Die eerste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus was Susara Margaretha. Sy is op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, gebore op 15 April 1869. Haar pa was Jacob Maré, wat later 'n lid van die uitvoerende raad van die Transvaal geword en na wie 'n straat in Pretoria genoem is.
Hierdie is dié Sarie Marais (eintlik Maré) wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het, ook bekend as Tant Mossie, volgens die SA biblioteek se katalogus-inskrywing AP.1998-227.
Haar ouers was Voortrekkers, en het hulle in die omgewing van die
Suikerbosrand gevestig. Die dorpie Heidelberg het toe nog nie bestaan nie. Die
grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar
die dorp Potchefstroom aangelê is.
In hierdie tyd was daar vyf wyke in Transvaal:
Suikerbosrand was in die wyk van Mooirivier geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie.
Toe sy 16 jaar oud was, het sy vir Jacobus Petrus Toerien, 'n verslaggewer van
Di Patriot van die Paarl, ontmoet. (Hy was toe in Pretoria om 'n onderhoud met
haar pa te voer). Hy het onder die skuilnaam Jepete in "Ons Kleintje" geskrywe
in sy hoedanigheid as subredakteur van "Di Patriot".
Hulle is getroud en het 16 kinders gehad, van wie net 8 grootgeword het.
Hy het by Amerikaners wat in Transvaalse myne gewerk het die liedjie Sweet Ellie Rhee gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het en deur Septimus Winner (Alice Hawthorne) geskryf is. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het Jepete die woorde vertaal en só sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die lied het ook nie aanvanklik al die versies en presies dieselfde woorde gehad het as wat ons vandag ken nie. Maré het later weens 'n drukfout Marais geword.
Sarie was 'n diep godsdienstige vrou en selfverheerliking was totaal in stryd
met haar nederige geaardheid. Sy het altyd haar verbintenis met die liedjie
stilgehou. Na Jacobus se dood in 1920 het sy haar by haar dogters in
Bloemfontein gaan vestig. Sarie is op 22 Desember 1939 op die ouderdom van 73
jaar in armoede oorlede en in 'n nederige ongemerkte graf in die Memoriam-begraafplaas
naby die Vrouemonument begrawe.
Deur Abrahams se toedoen is op 10 Oktober 1995 'n pragtige grafsteen opgesit vir
die vrou wie se naam nog deur die wêreld gehoor word. 'n Doringboom is ook op
die graf geplant om mense te herinner dat Sarie eens op 'n tyd langs so 'n boom
daar onder by die mielies aan die Mooirivier gewoon het.
1. Blaadjie van die Suid-Afrikaanse Krygsmuseum
2. Jan Lion-Cachet. Jacob Phillipus Maré 1823-1900; Sy Herkoms en Familie