Stamvader Coenraad Jacobsz Scheepers


Familie

Coenraad het in die Kaap gearriveer met sy vrou Teuntje Gysberts en sy oudste seun Jacob. Sy tweede seun Gerrit word aan die Kaap gedoop:
 
Coenraad Jacobsz Scheepers (a1) Teuntje Gysberts  
Gelderland tussen 1672-1678 (Spekulatief)
Kaap tussen 1723 en 1729
Stamvader van die Scheepers familie; het in 1699/1700 aan die Kaap aangekom.
Gelderland,
Nederland
?
voor 1712
Kom saam met haar man en oudste seun
Jacob in 1699/1700 aan die Kaap aan.
 
           
 
 
 Kinders
     b1. Jacob Gelderland 1698  
 
b2. Gerrit 5 Sep 1700 c.1724 Susanna Bruwel (Bruwer)  
   

Na Teuntje se dood trou hy met Maria Botha (dogter van Friedrich Both, stamvader van die Bothas):

 
Coenraad Jacobsz Scheepers (a1)
13 Mar 1712
Maria Botha ()  
Gelderland tussen 1672-1678 (Spekulatief)
Kaap tussen 1723 en 1729
Kaapstad ?
?
 
           
 
 
 Kinders
     b3. Christina
 b4. Geertruij Des 1712 Jacobus Burger
 b5. Frederik 19 Mei 1715 7 Jan 1736 Catharina Hoffman
 b6. Maria  12 Okt 1737 Gerrit Cloete
 b7. Anna 29.8.1717 11 Jul 1734 Abel Pienaar
 b8. Sophia
   

Herkoms

Hy was afkomstig van Gelderland en nie van Rotterdam nie - dit is uitgewys deur J.J. Scheepers met verwsying na sy testament wat in 1723 gemaak is. Hy arriveer met sy vrou Teuntje Gysberts en sy seun Jacob in die Kaap in 1699 of 1700, want hy word nie gelys in die 1699 sensus nie, terwyl sy tweede seun Gerrit al aan die Kaap gedoop word op 5 September 1700. 

Sy eerste twee seuns word in ouer bronne foutief aangedui as sy broers, maar J.J. Scheepers het in Familia No.4 1967 gewys daarop dat die doopinskrywing van sy seun Gerrit verwys na die vadersnaam as "Koenrd Jacobsz Scheeper" en die moedersnaam as "Teuntje Gysberts". Verder erf Gerrit saam met sy ouer broer Jacob hulle wetlike deel volgens hul vader se testament, waar hy na hulle verwys as "...aan zijn twee mondige zoonen met namen Jacon en Gerrit Scheepers in zijn vorigh huwelik geteelt..."

Baie dokumente oor die stamvader Coenraad (a1) verwys na hom as Coenraad Jacobsz (Jacob's zoon), wat dui daarop dat sy vader 'n Jacob Scheepers was (en nie Izaac of Isaac soos sommige navorsers beweer nie).

Plase en Woonplek

Coenraad was 'n boer in die Drakenstein area so vroeg soos 1702 volgens die opgaafrolle van daardie jaar (wat in die argiewe van die HOIK in Holland bewaar word), en waar na hom verwys word as "Coenraad Jacobse de Schepert" en ook sy vrou Teuntje Gysberts noem. Volgens JJ Scheepers sê Leibbrandt se Precis of Requesten en Memorien 1715-1806, no. 3 van 1723 dat hy op die plaas "De Liefde" op die oewer van die Breede Rivier in dieselfde distrik boer sedert 1706. Dis ongeveer 8 km vanaf Wolseley in die huidige distrik Tulbach en die grond was amptelik aan hom toegeken deur Goewerneur Mauritz Pasques de Chavonnes op 16 Februarie 1723.

Na sy dood het die plaas "De Liefde" oorgegaan na Jacobus Burger, man van sy dogter Geertruij - aangesien sy seuns Gerrit en Frederik na die Oosgrens van die Kolonie gegaan het.

Ander Scheeperse

Die ander stamvaders was:
 
  • Izaak Scheepers (a2)
Hy was gebore in Rotterdam (Nederland) en het in 1712 hier aangekom as skeepsoffisier in diens van die V.O.C. aan boord van die Grimmesteyn. Hy word soms deur ouer bronne verkeerdelik aangegee as die vader van die stamvader Coenraad Jacobsz Scheepers (a1). Isaac Scheepers van Rotterdam het met Hester van der Heijden in die Kaap getrou op 29 Feb 1713, en twee gehad:
  • Alewyn
  • Elsabe

Hulle het klaarblyklik nie 'n verdere nageslag gelaat het nie.

Beide Isaac se ouers (Alewyn Scheepers en Susanna de Bije) het in Rotterdam geleef en tot sterwe te kom sonder om die Kaap te besoek, en word as sy ouers bevestig uit sy testament wat in die Kaapse Argiefbewaarplek lê (MOOC 7/3 No. 63).

Isaac is die agterkleinneef van Admiraal Wm. Bastiaensz Scheepers van Rotterdam, na wie Dr. C. Pama verwys as die "Dutch Family Founder", volgens JJ. Scheepers se eie navorsing in die Rotterdam argiewe.

 

  • Hendrik Josephus
    Scheepers (a3)
Hy het eers in 1854 in die Vrystaat aangekom het, en vele nasate gelaat.

Algemeen

Die van Scheepers beteken skaapherder.

 


Bronne:




Laat weet my gerus as iets gebreek of foutief is, of as ons gedeelde belangstellings het!
Hosted by www.Geocities.ws

1