Burgerlike Sedes in Frankryk (Vroeë 1500s)

Gedurende die bewind van Frans I (1515-1547) het die burgerlike sedes  in Frankryk baie agteruitgegaan. Die aantal straatvroue in Parys het aansienlik toegeneem. Hul kenteken was 'n pêrel - geset in 'n rosekrans - as borsspeld gedra. Moeders uit die burgerry het hulle dogters aan hoë kerklikes verkoop ten einde 'n bruidskat te bekom vir die tyd wanneer die dogter wettig in die huwelik sou tree.

Wasbeelde van mense is na priesters geneem om hulle te laat doop. Daarna is die beelde met naalde geprik in 'n poging om die betrokke persoon te benadeel. Dit was onverbloemde heksekuns.

Die ekskommunikasie van lidmate ten einde daarna kwytskelding aan hulle te verkoop, was 'n erkende bron van inkomste vir biskoppe. Ontug in kerke en kloosters was aan die orde van die dag. In Provence was daar 'n gesegde dat net die skaduwee van 'n sekere Fransiskaanse kloosterkerk die vroue in die omgewing al swanger maak!

Hierdie het natuurlik help meewerk om uiteindelik die Hervorming teweeg te bring, en dit was sekerlik een van die belangrikste gebeure in die Wes-Europese wêreld.

Bron:




Laat weet my gerus as iets gebreek of foutief is, of as ons gedeelde belangstellings het!

Hosted by www.Geocities.ws

1