydens Lydingstyd gebruik kan word.
MOTIVERING: dit gebeur dikwels dat gemeentepredikante juis tydens hierdie kerklike feestye met vakansie is.
7. Dat genoemde preke die redakteur voor of op 31 Augustus 2000 bereik.
5.3 APOSTOLAAT
Die vergadering besluit
5.3.2 Die Ekumeniese arbeid van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
AANBEVELING
1. Die vergadering dra dit op aan elke gemeente om hierdie verslag as basis te laat dien van sy ekumeniese arbeid.
3. Die vergadering besluit dat elke gemeente op plaaslike vlak sal begin om die lidmate in te lig en te motiveer sodat die kerk op plaaslike vlak na ekumeniese samewerking kan soek. Dit impliseer dat elke gemeente 'n gemeentelike komitee vir ekumene daar sal stel. Hierdie gemeentelike komitee moet dan doelwitte stel vir die plaaslike gemeente en die realisering van daardie doelwitte voortdurend evalueer. Sodanige doelwitte en evaluering moet dan dien as basis vir die verslaggewing aan die jaarlikse ringsvergadering.
5.5 KERKBOEK
Die vergadering besluit
Motivering: Lidmate kla voortdurend dat die dagstukkies nie hulle behoefte aan daaglikse pitkos bevredig nie omdat hulle dikwels nie die verhewe akademiese styl waarin dit geskryf is, verstaan nie. Veral die jeug vind dit moeilik om te verstaan, en omdat hulle nogtans die behoefte aan sodanige dagstukkies het, gebruik hulle dan ander Bybelse dagboeke wat vryelik op die mark beskikbaar is.
5.5.1 RINGSKOMITEE VIR EREDIENS
Die vergadering besluit
1. Die Proefsangbundel word so spoedig moontlik in die Ringsgemeentes in gebruik geneem.
2. Daar word voortaan besondere aandag gegee aan die aanleer van die nuwe liedere tydens sangoefening.
3. Ouderlingevergaderings gaan besin saam met orreliste oor wyses waarop sangoefeninge meer sinvol aangebied kan word, sodat lidmate dit ook meer entoesiasties al ondersteun.
4. Ouderlingevergaderings gaan besin saam met die kategesehoofde en orreliste oor wyses waarop die kinders van die Kerk tydens kategesetyd op'n entoesiastiese wyse toegerus kan word oor gemeentesang.
5. Daar word in elke gemeente besin oor sangoefening tydens kategese.
6. Dat kerkrade oorweging skenk aan die stigting van 'n Komitee vir erediens in elke gemeente.
7. Dat die toerusting van orreliste in elke gemeente 'n staande punt op elke Ouderlingevergadering se agenda sal wees.
8. Dat Kerkrade die besluit uitvoer wat versoek dat hulle lidmaatskap vir hulle orreliste by SAKOF verkry.
9. Dat doelwitte wat vir die jaar m.b.t. die erediens opgestel word, gereeld tydens ouderlingevergaderings gekontroleer word om die uitvoering daarvan te monitor.
10 Dat kerksang tydens kategese steeds aandag geniet.
11. Dat die gemeentes ingelig word rakende die nuwe Liederebundel van die kerk, sodra die inligting beskikbaar word.
12. Dat Dr. Elsabé Kloppers versoek word om die Ringsgemeentes tydens die kerksangseminaar ook in te lig rondom die verskyning en die prys van die nuwe Liederebundel, asook die moontlikhede van die elektroniese media as alternatief of aanvulling by die gebruik van liedboeke in die kerk.
13. Dat die liedverslagvorms ingevul word, sodat gekontroleer kan word of sommige liedere nie té gereeld en dan ten koste van ander gebruik word nie.
6. VERBAND MET ANDER KERKE
7. GESINSORG
7.1 VERSLAG OOR OPVOEDING EN ONDERWYS
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringskomitee vir Opvoeding en Onderwys aanvaar word.
2. Dat elke gemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir Opvoeding en onderwys en dat sodanige doelwitte voortdurend deur die kerkraad gemonitor word.
7.2 VERSLAG VAN JEUGWERK
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag aanvaar word. 2. Dat die Ringsvergadering die voorsitter van die Ringskomitee versoek om 'n tweede Kursus vir effektiewe Jeugbediening te reël.
8. DISSIPLINE
9. KERKLIKE GOEDERE
Die vergadering spreek sy dank en gelukwensing uit teenoor die Pensioenraad vir hul sukses wat behaal is m.b.t. die Pensioensfonds aan predikante en emeriti. Dit word opreg waardeer en dit is vir die ring aangenaam om na die beloofde tien jaar projek te hoor van sukses wat behaal is.
9.1 FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE RINGSKOM-MISSIE
Die vergadering besluit: