Peter Becker (Pieter Bekker) die Verskriklike


Familiegeskiedenis

Peter was gebore rondom 1673.  Hy kom op 16April 1695 soldaat in die Kaap aan aan boord van die skip Voetboog. Hy was oorspronlik van Köningsberg en het hier 'n ietwat avontuurlike lewe gelei.

In 1701 is hy na Mauritius verban, maar slaag daarin om te ontsnap lank voor hy daar aankom; In 1710 is hy terug in Drakenstein. In dieselfde jaar is hy na Europa verban, maar het weer in 1717 in die diens van die VOC na die Kaap teruggekeer. By sy aankoms in die Kaap is hy opnuut verban, hierdie keer na Robbeneiland, waar hy tussen 1742 en 1747 oorlede is.

Hy trou met Johanna de Klerk, sy was die weduwee van Andries Gous. Johanna was die suster van Abraham de Klerk. Johanna was die dogter van Pieter le Clercq en Sara Cochet. Daar was 'n suspisie dat Bekker vir Andries Gous vermoor het.

Hy had die volgende kinders by haar:

Sy vrou kry die plaas "Straatskerk over Roodesand" in 1731.

Hoekom Die Verskriklike?

Gaan loer gerus by Philip Blignaut se webwerf http://www.blignaut.co.za/indi.php?qrin=1863.

Hy is tussen 1742 en 1747 oorlede op Robbeneiland.


Bronne:



Laat weet my gerus as iets gebreek of foutief is, of as ons gedeelde belangstellings het!
Hosted by www.Geocities.ws

1