NEDERDUITSCH HERVORMDE
KERK VAN AFRIKA
Die notule van die
agt-en-veertigste
Gewone Ringsvergadering
in sitting
te Empangeni
om 08:00
op 12 Junie 1999
4 8
I N H O U D S O P G A W E
VERGADERING
1. OPENING 2
2. VERWELKOMING 2
3. MOSIES 2
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG 2
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM 3
4.3. KONSTITUERING 3
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE 3
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN -TELLERS 3
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE 4
4.7. BENOEMING VAN FORMULERINGSKOMMISSIE 4
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING 4
4.9. SITTINGSURE 4
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA 5
1 BELYDENIS 5
2 AMPTE 5
3 VERGADERINGS VAN AMPTE 6
4 GEMEENTES EN KERK 8
5 VERKONDIGING 8
6 VERBAND MET ANDER KERKE 10
7 HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING 10
8 DISSIPLINE 10
9 KERKLIKE GOEDERE 10
10 KERKORDE 10
AFSLUITING 11
NOTULE van die
48 ste
R I N G S V E R G A D E R I N G
van die
RING VAN PIETERMARITZBURG
PLEK: Kerkgebou van EMPANGENI
TYD : Saterdag 12 Junie 1999 08:00
1. OPENING
Die vergadering is geopen met 'n erediens wat deur Ds JH van Staden gelei word.
2. VERWELKOMING
Die uittredende voorsitter Ds JH van Staden het die afgevaardigdes en gaste wat teenwoordig was verwelkom.
3. MOSIES
1. Die volgende gemeentes is geluk gewens met die feesvieringe wat die afgelope jaar plaasgevind het:
2. 'n Mosie van roubeklag is aanvaar met die afsterwe van Ds S Mpanza van die gemeente Kayelisha van die HKSA.
4. SAMESTELLING
4.1. GELOOFSBRIEWE: LEDE MET VOLLE STEMREG
1. Die geloofsbriewe van die volgende broeders en susters soos ontvang uit hulle onderskeie gemeentes is aanvaar, en hulle is toegelaat om sitting te neem as wettige lede van hierdie Ringsvergadering met volle stemreg:
GEMEENTE
PIETERMARITZBURG
PREDIKANT : Ds P Harmzen
OUDERLINGE: (1) JH du Plessis (2) BH Pieterse
DURBAN
PREDIKANT : Ds TF Dreyer
OUDERLINGE: (1) H Prinsloo (2) D Paulsen
DURBAN-SUID
PREDIKANT : Ds HF la Grange
OUDERLINGE: (1) WJvD Jansen (2) WJ du Plessis
EMPANGENI
PREDIKANT : Ds JH van Staden
OUDERLINGE: (1) TF Steyn (2) FJ Kruger
LAER SUIDKUS
PREDIKANT : Ds JJ Pieterse
OUDERLINGE: (1) F J Giesing
RICHARDSBAAI
PREDIKANTE: Ds JA Minnaar Ds A Janse van Rensburg
OUDERLINGE: (1) H Beuken (2) JJ Gibson
PINETOWN
PREDIKANT : Dr WAJ van Schoor
OUDERLINGE: (1) JL Conradie (2) DJ Steyn
4.2. LEDE MET ADVISERENDE STEM
1. Lede wat ter vergadering is en wat volgens Ordinansie 3.4.1.i.c met adviserende stem teenwoordig is, neem met adviserende stem sitting.
2. Ouderling Boet Nel is namens die Algemene Kommissie ter vergadering en volgens Ordinansie 3.4.1.i.d neem hy sitting met spreekreg.
4.3. KONSTITUERING
1. Die voorsitter verklaar
4.4. BENOEMING VAN ORDEKOMMISSIE
1. Die volgende persone word as lede van die ordekommissie aangewys :
die ouderlinge van
Ds H F La Grange
4.5. BENOEMING VAN STEMOPNEMERS EN-TELLERS
1. Die volgende persone word as stemopnemers en -tellers (onder leiding van die ordekommissie) aangewys :
Vanaf
JH du Plessis
4.6. VERKIESING VAN NUWE RINGSKOMMISSIE
1. Die volgende lede van die vergadering word tot die Ringskommissie verkies:
1.1. Die vergadering verkies tot voorsitter
Dr. WAJ v Schoor
1.2. Die vergadering verkies tot skriba
Ds. T F Dreyer
1.3. Die vergadering verkies tot ouderlingslede van die Ringskommissie
(1) H Beuken Richardsbaai
(2) H Prinsloo Durban
(3) J Gibson Richardsbaai
2. Die volgende lede van die vergadering word tot sekundi vir die Ringskommissie verkies:
2.1. Die vergadering verkies tot sekundus vir die voorsitter
Ds. H F La Grange
2.2. Die vergadering verkies tot sekundus vir die skriba
Ds Ds A Minnaar
2.3. Die vergadering verkies tot sekundi vir die ouderlingslede van die Ringskommissie
(1) T Steyn Empangeni
(2) J Conradie Pinetown
(3) W J du Plessis Durban Suid
4.7. BENOEMING VAN DIE FORMULERINGS-KOMMISSIE
1. Die volgende lede van die vergadering word aangewys as lede van die Formuleringskommissie
4.8. NOTULE VAN DIE VERGADERING
1. Die notule van hierdie vergadering, sal soos gebruiklik, deur die Ringskommissie versorg en voorlopig goedgekeur word.
2. Die notule sal vir kommentaar aan alle kerkrade gestuur word.
3. Die Ringskommissie sal na ontvangs van kommentaar die korrektheid van die notule, die notule finaal goedkeur en afhandel.
4. Die Ringskommissie sal aan elke gemeente 'n dokument van die besluite van die vergadering verskaf.
5. Elke kerkraad sal skriftelik hierop antwoord en dat die sperdatum van die indiening van hierdie dokument 31 Oktober 1999 is.
Die vergadering besluit voorts dat:
4.9. SITTINGSURE
Die vergadering aanvaar die volgende sittingsure :
08:00 - 10:00 Eerste sitting
10:00 - 10:20 Tee
10:20 - 12:30 Tweede sitting
12:30 - 13:15 Middagete
13:15 - 14:15 Derde sitting
14:15 - 14:30 Tee
14:30 - 16:00 Vierde sitting
16:00 Beplande einde van die vergadering
4.10. UITBREIDING VAN DIE AGENDA
1. Dat die agenda soos volg uitgebrei word:
Geen
1. BELYDENIS
2. AMPTE
2.1 PASTORAAT
2.1.1. VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR PREDIKANTE
1. Die verslag van die Ringsraad vir Predikante word aanvaar.
2. Konsulente word soos volg aangewys :
GEMEENTE Eerste Tweede
Pietermaritzburg Ds T Dreyer Ds W van Schoor
Durban Ds W van Schoor Ds J Pieterse
Durban-Suid Ds J Pieterse Ds T Dreyer
Empangeni Ds J Minnaar Ds A van Rensburg
Laer Suidkus Ds H la Grange Ds W van Schoor
Richardsbaai Ds J van Staden Ds H la Grange
Pinetown Ds P Harmzen Ds J Minnaar
3. Die vergadering neem met groot dank en waardering kennis van al die predikante in die Ring wat soms onder moeilike omstandighede hulle ampswerk doen.
2.1.2 RINGSVISITASIE
Die vergadering besluit dat:
1. Die gemeentes met deelsorgstandplase moet steeds jaarliks visitasie ontvang.
2. Die gemeente Durban so spoedig moontlik visitasie ontvang.
3. Die visitasiekommissies bestaan uit die konsulent en minstens twee ouderlinge van die konsulentsgemeente.
2.1.3 VISITASIEVERSLAG: PINETOWN
1. Die verslag oor die visitasie by Pinetown word aanvaar .
2.1.4 VISITASIEVERSLAG: EMPANGENI
1. Die verslag oor die visitasie by Empangeni word aanvaar.
2. Die gemeente Empangeni word sterkte toegewens met hulle vyfjaar-doelwit tot volle versorging
3. Die vergadering neem met dank kennis van die hoogstaande gehalte van die werk van die deelsorgpredikante in die ring.
2.1.5 VISITASIEVERSLAG: PIETERMARITZBURG
1. Die visitasieverslag by Pietermaritzburg word aanvaar .
2.1.6 VISITASIEVERSLAG: DURBAN
Die vergadering besluit dat die visitasie en verslag oor die visitasie by Durban so spoedig moontlik afgehandel word.
2.1.7 VISITASIEVERSLAG: RICHARDSBAAI
Die vergadering besluit dat:
1. Die verslag oor die visitasie by Richardsbaai aanvaar word.
2. Die gemeente Richardsbaai sterkte toegewens word met die handhawing van hul tweede standplaas.
2.1.8 VISITASIEVERSLAG: LAER SUIDKUS
1. Die verslag oor die visitasie by Laer Suidkus word aanvaar.
2.1.9 STUDIE OOR DIE EFFEK VAN DIE DEELSORG-BEDIENING OP DIE PREDIKANTE IN GEMEENTES.
Die vergadering besluit dat:
1. Die verslag oorstaan tot die volgende vergadering. Ds J H van Staden word as projekleier aangewys.
2.2 OUDERLINGE
2.2.1. VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR OUDERLINGE
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Ouderlinge aanvaar word.
2. Dat visitasiekommissies opdrag kry om in die volgende termyn pertinent aandag te gee aan die opdrag aan die ouderlingevergadering om voor nagmaal huisbesoek te doen by pastoriegesinne sowel as by die ouderlinge in gemeentes.
2.3 DIAKENS
3. VERGADERINGS VAN AMPTE
3.1. RINGSVERGADERING
3.1.1 RINGSRADE
Die vergadering besluit:
1. Dat die Ringsradestelsel soos dit in die 1998 termyn gegeld het, voortaan as stelsel in die Ring sal geld, totdat duidelikheid oor die nuwe stelsel ontvang is.
3.1.2. VOORSITTERS VAN RINGSRADE
Die vergadering besluit
1. Dat die voorsitter en skriba van die ring asook die verteenwoordiger van die Rings Diakonale Vergadering verkieslik nie op die ringsrade as voorsitters sal dien nie.
2. Dat die vergadering vyf (5) voorsitters aanwys vir die nuwe rade soos deur die Algemene Kerkvergadering in die vooruitsig gestel.
3. Dat die ringskommissie die struktuur en werking van die Ringsrade sal vasstel en aan die gemeentes sal deurgee.
4. Dat gemeentes ook kundige ampsdraers en / of lidmate sal aanwys om op hierdie rade te dien.
5. Dat die Ringskommissie se aanwysing van oudl LS de Lange as waarnemende voorsitter van die Ringsraad vir Kerklike Goedere goedgekeur word.
6. Dat die volgende Ringsradevoorsitters verkies word:
RINGSRAAD VOORSITTERS
Prediking en erediens Ds J Pieterse
Pastoraat Ds J H van Staden
Apostolaat Ds H F La Grange
Huweliks-, gesinsorg en opvoeding Ds P Harmzen
3.1.3 BESLUITEBUNDEL RINGSVERGADERING
Die vergadering besluit:
1. Dat die Ringskriba opdrag kry om die besluitebundel op datum te bring en teen 31 Augustus aan die onderskeie gemeentes te besorg.
2. In die lig van die verandering wat plaasgevind het na die aanvaarding deur die AKV van die nuwe kerkorde, sal die bestaande besluitebundel gehandhaaf word. 'n Nuwe besluitebundel sal op die been gebring word. Hierdie nuwe besluitebundel sal op die nuwe kerkorde geskoei wees.
3.2. RINGSKOMMISSIE
3.2.1 VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringskommissie aanvaar word.
2. Dat kennis geneem word dat die Ringskommissie dit betreur dat nie alle gemeentes hulle pligte en verantwoordelikhede nakom nie.
3. Dat die vergadering sy dank en waardering uitspreek vir die goeie werk wat die vorige ringskommissie verrig het.
4. Dat die vergadering sy vorige besluit bevestig dat die predikant 'n deel is van die gemeente en derhalwe ook gereeld deur die ouderling besoek moet word.
5. In die lig van die frustrasie m.b.t.
gee die ringsvergadering die raad Pastoraat opdrag om die hele saak indringend te ondersoek en aan die ringsvergadering verslag te doen. Die ou ringsraad van predikante moet hierby ingesluit wees. Ouderlinge kan ook gekoopteer word om met hierdie ondersoek behulpsaam te wees.
3.3 RINGSDIAKENSVERGADERING
3.3.1 VERSLAG VAN DIE RINGSDIAKENSVERGADERING
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringsdiakensvergadering aanvaar word.
2. Dat Ds Minnaar verkies word as verteenwoordiger op die Rings Diakonale Vergadering
3. Dat ouderlinge, wat die opsig-verantwoordelikheid oor die diakonat in gemeentes het, sal toesien dat die opdragte van die Rings Riakonale Vergadering (RDV) aan die diakensvergaderings so uitgevoer sal word. Die volgende besluite is ter sake:
a. Dat die vergadering sy misnoeë uitspreek oor die skynbaar argelose houding waarmee sommige afgevaardigdes die RDV bejeën deur nie vir die vergadering op te daag nie. Die ringsvergadering van die ring van Pietermaritzburg word versoek om die erns van hierdie amptelike vergadering onder kerkrade se aandag te bring.
b. Dat die kommissie van die RDV 'n dag sal reël om al die diakens van al die gemeentes in die ring byeen te bring vir 'n toerustingsgeleentheid in samewerking met die Algemene Diakonale Vergadering (ADV). Dit moet gebeur gedurende Februarie 2000.
c. Dat al die gemeentes die vraelys sal voltooi (Behoeftebepaling na Bejaarde- en Pleegsorg in die Ring) en terugstuur aan die kommissie van die RDV voor of op 12 Junie 1999.
d. Dat die diakensvergaderings van al die gemeentes in die ring die studiestuk: Die diakonaat in die nuwe struktuur van die kerklike lewensorde, tydens 'n toerustingsgeleentheid aan die diakens sal voorhou.
e. Dat die derde gewone sitting van die RDV van die Ring van Pietermaritzburg D.V. soos volg sitting sal neem: Plek: Durban Suid. Datum 15 April 2000.
4. GEMEENTES EN KERK
4.1 LIDMAATSKAP
4.1.1 VERSLAG UIT DIE RINGSRAAD VIR SENSUS EN STATISTIEK
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Sensus en Statistiek aanvaar word.
2. Dat die voorsitter van die Ringsraad bedank word vir die keurig versorgde grafieke wat in die agendas gebind is.
4.2 GEMEENTEGRENSE
4.2.1 KAART VAN GEMEENTEGRENSE
Die vergadering besluit:
1. Dat daar kennis geneem word dat die gemeente Pietermaritzburg se grensbeskrywing ontvang is.
5. VERKONDIGING
5.1 KATEGESE
5.1.1 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR KATEGESE
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Kategese aanvaar word.
2. Dat elke ringsgemeente met die aanvang van die jaar doelwitte formuleer vir die kategese in die gemeente en dat sodanige doelwitte en 'n verslag van die vordering by die Ringsraad vir Huwelik, Gesin en Opvoeding behandel word.
3. Dat die vergadering die kommissie vir die opstel van die Jaarverslae versoek om weer die statistiek van kategesepligtiges in die verslae op te neem.
4. Dat Ouderlingevergaderings oorweging daaraan skenk om 'n skrywe aan ouers te rig waarin hulle aangespoor word om hulle doopbelofte na te kom.
5.2 SCRIPTURA 99
Die vergadering besluit:
1. Dat die vergadering met dank kennis neem van die verskyning van Scriptura 99.
2. Dat die gemeente Empangeni bedank word vir die borg van Scriptura 99.
3. Dat die 2000 uitgawe van Scriptura per besluit van die 45ste Ringsvergadering deur die gemeente Durban-Suid geborg word.
4. Dat Ds HF la Grange as redakteur van Scriptura 2000 sal optree.
5. Dat predikante van die Ring versoek word om vir Scriptura 2000 twee preke deur te gee waarvan een tydens Advents- of Lydingstyd gebruik kan word
6. Dat genoemde preke die redakteur voor of op 31 Augustus bereik.
5.3 APOSTOLAAT
5.3.1 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR EVANGELISASIE
Die vergadering besluit
1. Dat verslag van die Ringsraad vir Evangelisasie aanvaar word.
5.4 SENDING
5.4.1 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR SENDING
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Sending aanvaar word.
2. Dat gemeentes slegs twee doelwitte oor sending sal identifiseer en dit gedurende hierdie jaar tot uitvoer bring.
3. Dat die vergadering sy waardering uitspreek vir die verslag van die Ringsraad vir Sending, soos voorgehou.
4. Dat hierdie verslag in sy geheel tydens 'n ouderlingevergadering in elke gemeente voorgehou en bespreek sal word.
5.4.3 C S O
5.4.3.1 VERSLAG VAN DIE VOORSITTER VAN DIE PLAASLIKE CSO-KOMITEE
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag oor CSO aanvaar word.
5.5 KERKBOEK
5.5.1 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR KERKMUSIEK
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Kerkmusiek aanvaar word.
2. Die Proefsangbundel word so spoedig moontlik in die Ringsgemeentes in gebruik geneem.
3. Daar word voortaan besondere aandag gegee aan die aanleer van die nuwe liedere tydens sangoefening.
4. Ouderlingevergaderings gaan besin saam met orreliste oor wyses waarop sangoefeninge meer sinvol aangebied kan word, sodat lidmate dit ook meer entoesiasties al ondersteun.
5. Ouderlingevergaderings gaan besin saam met die kategesehoofde en orreliste oor wyses waarop die kinders van die Kerk tydens kategesetyd op'n entoesiastiese wyse toegerus kan word oor gemeentesang.
6. Daar word in elke gemeente besin oor sangoefening tydens kategese.
7. 'n Mosie van dank word aanvaar teenoor Dr. Elsabé Kloppers en die Ringsraad vir Kerkmusiek wat die Kerksangseminaar in 1998 met groot sukses aangebied het.
8. Kerkrade voer die besluit van die 1998 Ringsvergadering uit wat meld dat orreliste lidmaatskap moet bekom by die Suid-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging, ten einde ook geleentheid te skep om orreliste op 'n gereelde basis toe te rus.
5.5.2 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR KERKLIKE PUBLIKASIES
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Kerklike Publikasies aanvaar word.
2. Dat die wenke en aanbevelings in die vermelde dokument van SENTIK as riglyn gebruik kan word deur hierdie werkgroepe
5.6 BYBELVERTALING EN BYBELVERSPREI-DING
5.6.1 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR BYBELVER-SPREIDING
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Bybelverspreiding aanvaar word.
2. Dat die verslag van Ds J de Wet aanvaar word
6. VERBAND MET ANDER KERKE
7. HUWELIK, GESIN EN OPVOEDING
7.1 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR OPVOEDING EN ONDERWYS
Die vergadering besluit:
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Opvoeding en Onderwys aanvaar word.
7.2 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR JEUGWERK
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Jeugwerk aanvaar word.
2. Dat die swak opkoms by die Kursus vir effektiewe Jeugbediening deur die Ringskommissie betreur word.
3. Dat die Ringsvergadering versoek die voorsitter van die Ringsraad om 'n tweede Kursus vir effektiewe Jeugbediening te reël.
8. DISSIPLINE
9. KERKLIKE GOEDERE
9.1 VERSLAG VAN DIE RINGSRAAD VIR KERKLIKE GOEDERE
Die vergadering besluit
1. Dat die verslag van die Ringsraad vir Kerklike Goedere aanvaar word.
9.2 FINANSIËLE VERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
Die vergadering besluit:
1. Dat die voorgelegde Inkomste- en Uitgawestate van die Ringskommissie aanvaar word.
2. Dat die begroting van die Ringskommissie aanvaar word.
3. Dat gemeentes wat nie oor elektroniese posgeriewe beskik nie voor die einde van Julie 1999 daaraan aandag moet gee. Die gemeentes word ook toegelaat om die ringskommissie te nader vir finansiële hulp daarvoor, indien nodig.
4. Dat die ringskommissie in samewerking met die ringskassier rekenings sal stuur aan alle gemeentes van waaruit afgevaardigdes met ringsfondse betaal is om kursusse by te woon, maar wat die kursusse dan nie bywoon nie.
5. Dat die rente ontvang uit die belegging asook uit die tjekrekening vir die jaar 1998 gelykop aan die deelsorgpredikante van die ring uitbetaal sal word.
6. Dat hierdie rente jaarliks in Januarie aan die vermelde deelsorgpredikante uitbetaal sal word. Hierdie besluit sal jaarliks hersien word.
7. Dat 'n bedrag van R1,500-00 goedgekeur word vir die aanbied van 'n kerksangseminaar in die tweede semester van 1999.
9.3 OUDITVERSLAG VAN DIE RINGSKOMMISSIE
Die vergadering besluit
1. Dat die ouditeure se verslag oor die finansiële state van die Ringskommissie goedgekeur word.
9.4 VERVERSINGS BY DIE VERGADERING
Die vergadering besluit
1. Dat die NHSV van die gemeente Empangeni R1,000 ontvang vir die verversings tydens die vergadering.
9.5 SUBSIDIE AAN DEELSORGPREDIKANTE
10. KERKORDE
Ds Jacques Pieterse sluit die vergadering met gebed.
Gelees, goedgekeur en geteken
____________________________ (Datum)
_____________________________
Voorsitter
____________________________
Skriba